6. Uw en mijn cyferboekje.
Hoogenhout, die onderwyser, het deur ervaring ondervind dat daar 'n groot behoefte was aan 'n rekenkundeboek in die Hollandse taal in ons land. Die boekies uit Holland ingevoer, het nie by ons beantwoord nie, omdat die geld, die mate en gewigte daar anders as in Suid-Afrika verdeel word. Die Engelse rekenboekies is alleen dienstig vir hulle wat enige kennis van die taal opgedoen het, en dan ook nog maar ten dele.
‘Vele jonge kinderen van Hollandsch sprekende ouders hebben weinig aan zulke boekjes, om niet te spreken van kinderen die uiterlijk een jaar of soms nog minder kunnen schoolgaan en alleen in het Hollandsch onderwijs ontvangen.’ (Voorrede). Vir hulle dan het Hoogenhout Uw en mijn Cyferboekje saamgestel in 1882. ‘De kenner der Nederlandsche taal vergewe ons als wij hier en daar ten einde voor Holl. Afrik. kinderen verstaanbaar te zijn, tegen de taalregels zondigen.’ Saam met die boekie is ook 'n Sleutel uitgegee, maar apart. Aan sy landgenote en onderwysers het Hoogenhout die boekie opgedra, maar vernaamlik aan ‘zijn zeer geachten vriend, den WelEerw. ZeerGel. Heer, S.J. du Toit, Hoofd van het Department van Onderwijs in de Zuid Afrikaansche Republiek.’
Heel omslagtig, maar omdat hy weet dat dit noodsaaklik is vir eersbeginnendes, word alles omtrent die getalle tot in die fynste besonderheid verduidelik, en as hy dan klaar is, roep die skrywer uit: ‘De kinderen kunnen nu al tot 100 uitspreken en schrijven!’ Aan die onderwysers word gedurig tussen hakies wenke gegee, en aan voetnote ontbreek dit ook nie, bv. ‘voor een ding moet men zorgen, dat de kinderen afleeren om op hunne vingers te tellen of streepjes op de lei maken; ook het gedurig en en nalaten.’