Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 313] [p. 313] Slapenstyd Ek is klaar met my pap, met my biltong en brood, En Ma sê dis amper al bedtoegaantyd, Want die son is 'n uur lank gelede al dood En die maan bo die berg is 'n skyf van wit kryt. Daar's 'n ster oor die dam, waar ons smiddags in swem, Oor die blomtuin se blomme vlieg motte wat brom, En van agter die bult dreun die steenuil se stem, En Ma sê dis tyd dat die kinders nou kom. Op my kateltjie lê ek en kyk na die maan - Die wit skyf daar vlak teen die venster se ruit. Dit blink soos die ryp op die gras wat vergaan Vroeg-vroeg eer die vinke begin om te fluit. Want Outa Abjatar, hy sê daar's 'n man Met 'n klein vraggie hout op sy rug in die maan. Ek het hom nog nooit nie gewaar nie, maar kan Vanaand nog weer loer of hy werklik bestaan. Vorige Volgende