Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 2 (1875-1905)
(1949)–Elizabeth Conradie– Auteursrecht onbekend'n Kultuur-historische studie
[pagina 203]
| |
Hoofstuk VIII.
| |
[pagina 204]
| |
2. H.F. Schoon (1851-1930) kom as kind na Natal, word onderwyser en die digter van Stichtelijke Gedichtjes, 1873.Herman Frederik Schoon, gebore in 1851 te Rotterdam waar hy twee jaar skoolonderwys ontvang het voor hy op negejarige leeftyd saam met sy ouers, vier broers en drie susters met die seilskip ‘Hermanus Izak’ na Suid-Afrika verhuis het, het 'n rotsvaste Afrikaner geword wat vir die Afrikanersaak selfs gevangenskap veil gehad hetGa naar voetnoot1). Die plan van die familie was om hul in Nu-Gelderland, Natal, nou bekend as Pinetown te vestig, 'n nedersetting waarheen etlike Hollandse families geëmigreer het as gevolg van 'n pamflet van J. Colenbrander getiteld Brieven uit en over Natal (1856) en die propaganda van die Utrechtse professor G. Lauts onder sy landgenote om te verhuis na 'n land waar Nederlandse afstammelinge worstel om hul vryheid, in sy werkie De Kaapsche Landverhuizers (1847)Ga naar voetnoot2). Ook De Hollandse Afrikanen en hunne Republiek van J. Stuart in 1854, grotendeels geput uit Lauts, het die aandag gevestig op die Afrikaners wat die Kaapkolonie verlaat het en aangespoor tot emigrasie uit Nederland, almal roepstemme waaraan die familie Schoon gehoor gegee het. In 'n storm het hulle in Durban aangekom; die ‘Hermanus Izak’ moes drie weke buitekant die hawe bly lê en na 'n verder verblyf van enige maande daar het die familie na Pietermaritzburg gegaan waar ds. Pierre Huet nog in die Voortrekkerkerkie sy dienste gehou het hoewel die gemeente reeds ywerig besig was om 'n nuwe kerk te bou. Daar het Herman Frederik die godsdiensoefeninge bygewoon, sondagskoolonderwys ontvang en vol kinderlike bewondering na menige Voortrekker, waaronder ook Erasmus Smit, opgesien. Die familie was arm en as eers die moeder hul ontval in Pietermaritzburg in 1861, en in 1866 die vader op Weenen waarheen hul verhuis het, is die vyf jong kin- | |
[pagina 205]
| |
ders wat nie soos die oudste drie selfstandig hul weg kon vind nie, in Afrikaanse families opgeneem. 'n Welgestelde boer, Petrus Potgieter van Boschfontein, Houtboschland (nou in Balgowan verdoop) het Herman by hom geneem en die skrander seun 'n paar jaar laat skoolgaan by die onderwyser Karel van Vollenhoven tot ook hy die skoolmeestersamp in die plaasskole eers op Biggarsberg, daarna op Doornberg, 'n plaas anderkant Buffelrivier, kon beklee. Vyf jaar lank het H.F. Schoon hom aan die onderwys gewy onder die Natalse Boere, met behulp van die povere voorraad boeke voorhande sy eie ontwikkeling voortgesit en gedurende daardie tydperk sy eerste letterkundige proewe tot stand gebring. Die Stichtelijke Gedichtjes wat hy in 1873 in Pietermaritzburg uitgegee het, is jeugwerk met al die feile en gebreke gewoonlik aan 'n eerste bundel verbonde, maar hoogs merkwaardig as ons die weinige skoolopleiding, die tyd en plek van verblyf van die skrywer in aanmerking neemGa naar voetnoot1). Dit bevat 'n inleidingswoord deur die predikant van Ladysmith, John McCarter, waarin met regmatige trots gewys word op die ‘jongeling, die van zijne kinderjaren onder onze Natalse Gemeente is opgegroeid’ en wat nou ‘zulke gedachten en zulk talent toont te bezitten’. Die outeur self is egter minder seker van sy bekwaamheid, tenminste wat sy taalbeheer betref, want in die voorwoord versoek hy ‘den juisten taalkenner mij te excuzeren, naardien het reeds bijna bij mij is verstorven’. Dit lê voor die hand dat sy skryftaal die geykte, versteende Nederlands van die tyd sou wees, wat hy uit die Bybel en Gesangboek geleer het, as ons in aanmerking neem dat hy in 'n Afrikaanse huis en onder 'n Skotse dominee wat die mees gebroke Hollands gepraat het,Ga naar voetnoot2) opgegroei het in 'n streek waarvan die wed. Stucki in 1846 al geskryf het: ‘de Hollandsche taal wordt hier slecht gesproken door den Afrikaner. Daarvoor spreekt de Engelsman het nog veel slechter want hij heeft een | |
[pagina 206]
| |
inwendige afkeer van het Hottentotsch Hollandsch, gelijk zij het noemen’Ga naar voetnoot1). Soos die titel aandui moes die liedere tot stigting en vertroosting van sy medemens dien. Die eerste afdeling, Aan Jezus, bestaande uit vier-en-dertig geestelike liedere, herinner sterk aan die Psalme en Gesange waaruit talryke bekende reëls woordelik oorgeneem is, heel waarskynlik soos dit in sy gedagte opgekom het, om sy strofe vol te maak. So word in 'n ‘Nieuwjaarslied’, wysie Gesang 29, - die aangegewe wysie is altyd 'n aanduiding uit watter lied geput is - uit genoemde gesang en uit verskeie ander klakkeloos oorgeskryf: ‘Dierbre Heiland! Wilt mij leeren
Dat ik onder vreugd en leed
Nimmer uwe komst vergeet.
Dan zal blij mijn leven snellen
Als een klare beek daarheen.
Niets zal mij van Jezus scheiden,
'k Zal mij steeds in Hem verblijden’ ens.
Van oorspronklikheid is daar geen sprake in hierdie afdeling nie; dit is die mees in die ooglopende naskrywery vir wie enigsins vertroud is met ons kerksange hoewel die digter in die ‘Aanhangsel’ opgestel tot nagedagtenis van sy ouers darem iets minder met anderman se kalwers ploeë. Maar ook daarin is geen eie klank nie, ook daarin tril geen diep bewoënheid nie, die beelde is dieselfde afgesaagde soort van die voorafgaande verse, die maat dieselfde eentonige gedreun, maar onder al die verouderde retoriek voel ons tog dat dit 'n persoonlike ervaring was wat hom tot hierdie vers geïnspireer het, dat dit nie net blote oorskrywery is omdat hy ook graag 'n vers wou maak maar nie kon nie. Die tweede afdeling, ‘Blijdschap in God of het Ware Geluk’ bevat verskillende dankliedere soos ‘Aan God’, ‘Genade’, ‘Danklied’, maar wie verwag dat hier gesing word oor menslike | |
[pagina 207]
| |
blydskap en geluk sal bedroë uitkom, want steeds word hier maar weer gejammer oor die wêreld as 'n tranedal en 'n poel van ellende. So erg het die jong man dit nie gemeen nie; dit is maar die digterlike taal waarin die rymelaars uit dié tyd hul verse gegiet het, die beklaenswaardige peil waartoe die poësie ook in Nederland voor 1880 gesink het. 'n Koeplet soos die volgende uit 'n sogenaamde natuurgedig ‘De Morgenster’, sal 'n kritikus by wie dit alleen om die estetiese gaan, in 'n sataniese lag laat skiet: ‘Zij kondigt aan den dag
Die nu verschijnt met rasse schreden
Nu kan ik vroolijk grafwaarts treden
Op 's Heren groot gezag!’
Dit is nie die grenselose versmading van die lewe uit drang tot God wat ons by die mistieke digters soms so diep ontroer nie, dit is onbeholpe rymelary van 'n twintigjarige wat nog geen selfkritiek besit nie, met die gevolg dat die verse soos parodieë klink wat ons lagspiere sou prikkel as dit nie al te profaan sou wees nie en ons nie weet dat die digter in dodelike erns was toe hulle ontstaan het. Van 'n eie natuurvisie is daar geen teken nie, net jeugdige soet sentimentele gekweel oor Filomeel in 'n vers op ‘De Maan’ waarin die rymwoord vanselfsprekend ‘traan’ is. Die son, lente, somer, herfs, en winter word agtereenvolgens hierin besing, maar selfs in die felle sonlig en kleureprag van die Afrikaanse somer kan die digter slegs treur oor vervloë jongelingsjare en dit op twintigjarige leeftyd! In die herfs en in die winter is dit natuurlik heeltemal mis - dan is dit net een droewige gepeins oor die stille graf. Die sentimentele Nederlandse tranedigter Rhynvis Feith wie se verse ons herhaaldelik teëkom in koerante en tydskrifte uit dié tyd, moes 'n groot invloed op Schoon gehad het, en vir sover die natuurverse nie op enige gedeelte van die aardbol kon ontstaan het nie, het begrippe soos ‘beemsterveld’ en die vors ‘die man met ijzere knakken’ veel meer betrekking op natuurtonele uit die land van Feith dan uit dié van die digter self. 'n Uitsondering is ‘De Sterrenhemel’, die beste gedig uit die bundel waarin ons sien dat hy nie sy afstamming verloën nie, sy Hollandse verlede nie vergeet nie, maar die gees en strekking van die vers is tog suiwer Afrikaans: | |
[pagina 208]
| |
‘De Zevenster met niet min stralen
Blijft steeds mijn hart bij zich bepalen
Zij trekt mijn hart naar Nederland:
Den grond waarop ik ben geboren.
