| |
| |
| |
IV.
Die rid.
Hendrik L .... was om 8 uur daar. Die perde was opgesaal. David help ver Catharina en Hendrik ver Lenie op die saal. Lenie kon glad nie ry nie. Catharina was, so's lig te denke is, in haar skik. David hat 'n riem om die stang van haar perd vasgemaak en so ry hulle op 'n stappie weg. Catharina was vererg om syn bangerigheid en sy seg dat David die riem maar gerus kan losmaak; maar hy seg ne, hy wil eers op 'n galop trek en as sy dan vas sit in die saal sal hy dit losmaak. Sy lag om syn voorsigtigheid. Op 'n galop gaat dit ook goed. Hulle sal so'n kwartiertjie gery het toen seg sy weer David moet tog die riem losmaak. Hy doet dit. Op 'n stappie ry hul vort en dit gaat net goed; op 'n galop ook. Sy spog vreselik. By 'n draai in die groot pad terwyl hulle weer op 'n stap getrek het, kom daar 'n meid met 'n bondel wasgoed op haar kop, so onverwags 'n voetpaadjie af om na die rivier te gaan. ‘Fairplay,’ dit was die hengs syn naam waar Catharina op ry, skrik, vlieg om en sit af huistoe. Catharina skre, David roep: ‘hou maar die teuls in!’ Sy hoor nie, maar gooi dit weg en klou an die saal vas. Die perd loop. David en Hendrik agterna. Hoe harder hulle agterna jaag, hoe vinniger hardloop die perd met Catharina. Voor die hek van 'n kraal steek hy vas en Catharina kry 'n skok en vlieg uit die saal nes 'n peil uit die boog, o'er die kraalhek in die kraal. Eers dog hulle dat sy morsdood was; maar naderhand maak sy haar oge oop. Intusse was Oom Jan, tant Betjie en al die huismense kom toeloop. Hulle draag haar in die huis, leg haar op die kooi en die vrouwens ondersoek waar sy haar beseer het. Gelukkig het sy net maar 'n paar skrape gekry, maar geen arm of been gebreek nie.
| |
| |
Die skrik het egter haar senuwe angetas. 'n Glas kou water met 'n bietjie rooi lavendel en Hoffmann-druppels breng haar tot bedaar. Maar hoe was dit met Lenie gegaan? Hendrik had haar perd altyd vas gehou; maar toen ‘Fairplay’ op hol raak had hy Lenie laat afklim en sy lei die perd en kom so ongedeerd die werf in met 'n kloppende hart hoe dit met Catharina sou wees. 'n Uur daarna was alles o'er en Catharina lag self om haar ontmoeting. Maar an perdry was nie meer te denk nie. Oom Jan lees hulle goed die les.
Jong mense raak gou op 'n vertrouwelike voet met makaar. David en Catharina, nie te'enstaande haar minagting van boere seuns, ook. David was voor 'n boer ordentlik geleer: hy kon 'n taalkundige brief in Hollans en Engels skrywe en weet so wat van Latyn en Grieks af. Hy was 'n liefhebber van musiek en speel fluks op die viool - natuurlik geen dansmusiek nie, want dit sou Oom Jan nooit toegelate hê, ofskoon party draaitjies wat hy maak maar al te baing van polka's en walse het! Daarby was hy 'n flink gebouwde kerel van omtrent 6 voet lang en glad nie leelik nie. Laat iemand sê wat hy wil, 'n mannelike man is maar wat vrouwens wil hê, ten minste 'n vrouwelike vrouw.
Toen Catharina pas daar kom, was dit Miss en Mr., nou is dit Catharina en David, as hulle met makaar praat.
Catharina het die gewoonte om te sê ‘O, ons het so'n nice walk gehad; ons het hiernaas gecall; ons het die agtermiddag so angenaam gespend.’ David had met haar gekoggel en geseg: ‘praat dan tog eenkeer Engels!’
