Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 2 (1875-1905)
(1949)–Elizabeth Conradie– Auteursrecht onbekend'n Kultuur-historische studie
[pagina 342]
| |
Hoofstuk XII.
| |
[pagina 343]
| |
het of in die skoot van die toekoms lê, op geestesgebied is duidelik waarneembaar hierdie twee teenoorgestelde neigings, eers van disintegrasie en later integrasie van die Hollandse Afrikaners, van losbreek en wegdrywe van die suidpunt, en dan, toe die opbrokkeling eenmaal afgeloop was, groei tot 'n nuwe veel groter Afrikaanse eenheid. In 1857 het die staatkundige opbrokkeling 'n hoogtepunt bereik. Toe was daar nie minder as vyf Hollandse Republieke en drie Britse kolonies waarin, in groepe of verspreid, Hollandse Afrikaners hul tussen Engelse bevind het. Die Groot Trek was georganiseer gewees in klein Trekke, elkeen onder sy eie leier, en dit lê voor die hand dat toe dit eindelik tot stilstand gekom het, die stryd sou begin om die hoofleierskap in die staat. Daarby het nog gekom die godsdienstige twiste in 'n gemeenskap waarin kerk en staat met mekaar nou verbonde was. Toe in 1857 die nuwe grondwet van ‘De Zuid-Afrikaansche Republiek’ in werking getree het, met M.W. Pretorius as eerste president en Pretoria as die nuwe hoofstad, het die burgers van Lydenburg openlik hul onafhanklikheid verklaar, dié van Zoutpansberg het dit stilswyend gedoen en die Republiekie van Utrecht op die grense van Natal en Zoeloeland het sy onafhanklikheid gehandhaaf. Wat die Britse kolonies betref: Sir Harry Smith het in 1847 opnuut die provinsie Adelaide tussen die Keiskama- en Keirivier geannekseer, dit nie weer by die Kaapkolonie gevoeg nie maar dit direk afhanklik van die Britse kroon gemaak en in 1856 het Natal 'n kroonkolonie geword met 'n eie Wetgewende Raad. Die Oostelike Provinsie, met L.H. Meurant as vernaamste mondstuk, het aangedring op afskeiding van die Kaapkolonie en op 'n eie Wetgewende Raad wat alleen afhanklik van die kroon sou wees na die voorbeeld van Natal. Maar hierdie pogings het misluk anders sou daar nog 'n vierde Britse kolonie bygekom het met 'n enkele agtergeblewe grensboer daarin tussen die Britse setlaars. Maar toe die proses van disintegrasie staatkundig eenmaal afgeloop was en daarmee 'n klein volk oor 'n groot land versprei was, kon die proses van vereniging begin. In 1858 het Zoutpansberg die grondwet van ‘De Zuid-Afrikaansche Republiek’ aanvaar. Nog in dieselfde jaar verenig die Republieke van Lydenburg | |
[pagina 344]
| |
en Utrecht en in 1860 verenig hierdie twee verenigde groepe met ‘De Zuid-Afrikaansche Republiek’. In die volgende twee jaar is die droom van M.W. Pretorius byna verwesenlik om die twee groot Republieke, ‘De Zuid-Afrikaansche Republiek’ en ‘De Oranje Vrystaat’ te verenig. Hy het dit self so ver gebring dat hy 'n tydlank tegelykertyd president van beide Republieke was. Maar die magte van buite wat steeds die vereniging van die Hollandse Afrikaner in die weg staan, en die eie twissieke geaardheid wat 'n uitvloeisel is van verregaande individualisme en ongedissiplineerdheid, het sy droom, tydelik altans, vernietig. Overvaal sou voorlopig sy eie afsonderlike gang gaan. | |
2. Vroegste Transvaalse geskrifte.Die letterproduksie van dié deel van die Afrikanerdom wat dit staatkundig die verste gebring het, verdien noukeurige kronologiese uiteensetting. Die Voortrekkerleier Andries Pretorius het in 1838 'n smeekbrief vanuit Voor-Sneeuwberg aan die predikant in die Paarl, ds. Van der Lingen, gerig om 'n leraar vir sy herderlose skape te probeer vind. Hy vra daarin verskoning vir sy taalfoute ‘weetende dat ik maar een ongeleerde landbouwer ben’Ga naar voetnoot1). Voorbeelde genoeg, 'n enkele kan volstaan, van ‘ongeletterdheid’ in die betekenis van spel-, taal- en stylfoute in die Voortrekker-briewe, maar geen literatuur was ooit meer uit die hoof en hart gepers nie dan die ongekunstelde epistolêre kuns van die soekers na 'n draaglike menslike lot. Eers het hul dit in Natal gesoek, daarna in Overvaal. Vol droefheid en gloeiende verontwaardiging is die brief van Pretorius na Boomplaas, gedateer Magaliesberg 12 Jan. 1849, en gerig aan ‘den Editeur van den onpertijdige blat, den Suyd Affrikaan.’ Hierin roep hy uit: ‘O Natal, wy roepen tot den grote Schepper in den wereld om Natal’; hy vertel hoedat hy in die buurt van Pietermaritzburg soos 'n ‘stille Britssche onderdaan’ hom onderwerp het na die anneksasie van Natal totdat die Luitenant-goewerneur ‘den Kaffers lokaasies om en op myne plaatsen liet maaken, soo dat ik en anderen daardoor | |
[pagina 345]
| |
allerschandelyks verdruk wierden, want dat is tog genoeg over den wereld bekend dat wy met den gekleurde niet saam kund woonen’; hy bewys dat hy geen gehoor van sir H. Pottinger, laat staan nog skadevergoeding van die Engelse heersers, kon kry; hoe hy deur sir Harry Smith gevlei is, hoe dié hom met geld en presente probeer omkoop het en later toe die verleiding nie geslaag het nie hom by sy medetrekkers verdag gemaak en die wêreld wysgemaak het ‘dat myne traanen over myne wangen biggelde toen ik met hem op syne klyne waagen sprak’. Dan bars Pretorius uit oor die vervolging deur hierdie veel groter kwelgees dan al die Kafferstamme tesameGa naar voetnoot1), die Brit: ‘Wiens traanen soude niet wyd barsten soo gy terugdenken op den aangenaame wooningen en saamelewing van vrienden en bekenden en nu niets dan wildernissen voor oogen zien, daar wy ons weder voor alle rampen moeten bloot stellen. ........ Is het geen harde saak voor my verjaagd te syn en verstrooid van myne maagschap?’ Soos sy ‘maagschap’ in die Kaapkolonie in 1840 by monde van sy 75-jarige moeder, S.E. Pretorius uit ‘Agter Sneeuwberg’ slegs versugtend, magteloos, lamgeslaan, kon geantwoord het: ‘Og mijn lieve kinders, was ik maar als Noag's duijve dan hat ik al lang na u lieden gevliegen, voornaam toen mijn kind so siek was’Ga naar voetnoot2). So kon na Boomplaas in 1846 op geen hulp gereken word nie van die enkele gevestigde agtergeblewenes agter die Drakensberge in Natal wat reeds te diep gewortel was en wie se belange dit verhinder het om nogmaals die swerftog te onderneem, die onbekende Overvaal in. Die ander groot Voortrekker-leier Potgieter kon op die Vrystaatse hoëveld met Retief al nie goed oor die weg kom nie. Toe hy die Boere in Natal gaan help het, het hy gebots met Maritz en Uys, en na hy in 1839 oor die Vaalrivier getrek het, het die moeilikhede begin tussen die twee generaals, wat tot 'n breuk sou lei. Telkens is egter die huishoudelike geskille opgelos onder die druk van die dreigende Britse gevaar soos blyk uit 'n merkwaardige brief van Potgieter, gedateer ‘Zoudpansberg, den 16de Januarie, 1851’, waarin hy voorstel dat hul liewer op die grond | |
[pagina 346]
| |
