Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 2 (1875-1905)
(1949)–Elizabeth Conradie– Auteursrecht onbekend'n Kultuur-historische studie
[pagina 371]
| |
Hoofstuk XIII.
| |
[pagina 372]
| |
neem word, is dit nie alleen na die vorm nie, maar ook na die gees suiwerder, hoewel hier begryplikerwys weer die opvatting heers dat die volkstaal slegs geskik is om die grappige weer te gee. Boekdele spreek bv. 'n nota van die redakteur by 'n vers, sowel as die vers self getiteld ‘Ontboezeming’ in 1873Ga naar voetnoot1). Die redakteur deel mee dat die vers ingestuur is deur ‘onzen lieven neef Hans met een begeleidend schrijven in Kaapsch Hollandsch’, wat hy egter nie kans sien om te plaas nie. Daarvoor was die Afrikaanse brief waarskynlik te ernstig van toon. Alleen grappige stukke in ‘Kaapsch Hollandsch’ was in trek soos ‘Die Steveltjies van Sannie’Ga naar voetnoot2). ‘Daantjie Gous’Ga naar voetnoot3), ‘Klaas Geswint en zijn Paert’Ga naar voetnoot4) ens. wat almal 'n plek kry in die rubriek Mengelwerk. Die vers van ‘onzen lieven neef Hans’ lui: ‘Ontwaakt gij allen, die tot heden, verbasterd door een valschen schijn,
Verkleefd zijt aan een vreemden volkszang, terwijl die nationaal moet zijn,
't Wordt tijd dat wij ons lied aanheffen in toonen, krachtig als het staal,
En klinken moet het, landgenooten, aan beiden zijden van de Vaal.’
Die tyd het inderdaad in die Zuid-Afrikaansche Republiek aangebreek vir 'n eie volkslied. Wou die vervaardiger staatkundig konsekwent wees dan moes die kern van so 'n lied eng Transvaals wees wat dit ook geword het - ‘dat vrije volk zijn wij’ - en dit terwyl die oudste helfte in die Britse kolonies van Kaap en Natal in verdrukking sug of in kultuurverbastering wegsink! Dieselfde begrip van ‘Afrikaner-eenheid aan beiden zijden van de Vaal’ klink egter telkens weer uit die eie pogings, ook uit die ‘Volkslied voor de toekomst’ deur X, 'n lied waarmee die ‘Toekomstige Volkslied’ van C.P. Hoogenhout sterk ooreenkoms vertoon. Ongetwyfeld het dit sy ontstaan gehad in die geestes- | |
[pagina 373]
| |
sfeer van die manne wat enige maande later die ‘Genootskap van Regte Afrikaners’ sou oprig. Dit word op 2 Januarie 1875 in De Volksstem geplaas: ‘Van waar in 't schoone Zuiden
De trotsche Bergvorst troont,
En by 't gedruisch der baren,
Zich 't hoofd met wolken kroont,
Tot ver in 't heete Noorden,
Waar blanken voet ook ga,
Daar licht in rust en vrede
't Vereenigt Afrika.’
