XXXVII
Mens is hy nie wat op die strand kan staan,
Onder die skyn van dagson of die maan,
Sy voete deur die brander-water nat,
Sy siel tot in die diepste dieptes sat
Van vrede en van vreugde, en nie gee
Eerbied en eer en liefde aan die see:
Die magtige, die woeste, wilde see,
Die sagte, strelende, spelende moeder-see;
Die see wat onvergaanbaar is,
Die see wat alles wen en hou,
Die see wat met sy strande trou
Die wêreld wat hy spoel, vergeur.
O See, o trotse Oseaan, wat woel
Van Yslands ys-verdedigde berge af,
Om met lou water oor die strand te spoel
Waar silwerwit die skulpe-sand
Die vloer maak vir die silwer strand
Waarteen die sagte branders bruis
Eentonig op en af die rotse teen,
Waaroor die seeskuim reën.
En in jou kinders liefde wek -
Hartstogtelike liefde, sterker in sy mag
As liefde vir die roem, vir plig, vir eer -
'n Liefde groter, reiner, meer
Wat die Natuur aan al wat lewe hou,
Tot mense-vloek of -seën,
Om jaar op jaar nuwe lewe te ontvou.
O See, o Moeder, teer en sterk en trou,
Groet t'rug vir hom wat bring sy eerste groet aan jou!
|
|