Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 2 (1875-1905)
(1949)–Elizabeth Conradie– Auteursrecht onbekend'n Kultuur-historische studie
[pagina 300]
| |||||||||
Hoofstuk XI.
| |||||||||
[pagina 301]
| |||||||||
plek in as bron van inspirasie. Die ‘Origineele Correspondentie’ in die koerante, hetsy in die gewone briefvorm of in die literêre vorm van die samespraak of in versvorm, is natuurlik geskryf sonder enige literêre bedoeling, maar bring 'n uitnemende beeld nie alleen van die histories-politieke nie maar ook van die sosiale gebeure. Aanvanklik is dit die werk van mense wat hul verantwoordelikhede probeer aanvaar in 'n gees van gevaarlike tegemoetkoming wat die taal betref, vir die Engelse landgenote en Engels-georiënteerde Kaapkolonie, maar wat hulle langsamerhand hoe langer hoe skrapper begin te set teen enige bedreiging van hul onafhanklikheid, hetsy op politieke, hetsy op taalgebied. Purisme is immers niks anders as nog 'n uiting van die vaste wil van 'n volk om homself te wees. Soos Borckenhagen in 'n hoofartikel, ‘Anti-Engelsch’ in 1884, in sy tweetalige blad De Express van die Boere sê: ‘Wat zij eigenlijk willen zeggen is dat wij niet-Engelsch zijn’Ga naar voetnoot1). Maar die taalkwessie was eintlik 'n driehoekstryd waarvan die drie punte was Engels, Nederlands, en Afrikaans. Behalwe die bekende Vrystaatse figure, Brill en Reitz, is daar nog talryke ‘Origineele Correspondenten’ wat hul van 1876 af in die strydperk voor of teen die ‘Genootskap van Regte Afrikaners’ werpGa naar voetnoot2) of hul harte lug oor die netelige posisie van die amptelike taal Hollands wat die owerheid self nie behoorlik beheer het nie, en wat eers oogluikend, in 1891 openlik as tweede taal naas die offisiële moes geduld wordGa naar voetnoot3). In 1881, na die goeie afloop van die Eerste Vryheidsoorlog, val in 'n ‘Bondslied’ die nadruk op die taalstrewe van die Afrikaner-Bond en word 'n wens uitgespreek wat, geoordeel na die foutiewe, onbeholpe taal van die digter, die skreiendste behoefte van die tyd wasGa naar voetnoot4): ‘Komt broeders zingt met hart en mond
Hoog leef de Afrikaner Bond!
Zijn toekomst worde groot.
| |||||||||
[pagina 302]
| |||||||||
Hij geeft dat onze moedertaal
Van Kaapstad tot in de Transvaal
Ons dierbaar moge zijn;
Hij schenkt ons ook een kloeken man
Die taalkundig beschrijven kan
Die taal ons schoon en rein’.
In prosa vlam die strydvraag, ‘Hollandsch, Hoog of Kombuis’Ga naar voetnoot1) in dieselfde jaar weer hoog op. Die volgende jaar gaan die korrespondensie egter weer oor die ander twee punte van die driehoek in stukke soos ‘Hollandsch in het Parlement’Ga naar voetnoot2) of spotverse soos ‘Het Efraïmitisch Hebreeuws of de geangliseerde windbrekers’Ga naar voetnoot3) waarin die grenselose taaloorskatting van die eentalige Engelse aan die kaak gestel word: ‘Nu is de groote vraag beslist!
Der Englandren taal is heilig!
Men heeft zich daarvan vergewist
En iedereen geloov' het veilig.
Zij is de taal van 't heilig volk
Tot 's wêrelds heerschappij verkoren
Van 'Hoogsten eere de eedle tolk;
Gezongen zelfs door de Englenchoren!’
In 1883 is weer opvallend die korrespondensie oor die agteruitsetting van die Hollandse taal en die gebruik van Engels op die mark, in die telegraafkantoor, ens.Ga naar voetnoot4). Maar dit dring nog nie deur tot die korrespondente dat die ware rede vir die opgang van Engels is die miskenning van die eintlike landstaal, Afrikaans. As 'n digter, waarskynlik C.P. Hoogenhout of iemand anders uit die kring van die ‘Genootskap van Regte Afrikaners’ uit die Paarl, teen die verengelsing waarsku, in 'n sterk nasionalistiese vers ‘Een Patriot’Ga naar voetnoot5), dan vlieg 'n Vrystaatse korrespondent hom | |||||||||
[pagina 303]
| |||||||||
na die keel in 'n benewelde vers ‘Wat is een Patriot?’Ga naar voetnoot1), wat getuig van meer wil as verstand om ook 'n uiteensetting van die woord en die begrip te gee: ‘O'er paterjotte in die land het gij een lied gezing
Maar 'n paterjot die is bij jou net zoo een soort van ding;
Waaro'er jul in die Kaap net lag en rijmpies maak verspot’.
Vir hom is die Trekkers die enigste Afrikaanse patriotte, maar Afrikaner Bondgenoot, in 1885 in ‘Zuid-Afrika's toekomst’Ga naar voetnoot2) besing al die volkseenheid van Kaap tot Zambesi ook op taalgebied: ‘Van de Kaap tot aan Zambesi!
Eene natie en een volk.
Van de Kaap tot aan Zambesi,
Eene taal - maar zonder tolk’.
In 'n noot sê die redakteur met 'n nugterder kyk op die taalstryd, ‘Indien desnoods meer dan een, wel, dan ook zonder tolk’. Op daardie tydstip toe die Hollandse Afrikaners dit nog lank nie eens was oor die eintlike vorm van die taal nie, was die verwesenliking van die ideaal van die redaksie inderdaad verre toekomsmusiek en dié van die digter waarskynlik totaal onbereikbaar. Die miskenning van die landstaal op die skole, veral op die Bloemfonteinse Bewaarskool en Dames-Instituut, laasgenoemde wat nogal deur die Hollandse Kerk in die lewe geroep is, gee aanleiding tot menige vers, o.a. ‘Groetnis aan Farmer Will’ deur Piet Jis in 1887 waarin die digter dit roerend eens is met Hoogenhout dat ‘Engels! Engels! alles Engels!’ tot selfs in die onafhanklike Vrystaat alleenheersend is: | |||||||||
[pagina 304]
| |||||||||
‘Ja, Farmer Will, jij het weer reg
Met wat jij in die krant daar zeg
Dat “Onze Taal” gaat naar zijn moer;
Want nou begin die Winburg boer
Ook Engels praat - maar 't val mij binne
Ik moes gezeg het; die Boerinne.
Die ladies die Boer Will van praat
Het bij 'Eunice' skool gehad.
Ja, dit is zeker van die dames
Wat ver hul' moedertaal zoo skaam is’Ga naar voetnoot1).
Verfynd is die vers nie, maar dit is die regmatige verontwaardiging van 'n getergde volk wat weet dat daar nog 'n groot skroef los is in die volksmasjinerie, maar van sy ingenieurs, in die geval die here-kuratore van die dameskool, die gerusstelling kry dat naas Engels tog ook wel Hollands, Frans en Duits geleer word! Die toenmalige Direkteur van Onderwys, John Brebner, wat in 1895 met die Engelssprekende eerste direktrise van ‘Eunice’, Elizabeth Laird, getroud is, is in 1881 afgevaardig gewees deur die Volksraad na Nederland om onderwysers na die Oranje-Vrystaat te ontbied. Hamelberg, toe Konsul-Generaal van die Vrystaat, in Nederland, het voor sy aankoms links en regs propaganda gemaak vir sy sending; meer as tagtig gekwalifiseerde applikante het 'n persoonlike onderhoud met die Direkteur gehad; maar onverrigter sake keer hy terug na die staat waar Hollands amptelik die enigste offisiële taal heet, sonder een enkele onderwyser, omdat die kennis van die Engelse taal by die kandidate ‘door gebrek aan conversatie gewoonlijk onvoldoende was’Ga naar voetnoot2). Geen wonder dat Borckenhagen in sy koerant in wanhoop uitroep: ‘Arm Bloemfontein! In weerwil van uwe vele scholen, zijt gij niet waard de hoofdstad des Vrijstaats te zijn! gij zijt meer Engelsch gezind dan de hoofdstad der Engelsche Kaapkolonie!’ In die jare 90 het dit van kwaad tot erger gegaan, maar die stemme wat hul daarteen verhef, word ook nou hoe langer hoe | |||||||||
[pagina 305]
| |||||||||
luider. Die samespraak, hetsy in vers of prosa, is weer die geliefkoosde vorm om die taaleuwel te bestry. In 'n ‘Samenspraak van een Hollandsche Boer en een Afrikaansche Heer’ in 1891, word die Afrikaner wat liewer wil Engels praat in 'n tyd wanneer daar juis 'n taalbond opgerig is, berispe: ‘Die zich zijn afkomst schaamt, is eereloos op aard
Al is 't Hollandsch u niet schoon en goed
't Is toch de taal van uwe Kerk en bloed’Ga naar voetnoot1).
