akelighede. Moeder seg wel: ‘hy is seker te laat by die trein gekom’, en vertel hoe pa vroeger soms 'n hele week op pad was met die ossewagens; maar tog kan sy die nare gedagtes nie verdrywe nie. Elk een van die huisgenote beveel hom in syn avondgebed an die sorg van die Heere - gelyk hy ook, ofskoon hulle dit nie wis nie, syn vrou en kinders an die Voorsienigheid opgedra het toen hy syn knie buig in syn kamer in die losieshuis in die Kaapstad.
Die nag met syn swarte vleugels daal neer en breng eindelik slaap en rus an die bekommerde harte.
Die ander oggend, 'n uur voor die trein ankom, was Gert alweer by die stasie.
Die trein kom. Pa stap fris en gesond daaruit en skud syn seun die hand.
‘Julle was tog nie onrustig nie?’ vraag hy.
‘Ons het wel kan denk dat Pa te laat gekom is, maar tog het ons allerhande gedagtes gemaak.’
‘Het jy dan nie myn telegram gekry nie?’
‘Ne, Pa.’
‘Nou, dis fraai!’
Hul stap in die kantoortjie en daar leg almelewe die telegram.
‘Wat 'n besorgdheid had jy myn huisgesin kon bespaar, as jy die telegram gister aant an myn seun gegewe had,’ seg hy ver die statiemeester.
Die eenige antwoord was norsweg: ‘Ik ken jou seun nie,’ en daarmee kon hulle vertrek.
Dat die pèrde die end pad van 'n flukse uur die oggend in drie kwartier afdraf, is onnodig om te sê.
Toen die kar ankom staat almaal al op die uitkyk.
Spoedig was alles opgeklaar, en die harte vol vreugde en dankbaarheid, dat vader met syn som geld en al behou thuis is; en was Betjie druk besig met haar fraaije waspop, wat pa al op die kar uit syn tapytsak gehaal had, om haar nie te laat wag nie.
Oom Jan M. was 'n man van belang in die samelewing. Hy was ouderling van die kerk, en ofskoon hy