En sy nie lomp nie, doet dit. David had haar geantwoord en self op 'n paar onnauwkeurighede in die uitspraak en spreekwys opmerksaam gemaak. Dit had sy by ‘die boer’ nie gesoek nie, en om kort te gaan, David was in haar oog die geleerdste boer onder die boere.
Helaas! hoe die gees al meer en meer in ons land begin te heers dat Engels te ken, die toppunt van geleerdheid is! Hoor maar selfs onder ons boerebevolking as hulle van iemand sreek: die of die is goed geleerd hy ken
| |
| |
Engels! of: hy of sy het 'n baing goeje opvoeding gehad - hulle ken Engels! As of al die opvoeding, wetenskap of geleerdheid daarin leg om Engels te ken. Waar dit vandaan kom? Die antwoord van Oom Jan op die vraag is: ‘Waar daar onnoodig Engels gepreek word in ons kerke en deur Engelsgesinde predikante geywer en alles diensbaar gemaak word om die bevordering van Engels, als of die saligheid daaran verbonde is, kan dit wel nie anders nie.’ Maar terug tot ons storie.
David had an Catharina getoon, dat ofskoon hy daar nie mee te koop loop nie, hy net so veul en miskien meer van Engels wis as sy; en dus so as die wereld, of liewer so as party mense in ons land dit noem, ‘baing goed geleer was.’
Sy had hom leer hoogag. Nooit had sy kan denk, dat sy nog so veul agting ver 'n boer sou kry nie. Met uitsondering van Jan H ... had nog nooit 'n jonkman so'n indruk op haar gemaak nie. Tog was die indruk heel verskillend. Voor Jan H ... gevoel sy meer 'n susterlike genegenheid en dit kon wel nie anders nie, omdat hy haar by hulle eerste ontmoeting reg uit en openhartig vertel het dat hy verloof was, maar dat syn verloofde die aand uit die stad was en nie op die eetmaal kon wees nie. Die spekulasie van haar vader was dus glad verkeerd.
Sy was dus met hom meer vertrouwelik, terwyl sy met David meer agterhoudend was.
David voel ook agting voor haar, maar die gedagte alleen dat 'n boer met 'n skatryke advokaatsdogter sou trou, maak die saak belaglik. Skatryke, so denk hy; hy weet nie dat syn eige erfporsie genoeg was om meneer met mantel en bef in te koop nie.
Hoe meer die uur nader dat Catharina sal vertrek, hoe meer sy en hy gevoel dat hulle voor altyd gaat skei.
‘Jule moet dan tog seker by ons ook kom kuier in die Kaap, jy en David al twee, Lenie!’ seg Catharina.
‘Is jy dan nie kwaad op myn Catharina dat ik jou so van die perd af lat val het nie?
‘Ja? hoe is dit mogelik - dat jy so kan praat; dis mos nie jou skuld nie.’
| |
| |
‘Ja wel degelik is dit myn skuld. Ik moes die riem nooit los gemaak hê nie.’
‘Kyk, en ik het jou geseg om dit te doen!’
‘Maar ik moes beter geweet hê. Reken as jy nou dood geval het, dan was ik jou moordenaar! Ik sou nooit geen gelukkig uur weer op die wereld kon hê nie.’
‘Sou jy dan om myn gehuil hê ook, David? En dan sou julle myn seker begrawe op die familie-kerkhof met 'n steen op myn graf en myn naam daarop en hoe ik an myn einde gekom het. As jy dan eendag getrouwd is dan sou jy nog die geskiedenis an jou kinders vertel, nê? Maar David dit was daarom nie jou skuld, as dit so gekom het nie!’ (en sy huil).
‘Foei, Catharina, in plass dat jy dankbaar is an onse liewe Heer, dat dit so afgelope is, praat jy so naar - net nou begin jou senuwe weer.’
‘Di's waar, nê, dis sonde wat ik doen, ik beloof jou ik sal nie weer so praat; maar dan moet jy ook nie sê dat dit jou skuld is, dat ik geval het nie.’
