van die meisiesskool wat daar kom kuier. George en syn suster verskil so's dag en nag, dit het David met 'n oogopslag gesien. Nadat hy hom 'n halfuurtjie met Miss Mary en Miss Jane vreeslik verveel het, lui tog gelukkig die klokkie ver prayer en supper. Meneer lees 'n Engelse hoofstuk, ens. en die kos kom op tafel.
Op hulle manier was die mense baing vrindelik met David, mar tog David verlang mar dat dit slaaptyd is, dat hy kan wegkom. Toen meneer hom syn slaapkamer anwys, seg David ver hom dat hy morge dauw voor dag weg moet en daar Meneer A....seker nog sal slaap as hy vertrek, wil hy mar meteens groet.
Meneer bedank hom nog eens dat hy die pakkie besorg het, hy hoop dat hy syn aand angenaam deurgebring het, (?) dat hy gerus mag slaap, en dat syn reis verder voorspoedig mog wees. Hy seg hom verder dat dit hom seer angenaam sal wees as David terugkom dat hy weer by hom sal ankom. David denk ne, liwer ry ek twe dage om, as om by jou weer uit te kom, mar hy seg dit nie.
Met die gedagte hoe of dit George syn vader kan wees, dat George so'n suster kan hê; syn moeder was 'n andere vrou, een van die stil mense wat regte min praat, mar David merk dat sy nie so kwaad kan wees nie. Met die gedagte val hy in slaap en droom dat hy Ds. A...(wonderlik genoeg) 'n baing mooi preek in Afrikaans hoor doen.
Die ander oggend vroeg, toen almal nog slaap gaat David, sonder iemand wakker te maak, die deur uit, toen hy by die wa'ens kom brand daar 'n lekker vuurtjie en neef Flip, wat daarby gebly het, had 'n lekker koppie koffie klaar. Inspan en trek. Toen Meneer A ... en syn mense wakker word was David al omtrent 3 uur anderkant die dorp. David kon hom nie onthou om met 'n sug te sê an neef Flip: ‘'n arme verwaarloosde gemeente!’ ‘Hoe's dit mogelik’, seg hy, ‘hier is so baing skole en....’
‘Ja, en....’ seg David, ‘en trots en hoogmoed, meer as in enige gemeente waar ons nog deur gekom het, dit is