Al wat hy doet is 'n paar maal op en neer loop, die huis ankyk, wegstap, 'n paar strate omloop, weer verby die huis kom en weer opkyk, met die gedagte miskien siet Catharina myn. Ses maal is min, maar so baing keer het hy seker die eerste voormiddag na die huis staan kyk; maar hoewel daar baing mense in en uitloop Catharina siet hy nie.
Haar neef Pieter - haar briefbesteller, sit voor die venster te skrywe en het al 'n paar keer die vreemdeling so danig na die huis sien kyk, hy beskou hom goed en og ja hy bemerk dat dit die einste man is van wie Catharina hom met 'n grap 'n portret gewys het toen sy laas van buite gekom het. Hy gis dadelik wie dit is. Syn oom, die Advokaat is uit; so kom hy uit die kantoor en loop na die vreemdeling en seg: ‘U lyk vreemd in die Kaap, soek u miskien na een of ander huis wat ik u kan wys?’
David wil ontkennend antwoorde, toen die kereltjie ver hom seg: ‘Is u nie Meneer M...?’
‘Hoe weet jy dit?’ seg David. Pieter vertel hom alles, hoe hy die enigste is, wat Catharina kan vertrou en dat hy haar briewe stilletjies op die pos besorg.
Eers wil David hom nie vertrou nie; maar die klein kerel syn gesig is so eerlik dat hy hom seg: ‘Ja, ik is Meneer M. en ik is Kaap toe gekom om met Catharina te praat, kan jy dit ver haar sê en myn die antwoord breng sonder dat haar ouers daarvan weet?’
‘Om 1 uur sluit die kantoor, Meneer M...! as u myn nou seg waar u loseer sal ik daar na toe kom, dan kan u in die tussentyd 'n brief ver haar klaar maak.’
‘Ja, myn liewe kerel, ik het nog geen losieshuis, kan jy myn een rekommandeer?’
‘U kan maar by Kootjie du Toit in die Strandstraat gaan, di's 'n goeje plek.’ David herinner hom dat syn pa ook altyd daar loseer en seg: ‘Nou di's goed, ik sal daar heen gaan, as jy myn nie fop sal ik jou goed beloon?’
‘Beloon, meneer? As ik Catharina, wat altyd vrindelik was met myn, 'n arme weeskind, 'n plesier kan doen, wil ik dit sonder beloning doen.’