Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 2 (1875-1905)
(1949)–Elizabeth Conradie– Auteursrecht onbekend'n Kultuur-historische studie
[pagina 272]
| |||||||||||
Hoofstuk X.
| |||||||||||
[pagina 273]
| |||||||||||
Laird, wat geen Hollands geken het nie is tot eerste prinsipale benoem. In die opbouw van 'n eie volksbestaan was daar dus geen sprake van ‘van vreemde banden vrij’ te wees, waarvan Hamelberg in sy volkslied sing nie. Maar die groeipyne van die eerste jare van die jong staat was gely en die nuwe tydvak van konsolidasie, van nasionale eenwording, van kultuurbou, het aangebreek. Die Bloemfonteinse kweekskool was die aangewese inrigting om die leiding te neem op kultuurgebied en uit die stamland van die republikeine kom op die regte tyd die regte man wat die weerstrewige Afrikaanse elemente weer soos in 'n koerantversie van 'n tien jare te vore laat uitroep het: ‘Kom, ou broers, vrienden, kom laat ons ons zaam vereenig
In liefde, geloof en hoop, mit lof an onze Heer.
Kom laat ons boeke lees en banje krante menig,
En op Sur Georges skool bring wy ons kinders weer’Ga naar voetnoot2).
| |||||||||||
2. Dr. Brill, vermaarde rektor, klassikus, taalgeleerde.Advokaat Hamelberg het in die Volksraad in 1856, toe president Boshof as lid van die trustees verslag gedoen het van sy vergeefse poginge om 'n geskikte hoofonderwyser uit die Kaapkolonie te kry, en van die tydelike reëling om ds. Murray aan die hoof te stel sonder dat hy sou hoef onderwys te gee, daarop gewys dat daar in Nederland wel bekwame persone te vind is om as rektor en tewens as onderwyser aan die hoof van die skool te staan. As hierdie raad uit die staanspoor aangeneem is, het die kultuurgeskiedenis van die Vrystaat 'n totaal andere verloop gehad, meer Diets in kern, minder vertaalde Engels. Maar Hamelberg moes wag om sy plan uit te voer totdat daar sestien jaar later 'n ander politieke konstellasie aan die bewind was met 'n kragtige president, J.H. Brand, wat Hollands van inhoud was, en 'n man aan die hoof van die onderwys in die Oranje-Vrystaat, ds. John Brebner, wat ondanks sy Skotse geboorte en opleiding 'n goeie ondervinding van die Boeremense en die landstoestande gehad het en gevolglik 'n stelsel van laeronderwys kon invoer en | |||||||||||
[pagina 274]
| |||||||||||
vyf-en-twintig jaar lank opbou (1873-1898), waarop die dosent vir hoër onderwys kon voortbou. Dr. Johannes Brill, (1842-1924) was die seun van 'n eie suster van Hasebroek, die bekende ‘Jonathan’ van Waarheid en Droomen. Sy vader was die Utrechtse professor W.G. Brill, skrywer van geskiedkundige opstelle, 'n handboek oor taalkunde en stylleer, godsdienstige traktaatjies, en die uitgewer van die Dagverhaal van Jan van Riebeeck in die ‘Werken van het Historisch Gennootschap van Utrecht’Ga naar voetnoot1). Na sy gimnasiale opleiding in Zutfen het Johannes in 1859 student in die lettere geword in Utrecht, in 'n tyd toe prof P. Harting, die bekende vriend van die Afrikaanse Boere, rektor van die universiteit van die biskopstad was. In sy sewejarige studie voor sy promosie in 1867 magna cum laude op 'n proefskrif getiteld Commentatio Litteraria inauguralis continens Quaestiones Scenicas ad Choragiam PertinentesGa naar voetnoot2), het Brill vriendskap gesluit met die vyftal Kaapse studente, waaronder die Vrystater G. Radloff, wie se huistaal Duits was. Met sy landgenote het Radloff in Engels of Afrikaans gekonverseer, en in die huis van die familie Brill behoorlik Nederlands geleer, wat hom goed te pas gekom het by sy evangelieprediking in sy geboorteland later. Op dié manier is die jong Brill se belangstelling in Suid-Afrika, veral die Vrystaat, vir goed opgewek deur sy studiegenoot. Na sy promosie was dr. Brill ses jaar by die onderwys aan die gimnasia van Deventer en Kampen voor hy op die advertensie van H.A.L. Hamelberg, aan wie die Vrystaatse Regering opgedra het om uit te sien na 'n geskikte rektor vir die Grey-Kollege tydens sy besoek aan die Nederlande in 1872, geantwoord het. In Maart 1873 het hy sy werksaamhede aanvaar ‘tot meerder licht en betere kennis’, soos die bede lui wat tewens 'n voorspelling geword het van die adres wat hom aangebied is deur die komitee van ontvangs by sy aankoms in die kweekskool wat volgens sy | |||||||||||
[pagina 275]
| |||||||||||
eie beskrywing meermale ‘in 'n staat van schijndood’ wasGa naar voetnoot1). Die Dietse kultuurdraers van die Oranje-Vrystaat in die algemeen en Bloemfontein in besonder, o.a. Hamelberg, digter van die Vrystaatse volkslied en vaardige joernalis in geestige Afrikaans en ernstige Nederlands, soos reeds geblyk het, president Brand, besitter van 'n Hollandse graad in die regsgeleerdheid, van 'n uitstekende boekery, beoefenaar van die briefskryfkuns, ds. G. Radloff, gebore Vrystater met 'n Utrechtse teologiese opleiding, geesdriftige nasionaalbewuste rektor vir anderhalwe jaar toe hy tot predikant van die Nederduits Gereformeerde Kerk, Bloemfontein beroep is, musiekliefhebber met 'n pragtige stem, in wie se pastorie die akademievriend en sy jong vrou aanvanklik tuis gegaan het, het met hierdie benoeming groot versterking gekry. In die kultuurlewe van die laaste kwart van die 19de eeu het hy op die voorpunt in die Oranje-Vrystaat gestaan. Maar dr. Brill, lid van die Maatschappij der Nederlandsche Letterkunde te Leijden van 1876 af en oprigter van die Maatschappij van Letterkunde en Wetenschap, Bloemfontein, die seun van 'n ywerige outeur en susterskind van 'n beroemde literator, was 'n dosent, 'n spreker, geen skrywer nie. In die geskiedenis van ons lettere is hy slegs om een lesing, ‘De Landstaal’Ga naar voetnoot2), gehou in Mei 1875 bekend, die stuk waarmee hy hom in die strydvraag Afrikaans of Nederlands gemeng het. In die lesing verduidelik hy dat hy onder die titel nie die amptelike taal verstaan nie, maar die spreektaal van die Kaap tot ver in die binneland, Afrikaans, waarvoor hy 'n lansie wil breek. Die skitterende filoloog bewys, dat die verwaarlosing van uitgange, die ontwikkeling van 'n sintetiese vormrykdom na analitiese afstomping daarvan, nou eenmaal die wet van die taalgroei is, waaraan alle tale onderworpe is en dat Afrikaans in dié opsig dus geen uitsondering is nie. Die vormvereenvoudiging mag barbaars vir Hollandse ore klink. maar, vra hy: ‘welk recht hebben wij eigenlijk om aan de Afrikaansche taal onze wetten voor te schrijven?’ Dit is nie die taal- | |||||||||||
[pagina 276]
| |||||||||||