Nie op die vryheid van 'n deel nie maar op die eenheid van die geheel word die aksent telkens en telkens weer gelê in die verskuns van eie maaksel. Maar die voorlopige afgeronde omvang, die voorlopige afgebakende grens van die Republiek het vir die volksbewussyn begin dreig om 'n permanente karakter aan te neem deur die drome van swewende staatsmanne wat met die werklikheid, die feitelikheid van die bestaan van volke, nie genoeg rekening gehou het nie en deur die winsbejag van vreemdelinge wat geen herenigings ten koste van geldbuidel en veilige bestaan kon riskeer nie. President Burgers was intussen besig om op sy buitelandse reis 'n volkslied in opdrag te laat vervaardig deur die Nederlandse digteres Catharina van Rees. Die resultaat was die bekend geworde Transvaalse Volkslied, ‘Kent gij dat Volk?’ wat op 15 Januarie 1876 in De Volksslem bekend gemaak is. Die eie pogings was in hul oorspronklike vorm dan ook nie geskik uit 'n musikaal-digterlike oogpunt nie, maar hoe volmaak ook al, esteties beskou, 'n lied van 'n stamverwant wat nooit Afrikaanse bodem betree het nie, hoe simpatiek dié ook al mag wees, kon nooit die kern van die Afrikanerhart as geheel raak nie. 'n Volkslied kan nie vir 'n volk deur 'n lid van 'n ander volk, hoe nou verwant ook al, geskryf word nie want dit is die uitdrukking, die vormwording van die volkspersoonlikheid self. Die feit dat dit hier gebeur het in opdrag van die Staatspresident en dat die lied, tydelik en territoriaal beperk ingeslaan het, bewys twee | |
[pagina 374]
| |
dinge, of liewer twee kante van dieselfde saak nl. dat Transvaal as staat die geestelike selfstandigheid van die Afrikaner nie omvat nie en dat Transvaal as kultuurgebied tot aan die end van die 19de eeu binne die lewensruimte van die Nederlandse kultuurstruktuur gelê het, met ander woorde tot die Nederlandse geestesimperium behoort het. Veel van haar lettere-produksie is gevolglik gemeenskaplike besit van Nederlander en Afrikaner gewees, dat wil sê Nederlander sowel as Afrikaner kan bv. aanspraak maak op veel wat deur De Volksstem geproduseer is aan verse en samesprake en ander literêre genres in Hollands gestel en omgekeerd het Transvaal die lettere-produksie van Nederland nog as sy eie besit aanvaar soos die geval met hierdie lied. Die differensiëring van land van herkoms en eie voedingsbodem het hom nog nie skerp en onbetwisbaar genoeg afgeteken gehad nie toe die binnestroom van Nederlandse immigrante van die liberale slag onder president Burgers hierdie differensiëring weer vervaag het en die teenstelling van wat natuurlik bymekaar hoort ‘aan beiden zijden van de Vaal’ verskerp het. As in 1877 die Republiek op die punt staan om in te stort, skree die publiek moord en brand dat God uit die land gejaag is deur die moderniteit van die president. Digter by die waarheid is die anonieme skrywer van die vers ‘God uit het land gegaan’Ga naar voetnoot1) waarin die skuld van die moeilikhede op die hoof van die burgers self gelê word. In moderne taal sou ons sê wie hulle laat regeer het deur volksgenote van buite die staatsgrens en stamverwante en volksvreemde middelmatighede uit Nederland, belyers een en al van 'n slegte filosofie van ‘breedheid’ en ‘gelykheid’, is self swak, 'n gewillige prooi vir sy vyand. Die president van 'n Overvaalse staat 'n Kapenaar, die invloedrykste lid en voorsitter van die Volksraad, 'n Nederlandse Jood wat 'n Republiek gehaat het, M. de Vries, albei deur 'n volksmeerderheid van Transvalers gekies - daar kon maar een uitslag wees in 'n krisis, fatale ondergang van die Transvaalse staat as Republiek. Tydens die anneksasie is die chaos op kultuurgebied kompleet gewees. Teen Afrikaans word heftig te keer gegaan na aanleiding | |
[pagina 375]
| |
van die publikasies van die Patriot-drukkeryGa naar voetnoot1) en uit Het Volksblad word oorgeneem die beskamende vleitaal ‘Ter verjaring van Hare Majesteit Koningin Victoria’Ga naar voetnoot2). Begin 1880 word die Prospect-Seminarie geopen in Pretoria; die verbastering van die Boerekultuur woeker welig voort, maar die verset groei ook aan tot dat dit daghelder heerlik sou uitbars in opstand teen die kwaad. Die oorname van die bekende ‘Alles is Engels’ uit Di Patriot op 4 Mei 1880, wys op die groeiende ontevredenheid. 'n Paar maande later word 'n treffende reisbeskrywing, ‘Naar Wakkerstroom’, geplaas waarin die stemming onder die burgers aangedui word met weergawe van die lied met die vasberade refrein wat in 'n familiekring aangeluister is. ‘Ons wil weer vrij - daar blijf ons bij.
