Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Weg met die kranse Weg met die kranse, die koelie se katjangs. Seun, dis verspot om met blomme te boer. Algar verlep, en ek haat wat verlep is En nie meer roer. Bring my 'n beker vol Bolandse soetwyn, Hier waar die son en die skadu my streel. Selfs as die laaste tuinrose verlep is, Wat kan dit my skeel? Vorige Volgende