Het Zuiderkruis doet mij gedenken,
Dat God zijn waarheid nooit zal krenken
Hij schonk de zeeg' ons door het Kruis:
Dat kruis moet steeds mijn oog bepalen
Tot eens mijn zon ter kim zal dalen.’
Met 'n estetiese maatstaf gemeet, het Stichtelijke Gedichtjes (1873) geen waarde nie, maar as 'n produk wat onder gegewe omstandighede op 'n bepaalde historiese tydstip gelewer is, het dit wel betekenis vir wie nie alles niksbeduidend beskou omdat dit nie aan die moderne eise van poësie voldoen nie. Dit is in die eerste plek 'n bewys dat die Hollandse Afrikaners in Natal nie alleen vasgehou het aan hul taal nie, maar ook nie agtergestaan het vir enige ander provinsies in hul poging om literêre werk in die skryfvorm van die tyd te lewer in die Voortrekkergebied, toe reeds lank nie meer in Voortrekkerbesit, geografies afgesonder van die res van die land en met 'n blanke bevolking wat grotendeels Engels en van Engelse afkoms was. Vervolgens is die produk na vorm en inhoud tekenend van die predikantepoësie van die 19de eeu en in die godsdienstige strekking daarvan praeludium, voorspel van die rigting waarin die skrywer later sou ontwikkel. Anders as godsdienstige verse was vir Afrikaanse digter en leser nog so goed as ondenkbaar. | |
3. Die onderwyser word student in die teologie op Stellenbosch en die digter van Uitstorting des Harten (1884).Die drang om sy onderwysersamp vir dié van evangeliedienaar te verwissel het hoe langer hoe sterker by Schoon geword. Nie kulturele opheffing en ontwikkeling van die volk nie, maar godsdiensywer was aan die orde van die dag en hy is ongetwyfeld hierin gesterk deur John McCarter by wie hy sy belydenis gedoen het. Toen McCarter na Ladysmith gekom het, was hy nog | |
[pagina 209]
| |
ongetroud en hy het in die jong talentvolle gemeentelid 'n vriend gevind vir wie hy 'n inspirerende voorbeeld van vroomheid was. Later het sy Skotse vrou, Agnes Arnold, vroom, godsdienstig, toegewy, ‘doch die het werk van haar man en haar eigen werk in de Gemeente soms bedierf wegens gebrek aan inzicht in onzen volksaard’Ga naar voetnoot1) gekom, en kultureel het sy nog meer invloed op die jong Natalse digter gehad as haar man. Temperamenteel van aard was sy tewens digterlik aangelê en as hy op die pastorie kom, het sy van haar verse voorgelees wat hom tot groot stigting en tot aanmoediging was om sy studie voort te sit en sy digterlike talent verder te ontgin. In 1874 is die nodige geldmiddele gevind deur tussenkoms van die Voortrekker-Ouderling Gerrit Jacobus Naudé vir wie hy in sy kinderdae op Boschfontein reeds liefde en hoogagting gekoester het en kon Herman op drie-en-twintigjarige leeftyd na die gimnasium op Stellenbosch vertrek waar hy een van die eerste leerlinge van die pasaangekome dosent Nicolaas Mansvelt was en binne twee jaar die matrikulasie-eksamen met lof afgelê het. By sy aankoms het Schoon geen woord van die klassieke geken nie en behalwe rekenkunde geen wiskunde. Daar het hy 'n groot liefde vir die wiskunde opgedoen wat volgens 'n klasgenoot, J.D. Kestell, nooit verroes het nie, want in sy hoë ouderdom het hy soms nog algebraïse probleme uitgewerk omdat hy plesier daarin gevind hetGa naar voetnoot2). Daar het hy hom verdiep in die filosofie en die ingewikkelde Duitse volsinne van Duitse wysgerige skrywers volkome meester geraak. Daar het hy begin belangstel in die regte maar bo alles het hom die verskuns van alle lande en tye geinteresseer en hy het hom verder in die letterkundige genre geoefen. Sy oordeel oor kunsprodukte het by sy medeleerlinge as gesaghebbend gegeld en hy was die erkende geleentheidsdigter onder hulle. Hoewel sy volgende digbundel Uitstorting des harten pas tien jaar later verskyn het, het verskeie verse daarin op Stellenbosch ontstaan, nl. dié wat betrekking het op gebeurtenisse | |
[pagina 210]
| |
en persone uit die studentejare sowel as 'n paar stukke van algemene aard. As gimnasias het hy b.v. die ‘Lied’ gedig ‘gezongen door de kweekelingen van het Hugenoten Seminarie te Wellington, by het leggen van den Hoeksteen van het Nieuwe Schoolgebouw aldaar, 19 November, 1874’. Dit moes 'n groot eer vir die jong digter gewees het dat sy lied waardig gekeur is om by hierdie plegtige geleentheid gesing te word. Kultuur-histories het dit waarde hoewel die gedig op sigself nie besonder treffend of toepaslik is nie. In 1877 is hy weer die aangewese geleentheidsdigter om 'n ‘Lied’ te maak ‘gezongen bij de Inwijding van het gebouw der Christelijke Jongelingsvereeniging, te Stellenbosch, 6 November, 1877’, wat ongeveer van dieselfde gehalte is. Geboortedae, huwelike en sterfgevalle van vriende en familielede het hy gereeld met 'n vers herdink bv. ‘Op mijn Geboortedag’, ‘Op het huwelijk van......’, ‘Bij het geopende graf van een dertienjarig meisje’, ‘Aan...... bij het afsterven van hun kind’, alles in die konvensionele trant van die 19de eeuse geleentheidsdigter. Slegs in een van die geleentheidsverse, ‘Mijn hart vergeet u niet’, ingegee in 1877 deur die afwesigheid van sy geliefde suster, styg hy enigsins bo die banale alledaagsheid, die ‘digterlike’ taal en die konvensionele sedeprekery van die genre uit. Die trane oor sy ‘koon’, die sombere voorspelling dat hy spoedig ‘den aardschen band zal slaken’ bly nie onvermeld nie maar onder die verouderde uitdrukkinge stroom tog 'n deurleefde gevoel van studenteheimwee en verlange na die verre familiebetrekkinge. ‘'k Denk menigmaal aan 't heil te zaam met u genoten
Wij zijn op Nederlands grond uit eenen stam ontsproten;
Een moeder minde ons met liefde onverdroten;
Een vader hield het hart steeds lievende ons ontsloten......
Nu ben ik ver van u...... herhaal' het dan mijn lied:
Mijn hart vergeet u niet.’
In 1877 is hy met vyf ander, waaronder J.D. Kestell tot die kweekskool toegelaat en soos kan verwag word, is die ‘Uitstorting des harten’ nou meestal godsdienstige ontboeseminge. Hy rig 'n dankgebed ‘Aan God’ (na het afleggen van mijn examen voor | |
[pagina 211]
| |
admissie tot de Theologische Kweekschool) waarin hy juig oor die blye vooruitsig van ‘Twee paar jaren, om mij toe te rusten
Met kennis, wetenschap en wijs beleid.’
Maar die student in die teologie, hoe diep ernstig en godsdienstig ook al, was nie heeltemal afkerig van gesellige omgang met sy medestudente nie, soos blyk uit 'n tafellied, naïef en onbeholpe, maar tog opgewekter dan die orige ontboeseminge, ‘Aan mijne mede-studenten in de heilige Godgeleerdheid’ wat hy aanspoor om te eet en vrolik te wees, nie omdat hulle môre sterf nie maar ‘Tot versterking van den band
Die ons aan elkander houdt gebonden.’
Hy volg die toenmalige mode onder die studente om 'n album aan te skaf waarin sy vriende en kennisse, waaronder J.D. Kestell, J.R. Albertyn, J.H. HofmeyrGa naar voetnoot1), 'n oorspronklike of aangehaalde vers of spreuk gepen het. Hierdie Monumentum Theologici Seminarii het hy altyd met die grootste sorg bewaar en groot behae geskep in die sinspeling op sy naam wat daarin voorkom, o.a. van die latere predikant A.J. Louw: ‘Schoon alleen zij niet uw handel,
Schoon moet ook zijn al uw wandel,
Schoon elk woord dat gij moet uiten
Schoon! Ja, van binnen en van buiten.’
En dié van A. Albertyn: ‘Wat is het gebod toch schoon, Schoon!,
Uw leven moet een lofzang zijn!’
