Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 196] [p. 196] XVI 'n Torretjie vlieg om die kerslig; Hy sing met sy vlerke en vlie - Want die somer is hier met sy warmtegloed, En die torre is hier - vir wie? 'n Skoenlapper blink in die sonskyn, Hy fladder en vonkel en vlie - Want die prag van die somer is aangekom, En die skoenlapper hier - vir wie? Vir jou, wat geen stuiwer omgee Vir skoenlapper, tor, of wie - Vir jou wat nog nooit slampamper het, En nimmer ooit sal vlie! Vorige Volgende