Versamelde gedigte
(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 371]
| |
Fortuin se gunsteling, bemind alom,
'n Milde patriot met ope hand.
En dit is alles wat daar oorbly nou -
Die witgekalkte doodskop op die hoek;
Die grafklip hier, die boom daarginds wat rou;
En op die grafklip is gegrif die vloek.
Die grou gragwater spieël die hemel af
Die apies klouter in die takke rond;
'n Keffertjie staan onderaan en blaf;
Die skedel gooi 'n skadu op die grond.
Nee, hier sal niemand plant of saai of oes,
En niemand sal hier skuil of uitkoms soek;
Vir altyd dood, verlate en verwoes,
Bly dit 'n skandvlek, want dit is vervloek.
O Pieter Elberfeld, jy het probeer,
Jy het verloor en het jou skuld betaal;
Geeneen, nòg patriot nòg ploert, kan meer
Dan ná verlies die donker in te dwaal!
|
|