Hyself was baie gewild as albumdigter en in sy Uitstorting des Harten is nie minder as veertien gedigte wat hy ‘In het Album | |
[pagina 212]
| |
van......’ een of ander vriend of vriendin geskrywe het, opgeneem nie. Dit is 'n letterkundige genre wat heeltemal uit die mode gegaan het maar dit het 'n enorme populariteit geniet. Die Nederlandse kritikus E.J. Potgieter wat deur woord en daad bewys het dat hy nie van ‘overdrevene sentimentaliteit’ hou nie, het tog graag met sy Album Amicorum voor hom gesit. Oorspronklik was die beoefenaars van die soort nooit nie, daar ongeveer dieselfde gedagtes telkens by verskillende digters en ook by Schoon terugkeer nl. die onbestendigheid van die ondermaanse, die onwankelbaarheid van God, die verganklikheid van alle rykdom, roem en eer en die blywende van die rykdom van die gemoed en die vriendskap as die oog maar op God gevestig is. Uit 'n enkele spreek teerder gevoel as blote gerym oor vriendskap en dan is die maat vanself sangeriger, klink die toon egter, is die refrein wat die hoofgedagte van die albumvers bevat, welluidend: ‘Bemind te zijn is zoet;
Nog Zaal'ger is het, te beminnen;
Maar 't allerhoogste goed
Is, én bemind te zijn, én te beminnen.’
In 1881 as die studentetyd verby is, het hy sy ‘Afscheidsgroet aan de Theologische Kweekschool’ en ‘De Kerk des Heeren vooral met het oog op de Theologische Kweekschool’ gedig waarin die seën op die professore en studente van die inrigting afgesmeek word. Die jong proponent het 'n beroep na Nu-Bethesda in die distrik van Graaff-Reinet ontvang waar hy in 1882 sy intreerede gehou het wat in pamfletvorm uitgegee is onder die titel Intreerede, uitgesproken door H.F. Schoon te Nieuw-Bethesda (Zuid-Afrika) op 10 Junij 1882, zijnde den dag zijner ordening en Bevestiging tot Herder en Leeraar der Ned. Geref. Gemeente aldaar. Voorlopig het hy nog tyd en lus gehad om sy digkuns voort te sit en behalwe die kort uitstortinge van sy hart soos die begroeting ‘Aan Natal’ in die retoriese trant van 'n egte Bilderdijk na sy ballingskap, die vertalings of bewerkings van Engelse en Duitse verse by voorkeur uit Schiller, bv. ‘De Macht der Zangkunst’, het hy op Nu-Bethesda 'n digterlike ver- | |
[pagina 213]
| |
telling ‘Jozef’ bygevoeg by die twee wat op Stellenbosch ontstaan het, ‘Geheiligde Liefde’ en ‘Vredevorst’. Met hierdie mees geliefde vorm van sentimentele rigting en die romantiek het ook die Afrikaanse versmakers gedweep, en dit is asof Feith of Beets in sy ‘Zwarte Tijd’ self aan die woord is in die klagte oor eensaamheid, die mistroostige stemming teen 'n agtergrond van bloeiende natuurskoon, die beskouinge, uitweidinge en visioene in verband met die ‘Geheiligde liefde’ van ‘een meisje, schoon en teer’ en ‘een jong-ling nevens haar’ wat eindelik in die newels en in die maanlig in die stille graf op die kerkhof verenig word. Vir die moderne smaak grens die sombere vertelling aan die lagwekkende want die oratiese styl het nie saamgesmelt met die gevoel wat dit wou uitdruk nie en telkens in patos oorgegaan: ‘Hy stierf voor 't Vaderland op 't lof'lijk bed van eer;
Zij hoorde 't, kwijnde en stierf, en is op aard niet meer.’
Die oordrewe gevoelige romantiese verse van die Nederlandse digters het grotendeels onder prikkel van Byron en Schiller ontstaanGa naar voetnoot1), uit wie se verse Schoon dan ook herhaaldelik vertaal; maar soos altyd met navolging gaan, het die navolger net die foute van die oorspronklike opgevang en lyk die kopie bitter weinig op die origineel. ‘Vredevorst’ is heeltemal onleesbaar weens die vaagheid en newelagtigheid en verwardheid van die epiek, die duisterheid van die allegorie, maar in ‘Jozef’ bevind die jong predikant hom op bekende terrein en dan kan ons sy gedagtegang vry goed volg. Die klare eenvoud van die Bybelverhaal word egter verruil vir 'n retoriese gebulder oor die ‘Ziltig Vocht’ wat ‘biggelend langs 't aanzicht neer komt dalen’, as die ‘boezems prangen’. Die nood, die menslike gebondenheid, die angs, die boesems, alles ‘prang’ net soos by Bilderdijk - en die behoefte aan sterk effekte, aan grootspraak, aan uitweidinge en bespieëlinge, aan buitensporigheid van gevoel wat vir verhewenheid moes deurgaan, van die romantiek, verstik die skoonheid van die oorspronklike Bybelverhaal totaal. Uitstorting des Harten was 'n groot verbetering op Stichtelijke | |
[pagina 214]
| |
Gedichtjes wat die klakkelose oorskryf betref maar iets meer as jeugwerk is dit tog ook nie, met dieselfde gebreke van die eerste poging. Maar as tydspieël het dit betekenis, na die inhoud, wat Afrikaanse gebeurtenisse en omstandighede betref, na die vorm wat die 19de eeuse romantici aangaan, waarin ook sy eie ontwikkeling as digter, deur ernstige studie en goeie voorligting, weerkaats wordGa naar voetnoot1). Ds. Schoon het in 1883 'n beroep na Ladysmith aangeneem waar hy die opvolger geword het van dieselfde predikant, John McCarter, in wie se pastorie hy die digkuns leer liefkry het, wat die gemeente moes verlaat omdat sy vrou alles bederf het ‘wegens gebrek aan inzicht in onzen volksaard’. Sy afskeidsrede te Nu-Bethesda en intreerede te Ladysmith is saam uitgegee onder die titel Tweetal PreekenGa naar voetnoot2). In laasgenoemde is hy diep onder die indruk van as profeet geroepe te wees in die streek waar hy 'n groot gedeelte van sy jongelingsjare deurgebring het. Op Ladysmith het hy bewus geword van sy nasionale taak as kerkman en volksleier, en het die digkuns, 'n jeugaangeleentheid, gaan swyg. Daar is hy getroud met Maria Johanna Bester, 'n Natalse dame, daar is hulle veertien kinders gebore en daar het hulle onafgebroke saam gearbei en saam gely deur die stormjare van die oorlog en Rebellie tot hy in 1917 sy emeritaat ontvang het en daarna nog in hul hoë ouderdom, tot sy dood in 1930. Die kultuurgeskiedenis van Natal in die algemeen en Ladysmith in besonder, in die laaste kwart van die 19e eeu veral, hang dus ten nouste saam met die lewensgeskiedenis van hierdie ‘vader van die Natalse kerk’. | |
4. Die predikant se belangstelling verskuif van letterkundige na geskiedkundige terrein; hy word die uitgewer van die Dagboek van eerw. Erasmus Smit (1897).Sy kulturele belangstelling het nou verskuif van letterkundige na geskiedkundige terrein, van 'n taamlik twyfelagtige poging tot | |
[pagina 215]
| |
skeppende werk na navorsing in ons volksverlede. Die vernaamste resultaat was die uitgawe van die Dagboek van Eerw. Erasmus Smit in 1897, wat in besit was van die familie Smit naby WintertonGa naar voetnoot1). As dertienjarige seun het hy in 1864 'n openbare viering van Dingaansdag by Bloedrivier, waartoe op 'n vergadering van die Ring van Transgariep in 1863 besluit is, bygewoon, en die laaste diens wat die byna tagtigjarige in 1930 gehou het, was by geleentheid van die Dingaansdagviering op Ladysmith. Tot aan die end van die eeu hou hierdie mees romantiese tydperk uit ons verlede sy gees gaande soos ook blyk uit sy pamflet Gedenkstuk van de Gemeente Weenen, die plek waar sy vader begrawe lê. Schoon het 'n groot krag in die lewe van sy volk geword deur die herskepping, in beeld bring van die verlede maar heeltemal wetenskaplik het hy nie te werk gegaan by die uitgawe van ons belangrikste bron oor die Voortrek, die dagboek van die miskende sendeling-predikant onder die ‘uitgewekenen’ nie. Hy het gedeeltes geskrap wat hy van minder belang beskou het maar wat moontlik vir die geskiedenis van waarde kon gewees het en die hele werk ‘geredigeer’. Van bronnepublikasie en geskiedskrywing gebaseer op behoorlik aangeduide bronne het ons vroeë historici bitterweinig geweetGa naar voetnoot2) maar gelei deur sy suiwer Afrikaanse gevoel het Schoon wel geweet dat hier 'n handskrif is wat nie alleen vir die nageslag bewaar moes word nie maar in druk vermenigvuldig sodat dit in groter kring kon getuig van die verlede om die hede tot voorbeeld te wees. Hy sluit sy voorberig dan ook af met die woorde: ‘Als dit Journaal ertoe moge bijdragen om, bij de nakomelingen der Voortrekkers meerdere Vaderlandsliefde, meerdere belangstelling in de geschiedenis der Vaderen, meerderen ijver in het vermijden van de feilen en in het betrachten van de deugden der Vaderen en vooral meer vertrouwen op en meer toegewijdheid aan den God der Vaderen, op te wekken; - dan zal de ondergeteekende zijn arbeid aan hetzelve besteed, ruimschoots beloond achten’. Ongetwyfeld het hy in sy doel geslaag en hom is des te meer dank verskuldig vir die bronne- | |
