Versamelde werke
(1984)–Eugène Marais– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 1046]
| |
Soeter, sagter, O Beminde,
dan van sneeuverkoelde winde
op geskroeide lippe strelend
raak u sagte hande helend.
Diep' vergetelheid, u duurste gawe,
breek die kettings van die slawe,
was die bloedskuld van bevlekte harte,
neem van snoodste onreg al sy smarte.
Ster-gekroonde, in u skrede
bloei die leliekelk van vrede!
|
|