‘Jy hou mos baing van musiek, Dawie?’ vraag tant Kaatjie.
‘Catharina is in die laaste tyd baing droefgeestig, nou ja, die arme ding het baing uitgestaan. Dit sal haar goed doen om 'n bietjie te speul. Toe dan, myn kind, speul dan 'n stukkie ver Dawie, ik gaat so lank klaar maak om te eet.’
Catharina speul net een stukkie, toen gaat tant Kaatjie weg. Om die waarheid te sê was David bly.
Catharina seg ver hom: ‘David, jy het alles gehoor, jy seg dat Lenie myn brief an jou gestuur het. Ik het jou brief uit die Transvaal ontvang maar myn besluit is onveranderlik. Ik is arm, jy moet van myn afsien. Hier is jou ring’...en sy huil weer.
‘Van jou afsien? Nee, jy ken myn nie! Denk jy dan dat ik jou om jou geld gevraag het? Is ik dan ryk? Hou die ring, geen ander meisie sal dit ooit dra nie.’
‘Ik mag nie, ik mag nie! ... jy is 'n beter vrou wêrd. Ik is die dogter van 'n arme bankroetier, jou vader is 'n ryke man’ ...
‘Kan jy dan daarvoor dat jou pa 'n ongeluk gehad het, dat jy arm is?’
‘En jou ouwers, jou vrinde, wat sal hulle sê?’
‘Niks kan hulle sê as hulle hoor dat ons verloof was eer jy arm geworde is. Juis dit doet jou hart eer an, dat jy nou myn woord terug wil gewe. Maar ik wil myn woord nie terug hê nie.’
‘O, David, spaar myn die verdriet, jy weet nie in hoe 'n tweestryd jy myn bring om myn besluit te verbreek.’
‘Juis daarom is ik dadelik hier na toe gekom en ik gaat nie weg, voor jy myn weer die gelukkigste mens onder die son gemaak het nie.’
‘O David jy weet nie wat jy vraag nie!’
‘Ja ik weet goed wat ik vraag. Het jy myn dan nie meer lief nie?’
‘Foei, hoe kan jy so denk?’
‘Sou jy dan met 'n ander man gelukkig kan wees?’
‘Nooit!’