[pagina 216]
| |
publikasie daar die handskrif van Eerw. Erasmus Smit verlore gegaan het met die vandalisme van die Tweede Vryheidsoorlog en die eerste druk nou die betekenis van 'n origineel het. Die vernietiging van hierdie handskrif is meteen simbool van die verwoesting van alle regte en voorregte wat die Afrikaners in Natal met moeite, opoffering en volharding tot stand gebring het in die laaste jare van die 19de eeuGa naar voetnoot1). | |
5. Taaltoestande in Natal voor 1900.In die hof, in die staat, in die skool, in die maatskaplike lewe was dit alles Engels wat die klok slaan na 1848 toe die tweede eksodus begin het, en voor 1861 was daar maar net één predikant van die Hollandse kerk in Natal wat die Hollandse vonkie onder die as kon lewendig hou. In die hof het die enkele tolk 'n armoedige bestaan gehad as vertaler van getuienis of van 'n enkele brief aan een of ander resident-magistraat uit die Boeredistrikte, Kliprivier, Weenen, Umvoti. Uit die raadsale het Hollands sedert 1845 totaal verdwyn en die regering het selfs 'n vyandige houding daarteenoor aangeneem vanaf 1851 toe die vertoë begin kom het om Hollandse predikante en Hollandse onderwysers aan te stel. Kerk en onderwys wat vir die grootste gedeelte van die 19de eeu veral godsdiensonderwys was, was, naas die begeerte om die moeilikhede met die Kaffers opgelos te kry, die hartewens van die Afrikaanssprekendes en daarvan was hulle so goed as totaal verstoke. Hulle besware teen die agteruitsetting van Hollands in die staatskole waar dit nie meer verpligtend maar 'n opsionele vak geword het, wat buite die gewone lesure moes gegee word, is byna altyd oorkom deur as bewyse aan te voer vir die noodsaaklikheid van Engels dat daar meer Engelse as Hollandse skoolboeke is en dat die Superintendent 'n Engelsman is! Die gevolg was dat die Afrikaanssprekendes van die skole af weggebly het, geen belangstelling in landsake getoon het nie, lydelike verset aangeteken het tot ongeveer 1890 wanneer die oproep van ‘De Zuid-Afrikaansche Taalbond’ aan ‘alle voorstanders der Hollandsche Taal in Zuid-Afrika’ deur die land weerklink. | |
[pagina 217]
| |
Die tyd was ryp om georganiseerd op te tree teen die vreemde kultuur wat gedreig het om ieder oomblik die eie te verstik, elkeen van die vier streke van ons land na eie aard en omstandighede. Die Hollandse beweging het hom maar flou in die gedaante van 'n Taalbond in Natal afgespieël; De Natal Afrikaner het 'n uitvoerige verslag van die stigting op die Taalkongres 1890 in Kaapstad en die Statute gepubliseer, Boereverenigings aangemoedig om takke te stig waaraan enkele soos dié van Newcastle gehoor gegee het, maar groot invloed het daar nie van uitgegaan nie omdat die bestaande ‘Natalse Boereverenigings’ prinsipieel dieselfde beoog het en beter daar geaard het as die Taalbond. Hierdie Boere-organisasie, die stigting van J.R. Herschensohnn, het hom nie alleen met landbousake bemoei nie, maar ook met kulturele na die voorbeeld van die ‘Afrikaner Bond’ en die ‘Boerebeschermingsvereenigingen’ van die Kaapkolonie en het die mondstuk van die Boere geword veral op die jaarlikse kongresse om protes aan te teken teen die onderdrukking van hul taal. Die stryd het veel meer behels as die blote taalvorm, dit het gegaan om die voortbestaan van die Hollands-Afrikaanse groep in Natal of die algehele sukses van die anglisasiepolitiek van die regering, maar eers moes die taalvorm weer 'n beskeie plek in die hof, in die staat, op skool kry. In 1897 het die afdeling Newcastle daarin geslaag om 'n tolk vir Hollands in die magistraatskantoor aangestel te kry en reeds in 1897 is die reg om die Hollandse taal in die Wetgewende Raad te besig, bevestig op aandrang van die Tweede Kongres van die Boerevereniging. 'n Reg wat egter nooit gehandhaaf kon word in dié tyd nie omdat niemand die spreker tog sou verstaan het sonder 'n tolk wat nie beskikbaar gestel is nie! Maar die reg is lewendig gehou waardeur dit vir 'n volgende generasie moontlik gemaak is om die toepassing te verkry. Op skool moes van nuuts-af vergunning gevra en afgedwing word om 'n beskeie plekkie vir Hollands, eers buite die gewone lesure, daarna as nie-verpligte skoolvak en in 1894 as een van die onderwerpe vir die volgende jaarlikse kollektiewe Novembereksamens, die sg. ‘Elementary’. Uiters langsaam maar seker het die getalle wat onderwys in die vak ontvang, gestyg, danksy die ywer van die boereverenigings en die sinodale skoolkommissie wat op die 24ste Algemene Kerkvergadering in 1892 | |
[pagina 218]
| |
in die lewe geroep is ‘om het onderwijs in de Gemeenten onzer Kerk in het algemeen en van het onderwijs in de taal onzer kerk in het bijzonder’, te behartig. Hulle slaag daarin om groter staatstoelae te kry vir plaasskole waar Hollands of Hollands en Engels gegee word, om te volhard met vrae tot hul Hollandse leerkragte kry vir die platteland en hul stem met krag in protes te verhef as die regeringspublikasie wat tweetalig sou wees, The Agricultural Journal and Mining Record, in 1898 feitlik as eentalige blad sy verskyning maak. Tyd het egter ontbreek om in laasgenoemde te volhard want die tyd van lydelike verset was verstreke, dié van beslegting van die botsing met wapengeweld het onvermydelik geword. | |
6. Ds. H.F. Schoon, kerkhistorikus, skrywer van 'n oorlogsdagboek, en godsdienstige oorpeinsinge.Aan die opbouende werk wat die verwoestende oorlog voorafgegaan het, het H.F. Schoon 'n groot deel gehad. In 1898 publiseer hy Geschiedkundig Overzicht der Ned. Geref. Kerk van NatalGa naar voetnoot1) en wys met dankbaarheid op wat reeds tot stand gebring is deur die Ned. Geref. Kerk wat toe reeds uit vyf gemeentes bestaan het, nl. Pietermaritzburg, Ladysmith, Weenen, Greytown, Newcastle, benewens die geaffilieerde gemeente Melmoth in Brits Zoeloeland. Twee jaar later bevind hy hom in die neutrale kamp Intombi, net buite die dorp, waar hy van die uitbreek van die oorlog tot 2 Maart 1900 moes bly en na die ontset van Ladysmith, van 20 Maart tot 29 Junie 1900, as gevangene in Pietermaritzburg, omdat hy onder verdenking gestaan het dat hy informasie aan die Republikeine verskaf het, hoewel daar uit die brandkas van die verwoede roker geen geheime papiere of goud maar slegs 'n rol tabak te voorskyn gehaal is, tot die teleurstelling van die Engelse offisierGa naar voetnoot2)! Dadelik na die uitbreek van vyandelikhede het | |
[pagina 219]
| |
hy sy oorlogsdagboek begin aanlê: ‘De Anglo-Afrikaansche Oorlog (1899-1902), Dagelijksche Aantekeningen van ds. H.F. Schoon, Nederduitsch Gereformeerd Predikant te Ladysmith, NatalGa naar voetnoot1), Zuid-Afrika. Die lywige manuskrip, in 'n keurige, maklik leesbare handskrif, die mees waardevolle bron vir ons kennis van die oorlog op die oostelike front, wag nog steeds op 'n uitgewer. Sy doel met die opstel van die bron was tweeërlei soos hy in die naskrif vermeld: om getuienis af te lê voor die nageslag wat eenmaal as regter sal optree teen die skreiende onregverdigheid en om sy nakroos uit eie mond te laat verneem wat hul moes ly en hoe die Heer hul gehelp het. Die inhoud kan onder drie hoofde verdeel word, nl. wat hy self beleef het en deur briefwisseling tot hom gekom het, wat hy uit boeke, koerante en tydskrifte oorgeskryf het en wat hom deur ander meegedeel is. Die saaklike daelikse aantekeninge, onder die agterdogtige oë van die krygswet en die sensuur gemaak, laat weinig ruimte vir die ‘uitstorting des harten’ oor sy persoonlike lyding en dié van sy volk maar wie tussen die reëls kan lees, hoor 'n aanklag teen geweld en onregverdigheid wat ten Hemel skrei, 'n droewige gelate klag oor eie smart wat verlore raak in die gesamentlike koor. Sy dogtertjie Naomi Huet is in die kamp oorlede en ‘ter ruste gelegd onder een alleenstaande mimosaboom aan de westzijde van het kamp. Bij gebrek aan iets beters, hebben wij haar begraven in een kruidenierskistje door de zusters met linnen bekleed.’ Wie dink nie onwillekeurig aan C.L. Leipoldt se tragiese patos: ‘Hulle het jou in Engeland gemaak, seepkissie,
Om hier in ons land as doodkis te dien.’