Aan onze zij zal 't regt zelf strij.Ga naar voetnoot3)
Overvaal het by 'n afgrond gekom in 1877. Oor 'n afgrond loop 'n mens nie maar spring daaroor en wie suiwer wil, bereik die oorkant in veiligheid. Dawerend klink dit begin 1882 ‘Vrystaat en Transvaal op Majubaberg’,Ga naar voetnoot4) die wekgroep tot besinning en versameling blasend nie alleen in die Republieke nie, maar oor die hele land van die AfrikanervolkGa naar voetnoot5). | |
[pagina 376]
| |
Bijlae I.
| |
[pagina 377]
| |
Dat lang zijn gedacht'nis in zegening blijv',
Hij deugde niet voor de wereld.
Zijn voorbeeld er menig tot nadenken drijv',
Al deugde hij niet voor de wereld.
Gindsch straalt er zijn aanzicht verheven en schoon;
Zijn droefheid van ziel vond een krone tot loon, -
Maar deugde niet voor de wereld.
Zeg, Broeder, die 't strijdperk zoo spoedig verliet,
Gij deugdet niet voor de wereld! -
Zeg, rouwt U 't leven van smart en verdriet,
Al deugdet Gij niet voor de wereld?
En wij, wien Uw beelt'nis voor oogen nog zweeft,
En zuchtende reizen naar 't oord, waar Gij leeft,
Zeg, deugen wij wél voor de wereld?
Hubertus Elffers.
| |
Bijlae II.
| |
[pagina 378]
| |
O Heer, geef mij genâ, om alles af te legge,
En met een blij gemoed dat al vaarwel te segge
Wat my wil hinder om te tragte na die loon
Wat mij geskonke word in Gods geliefde Soon!
2.
Mijn God, ik is so droevig:
Mijn hart is vast aan d'aard,
Wil wone hier benede,
En wil niet hemelwaart.
Ik merk dit alle dage,
Mijn siel kleef an die stof,
Is vlug om te begere,
Maar traag tot Uwe lof.
Ik merk dit alle dage,
Mijn hart is al te boos.
Om heilig hier te lewe
Is ik gants magteloos.
3.
Maar sal ooit die wanhoop mijn siel owerwinne?
Het ik dan geen God die genadig mij siet?
Bewaar Hij niet altijd mijn hart en mijn sinne?
Versterk Hij mij niet wat daar ook mag geskied?
O neen, met mijn God sal ik nimmer beswijke:
Mijn Heiland die woon en Hij heers in mijn hart;
Hij sal van mijn lewe die smette laat wijke,
Hij sal mij verlosse van wroeging en smart.
En nooit sal die wanhoop mijn siel overwinne;
Mijn juigende stem sal geen wereld verdoof.
Al is ook mijn pogen een swakke beginne
Hij is die Voleinder tog van mijn geloof.
| |
[pagina 379]
| |
4.
Als in die slaap word mij gegewe
Wat mij die Heer het toegedagt
Dit is niet door mijn eie strewe,
Maar daar Sijn Goddelikke kragt.
O, als ik biddend mag verkere
Voor Sijn genadig aangesigt,
En steeds van Hem mijn heil begere,
En voor die goeddoen kragt en ligt.
Dan sal ik uit die struikelinge
Ontwake tot een heerlik lot,
En ewig halleluja singe
Aan Hem, mijn Helper en mijn God.
5.
Rein en heilig als mijn Heer is, sta ik eenmaal voor Sijn troon;
Door Sijn kragt heb ik verwonnen, en Hij is mijn ewig loon,
Al die skatte van die hemel zie ik voor mij opengaan,
En waar ik mijn oge wende, sal ik alles klaar verstaan.
Klaar sie ik nu ook die wege, die Sijn liefde het geskou,
Om mijn siele te verlossen, uit die plaas van smart en rou,
Om mijn harte af te trekke van die skijngoed wat vergaat,
En mijn lewe te bereide voor die heil wat ewig staat.
Hallelujah, ewig ere aan mijn Heiland en mijn God,
Hij die Maker van mijn lewe, Hij die Maker van mijn lot,
Die mij door geloof geleid het, na die sigbaar heerlikheid,
Die Hij van die eerste skepping voor Sijn volk het toebereid.
A. Pannevis.
|
|