Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 2 (1875-1905)
(1949)–Elizabeth Conradie– Auteursrecht onbekend'n Kultuur-historische studie
[pagina 136]
| |
Hoofstuk VI.
| |
[pagina 137]
| |
As die sinodale kommissie wat met die benoeming van die hooglerare belas was, gemeen het dat hulle die karaktervaste gebore Afrikaner Van der Lingen met 'n professoraat kon paai, het hul dit mis gehad, want toe hulle hom en ds. John Murray van Burgersdorp aanwys as eerste professore, ag hy hom daarvoor nie geskik nie, hy, die één enigste werklike geleerde Afrikaner van sy tyd, wat nooit versuim het om op die stem van die plig teenoor sy volk te antwoord nie. Maar hy het gelyk gehad dat hy nie geskik was nie in soverre, dat hy geen verteenwoordiger was van 'n Sinode wat in sy dualistiese verwarring geen meerderheid meer kon kry vir die mees vanselfsprekende eis aan homself as Sinode gestel, nl. dat hy sy taal tuis sowel as in die uitvoering van sy ampspligte sal handhaaf nie. Die Paarlse kerkraad het 'n memorie ingestuur nog voor Van der Lingen bedank het vir die professoraat, waarin hul versoek het dat die seminarium in die Paarl geplaas sou word met die belofte om die nodige geboue op te rig en 'n £1000 aan die fonds te gee as die sinodale kommissie daartoe sou oorgaan. Hierdie aanbod moet nie slegs gesien word as 'n begeerte van 'n gemeente om die dienste van hul predikant te behou ingeval hy sin sou hê om hom die benoeming te laat welgeval nieGa naar voetnoot1). As die protes van 'n groot minderheid, 36 teen 40 stemme, op die Sinode van 1857 teen enige sinodale besluit, wat belemmerend kon werk op die gebruik van die Nederduitse taal in 'n kerk, wat die naam dra van Nederduits Gereformeerd, was dit eerder 'n Hollands-Afrikaanse volksminderheidsbegeerte gewees. Die sterk volksminderheid soos verteenwoordig op die sinodale byeenkomste, het gevoel en geweet dat, as die kweekskool van die Ned. Gereformeerde Kerk in die Paarl opgerig sou word met ds. Van der Lingen as leidende professor, die taal van hierdie Kerk gered was en so lank die taal behoue bly, bly die wesenlike grens bestaan tussen twee andertalige groepe wat uit die aard van die dinge self, nie by mekaar hoort nie. Deur die sterk minderheidsbegeerte te fnuik, wat vir die behoud van Nederlands in die Paarl sou geywer het as hul aanbod aange- | |
[pagina 138]
| |
neem is, het die Ned. Gereformeerde Kerk self die reaksionêre gevoelskomplekse geprikkel tot beter taalinsig, d.w.s. tot beter insig in eie volkswese met die gevolg, dat juis die Paarl die sentrum word van die suksesvolle revolusie van die ‘Genootskap van Regte Afrikaners’ in 1875. Die sinodale kommissie daarenteen het gelyk gehad om in 1857 die aanbod van die Paarl van die hand te wys in soverre, dat Stellenbosch as kultuursentrum 'n beter verteenwoordiger was as die Paarl, van die dualisme wat die klein meerderheid behaal het by die stemming. Maar die groot minderheidsbegeerte was waarborg vir die toekomstige ontwikkeling nie alleen van die ‘Genootskap van Regte Afrikaners’ in die Paarl nie, maar ook van die eikedorp van Simon van der Stel tot die eerste universiteitstad by uitnemendheid van die Afrikanerdom, waar die voertaal Afrikaans sou wees. Voorlopig moes die kulturele dualisme triomfeer. Net soos ds. John Murray wat direk die benoeming aangeneem het, het ds. N.J. Hofmeyr van Calvinia hom die keuse laat welgeval toe Van der Lingen bedank het. In 1859 is die kweekskool geopen. John Murray (1826-1882) is in 1826 op Graaff-Reinet gebore as die seun van die stamvader Murray, een van die Skotte wat in 1822 deur Lord Charles Somerset ingevoer is. Saam met sy jonger broer Andrew is hy na sy land van herkoms gestuur om teologie aan die Marischall-College, Aberdeen te studeer. Aan genoemde kollege was hul oom, ook