'n Maand later, 15 Nov. 1899, teken die bedroefde vader weer op: ‘Vanochtend hebben twee IndiërsGa naar voetnoot2), bij vergissing naar men zegt, den boom bij het graf van ons dochtertje omgehakt; en de | |
[pagina 220]
| |
magistraat heeft hen toen daarover berispt. Ook heeft de autoriteit vier ijzerdraden om het graf vastgezet; en wij hebben het met takken van den afgehakten boom omheind.’ 'n Paar maande later, 12 Jan. 1900, is hy in die grootste angs en besorgheid oor 'n ander dogtertjie wat egter glansryk uit die vlakte en bo sy skaduwees oorgekom hetGa naar voetnoot1) en teken op: ‘verledene week gaf de dokter een recept voor ons dochtertje Linde; en het bleek toen, dat de apotheker geeneen der bestanddeelen in dat recept vermeld in zijn bezit had.’ Wat my letterkundige smaak betref sou ek gewilliglik al die bewus-letterkundige pogings van Schoon wou prysgee vir hierdie terloopse aantekeninge in sy dagboek waarin die diepste roersele van die menslike hart weerspieël word en die hele smartlike lyding en vernedering van 'n volk gekonsentreer is. Onder die eerste hoof, nl. wat hy self beleef het en deur briefwisseling tot hom persoonlik gekom het, val ook interessante meedelings soos dié op Febr. 1900 van 'n besoek van sy vriend uit die Vrystaat, ds. J.D. Kestell, die veldprediker, wat nuus van familielede en van die slag van Utekwana gebring het waar Kestell teenwoordig was en die gewondes help verbind het. Verder soos dié op 6 Maart 1900 wanneer hy vir die eerste keer sedert 1899 weer pos ontvang en daaronder 'n brief vind van die intussen gestorwe F. Lion Cachet met die versoek om ‘uwe Uitgave van Eerw. Smits dagboek. Ik ben nu bezig aan de 3de Editie van mijn Worstelstrijd der Transvalers, bijgewerkt tot op heden; en daarin wil ik gaarne melding maken van uwe uitgave. Hoe verlangt mijn oud hart naar Transvaal. Doch ik ben te versleten en te onbruikbaar om onze menschen bij te staan’; soos dié op 5 April 1900 oor die vertrek van 'n ander studievriend, ds. J.R. Albertyn van Wellington met die bannelinge na St. Helena; oor kennisse onder die krygsgevangenes in Ladysmith-kamp waaronder ook 'n jong Van Warmelo, seun van ds. N.J. van Warmelo, | |
[pagina 221]
| |
predikant eers by die Hervormde Kerk, later by die Verenigde Ned. Herv. of Geref. Gemeente, Heidelberg, TransvaalGa naar voetnoot1). Wat Schoon uit boeke, koerante en tydskrifte oorgeskryf het o.a. uit The Natal Witness, De Natal Afrikaner, De Kerkbode, Het Gereformeerde Maandblad, Stemmen voor Waarheid en Vrede kan ons gedruk êrens anders vollediger terugvind, ook sy meedelings oor beleëringe en veldslae kan uit ander bronne gerekonstrueer word maar dit is die tragiese agter 'n beheerste meedeling, die blymoedigheid onder die mees benarde omstandighede wat hom, van die perskes wat sy vrou met groot moeite van die militêre in hul pastorie, na die kamp toe gestuur het, laat aanteken, 30 Jan. 1900: ‘Ze waren zoo groen en verkrompen dat wij ze onder gewone omstandigheden te slecht voor een varkenshok zouden hebben geacht; maar nu zullen wij ze gestoofd nog als een versnapering achten.’ Dit is die persoonlike klank wat uit die manuskrip opstyg wat die blywende waarde daarvan bepaal. Na die Vrede van Vereeniging 1902 het hy op versoek voorlesings gehou op Bloemfontein, Pretoria en elders en van die oorlog, wat 'n hele volk in 'n smeltkroes gebring het, getuig, 'n onderwerp wat hom nooit meer losgelaat het nie. In die jaarvergadering van de ‘Zuid-Afrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en Kunst’ hou hy op 4 Julie 1911 nog 'n voordrag ‘Vrouwen-Kampen: Het lijden van Vrouwen en Kinderen in de Anglo-Afrikaanse Oorlog 1899-1902’Ga naar voetnoot2). As hy in die lees- en studie-sirkel Chautauqua op Kestell voorlesings hou in 1906 oor die Tagtigjarige Oorlog in Nederland, uitgegee onder die titel Willem I en Willem IIIGa naar voetnoot3), voel ons voortdurend dat hy die | |
[pagina 222]
| |
worstelstryd in eie land voor oë het. Hy besluit dan ook: ‘De vrijheden die de Engelschen sedert genoten hebben en waarover zij zich vaak beroemen (hoewel zij ze sedert de Jameson-Inval in Transvaal erg miskend hebben) hebben zij naast God, vooral te danken aan Willem III, den Prins van Oranje, een Nederlander uit de Nederlanders. En daarom mogen en moeten wij, afstammelingen van 't volk van Oranje, die door Gods beschikking onder de Engelsche Regeering zijn komen staan, begeeren en verwachten dat die vrijheden ook over ons zullen worden gehandhaafd, overeenkomstig de leuze van 't Huis van Oranje: Ik zal handhaven.’ Een aspek van die nederlaag wat gely is, die rol van die ‘National Scouts’, was vir hom 'n skrikwekkende voorbeeld van wat 'n volk voor die deur staan wat te doen het met 'n imperiale moondheid wie se leuse is ‘Divide et impera’. Vandaar dat hy op kerklike gebied, die enigste gebied waarop die Afrikaner vry onafhanklik van die nuwe Britse Kolonie was en hom dus kon saamtrek as aparte groep om weer op asem te kom, 'n groot voorstander van kerkeenheid was. Die uitspraak van die Hoë Geregshof in 1862, waarby die gemeente buite die grense van die Kaapkolonie van die Kaapse Ned. Geref. Kerk afgesny is, het hy altyd betreur en die poging tot kerkvereniging in Transvaal toegejuigGa naar voetnoot1). Hy het die dryfveer tot die aansluiting van die Natalse Kerk by die Federasie van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika en tot die oprigting van die Raad der Nederduitse Geref. Kerke in 1905 geword, waarop hy in verskillende hoedanighede, in 1911 as ondervoorsitter, gedien het. Sy illusie van ‘een volk, een kerk’ is 'n ideaal wat nie naby verwesenliking is in die 20ste eeu in die Staat met die mees geslote eenheid nie - des te minder kon dit in die 19de eeu in 'n land waar daar nog geen sprake was van staatkundige eenheid met 'n groep onder Engelse bewind en 'n ander verdeel in verskillende Republieke. Selfs na die totstandkoming van die Unie in 1910, 'n staatkundige eenheid van die | |
[pagina 223]
| |
mees heterogene soort in gemeenskaplike afhanklikheid van 'n Britse Kroon, in 'n tyd wanneer die kerk nie meer dieselfde belangstelling geniet het nie, was die ideaal van ‘een volk, een kerk’, uitgeslote. Hoewel alle provinsialisme op kerklike gebied dus vreemd aan hom was, spreek dit tog vanself dat die Natalse Kerk die eerste plek by hom ingeneem het, die geskiedenis waarvan hy in vlugtige oënskou geneem het in sy openingsrede van die Natalse Sinode te Greytown, 17 April 1915, by sy aftrede as Praeses Synodi, uitgegee onder die titel Na Vyftig Jaren, 'n uiters waardevolle bron vir ons kennis van die groei van die Ned. Geref. Kerk waarin ook etlike Skotse elemente gekom hetGa naar voetnoot1) in Natal gedurende 'n half-eeu. In 1918 het daar 'n bundel oorpeinsinge van hom verskyn, De Gelijkenissen des Heeren, kort stukke na aanleiding van bekende Bybelse Gelykenisse vol praktiese lewenswysheidGa naar voetnoot2) en by sy dood in 1930 is nog 'n manuskrip, stigtelike lektuur van dieselfe soort, De Wonderen des Heeren, sorgvuldig nagesien, in sy laai gevind. Tot op die end van sy lange lewe het hy hom in diens van sy kerk en volk gestel soos die opstellers van die adres wat hom in 1911 by geleentheid van sy goue bruilof voorgelees is, dit so raak gesien het: ‘Hoe zeer behoeft ons Afrikaanse volk zijn eigen zonen en dochteren, om te werken en te strijden voor zijn bestaan en voortleven! En de gemeente, in welke gij een geheel geslacht, in een enkel geval bijna twee geslachten hebt gedoopt, bevestigd en ten huwelijk ingezegend, betuigt u hare grootste erkentelikheid; en dat niet alleen als gemeente, maar ook als telgen van onze Afrikaanse Natie. Uw werken en streven is voor en met dit volk geweest, ook om zijn geschiedenis in het ware licht te stellen; en Uw gedichten en vele lezingen getuigen van de grote kunde, ijver en liefde, die gij niet hebt geaarzeld aan te wenden, waar 't | |
[pagina 224]
| |
lief en leed van het Hollands-Afrikaanse volk en de lering en instandhouding der natie betrof.’Ga naar voetnoot1) | |
§ 7. Hollandse joernalistiek in Natal voor 1875.Die Hollandse skrywers uit Natal in die laaste kwart van die 19de eeu wat hul werk in boek- of pamfletvorm uitgegee het, is nie meer as 'n handjievol nie: P. Huet, H.F. Schoon, en daarmee is die lys sowat uitgeput. Daarenteen het daar heelwat Hollandse en tweetalige koerante sporadies hul verskyning gemaak na Moll en Boniface se eerste pogings met De Natalier in 1844, De Natalsche Getuige in 1846, en De Patriot - The Patriot ook in 1846. Gekom en gegaan het ook De Natal en Zuid-Oost Afrikaan, 1853, De Zuid-Oost Afrikaan, 1853-1855, De Ware Patriot, 1856, De Natal Bode, 1862. Al die koerante het voorsiening gemaak vir die opname van aangename lektuur wat meestal egter | |
[pagina 225]
| |
niks anders was as verkapte politiek of persoonlike satire in versof briefvorm in die jare toe C.E. Boniface en C. Moll aan die Natalse joernalistieke trans geskitter hetGa naar voetnoot1). De Natalier onder redaksie van genoemde here het 'n rubriek ‘Zonderlinge en vermakelijke geruchten van de Week’ bevat, waarin die satiriese toon kenmerkend is van die 18de eeuse vorm van vermaak in die kuns in die algemeen en van die bitsigheid van Boniface in besonder, die Afrikaanse voortsetter van die 18de eeuse tradisie van satire en hekeling in die kuns. Inderdaad vermaaklik is die brief met 'n gepaste satiriese vers daarby aan die adres van Regter Cloete en sy ‘kromgeleerde’ sekretaris oor die geknoei met die Hollandse taal: ‘Zeg Snaak! wat is dat voor een taal?
