Versamelde gedigte
(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 350]
| |
En die sysie vry sy vrugte
Met 'n oer-oud voëlgesang.
Hy staan al honderde jare,
Amper so oud soos die veld,
Trots op sy baie triomfe
Oor die noodlot van geweld.
Vóór die Voortrekkers hier was,
Het hy al hier gestaan,
En die wind van die piramides
Het teen sy stam geslaan;
Die wind, wat uit Egipte,
Die palmblom geure bring,
Het in die Soutpansberge
Teen hom 'n lied gesing,
'n Lied van oer-oud dae
Toe Farao nog was,
En vir die tyd gekerwe
'n Teken in sy bas.
|
|