Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XVII Hulle skreeu hoera in die strate Dat stoele en tafels kreun; Die vensterglas is vol gate; Jou ore is moeg gedreun. En vra jy waarom die bohasie Waaronder die vensters ly, Dan praat hul oor ‘eer van die nasie’, Oor vlae en vrymakery. As ek deur die strate slampamper, Dan sien ek maar min van die eer; En vrymakery lyk my amper 'n Knoop vir die mensdom meer. Vorige Volgende