Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Plakkerslied Tjienkerientjee - tjienkerientjee, Wat kan jy speel op jou tjienkerientjee? Ouderwetse deuntjies - eergister se lied - Weerklank van winde wat waai en verskiet - Dreun van die donder in poorte en klowe - Traanlied van sterre deur daglig berowe (Lig is 'n dief!) van die blink in die nag - Trots van die rooi waar die dagbreek op wag - [pagina 271] [p. 271] Kleur wat so bont uitgestort lê - vir wie? Dit kan jy speel op jou tjienkerientjee! Tjienkerientjee - tjienkerientjee, Wat kan jy speel op jou tjienkerientjee? Weemoed en liefde - smart en verdriet - Alles wat hartstog in harte kan giet - Roem en ellende - skaamte en trou - Deugde te groot vir 'n hand om te hou - Offers gepleng op die lewensaltaar - Sonde, vergifnis, ja, skuld en gevaar - Vrede wat kom in die môre - vir wie? Dit kan jy speel op jou tjienkerientjee! Tjienkerientjee - tjienkerientjee, Wat kan jy speel op jou tjienkerientjee? Niks, as jy nie eers die kleur van die wolk, Bo in die lug, vir jou siel kan vertolk; Niks, as jy net in mirakelland dool, Blind in jou skik met jou grasgroen viool; Niks, as jy alles wat lewe en ly, Net maar bekyk, sonder gees, van opsy. Alles vir sangstof lê ope - vir wie? Vir hom wat kan speel op sy tjienkerientjee! Vorige Volgende