Die besef dring deur dat Hollands slegs in naam die alleenreg as landstaal in die Republiek van die Oranje-Vrystaat het en dat die gelyke regte met Engels in die Kaapkolonie slegs op papier bestaan. Van 1891 af kan Borckenhagen nie meer vir alleenreg van Hollands pleit nie, en na aanleiding van Ordonnansie 2 van 1891, waardeur die Vrystaat feitlik tweetalig geword het op onderwysgebied, moet hy nou ook net soos die Hollandssprekende Afrikaners in die Kaapkolonie, begin pleit vir tweetaligheid: ‘Wij hebben dan voor eerst met de groote werkelijkheid te doen, namelijk, dat wij een tweetalig land bewonen. Er zijn twee talen, de Hollandsche (waaronder natuurlijk het Afrikaansch meêgerekend wordt) en de Engelsche. De eerste gevolgtrekking die wij uit dezen omstandigheid van ons land maken, is deze: dat ieder inwoner des lands moet trachten zich beide talen machtig te maken’Ga naar voetnoot2). In ‘Een Zamenspraak’ tussen Gert en Hans in 1893 kry ons weer 'n lewendige uiteensetting van die taalvraagstuk. Oom Gert is gebelg dat by 'n Afrikaanse fees, nogal die onthulling van die Taalmonument op Burgersdorp, bevele in Engels gegee is aan die menigte deur die seremoniemeester. In die gesprek op die trein van Springfontein na Bloemfontein met sy vriend Hans, kom o.a. hierdie beskuldiging voor: ‘Waar hy moet sê de mense moet 'n bietjie terug staan, daar zeg hij “stand back” en waar hij | |||||||||
[pagina 306]
| |||||||||
praat van dames daar zeg hij “ladies”; nou kan jij zelf oordeel wat zijn moedertaal hom werd is’Ga naar voetnoot1). | |||||||||
2. De burger, een onafhankelijk Oranje Vrijstaatsch Nieuwsblad.Dit het die hoogste tyd geword vir Mansvelt se oproep in 1890 Aan alle Voorstanders der Hollandsche Taal in Zuid-Afrika om 'n bond te vorm. Toe De Express daarop antwoord dat nie Hollands nie, maar wel Afrikaans en Engels die tale van Suid-Afrika isGa naar voetnoot2), maar Afrikaans geen erkenning geniet nie, het die keuse gelê tussen kragtige propagering van Afrikaans, nie alleen met die woord nie, soos in die verlede, maar met die daad deur volle ingebruikname van die volkstaal as skryftaal deur bestaande goedgesinde blaaie, of die oprigting van 'n nuwe blad wat dan wel nog geloof sou hê in die saak van Hollands as enigste amptelike taal van die Vrystaat. Vir eersgenoemde sprong na Afrikaans as kultuurtaal, was die tyd nog nie ryp nie, en so verskyn dan op 3 Januarie 1894 die eerste nommer van De Burger. Een Onafhankelijk Oranje Vrijstaatsch Nieuwsblad, onder redaksie van A.J. van Raalte, by Barlow Brothers. Van Raalte was 'n setter voor hy uit Nederland hierheen verhuis het en het 'n tydlank sy amp in die Staatsdrukkery in Pretoria beoefen. Na De Burger opgehou het om te bestaan, is hy terug na Transvaal as beëdigde vertaler in die Magistraatshof in Johannesburg en is in Pretoria oorledeGa naar voetnoot3). Die redakteur van die nuwe blad was eers verantwoordelik vir die Hollandse deel van The Friend-De Vriend wat tot op daardie datum nog steeds tweetalig was en, wat sy staatkundige rigting betref, is die nuwe blad dan ook niks anders as 'n aparte vergrote edisie van De Vriend. In 'n inleidingsartikel ‘Ourselves’ sê die redakteur van die oudste Vrystaatse blad: ‘The Friend of the Free State is published to-day (2 Januarie | |||||||||
[pagina 307]
| |||||||||
1894) in a new form. For the first time during its existence it appears without Dutch. This change has not been made without due consideration, and has been the outcome, not, as is insinuated in some quarters, of any feeling against the Dutch language, but of a conviction that the interests of both English and Dutch readers would be better served by the publication of a separate paper in each language, than by one bilingual paper. For this reason, while continuing The Friend of the Free State in English, the proprietors are publishing, as our readers are aware, a new Dutch paper, entitled De Burger, the first number of which will appear to-morrow. In the old days, when population was sparse, posts few, and the means of communication generally in a comparatively primitive condition, no other course was possible, to reach both classes, than the issue of a bilingual paper. It is a proof of the progress of the country, that separate English and Dutch newspapers should now be able to exist, and if anything were needed to confirm the reasons for the change, it is the unexpected and gratifying response made by the burghers of the state to the appeal to support the new venture.’ In die eerste inleidingsartikel van De Burger die volgende dag word gesê dat die Vrystaat in die tweetalige blaaie te ver gegaan het in hul liefde tot die naaste tot hul eie skade, en daarom bring die nuwe eentalige blad ‘een steentje bij tot het groote en schoone gebouw dat wij de Taal noemen; de Taal waarop elk vrijheidslievende burger trotsch behoorde te zijn; de Taal die de voornaamste spil is waar de onafhankelijkheid van een volk om draait’. Telkens word daar 'n vers geplaas waarvan die inspirasie die taalstryd is en in die verse en samesprake word ook hier die twee taalvorme afwisselend gebruik, al na gelang van die toon van die skrywer. Jan besing ‘De Goede Oude Tijd’Ga naar voetnoot1) 'n bewerking van 'n bekende Duitse vers: ‘Toen Grootvader eenmaal mijn Grootmoeder nam
Toen was er geen Mrs., geen Miss of Madam.’
| |||||||||
[pagina 308]
| |||||||||
Boette Bossie betoog in ‘Over de Taal’ in 1896Ga naar voetnoot1): ‘De Engelsche taal reeds lang is hier
Wie kan haar nu beletten ....’
Afrikaans vind hy 'n patois sonder enige grammatika, en as langer gelyke regte toegestaan word aan Hollands en Engels, is die stryd afgeloop oor tien jaar: ‘Dan zal men dog niet hooren meer, ou oom, hoe gaat het met jou,
De spraak die zal dan Engelsch zijn, writes yes, allright, you know’.
Kameelzweep uit Winburg, wat oortuig is dat Hollands die taal sal bly van huis en kerk, al leer ons kinders nog twintig tale om hul kennis te vermeerder, rig 'n vers ‘Aan Boette Bossie’ waarin hy hom uie alte hoflik aanspreek as: ‘Boettie Boschje, pest van 't land,
Gy steekt ons niet alleen de hand,
Maar gij prikt met groote smarten
In onze Afrikaansche harten’Ga naar voetnoot2).
In die rubriek ‘Spreuken en gedachten van ou Dokter Booi Jaftha’ in 1896 word die wonderdokter in die mond gelê: ‘As ik di Hoog Edle Volksraad is, sou ik £ 100 op di begroting geplaas het, om aan prijse uit te loof an di Meesters wat di meest di Hollandse taal op skool waardeer en die beste Afrikaanse zede en gewoonte di kinders inprint’Ga naar voetnoot3). Dat die verskillende hoeke van die driehoeksprobleem, die taalkwessie, alle gedagtes gaande gehou het, blyk ook uit die ‘Brief van Tryha Snaaks aan hare moeder te Bloemfontein’ in 1897Ga naar voetnoot4), uit Philippolis. In dieselfde ou luimige Afrikaanse geselstrant van dertig jaar gelede in De Tyd, vertel sy hoe daar nou minder oor die droogte, meer oor Rhodes, en die meeste oor Booi Jaftha met wie die kinders bang gemaak word, op die platteland gepraat word. Haar stadsniggie | |||||||||
[pagina 309]
| |||||||||
antwoord in dieselfde frisse Patriot-Afrikaans: ‘Ik sukkel om oek die Afrikaans te leer skrywe, .... Nou die frou studie fan ou Dokter Booi Jaftha, (wat in die Burger-Almanak ferskijn het) het ek as 'n ferbasing seker 'n 20 maal o'er lees, weet jij dat hij 'n floek fan 'n ou man is om 'n frou so deur te kijk en so te bestudeer’Ga naar voetnoot1). Behalwe die verse en briewe en samesprake oor die taal waarin die taalbeleid van De Burger so goed weerspieël word, kom daar die gewone grappige verse, meestal oor vry en trou, of oor mans wat onder die plak sit, of oor ontmaskerde grootpraters, voor, soos ‘Een graprijmpje’Ga naar voetnoot2), ‘Aan mijne Lezers’Ga naar voetnoot3), ‘Neef Klaas’Ga naar voetnoot4), ‘Een raad voor Hartkloppings’Ga naar voetnoot5), almal deur J. Reouest uit Ladybrand, en ‘Schijfschieterij’Ga naar voetnoot6), ‘Ou Thorne en zijn schijf’Ga naar voetnoot7), ‘Een Gedicht op mij’Ga naar voetnoot8), ‘Arme Telegraafsklerk’Ga naar voetnoot9), ‘Ou Tante Zaatje deur Jan Patat’Ga naar voetnoot10), ‘Ou Klaas Lap’Ga naar voetnoot11), meestal stuitige, lawwe vertellinge op rym in die trant en die Afrikaans van Melt Brink, of ‘Samenspraak van Neef Hans en Neef Piet’Ga naar voetnoot12) deur Spreeuw, en ‘De Tierjacht’Ga naar voetnoot13) deur Dinges, grappige prosastukke in half Nederlands, half Afrikaans, wat die maatskaplike lewe weerspieël. Die Afrikaanse sin vir humor en realisme is onmiskenbaar in reëls soos: ‘Ik het omtrent sewe maande na Bettie gevrij,
Op die end verneuk zij mij’.
in ‘Een gedicht op mij’. Voor hy sy eie, alles behalwe vleiende portret gee, word eers 'n karikatuur geteken van die nuwe vryer van Bettie | |||||||||
[pagina 310]
| |||||||||
‘Hy maak kompleet net soos 'n gans
Dat lust had met een kat te dans’,
Of in: ‘Ou Klaas Lap’ se antwoord op die katkisasie-vraag wat sy Kristenwens is, ‘dat mijn schaapooie almaal tweelinge mag krij’, of Jan en Piet se vreeslike angs op ‘De Tierjacht’, toe hul 'n paar groot blink oë sien, en ‘daar dreun die geweers, daar ratel die kogels, daar hol die perde weg, en - en - en daar vlieg die uil weg’. Maar dit is 'n sin vir humor wat so kinderagtig is, so flou en banaal, dat ons soos die redakteur by die vers ‘Aan mijne Lezers’, deur Request wat 'n grap sou vertel en nooit by die punt kom nie, telkens geneig voel om uit te roep: ‘Waar is die grap?’ Net 'n hoogs enkele keer kom 'n nasionalistiese vers voor soos ‘Vrij of dood’Ga naar voetnoot1) deur G.A. Odé, die geskiedskrywer, 'n lofsang op die vryheid in die ouderwetse trant: ‘Van de Kaapstad tot Limpopo,
Davere eens de heldenkreet
Afrika voor d'Afrikaners!’
Owerigens in die vier jaar van die bestaan van De Burger wat by die presidentsverkiesing in 1895 saam met The Friend teen De Express die kandidatuur van Fraser gesteun het teen Steyn, het dit sogenaamd 'n onafhanklike houding op politieke gebied ingeneem. Toe sy kandidatuur 'n gedugte neerlaag gely het, klink daar begin 1896 ‘Een Nieuwe Liedje’Ga naar voetnoot2) waarin die ou raad van verkapte a-nasionaliste gegee word: ‘'t Sop is toch de kool niet waard
Blijf eenvoudig flegmatiek,
Dat's de beste politiek’.
