hy by homself - sal sy tog nie dalk 'n dogter wees van die meneer X., waar die Ball was die aand toen ik in die Kaap o'ergebly het nie; ik moet dit tog ondersoek. Ver die ogenblik blyf hy stil en laat die kinders maar vortpraat. Eindelik hoor hy Catharina an Lenie sê: ‘Daar was in die vyftig mense by ons die aand - hoe kom het jy my so gefop, waarom het jy nie gekom nie? Ons was so jolly.’
‘Miss X. of liever Catharina, mag ik jou so noem?’
‘Ja meneer M., as u wil toelaat dat ik oom Jan seg.’
‘Nou ja - ik wou jou vra in watter straat woon jou vader?’
‘In - straat.’
‘Omtrent in die middel?’
‘Juis, in die middel, die huis met die hoge stoep.’
‘Watter dag seg jy was die eetmaal by julle?’
‘Verlede week Dingsdag. - Maar hoe kom vraag u dit so?’
‘Ik sal jou sê: Die aant toen by julle, ik sal maar sê die Ball was, was ik net in die Kaap. Ik het te laat by die trein gekom. Ik gaat toe so'n rukkie na sononder na die Biduur, en deur die baing ligte en musiek angetrek, het ik by julle voor die deur so'n ogenblikkie bly staan.’
‘En hoe kom het Oom Jan nie ingekom nie?’
‘Meen jy dit reg reg? Sal die heertjies met hulle swart rokke en die dames in wit, wat ik daar uit die koets sien stap, dan nie met 'n ou boer soos ik is gespot het nie? Die Kapenaars verstaat dit so goed om met ons buitemense te spot.’
‘Ne, u doet ons onreg, u mag nie almaal o'er één lyn trek nie - u seg die Kapenaars.’
‘Wel, dan sal ik sê baing van die Kapenaars, en daaronder nog al die wat van die buiteman moet lewe.
Ik wil gelowe Catharina, dat jy uit vriendskap ver myn dogter haar ou vader vrindelyk sou ontvang; maar dis 'n ander vraag of die ander geselskap hom nie as 'n uil onder die vogels sou behandel hè nie. Daarom, al had ik jou ook vroeger gekend, is ik maar bly dat ik voorby gestap het.’