Is dat uw manier van opstellen?
Waar hebt gij toch zoo leeren spellen?
Of denkt gij veelligt, gij Snoeshaan!
Dat wij hier geen Hollandsch verstaan?
Kunt gij de pen niet beter voeren
Dan deugt gij niet hier bij de Boeren.’Ga naar voetnoot2)
Die volgende jaar heet die rubriek ‘Origineele Correspondentie’ en het Moll die toon van die hele blad enigsins versag hoewel nie sonder fatale gevolge nie, want Boniface kon nou eenmaal geen ander toon aanslaan nie. Geestig en heeltemal in die bekende trant is die stuk van ‘Een Oude Emigrant’ teen die landdros Zietsman met die gebruiklike vers daarby: ‘Landerossen, loze vossen
Wilt u houden op den duur
Uit de posten, wat 't mag kosten,
Want die druif is u te zuur!’Ga naar voetnoot3)
As 'n enkele keer 'n vers van 'n ander opgeneem word soos die Lied van A.N.E. Changuion aan die lede van die ‘Kaap de Goede | |
[pagina 226]
| |
Hoop Landbouwkundig Genootschap’Ga naar voetnoot1) is die toon 'n verademing, maar deurgaans het Boniface homself getrou gebly in sy hoon en venyn tot in die twis met sy kollega en die gewone nasleep van 'n hofsaak wat die ondergang van De Natalier beteken het. In sy eie tweetalige blad, De Natalse Getuige, wat slegs die jaar van oprigting, 1846, bestaan het, het sy wraak uitgewoed, en toe De Natalier herrys in 1846 was dit 'n tweetalige blad De Patriot - The Patriot en die redakteur 'n Engelsman, Arthur Walker. In die tweetalige blad is die rubriek ‘Origineele Correspondentie’ voortgesit maar die koue rasionalisme met sy bitsige en onsmaaklike persoonlike aanvalle, maar ook met sy prikkelende geestigheid en heldere ontleding - die produkte van 'n skerp verstand, het plek gemaak vir die gevoel maar ook die newels van die romantiek. In geen tydperk in die Dietse literatuurgeskiedenis is daar groter onsin verkoop as in die romantiese en die peil van die verskuns in die koerante het die nulpunt bereik. Wat moet 'n mens dink van sulke ‘origineele’ verskuns soos die retoriese natuurgedig. ‘Het Onweder’Ga naar voetnoot2) of die skreeuende plagiaat van Tollens in ‘Mijn Refrein’, 'n ellelange lied:Ga naar voetnoot3) ‘Wien 't jeugdig bloed door d'aders vloeit
Van alle banden vrij
Wiens hart voor vreugd' en vriendschap gloeit
Verhef' den zang als wij.’ ens.
Dan veel liewer 'n voortsetting van die ou tradisie van die satiriese toon soos in die vermaaklike stuk: ‘Houdt op zotte Davidje, gij zijt eenen Dwaes’Ga naar voetnoot4) of die onkiese ‘Besnijding en Operatie van Malle Davidjie’Ga naar voetnoot5) oor skouburgbesoek en toneel. Daar is ten minste sin in en ook egte gevoel al is dit dan van die plat, tergende muskietsoort. Die eentalige blad van Ladysmith in 1856 uitgegee, De Ware | |
[pagina 227]
| |
Patriot, wat De Patriot - The Patriot in aanspraak op nasionalisme wou oortroef soos die naam aandui, bevat die lesings van H. Cloete te Pietermaritzburg gehou, ‘De Uitgewekenen’ in vervolgstukke, en verder enkele digterlike ontboeseminge van ‘een waren Emigrant’ of ‘een ware Patriot’, heeltemal in die chauvinistiese toon van die vaderlandse sange van Di Patriot van die ‘Genootskap van Regte Afrikaners’ van veel later. In 'n ‘Vlaggelied’Ga naar voetnoot1) op die wysie van ‘Io Vivat’ word die vlaghysing op Winburg besing, en in ‘Dichterlijke Ontboezeming’ word 'n antwoord die nageslag in die mond gelê op 'n waarskynlike vraag waarom die voorgeslag weggetrek het: ‘En hier in 't woeste veld
Waar leeuw en tiger huist
Zijn tenten heeft gesteld
Zoo antwoord vrij en onbeschroomd:
Wij werden door den Brit gehoond!’Ga naar voetnoot2)
Al verskil tussen hierdie verskuns, voorlopers van die tydperk onder behandeling en die Afrikaanse van die eintlike tydperk van romantiese nasionalisme, is kwantitatief en na die uiterlike vorm alleen. Met De Natal en Zuid-Oost Afrikaan, 1853, en De Zuid-Oost Afrikaan, 1853-1855, is ons in die sentimentaliteit en moralisering en retoriese gebulder in verse soos ‘Het arm Weesje’Ga naar voetnoot3) ‘Het ouderlik Huis’Ga naar voetnoot4) ‘Aan een verrader's Vaderlands’Ga naar voetnoot5) in die rubriek ‘Origineele Correspondentie’, en ook die prosa van die rubriek is vol sieklike sentimentaliteit, romantiese onsin, dweepsieke verheerliking van die natuur, en prekery oor abstrakte onderwerpe. Slegs by uitsondering kom daar nog 'n grappige vers voor soos ‘Neef Kees en Neef Koos’Ga naar voetnoot6), 'n tipiese geval van twee honde wat om een been geveg het, of 'n geestige stuk met 'n persoonlike angel daarin soos dié oor die predikant | |
[pagina 228]
| |
Faure se haastige vertrek te perd op Sondag, 'n daad waarvoor sy berisping van ander nie sou uitgebly het nieGa naar voetnoot1). Die dagbreek van bombas en huisbakkenheid en predikante-verskuns ook in die koerante was daar en van sommige ‘origineele’ pogings is met geen sekerheid te sê of hulle hier of in Nederland ontstaan het en slegs oorgeneem is, terwyl ander weer duidelik nie tot ons penneproduksie hoort nie. Die literatuur van alle nuwe lande is altyd swak in teenstelling met die letterkunde van die land of lande waaruit die oorheersende elemente in die bevolking gestam het en as ons die lae gehalte van die Nederlandse poësie aan die begin van die 19de eeu, toe Tollens hoogty gevier het, in aanmerking neem, hoef hierdie geknutsel ons nie te verbaas nie. In 1862 verskyn die eentalige De Natal Bode waarvan die prospektus onderteken is deur drie predikante, P. Huet van Pietermaritzburg, L.G.F. Biccard van Greytown, en F. Lion Cachet van Ladysmith, wat min twyfel oorlaat oor die toon van die blad. Die godsdienstige verse soos ‘Komt Herwaarts tot mij’Ga naar voetnoot2) of ‘De vragende Zondaar en het antwoord’Ga naar voetnoot3) en vertalinge uit die Engels soos ‘To whom, my Saviour, shall I go’Ga naar voetnoot4) is byna almal uit die hand van die dweepsieke digter van Uit Natal, P. Huet, met sy sterk sondebesef, terwyl die skerp opstelle Theologicum Odium, soos ‘Godsdienst Vrijheid in de Transvaal’Ga naar voetnoot5) en die sentimentele preke soos ‘Tranen’Ga naar voetnoot6) van die hand is van die leier van die Transvaalse Kerkstryd, F. Lion Cachet, skrywer van De Worstelstrijd der Transvalers. Die ‘kleine Louis’ het blykbaar nie veel meer as morele steun tot die blad bygedrag nie. Opmerklik is dit dat die belangstelling van die Natalse Pers in die twee ander Voortrekkergebiede nou skuif van die Vrystaat na die Transvaal, dat by die satiriese politieke of persoonlike vers die godsdienstige moraliserende gevoeg word, wat dreig om die ander heeltemal te verdring. Dit sou twee | |
[pagina 229]
| |
dekades duur voor die aksent val op die landbou, die praktiese sy van die boerelewe sonder egter die kulturele te verwaarloos in De Natal Boeren-vriend (1885-1887) en De Natal Afrikaner (1886-1932) wat soos 'n feniks uit haar as telkens herrys het in verskillende gedaantes (later het dit De Afrikaner en nog later Die Afrikaner geheet) om in 1932 nogmaals en waarskynlik onherroeplik onder te gaan. Hiermee het ons gekom by 'n nuwe tydperk in die Hollandse joernalistiek in Natal. | |