Maar die blad het nie besef nie, soos Di Patriot, Ons Klyntji De Zuid-Afrikaan ens., later ook nie besef het nie, - want hoewel die geskiedenis homself telkens herhaal, leer niemand | |||||||||
[pagina 311]
| |||||||||
werklik sy lesse nie - dat die een spil van die onafhanklikheid, die taal, al is dit ook die vernaamste, nie kan aangekleef word en die ander nagelaat of verkleineer word nie. 'n Taalyweraar, 'n literator, kan nie ‘eenvoudig flegmatiek’ teenoor die Afrikaanse politieke strewe, net 'n ander spil van dieselfde onafhanklikheid, staan nie sonder ernstige gevolge vir hom en die volksaak. De Burger wat so moedig sy steentjie bygedra het ‘tot het groote en schoone gebouw dat wij de Taal noemen’ sterf binne vier jaar nie soos dit in die laaste aflewering lui, 29 Desember 1897, omdat ‘de tijden slecht zijn en de runderpest en droogte hebben onze boeren zeer verarmd’ maar omdat dit uit die staanspoor uit nie die vinger op die pols van die volksgevoel op politieke gebied gehou het nie. | |||||||||
3. Ander Vrystaatse koerante, tydskrifte, literêre byvoegsels, almanakke.Wat koerantelektuur betref, verdien ook melding die poginge wat op verskeie groot dorpe plaaslik aangewend is om in die behoefte aan leeslus te voorsien. In die meeste gevalle was die plaaslike koerantjies tweetalig en bedoel om albei dele van die samelewing te bevredig, met die gevolg dat hulle geen een bevredig het nie, en na 'n kwynende bestaan, 'n gewisse ondergang te gemoet gegaan het. Op Philippolis was daar reeds in 1859 'n blad, De Dagster, maar sy lig was van baie korte duur, Harrismith het tussen 1862 en 1901 'n Harrismith Times, 'n Chronicle, 'n Advertiser, De Afrikaander, en 'n Post gehadGa naar voetnoot1), Fauresmith van 1871 af 'n tydlank De Vrystaat Burgher en De Vrijstater in 1882 wat tot verligting van The Mining Record in dieselfde jaar alweer dood is weens gebrek aan ondersteuning van die Hollandslesende publiek van Fauresmith. Die bedrywigheid op die diamantvelde wat aanleiding gegee het tot die ontstaan en bloei van The Mining Record was ook die aanleiding tot die ontstaan van die tweetalige dorpskoerantjie. Maar hulle invloed, politieke sowel as literêre, was uiters beperk en van verbygaande aard. Die groot mondstukke van die twee seksies The Friend - De Vriend, De | |||||||||
[pagina 312]
| |||||||||
Express - The Express hoewel jarelank tweetalig, was dit net in skyn - in werklikheid is die tweede taal deur beide enkel en alleen gebruik in die hoop om mekaar 'n paar vlieë af te vang. Toe die groot dryfvere om Afrikaans vir politieke propaganda te gebruik deur die spoed van die Britse anneksasie verdwyn het, het die taal as middel nutteloos geword in die Engelse pers, en is dan ook as medium stilswyend verwerp en The Friend het eentalig Engels geword, wat dit uit die staanspoor uit in wese altyd was. Omgekeerd het De Express in sy laaste dae toe die nasionale bewussyn vir goed wakker was in die uur van gevaar, eentalig Hollands geword, wat hierdie blad in werlikheid altyd gewees het. Uit die dae van die onpraktiese, onbereikbare ideaal van die samesmelting van die twee kulture, dateer ook die enigste Vrystaatse tydskrif uit die 19de eeu, Orange Free State Monthly Magazine (1877-1880), onder redaksie van Regter James Buchanan, en uitgegee by Borckenhagen se pers. Soos die binnekant van elke buiteblad aankondig: ‘This Magazine is issued in connection with the Bloemfontein and the several district Literary Associations’, was die doel suiwer literêr, maar tot die Hollands-Afrikaanse lettere het die tydskrif bloedweinig bygedra. Die eerste aflewering, November 1877, bevat as enigste Hollandse bydrae die historiese gedig van Reitz ‘Ter Nagedagtenis van Kommandant Louw Wepener’ en die uit die Engels vertaalde ‘Voorrede’ van die redakteur. Selfs die lesing, ‘The Free State in 1954’ was ds. G. Radloff, predikant by die Hollandse kerk, voor die vereniging waarvan die blad die orgaan was, gehou het in Bloemfontein, is in EngelsGa naar voetnoot1). In die tweede aflewering is die twee Hollandse stukke nog gehalveer, en kom slegs een stuk, oor grondverspoeling, ‘Ons Weiland: diens ondergang en de middelen tot herstel’ in Hollands voor. In die Kersnummer, waarin elke stuk 'n oorspronklike bydrae is, is 'n klein | |||||||||
[pagina 313]
| |||||||||
verbetering te bespeur, 'n Spookstorie, ‘Een ware spookgeschiedenis’ en twee verse, ‘Herinnering aan den oorlog van 1865’, ‘Luchtige verzen’, is opgeneem, alles in die tradisionele skryftaal, volgens 'n noot van die redakteur byna alles wat ingestuur was. Verbaasd vra hy in 'n noot: ‘Hoe is dit mogelijk? Onze Hollandsche lezers, ondersteuners en schrijvers gelieven dit feit nader in ernstige overweging te nemen’. Vir 'n later generasie wat nasionaalbewus is en nie meer tyd verspil met 'n samevoeging van ongelyksoortige eenhede in dieselfde kultuurblad nie, is dit glashelder hoe dit moontlik was - waar die een kultuur so sterk oorweeg, trek die ander hom heeltemal vanself in selfbehoud terug. Ons mag 'n tweetalige land wees waarvan baie bewoners drie- en meertalig is, 'n tweetaal-land, die waarneembare kenteken van twee aparte kulture wat ineengesmelt is, is ons nie, en word ons waarskynlik nooit, gestel dat so iets êrens ter wêreld moontlik is. Maar tot hierdie insig sou die Vrystaatse kultuurleiers nog lank nie kom nie. Soos V.D.M. in 'n uit Engels vertaalde Nederlandse stuk, ‘Nederlandsche Spraakkunst voor Zuid-Afrika’, in die vierde aflewering dit uitdruk, was die gangbare mening: ‘Het bestaan van twee talen in een land werkt zelden, zoo ooit, nadeelig, en zeker naar we meenen, niet in Zuid-Afrika. We zouden wenschen dat de schrijvers van opvoedingswerken het gezamentlijke bestaan van beiden, en hunnen nauwe verwantschap, duidelijk erkenden’Ga naar voetnoot1). Die ‘nauwe verwantschap’ vorm telkens die onderwerp van 'n verkapte pleidooi vir meer Engels of 'n verskoning vir die verwaarlosing van die amptelike landstaal. Twee maande na die beroemde lesing van dr. Brill, ‘De Landstaal’ in 1875, verskyn die Superintendent van Onderwys, John Brebner, met sy ‘some relations between Dutch and English’ voor dieselfde literêre vereniging waarin | |||||||||
[pagina 314]
| |||||||||
hy die oppervlakkigheid verkondig dat Engels- en Hollands-Afrikaanssprekendes, wat afkoms en geskiedenis betref, groot ooreenkomste vertoon, ja dat die tale feitlik identies is: ‘I have tried to show that Dutch and English were originally identical, and that a Dutchman and an Englishman some 12 or 1300 years ago understood one another perfectly’Ga naar voetnoot1). Dit is tog maar maklik om so oor 'n anderhalf duisend jaar heen te spring as dit in 'n mens se kraam te pas kom! Owerige Hollandse bydraes in die driejarige bestaan van die tydskrif is die volgende, in kronologiese volgorde: In prosa: ‘Alleenspraak van een paard’Ga naar voetnoot2); ‘Een nacht in het veld’Ga naar voetnoot3); ‘Eene Ruiter Patrouille’Ga naar voetnoot4); ‘Die Geschiedenis van Bethlehem, O.V.S.’Ga naar voetnoot5) (vertaal uit die Februari-uitgawe van dieselfde jaar); ‘Het was maar een Clown’Ga naar voetnoot6); ‘De Struisvogel en de Struisboerderij’Ga naar voetnoot7); ‘Voor Orleans’Ga naar voetnoot8); ‘Twintig jaar geleden’Ga naar voetnoot9) (oor konfederasie); ‘De Landbouw’Ga naar voetnoot10); ‘Een Xmas Dinner’Ga naar voetnoot11); ‘Een vreeselijk oogenblik’Ga naar voetnoot12); ‘Een stem uit Holland’Ga naar voetnoot13) (Hamelberg by geleentheid van die XIVde Ned. Taal- en Letterkundig Congres te Maastricht); ‘Ordonnantie van 1879’Ga naar voetnoot14) (oor die instelling van Publieke Eksaminatore in die Lettere en Wetenskap vir die O.V.S.); ‘Historie van het Gouden Hoof’Ga naar voetnoot15); ‘Het Fluitje’Ga naar voetnoot16); ‘Een les van geloof’Ga naar voetnoot17); ‘Het Wachten’Ga naar voetnoot18); ‘Het Vrystaatsch Archief’Ga naar voetnoot19); ‘Eene Schets uit den Oranje Vrystaat’Ga naar voetnoot20) ('n vertaling uit Duits); ‘Eene Taalkundige les’Ga naar voetnoot21) (oorgeneem uit Brieven en Uitboezemingen van den ouden heer Smits); ‘Dood familiaar’Ga naar voetnoot22); ‘Eene Vossenjacht’Ga naar voetnoot23); (Oorgeneem uit Brieven en Uitboezemingen); ‘Een Gedenkschrift over den Trek’ (van Anna E. Retief)Ga naar voetnoot24); ‘De Jonge Ambtenaar’ (deur J.F. van Iddekinge)Ga naar voetnoot25); ‘Het Archief’ (Joernaal van Herkulas Albertus | |||||||||
[pagina 315]
| |||||||||
Pretorius 1837 en 1838)Ga naar voetnoot1); ‘Schets Geschiedenis van Boesmans School, nu Bethulie’Ga naar voetnoot2); ‘Fragment uit het leven van Maria Magdalena’ (die bruid van Klaas, die amptenaar)Ga naar voetnoot3); ‘Iets Comiek’Ga naar voetnoot4); (oor wonderdokters en sakdoeke, deur J.F. van Iddekinge); ‘Van de Redactie’Ga naar voetnoot5) (by die 3de jaar); ‘Een herinnering aan zware tijden’Ga naar voetnoot6); ‘Voortrekkersverhaal van Daniel Pieter Bezuidenhout’Ga naar voetnoot7); ‘Gelukwensching- mijn Sinter Klaas’Ga naar voetnoot8); ‘Mijmeringen van een telegrafist’Ga naar voetnoot9) (deur den ouden heer Smits); ‘Hoe Haasvel met zijn familie Kerstdag vierde’Ga naar voetnoot10); ‘Uit de schatkist der Geheugenis’Ga naar voetnoot11); ‘De dochter van het Volksraadslid’Ga naar voetnoot12); (Hoofstuk I deur D,Arbez). In poësie, ewe-eens in kronologiese volgorde: ‘Kaap de Goede Hoop’Ga naar voetnoot13) (vertaal uit die Engels van W.R. Thomson); ‘Wat de Engelsen fluisteren’Ga naar voetnoot14); ‘Bladvullingen’Ga naar voetnoot15); ‘Drie Gratiën’Ga naar voetnoot16); ‘Green grow the Rushes O!’Ga naar voetnoot17) ('n vertaling uit Engels met behoud van die oorspronklike titel); ‘De Rechtsgeleerde’Ga naar voetnoot18); ‘Vrystaat Boo!’Ga naar voetnoot19) (met 'n Engelse vertaling); ‘Luilekkerland’Ga naar voetnoot20); ‘Dapper maar voorsegtag’Ga naar voetnoot21); ‘Vrystaatsch 25ste Onafhanklikheidsdag’Ga naar voetnoot22); ‘Villekins en zijn Dinah’Ga naar voetnoot23); ‘In de Afrikaansche Woestyn’Ga naar voetnoot24) (vertaling van Pringle: ‘Afar in the desert’ deur die Nederlandse digter J.P. Hasebroek); ‘Aanvallied’Ga naar voetnoot25); ‘Krygslied’Ga naar voetnoot26); ‘Gedicht in het Lager December 1865’Ga naar voetnoot27); ‘Die Wiegje’Ga naar voetnoot28) (vertaling). Wat is daar nou van hierdie bydraes af te lei? In die eerste plek is sprekend hulle numerieke minderheid. Teenoor nog geen sestig stukke alles bymekaar, etlike vertalinge ingesluit, in Hollands, staan vierhonderd-en-tagtig Engelse stukke, 'n verhouding van een teen agt, terwyl sewe-agtes van die bevolking geen Engels geken het nie. In die voorrede van die eerste af- | |||||||||
[pagina 316]
| |||||||||
lewering, November 1877, het die redakteur sy verwondering uitgespreek daar ‘we toch om bijdragen verzocht hadden zoowel in de Hollandsche als in de Engelsche talen, .... dat we slechts een stuk, eene patriottische dichterlijke ontboezeming ontvingen. Onze Hollandsche medewerkers en inteekenaren gelieven dit feit wel in aanmerking te nemen, en die bestaande armoede, welke ons zelven verwonderde, aan geen andere dan aan de ware reden toe te schrijven’. Later is die verbasing hieroor herhaal maar wat ‘de ware reden’ was, is nooit onder woorde gebring nie, net so min as in die hedendaagse rapporte oor die stilstand of agteruitgang van twee-medium-blaaie of skole die onnatuurlike dualisme ooit as die skuldige aangewys word. Ten tweede is opvallend dat van die reeds so klein proporsie Hollandse stukke slegs sowat die helfte oorspronklike werk is, die res vertaling uit die Engels of oorname uit die Nederlandse literatuur van die tyd. Dat Afrikaanse oorspronklikheid, individualiteit, persoonlikheid nie kan gedy in 'n atmosfeer van tweeslagtigheid nie, is die vernaamste gevolgtrekking wat hieruit te maak is. Terwyl die blaaie met 'n vaste Hollands-Afrikaanse beleid orals in die land oorloop met verse in hierdie tyd van die Anneksasie van Transvaal, plaas die Orange Free State Monthly Magazine vertalinge uit Engelse sentimentele liedere en as daar nog 'n oorspronklike vers opgeneem word, is dit 'n nasionalistiese lied uit die Kafferoorloë van 'n dekade vroeër soos ‘Ter Nagedachtenis van Kommandant Louw Wipener’, ‘Aanvallied’, ‘Krygslied’, ‘Gedicht in het Lager December 1865’ of 'n naamvers op die kwarteeu-fees op die onafhanklikheid van die Vrystaat, die mees geforseerde, onoorspronklike versvorm wat die 18de eeuse vernuf ooit uitgedink het: ‘Veracht ons nie - al is ons klijn
Rech en geloof zal eeuwig zijn
Yzer en lood en kruid verdwijn......’