vereenvoudiging tot 'n vorm wat groot ooreenkoms vertoon met die 17de eeuse Nederlands, maar die taalverbastering met Engels wat sy ‘haren te berge doet rijzen’. In teenstelling met 'n verskeidenheid van dialekte in die ou kultuurlande, heers in Suid-Afrika 'n merkwaardige eenvormigheid in die landstaal, en die tyd sal leer of die nasionale bewussyn kragtig genoeg sal ontwikkel om hierdie taal as afsonderlike taal naas Nederlands te laat optree. Hierdie beroemde lesing waarmee hy in die strydperk van die ‘Genootskap van Regte Afrikaners’ getree het, is 'n goeie bewys van sy wetenskaplike taalkennis, van sy diep insig in Afrikaanse taaltoestande en tewens van sy buigsaamheid van gees, sy aanpassingsvermoë, wat hom so uitnemend geskik gemaak het as opvoeder in 'n staat met 'n dualistiese geneigdheid. Hy het ten volle besef dat Afrikaans die enigste landstaal van Nederlandse stam in Suid-Afrika was, maar vir die amptelike erkenning, die verheffing tot skryftaal, daarvoor het hy nie geywer nie. Daarvoor was hy ‘geen nieuwlichter, geen hervormer brandende van begeerte om zijn fonkelnieuwe ideeën uit te pakken in 'n wereld, die hij eerst nog moest leren kennen’Ga naar voetnoot1), genoeg nie. Sy enigste kommentaar toe die stryd vir die erkenning van Afrikaans gewen is, was dan ook ‘de Afrikaners moeten zelf maar weten wat zij hieromtrent willen beslissen’Ga naar voetnoot2). Net soos dr. A.N.E. Changuion 'n dertig jaar vroeër, het ook dr. Brill 'n kort grammatika van Nederlands, Beknopte Nederlandsche Spraakkunst voor Schoolgebruik in Zuid-Afrika (1876) opgestelGa naar voetnoot3). Die beknopte grammatika sluit nou aan by dié van dr. P.J. Cosyn, is net 'n elementêre skets tot meer wetenskaplike studie, en is samegestel deur die Vrystaatse rektor omdat, soos hy in sy voorwoord sê ‘eene ondervinding van eenige jaren had hem geleerd, dat wat volkomen voldoende is in Nederland, daarom nog niet voldoende is in Zuid-Afrika’. 'n Groter aantal voorbeelde dan ons gewoonlik in die Hollandse grammatika aantref, van volledige verbuiging en vervoeging van naam- en werkwoorde, die groot struikelblok van die Afrikaanssprekende kind, word hier | |||||||||||
[pagina 277]
| |||||||||||
gegee. 'n Paragraaf word gewy aan die verbreidheid van die Engelse taal in hierdie streke en aangetoon hoe die kennis van die een taal die leerling kan van pas kom by die bestudering van die ander. Op die onderwerp van die taal het hy herhaaldelik terug gekom in lesings en artikels soos ‘De Afrikaansche Taal’, ‘Over het Afrikaansch’ in Ons Tydschrift, deel IV, 1899-1900, en The Teaching of the Dutch Language in South Africa, Together with a letter addressed to the Rector by Mr. E.B. Sargant, Education Adviser to Lord Milner 1904Ga naar voetnoot1). Die pleidooi na die oorlog ‘The Teaching of the Dutch Language’, vir meer Hollands op skool in die Oranje-Rivier-Kolonie dan die karige drie uur onderrig per week, indien die ouers dit verlang, en die gebruik van daardie medium in die twee uur per week godsdiensonderwys wat die Ordonnansie toegestaan hetGa naar voetnoot2), is gelewer in die vaste oortuiging dat tweetaligheid die enigste basis is waarop die twee rasse in betreklike rus kan saamleef en volgens Brill uiteindelik een volk word. Vir voorrang van die taal van die meerderheid kon hy toe nie meer pleit in die tyd van die Milner-regime nie, waaronder, soos die nuwe adviseur in onderwyssake dit uitgedruk het, ‘the acquirement of the English tongue, even through imperfect methods, remains of paramount importance’Ga naar voetnoot3). Hy beken dat wat die onderwys van die taal van die oorgrote meerderheid van die bevolking so bemoeilik is, dat daar nie minder as vier taalsoorte is nie nl.
| |||||||||||
[pagina 278]
| |||||||||||
Hy is 'n voorstander van laasgenoemde, dus van die strewe van die ‘Zuid-Afrikaansche Taalbond’ en gee aan die hand dat die Kollewijn-spelling dwarsdeur die land deur die onderwysoutoriteite moet aangeneem word. Afrikaans verag hy nie, maar dit is selfs nie in die tyd van die Republieke erken nie, en ‘a large proportion of the Africanders themselves look down upon it, and would have first have to be educated up to its merits and charms’Ga naar voetnoot2). Daartoe het dr. Johannes Brill, die deftige rektor wat fouteloos sy Nederlands tot aan die end gebesig het, die skitterende taalgeleerde wat in wetenskaplike detachement die landstaal van sy aangenome vaderland bestudeer het, hom blykbaar nie geroepe gevoel nie. Maar ewemin kon hy stilswyend toelaat dat wat in 'n kwarteeu met die grootste moeite en opoffering op taalgebied opgebou was, met een veeg deur die veroweraar sou uitgewis word. Owerigens het die Engelse opvoedings- en eksamenstelsel hom nie gehinder nie; trouens die stelsel het volgens hom veel goeds vir hierdie land gehad en langsamerhand kon ons dit hier en daar verbeter. Dit is dan ook geen toeval maar die gevolg van sy afwagtende houding, sy geduld en takt met die Britsgesinde groep in die Republiek, sy ewewigtigheid en gebalanseerdheid en aanpassingsvermoë, dat die Grey-Kollege dwarsdeur die troebele jare van oorlog en vernietiging van die Republiek van die Oranje-Vrystaat, oopgebly het. Met die C.N.O.-skole na die oorlog wat as opposisie teen die goewernementskole in die tyd van die Milner-regime, waaronder ‘the acquirement of the English tongue, even through imperfect methods, remains of paramount importance’, gekom het, het hy weinig gesimpatiseer. Sy mening was dat daar dan i.p.v. een bloeiende skool twee kwynendes sou kom, en dat ‘the rising generation of the country will be divided into two camps more or less hostile to one another and consequently grow up as a divided and restless nation, or rather as two nations.Ga naar voetnoot3) Die wonder- | |||||||||||
[pagina 279]
| |||||||||||
baarlike herstel van die Hollands-Afrikaanse groep, die vasbeslotenheid dat daar dan liewer twee volke naas mekaar as een Engels-Afrikaanse sou wees, kon hy toe moeilik voorsien. Ook in die artikel ‘Education in the Orange River Colony’ in die tydskrif Science in South Africa in 1908, neem hy die tipies Nederlandse flegmatiese houding in van ‘met het getij verzet men de bakens’, maar hy het 'n geslag Afrikaners opgevoed wat in kennis nie meer die mindere van die Engelse landgenoot was nie en in nasionaalbewusheid sy meerdere. Die stryd met die wapens was beslis - dié met die geestelike swaard sou pas in alle erns aanvang in die 20ste eeu. Na dr. Brill in 1908 afgetree het, kon hy hom verlustig in sy geliefde klassieke. In The South African Journal of Science, 1910, het hy 'n artikel gepubliseer ‘Classics in our Secondary Schools’ en hom jarelank besig gehou met 'n volledige vertaling van die Hiad van Homeros, wat egter geen uitgewer gevind het nie. Maar sy onverganklike betekenis lê in sy opvoedkundige werk aan die Grey-Kollege, die geskiedenis waarvan hy uiteengesit het in The School Magazine, 1915-1918, op rustig wetenskaplike wyse, in sy taalkundige insig en helder wetenskaplike uiteensetting van taaltoestande, en in die versameling en gedeeltelike bekendmaking van Vrystaatse historiese bronne as lid van die ‘Maatschappij van Letterkunde en Wetenschap, Bloemfontein’ en as oprigter en bewaarder van ‘Het Historisch Argief’ van die Republiek van die Vrystaat.Ga naar voetnoot1) | |||||||||||
