Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Ballade van 'n verstening uit die Vrystaat O lelike, koddige dier, Gelukkig nou dood en versteen: Geen wonder jy is nie meer hier, Want wie sal jou afsterf beween? Wie hyg om weer lewe te leen Aan iets so afskuwelik groot? Of wie smag jou, skepsel, te seën, Of huil nou en treur om jou dood? 'n Kwagga geteel deur 'n tier - Iets met 'n renoster gemeen - Verbeelding, nagmerrie bestier, Se skeppingsvermoë versteen As dit uit vertwyfling so een Moet uitdink van ruggraat tot poot. Verkeerd mag ek wees, maar ek meen Dis werklik gelukkig jy's dood. [pagina 377] [p. 377] Laat Broom en Van Hoepen jou vier En oor jou hul lofliede reën; Vir my bly jy net maar 'n gier, Verspotte ou lagding van been. En tog (daar is niks nie daarteen) Jy het in jou tyd in jou nood Vertroosting gekry en die seën Van een wat gekla 't oor jou dood. O walglike, lelike dier, So vreeslik, afskuwelik groot, Miskien was jou lewe versier Deur liefde wat hou tot die dood. Vorige Volgende