ensovoorts. Ja, dit slaan soos 'n tang op 'n vark!
Grappige verse wat in dié tyd naas die nasionalistiese so 'n vername plek inneem in ons literatuur, word slegs deur 'n enkele voorbeeld, ‘Luilekkerland’, ‘Dapper maar Voorsegtag’, | |||||||||
[pagina 317]
| |||||||||
verteenwoordig, eersgenoemde 'n Afrikaanse bewerking van een van die Romeinse pastorale liedere van Horatius, die ander 'n bydrae uit Transvaal deur C.J. waarin 'n ‘held’ in die Kafferoorlog sy interpretasie van die leuse van die kommando gee. Soos feitlik al die Hollandse bydraes in versvorm, is beide in die frisse spreektaal gestel. Statig klink die klassieke versmaat, miskien te statig vir die piepjong taalvorm en die plaasatmosfeer van ‘Luilekkerland’: ‘Nog baiing lekkerder dan poddang of pastij
Maak zij haar witte boerebrood;
Waar in die wêreld kan een mens iets beters krij
Voor oud of jong, voor klein of groot?
Die varse bultong wat dar in die skoorsteen hang
Dit's smakelijkste nog van al
En als dar iemand is wat nar iets meers verlang,
Dan, wrachtie, dink ik hij is mal’.
Meer in Di Patriot-trant is ‘Dapper, maar Voorsegtag’: ‘Toe ek die eerste koel hoer vluit,
Toe doch ik om mij vrouw,
En hoe, als ek word doodgeschiet
Zij om haar man zal rouw.
Ons is maar achttien jaar getrouw
En die leve is toch zoet,
En toe die tweede koegel schreeuw,
Toe leg ek en die sloet’.
Met die prosa is dit enigsins beter gesteld. Die oorspronklike Hollandse prosastukke kan verdeel word in suiwer geskiedkundige soos die geskiedenisse van Bethlehem en Bethulie, die gedenkskrif oor die Trek van Anna E. Retief, die joernaal van die Trekker Herkulas Albertus Pretorius, almal op aansporing van dr. Brill, die grondlegger van die Vrystaatse Argief, ingestuur; landboukundige artikels soos dié oor grondverspoeling, die volstruisboerdery; taalkundige bydraes soos die bespreking van Nederlandse grammatika's vir gebruik in Suid- | |||||||||
[pagina 318]
| |||||||||
Afrika deur V.D.M.Ga naar voetnoot1) en die toespraak van Hamelberg in Nederland oor die taalprobleem in Suid-Afrika; historiese sketse en verhale soos dié van 'n ruiter-patrollie waarvan ongelukkig die vervolg en slot in die slag gebly het, 'n Voortrekkerverhaal van Daniel Pieter Bezuidenhout en die eerste hoofstuk van 'n historiese roman van D'Arbez; en les bes humoristiese idealistiesrealistiese sketse en novelle soos die ondervinding van 'n nag in die veld deurgebring, die belewing van 'n vreeslike oomblik na die aanhoor van 'n slangverhaal, en die lief en leed van 'n jonge Vrystaatse amptenaar en sy bruid, deur J.F. van Iddekinge. Laasgenoemde sketse en novelle getuig van die kopiëerlus van die daelikse lewe ook onder die Vrystaters, veral dié van die laaste redakteur van De Tyd, Van Iddekinge. Jonkheer Jean François van IddekingeGa naar voetnoot2) is in 1836 in Groningen gebore, het student geword in Delft, en daarna op drie-en-twintig-jarige leeftyd na die Oranje-Vrystaat gekom in 1859, waar hy getroud is met 'n dogter van die landdros Van Soelen, en tot sy dood in Bloemfontein in 1890 gebly het. 'n Vrolike, beminlike man, het hy dadelik die vertroue gewen. Hy het begin as landmeter in 1859, het die eerste landdros van Bethulie en in 1862 van Philippolis geword, later was hy jarelank registrateur en griffier van die Hooggeregshof en volksraadslid. Op algemene kulturele gebied het sy belangstelling veral uitgegaan na die joernalistiek en die Landboukundige Genootskap te Bloemfontein waarvan hy sekretaris was. Steeds was hy behulpsaam met die landboutentoonstellings, het prysvrae vir die genootskap uitgeskryf en self pryse gekry vir die beantwoording daarvan. Met meer aandag en oefening sou hy 'n uitmuntende skrywer kon geword het in 'n tyd toe geestige, luimige stukke in groot aanvraag was. Na die vertrek van Hamelberg en Heyligers in 1871 was hy die enigste oorgeblewe redakteur van De Tyd waarin die grappige stukke van Tryna Snaaks verskyn het, enGa naar voetnoot3) Borckenhagen, die | |||||||||
[pagina 319]
| |||||||||
redakteur van die opvolger van hierdie blad het veel aan hom te danke vir populêre leesstof in sy verskillende joernalistieke ondernemings. Die stukke in The Orange Free State Monthly Magazine het Van Iddekinge tot groot vermaak van die Bloemfonteinse gehoor eers voorgedra op die Winteraandvoorstellings van die Maatskappy van Letterkunde voor hulle aan Borckenhagen se pers oorhandig is. Hulle was baie gewild om hul raak uitbeeldings en humoristiese toon. Die dialoog is in suiwer beskaafde Afrikaans, die trant gevoelig-romanties, weemoedig glimlaggend, didakties-lerend, 'n enkele keer satiries-humoristies, kenmerkend van die romantiese stroming wat oor Wes-Europa in die 19de eeu gegolf het. 'n Enkele aanhaling ter illustrasie uit die kring van Klaas, ‘De Jonge Ambtenaar’ wat verlief is op Maria Magdalena, die dogter van die boer Haasvel, ‘iemand, die, volgens zijne eigene bewering, van Fransche afkomst was, hetgeen ieder, die maar een weinigje Fransch kent, wel aan den naam kan hooren’. Klaas, die boerseun, maak maar geen promosie en kry maar geen verhoging van salaris in die stad Bloemfontein nie. Getrou skryf hy alles aan sy beminde, maar in plaas van hom te troos, antwoord sy: ‘Ons mot die ding maar liewers laat staan want jij zal nooit genoeg verdien nie, om een vrouw fatsoenlijk te onderhouwe’. Veertien dae later pleeg hy selfmoord aan die vlagpaal op die toring van die Goewernementsgebou. Moraal aan die slot: ‘Verafschuwt gijlieden zelfmoord? Wilt gijlieden trouwe en gelukkige ambtenaren hebben? Geef hen dan een salaris om hunnen stand op te houden en zich een vrouw te kunnen zoeken!’ In die volgende skets trou Maria Magdalena, die bruid van Klaas, uiteindelik met 'n teringlyer, 'n Engelsman, William Law. Law kom ouers vra: ‘Mijnheer Haasvel, ik gevoel het mijn eenen duurzamen pligt om tot u te genaken, ten einde iets wat mij zwaar op het hart ligt, mededeelen. ‘Ja’, antwoordde Haasvel, ‘jij moet maar goed eten, dan zal die hartziekte wel overgaan’. ‘Excuus, mijnheer, ik eet vrij wel, maar er is iets op mijn hart’. ‘Een mostaard-pleister’ vroeg Haasvel, ‘Zoo'n ding kan te danig trek’. | |||||||||
[pagina 320]
| |||||||||
‘Neen, mijnheer, uwe dochter, ik wilde u den hand uwer dochter vragen’. ‘Engelsman, jij is gek! Hoe kan mijn dochter jou haar hand geven?’ ‘Nee, mijnheer, ik wilde vragen of u er iets op tegen had ik uwe dochter zou trouwen?’ ‘Wat, jij trouwen? Jij is half dood, en mijn dochter ook, dat maakt een doode te zamen’. Die huwelik gaan tog deur en in 'n derde skets sien ons hoe Haasvel Kersfees vier by sy dogter wat by haar Engelse skoonmoeder inwoon: ‘Eindelik kwam de hoofdschotel voor een Xmas diner op tafel, nl. een groote plumpudding, rijkelijk begoten met Fransche brandewijn. Zoo'n ding had noch Haasvel, noch Zadel, ooit te voren gezien, en toen Law de pudding in brand stak, schrok Haasvel zoo hevig dat hij zijn baatje uittrok en over de pudding wierp om den vlam te blusschen. De vreugde van den dag was gestoord. Schoonmama sprong woedend op en riep: ‘O horrible man, what is the matter with you? Nobody will now partake of the pudding ... Haasvel bekeek aan alle kanten zijn baatje om te zien of er geen gaten in gebrand waren, en Zadel deed niets dan naar de pudding kijken’. Esels en kwaggas aan dieselfde Kersfees-krib, Doppers en Filistyne, 'n skaterlag sonder die versoenende, alles begrypende liefde, oor die kultuurverbastering van 'n vrye staat met 'n dualistiese taal- en kultuurbeleid.