3. F.W. Reitz, hoofregter, president, staatsekretaris, senator, historikus, digter.Hervorminge kom nie van bo af nie maar van onder uit, nie van die onderwysers en geleerdes wie se taak dit is om rustig die gebeure in oënskou te neem, in beeld te bring, in edeler bane te voer nie, maar van die gevoelsmense, die spontane, intuïtiewe ‘ewige kinders’. So iemand was hoofregter, later president, | |||||||||||
[pagina 280]
| |||||||||||
F.W. Reitz (1844-1934) die man wat so kinderlik bly was ‘dat daar tog eindelik 'n koerant Di Patriot in ons eie taal gedruk en uitgegee word’ dat hy ‘as 'n soort van dankoffer, £5 aan die uitgewers gestuur het’,Ga naar voetnoot1) 'n man in wie 'n bewus-nasionale drang om die eie te propageer geleef het. Reitz is in Swellendam gebore, en het na sy eerste skoolopleiding in Rondebosch, ‘Rouwkoop Huis’ onder dr. Drossel, op twaalf-jarige leeftyd na die South African College School, Kaapstad gegaan. Toe het hy in die regte gaan studeer in Engeland, in die Inner Temple Londen, en in 1868 advokaat in Kaapstad geword, waar hy tot 1870 bly praktiseer het. Toe diamante aan die Vaalrivier ontdek is, het hy as togganger daarheen gegaan en, sonder sukses, diamantdelwer geword in Pniël. Toe het hy weer 'n tyd as advokaat in Kaapstad gepraktiseer en in 1872 lid van die Kaapse Parlement vir George geword. In 1874 is hy na die Oranje-Vrystaat op uitnodiging van Brand as voorsitter van die Hof van Appèl, waar hy later hoofregter geword het toe die Hooggeregshof ingestel is. In 1888 is hy as opvolger van President Brand gekies. Twintig jaar vantevore is sy naam reeds genoem by die tweede presidentsverkiesing van Jan Brand wat sonder teenkandidaat geskied het, volgens The Friend - De Vriend ‘omdat de brandziekte hier in de Vrijstaat heerscht onder de ezels en bavianen’. In 'n hoofartikel in 1868 het die blad sy kandidatuur toe gepropageer omdat hy ‘een goed Hollandsch Taalkundige is, zijnde even kundig in het Engelsch als Hollandsch spreken,’Ga naar voetnoot2) getuie sy artikels in The Cape Monthly Magazine in 1857 oor besproeiing. Die hoë amp het hy sewe jaar lank beklee maar alles behalwe tot onvermengde genoeë van sy oorspronklike propagandiste, tot hy in 1895 weens langdurige siekte moes bedank, en opgevolg is deur 'n gebore Vrystater, leerling van dr. Brill, M.T. SteynGa naar voetnoot3) in 1897 het hy Staatsekretaris van die Zuid-Afrikaanse Republiek geword as op- | |||||||||||
[pagina 281]
| |||||||||||
volger van dr. W.J. Leyds wat tot gesant in die buiteland benoem is. Hy het die Tweede Vryheidsoorlog tot die einde deurgemaak met al sy ontberinge soos die minste kommandoburger, in die regeringslaer van Tautesberg. Na die verlies van die onafhanklikheid was hy so biter teleurgestel dat hy sy vaderland op 4 Julie 1902 'n vaarwel toegeroep het uit Delagoabaai om hom in Amerika te gaan vestig. Hy het gewag totdat selfbestuur aan Transvaal en die Oranje-Vrystaat verleen is, voordat hy op die versoeke van gen. Botha en Smuts gereageer het om terug te kom en te help aan die heropbou van sy land wat sy onwrikbare gees nodig gehad het. Toe is hy gekies tot eerste president van die Senaat en was senator van die Unieparlement van 1910 tot 1929, waarin hy as president van die Senaat eenmaal uitgetart is om sy republikeinse geloof te bely, en geantwoord het dat hy in sy siel republikein is en die republikeinse regeringsvorm nog die beste vir die land ag. Hy is in 1934 oorlede in die hoë ouderdom van byna negentig jaar in sy woning in Kaapstad.Ga naar voetnoot1) Uit die advokatetydperk in Kaapstad dateer sy eerste letterkundige proewe, o.a. ‘Die Steweltjies van Sannie’ en ‘Klaas Geswint en sijn Pert’ wat oorspronklik in die Kaapse blaaie in 1870, Het Volksblad en Cape Monthly Magazine verskyn hetGa naar voetnoot2), en later gebundel is in Vyftig uitgesogte Gedigte, 1888. In eersgenoemde word die jong mans op vermaaklike wyse, in egte Patriot-trant, teen voortvarendheid gewaarsku. Die onbesonne, voorbarige vryer wat die geliefde se voetjies in 'n nuwe paar steweltjies in sy droom gesien het en haar dadelik ten huwelik gaan vra het die volgende môre, sug later as die liefde nie meer blind is nie: ‘Hull' mag van kleine voetjies praat,
Mar Sannie het twee knewels’.
| |||||||||||
[pagina 282]
| |||||||||||
Vol humoristiese berusting in sy verdiende straf, klink die slot: ‘Dit help nou weinig om te huil,
Al het ek spyt van Sannie;
Kon ek die ou ding mar verruil
Dan sou ek - mar ek kan nie’.
Nog beter geslaag is ‘Klaas Geswint en sijn Pert’, 'n verafrikaansing van Robert Burns se ‘Tam O'Shanter's Ride’. In die Skotse digter aan wie A. Pannevis 'n hekel gehad hetGa naar voetnoot1), het Reitz, die ondersteuner geldelik en moreel van ‘Die Genootskap van Regte Afrikaners’ 'n noue geesverwant herken. Daar het selde 'n aand omgegaan in sy huislike kring waarop daar nie uit Burns of Scott gelees is nie en net soos sy vader voor hom, wat in Skotland landbou gestudeer het, het hy sy hele lewe deur die liefde vir die Skotse literatuur bewaar. Die verering vir alles wat nasionaal is, eie geboortegrond, eie taal, eie landelike mense en lewe, ook die tekortkominge soos platheid en onsmaaklikheid, oppervlakkige lawwe flouïteite en slordigheid in taalgebruik, het die twee digters, Burns en Reitz, gemeen gehad. Soos gewoonlik met 'n kopie het die geur, die essence, in baie van sy bewerkinge van Burns se verse vervlieg, en het hy net die swakhede opgevang, maar hierdie bewerking is tog in baie opsigte verrassend oorspronklik. Die verskriklike storm en al die grieselighede wat Burns daarby sleep om atmosfeer te skep, is hier weggelaat. Klaas het sy tyd verdraai op die dorp in die kantien en op weg na die plaas moet hy 'n kerkhof verby waar hy in sy drankbenewelde brein spoke sien dans. Hy skree na hulle in opgewonde meeleef en uitdagende vermetelheid, die klomp sit hom agterna en hy moet jaag so hard as hy kan tot by die rivier, want: | |||||||||||
[pagina 283]
| |||||||||||
‘'n Spook is nes 'n bokkapater,
Hij loop nie sommer in die water.