8. Hollandse joernalistiek in Natal, 1875-1905. Joshua Herschensohnn, soldaat, skoolmeester, joernalis, boerevriend, romanskrywer.Die Joodse naam van Herschensohnn, vader en seun, is onafskeidelik aan die Hollandse joernalistieke arbeid in Natal en die onderhawige tydperk verbind. Joshua Herschensohnn, die oprigter van Boere-verenigings en Boere-politieke organisasies was aanvanklik die vertolker van Boere-sentiment in die Hollandse koerante wat hy opgerig en geredigeer het. De Natal Boeren Vriend in 1885 en De Natal Afrikaner in 1887. Soos sy voorganger C.E. Boniface, het hy 'n avonturierslewe vol afwisseling en rond-en-bont-springery agter die rug gehad voor hy hom in 1881 virgoed in Natal gevestig het. Gebore in Ekaterinoslav, Rusland, in 1834, uit 'n Duits-Joodse familie het hy diens gedoen in die Russiese leër en was een van die agt oorgeblewenes van sy regiment in die slag van Alma. Daarna het hy rondgeswerf deur Turkye, Palestina, Egipte en Indië, tot hy uiteindelik aan die Kaap beland het maar nie voordat sy skip digby die kus gestrand het en hy twee uur in die water moes rondspartel nie. In 1858 het hy na Natal gegaan om taalonderwys te gee, maar kon ook daar geen rus vir die holte van sy voet vind nie, en is toe na die Transoranje en die Transvaal waar hy 'n taamlik bedenklike rol gespeel het en ons hom dan ook as Engelse soldaat teen die Suid-Afrikaanse Republiek sien veg in die Eerste Vryheidsoorlog. Na die oorwinning behaal is en die onafhanklikheid teruggegee aan Transvaal, keer hy druipstert terug na Natal en wy hom aan die joernalistiek, die vak by uitnemendheid van die avonturier. Laat dit tot sy eer gesê word dat hy daarna koers | |
[pagina 230]
| |
gehou het en as joernalis in die Hollandse taal die belange van die Afrikaner met klem bepleit en verdedig het. Sy venynige aanval op president Kruger en dié se uitlander-politiek waarmee die Afrikaanse koerantlesers nie gediend was nie, in De Natal Afrikaner, waaraan die koerant dan ook sy eerste ondergang in 1904 te danke het, moet ten dele verklaar word uit sy boesemvriendskap met die aartsvyand van Kruger, Kommandant-Generaal Piet Joubert met wie hy in Wakkerstroom 'n tydlank as wetsagent saamgewerk hetGa naar voetnoot1). Herschensohnn het die ‘Natal Publishing and Printing Company, Ltd.’ help oprig en redakteur geword van die Hollandse weekbladjie van vier bladsye, De Natal Boeren Vriend, wat die maatskappy in 1885 begin uitgee het. Daarin het hy sy politiek verkondig van 'n verenigde Suid-Afrika met gelyke regte vir alle blanke seksies, 'n politiek wat aan die orde van die dag was daar Lord Carnarvon aan die planne maak was vir konfederasie van die Suid-Afrikaanse kolonies. Insgelyks het ‘Die Genootskap van Regte Afrikaners’ in die Paarl gehoop op 'n verenigde Suid-Afrika onder 'n Afrikaanse vlag en sy staatkundige verwagtinge by monde van C.P. Hoogenhout in Di Patriot uitgesing in ‘Ons Toekomstige Volkslied’ uit daardie jare: ‘Waar Tafelberg begin tot ver in die Transvaal,
Woon een verenigd volk, een algemene taal.’
In sy blad het Herschensohnn dieselfde verwagtinge gekoester en hom opgewerp as pleitbesorger vir die veronregte Afrikaanse seksie, nie sonder sukses nie, want in 1886 is nie minder as nege Boereverenigings oor die lengte en breedte van Natal gestig wat soos die Afrikanerbond en Boerebeschermingsvereenigingen van die Kaapkolonie hul nie alleen met landbou, maar ook met politieke sake bemoei het. Daarby het die redakteur gesorg vir aangename lektuur by wyse van afwisseling van die politieke haarklowery en die praktiese landbou. | |
[pagina 231]
| |
Van die eerste aflewering De Natal Boeren Vriend op 24 September, 1885 tot die laaste op 21 Oktober, 1887 van hierdie weekbladjie kom daar boeiende vervolgverhale en sketse voor uit die pen van Joshua Herschensohnn, onder 'n skuilnaam. Die eerste vervolgverhaal van hom is getiteld: ‘Florence en Vroommeyer’Ga naar voetnoot1) en die skrywer teken homself Philadelphus, almal ewe digterlike, onafrikaanse name. Dit is 'n romantiese historiese verhaal uit die Afrikaanse Boere- en Trekkerslewe wat begin het in Uniondale, Kaapkolonie, en eindig in Pietermaritzburg, vol dwase onsin van geheimsinnige moord, sterfbedbeloftes, oneindige rykdomme, en 'n hertogdom in Frankryk vir die seëvierende heldin, maar tog ook vol raak historiese tekening van Afrikaanse Trekkersprobleme en toestande. Vroommeyer, 'n Kaapse jong boer, word in sy liefde vir Florence, 'n Engelse nooi, gedwarsboom deur haar ouers wat op die boerestand neersien en in 1835 deur sy ouers, vir wie die Engelse heerskappy ondraaglik geword het, gedwing om by die Groot Trek aan te sluit. Sy suster, Margarita, is verlief op 'n offisier in die leër, Marais, 'n uitlander wat net so skeef aangekyk word deur sy aanstaande skoonfamilie, daar alle Engelse en vreemdelinge vir die ou Vroommeyer Egiptenare, en alle Boere Israëliete is, 'n ortodokse opvatting wat sy kinders gans nie deel nie. Die jong geslag triomfeer ten slotte, en word inwoners van Pietermaritzburg, nadat die skurk Goldheap, 'n groot negrofiel, ontmasker is, en Florence die lang verlore suster van Marais blyk te wees. Die motief, die botsing tussen Boer en Brit wat volgens die skrywer berus op misverstand oor die Kaffers, kom vry duidelik uit in die historiese gedeeltes van die verhaal wat egter te los staan van die romantiese, avontuurlike gefantaseer. Dat die verhaal ingeslaan het, blyk uit die weeklikse voortsetting daarvan in De Natal Afrikaner van die tweede aflewering, 10 Junie 1886 tot 30 Sept. 1887, al te same 49 hoofstukke. Herschensohnn het ondervind dat wie sy lot inwerp met die | |
[pagina 232]
| |
Afrikaner hom gereed moet hou vir stryd en opoffering en volharding want met die Engelse vennootskap wat sy weekbladjie De Natal Boeren Vriend gedruk en uitgegee het, het hy al gou gebots en was verplig om 'n ander blad, De Natal Afrikaner in Junie 1886, op te rig, die blad wat byna 'n halfeeu lank die smeulende Dietse vonkie onder die as van die Voortrekkers bewaar het. In hierdie blad het hy sy seun, J.M. Herschensohnn, die onderwyser in wiskunde aan die Pietermaritzburgse Kollege wat vergunning gekry het om na die gewone skoolure les in Hollands te gee, kragtig gesteun in sy poginge om die skreiende verwaarlosing en minagting van Hollands op skool te bekamp. Hyself het sy lesers vermaak en genoeë verskaf met die voortsetting van die verhaal oor 'n verder tydperk van nog byna anderhalf jaar wat hy oorhaastig afgesluit het in die vorige blad, miskien omdat sy drukkers en uitgewers beswaar teen sy motief gemaak het. Die verhaal word vervat met hoofstuk 13 en Philadelphus verwerp die slothoofstukke in De Natal Boeren Vriend, as nie van hom nie, in die rubriek korrespondensie van die eerste aflewering van De Natal Afrikaner. Die toneel van ‘Florence en Vroommeyer’ skuif nou hoofsaaklik na Frankryk waardeur die skrywer sy fantasie vryer spel kon gee en minder gevaar geloop het om andersdenkendes in die harnas te jaag, maar waardeur die historiese roman wat so boeiend begin het met 'n skildering van Afrikaanse mense en toestande en probleme, verloop in 'n onreële romantiese avontuurstuk, vol verrassings en dwase spektakeleffekte, so kenmerkend van die ou historiese roman. De Natal Boeren Vriend het ook 'n tweede vervolgverhaal van Philadelphus bevat, getiteld: ‘Gescheiden’, 'n stuk vol trane en wroeging en kranksinnigheid en sterfbedtonele, wat hulle in Amerika, New Orleans, afspeelGa naar voetnoot1). Nog een deur Stella, getiteld: ‘Maar een Boer’ wat in Southampton open en hom verder in Kaapstad afspeel, behandel dieselfde gewaagde motief van die liefde tussen die Engelse stadsnooientjie en die boereseunGa naar voetnoot2). Al die verhale is in die trant van die ouderwetse romantiek, onge- | |