Het Oranje-Vrystaatsch Familie-Blad het ontstaan om in die behoefte aan letterkunde in die engere sin te voorsien maar wat die Hollands-Afrikaanse letterkunde betref, het die dualisme dit uit die staanspoor uit gedoem, en miskien was die Oranje-Vrystaat ook nog nie ryp vir 'n suiwer letterkundige blad nie. Vir politieke blaaie was daar lesers genoeg want elke Afrikaner is in sekere sin 'n politikus en lees sy eie politieke blad. Gevolglik het die redakteure van die Hollandse koerante van vroeg in die 19de eeu gebruik gemaak van 'n letterkundige rubriek om groter aantreklikheid aan hul blad te verleen deur 'n groter verskeidenheid | |||||||||
[pagina 321]
| |||||||||
leesstof aan te bied. Die letterkundige rubrieke het ontspanningsleesstof bevat wat onwillekeurig of opsetlik by die smaak van die lesers aangepas het maar wat tot op sekere hoogte tog ook leiding aan die smaak gegee het in 'n tyd toe, afgesien van die Bybel en godsdienstige lektuur, boeke van suiwer literêre gehalte en ander suiwer ontspanningswerke uiters skaars was. In De Express-The Express was Borckenhagen, behalwe vir die inleidingsartikels en gewone redaksiewerk, self verantwoordelik vir die bewerking of vertaling uit Duits in Nederlands van die vervolgverhale in die rubriek ‘Voor Jong en Oud’, soos ‘De Overstroming aan de Ryn’ wat in die jaargang 1878 geplaas is, ‘Vorst Wolfgang’ wat in twaalf hoofstukke weekliks van Januarie tot Mei 1879, verskyn het. Laasgenoemde didakties-romantiese verhaal uit die geskiedenis van die Hervorming wat, volgens die redakteur, vir die eerste maal in die Hollandse taal verskyn het, moes boeiende leesstof gewees het vir sy lesers. Die sukses wat hy hiermee gehad het, en die gesukkel om Hollandse bydraes vir die tweetalige tydskrif te kry, was waarskynlik een van die redes wat hom laat besluit het om hierdie rubriek apart uit te gee, van Junie 1879 af, in die vorm van 'n los byvoegsel tot De Express, getiteld Het Oranje Vrystaatsch Familie-Blad, Een Weekblad voor Jong en Oud. Die Familieblad, anders as die koerant waartoe dit 'n byvoegsel was, en anders ook as die Orange Free State Monthly Magazine, vir die redaksie waarvan dit onverskillig was of die taal is ‘Hollandsch, of Engelsch, of Fransch, of Duitsch, of Arabisch of Chineesch’Ga naar voetnoot1), was eentalig, d.w.s. beide vorme van Hollands, Nederlands en Afrikaans, was die taal van die literêre byvoegsel. Geen wonder dat 'n jaar later, Mei 1880, die laaste aflewering geskied van die tweetalige tydskrif The Orange Free State Monthly Magazine met die Engels-eentalige buiteblad, Engelse redakteur en sewe-agstes Engelse inhoud. Het Oranje Vrystaatsch Familieblad open op 5 Junie 1879 met 'n vervolgstuk wat in die teken van die tyd staan, ‘De Hedendaagsche Transvaal’, 'n geoutoriseerde vertaling van ‘The Transvaal of To-day’Ga naar voetnoot2) deur Alfred Aylward. Aylward ('n | |||||||||
[pagina 322]
| |||||||||
pseudoniem) het 'n groot rol gespeel op die diamantvelde waar hy skuldig gevind is van moord op 'n delwer en 'n tydlank in die tronk op Barkly was, in 1876 deelgeneem het aan die delweropstand in Kimberley, 'n korps in die lewe geroep het wat die naam gedra het van ‘Aylward's Company’ en dan ook een van die ses manne van die ‘Diggers Protection Association’ was wat uitgesonder was van die amnestie van Sir Henry Barkly, maar vrygespring en ontsnap het na Transvaal, waar hy ook weer 'n belangrike rol gespeel het. Hy noem homself dan ook ‘Kommandant, Transvaal Kapitein van het Lydenburgsche Vrywilliger Corps’. In hierdie boek, ‘De Hedendaagsche Transvaal’, bekyk hy die saak van die Boere vanuit Boere-standpunt. Hy betoog dat die diamantvelde onder valse voorwendsels geannekseer is en dat die anneksasie van Transvaal die ongelukkigste van 'n hele reeks ongelukkige eksperimente is wat die Britse Regering in Suid-Afrika nog onderneem het. Tot die beste hoofstukke wat in die byvoegsel byna 'n jaar lankGa naar voetnoot1) weekliks verskyn het, is dié wat handel oor die karakter van die Boere, volgens hom die grootste landbesitters in die wêreld, spaarsaam, eng godsdienstig, vryheidsliewend, verder oor die eerste Sekoekoeni-oorlog, die Lydenburgsche Vrywilliger-korps, en die goudvelde van Pelgrims-Rust. As die redaksie van die Express Familie Blad begin 1880 in ander hande oorgaan, maar nog op dieselfde wyse gratis aan die intekenare van die Express toegestuur word, word die hulp van alle belangstellendes ingeroep om oorspronklike bydrae te lewer, ‘voornamentlijk die welke betrekking hebben op onze eigene zamenleving’Ga naar voetnoot2). In die behoeftes van oud en jong ‘onzer Afrikaansche bevolking, voor wien het dan ook voornamelijk wordt uitgegeven’ wil dit voorsien, hulle aanmoedig om te lees en om originele, skeppende werk te lewer. Die eerste aflewering onder die nuwe redaksie begin dan ook met 'n nuwe oorspronklike vervolgstuk op die eerste bladsy ‘De Procureur’, 'n verhaal uit die ondervindinge van 'n Vrystaatse prokureur met allerlei Afrikaanse tipes. ‘De Hedendaagsche Transvaal’ wat nog 'n | |||||||||
[pagina 323]
| |||||||||
enkele keer voortgesit word, word na die tweede plek verskuiwe. Ander vervolgverhale in die loop van die jaar (1880) wat op Vrystaatse bodem ontstaan is, Afrikaanse mense en toestande skilder en ongetwyfeld ingeslaan het by die lesende publiek is ‘De Vrouw van den Hoofdambtenaar en de Vrouw van den Boer’, ‘Een tocht tegen de Boschjesmannen’, ‘De Boeren Schoolmeester’, ‘Een blik in de Toekomst’. Behalwe laasgenoemde en 'n enkele korter stuk wat ook die produk van nasionale gevoel en verbeelding is, is die prosa van die blad oorwegend kenmerkend Hollands-Afrikaans in sy nugterheid en alledaagse realiteit wat aan elke stuk sy groot kultuur-historiese betekenis gee. Die taal is Nederlands na die vorm, deurspek hier en daar met suiwer Afrikaanse dialoog. Die omgekeerde wat die taal betref, geld vir die poësie in die blad. Menige later so bekende Afrikaanse vers van F.W. Reitz, onderteken ‘Door de Versjesmaker van het Familie-Blad’ is weekliks hierdeur vir die eerste maal wyd versprei, soos ‘Die Procureur zijn Hond’Ga naar voetnoot1); ‘Die Flukse Dokter’Ga naar voetnoot2); ‘Wat makeer die Kerl’Ga naar voetnoot3); ‘Een Bietjie Anders’Ga naar voetnoot4); ‘Een heel ander zaak’Ga naar voetnoot5); ‘Die Skoenmaker zijn leerjong’Ga naar voetnoot6); ‘Daantjie Gouws’Ga naar voetnoot7); ‘Staat op, mak toe die deur nou’Ga naar voetnoot8); ‘Die Goeije Oue Tijd’Ga naar voetnoot9); ‘Kleine Ou-Jaap’Ga naar voetnoot10); ‘Ou Mamma Dassie’Ga naar voetnoot11); ‘Vier-en-twintig Kraaije’Ga naar voetnoot12); ‘Die Peere Boom’Ga naar voetnoot13); ‘Eindlijk kom hij reg’Ga naar voetnoot14) ens. Ook John D. Lindsay se verse soos ‘Het Pennestrijd tusschen De Express en De Vriend’Ga naar voetnoot15); ‘Een gesprek van een Kind met zijnen Moeder’Ga naar voetnoot16); ‘Traagheid’Ga naar voetnoot17); ‘Leentje Kekkelbek’Ga naar voetnoot18); ‘De Dood en Begrafenis van de Tinktinkie’Ga naar voetnoot19) ens., is gereeld geplaas. 'n Nasionalistiese vers, ‘Die Transvaal’Ga naar voetnoot20) van Piet Ondervelder, ‘Beter dan Goud’Ga naar voetnoot21), 'n godsdienstige vers deur C.W.H. van der Post en talryke anonieme en pseudonieme verse, grappig of ernstig van toon, soos ‘De Weduwenaar en zijn vrijerij’Ga naar voetnoot22); | |||||||||
[pagina 324]
| |||||||||
‘Villekins en zijn Dinah’Ga naar voetnoot1); ‘Antje van Hagen’Ga naar voetnoot2); ‘Oprecht’Ga naar voetnoot3) ens., het jaarliks deur middel van die blad in die Afrikaanse familie ingang gevind. Naas Di Patriot het De Express dan ook die meeste verse opgelewer vir die versamelings van Afrikaanse gedigte uit koerante wat Reitz en S.J. du Toit onderskeidelik gemaak het. Die byvoegsel was besonder gewild en het groot opvoedende waarde gehad. Vir die volwassenes het dit nuttige maar ook boeiende lektuur gebied en die jeug is nie vergeet nie maar het hulle eie rubriek gehad. In hulle versoek om geskikte leesstof wat ewentueel in 'n leesboek kan verskyn, het die redaksie altyd die oog gehad op ‘het toekomstig nationaal bestaan van ons volk’Ga naar voetnoot4). Die historiese en/of sosiale betekenis van die verse, een en al, is onmiskenbaar. Dit is volkspoësie in alle betekenisse van die woord, naïef, laf, kinderagtig, banaal dikwels waar dit humoristies of geestig wou wees, onfyn, laag-by-die-grond, plat i.p.v. sterk realisties menslik; eie krag oorskattend, chauvinisties waar ons vandag diepe onwrikbare nasionale bewussyn wat tog nie blind is vir die krag van die teëparty nie, verwag; verstarde prewelinge, betekenislose, ge-ykte woordlopies i.p.v. religieuse gevoelswerk, maar altyd spontaan, eg en waar volkskuns in alle beskeidenheid. Ook volkskuns in die sin dat die name van die digters, met uitsonderinge onbekend is, dat allerlei variante van hul skeppinge voorkom, wat bv. 'n vers soos ‘Die Sprinkhaan en die Droogte’ tot die gesamentlike produk van miskien tientalle digters maak. Omstreeks 1874 tref ons hierdie vers vir die eerste maal aanGa naar voetnoot5), en so sterk het hierdie vers tot die Vrystater gespreek om die uitmuntende beeld wat dit gee, van sy deur droogte geteisterde land, dat 20 jaar later nog steeds variante voorkomGa naar voetnoot6), dit deur Reitz altyd as een van die beste gedigte in sy versameling geroem is, en tot in die 20ste eeu as een van die mees gelief- | |||||||||
[pagina 325]
| |||||||||
koosde stukke vir voordrag beskou is. In sy oudste vorm, lui dit: ‘De Sprinkhaane en die droogte
Is zwaar op onze land,
Nu wat zal van ons worde
Is boven my verstaant.