Toe, Kol, die duiwel snij jou spoor!
Hier lê die drif; HIERT, sij's daaroor!
Haar stert het hul glad uitgeruk,
Maar Klaas is los - dis een geluk’.
Van die oorspronklike Tam het weinig oorgebly; Klaas is 'n pure Hotnot in sy dranklus, sy ronddraaiery en nagtelike ritte, sy bygeloof en spokesienery, sy brutaliteit en grootspraak op 'n afstand, maar lafhartigheid in die uur van gevaar. Die idiomatiese taal van die digter, die beelde wat direk aan die bekende omgewing van die tuiste van die Hotnot ontleen is, die hele atmosfeer, is deur en deur Afrikaans. Spreekwoordelik het geword die koeplet: ‘Plesier is nes 'n jong komkommer,
As jij hom pluk, verlep hij sommer;
Of nes 'n skulpad in sij dop in,
So's jij hom vat, dan trek hij kop in’.
In egte didakties-moraliserende Afrikaanse volkstrant word die sedeles aan die slot gegee: ‘Ver die wat lus het om te draai
Wil ek mar net 'n woordjie raai:
Gedenk aan Klaas Geswind sijn perd,
En vraag jou self: Waar is haar stert’.Ga naar voetnoot1)
Kort na sy aankoms as regter in die Oranje-Vrystaat in 1874 het Reitz ook Cooper se lewendige vertelling ‘John Gilpin’ verafrikaans in ‘Jan Jurgens’, en sy bekende samespraak gedig, ‘Die Prokureur sij Hond’, wat hede ten dae nog deur Nederlandse samestellers van bloemlesings uit eie tyd vir 'n voorbeeld van Afrikaanse digkuns moet deurgaan.Ga naar voetnoot2) Die rympies wat in die | |||||||||||
[pagina 284]
| |||||||||||
verenigingslewe van Bloemfontein bekend geword het deur die voordrag van die skrywer self, en op versoek in die tweetalige tydskrif van sy kollega, regter James Buchanan, Orange Free State Monthly Magazine geplaas is, met die uitsondering van ‘Ter Nagedagtenis van Kommandant Louw Wepener’Ga naar voetnoot1), nie veel meer dan soutelose eksperimente om boeregrappigheid in die Afrikaanse vorm weer te gee nie. Die grenselose naïweteit, die chauvinisme van die patriotiese digter in die liedjie ter nagedagtenis aan die Vrystaatse held wat op Thaba Bosigo in 1866 gesneuwel het, is te verkies bo die oppervlakkige flouïteite van so menige grappige vertelling waarvoor Afrikaans as literatuurtaal in die jare sewentig uitsluitlik geskik geag is, en in een koeplet styg die toon selfs bo die alledaagse: ‘Hij leg op Thaba Bosigo,
Gên grafsteen sal hij verge.
Sij monument het God gebou
Die Bouheer van die berge’.
Maar ons moet onthou, die literêre pogings, hoe gebrekkig ook al, was alles uitvloeisel van, en propagering van die ontwakende nasionale gees. Die Eerste Vryheidsoorlog in Transvaal het ongekende nasionale geesdrif laat opwel, en soos aan alle nasionale ondernemings, 'n stoot gegee aan die strewe van die voorstanders van Afrikaans, onder leiding van S.J. du Toit en vernude lewenskrag besorg aan De Afrikaner Bond wat ook aan du Toit sy ontstaan te danke het. In die Oranje-Vrystaat is 'n tak van die Bond opgerig in 1882 deur toedoen van twee Vrystaatse mediese studente wat na hul vaderland teruggekeer het om by die verpleging van gewondes behulpsaam te wees, maar die hoofregter F.W. Reitz en die redakteur van De Express, C. BorckenhagenGa naar voetnoot2) was die eintlike Bondsleiers in die Vrystaat. Die konstitusie is die werk van laasgenoemde twee here, en waar S.J. du Toit in | |||||||||||
[pagina 285]
| |||||||||||
Di Patriot al die swaarste werk vir die propaganda verrig het, het al die mooiskrywe, al die argumente ter ondersteuning van 'n organisasie wat as leuse aangeneem het: ‘Afrika voor de Afrikaners’ in De Express, die tweede persorgaan van die Bond, gekom. Dat die beweging soveel invloedryke ondersteuning in die Republiek gekry het ondanks die teenstand van president Brand, is te wyte aan die nasionale bewussyn wat die Eerste Vryheidsoorlog opgewek het, en die vertolking na eie aard en aanleg van dié bewussyn deur die twee Vrystaatse kultuurleiers, Borckenhagen en Reitz. Reitz is altyd op sy beste, en dit is naas die grappige die mees kenmerkende van sy verskuns, waar hy die nasionale drang vertolk of propageer in watter taalvorm ook al, hetsy Afrikaans, Engels, 'n soort van Nederlands-Afrikaans of suiwer Nederlands. By voorkeur gebruik hy daarvoor nie die landstaal nie, seker omdat hy self dit nog nie geskik geag het vir hoër geestesuiting nie, maar hy laat ook nie toe dat daar smalend van gepraat word as ‘a barbarous patois’ deur eerw. A.T. Wirgman, wat ondanks sy jarelange verblyf in Suid-Afrika en sy oorspronklike Hollandse afkoms, geen woord van die taal wat hy verkleineer, verstaan het nie. As gevolg van die goedgemotiveerde betoog in 1880 van die Vrystaatse hoofregter in die pers, ontbrand daar 'n hele polemiek oor die taalvormGa naar voetnoot1). Hy bewys dat Kaaps-Hollands nie 'n ‘patois’ is nie en nog minder ‘barbaars’, en die huistaal is van 'n hele volk, ‘for that High-Dutch, as a spoken language in South Africa has any existence, excepting among a few recently arrived Hollanders, no one can contend. The Hollander may speak it for a while, but very soon he finds it more convenient to do as Rome does, and his children never speak anything but the purest Cape Dutch.’ Dit is begryplik dat die voorstanders van Afrikaans in hierdie pleidooi 'n geweldige morele steun | |||||||||||
[pagina 286]
| |||||||||||