[pagina 233]
| |
motiveerde verbeeldingspel teen 'n los, uit perspektief getekende reële of historiese agtergrond waarin die deug altyd beloon word en die kwaad gestraf, boeiende onskadelike leesstof vir 'n jong volk wat nog nie die kinderskoene ontgroei het nie. Verskeie vertaalde verhale uit die Duits is ook opgeneem en dié onderskei hul van die oorspronklike stukke deur beter tegniek, maar ook deur nog groter romantiese sentimentaliteitGa naar voetnoot1). Dit alles het egter bygedra om die Afrikaner by sy godsdienstige leesstof in 'n tydperk wat nog oorwegend godsdienstig was, vermaak en genot te verskaf sonder al te opsetlike lering en by hom leeslus en 'n smaak vir literatuur aan te kweek deur middel van sy koerant. As letterkundige pogings is die verhale in die koerant veel beter geslaag as die jammerlike onbeholpe versies, hoewel die redakteur, 'n boeiende verteller, in alte groot beskeidenheid blykbaar die ou mening toegedaan was dat slegs poësie aanspraak op letterkunde kan maak. By 'n nonsens-vers, ‘Een Lied gedicht over Jonkman’, deur M.M.B. en J.C.B. oor 'n jong man wat 'n opgestopte paddaboud of 'n gebraaide slang eet, 'n stalvloer van goud besit maar in 'n erdvarkgat vir 'n huis slaap, voeg hy 'n noot: ‘Het getuigt onzes inziens van liefde voor de taal des lands, ja zelfs zien wij het aan als een kiem voor de ontwikkeling van Afrikaansche letterkunde, en als zoodanig houden wij ons aanbevolen voor dergelijke inzendingen.’Ga naar voetnoot2) Gelukkig maar dat in vergelyking met die groot aantal prosaverhale weinig van dergelike sotte gerym opgeneem is. Kultuur-histories van belang en grappig op sigself is darem die Afrikaanse versie getiteld ‘Fortuin’Ga naar voetnoot3) deur D.F. Lourens waarin allerlei sinspelings op die ontdekking van goud en die goudkoors wat daar onder die vreemdelinge sowel as die boere geheers het in die jare 1880-1890 voorkom. 'n ‘Digger’ beledig 'n boer deur sy kraal meer waardevol dan sy beeste te vind, totdat die fortuinsoeker hom daarop wys hoe die fortuin hom, die boer, agterna geloop het: | |
[pagina 234]
| |
‘Die boer staat daar glad verstom, toen hij dit reg beskou,
Van goudkwarts is die kraal gemaak, dit sien hij duidelik nou.’Ga naar voetnoot1)
Die hele belangstelling van die Natalse Pers is soos dié van die res van die wêreld nou op Transvaal gekonsentreer. Reekse van plate van die goudvelde deur die Kaapse kunstenaar Cambrinia, bestem vir die Engelse tydskrif The Graphic, met uitvoerige verduidelikings daarby, word in 1887 geplaas, en ook ‘Transvaalsche Schetsen’,Ga naar voetnoot2) skerp geestige kritiek op die Transvaalse Regering in die algemeen en die President in besonder, wat miskien ten dele te wyte is aan Herschensohnn se vriendskap met Joubert, die teenstander van die President. In De Natal Afrikaner het Herschensohnn onder dieselfde skuilnaam Philadelphus, sy vervolgverhale voortgezit. Die roman ‘Niet hij noch zij’Ga naar voetnoot3) waarin die hoofpersone Jode en Russe is, speel in die geboorteland van die skrywer, en dra 'n sterk outobiografiese karakter. Ons voel dadelik dat die skrywer op bekende terrein is waar hy die Russiese sedes en gewoontes beskryf, en ter inleiding sê hy dan ook dat sy doel is ‘niet alleen om vermaak te verschaffen maar vooral om kennis en onderricht te verspreiden’Ga naar voetnoot4). Hoewel volgens eie verklaring sy model 'n duiwelsverhaal is, ‘Asmodeus or The Devil on Two Sticks’Ga naar voetnoot5) het Herschensohnn self so 'n spannende en avontuurlike lewe gehad dat waarheid en verbeelding hier moeilik te onderskei is, en die lesers ademloos gespanne moes gehou gewees het van week tot week, meer dan 'n jaar lank deur hierdie verhaal van die kluisenaar Alma. Waar die redakteur in sy eerste weekbladjie so gretig was om die verskuns aan te moedig, verklaar hy nou in 'n noot by 'n hopeloos onbeholpe historiese gedig ‘Uit de Worstelstrijd’ | |
[pagina 235]
| |
deur Willie McGregorGa naar voetnoot1), dat gedigte te veel ruimte opneem, en vra dat lesers hom nie moet kwalik neem nie as hy in vervolg weier om hul verse te plaas nie. Die verse wat wel opgeneem is sowel voor as na hierdie kennisgewing, is meestal uit die pen van J. van Rijn, 'n korrespondent uit Weenen, soos ‘Bede’Ga naar voetnoot2) 'n gebed om vrede in die konvensionele trant van wie nog geen oorlogsverskrikkings beleef het nie; ‘De Dooden aan den Blauwkrans’Ga naar voetnoot3) en ‘Weenen’Ga naar voetnoot4) matte historiese verse van wie nòg in werklikheid nòg in gloedvolle verbeelding die Trekkerslyding deurgemaak het, en ‘In heilig aandenken van den Wel Eerwaarden Heer Gottfried Andreas DöhneGa naar voetnoot5), 'n geleentheidstuk vol sinspelinge op die ontydige dood van die predikant van Weenen as gevolg van die laster wat hom geknak het. Nie onverdienstelik is die beeldspraak in laasgenoemde gedig, nie sonder egte menslikheid die toon: ‘Een sterke boom met groene blâren,
Diep vastgeworteld in den grond,
Kan vele zware stormen dragen,
Meer dan zijn zwakke broers in 't rond.
Maar somtijds is de slag zoo doodelijk
Zoo diep tot 't harte doorgegaan
Dat zelfs een reuzenboom gaat kwijnen,
Dat 't met zijn leven is gedaan!’
Die grappige vers in die vorm van 'n samespraak oor 'n kontensieuse onderwerp soos ‘Zamenspraak tusschen Oom Fanie en Neef Hannie’Ga naar voetnoot6) oor skyfskiet, of ‘Zamenspraak tussen Jacobus en Meester Robert’Ga naar voetnoot7) oor die Brandsiekte-wet, bly nie uit nie maar in kwantiteit sowel as in letterkundige kwaliteit het | |
[pagina 236]
| |
die verskuns van die korrespondente in die Natalse koerante die nulpunt bereik. Belangrik en kenmerkend van hierdie periode in die literatuurgeskiedenis bly die spieëlgetroue weerkaatsing van die sosiale, politieke, en kerklike atmosfeer, maar by die intellektuele krag wat in die volk aan werk was, nl. die kalvinisme wat sy uiting vind in die verskuns, kom nou ook die Europese invloed van gedagte en tegniek wat aanvanklik in die prosa tot uiting kom. Geografiese, rasse- en intellektuele invloede het 'n nuwe jong-Holands-Afrikaanse groep gevorm wat hulle deur landsgrense geskei gevind het, maar wat in die uitwis van die grense hul nou in die maalstroom van 'n groot Europese kultuurvolk sou vind. Die verafrikaanste Nederlanders soos H.F. Schoon of Europeërs soos Herschensohnn kon in die onderhawige tydperk nog leiding gee op kerklike, politieke en literêre gebied omdat hul in meerdere ontwikkeling tog een van gevoel was met die landseuns. Maar toe De Natal Afrikaner in 1904 ondergaan omdat die redakteur Herschensohnn nie meer sy vinger op die pols van die Afrikaner het in lands- en buitelandse sake nie, was Herschensohnn Junior, die gebore Afrikaner, die kampvegter vir sy moedertaal, die organiseerder van die Hollandse taalstryd op skoolgebied in Natal, die aangewese persoon om besturende direkteur te word van ‘De Afrikaner Drukkers- en Uitgevers Maatskappy Beperkt’ wat onder redaksie van J.S.M. Rabie op 14 Oktober 1904 De Afrikaner begin uitgee het as voortsetting van De Natal Afrikaner. Hiermee tree egter 'n nuwe tydperk in die Afrikaanse kultuur- en literatuurgeskiedenis in Natal in wat in 'n volgende deel sal behandel wordGa naar voetnoot1). |
|