O ja! O ja!
My gesaaide is na de donder
My kleinvee is maar maar
Kan julle dan verwonder
Dat ik voel ziek en naar.
O ja! O ja!’
Die familie is aartsvaderlik groot maar as die jongkêrel na die dogter kom vry en nie genoeg aardse besittings in die vorm van vee het nie, is die antwoord van die Boer: ‘Nie kerl’ zeg ik ‘jou kerk is uit,
My dochter is niet voor jou
Twee honderd schaap! O! liewe Tijd!
En God bewaar jou vrouw!’
O ja! O ja!’
Die literatuur en lektuur was uitsluitend bedoel vir 'n boerebevolking en is op sigself weer die getroue beeld van 'n landelike maatskappy. Selfs die dorpsbewoners het nog geen stadskultuur ontwikkel nie en bekyk stadsgewoontes en gebruike vanuit boerestandpunt. Klokgelui, behalwe op Sondae, vind die digters 'n nuwerwetse rusverstoring, die skaatsbaan is vir ‘Bloemfonteiner’ net 'n kapstok om sy moraal aan op te hang: ‘Voor elk mens is zijn levenspat,
Maar meer dan eens wat alte glat,
Want zoos hij dink dat hij vast staat
En hom op eigen kragt verlaat
Dan trap hij net een beetje mis
En val zo zeker en gewis’.Ga naar voetnoot1)
| |||||||||
[pagina 326]
| |||||||||
Elke Pers het ook sy Almanak uitgegee waarvan De Boeren-Vriend Almanak van De Express miskien die gewildste was. Hierin het uit die staanspoor ook verse en boeiende verhale voorgekom, as ons na die aankondigings en advertensies moet oordeel. Die vroeë almanakke is belangrike kultuur-historiese bronne, maar ongelukkig uiters skaars, hoewel De Express van De Boerenvriend van 1880 nie minder as seweduisend eksemplare gedruk het terwyl die weekblad self slegs aan tweeduisend vyfhonderd abonnés toegestuur isGa naar voetnoot1). Die almanak, net soos die koerant self en die byvoegsel wou 'n vriend van die boere wees en behalwe die gebruiklike inligting oor gewone en feesdae van die jaar, son- en maanverduisteringe, ens. wat in iedere almanak voorkom, ook lektuur en oorspronklike Hollands-Afrikaanse literatuur verskaf wat in die smaak van die boerebevolking sou val en tegelykertyd daardie smaak sou lei. Die leesstof het gewoonlik bestaan uit 'n historiese skets, 'n opstel, 'n romantiese verhaal dikwels met 'n sosiaal-historiese agtergrond, en 'n paar verse van historiese of sosiale betekenis of albei. Uit die Almanakke van die laaste dekade van die Republiek, kan ons as tipiese voorbeelde van historiese sketse noem ‘Louw Wepener’ en die vervolg ‘Een Vrystaatsche Held’ deur regter, later president Steyn, in 1895 en 1898 onderskeidelik, 'n titel wat vir sigself spreek. ‘De Twee Republieken’ in 1896 waarin kernagtig saamgevat word die verskillende pogings tot vereniging van die Vrystaat en Transvaal in die loop van die geskiedenis van die twee Republieke; ‘Doornkop’ in 1897, ‘Uit de Oudere Tyd’ in 1899 deur C.J. van Rooyen, 'n kort maar vername bron vir ons kennis van die sosiale toestande in die vroeë tyd in Transoranje. Opstelle van belang is o.a. ‘Het Papier’ in 1893, ‘De Chicago Tentoonstelling’ in 1894, ‘De Mier’ en ‘De Muilezel’ in 1895, ‘Meteoren’ in 1898, maar dit is veral die verhale en verse, die leesstof wat kan aanspraak maak op literêr-skeppende werk te wees wat ingeslaan het by die breër leserskring. As voorbeelde | |||||||||
[pagina 327]
| |||||||||
van boeiende verhale kan ons noem ‘Leid ons niet in verzoeking’ in 1893, 'n romantiese verhaal van die gebrek en uiteindelike redding van 'n weduwee en haar enigste seun op die diamantvelde van Kimberley; ‘Wat de Liefde doen kan’ in 1894, die weergawe van die aangrypende voorval van 'n seun wat in 'n klipskeur geval het en op sy smeekbede deur sy eie vader uit sy pyn verlos is, 'n gebeurtenis wat al soveel kunstenaars geïnspireer het ook in ons tyd; ‘Mooi Gevang!’ in 1895, 'n skoolverhaal veral interessant vir die skoolgaande jeug. ‘Zwijgen is Goud’ in 1897, ‘Of het spookte’ in 1898, ‘De Verborgen Schat’ in 1899, almal titels wat vir hulself spreek. Die historiese romantiek was in volle bloei; hoe verrassender die intrige, hoe drakeriger die sentimentaliteit, alles geplaas in 'n raamwerk van historie, des te beter, maar die werklikheidsin van die Afrikaner het hom tog hier ook bewaar vir al te groot buitensporighede. Die sosiaalhistoriese betekenis van die verhale is met die eerste oogopslag duidelik - eersgenoemde verhaal weerkaats die lewe op die diamantvelde, die volgende die gevare waaraan die boerejagter blootgestel is in ons bergagtige streke; verder in die daaropvolgende verhale word die skoollewe weerspieël, die bygeloof in 'n tyd van verre afstande toe dit op elke tweede plaas gespook het, die jeugdige optimisme dat elke familie 'n verborge skat of 'n ryk erflating sal kry. Waar slegs die dialoog in die prosa in die Afrikaanse taalvorm was, is die verse met enkele uitsonderinge almal in suiwer Afrikaans. In 1893 kry ons ‘Oom Piet en zijn Tand’, 'n grappige vertelling van Dokter Knyp se kneg Pil wat in die afwesigheid van die baas vir tandarts speel: ‘En vas as in 'n schroef sijn hamer,
So seil di ou nou deur die kamer,
Net of hij 'n perd lei aan die toom
Soo trek de man ons arme oom’.
In 1895 word die vertelling ‘Jan en zijn meester’ opgeneem. waarin die gevolge van Jan, wat moet predikant word, se stoutigheid op skool, en die voorpratery van sy ouers as volg aangetoon is: | |||||||||
[pagina 328]
| |||||||||
‘Thans plant Jan wortels, kool en rapen,
Of houdt den ploegschaar op het land,
Past somtijds op zijn vaders schapen,
Doch wordt nu nimmer predikant’.
Na die Jameson-inval kom in 1897 ‘Herinnering aan de Bange Dagen in het begin van 1896’ deur Oom Jan, (C.P. Hoogenhout) waarin die historiese gebeure op rym vertel word. Die jaar daarop, 1898, word verskeie versies van Oom Jan oorgeneem soos ‘Hulp in Nood’, ‘Het Weeskind’, ‘Liefje wat wilt gij nog meer’ en ‘Een Goede Les’ wat klein Piet van Ou Piet Visagie geleer is toe hy met 'n mondjievol Engels tuiskom uit die Kaapse kosskool. Van W.H. Maskew word opgeneem Afrikaanse bewerkinge van grappige Engelse verse, ‘Die Rusie o'er di Koffie’, en ‘Haar man syn eerste verzoek’ in 1898 en deur Joubert in 1899 ‘Maklik leer lees’, die advertensie van 'n brilleverkoper wat 'n analfabeet laat dink as hy 'n bril dra sal hy kan lees - almal verse wat indien nie 'n weerspieëling van die historiese dan wel van die sosiale omstandighede uit die tyd, en gevolglik byna sonder uitsondering van kultuur-historiese betekenis is. Die balladevorm word by voorkeur gebruik, die vorm wat so uitnemend geskik is vir 'n eenvoudige vertelling, grappig of sentimenteel, liefs van 'n droewige sentimentele inhoud vroeër, soos ‘Erland en Emma’ deur A. Pannevis, gedateer Paarl 1867, maar wat eers in De Boeren Vriend Almanak van 1899 opgeneem is. Die sentimentaliteit van die ou Europese ballade, produk van die ridderbeskawing, het in die meeste Afrikaanse vertellings plek gemaak vir die grappige, daar die Boer teenoor die liefde altyd enigsins skroomvallig of nugter-saaklik gestaan het, maar vir 'n grap oog en oor ten allen tyde gehad het. Talryke verse van maatskaplike betekenis kon uit die koerante en byvoegsels en tydskrifte en almanakke opgenoem word, soos ‘Wat zal men doen?’Ga naar voetnoot1), ‘De Boerdery’Ga naar voetnoot2), ‘Boerenklaaglied 1885 en Boerendanklied 1886’Ga naar voetnoot3), om sommer voor die voet uit een | |||||||||
[pagina 329]
| |||||||||
koerant, De Express, nog 'n greep te maak verteenwoordigend van die vernaamste sosiale aspek, nl. die invloed van onsekere reënval op 'n boerebevolking. Deur die droogte is ‘Di armoe - groot
Di ossen - dood!
Di handel - sleg!
Ons kop - glad weg!’
Daarna klink dit
‘Dank zij den Heer!
Ons krij weer moed
Die oogs was goed
Ons het geleer
Nou zal ons meer
Gaan irrigeer’.
Nasionaal is altyd die berusting in die Wil van die Voorsienigheid, die dank as Hy uitkoms gee na 'n langdurige droogte. ‘Heerlikke Reên’ uit dieselfde jaar 1885 is seker een van die mees verdienstelike Afrikaanse verse in die tyd: ‘Hoe heerlik, hoe pragtig is toch die reên.
Weg is die stof en die hitte is heen,
Heen uit die brêe gloeiende straat,
Uit die nauwe gange, of waar jij ook gaat
Ag hoe heerlik is toch die reên.