gehad het, te meer daar die bekende hoofregter nie geskroom het om sy naam te teken nie, en van elke geleentheid het hulle gebruik gemaak om hom aan die teenstanders as 'n voorbeeld op te hou. Sy daadwerklike belangstelling in die landstaal het hy verder getoon deur Afrikaanse verse wat hy in koerante en tydskrifte teëgekom het en hom voorgekom het as beter dan die gewone rymelary, uit te knip, te bewaar en in 1888 in 'n bloemlesing uit te gee, die bekende Vyftig uitgesogte Afrikaanse GedigteGa naar voetnoot1) wat van vyftig uitgegroei het tot Twee-en-sestig uitgesogte Afrikaanse GedigteGa naar voetnoot2). Die vermeerdere uitgawe val in die kader van die skaamtelose Jameson-inval in Transvaal in 1895 en is gedra op 'n verdere golf van verontwaardiging oor aanvalle op verowerde regte en nasionale trots oor suksesvolle afweer van die aanval, wat die populariteit van die verse ten dele verklaar. Deur hierdie uitgawe het hy in wye kring bekendheid gegee aan die beste onder die vroeë Afrikaanse verse, sy eie ‘Klaas Geswint’, ‘Jan Jurgens’, ‘Louw Wepener’, ‘Die Steweltjies van Sannie’ ingesluit. Voor 'n tweede bundel uit sy pen verskyn, moes daar egter eers 'n storm oor die volk losbars, heelwat ingrypende veranderinge plaasvind wat enigsins 'n ander toon as dié van kinderlik onbesorgde grappigheid uit sy baaie laat opstyg. Reitz het die vaderlandse geskiedenis deur en deur geken en in medewerking met die geskiedskrywer, G. McCall Theal, 'n Korte Geschiedenis van Zuid-Afrika van 1486 tot 1835 geskrywe, in die tyd toe hy nog president van die Oranje-Vrystaat was, vir die gebruik van die skole in die Kaapkolonie en in die RepubliekeGa naar voetnoot3). Die bedoeling was om al die historiese gebeure in die gebiede ten suide van die Limpopo tot op datum in beeld te bring, maar hulle het slegs een deel voltooi gehad in 1895, toe allerlei omstandighede, waaronder ook die gesondheidstoestand van die president, Reitz verhinder het om verder met die werk, wat hoofsaaklik in sy geval vertaling was, voort te gaan. In Transvaal het in opdrag van die staatsekretaris, maar waarskynlik sonder | |||||||||||
[pagina 287]
| |||||||||||
sy meedoen, 'n Eeuw van Onrecht (1899) die lig gesien, waarin met gloeiende verontwaardiging die aanslae op die regte van die Afrikaner met die peen afgeweer wordGa naar voetnoot1). Na die vrede het hy in The North American Review, ter stigting van Lord Kitchener, 'n artikel gepen in dieselfde trant ‘Is it Peace?’ waarin hy betoog dat 'n vrede geteken deur manne ‘with the knives at their throats, ......may be a “peace that passeth all understanding” but it is not a peace that should be regarded as a lasting one, or as one binding upon the consciences’Ga naar voetnoot2). Na die verlore vryheid het die oud-staatsekretaris ook 'n kort lewensgeskiedenis van sy opvolger, President Steyn, geskryf, (1902) in die serie: ‘Mannen en Vrouwen van Beteekenis in Onze Dagen’, van 'n Nederlandse uitgewersfirmaGa naar voetnoot3). Rustige geskiedskrywing is dit nie, veel meer polemiek teen die vyande van die Republieke, lord Kitchener, Roberts, en die historiese voortsetting van die Vrystaatse dualiteit in die politiek, John George Fraser, Afrikaner van Skotse afkoms wat in sy onderhoud met lord Roberts na die besetting van Bloemfontein, verklaar het dat hy volkome tevrede was met die anneksasie, felle teenstander van Reitz en Steyn, skrywer van die Episodes in my Life, 1922Ga naar voetnoot4) waaronder etlike berug was. Van uit Afrikaanse standpunt dus, dikwels baie subjektief en sonder skroom vir die ander ras in sy vaderland, het Reitz as geskiedskrywer die gebeure bekyk, want ‘als de geschiedenis alles zou verzwijgen wat aanstoot kon geven, dan zou er maar weinig geschiedenis bestaan’ soos hy sê in sy Voorwoord tot sy Oorlogs- en Andere Gedichten, 1910Ga naar voetnoot5). In samewerking met J.H. Hofmeyr het hy jare later 'n veelomvattende, meer objektiewe biografie van Onze Jan help opstel, 1913Ga naar voetnoot6). In die bloemlesing van Hoekstra en Viljoen, Zuid- | |||||||||||
[pagina 288]
| |||||||||||
afrikaanse Prozabundel, 1918, gaan sy bydrae ‘Over de Waarde van Geschiedkundige Bronnen’ waarin die jeug gewaarsku word teen beroepshistorici en aangemoedig om eie landsarchivalia te lees en in ere te houGa naar voetnoot1). Waar Reitz in sy historiese prosa konstant suiwer Nederlands skryf, val die verskeidenheid van taalvorme en spelvorme op in sy verskuns. In sy laaste versbundel Oorlogs- en Andere Gedichten is 'n Engelse lesing van die belangrikste gedigte wat dikwels beter geslaag is as die Afrikaanse, opgeneem. Sommige verse is in 'n soort van Nederlands-Afrikaans, ander in Afrikaans-Nederlands en verskeie in suiwer Nederlands. Maar dit is nie die taalvorm nie, nie die gebrekkige raamwerk nie, maar die gees wat lewend maak en dié is deur en deur Afrikaans. Die vaderlander is aan die woord in die Oorlogs- en Andere Gedichten, en hoewel die bundel tien jaar na die Tweede Vryheidsoorlog verskyn het in 'n tyd van verbroedering tussen die twee rasse, van ‘vergewe en vergeet’, is die meeste verse in die hitte van die stryd geskrywe, vandaar die spontaneïteit maar ook die onversorgdheid van die taal. Die pas-benoemde senator van die Unieparlement kan nog nie nalaat om te waarsku in sy voorwoord: ‘Er zijn echter mannen en vrouwen die wij niet durven vergeten, en daden die wij geen recht hebben te vergeven, tenzij de misdadiger zich eerst bekeert’. Vlymend skerp, honend is die spot op die ‘Lady Roberts’, 'n skeepskanon wat die Engelse soldate na die vrou van hul veldheer, Lord Roberts van Kandahar, gedoop het en wat deur die Republikeinse troepe buitgemaak is in Desember 1900. Afrikaanse geestigheid in woordspeling, volksetimologie en volksvernuf is hier aan die beurt: ‘Lord Roberts is al huis toe
Die Veldheer het getrap
Maar d'ou vrouw het hij hier laat blij,
Sij hou van mieliepap’.
| |||||||||||
[pagina 289]
| |||||||||||
‘Ja, Roberts van “Kandaar”
Is nie Roberts van “Kanhier”,
En dat Tommy hier moet blijwe
Is nie enkel vir plesier’.
Die proklamasie van lord Kitchener van Augustus 1910 waarin die Republikeine bedreig word met ewige verbanning tensy hulle hul voor 15 September oorgee, was die aanleiding tot die uittartende hekeldig: ‘Die Proclamatie of Papieren Bom’, waarin die satiriese digter die Engelse opperbevelhebber 'n verklaring van sy daad laat gee: ‘Aangezien 'k gên ander raad
Ziet, dan net om groot te praat,
Schiet ik hierdie papieren bom,
Om te zien wat daarvan kom!’
