en hy skree so hard en syn oge rol so in syn kop dat dit naar is so woes as hy daaruit siet, bekwaam om enige daad te doen.
‘O, wat sal die wereld sê; hoe sal hulle met myn spot; waar is myn goeje vrinde nou? had hulle maar gewil dan had dit nie so ver gekom nie.’ En so gooi hy die skuld op syn vrinde. Weet hy dan nie dat die ou spreekwoord seg: ‘As die suikersak leeg is dan trek die vliege?’
‘O, ik kan myn kop nie buiten die deur steek nie; morge kom dit in die koerante; ik kan nie in die kolonie bly nie. Eén weg is daar voor myn, Vrystaat of Transvaal toe, daar is ik onbekend; daar kan ik myn weer opwerk,’ en so praat hy alles deur makaar.
Catharina begin eindelik te verstaan wat dit is bankrot te wees, tot haar fraai klavier en naaimasien sal verkoop worde - en David, wat sal hy sê? Sy moet met hom afbreek - sy is mos nou 'n bedelaarster! Arme Catharina!
Die vollende dag staat dan ook al in die koerante: ‘Nuwe Insolventies: Advokaat X van die Kaapstad: skulde £ -, te kort £ -,’ die hele wereld lees dit, ook Oom Jan op ‘Welgelegen’.
‘Raai’, seg hy an syn huismense, ‘die nooitjie van die Kaap, wat laas hier gekuier het, haar pa is bankrot, dit staat in die koerant.’
Tant Betjie seg: ‘Foei, die arme man, en die arme kind, sy was gewoon om so groot te lewe.’
Lenie skrik so, dat sy byna van haar stoel afval - sy denk an David. Hoe sal dit nou gaan? Sy het al swarigheid gehad dat haar pa nooit an David consent sal gewe en nou nog minder. Sy weet hoe David moet voel as hy dit lees in die onderveld.
Die ander dag ontvang sy 'n brief wat byna onleesbaar was van die trane wat daar op geval het, van haar vrindin Catharina. Sy skryf haar dat haar pa deur onvoorsiene omstandighede (neem haar nie kwalik, sy wis nie beter nie) verarm is. Dat binne kort syn goed verkog sal