waarop die Portugese dan dié waarop die Britse goewernement aanspraak maak, hul neersetting moes begin en daarop laat volg: ‘By die gevoelen blijf ik tot heden nog en zoo UEd. daarin met my stemt kan er schaars gezegt word een geschil in opinie tusschen ons te Bestaan’Ga naar voetnoot1). Daar moes ewig herbegin word, in Overvaal dié keer, en die twee Voortrekker-leiers was op hul laaste dae. Kort na mekaar is hul oorlede in 1853. Die briewe tussen die generaals gewissel, die korrespondensie met hul ‘maagschap’, hul stamverwante, hul gemeenskaplike vyand, is altyd ontstaan uit 'n geweldige noodsaak om vorm te gee aan hewige gevoel en gedagte in belang van hul gemeenskap. Die dagboek, die joernaal en die brief was die enigste vorm waarin die Voortrekker sy gedagte en sy ontroering op papier gesit het toe die skrywers in die Kolonie, wat 'n betreklike rus en welvaart en opvoeding geniet het, lank besig was om digbundels en dramas te vervaardig, koerante en tydskrifte tot hul beskikking gehad het waarin hul ‘originele korrespondensie’ kon publiseer. Hul kuns was vanselfsprekend die vertelkuns, egte volkskuns wat mondeling oorgelewer is, tot 'n jonger, meer bevoorregte, geslag die verhale en raaisels en liedjies sou kon opteken. Naas die Bybel en die Psalme was hul leesstof beperk tot stigtelike lektuur, tot 'n enkele predikasie- en gebedeboek. Veral die werke van Coenraad Mel, Smijtegelt, Wilhelmus a Brakel, Petrus Immens en die liedere van Sluiter, Lodenstein en Groenewegen was gewildGa naar voetnoot2). Alleen die bitterste noodsaak, die enigste voorwaarde vir wie skryf vir die ewigheid, het hul leiers, hul vormgewers, laat gryp na die pen. Nederlandse godsdienstige lektuur was die enigste leesstof, 'n vaste predikant die aangewese skrywer van die opgejaagde gemeenskap en daarsonder was hul nog steeds. Hul ten hemel skreiende behoeftes moes eers bekend gemaak word aan die buitewêreld voor in hul node kon voorsien word, maar dit was 'n wrede sirkel - sonder skrywer geen predikant en geen skool- | |
[pagina 347]
| |
meester, sonder predikant en skoolmeester geen skrywers. Eers in 1854 verskyn daar 'n tydgeskiedenis, De Hollandsche Afrikanen en hunne RepubliekGa naar voetnoot1), deur Jacobus Stuart, 'n Amsterdammer wat deur Gerard Lauts uitgestuur was en die Voortrekkers goed geken het. Sy tydgeskiedenis wat later veel as bron gebruik is, het sy grootste leserskring oorspronklik in Nederland gevind waar dit deur die aantreklike kolonisasieskema aan die slot, die Nederlanders moes beweeg om na Overvaal te emigreer en die wanvoorstellinge in die Nederlandse pers en kerklike kringe moes weerlê. Stuart het sy eie aantekeninge gemaak en die verslae oor die gebeurtenisse self aangeteken maar ook ruim gebruik gemaak van die werk van Lauts, Kaapsche Landverhuizers, en van die vier voorlesings van Cloete in 'n Nederlandse vertaling uit die tydskrif Europa. Hy het oorspronklike dokumente afgedruk in sy boek en stukke uit tydskrifte oorgeskrywe. Stuart is op sy beste waar hy die ontruiming van Natal beskrywe en die Overvaalse geskiedenis van die Pretorius-Potgieter twiste vertel. In sy uitbeelding van die oplossing van die rusie tussen die twee groot leiers styg hy tot 'n ware hoogtepunt van gevoel en begripGa naar voetnoot2). Kennis en die begrypende liefde was voorwaardes vir die voorsiening in die behoeftes na die gees, en hiervan gee die werk van Stuart blyk. Van die oudste, diepste gewortelde kultuurdraers in die kolonie was lank reeds weinig steun te wagte. Wie daar nie aan indommel was nie en onder die vreemde sirene-sang in swyne van Circe aan verander was nie, het soos die Paarlse predikant Van der Lingen die hande so vol gehad om eie naaste omgewing uit die bedwelming te ruk dat daar weinig tyd en krag oorgebly het om die Trekkers daadwerklik te help. Gelukkig was dit anders gesteld met die stamverwante van die Boere, die Nederlanders. Die dringende versoeke om 'n eie predikant is in 1853 verhoor toe ds. Van der Hoff eers in Potchefstroom, die hoofstad van die dunbevolkte groot gebied Transvaal, verwelkom is en kort daarna op Rustenburg, waar die Volksraad en al die Kerkrade op 8 Aug. | |
[pagina 348]
| |
1853 bymekaar gekom het vir die Eerste Algemene Kerkvergadering. Enige dae voor sy dood het generaal Andries Pretorius op 13 Julie 1853, dus drie weke voor die opening van die Eerste Algemene Kerkvergadering, sy kerklik-staatkundige testament, sy waarskuwende afskeidswoord aan sy mense gerig: ‘Protegeert Uwe Kerk...... Waakt en bidt, dat geen zaad van tweedragt onder UEd. wortele; roeit het by tyds uit’Ga naar voetnoot1). Hy het dit nie meer beleef om saam fees te vier dat sy bede om 'n leraar vir sy herderlose skape verhoor is nie; gelukkig ook nie die kerktwiste nie, wat spoedig ontbrand het in die ongeordende maatskappy van Overvaal waar die herbegin moes gemaak word. By die verwelkoming van die predikant het 'n onbekende versmaker 'n geleentheidsvers gedig wat ondanks die onbeholpenheid van uitdrukking goed die dankbare vreugdestemming van die gemeente weergee:Ga naar voetnoot2)
Tot de Gemeente:
De daagraad lang door ons verwacht,
Is eindelijk aangebroken!
Verdrongen is de duistre nacht:
Gods heilig woord wordt weer gesproken.
Wij hebben lang, ja jaren lang,
Naar trouwe herders zitten smachten,
En 't viel ons somtijds ook zeer bang,
Vergeefs er altijd naar te wachten!
Vervuld is thans onze hoogste wensch,
De Predikant Van der Hoff is aangekomen!
Ten laatsten zien w' in hem den mensch,
Die ons verlangen zal bekroonen.
Voor ons verliet hij 't Vaderland,
Voor ons waagt hij zijn leven!
Geleid door Gods almachtige hand,
Kon hem de zee noch wind doen beven.
| |
[pagina 349]
| |
Een eigen leeraar is uit Holland
Op ons verzoek hier aangekomen!
Nu eerst zal in ons vrije land,
De liefde met eendragt zamen wonen.
Dus driemaal welkom in Afrika
Mogen we onze Leeraar heeten;
Dat het hem hier voorspoedig ga,
Is onzer aller beden!
Tot den Leeraar:
God de Heer zelf bekroone Uw werk
Met zijn onmisbare zegen!
Hij make U getrouw en sterk
Hij zelf leide uwe wegen!
Wij danken U in 's Heeren naam
Dat ge u geroepen voelde,
Om de woeste golven over te gaan,
Dat Uw ijver nooit verkoelde!
Wij danken God voor Uw behoud!
Hij was 't, die U geleidde;
Wij hebben steeds op God gebouwd:
Hij maakte ons nu ook blijde.
Nog eens dan welkom dierbre man
In deze verre landen,
Hoewel wij U niet beloonen kan,
Ons hart kent geen banden!
Tot de Gemeente:
Komt Vrienden - dankt d'Algoede God!
Hij wilde ons gebed verhooren!
Hij, Hij alleen bestuurd' ons lot,
Hij heeft zijn Dienaar uitverkoren.
| |
[pagina 350]
| |
Onze blijdschap is ten top gestegen!
Een heuglijk tijdstip lacht ons aan,
Wij hebben onze wensch verkregen,
Deez' heilige dag toont het ons aan!