Teen die twee bevelhebbers is ook ‘De Vrouwenkampen’ gerig, 'n vers vol ironie en bitterheid en magtelose woede: ‘Lord Roberts is zoo hoogst beschaafd
Met alle deugde ruim begaafd,
Zijn goedheid is zoo wonderbaar
Dit zegt hij zelf - dus is dit waar!
Lord Kitch'ner martel vrouw en kind
Omdat hij ons sóseer bemint,
En hij is toch g'en huichelaar,
Hij zegt dit zelf - dus is dit waar!’
Oorwinningsliedere weerklink o.a. op ‘Maarsfontein’, ‘Spioenkop’, ‘Colenso’ waar Tommy, wat nooit vlug nie, altyd net terugtrek, sy kanonne kwytgeraak het ‘door pure vergeetachtigheid’. By die ontvangs van ‘De Wet's Krismis-box’, 'n honderd kiste patrone, het Tommy getoon dat ‘hy er nix teên had om zelfs van 'n vyand geskenke te vat’. Dan hoor ons weer 'n weemoedige klaagsang soos op die dood van ‘Commandant Danie Theron’ of ‘In Memoriam Vecht Generaal Cornelis Johs. | |||||||||||
[pagina 290]
| |||||||||||
Spruyt’. Of hy gésel die lamsakke en renegate in ‘Die Handsupper’, wat 'n ‘Uitlantse woord en 'n Uitlantse Daad’ is, wat die grootste ramp van die oorlog was en spreek die getroues moed in: ‘Maar hou moed - in Vrijstaat en ook in Transvaal
Is daar duisende nog die nimmer aan Baal
Die knie-e zal buig; maar wat dit ook kos
Getrouw zal staan, totdat God ons verlos’,
Die verlossing het egter voorlopig uitgebly, en toe die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 gesluit is ten koste van die onafhanklikheid van die Republiek, klink die innig-droewe ‘Vaarwel aan de Vierkleur’ op: ‘Niet langer mag de vierkleur wapperen,
Met tranen gaven wij haar af.
Zij is met onze dode dapperen
Verdwenen in een eervol graf.
Gelukkiger zijn zij die vielen,
Toen nog die vlag werd opgebeurd,
Dan wij die met bedroefde zielen
Haar zagen in het stof gesleurd.
Voor haar is daar geen blijde morgen,
Wij scheiden van haar voor altijd
In 't hart der Natie opgeborgen,
En aan 't verleden toegewijd’.
Soos vir byna al die ernstige verse in die bundel, gebruik Reitz hier die Nederlandse taalvorm, en daar is geen enkele vers in die Afrikaanse taalvorm uit dié tyd, wat daar digby kom in beheerste statigheid van vormskoon en in intensiteit van Afrikaanse verbete smart. Flou, souteloos, plat klink hierby die verse uit die bundel waarin die ander kenmerk van die digter, die grappige, op die voorgrond tree, soos ‘Die Vereniging van Lammetjies-Baai’ waarin een van die lede ‘gaan klippe en bene smijte na | |||||||||||
[pagina 291]
| |||||||||||
die ander man se smoel’, of die ‘Droom van Oom Piet’, dat die Grey-Kollege immekaar stort die dag met die Openbare Eksamen en sy waarskuwing in die Volksraad die volgende dag: ‘Als wij ons land nie kapot wil laat raak
Dan moet wij terstond een nieuw College laat maak’.
‘Want als wij nog langer de zaak moet laat sloer
Dan gaat onze landje net nou na zijn moerGa naar voetnoot1).
Vermaaklik is tog die verhaal van die ‘Ou Jonkman’ wat ook wel 'n groen blaartjie lus maar dan in die karkis te lande kom, en moet aanhoor hoe sy jong meedinger die geliefde die hof maak en hom belaster in hul vryery bo op ‘die vrotsige kis’ waarvan die deksel toegeklap het. Met 'n gepaste moraal sluit die vertelling af: ‘Die storie die leer as jij ou-jonkman is
En plan maak te vrij, klim dan nooit in 'n kis!’
Met 'n enkele uitsondering soos die ‘Vaarwel aan de Vierkleur’ en ‘The Searchlight’ van sy seun, Joubert Reitz, geen van beide in die Afrikaanse vorm, is die hele digterlike oeuvre van Reitz kenmerkend van die ou tradisie in die verskuns. Dit is net maar 'n gerym vir die aardigheid of om aan te toon dat Afrikaans as skryftaal wel kan gebruik word sonder om in die minste op die sierade van kuns, diepte van gevoel en fynheid van uitdrukking te let. Daarenteen is die verse kultuur-histories van die grootste betekenis as eksperimente met verskillende taalvorms in 'n tyd toe die skryftaal nog lank nie vas en konse- | |||||||||||
[pagina 292]
| |||||||||||
kwent was nie, en as tydspieël van die gebeurtenisse wat die volkshart in beroering gebring het, hetsy in vreugde of in smart. Aan menige leser het dit in sy tyd uitbundige genot verskaf, en die betekenis daarvan is blywend verseker deur die teenswoordige beskouing van ons verskuns as uiting van die nasionale gedagte. | |||||||||||
4. J.D. Kestell, bekende predikant, literator, historikus.Waar Reitz die beste Vrystaatse verteenwoordiger is van die verskuns van die tydperk onder behandeling, is J.D. Kestell die beste Vrystaatse verteenwoordiger van die literêre prosa van die laaste kwart van die negentiende eeu. Nog meer dan die gebonde vers het die losser prosa wat algaande al losser gewoel het uit sy keurslyf van Nederlandse styfheid, geleentheid gebied vir nasionale didaktiek en propaganda, 'n geleentheid wat nie ongebruik gelaat is nie, getuie die werk van hierdie predikantliterator. John Daniel Kestell is op 15 Desember 1854 in Pietermaritzburg gebore. Dr. H.E. Faure het hom in die ou Voortrekkerskerkie gedoop en niemand minder as Eerwaarde en mevrou Erasmus Smit was sy doopgetuie. Aan die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch het hy sy teologiese opleiding ontvang waar hy in 1881 gelegitimeer is. In daardie studentjare het hy reeds blyk gegee van sy lewendige belangstelling in die Suid-Afrikaanse geskiedenis as bron van inspirasie vir die kunstenaar. Dit was hy in 1881 gelegitimeer is. In daardie studentjare het hy reeds enige jare geannekseer is ons op die vooraand van 'n uitbarsting, van 'n nasionale ontwaking soos daar sporadies in ons ontwikkeling voorkom. Van alle kante, nie die minste uit die ou Kolonie nie, word geleidelike verset gepreek en met die lewe rondom hom as uitgangspunt, gryp Kestell terug na 'n vroeër donker voorval op die Pad van Suid-Afrika waarin hy sy eie bewoë hede kan projekteer. Onder die skuilnaam ‘Africanus Jr.’ skryf hy reeds artikels in Het Zuid-Afrikaansche Tydschrift wat in 1880 in boekvorm uitgegee word onder die titel: Slagtersnek: Een Verhaal uit het Grensleven van 1815Ga naar voetnoot1). | |||||||||||
[pagina 293]
| |||||||||||
