Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende My waentjie Die as van my wa is 'n pendoorn droog, En die wiele van waatlemoen; En die buikplank glad is 'n blink stuk blik Wat skitter teenoor die groen. Ek trek my wa met 'n kawelgaar Wat ruik soos winkelteer, En ek ry transport langs die rooi tapyt Van die rusbank heen en weer. Die leuningstoel is die stasie waar Ek die vragte kiste kry, En die deur se drimpel uitspanplek Waar my trekgoed rustig wei. Vorige Volgende