Zingt gij afgelegen landen
Zingt gij verste volken, zingt.
Jezus reikt u zelf de handen,
Volken hoort! Zijn heilstem dringt
Ook in 't einde tot u door!
Al wat leeft dankt Hem daarvoor!
| |
3. Ds. Dirk van der Hoff (1814-1881).Dirk van der Hoff is op 2 September, 1814, in Dordrecht, die ou Sinode-stad van Nederland geboreGa naar voetnoot1). Van 1833 tot 1840 het hy in Leiden in die teologie gestudeer en hom in 1840 beroepbaar gestel. Maar daar was 'n oorvloed van proponente vir die Hervormde Kerk en na sy terugkeer van enige reise in die buiteland het Van der Hoff omgesien na 'n wêreldlike betrekking in die tyd dat hy moes wag op 'n beroep. So was hy o.a. werksaam op die kantoor van Frederik Muller, die Amsterdamse boekhandel waar sy liefde vir die boek aangevul is met praktiese kennis van die verkoop en verspreiding daarvan. Moeg van wag op 'n beroep in Nederland het hy begin planne maak om in Indië of Suid-Afrika 'n werkkring te soek en deur tussenkoms van vriende van die ‘uitgewekenen’, professor W. Moll en G. Lauts, is met hom 'n ooreenkoms gesluit in 1852 waarby hy hom verbind vir vyf jaar teen 'n salaris van 1800 gulden per jaar. Eers moes hy in Den Haag deur die Indiese Kommissie georden word. Op die brandende kerklik-staatkundige of algemeen-kulturele vrae wat die veranderde situasie in Suid-Afrika Nederland telkens voorgelê het na 1806, het sy geen antwoord gesoek nie maar hul probeer toedek so lank as moontlik deur haar verlore gegane en behoue koloniale besit deur een en dieselfde kommissie te laat be- | |
[pagina 351]
| |
hartig. In Kaapstad aangekom in November 1852 en hartlik ontvang deur J.J.H. Smuts, die toenmalige redakteur van De Zuid-Afrikaan, het hy vir die eerste maal voor die probleem te staan gekom van legitimasie by en inlywing onder die Kaapse Sinode of nie. In November is hy wel gelegitimeer maar het geweier om die bygaande eed van getrouheid aan die Britse gesag af te lê. Generaal Pretorius het aan die gasheer Smuts geskryf om die blydskap uit te druk oor die koms van 'n predikant, en ouderling F.G. Wolmarans aan Van der Hoff persoonlik, om aan te dring dat hy sy reis so gou as moontlik noordwaarts sou onderneemGa naar voetnoot1). Maar die aktuaris van die Kaapse Kerk, grootste Afrikaanse kulturele gesagvoerder van sy tyd, aangetas deur die verengelsingsproses van die Britse gesag, ds. A. Faure, van Kaapstad, en die jong predikant van Transoranje wat die antwoord van Van der Hoff op die briewe moes meeneem en vandaar deurstuur aan generaal Pretorius, Kolonialer van Skotse afkoms en opleiding, ds. A. Murray van Bloemfontein, het weinig welwillendheid getoon om die nuwe kollega tot by sy bestemming te help. Van die kant van dr. S.P. Heyns en ds. J. Spyker, die ander twee van die drie predikante van Kaapstad, het Van der Hoff goeie raad ontvang en hul was ook sy voorspraak, hoewel vrugteloos, by die aktuaris om vir sy reiskoste uit die Kaapse Sinodale kas £200 voorgeskiet te kry om die reis te bespoedig. Ds. G.W.A. van der Lingen van die Paarl aan wie Pretorius in 1838 namens ‘de uitgewekene colonisten’ om 'n predikant gevra het, skyn hom nie met die saak te bemoei het nie toe veertien jaar later die predikant eindelik opdaag. Die kerkstryd tussen liberalisme en ortodoksie het reeds sy kop begin opsteek. En die ultrastreng gereformeerde Van der Lingen se simpatie het gelê by die Afgeskeie Kerk in Nederland wat die oprigter van haar kweekskool in Kampen, ds. D. Postma, in 1858 sou uitstuur na Transvaal, en nie by die Hervormde Kerk wat volgens hom nie meer vry was van onregsinnigheid in die leer nie wat hul aan hul Leidse kwekelinge soos Van der Hoff aan verkondig was. Aan die ander kant was hy in voortdurende stryd gewikkel met die Britse ower- | |
[pagina 352]
| |
heid en die Kaapse kerkleiers, soos ds. A. Faure, om eie skole op te rig, wat die denasionalisasie ondergaan het. Gevolglik het hy 'n afwagtende houding ingeneem en die nuweling onvoorbereid laat vertrek, die grootste denkbare chaos op kerklike, dit wil in die 19de eeu sê kulturele gebied, tegemoet in Overvaal. Die reis het oor Natal gegaan. In Durban het 'n afvaardiging uit New Germany, 'n neersetting in Natal, Van der Hoff gesmeek om op veel beter voorwaardes as wat Overvaal hom kon bied, hul gemeente te bedien. Maar sy bestemming was Transvaal en sy woord gegee aan generaal Pretorius, wat nou nie meer in Natal was nie maar verjaag van sy ‘maagschap’, besig om 'n nuwe ‘sittelment’ in die wildernis van Overvaal op te bou. Nadat die Republiek van Natal geannekseer is, is A.C. Stucki in Desember 1846, op versoek van die kommissaris Cloete en op inisiatief van Lindley wat die volle beskerming van Cloete en die sekretaris van die Volksraad, Bodenstein, geniet hetGa naar voetnoot1) deur die goewerneur sir Henry Pottinger as predikant op Pietermaritzburg aangestel. Stucki wat 'n paar maande vantevore uit Holland in die Kaap-kolonie aangekom het, sou Lindley vervang want dié se hart was tog uit die aard van die saak meer by sy instituutGa naar voetnoot2) vir die inboorlinge dan by die ‘Uitgewekenen’. Maar Stucki is op weg van Kaapstad na Natal oorlede en sy vrou het alleen by die Voortrekkers aangekom. Roerend in sy eenvoud van styl en diepte van meegevoel is die kondoleansie-brief wat generaal Andries Pretorius toe aan haar gerig het, gedateer Welverdient, Den 21 Feb. 1847Ga naar voetnoot3). Hy vertel hoe hul ‘een see van Rampen en Elenden hier in desen woestijn hebben moeten ondergaan’, hoe hul verlang het om ‘een Leeraar in ons Eijgen Moeder taal’ te hoor, te meer ‘daar wij nog den onuijdblus baaren hollandsche bloet in ons Aderen geduurig ontwaren’. As hierdie groot Voor- | |
[pagina 353]
| |
trekker-kommandant praat van ‘den man der weduwe en vader der wesen die ook ter sijner tijd voor sijne schepsels sullen sorgen die nu als verloorene en ver Doolde schaapen op den bergen Dwaalden met Duijsenden van ongedoopte kinderen’, is die vergelyking so treffend, die gevoel so suiwer dat die ou Bybelse beeldspraak uit sy pen 'n nuwe oorspronklikheid kry, weer nuwe lewe ingeblaas word. In sy beskeidenheid was hy hom heeltemal bewus dat hy na die vorm nie die beste Hollands skryf nie en het in 'n naskrif bygevoeg, wat hy in 1838 ook aan ds. Van der Lingen in alle nederige selfkennis geskryf het: ‘ik hoop gij sult mijne fouten over sien en niet uijd het oog verliesen dat ik maar een ongeleerde Affrikaansche Boer waart’. Die aankoms in Potchefstroom op 27 Mei 1853 van die leermeester wat die ‘ongeleerde Afrikaansche Boer’ nie alleen na die ewige, maar ook na die tydelike, sou help opvoed, het hy nie meer beleef nie. Ds. Van der Hoff het aanleg vir die verskuns gehad en dit beoefen soos alle predikante van sy tyd wat nou eenmaal gemeen het daar skuil 'n digter in elk van hulle. Daar word vertel hoe hy die boerseuns op die lang togte Nederlandse poësie geleer het wat hul saans by die uitspanplekke moes opsêGa naar voetnoot1). As proewe van sy eie letterproduksie kan sy vlaglied aangehaal word wat as geleentheidsvers ontstaan het by die beëdiging van die seun en opvolger van generaal Andries Pretorius, Martinus Wessel Pretorius, as president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, Transvaal. Die hysing van die Vierkleur het by dié geleentheid plegtig plaasgevind op 6 Januarie 1857 en die aanwesiges jubel dit uit: ‘Vivat de Vlag! Vivat de Vlag!