Dit is geen gedokumenteerde relaas van die opstand in die Oostelike Provinsie nie, maar 'n romanties-gekleurde historiese verhaal waaruit blyk hoe die jong student sy volksgeskiedenis as 'n worstelstryd om vryheid aanvoel en literêr probeer vertolk. Met die vulkaniese grond van sy eie tyd onder sy voete herlei hy die trilling in die verlede terug tot een en dieselfde bron, nl. die onderdrukking van die vryheidsin. Nog helderder word sy insig in sy volgende werkie, 'n tragedie in vyf bedrywe, The Struggle for Freedom, or the Rebellion of Slagters Nek onder die pseudoniem ‘Leinad’, die tweede naam van die skrywer omgekeerGa naar voetnoot1). Die jaar van die verskyning, 1881-82, was hy op reis in Europa, en het toe self in Londen 'n uitgewer daarvoor gevind, maar in die vaderland was die leeslus nog so bedroewend, die belangstelling in die eie verlede so flou en die werkie was nog so onryp dat die skrywer enige jare later sowat die hele oplaag in sy skoonvader se tuin op Stellenbosch begrawe het! 'n Dergelike slot het 'n tweede Engelse stuk, 'n roman getiteld Two Brothers te beurt geval. Toe hy geen uitgewer kon kry nie, het hy die handskrif verbrand. Dat die drama, The Struggle for Freedom, in Engels geskryf is, hoef ons glad nie te verbaas nie. Die studentetyd van Kestell was 'n tyd toe dit alles Engels was wat die klok geslaan het en hy kies dan ook gereeld hierdie medium vir die versies wat hy in die albums van sy vriende skryf, o.a. in die ‘Monumentum Theologici Seminarii’ van H.F. Schoon. Maar hoewel die medium Engels is as gevolg van die mag van die omgewing, is die stof, sowel as die gees en die strekking deur en deur Afrikaans. Die drama is geskryf onder direkte invloed van die tragedies van Shakespeare; daar is dieselfde bou, dieselfde afwisseling van die ernstige en die komiese, dieselfde archaïese retoriek, maar die botsing is tussen Boer en Brit op Afrikaanse grond om die vryheid van eersgenoemde. 'n Nuwe worstelstryd was op hande en die dramaturg wat die lewe as handeling, beweging, botsing sien, teken die Bezuidenhouts, die Prinslo's en die Botma's van Slagtersnek as vryheidshelde ‘who first essay'd to gain South Afric's freedom’. Maar die tyd was nog nie ryp nie, ‘the time | |||||||||||
[pagina 294]
| |||||||||||
for freedom was not fully come’. Hier word dan ook die neerlaag in beeldende vorm herskep sodat ons die wese daarvan onmiddellik herken. Soos telkemaal in ons geskiedenis gebeur het, val die aanvoerders nie deur oormag van die vyand nie, dus nie deur 'n mag van buite nie, maar deur die ontrou, die verraad van veragtelike renegate. Dit is teen 'n mede-Afrikaner, kommandant Willem Nel, wat Jan Bezuidenhout sterwend sy beskuldiginge slinger as hy 'u mislukte slag vir die vaderland geslaan het: ‘Begone, foul traitor, from my dying sight
Thou lovest not thy country’.
Die moderne dramaturg is hoe langer hoe meer geneig om die ondergang van sy held toe te skryf nie aan 'n Noodlot of 'n Godheid, of een of ander mag van buite nie maar aan 'n swakheid, 'n siekplek van binne in die siel wat die neerlaag bewerk. Hier lê Kestell sy vinger op die siekplek in die volksiel. Met profetiese berusting laat hy Jan Bezuidenhout sterf met die woorde: ‘I was the first to rise, but not the last,
And he is yet to come, who will not fail!’
Merkwaardig is die siening vir iemand van sy jeugdige leeftyd. Ds. Kestell se eerste gemeente was Kimberley waar hy van 1882 tot 1893 werksaam was. Daar het hy 'n reeks belangrike lesinge gehou oor die Groot Trek wat in 1893 uitgegee isGa naar voetnoot1) en waarvan later 'n Afrikaanse bewerking in die vorm van 'n ‘geskiedverhaal’ verskyn het onder die titel Die VoortrekkersGa naar voetnoot2). Die nasionale verlede in verhaalvorm te giet, was steeds sy strewe, en die sug na vryheid, waaroor die eerste hoofstuk gaan, steeds die drang wat hom tot skrywe genoop het. Vir wie hier wil kom aansit met Tagtiger-begrippe van skoonheidsdrang as die hoogste stukrag van die literator, het Kestell nie geskryf nie. | |||||||||||
[pagina 295]
| |||||||||||
In 1894 is hy op Harrismith bevestig waar hy in die geleentheid gestel is om sy skryftalent nog verder te ontwikkel. Hy skryf kortverhale vir die Gereformeerd Maandblad wat later versamel en uitgegee is in die bundel: Uit het Afrikaansche BoerenlevenGa naar voetnoot1). Dis die boerelewe op die wye uitgestrekte vlaktes op die oewers van die Modderrivier wat hier geskilder word; die ‘reuk des velds’, die landskapsbeskrywing, is onmiskenbaar dié van die Vrystaat. Waar die skrywer hom tot dusver as romantikus wat sy stof gaan put uit die eie verlede, geopenbaar het, is dit die ‘copieerlust des dagelijkschen levens’ wat hom hier bekruip. In die eerste skets, ‘De Schaapkraal’ is daar die tipiese bejaarde Vrystaatse boer Berend van Niekerk wat sy skapies op die droë het en hom nou onledig hou met swepe vleg, stroppe draai, voorslae stryk, jukskeie en veldskoene maak. Daar is die boer wat uit luiheid en agtelosigheid uit sy plaas geraak het en daar is die bywoner-tipe gewapen met egte bywonerklagtes, kwale, gebreke, en 'n kollektelys. Elke verhaal vorm 'n soort van afgeronde geheel hoewel die motief dikwels hopeloos vaag is en ons verbyster word deur al die figure wat ingevoer en die sypaadjies wat ingslaan word, maar die figuur van die ouderling, Oom Berend van Niekerk, verbind tog al die los drade, hoe lossies dan ook al. In die skets ‘Een Wonderlijke Voorzienigheid’ sien ons hom op huisbesoek saam met die predikant, 'n plig wat hom geleentheid bied vir veel bespieëling oor en vermaning teen die styfkoppigheid en rusiemakerigheid van die gemeentelede. In ‘Piet Lubbe’ is hy die ouderling op wie se plaas die Nagmaalsviering plaas vind, die mondstuk van die skrywer. Hierdie verhale, en ook ‘De Postdrijver’, wat ons terugvoer na die dae toe die poskar nog tussen Kimberley en Bloemfontein snags aangesjok gekom het, sowel as die laaste verhaal in die bundel, ‘Kerstvreugde’, dra 'n duidelike didaktiese stempel. Die grondgedagtes van die Protestantse geloof onderskryf Kestell heelhartig; hy skryf vir 'n kerkblad en in hierdie verhale meng hy die nuttige sterk met die aangename. Ongelukkig neem die nuttige by hom 'n al te groot plek in, sodat ons soms die spoor van die verhaal heeltemal kwyt raak en ons die gevoel kry dat | |||||||||||
[pagina 296]
| |||||||||||