Hoor op die dak hoe dit raas en klap
Nets en klomp perde wat daarop trap
Kijk hoe dit altijd borrel en spuit
Door die ope keel van die volle guit,
En loop en loop oor die venster ruit
Dit stort en stort
Maar altijd vort
En snel en wijd
In 'n korten tijd
Loop in riviers en sloote heen
Die lieve, gezegende, heerlike reên.
| |||||||||
[pagina 330]
| |||||||||
4. De Fakkel, ‘een maandblad voor kerk en school’.Buite en behalwe die suiwer godsdienstige lektuur wat in hierdie werk òf vlugtig bespreek òf buite beskouing gelaat is, is die letterkundige produksie as geheel, ook van die Oranje-Vrystaat, deurtrokke van die godsdienssin van die Hollandse Afrikaners uit dié tyd. Die kerklike byeenkomste, veral die nagmaal, was terselfdertyd die enigste sosiale byeenkomste van die Boere, en gevolglik is die godsdienstige en sosiale betekenis van ons lettere so goed as sinoniem in de negentiende eeu. 'n Volkslied was altyd die uiting nie alleen van vaderlandsliefde van die Boer wat nog ten nouste verbonde met die vaderlandse bodem is nie, maar ook van godsdienssin, die kenmerk van pastorale mense. 'n Grappige vertelling, ballade of fabel weerkaats nie net die komiese nie maar ook die protestants-didaktiese sin in die moraal aan die slot. Die hele sosiale en historiese agtergrond van ons lettere uit die negentiende eeu is een en al godsdienstig want die godsdienslewe was al kultuurlewe wat die oorgrote meerderheid van die bevolking geken het. Godsdiens en kultuur was so goed as identies. Vanaf 1876 het die Vrystaat dan ook sy eie godsdienstige blad gehad De FakkelGa naar voetnoot1), ‘een maandblad voor Kerk en School’, waarin ruimte afgestaan is vir allerlei mededelings oor kulturele aangeleenthede. Boekbesprekings is gegee en stigtelike verhale opgeneem. Die aankoms van nuwe onderwyskragte, kort lewensberigte, en die taak wat hul hier wag, die verrigtinge van die skole, veral die Grey-Kollege en die Dames-Instituut is gereeld uiteengesit in die rubriek Kerk- en Skoolnuus, 'n rubriek wat dan ook blywende waarde het vir die historikus wat in nog iets meer as die politieke geskiedenis van sy land geïnteresseer is. 'n Enkele keer is die nuus so boeiend meegedeel soos in die geval van die aankoms van die eerste direktrise van die Dames-Instituut in 1876, wat per passasierswa van Durban moes reis en 'n sleutelbeenbreuk opgedoen het toe die wa in 'n drif omgeslaan hetGa naar voetnoot2), dat die rubriek tot van die beste Vrystaatse joernalistiek | |||||||||
[pagina 331]
| |||||||||
gereken kan word. Slegs 'n enkele keer word 'n tipiese stukkie predikante-poësie opgeneem, soos 'n naamvers van Huet uit 1854, getiteld ‘Jezus Christus’Ga naar voetnoot1) of ‘De Messias’Ga naar voetnoot2), holle klanke, 'n aaneenryging van woorde, net soos die meeste gebede en preke uit dié tyd, maar dit het vir menigeen toe troos gebring en moed gegee, opbouend en versterkend gewerk vir 'n jong volk by wie die kritiese sin teenoor godsdiens en kultuur nog sluimerende was. Persoonlike godsdienstige, m.a.w. kulturele vryheid sou chaos beteken het. Geen kultuurprobleem kon bespreek word sonder die laaste woord te gee aan die predikant wat as die vertolker van Gods woord die hoogste outoriteit was. Daar was eenvoudig geen kultuurinstelling of -uiting wat nie godsdienstig gekleur was nie - in die staat, die skool, die geregshof, die pers, in die vernaamste vorm van argitektuur (die kerkgebou) die enigste musiek (die gewyde) in die lied, die vers, die digterlike vertelling, die geskiedskrywing, die historiese verhaal, alle letterkundige voortbrengsels toevallig of bewus literêr van aard, in alle intellektuele sake hoor ons nog tot aan die end van die eeu die alles-oorstemmende godsdienstige klank. Vandaar dat die tekens van verengelsing van die Hollandse kerk soos Engelse preke op Sondagaande in Bloemfontein die duidelikste bewys is dat Engels nie meer 'n handige middel was om met die buitewêreld in aanraking te kom nie maar dat dit die siel van die Vrystater aangetas het en dat slegs 'n wonder sy staatkundige onafhanklikheid kon red. | |||||||||
5. De Express- The Express se letterkundige produkte as beeld van die politieke verwikkelinge.Eers die anneksasie van Basutoland in 1868, en toe weer die skandelike anneksasie van Griekwaland-Wes, die diamantvelde wat onteenseglik tot die Vrystaatse gebied behoort het, het veel daartoe bygedra om wat genoem is die ‘nuwe Republikeinsgesindheid’ in die lewe te roep, nie alleen in die Vrystaat nie wat die swaarste verlies gely het, maar oral in die land waar | |||||||||
[pagina 332]
| |||||||||
bloedverwantskap eenheid van belange meegebring hetGa naar voetnoot1). Die Britse politiek van die konvensies het in die laaste kwart van die eeu plek gemaak vir 'n daadwerklike belangstelling in die sake van die state wat buitekant die grense van sy Suid-Afrikaanse Kolonies gelê het en die Britse ideaal van 'n verenigde Suid-Afrika onder die Union Jack, wat per slot van rekening ook die ideaal was van Sir George Grey, die stigter van 'n skool buite sy grensgebied in die Vrystaat, is weer meedoënloos gevolg deur Lord Carnarvon vanuit Downing Street vanaf 1874 onder die dekmantel van Suid-Afrikaanse Konfederasie-planne. Hierdie planne het by baie goedgelowige Afrikaners die indruk geskep van 'n toekomstige Unie onder 'n eie vlag, 'n verenigde volk met 'n eie taal, maar by ander weer die argwaan wakker gemaak en hul op hul hoede laat staan. Dit is in die verskuns van De Express dat ons die veelbewoë, volledige beeld kry van die tydperk. Die mees spontane, oorspronklike volkspoësie van 'n tydperk is altyd die verse wat losbars by 'n volk onder 'n druk wanneer alles vergeet is behalwe die emosies wat diep geroer is. Sulke uitinge is altyd liriesliedere, ‘roepstemme’, ballades. Die wyse Jan Brand, die vader des vaderlands, het nie alleen die burgers weerhou van hulle in 'n hopelose oorlog met Engeland te stort oor die diamantvelde nie, maar hy het ook daarin geslaag, sy het dan slegs ten dele, deur self die saak te gaan bepleit in Engeland, om kompensasie te kry vir die verlies van die diamantmyne van Kimberley. Na aanleiding hiervan klink dit in 'n versie in April 1876 getiteld ‘Oom Jan’: ‘Oom Jan die gaat naar Engeland,
Die land ver o'er die zee
Hij nam zijn vrouw en oudste zeun
En ook zijn dochter mee’.
Die aanleidende oorsake tot sy sending word uiteengesit, en ten slotte word hy sukses op sy sending toegewensGa naar voetnoot2). 'n Paar maande | |||||||||
[pagina 333]
| |||||||||
later volg ‘Als zal reg kom’, 'n geselsery van Oom Jan en Tante Victoria, afgeluister deur Piet Ondervelder, een van die geestigste Afrikaanse verse uit die tydGa naar voetnoot1): ‘Oom Jan is England toe gegaan
Omdat hij wou geklaâ het;
Hoe Barkly, Soudie, en Lang-jan
Hom alte veul geplaa het.
KOOR:
O wag een bietjie, ja wag een bietjie,
Wag maar een bietjie en dan kom alles reg’.
‘Hij zeg: ‘Victoria! Hul 't ons land
Met al die diamante
Maar zoomaar van ons afgevat
Zoo waar, mij liewe Tante!’
Die ouvrou belowe teruggawe en kompensasie, en ‘Toe word Oom Jan zoo opgeruim
O'er zij land en diamante
Hij spring daar op, en zoen zoo maar
Zijn liewe oue Tante’.
Voor die end van die jaar 1876 sing Piet Ondervelder ‘Alles is nou reg’, 'n ballade waarin nogmaals die onderhoud van ‘Ou Baas Jan’ en ‘Tante Vic’ weergegee word, die reëlings wat getref word, uiteengesit is en waarvan die koor lui: ‘Ons het gewag, ons het gewag,
Ons het gewag, en alles is nou reg’Ga naar voetnoot2).
Maar die argwaan was wakker, en Engeland oorhaastig om haar ideaal te verwesenlik. Al die mooi praatjies van konfederasie het tog nie alle oë gesluit vir Lord Carnarvon se ware politiek wat gelei het tot die anneksasie van Transvaal in 1877 nie. | |||||||||
[pagina 334]
| |||||||||
Hierdie gebeurtenis, 'n flagrante skending van 'n plegtige ooreenkoms, het die Afrikaners vir goed wakker geskok, en dit was meteen uit met alle gedagtes aan konfederasie, ook in die Vrystaat van Jan Brand wat weer sterk in die rigting begin neig het, soos ons duidelik merk uit die verse in De Express deur Fred. Hy dig 'n reeks fabels in 1877, waarvan die eerste die verhaal is van 'n kok wat die hoender vra in watter vet hy wil gebraai word: ‘Verkiest g't vet van Annexatie
Ofwel de saus van Confederatie?’
Die moraal lui: ‘O hoenders, wacht u voor de kok
En blijft bij haanlief op de stok’Ga naar voetnoot1).
Die toon van die hekelvers is nog maar lig spottend in vergelyking met wat spoedig sou volg. Die tweede fabel, ‘De wolf en het lam’, het ontstaan na aanleiding van 'n verdediging van die anneksasie deur The Friend op grond van die feit dat die Britse Ryk soos die aarde self gedurig in ontvangs neem ‘floating bodies which naturally gravitate towards it, escaping from their loose and aimless wanderings in the dark void of barbarism’. Die lam drink onderkant die stroom, maar word tog nog beskuldig deur die wolf wat bo drink, dat hy die water troebel maak. Vol sarkastiese bitterheid, die uitbarsting van magtelose woede, klink ditGa naar voetnoot2): ‘De wolf strekte zijn poot
Al dreigend uit, en riep vol van zijn eigen waarde:
Ik kreeg, o lam, den last en het is mijn plicht op aarde
Om op te slokken al wat zwak maar is en teer’.
In die vyfde fabel: ‘De ijzeren en de aarden pot’, die verhaal van die twee potte wat saam gaan totdat die breekbare deur die onbreekbare stukkend gestoot word, kom die waarskuwing, nou dat die koeël egter deur die kerk was: | |||||||||
[pagina 335]
| |||||||||
‘Een aarden pot moet nooit confedereerenGa naar voetnoot1)’
Twee jaar later het die magteloosheid wat die brutale daad aanvanklik veroorsaak het, oorgegaan in 'n vasberadenheid om die onafhanklikheid te help terugeis vir die susterstaat. Manhaftig spreek ‘Afrikaander’ die Engelsman wat hom met geweld 'n weg gebaan het op die Afrikaanse land, nou aan in die verse: ‘Maar u geveinsde streken
Die gaan als waterbeken
De gansche wereld door
Gij houdt van confederatie
Maar niet van annexatie,
Daar kent men u al voorGa naar voetnoot2)’.