Door vrijheid hier geplant!
Waai rond door Zuid-lijk Afrika
Van Oost tot Westerstrand.
Waai onbezoedeld schoon en rein
En wapper ook op zee;
Vertoon u aan der volk'ren oog
| |
[pagina 354]
| |
Tot aan den verste ree.
God zij met u - God zij met u.
Gij maagdelike vlag,
En met het volk, dat u verkoos,
Tot aan den jongsten dag!’Ga naar voetnoot1).
Die vlaglied het groot bekendheid by die klein gemeenskap verwerf veral nadat dit in die Staats Courant der Zuid-Afrikaansche Republiek in 1858 afgedruk is. Hierdie Staats Courant waarvan die eerste nummer op 25 September 1857 gedruk en uitgegee is in Potchefstroom deur C.P. Moll, Junior, die bekende drukker en uitgewer uit die Kaap en NatalGa naar voetnoot2), het in die eerste plek regeringsaankondigings en staatsberigte bevat, maar ook 'n inleidingsartikel waarin die redakteur of skrywer dikwels sy persoonlike oortuiging op rekening en ter verantwoording van die Regering gestel het. Verder het samesprake, grappe, verse, meestal uit Nederlandse koerante oorgeneem, ‘origineelen correspondentie’, die saaklike meedelings afgewissel in hierdie eerste gedrukte lettervrug van die Republiek. Die ou staatkundig-kerklike twiste van die aanhangers van Pretorius aan die een kant en dié van Potgieter aan die ander kant sou gekompliseer word deur die opdringende kerklike en staatkundige magte uit die Kaap nadat die Voortrekkers die woeste land skoon gemaak het en besig was om orde uit die chaos te skep. Die kerkstryd bied die vernaamste, vrywel die enigste stof, aan wie sy gevoel en gedagte in die geskrewe woord wou neerlê. In 1858 het ds. D. Postma van die afgeskeie Gereformeerde Kerk in Nederland in Rustenburg aangekom en al spoedig is die Nederlandse kerktwis op Afrikaanse bodem oorgeplant. In No. 63 van die Staats Courant, 25 Februarie 1859, verskyn daar 'n lang inleidingsartikel deur ds. Van der Hoff getiteld, ‘Vervolg van ons schrijven aangaande den staat der Kerk’, waaruit blyk dat die onenigheid reeds in volle gang was. Dit is gerig teen die nuwe prediker Postma wat daarop roem dat sy | |
[pagina 355]
| |
afgeskeie kerk ooreenkoms met Dordrecht vertoon en by implikasie dus te kenne gee, dat die staatskerk van die Republiek nie volkome suiwer in die gereformeerde leer is nie. Enige afleweringe verder, No. 71, 22 April 1859 en die ouderling wat hier onderteken S.A. Celiers, lewer 'n pleidooi vir die gesange op grond van die feit dat Calvyn die vyf-en-twintigste en sewentigste gesange gedig het en ‘wij zeggen dat wij zijn Calvinisten of gereformeerd, maar als wij het werk van Calvijn dan verwerpen wat is dan onze religie?’ Hy skaar hom aan die kant van ds. D. van Velden van Winburg een van die drie predikante van die Nederduitsch Gereformeerde Kerk van die Kaap wat deur die Engelse goewerneur, tydens die Engelse oorheersing 1846-1854 in Transoranje, aangestel is, groot teenstander van Van der Hoff. Dat die regering spoedig besef het dat die staatskoerant die algemene belang moet dien en nie aan die uiteenlopende kerkpartye plek vir polemiek mag verskaf nie, word bewys deur die vervanging van die Staats Courant deur die Gouvernements Courant op 9 September 1859. Die nummering begin weer van vooraf en die eerste goewernementskennisgewing lui: ‘Nademaal het Gouvernement der Z.A. Republiek het nuttig en noodig geoordeeld heeft eene Gouvernements Courant uit te geven in plaats van de Staats Courant die van heden af opgeheven wordt, daar meestal in dat blad het particulier gevoelen van den redacteur op rekening en ter verantwoording van het Gouvernement werd gesteld. En nademaal het Gouvernement de thans alhier aanwezige drukpers van den vorigen eigenaar heeft aangekocht; zoo zal er behalve eene wekelijks uit te geven Gouvernements Courant, welke niets anders dan officieele berigten zal bevatten, er ook gelegenheid gegeven worden om een of meer particuliere bladen te publiceeren overeenkomstig artikel 19 der Grondwet’. Die eerste staatsekretaris en redakteur, C. Moll, vertrek en word vervang deur A.F. Schubart wat as gewone amptenaar hom nou stiptelik op regeringskennisgewings en -sake sou toelê terwyl van die geleentheid om ‘particuliere bladen’ op te rig al gon gretig gebruik gemaak word. Die kerkskeuring het op burgeronluste uitgeloop in die jare 1862, 1863 toe daar in die distrik Marico bloed gevloei het maar | |
[pagina 356]
| |
die verdeeldheid en die haat en die verwarring, alles met 'n kerklike aspek, sou nog erger word toe die bekeerde Nederlandse Jood, ds. F. Lion Cachet op die toneel verskyn en in 1865 begin gemeentes van die Kaapse Ned. Geref. Kerk stig in die Republiek. Deur soveel verdeeldheid het die Vierkleur in ernstige gevaar begin raak maar dit het ook allerlei penne in beroering gebring, die enigste ligpunt in die onverkwiklike kerkstryd. Dit sou die skryflus prikkel soos weinig ander gebeure wat die volksgemoed beroer het. Die ontsettende tragiek van die Zuid-Afrikaansche Republiek en van haar staatskerk, die Hervormde, wat die roeping gehad het om die vryheid en die onafhanklikheid van die Emigrante-Boere te help bewaar en te bestendig, spreek onbewus uit die penneproduksie van ds. Van der Hoff. Uit die aard van die dinge self was die staatsgrense van die Republieke nie te bewaar met die oudste deel van die Boerevolk buite daardie onnatuurlike grense gesluit nie. Daarby was die volkstaal nog te onontwikkeld, met ander woorde die Afrikaanse gemeenskap self was nog nie ontwikkeld genoeg nie, om die verowerde staatkundige vryheid van dié gebiede van die Afrikaanse bodem, net so lang in te dra in 'n wêreld met verwoestende kragte, totdat ook die agtergeblewenes in die Kaapkolonie en Natal hul vry sou geworstel het van die vreemde oorheersing. Ds. Van der Hoff, een van die hoofpersone in die tragedie, kon dit natuurlik self nie besef dat Transvaal slegs 'n deel van die kulturele geheel was nie. Daarvoor was die tyd nie ryp nie en het hy te veel Nederlander gebly sy lewe lank, ook om te besef dat 'n al te noue band tussen kerk en staat vir beide funest is. By die president, M.W. Pretorius, het die sterk arm van sy vader ontbreek om die steeds gekompliseerder wordende eie gemeenskap in toom te hou en nog krag oor te laat vir die werksaamhede van sy sintetiese gemoed wat die kulturele eenheid van die Afrikanerdom wel aangevoel hetGa naar voetnoot1). Staatkundig wou hy dit bevorder deur sy bemoeiïnge in die Oranje-Vrystaat wat hy 'n tydlank onder een presidentskap met die Transvaal verenig het en kultureel deur aansluiting by die Kaapse vrymesselaars. Maar sonder die ekonomiese middele kon geen vor- | |
[pagina 357]
| |
dering gemaak word nie en op finansiële gebied het net so 'n verwarring geheers as op kerklikeGa naar voetnoot1). Sinds 1854 was dit reeds bekend dat daar goud was in Transvaal maar die begeerte by die Boere om die goudvelde te ontgin, is onderdruk deur die gegronde angs dat daarmee die onafhanklikheid van die Republiek deur die vreemde geluksoekers in gevaar sou gebring wordGa naar voetnoot2). Die lot was nie af te wend nie maar kon altans vertraag word - om die mens sterflik is, hoef hy nog geen selfmoord te pleeg nie. Deur die geldnood gepers het die leiers egter ernstig begin dink aan ontginning. In The Transvaal Argus - De Transvaalsche Argus, een van die ‘particuliere bladen’, 'n tweetalige maar Engels georiënteerde koerant wat van 1866 tot 1869 in Potchefstroom uitgegee is, verskyn in 1866 'n ‘Transvaalsch Goudgraverslied’ deur ds. Van der Hoff. Hierin word die ‘landszonen’ aangespoor om die voorbeeld van die vreemde geluksoekers te volg en self te gaan delf want ‘dan vlugt d'armoed uit uw land’Ga naar voetnoot3):
Transvaalsch Goudgraverslied.