die skrywer van die hak op die tak spring om sy betoog met des te meer bewyse te staaf. Maar dit en ook die dialoog wat 'n middeweg tussen Hollands en Afrikaans volg, staan in die teken van die tyd. Dit is kenmerke wat hy gemeen het met al sy tydgenote behalwe die enkel voorloper aan die PaarlGa naar voetnoot1). Behalwe in die Gereformeerd Maandblad het Kestell ook verhale geplaas in Ons Tijdschrift waarvan 'n sewetal gebundel is onder die titel Johanna Cloete en andere VerhalenGa naar voetnoot2). Die eerste verhaal, ‘Johanna Cloete’ asook ‘Klein Hans Smal’ en ‘Hy is nie van jou soort nie’ is weer verhale uit die geskiedenis van die Voortrekkers, die mees romantiese bladsye uit ons verlede waaruit bepaalde sedelesse getrek word. Kestell was 'n leerling van Nicolaas Beets en die wysgerig-deurademde romantiek van die meester het gedien as model vir die leerling. Die dorpskultuur wat in die res van die sketse soos ‘Hare eerste Avondmaalsviering’, ‘De Meester’, en ‘Het Beroep van den Predikant naar Y’ weerspieël word, hel bedenklik oor na die weekromantiese. Daar word veel trane gestort oor gedwarsboomde liefde, die sentimentele kom dikwels om 'n hoek loer, en dan is die beskrywings weer so saaklik en nugter dat alle ontroering daaruit weg is, maar as die vaderlandse muse die vryheidsideaal in sy oor blaas, raak Kestell werklik vervoerd, hoe verouderd ook al sy beeldspraak, hoe gebrekkig ook al sy tegniek: ‘Ja vry wil ik wees, zooals die koele luch die ik nou inadem; vry als die vogel, die de luch met zyn vlerke klief’ roep Schalk uit in die verhaal ‘Hy is nie van jou soort nie’. Dit is hierdie vryheidsin wat al sy werk beheers, wat hom so vas laat staan binne in die nasionale beweging. Sy volgende historiese roman, saam met Nico Hofmeyr geskryf, De Voortrekkers of Het Dagboek van Izak van der MerweGa naar voetnoot3) stuur hy in 1898 die wêreld in, in die hoop dat hy daarmee die opgroeiende geslag sal aanspoor om die ‘door bloed gekochte en met inspanning bewaarde nationaliteit te handhaven en zelfstandigheid | |||||||||||
[pagina 297]
| |||||||||||
met 's Heeren hulp tot het uiterste te handhaven en te verdedigen’. Die aansporing het net betyds gekom want die volgende jaar is die twee Republieke genoodsaak om die onafhanklikheid tot die bittere end te verdedig. Om die geskiedenis so aantreklik moontlik voor te stel, het hy die verhaal in die vorm van 'n dagboek van 'n denkbeeldige Voortrekker gegiet. So 'n dagboek het nooit werklik bestaan nie, 'n eminente Trekker by die naam van Izak van der Merwe ook nie, dit is net 'n geskiedverhaal in dagboekvorm waarin die vernaamste gebeurtenisse uit die Groot-Trek van die Kersnag 1834 tot op 16 Desember 1838 uiteengesit en saamgevat word. Die romankuns word hier in diens van die geskiedenis wat die hoofsaak bly, gestel sodat die roman met die grootste vrymoedigheid as historiebron kan gebruik word by 'n nie al te diepgaande studie nie. Ons ontmoet al die vernaamste figure uit die trekkersperiode hoewel daar geen sprake van diepgaande psigologiese karaktertekening is nie. Net op 'n enkele eienskap val die lig - in Sarel Cilliers is dit die ‘grootheid van siel’, in Retief ‘edelmoedigheid en openhartigheid’, in Potgieter ‘de standvastigheid en onwrikbaarheid’, in Maritz ‘de waardigheid en nugterheid’, in mevrou Smit die onverskrokkenheid, ‘een ware Deborah, een richter in Israel’. Die boek is deurweek van die awontuurlike, die romantiese, maar tog word die feite nêrens verwronge terwille van die awontuurlike nie. Maar aan die ander kant kry ons ook geen mooi harmoniesese samevloeiing van werklikheid en verbeelding nie. Die romantiese liefdesgeskiedenis van Izak en Hannie bly los van die historiese gebeure. Dit is hierdie tweeslagtigheid wat die historiese roman so'n gevaarlike genre maak, 'n moeilikheid wat selfs die beste beoefenaars van die romansoort nie altyd kan oplos nie. En Kestell is nie in die eerste plek romanskrywer nie, hy is volksopvoeder wat historiese taferele by ons wil laat verbytrek. Hy sien hoe ‘een nieuw volk, het Afrikaansche volk, uit een langen slaap ontwaakt is om zijne roeping onder Gods leiding te vervullen’, en aan hierdie volk wil hy kennis en voorligting verskaf. As hy gouer en aangenamer sy doel kan bereik deur die prente wat by te kleur, by te werk vir sy jong lesers, des te beter. So moet ons die romankuns van Kestell beskou as ons ons nie wil stoot nie aan die didakties-moraliserende van die predikante- | |||||||||||
[pagina 298]
| |||||||||||
kuns van sy tyd wat in die kader van daardie tyd moet beskou wordGa naar voetnoot1). Toe die Tweede Vryheidsoorlog uitgebreek het, het Kestell hom as veldprediker by die Harrismithse kommando gevoeg, ‘'n wandelende staanplek’, wat hy beklee het tot by die Vredesonderhandelinge op Vereeniging waar hy ageer het as waarnemende sekretaris van die Vrystaatse Volksraad. Hy het De Vredesonderhandelingen tusschen Boer en Brit in Zuid-Afrika opgestelGa naar voetnoot2) en na aanleiding van sy oorlogservaringe het werke verskyn soos Met de Boeren CommandosGa naar voetnoot3), Through shot and flameGa naar voetnoot4), Christiaan de WetGa naar voetnoot5) wat sy roem as skrywer van kontemporaine geskiedenis gevestig het. Van 1903 tot 1912 was hy predikant op Ficksburg waar hy die Leven van Professor N.J. HofmeyrGa naar voetnoot6), 'n biografie van sy skoonvader wat 'n skat van histories kennis bevat, opgestel het. Twintig jaar later het hy hom weer aan die biografie van 'n predikant gewaag, nl. die van Abraham Paul KrielGa naar voetnoot7), maar hoewel hy die onderwerp met dieselfde liefde aangepak het, vaardiger geword het in die skryfkunst wat nou tot suiwer Afrikaans oorgegaan het, kan dit wat rykdom van inhoud betref tog nie haal by eersgenoemde werk nie. Van 1912 tot 1919 was hy predikant op Bloemfontein toe hy redakteur geword het van Die Kerkbode waardeur hy genoodsaak was om na Kaapstad te verhuis. Maar sy hart het teruggetrek na die Vrystaat en reeds die volgende jaar is hy terug na daardie provinsie waar hy 'n enige plek onder die Afrikaners inneem. As oud-rektor van die Universiteitskollege van die O.V.S., | |||||||||||
[pagina 299]
| |||||||||||
Bloemfontein, Bybelvertaler en vermaarde skrywer, het ons hom geëer met erepenninge en eregrade vir wat hy ons gegee hetGa naar voetnoot1). Ons het hom lief vir wat hy is, 'n man uit een stuk op wie die reëls van Visser kan toegepas word: ‘Gelukkig is die man wat bou
Gestaag een grootse plan getrou’.
|
|