lieweheersbesie. Alles geel, met ronde swart kolle. Los japon en gladde mussie. Swart kouse en pantoffels. |
spinnekop. Kostuum van fyn net en spinnerak deurwerk met klein blink kraaltjies. |
bye. Swart fluweel met geel strepe. Aan die koppie word voelers van draad bevestig. |
mot. Die motvlerke word van fyn vaal gaas gemaak, deurgewerk met swart wol. |
voëltjie. Kostuum van swart satinet gemaak met wit borsie. |
By elkeen van die hooffiguur-blomme is 'n klein blommetjie van dieselfde soort, maar aparte kleur. Daar is 26 verskillende blommetjies: twee vygies, twee viooltjies, twee affodille, drie pronk-ertjies, een vergeet-my-nietjie, drie madeliefies, twee Jakobregops, twee asters, twee koringblomme, twee papawers.
Die manteltjies word gemaak van goedkoop bruin stof. Los oop manteltjie, met 'n vierkantige stukkie aan die hals vasgewerk, om sommer los oor die hoof te hang.