John Murray, professor en toe die kerkstryd in 1843 in Skotland uitloop op die afskeiding van die Vrye Kerk van Skotland, gaan die jong Afrikaanse aspirant-teoloë saam met hul oom oor tot die afgeskeie kerk. Na 'n kort studie-verblyf in Nederland wat egter lank genoeg was om op die ouer jongman 'n dieper indruk te maak as op die jongereGa naar voetnoot1) - wat in sy tyd as meer geniaal beskou is, maar wat tot die suiwer Hollands-Afrikaanse kultuurbou ongetwyfeld minder bygedra het - keer hul terug na hul vaderland. John word predikant van een van die noordelike grensgemeentes van die Kaapkolonie nl. Albert (Burgersdorp). Toe hy in 1859 tot professor benoem is, het sy publikasies bestaan uit De Kinderbijbel (1856) | |
[pagina 139]
| |
en 'n Catechisatie-Boek over de Leer der Zaligheid (1857)Ga naar voetnoot1), werk wat verskeie drukke beleef het waaruit blyk, dat die skrywer in die behoefte van die tyd voorsien het, maar waarin weinig oorspronkliks sit, bewerkinge in eenvoudige Nederlands van populêre Engelse geskrifte. Sy bydraes tot Elpis getuig ook meer van goeie wil as van skeppende krag. Kenmerkend van die ondiepe kennis van wie tot die wetenskap geroepe was, is een van sy eerste publikasies as professor in die vorm van 'n opstel ‘De Christelijke Volksliteratuur van Zuid-Afrika’ in die Verslag van de Werkzaamheden van de Christelijke Conferentie gehouden te Worcester (1860)Ga naar voetnoot2). Wie hier verwag om ook maar een woord oor die literatuur van eie bodem te verneem, sal bedroë uitkom. Tog is dit tenminste 'n poging van die skrywer om homself rekenskap te gee van wat die volk lees aan Nederlandse lektuur. Die eerste boekery van die kweekskool het egter so goed as uitsluitlik uit Engelse werke bestaan. Dieselfde tipe van meegaande uitvoerder van die wil van die dualistiese meerderheid hoe klein ook al, geen geniale skepper nie, was sy kollega ds. N.J. Hofmeyr. | |
2. Ds. N.J. Hofmeyr (1827-1909).Nicolaas Jacobus Hofmeyr was die oom van Jan Hendrik Hofmeyr (Onze Jan). Die stamvader van die Hofmeyrs was Jan Hendrik, gebore in 1721 in die graafskap Lingen, destyds die besit van Willem III, stadhouder van Holland en koning van Engeland. Hy is oorlede in 1805. Die vader van Nicolaas is Jan Hendrik (1789-1862) en die kerkman, dr. Servaas Hofmeyr, is sy broer. Die familie het in Kaapstad gewoon in die dae toe Adderleystraat nog 'n ‘gracht’ was, waar aansienlike koopmans gewoon het, wat, hoewel geheg aan hul kerk, geen groot geesdrif daarvoor openbaar het nie. Nicolaas het weinig Engels in sy omgewing gehoor en gevolglik weinig kennis van dié taal gehad. Eers op sestienjarige leeftyd leer hy die taal van Engelse offisiere uit Indië, wat in Kaapstad | |
[pagina 140]
| |
hul rustyd deurbring. Die Engelse kom dikwels aan huis by ds. Abraham Faure, wat getroud was met die dogter van 'n Skotse offisier, en as hulle dan 'n gids vir bergklim nodig het, word Klaas Hofmeyr ontbied. Hy en J.H. Neethling van Stellenbosch het saam skoolgegaan in die skool van die Maatschappij Tot Nut van 't Algemeen (gestig 1804). Hierdie skool was die vooraanstaande private ‘Hollandse’ skool van sy tyd, het steeds uitgeblink deur sy metodes van onderwys w.o. inbegrepe moedertaalonderwys, en het besondere aandag gegee aan godsdiensonderwys. Die skool het 'n belangrike bydrae van groot manne oor Suid-Afrika gelewer en veel gedoen om die Hollandse taal in Kaapstad te handhaaf en deur sy werk en die manne wat hy voortgebring het uiteindelik erkenning vir Hollands naas Engels in skool en staat te verkry. J.H. Hofmeyr, skriba en later moderator van die Ned. Geref. Kerk, prof. J.I. Marais en Onze Jan was almal leerlinge van hierdie skool. Op sestienjarige leeftyd kom N.J. Hofmeyr tot bekering en, enige tyd daarna, haal dr. A. Faure hom en sy vader oor om die