In ons dae
Word jy angstig vir die donker, word jy angstig?
Is die donker dan so kwaai
Dat jy regsomkeer moet draai?
Word jy angstig vir die donker, boetie, angstig?
Sien jy sterre in die dag?
Hulle skyn net in die nag,
Nuut-gebore uit die duister.
Met sy glinster, sal jy luister
Na die Dood wat ook kan lieg?
Word jy angstig vir die donker, boetie, angstig?
Is jy nog nie moeg van lewe, nog nie moeg nie?
Wil jy meer plesier aanskou,
Meer geniet, nog meer berou?
Is jy nog nie moeg nie, boetie, nog nie moeg nie?
Kyk, die lelieblom verkwyn,
Die lemoenboord-geur verdwyn:
Dit word tyd dat ons moet afsaal,
Klaarmaak vir die donker nag
By die kerkhof waar die grafpaal
In die skemer staan op wag.
Is jy nog nie moeg nie, boetie, nog nie moeg nie?
Loop jy met my deur die wêreld, loop jy met my?
En al tier die mense: ‘Tru!’
Loop jy met my deur die wêreld, boetie, met my?
Sonder aarseling of skroom,
Sonder stil te staan en droom,
Waar die middagson verdwyn,
En jy dink jy het die beste
Van die dag wat oor jou skyn?
Loop jy met my deur die wêreld, boetie, met my?
Wil jy stilstaan as ek voorgaan, wil jy stilstaan?
En die laaste skyn geniet
Eer die laaste straal verskiet?
Wil jy stilstaan as ek voorgaan, boetie, stilstaan?
| |