David vat haar hand, (Lenie was so effentjies uit die kamer gegaan) sy trek dit nie terug nie, ‘Catharina!’ ... maar net so's hy wil vortgaan, kom Oom Jan in die kamer om hom te sê, dat hy maar moet inspan, en so blyf ongeseg wat David nog wou sê ....
Toen die kar ingespan was, wou David hom gaan antrek om Catharina na tant Kaatjie te breng; maar Oom Jan seg, dat hy self op die dorp moet wees en dat David na die volk moet gaan wat and' wingerdsny was. Hoewel dit glad nie na syn sin was nie, moet hy tog as 'n gehoorsame seun, doen wat sy vader seg. Hy gaat eers nog na syn buitekamer, sluit syn kas oop, haal 'n portret daaruit, sit in 'n envelop, skryf daar bowe op:
‘Denk an myn en stuur jou portret as jy in die Kaap kom!’
Catharina neem afskeid van al die mense, David help haar op die kar, stop die portret in haar hand, druk haar hand, kyk in haar oge - en loop na die wingerd.
| |
| |
Rrrrr - daar gaat die kar! Die kuier van Catharina op ‘Welgelegen’ was 'n saak van die voorledene. Sy neem wat van die plaas saam en laat wat agter blywe. David syn hart gaat saam, haar hart blyft agter.
‘Uit die oog, uit die hart,’ is 'n bekende spreekwoord - so was dit nie met die twee nie - hoe verder hulle van makaar gaat hoe meer hulle begin te verstaan dat hulle makaar lief het.
Eenige dage blyf sy by haar tante.
Een avond saal David syn perd op en gaat by Catharina kuijer. Wat daar toen voorgeval is, kan die lesers wel raai ... die ander dag draag David Catharina haar ring en sy draag syne.
Sal dit goed afloop? Wat sal die trotse meneer Advokaat daarvan sê as hy hoor dat syn dogter verloof is an 'n boer? En wat sal Oom Jan sê as hy hoor dat syn seun, syn David, syn oogappel, verloof is an die dogter van deurbringerige, Engelsgesinde Advokaat; an 'n noi, sy kan so goed wees as sy wil, maar wat geen brood kan bak, of 'n huissou behoorlik kan bestuur nie ... ja hoe sal dit afloop?
Lenie merk gou die ander dag watter ring David an syn vinger het. In stilte vraag sy hom - hy vertel haar alles - an syn ouwers seg hy daar geen woord van nie. Lenie siet swarigheid of pa ooit syn goedkeuring sal ge; maar David het goeje moed.
Die dag toen Catharina na Kaap terugkeer was David by die statie. Toen die trein vertrek voel hy eers hoe ver sy van hom weggaat. Al wat hulle o'erblyf is skrywe, briewe skrywe, aldag skrywe!
| |
'N predikant en syn seun.
Ons moet David M ... en Catharina X ... nou maar vereers nie hinder in hulle briewe skrywe nie, en intusse met ander persone, wat oek 'n rol in ons geskiedenis speel, kennis maak.
| |
| |
Die dorp ... is angenaam gelege an die voet van 'n berg. Die inwoners was tot voor enige jare baing Afrikaans gesind en dit kon wel nie anders nie; want met uitsondering van 'n paar smouse, 'n smid en apteker woon daar geen Engelse op die dorp nie. Nou is dit daar anders gesteld, en neem die Afrikaansgesindheid by die dag af en die Engelsgesindheid toe.
