Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 411] [p. 411] 'n Miskruier en 'n vlieg 'n Miskruier En 'n vlieg Het eenmaal swaar gekla Dat liefde ons so bedrieg. ‘'n Onding’, sê die vlieg. Die miskruier: ‘Ja, dis waar, Glo nooit nie, want sy lieg. Ag liefste, dit is naar.’ Laat miskruiers in die mis En vlieë in hul vuil. Maar hoe sy ons ook bedrieg, Wie sal haar ooit verruil? Vorige Volgende