In den grond van 't vrij Transvaal
Is te vinden
't Lieve goud, dat schoon metaal.
Komt dan vrinden!
Delven wij met lust en moed,
Laat ons graven!
Hier is goud in overvloed
Voor de braven!
Karel MauchGa naar voetnoot4) ging moedig voor
Naar die streken.
Broeders, op dan, op zijn spoor!
Fluks aan 't breken!
| |
[pagina 358]
| |
Beukt de rotsen dat het kraakt!
Zoekt in holen,
Waar het goud, daar men naar haakt,
Ligt verscholen.
Op dan, moedig, vrolijk heen!
Naar die gronden,
Waar het goud in zand en steen
Wordt gevonden.
Als men daar naar 't goud, zoo schoon,
Wil gaan graven,
Dan is rijkdom 't zeker loon
Van de braven!
Op dan zonen van Transvaal,
Doet U gelden!
Dorst gij niet naar 't schoon metaal
In Uw velden?
Laat gij 't goud, dat zoo bekoort
Aan de braven,
Die van elders, uit elk oord,
Komen graven?
Neen, dat nimmer, neen, o neen!
Gij gaat zelven
Vrolijk ook naar 't goudveld heen
En aan 't delven!
Dan vlugt d'armoed' uit uw land,
Met haar lijden,
En gij kunt in rijken stand
U verblijden!
In plaas van hul in hul ryke stand te verbly, was dit die ontdekking van diamante tussen die Vaal- en die Hartsriviere en die nasleep daarvan, die Keate-Uitspraak in 1871 wat die president ten val gebring het. M.W. Pretorius het die uitspraak onderteken sonder die Volksraad daarin te ken, in die strik gevang van die Britse diplomasie deur die behendigheid van die | |
[pagina 359]
| |
Natalse Luitenant-goewerneur Keate. Die val van Pretorius het ook beteken groot verlies van prestige vir die Hervormde Kerk van ds. Van der Hoff. Die vertoornde Volksraad het die Grondwet in dié sin gewysig dat die bepaling weggeneem is dat 'n kandidaat vir die presidentsetel minstens vyf jaar 'n Transvaalse burger moet wees en lid van die Staatskerk. Lidmaatskap van 'n Protestantse Kerk was voldoende. Met die val van die president verdwyn ook die staatsekretaris B.C.E. Proes en in hulle plekke kom Thomas François Burgers en Nicolaas Renier Jacob Swart. Die nuwe president: 'n vaardige joernalis, 'n geskorste predikant van die Ned. Gereformeerde Kerk van Hanover in die Kaapkolonie; die nuwe staatsekretaris: 'n gedroste eksentrieke Amsterdammer wat onder die leiding van ds. F. Postma, in Rustenburg teologie gestudeer het en in 1866 bevestig is as predikant van die Gereformeerde Gemeente van Pretoria. Die beurt het weer gekom aan die ‘Potgietermense’ in die Republiek van die Voortrekkers. Elke volk het die regeerders wat hy verdien. Om orde te skep in 'n chaotiese toestand van dergelike verhoudinge as in Transvaal geheers het, durf alleen maar die grootste besielde idealis of die avonturier aan. In Burgers en Swart het beide geskuil, sy dit dan in verskillende proporsies gemeng. Die welsprekendheid, die vaardigheid met die pen van die nuwe president was bekendGa naar voetnoot1) en dit was dan ook kinderspel om as Kaapkolonialer van erudisie, opgevoed in Nederland, die eenvoudige Volksraadslede te lei en na sy sienswyse oor te haal solank hy ter plaatse hul met die mag van sy persoonlikheid kon beheers. Sy buitelandse reis en sy buitelandse politiek sou sy ondergang word. Een van die dinge waarin die nuwe president misgetas het, was die verandering van die vlag en die wapen in 1874 in die veronderstelling dat die Potgieter-vlag, nie die Vierkleur nie, die juiste Voortrekkersvlag was. Maar nouliks het hy voet aan wal gesit in Europa, waarheen hy op reis gegaan het om te onderhandel oor Delagoabaai, 'n eie hawe en 'n spoorweg, of die Volksraad maak van sy afwesigheid gebruik en keer terug tot die Vierkleur. Ds. Van der Hoff, die Pretorius-man, het daarop in 1874 in The Transvaal Advocate and Commercial Advertiser, die | |
[pagina 360]
| |
Potchefstroomse tweetalige blad wat 'n voortsetting was van The Transvaal Argus - De Transvaalsche Argus sinds 1869, die ou vlag ‘als weleer van ganscher harte’ toegejuig met sy vlagliedGa naar voetnoot1). Die vlaglied, geleentheidsmaakwerk, het tog so duidelik tot die hart van die Republikeine gespreek en so bekend geraak dat, by die viering van die totstandkoming van die Unievlag op 31 Mei 1928, meer as sestig jaar later, dit naas talryke nuwe vlagliedere in 'n enkel Transvaalse dorp nog geklink het uit kindermonde. Maar as die predikant-digter Van der Hoff sy vyf-en-twintigjarige ampsfees vier op 28 Mei 1878, dan het die Vierkleur sinds die vorige jaar reeds verdwyn. Die kinders van sy gemeente het hom by dié geleentheid op die volgende vers van 'n onbekende vervaardiger toegesing: ‘Wij wenschen U, met hart en ziel
Bij 't vijf-en-twintig-jarig feest,
Dat gij thans in ons midden viert,
Geluk en heil en vreugd daarbij;
U Eerste Leeraar van Transvaal!
God blijve steeds Uw steun.
God zij met U!
Zijn zegen blijv' u bij;
Wees gezegend in uw lot,
Leef nog lang tot eer van God,
God zij met u!!!’Ga naar voetnoot2).
Ds. Van der Hoff is op 9 Oktober 1881, enige maande na die suksesvolle afloop van die eerste Vryheidsoorlog, oorlede. Dit was 'n soete druppel in sy moeilike ouderdom om nog die onafhanklikheidsverklaring van die Suid-Afrikaanse Republiek te beleef. Hy het daarvoor twee lofsange geskryweGa naar voetnoot3) wat op die eerste feesviering op Paardekraal gesing is op die wysie van Gesang 13. Besielend is die slot daarvan wat sterk herinner aan sy vlaglied: | |
[pagina 361]
| |
‘Vivat de vlag, vivat de vlag!
O waai met roem en eer,
Hier in ons vrij gevochten land,
Gekocht met goed en bloed.
Niet ons, den Heer alleen zij eer!
Loof Hem met hart en mond!
Hij is uw Rots, uw steun, uw kracht,
Uw redder in den dood!’
