Versamelde gedigte(1980)–C. Louis Leipoldt– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende II Daar waar die uitspan by die waboom So kaal staan op die veld, Daar lê 'n half verskroeide blom, Bleek deur die son, verdor en krom - En wie's daarop gesteld? Daar waar die kruispad langs die waboom Verbygaan oor die veld, Daar lê 'n uitgedroogde mol, Half sonder vel en sonder wol - En wie's daarop gesteld? Hier in die dorp waar ons nou lewe, So digteby die veld, Daar's baie uitgedroog en dom, Daar's baie bleek, verdor en krom - Jy is daarop gesteld! Vorige Volgende