Die koerant is vol van die anneksasie, en in een vers na die ander, soos ‘Adres aan de TransvaalGa naar voetnoot3)’, ‘De Transvaalsche storieGa naar voetnoot4)’, om maar twee uit tientalle te noem, word die susterstaat aangespoor om hul vryheid terug te els, en desnoods met ‘die roer in die hand’ tot die dood toe te veg ‘voor vrijheid in ons land’. As die uitbreek van vyandelikhede eenmaal 'n voldonge feit is, want ‘ons was al tot barstens vol’ soos Oom Jan uitroep in 1881, in die vers getiteld ‘Sprigg & Co. is afgetreeGa naar voetnoot5)’, bars een na die ander nasionalistiese lied, ballade of oproep los, ‘De Held van Langenek, Ingogo, MajubaGa naar voetnoot6)’ deur ‘J.H.O. uit de Wetsdorp’, ‘Vrystaat en Transvaal op MajubabergGa naar voetnoot7)’, om weer net 'n enkele voorbeeld te noem. Daar word gedank vir die ondergang van die vyand, 'n golf van Hollands-Afrikaanse nasionale bewussyn gaan deur die hele land, die ideaal van een Hollands-Afrikaanse groep het 'n geweldige stoot vooruit gekry. Waar De Express vroeër die troue bondgenoot van ‘De | |||||||||
[pagina 336]
| |||||||||
Afrikaner-Bond’ van Hofmeyr uit die Engels-georiënteerde Kaapkolonie was, die man wat geglo het aan die samesmelting van die Engels- en Hollands-Afrikaanse kulture in Suid-Afrika, word die oë nou hoe langer hoe meer op die broes in Transvaal gerig en die band van bloedverwantskap hoe langer hoe nouer getrek getuie die verse uit die volgende jare. In 'n lang gedig ‘Roepstem’, deur 'n Vrystaatse Voortrekker aan die Transvaal en Vrystaat gerig in 1886, om federasie tussen die twee state te propageer, lui dit: ‘Thans gescheiden, zijn we klein;
Eens vereenigd, sterk en machtig!
Laat dan onze leuze zijn
Lief en leed te zaam te dragen,
Zaam te streven naar één doel;
Vrijstaat en Transvaal te zamen
Is te machtig voor Jan Boel!’Ga naar voetnoot1).
In dieselfde trant is die ‘Tijdzang’ met 'n Da Costaanse titel ‘1854-1885’ en 'n Da Costaanse beeld:Ga naar voetnoot2) ‘Veler bede is dat God
't Vrijstaatsch en 't Transvaalsche scheepje
In die haven brengen moog'
Die wij Federatie noemen!
Zien we nu nog beiden dobb'ren
Op d'onzeek're oceaan
Spoedig zeilen beide scheepjes
Recht op d'Uniehaven aan!’
Ook ‘Groete der Vaalrivier’Ga naar voetnoot3) is 'n pleidooi op rym vir vereniging waarin in vlugtige trekke die geskiedenis van die Trekkersland geskets word. Daar word gesinspeel op die dreigende oorlog tussen die Republieke in die tyd van Pretorius en Boshof, en tenslotte op die teenbeeld van die Bondskongres te | |||||||||
[pagina 337]
| |||||||||
Potchefstroom waar in eie tyd besluit is om die beide volksrade te memoraliseer ten gunste van vereniging van die Republieke. Die Vaalrivier was getuie gewees van die hele verloop van die geskiedenis, en spreek as besluit van die vers die burgers aan, hortend en stotend van maat en rym (skreiende poëtasme), ouderwets allegories van beeld,Ga naar voetnoot1) maar die volmaakste uiting van wat daar omgegaan het in die siel van die volk: ‘Te lang heb ik van elkaar u gescheiden
O Burgers van Vrijstaat, Transvaalsche geslacht!
Ik wil u tot vereeniging helpen geleiden
Het huwelijksfeest thans u helpen bereiden
Waarop ik zoo lang reeds met smart heb gewacht.
Gezegend de hand die uw Eenheid bewerkt!
Vervloekt zij de mond die de Tweedracht versterkt!’
Die spoorweg Colesberg - Pretoria is telkens die onderwerp van 'n ‘roepstem’Ga naar voetnoot2) as nog 'n middel om die eenheid te bevorder en in ‘De Yzeren Paard’Ga naar voetnoot3) antwoord Salomo Domper, Ou Patriot wat allerhande besware teen die bou van 'n spoor gehad het, in 'n Afrikaanse vers met 'n titel in Nederlands: ‘De Yzeren Paard. Een gevaarlijke droom en een waarschuwing voor den Vrijstaat’Ga naar voetnoot4) in 'n vorige aflewering uit dieselfde jaar 1887. Die digter van die vooruitgang, al heet hy Domper, kry 'n visioen van hoe sy Vrystaatse plaas daar sal uitsien as die spoor klaar is, met saailande, geboue en skure, sy hoofstad Bloemfontein met 'n fraai monument van Jan Brand, met die spreuk ‘Dat alles kom reg’; 'n universiteit, 'n landbou-inrigting, koerante wat daeliks en nie slegs weekliks soos De Express verskyn, les bes: ‘En Brill die Professor
Nou emeritas, met pensoen.
De man komt het toe, want so veel as hij deed
Vir die skool, heeft nog niemand gedoen’.
| |||||||||
[pagina 338]
| |||||||||
Oortuig was Ou Patriot se broers nog nie, en ook hulle droom op rym dat hulle in 'n lugballon rondry en sien hoe die Vrystaters van die toekoms swoeg, gebuk onder skuld, want ‘net schuld en belasting brengt de spoor’Ga naar voetnoot1). 'n Jongeling uit Boshof is net so 'n remskoen aan die nuwe wa in 'n vers ‘Spoortreine in die Vrystaat’ waarvoor die taal en die toon veel frisser is as die gedagteGa naar voetnoot2). ‘Praat van spoortrein is di order,
Maar, waar komt die geld vandaan?
Sal ons met die spoortrein vorder?
'k Denk, ons moet die ding laat staan.
Laat hom buite Vrijstaat blij,
Ons sal met die bokwâ rij’.
Die slotsom is tog: ‘Eerst de Unie en dan de spoor’Ga naar voetnoot3) en vier jaar later, 1891, klink ‘Over de Inwijding van de Spoortrein te Bloemfontein, 17 Des. 1890’Ga naar voetnoot4) deur I.G.J.H. Buitendag uit die blaaie van die koerant op, 'n verhaal van die verrigtinge op rym, van die ‘bende’ wat feesmusiek verskaf, die grote menere ‘wat 'n eetmaal hou’ om ongelukkig op 'n noot van potsierlike patos te eindig, ‘De arme menschen moet nu dood’. Die Transvaalse sake word deur die nouer aansluiting - algaande tot volle bondgenoot na die dood van president Brand in 1888, en die opvolging van hoofregter F.W. Reitz as president - hoe langer hoe meer die inspirasie, ook vir die Vrystaatse versmakers. In die jare 80 as Transvaal oorlog voer teen Mapoch in 1883 word die Vrystaters aangespoor om te gaan help, want: ‘Eer uw taal, geloof en hope!
Eer uw toekomst! Eén - Transvaal,
Vrystaat, Natal, en Kolonie!
Want die toekomst spreekt één taal:
Afrika voor d'Afrikaners!’
| |||||||||
[pagina 339]
| |||||||||
As dr. Jorissen in 1883 ontslaan word, het hy sy Vrystaatse voor- en teenstanders-versmakersGa naar voetnoot1). As Transvaal imperialistiese neigings vertoon in ‘Land Gosen’, en na die afgelope stryd met die Barolongs S.J. du Toit, die Superintendent van Onderwys in 1884 gestuur word om die plegtigheid van die vlaghysing waar te neem in die plek van die Kommandant-generaal Joubert, wat na Pretoria moes terugkeer om die eed voor die Volksraad af te lê, volg 'n ‘Vlaggelied’ vol chauvinistiese imperialismeGa naar voetnoot2): ‘Plant nu uw pinnen wijd en wijder,
Gij dapp're zonen van Transvaal!’
In die jare 90, as daar presidentsverkiesing in Transvaal is, word vir Oom Paul in 1897 byna net so veel propaganda op rym gemaak as twee jaar tevore by die aftree van president Reitz en opvolging van M.T. Steyn, vir laasgenoemde in die eie staat. F. Neser uit Bethulie, dig ‘Kruger en geen ander’Ga naar voetnoot3) en in ‘De aanstaande Elektie’ heet dit: ‘Paul Kruger geef ons nog
Voor niemand, voor geen duit op!’Ga naar voetnoot4)
By die vorige Transvaalse verkiesing, vyf jaar vantevore, is al die kandidate, Leonard, Paul Kruger, Kotze, Piet Joubert, sprekend ingevoer om hul saak te bepleit, in 'n vers ‘De Transvaalsche Presidentsverkiezing’Ga naar voetnoot5). Toe was die meeste simpatie aan die kant van die laasgenoemde kandidaat wat o.a. in die mond gelê word: ‘De platvoet de kantoor uit!
In hunne plaats, Halleluja
De zonen van Zuid-Afrika,
Niet meer de zoon der dijken’.
| |||||||||
[pagina 340]
| |||||||||
Maar intussen het 'n skokkende gebeurtenis, die Jameson-inval, in 1896 plaasgevind in Transvaal, wat alle penne in beroering gebring het en wat 'n oorweldigende meerderheid verseker het by die op hande synde verkiesing vir Kruger, die president wat van die standpunt uitgegaan het dat in afsondering lê die krag van die Hollands-Afrikaanse groep in Suid-Afrika en hul versterking in oriëntering op die land van ‘de zoon der dijken’. 'n Jaar na dié gebeurtenis kom nog 'n lang stuk in De Express: ‘Toe Ma, vertel weer’, waarin 'n weduwee-moeder aan haar jongste seun vertel hoe die oudste, haar broodwinner, gesneuwel het teen ‘Jameson en zijn roofbende’, alles die skuld van He-Rhodes, die kindermoordenaar van die moderne tyd! Die wrywing tussen Hollandssprekende Afrikaner en Engelsman loop nou vinnig na die onvermydelike botsing met wapengeweld. Slegs die titels van enige verse uit die laaste twee jaar van De Express, tewens die laaste twee jare van 'n eeu van onreg, waaronder die onwaardeerlike redakteur Borckenhagen so gebuk gegaan het dat hy in 1898 oorlede is, is 'n spieël van wat daar in die volksgemoed gekook en gebruis het:
Laasgenoemde met die tipiese poging tot lughartigheid in die uur van die grootste gevaar: | |||||||||
[pagina 341]
| |||||||||
‘O Sannie, mij hartjie, bak gou gou biskuit
Vriend Kimberlein stuur die soldate al uit’.
Daar is 'n tyd in elke volk se beslaan om mooi te praat, te pleit en te paai en te soebat, en maar te buk en te dra en te verdra, maar soos ons vroeggestorwe maar onsterflike digter A.G. Visser dit uitgedruk het in ‘Die Ontwaking’: ‘Maar eendag kom daar tog die tyd
Die dissel met die hand te vat:
Hier eindig die lamlendigheid,
Want ek is der verachting zat!
Ek het 'n arm, ek het 'n vuis:
'k Wil pal staan, vir my goeie reg,
En baas wees in my eie huis -
Daar lê die baadjie van die kneg!’
|
|