Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende XV Gist'raand in die maanlig daar buite Het ek stil op die seestrand gestaan, En die weerlig het bo op die ruite Van die vensters geel vonke geslaan. En vèr, waar die see maar 'n lyn was, Waar die hemel en sterre hom soen, Waar die vloed kristalhelder en rein was, En die branders half wit en half groen, [pagina 56] [p. 56] Het ek weerlig gesien op- en neergaan, Soos silwer en goud in die lug, Soos siele wat bo na die Heer gaan - Stil, sonder 'n klag of 'n sug. Vorige Volgende