deur 'n trop skoenpoetsers bestorm, en op 'n sekere môre het 'n Joodjie bedeesd gevra of hy hulle skoene vir 'n cent kan poets. Skaars was hy besig toe hy deur 'n ruwe Jood daar weggeskop word met die woorde: ‘Awaai! en heb 'k je niet ghezegd blijf hier weg, of je grijgt op je shmoel.’
Hulle het die Joodjie jammer gekry en elkeen 'n dubbeltjie gegee toe hy van sy siek moeder en susters vertel het. Tog was hulle bevrees dat dit 'n ‘doortrapte Jodestreek’ was en op kersmismôre gaan hulle weer na die Jodebuurt. Hy neem hulle na sy siek moeder en hulle versorg haar. Levi, die Joodjie, was so dankbaar dat hy uitroep: ‘Zo mak ik ghezond blijven, nooit zal Levi vergeten wat je aan z'n memmele gedaan hebt.’
Die twee skoolmaats moes skei, want die een het na Suid-Afrika gekom waar hy fluks vorentoe geboer het. Baie jare daarna kom Levi ook na Suid-Afrika en toevallig kom hy een donker nag as bondeldraer op die plaas van sy weldoener uit. Hulle herken mekaar en met 'n ligter bondel gaan Levi die dag daarna verder.
Met die ontdekking van goud het die boer ook deelgeneem aan die goudspekulasies en al sy vermoë verloor. Brandarm het hy na Johannesburg gegaan om werk te soek. En wie ontmoet hy daar? Levi, wat bly was om sy weldoener terug te vind. Intussen het hy 'n mynmagnaat geword en nou kon hy hom vergoed. Eers het hy sy vriend as sy privaatsekretaris aangestel en spoedig hom sy vennoot gemaak.
‘“Werp uw brood uit op het water, want gij zult het vinden na vele dagen.” Ziet, daaraan wilde ik u maar herinnerd hebben. En, ten slotte, wens ik u allen een gelukkige Kerstmis en een gezegend Nieuw Jaar!’