Die oorsaak van die verandering is te soek by die predikant, wat sedert enige jare daar arbeid en al die ou pade van syn voorganger afkeur en nuwe pade anprys. Kwalik was meneer A. daar of hy keer alles onderste bo. Hy is een van die manne in ons kerk, wat al syn krag anwend om die Hollanse taal uit te roei en die Engelse in te voer. In syn eie huis mag geen woord Hollans gepraat worde nie. Hy seg, hy is bang dat syn kinders die Afrikaanse taal sal leer! Verbeel jou! Hy preek Hollans omdat hy verplig is en daarvoor betaal word; maar syn geloof is hoe gaauwer alles Engels is, hoe beter dit voor ons land en volk sal wees; en alsof die saligheid daarmee gemoeid is, werk hy en sloof hom af om syn gemeente Engels te maak.
Die skoolmeester van die dorp, 'n degelike Afrikaander was dus gou die voet gelig, en 'n Skot, wat geen woord Hollans verstaat in zyn plek. Die noi wat die meisies skool had was ook een, twee, drie uit die pad en 'n Amerikaanse Miss in haar plaas.
Engels was nog nooit in die dorp syn kerk gepreek - dit was ook onnodig - maar toen meneer A. kom begin hy somaar: eers alle maande, toen om die veertien dage en eindelik elke Sondag avond. So as te denke is, was daar mense, wat hulle daaran stoot, maar die meerderdeel juig dit toe; en as binne kort in die Synode voorgestel word om maar éénmaal in die maand Hollans te preek en die naam Nederduitsch Gereformeerde Kerk te verander in DUTCH REFORMED CHURCH, dan sal die dorp . . een van die eerste wees wat dit goedkeur. Hoe of die
| |
| |
gemeente alles so voor soete koek opeet? ja, die vraag is moeilik te beantwoorde. Dit moet wees omdat die grootste gedeelte nooit ver hulle selwers denk nie. Genoeg hiervan.
Meneer A. had 'n seun op Stellenbosch, wat ver predikant leer. Van syn jeug af had hy die kind in die kop gepraat dat Engels alles is. Hy had Engels en niks as Engels by syn vader an huis moet praat, en nou mog hy self geen Hollans an hom skrywe, hy had dit eens gedaan ver eige oefening, maar had 'n degelike uitbrander gekry. - Syn vader skryf ook altyd Engelse briewe ver hom. Di's waar hy moes nou wel wat meer an Hollans doen; want hy was maar so, so, by guns en gawe wil ons juis nie sê nie, deur syn admissie eksame gekom, mar die hoofsaak van syn leer was dit nie. Voor 'n aardigheid vertaal ons een van die Engelse briewe van syn pa, waaruit ons meneer A. beter sal leer ken as uit 'n aantal hoofdstukke. Onthou lesers, in 'n private brief van 'n vader an syn soon kan ons die beste 'n kykie in die hart neem.
......‘Aug. 187...
WAARDE SEUN,
Dit spyt my dat jy nie ophou met allerhande drogredes die anhegting van die Transvaal af te keur. Waar leer jy dit? Tog nie van jou Professors, hulle is daar te verstandig toe. Het jy gelees wat 'n verstandig man as Ds. Jooste geskrywe het? Weet jy hoe Ds. Bosman die edele Shepstone ingesegen het en van plan is om hom te vra die hoeksteen van 'n Amerikaanse skool te lê? Weet jy dan nie, dat met 'n kleine uitsondering elke vrind van Engeland dit toejuig? Begryp jy nie watter segen daaruit sal voortvloei? Die tyd sal kom dat die Vrystaat ook Engels word en dan, dan sal alles goedgaan. Dit is seker as jy klaar is met studeer, dat dit myn hartewens is, dat jy na die Transvaal gaat. Ons sal wel sorre dat jy 'n beroep daarvandaan kry. Reken, watter groot werk - die bevolking te vrede maak onder die skone Engelse vlag; die jonge geslag 'n Engelse opvoeding gewe! O, myn kind, mog ik dit nog belewe! Luister tog nie langer na
| |
| |
die esels en domkoppe, wat van Hollans en Afrikaans praat, Ne, myn jong, Engels! Di's waar ons moet nog wel om die brode en visse Hollans preek; maar dit sal langsamerhand ophou; laat die teenwoordige geslag maar opgegroei wees; dan is dit klaar met den en des en het en die hele boel. O'er eenige jare sal ons nog wel ver die een of ander dikkop, wat o'erblyf Hollans moet praat, maar één Hollanse diens in die maand sal genoeg wees. Laat jou tog nie mislei deur die geskryf in die koerant o'er Hollans. Hulle mag miskien 'n Tydskrif in die wereld kry; maar dit sal van korte duur wees. Om geen aanstoot te gewe sal ik daarvoor inteken; maar verder kom hulle nie - “Gelyke regte ver hollans in die skole”; wat in dwaasheid! Eén uur in die week is meer as te veul. By myn op die dorp sorg ik ten minste daarvoor dat daar nie meer tyd meer “vermors” word, en ik het an die onderwysers en onderwyseresse kennis gegewe dat hulle onder geen omstandigheid moet toelaat dat daar Hollans gepraat word, anders kry hul die sak.’ Ens., ens.
