Versamelde werke(1984)–Eugène Marais– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 1049] [p. 1049] Inleiding 'n seun resiteer: Uit die donker aarde skep die somerwind en reën al die blomme van ons gaarde, en met winter gaan hul heen. So word ons uit kille duister tot 'n somerlewe opgewek, waar die lewenswinde tot ons fluister, en die dou van vreugde ons bedek. Snel, helaas! uit alle oorde roep die slaap ons lokkend weer, en vanuit die verre noorde blaas die doodwind op ons neer. Treurig soos die geurig gaarde welk ons weelde en lewenslus; saggies bied die koele aarde sy geskenk van droomloos rus. Slaap ons dan tesame met die blom, tot vir ons die laaste somer kom. Gordyn bly af terwyl seun resiteer. Vorige Volgende