Mimie; as hulle so denk dan sal sy ver hullewys dat sy nog plek ver twintig mense het. Waarom loop daar buite 80 ganse? Denk hulle miskien dat sy al die vere verkoop en self op strooi slaap, dan is hulle vêr mis.
‘Nou ja, vrou’, seg oom Jan, ‘ons weet jy het plek; sorg nou maar dat die meide nog 'n paar lekker hoenders klaar maak.’
Tant Mimie: ‘Wees maar nie besorg nie hartjie, die bowelanders sal kos oek kry, ek sal hulle nie lege maag laat slaap nie.’ Toen sy dit geseg het, sy kombuis toe, en net nou kan 'n mens hoor hoe die stomme hoenders skree, hoe die vuur brand, en hoe tant Mimie met Ewa en Candaas angaat. Neef Flip seg ver oom Jan: ‘Tant Mimie is nog maar nes altyd ik is somar bang om hier te kom, sy maak altyd so baing omslag.’
‘Ag ja,’ seg oom Jan, ‘ik het al meer as eenmal ver haar geseg: as jy eendag doodgaat, kan 'n mens gerus op jou grafsteen set DOODGEWERK, mar sy lag myn altyd uit, dit is nou so haar gewoonte, sy is altyd bang die mense sal kla. Maar kom, terwyl die vroumense klaar maak lat ons nou maar so lank na die voorkamer gaan en 'n lekker pypie opsteek, of as julle bowelandse heertjies miskien gewoon is om saroete te rook, die kan julle ook kry.’
‘Dankie oom, verm yn nie, ek rook nie,’ seg David.
‘Hoe, wat, 'n Afrikaner wat nie rook nie? Dis 'n seldsaamheid!’ ‘Die rook doet ver myn kwaad oom.’
‘Og, jy verbeel jou dit.’
‘Ne, regtig oom.’
‘Nou wel, daar is mense wat dit nie kan verdra nie, en daarom dwing ik geen mens nie; as ik die waarheid moet sê, wens ik oek dat ik nooit geleer het nie, dit is tog maar 'n anwensel, en dis makkeliker om dit an as om dit af te leer, dit kan ik jou verseker. Wil julle glo dat ik een tyd perbeer het om dit te lat staan en dat dit net moeilik is. Ja, julle lag, mar ik seg julle wat rokers is, perbeer net ver een week, dan sal julle sien.’