Hier volg nog die een en ander van minder belang, wat ons weglaat omdat ons buik vol is!
Is dit wonder dat 'n jonge man as George A. in syn vaders voetspoor sal volge? En tog, wonderlik, George A. was 'n Afrikaander in syn hart; maar uit vrees ver syn vader, kan hy nie so as hy wil; hy moet gehoorsaam.
Sou daar meer sulke predikante in ons kerk wees? vraag jy leser. Ja, meer dan een. Ons sou naam en toenaam kan noem van 'n hele party wat van buite wel skoon skyn. Van manne wat op die preekstoele en by die huisie, o so vroom en o so mooi weet te praat; maar as jy agter die skerme hulle moet sien en hoor, dan kan jy hulle nooit as nooit weer met stigting anhoor nie.
Aan hulle vrugte kan hulle gekend worde. En as hulle nou nog maar ver o'ertuiging vatbaar was; maar helaas! eerder kan jy die planete in hulle loop keer as die mense in hulle ywer sonder verstand.
Is hulle ywer so te'en Hollans, hoe veel te meer te'en Afrikaans?! Dit is en blyf by hulle Hotnots taal. 'n Ouder- | |
| |
ling dus die met syn predikant Afrikaans praat, praat Hottentots taal en is dus in syn oge 'n Hottentot! 'n Heerlike troos lesers, wat kerkerade is of familie het wat dit is! Hottentots....
Om terug te keer tot George, die student, seun van predikant A. Jammer dat hy so gedril word, hy was 'n waarlik agtenswaardige jonkman; 'n jonkman met 'n eige opinie, iemand wat denk, nugter denk. Dit was ook die rede dat hy met syn pa meer as eenmaal verskil - die brief wat ons so ewe gelees het geef ons daar 'n voorbeeld van. ‘Wat kan ik doen? - ik is seun, ik is student - ik moet ingewe,’ so redeneer hy altyd as hy om syn ‘domheid’ (so as syn vader en die party van syn vader dit noem) te rede gestel word; ‘maar eendag sal die tyd aanbreek dat ik selfstandig sal wees, en dan sal ik ook myn opinies rond uit an die wereld vertel.’ Daarmee troos hy hom - hy vergeet dat hy deur die geesverbreking miskien dan net so as baing andere geen eige opinie meer sal hê nie, en op alles maar ja of nee sê, waar die party van syn vader die meerderheid nodig het.
Twee en 'n half jaar was hy reeds op Stellenbosch en in die tyd het hy nog al braaf rondgekuier in die vakantie, sodat hy met baing mense in anraking gekom het en heel wat vrinde opgedaan. Hy maak hom klaar voor syn kandidaats eksame - syn Hollanse proefpreek kom daar nie sodanig op an, seg syn pa; want wie kan daaro'er oordeel (?!) maar syn Engelse, die moet goed wees! Ons wil hom in syn eksamewerk nie hinder nie, en intusse sien hoe dit met die vryery van David en Catharina gaat. |
|