By 'n estetiese maatstaf gemeet, het die verse van Van der Hoff net so min of net so veel kunswaarde as dié wat in die ander dele van die land vervaardig is in die geykte ‘digterlike taal’ van sy tyd. As leermeester het hy verklank met die middele tot sy beskikking wat na sy mening in die harte van sy leerlinge, die Boervolk van die Zuid-Afrikaansche Republiek, geleef het toe hulle self nog geen literêre vorm aan eie gevoel en gedagte kon gee nie. Ook die kern van sy prosa, soos Open Brief aan ds. J.P. Jooste in antwoord op de zyne (1871) en ander polemieke, hoofsaaklik van kerklik-staatkundige aard in die Staats Courant en in die Potchefstroomse openbare pers, is dan ook altyd die verwoording, die vertolking, die vormgewing van die diepste gevoel van die Transvaalse Republikein wat as eerste lewenswet en eerste roeping gehad het ‘eene uitmuntende zorg om de vrijheid en onafhankelijkheid der emigranten te bewaren’Ga naar voetnoot1). Die tragiek was dat hierdie vryheid en onafhanklikheid wat met Gods hulp uit eie krag verkry is, alleen maar met eie krag en geloof kon bewaar en bestendig geword het. Steun van buite het slegs die verwarring van binne vererger in die eerste kwarteeu van die Republiek en die ondergang was onvermydelik. As 'n staat sonder slag of stoot die vryheid en onafhanklikheid prysgee, is dit ryp vir die ondergang. En dit word ryp vir die ondergang as die teuels nie in eie hande is nie maar in dié van landgenote van buite of erger nog van bloedverwante uit 'n ander wêrelddeel wat eers self nog moes akklimatiseer in alle betekenisse van die woord. Die ongeduld en ontevredenheid wat die gevolg was van die | |
[pagina 362]
| |
partystryd tussen Pretorius en Potgieter, aangehits deur Bührmann, die twissieke Nederlander, wat Lydenburg geregeer het, het telkens opnuut uitgebars. Met ds. Van der Hoff het Bührmann heftig getwis op 'n kerkraadsvergadering oor die koms van die tweede predikant, nuus wat Smellekamp uit Nederland gebring het in 1854. Toe die nuwe predikant ds. Dirk Postma in 1858 aankom, het daar dan ook die kerkskeuring gevolg. Professor Lauts het gehoop dat Postma naas Van der Hoff sou werk maar hy word die leraar, later die teologiese professor op Burgersdorp, van die mees konserwatiewe Trekkers wat teen die gesange beswaar gemaak het, die raadsman en leier op kerklike gebied van die Potgieter-groep wat nog jare later hul ideale trekker sou verheerlik in Verse van Potgieters Trek deur TotiusGa naar voetnoot1). Die kerkskeuring onder aanvoering van die stamverwante leraars het die Boerestaat enorm verswak en toe 'n derde vlotte pennevoerder uit Nederland, die Amsterdamse bekeerde Jood, Frans Lion Cachet, na die kerksepter wat so nou met die staatsroede verbonde was, ook begin gryp, was die staat in sy toenmalige vorm as skepping van Pretorius, van die Voortrekkerdeel van die gehele Afrikanerdom dus, ten dode opgeskryf. Dit alles word helder weerspieël ook in die penneproduksie van die derde hoofpersoon teenoor en naas Van der Hoff en Postma in die dramatiese geskiedenis, Frans Lion Cachet. | |
4. Ds. Frans Lion Cachet (1835-1899).Frans Lion Cachet is in 1835 te Amsterdam uit Joodse ouers gebore. Na die bekering van die familie tot die christendom is Frans in 1849 gedoop en opgeneem as lidmaat van die Hervormde Gemeente van Amsterdam. Hy het in die teologie gaan studeer aan die Skotse Seminarium in Amsterdam om opgelei te word vir die ‘licentiate for foreign service in the Free Church of Scotland’ en die diploma van die Seminarium behaal. Hy vertrek na Suid-Afrika om as sendeling onder die heidene werksaam te wees. By sy aankoms het hy hom egter tot ds. A. Faure in Kaapstad gewend om gelegitimeer te word tot predikant van | |
[pagina 363]
| |
die Ned. Geref. Kerk. Toe dit hom geweier is, daar hy slegs in besit van 'n sendelingsdiploma was, het hy met die hulp van Tyo Soga die geleerde Kaffersendeling, seun van 'n raadslid van die vermaarde Gaika, 'n moeisame reis onderneem na Kafferland om daar georden te word deur die Presbiterium van die Skotse Kerk in 1862. Daarop, op voorstel van ds. A. Faure, het ds. P. Huet hom uitgenooi om op Ladysmith (Natal) as waarnemende predikant op te tree en as waarnemende konsulent van Utrecht te ageer. Sy Kaffervriend wat in Skotland opgelei is en met 'n Skotse vrou teruggekom het om as sendeling van die ‘Free Church of Scotland’ onder sy eie mense te arbei, is later trou herdenk in Tyo Soga, De eerste Kaffer Zendeling, 'n bewerking na die Engels van J.A. Chalmers deur F. Lion Cachet. In Ladysmith en meer nog in Utrecht, was die verwarring op kerklike en staatkundige gebied die grootste. Utrecht, 'n neersetting buitekant die grense van Natal - maar ook van die Republiek, is in 1854 ontstaan en in 1858 in die Republiek Lydenburg opgeneem wat op sy beurt in 1860 weer in die groter geheel, die Zuid-Afrikaansche Republiek, opgeneem is. Uit die pen van die predikant van die Ned. Geref. Kerk op Ladysmith, voorganger van Huet en Cachet, John McCarter, het toe die eerste kerkgeskiedenis verskyn, Geschiedenis der Nederduitsche Gereformeerde Kerk in Zuid-AfrikaGa naar voetnoot1). Die verhaal loop van 1652 af tot 1863, na die uitspraak van die hof in 1862. Hierdie uitspraak het neergelê dat niemand buite die Kaapkolonie woonagtig, aan die Sinode van die Nederduitsch-Gereformeerde Kerk van die Kaap mag behoort nie. Gevolglik moes die reeds bestaande lede van die Kerk in die onafhanklike state hul eers konstitueer in afsonderlike gemeentes. Gemeet aan die norme van die tyd, toe Kerk en Staat feitlik 'n eenheid in Overvaal gevorm het, het Cachet, wat eers in die praktyk, later met die pen, in sy Vyftien Jaren in Zuid-Afrika die verhaal van McCarter voortsit, met die stigting van Ned. Geref. Gemeentes orals in die Republiek verraad gepleeg teen die Republikeinse staat waarvan die Hervormde Kerk die Staatskerk was. Maar die voortskrydende lewende kultuurontwikkeling van 'n volk na die voltrekking van | |
[pagina 364]
| |
sy eenheid, steur hom eenvoudig nie aan kerk- en staatsvorme nie. En dié kerkinstelling waarin die meerderheid van die Afrikaanse gemeenskap binne sy taalgrense as geheel, sy vorm en bonatuurlike uitdrukking vind, moes, op die duur, noodwendig seëvierend uit die stryd kom. Van agteraf gesien kon dit geen ander kerk wees nie dan die Nederduits-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika, die kerk van eie bodem. Maar nie uit volkse beginsels nie, enkel uit angs vir die opkomende liberalisme en modernisme het Cachet die steun gekry van Ned. Geref. Kerkleiers soos sy beskermhere di. Andrew Murray en A. Faure. Om dieselfde rede het hy van die kant van die Gereformeerde kerk van ds. Postma weinig te vrees gehad en kon hy sy gang gaan. In 1866 verskyn sy brosjure, in werklikheid teen die staatskerk van Overvaal gerig, Aan de Leden der Ned. Geref. Kerk in de Zuid-Afrikaansche Republiek. Teen die aanval het die leier van die Hervormde Kerk Van der Hoff hom manlik geweer. Cachet het hom stil gehou, gaan egter voort met sy werk en Postma het Rustenburg verruil vir 'n rustiger oord: Burgersdorp in die KaapkolonieGa naar voetnoot1). In 1873 keer Cachet na Nederland terug. Hy het oor 'n vaardige pen beskik. Hy was redakteur van die weekblad De Hoop en van Het Zondagsblad: De Herdersbode en het 'n vaste medewerker geword aan Het Zuid-Afrikaansche Tijdschrift. Hy het dadelik in sy nuwe gemeente in Nederland, Valkenburg, 'n aanvang gemaak om sy rumoerige ervaring met die stigting van Ned. Geref. Gemeentes in Overvaal te boek te stel en die resultaat was die twee deeltjies Vijftien Jaren in Zuid-AfrikaGa naar voetnoot2) en Afrikaansche Brieven (1874)Ga naar voetnoot3). Ander penneproduksie van hom soos Tien dagen te Brighton (1875)Ga naar voetnoot4), Twee jaren in HollandGa naar voetnoot5), Isaac | |
[pagina 365]
| |
Levinsohn (1881)Ga naar voetnoot1) werp verder lig op die onrustige, rustelose Nederlandse Jood wat op 'n kritieke tydstip sy rol as ontbindingsfaktor in Transvaal gespeel het. Uit die werke spreek 'n groot wilskrag en deursettingsvermoë, 'n onwrikbare geloof in homself en in die juistheid van sy opvatting maar daarin lê ook die eksotiese, die nerveusheid, die opdringerigheid, die heerssug van sy ras wat geen vyftien jaar in Suid-Afrika of eeuelange verblyf in Nederland kon uitwis nie. Onbewus het hy op kerklike gebied aan die kant van die Afrikaanse kulturele geheel stelling geneem sonder om homself bewus rekenskap te gee van die noodwendige konsekwensies van sy dade vir die Republiek, voor die bewuswording van die Afrikaanse volkseenheid werklikheid kon word. Toe die Zuid-Afrikaansche Republiek soos 'n kaartehuis inmekaar stort in 1877, was niemand waarskynlik meer verbaas as hy nie. Hy het intussen teruggekeer na Suid-Afrika, waar hy van 1876-1880 predikant op Villiersdorp K.P. was. Daarna, in Nederland terug, het hy die Eerste Vryheidsoorlog uit die verte betrag en die uitslag afgewag. Om homself te rehabiliteer, na die storm van 1881 wat hy self help ontketen, verby was, het hy allerlei pogings aangewend om in die guns te kom van die gedeputeerdes van die herwonne Suid-Afrikaanse Republiek van Overvaal. Sy grootste poging tot rehabilitasie was egter De Worstelstrijd der Transvalers aan het Volk van Nederland verhaald, (1882)Ga naar voetnoot2). Na 'n kort verslag van die Stigting aan die Kaap deur Jan van Riebeeck in 1652 en die uitbreiding daarvan tot die koms van die Engelse, vorm die geskiedenis van die Voortrekkers tot aan die Konvensie van Pretoria die eintlike inhoud van die verhaal. Aan die Oranje-Vrystaat word slegs 'n paar bladsye gewy daar die skrywer alle lig op Transvaal wil laat val en immers die worstelstryd van die Transvaler teken. Historici kan op talryke onjuisthede wys, die vooroordeel is nie gering teen president Burgers en sy verbitterde sekretaris Theod. M. Tromp, wat in sy Herinneringen op die Boer smadelik neergesien het, sommige gedeeltes is suiwer polemies soos ons van 'n tydgeskiedenis verwag, maar globaal beskou is die lyn van die ontwikke- | |
[pagina 366]
| |
lingsgang van die Afrikanervolk tog juis getrek deur Cachet. Daar kom hoofstukke in hierdie Worstelstrijd voor wat soos 'n meeslepende roman lees. As Cachet die afskeid van die Trekker van sy ou huis en omgewing teken dan ontroer hy diep want in die skildering het hy vasgelê ooreenkomstige gewaarwordinge van die Trekker en die Israëliet uit die verre verlede wat afskeid neem van sy erf en in ballingskap gaanGa naar voetnoot1). Die onderwerp mag suiwer Afrikaans wees, die gees is dit tog slegs ten dele daar hier weer die weelderige, die eksotiese, die verhewe sentimentaliteit wat vreemd is aan die Dietse styl, opvallend is. 'n Voorbeeld ter verduideliking. 'n Riem, 'n paaltjie waaraan die melkkoei vasgebind was, die bome, die kweperlaning, niks ontgaan die laaste blik van die Trekker nie. As hy die stuk hout uit die grond ruk is dit ‘alsof dat stuk hout hem een beeld is, hoe hij zelf uit zijn eigen erf gerukt wordt’. By die kerkhof waarheen sy voetstappe hom vanself voer in die skemerdonker vind die Trekker sy snikkende vrou gekniel by die graf van hul kindjie, alles volgehou in die verhewe, gloedvolle, tog eenvoudige trant van die Europese oosterling wat iets anders is as die sentimentaliteit van die westerse romantici uit die 19de eeuw. Gelaai met emosie is die beskrywing van die laaste eenvoudige aandete, die kort gebed, die huisgodsdienst daarna, 'n Trekkerservaring inderdaad maar in die hele beskrywing tril na die opgehoopte gevoel van wie eenmaal, eeue gelede, vlugtig die Paaslam moes eet voor die vertrek. Voor sonsopgang, bo die geklap van die sweep en die gerammel van die jukke, klink die kragtige verbete bevel van die Trekker: ‘Weg-voor, Trek!’ En die leser merk eers weer dat 'n tydhistorikus en geen bewuste literator aan die woord is as die skrywer oorgaan tot die saaklike historiese feite van die wordingsgeskiedenis van die Republiek of tot die polemiese oor die anneksasie deur Shepstone, na hy die gevaarlike trekkerslewe, die botsinge met Britse sendelinge en soldate, en Kafferopperhoofde en verskeurende diere, neerlae en oorwinnings van die Boervolk, in gloedvolle kleure geskilder het. Hierdie boek eindig met die Eerste Vryheidsoorlog, die segepraal in 1881 van ‘de strijd voor Waarheid en Recht, voor Vrijheid en Onafhankelijkheid’. Toe die | |
[pagina 367]
| |
Tweede Vryheidsoorlog geen twintig jaar later aan die gang was, was Cachet besig met 'n herdruk van De Worstelstrijd by te werk, maar hy het nie meer die neerlaag van 1902 in die voortsetting van dieselfde worstelstryd beleef nieGa naar voetnoot1), 'n neerlaag wat in werklikheid die logiese noodwendige konsekwensie was van sy strewe van uitbreiding van die enkele instansies na die geheel. Die verlies van die onafhanklikheid van die deel was laaste bittere voorwaarde vir die bewuswording van die volkseenheid van Kaap tot Limpopo daarna. Die eenheid van 'n volk is altyd daar binne sy taalgrense; alleen duur dit soms eeue, as gevolg van allerlei ontbindingsfaktore, om tot die bewussyn daarvan te kom, om te kan herrys as gawe geheel. Frans Lion Cachet se rol van ontbindingsfaktor het oorbodig geword na die Tweede Vryheidsoorlog. Die Vrede van Vereeniging in 1902 het alles ontbind, en daarna kon die volle bewussyn deurbreek. | |
§ 5. Joernalistiek in Overvaal voor 1875.Aan die bepaling by die totstandkoming van die Gouvernements Courant in 1859 in die plek van die Staats Courant, wat in 1857 opgerig was, dat die blad vervolgens uitsluitlik tot regeringskennisgewings sou beperk wees, is stiptelik gehou tot 16 Maart 1881. Maar dan styg die oorwinning van die Eerste Vryheidsoorlog selfs na die hoof van hierdie dorre offisiële orgaan en daar word twee berymde oorlogsberigte, die poësie van die dag, opgeneem nl. ‘Ontboezeming bij het vernemen van het barsten van eene bom in een fraai huis op het kerkplein te Potchefstroom’, waarvan die titel die inhoud laat raai, en ‘De Slag by Drakensberg’, waarin die heldhaftigheid van tagtig Transvalers besing word wat in hierdie slag twaalfhonderd Britte verslaan het. Intussen is ruimskoots gebruik gemaak van die geleentheid om partikuliere blaaie op te rig waarin dergelike ‘ontboeseminge’ hoe onbeholpe ook al, voorlopig die enigste eie letterkundige voortbrengsels van die nuwe Afrikaanse grondgebied van Overvaal uitgemaak het. Die tweetalige Engels georiënteerde koerant Transvaal Argus wat in 1866 in Potchefstroom opgerig is, is een | |
[pagina 368]
| |
daarvan. Dit bevat behalwe die reeds aangehaalde verse oor en van ds. Van der Hoff, 'n reeks samesprake na die voorbeeld van Meurant wat die prototipe na die kroon probeer steek wat die vorm van die genre en die suiwerheid van die Afrikaans betref, en, wat die inhoud aangaan, die allerbeste weerkaatsing is van die ongeordende maatskappy in moeisame wording. In die jaar van oprigting, 1866, is dit veral twee samesprake wat die aandag trek: ‘Zamenspraak gehouden aan Vaalrivier in de Z.A. Republiek op de plaats Mosfontein, den 16 July j.l. en volgende dagen, tusschen Hans Davel, een oude emigrant uit de Kaapkolonie, en Mewis Kattendijk van Rotterdam, een schoolmeester’Ga naar voetnoot1) en ‘Zamenspraak gehouden te Karnemelksfontein door twee oude Boterboeren genaamd Z. Vaalpens en Jantie Reguit’Ga naar voetnoot2). Die bedoeling is altyd om op bedekte wyse die lesers in onsekerheid en verwarring te bring oor die politiek van Republikeinisme van die Boer, 'n metode wat onafgebroke gevolg is deur die Brit en die ‘meesters’ wat met een been in Europese aarde bly staan het. Vanweë hulle geletterdheid (opvoeding en geleerdheid is nog iets anders) was die invloed van die ‘meesters’ enorm hoewel slegs van verbygaande aard as gevolg van hul gesplete persoonlikheid, daar hulle geen Nederlanders meer was nie, en nog geen Afrikaners geword het nie. Die ou emigrant open die samespraak met 'n grappie, die beproefde trant om loue teenstand heeltemal te ontwapen: ‘Goeien dag meester. Mijn vrouw is reg knorrig over die wonderdokter, Kowes Otto, wat schrijf in die nuwe krant, dat hij de kwaaije vrouwens kan reg maak, daarom kom ik een bitje gezels bij meester, ook wil ik voor meester vra om sawens in die lange winter awenden met malkander te diskoreer, over die zake van ons Republiek, om te hoor wat meester zijn opinie is.’ Meester gryp die geleentheid aan om sy politieke besorgdheid te lug ‘want geloof mij oom als het met ons Gouvernement niet spoedig beter gaat, dan moet alles in duigen vallen, en ik pak mijn boeltje in en vertrek weer naar Holland, of naar Batavia. | |
[pagina 369]
| |
en oom mag dan ook wel wenschen, weer in de oude Kaapkolonie te zitten’. Die slotsom is dat oom inderdaad terughunker na die vleespotte van die Afrikaanse Egipte van voor die Trek want ‘ik ziet dat in plaas van vooruit gaat wij agteruit, net als de kreefte.’ Soos die samespraak ingelui is, word dit vervat en afgesluit op 'n komiese noot so oud soos die volkskuns self, nl. 'n steek onder water van die pantoffelheld aan sy vrou en sy skoonfamilie. Hans Davel vra: ‘Meester, jij is toch slimmer als ik, waarom geef de krantdrukker voor ons krant zoo een lelijke naam van “Argus”, ampertjes net ou Argous de ouw slawe jong van mijn skoonvader’. As hy die uitleg gekry het, kom die Kaffer Kleinberg binnegeval met die boodskap ‘Ik kom voor ou Baas roep om te kom slaap, ou nooy is al kwaay.’ Waar die samespraak tussen die ou Emigrant en die ingevoerde Skoolmeester gerig was teen die Regering in die algemeen, lewer Z. Vaalpens en Jantje Reguit kritiek op die ondergeskikte amptenare, almal Boereseuns, in die besonder. Vaalpens vra in onverbeterlike Afrikaans: ‘Waar is die klerk dan, hy kan mos goed skrywe?’ Antwoord van Jantje Reguit: ‘Ja mar wat help die ding, hy kan mos niks tyken, hy zit owerkant by neef Jan, hullie doet gloow ik niks as Beestvleesch eet en Koffy drink, want hulle is teetotalers wat die Engelschman zeh, hullie leef lekker.’ Hierdie toon het in die vrye, in werklikheid vyandige pers, lafheid, swakheid, minderwaardigheid ontketen in die Boererepubliek. Maar aan die ander kant het dit ook individuele Afrikaanse kragte vrygemaak, die historiese sending en noodsaaklikheid van die vrye joernalistiek vervul in die Republiek, in dié sin dat die weg voorberei is vir iemand wat hom daarop sou kon vestig, dit sou kon gebruik om homself en met hom die volk daaraan omhoog te hef. Nog enkel jare gaan dieselfde toon deur bv. in die samespraak getiteld ‘Klaas Waarzegger in Zoutpansberg’, onderteken deur Klaas Waarzegger, 'n aanval op Kruger en Schoenman in 1868Ga naar voetnoot1), of in die ‘Zamenspraak tusschen Oom Koos | |
[pagina 370]
| |
en Neef Jan’ in dieselfde jaar, met geen ander doel dan die vernietiging van die Republiek nie:Ga naar voetnoot1) ‘Neef Jan: Maar Oom Koos, waarom kap zy die boom niet af? Oom Koos: Ja neef Jan, maar die wortels zyn al zoo ver als de heele Republiek groot is, wy zouden dan de heele Republiek moet omkeeren. Neef Jan: Kan jullie dan niet die Republiek omkeeren? Oom Koos: Neen, Neef Jan, als jullie Engelsche menschen niet kom en keer het om.’ Maar dan kom die tekens dat 'n enkele individuele Afrikaanse krag hom aan vrymaak was en hom in die loop van tyd sou meester maak van die joernalistiek in eie land. In Maart 1869 kom die eerste lang brief deur Behrend Moddermannetje in dieselfde Transvaal Argus van die samesprake van die ‘meesters’ en die ‘Klaas Waarzeggers’. Dit is onmiskenbaar 'n ander, meer eie geluid hoewel in hoofsaak nog negatief gerig teen die uitlanders: ‘Toen ons nog de 33 artikel heb gehad, toen de Hollanders en hulle wetboeke nog niet in ons lant was, toen heb ons harde geld gehad en geen longziekte. Hoe lijkt het nu met ons?’Ga naar voetnoot2) Behrend Moddermannetje is die strydvaardige, karaktervolle persoonlikheid wat op soldatewyse orde in die chaos wil skep, wat ‘Oom Pouwel’ as generaal wil hê en geen president verlang nie wat deur 'n meerderheid van ontredderde Trekkers gekies sou word volgens die wetboeke van die vreemde regters. Die ondergang van die Transvaal Argus was naby met die binnelaat van hierdie Afrikaanse Trojaanse perd! Die maand daarop gaan die redakteur die gevangenis in en hoewel as vervolg daarop die tweetalige, Engels-georiënteerde blad Transvaal Advocate in September 1869 sy verskyning maak, hoewel die Transvaal Argus as die Transvaal Argus and Commercial Gazette herleef en sy bedekte of openlike propaganda al na gelang van die tydsomstandighede voortset teen die Boere-republikeinse ideaal, is die weg virgoed voorberei vir joernalistiek wat nie alleen na die vorm nie maar ook na die gees Afrikaans sou wees. |
|