begaafde jongeling tot predikant te laat oplei. Onder die welbekende pedagoog, dr. A.N.E. Changuion, ontvang hy sy verdere opleiding en studeer so ywerig, dat hy in sy twintigste jaar na Utrecht kan gaan. Hy vertrek in 1847 met Hendrik Faure na Engeland, waarvandaan hy na Holland oorvaar en op die boot die gevierde digter van Heemstede, Nicolaas Beets ontmoet, met wie hy later sterk bevriend raak. In Utrecht sit hy sy teologiese studie voort, maar sy eie teologiese professore interesseer hom minder as die liberalistiese Opzoomer. Hy het egter die ortodokse rigting getrou gebly vir sover dit die leerstellings van die kerk betref. Hy is verras om te ontdek dat Het Leven van M.C. Vos in Utrecht goed bekend is, en vind dat die Hollanders in hom belangstel omdat hy uit die land kom waar M.C. Vos gearbei het. Om gesondheidsredes bly Hofmeyr nie om te promoveer nie en keer in 1850 terug na sy vaderland. Hy word leraar op Calvinia, wat in daardie dae 'n heel klein dorpie is. In die Hantam leer hy die eensaamheid ken as die boere Maandagmôre tente afslaan en wegtrek na hul plase. Sy arbeid hier was nie van die gelukkigste nie, want hy het met sy gemeentelede oorhoop geraak toe hy kleurlinge in die kerk wou toelaat. Hy was in hierdie jare | |
[pagina 141]
| |
jonk en onervare, en aan rypheid en mensekennis sou hy in later jare nog veel win. Deur sy groot ywer vir sy werk was hy ook soms onbesonne en voortvarend in sy optrede, en dit het veral geblyk uit sy houding ten opsigte van die sending, waarin hy soos Van Lier, M.C. Vos en Kicherer veel belang gestel het. Ook op ander gebied het hy aktief opgetree. Hy was sy vriend John Murray behulpsaam gewees met die oprigting van die Zuid-Afrikaansche Boekvereeniging in 1853. Dit was 'n liggaam wat hom beywer het vir die verspreiding van lektuur van stigtelike of christelike aard, veral onder die platelandse bevolking wat in hierdie tyd feitlik heeltemal verstoke was van alle geriewe van kulturele of opvoedkundige aard. In 1857 word ds. N.J. Hofmeyr deur die Sinode naas John Murray benoem tot professor van die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch. Hierdie benoeming is voor die tyd aan beroemde Hollandse teoloë soos Nicolaas Beets en Van der Ham aangebied en deur hulle van die hand gewys, en eweneens aan ds. G.W.A. van der Lingen, wat dit hom ook nie laat welgeval het nie. Ds. Hofmeyr is in die besonder aangemoedig deur ds. Andrew Murray, wat hom uit die felle pennestryd met A.N.E. Changuion van 1853 leer ken het as 'n teoloog met 'n heldere begrip van leerstellige vraagstukke, 'n vaardige pen en 'n dapper stryder vir sy eie oortuigings. Die kweekskool is op 1 November 1859 ingewy met dr. John Murray en N.J. Hofmeyr as dosente, en hier het laasgenoemde die kroon op sy arbeid in die geestelike wyngaard van ons volk gesit, en onder sy leiding en godvrugtige voorbeeld het die meeste leraars van die Ned. Geref. Kerk in die laaste helfte van die neëntiende eeu hul teologiese vorming ontvangGa naar voetnoot1). Tot dieselfde beminlike soort as die eerste twee professore van die kweekskool, geen kragtige maar onontbeerlike ‘taktvolle’ tipes vir 'n kultureel oorheerste volksgroep in die eerste stadia van homself loswoel uit die oorheersing, het ook behoort hul vriend ds. J.H. Neethling, die jong predikant van Prins Albert wat uit die staanspoor uit sterk gepleit het vir die oprigting van | |
[pagina 142]
| |
die seminarium en in 1858 in die ontstane vakature op Stellenbosch tot predikant bevestig is. Murray, Hofmeyr, Neethling, besadigde jongmanne, wat nou eenmaal kennis van Engels ten koste van alle ander vakke tot die beskaafde opvoeding van die Afrikaner gereken het, het die eerste leiding in hande gehad nie alleen van die kweekskool nie, maar ook van die gimnasium wat in 1864 hoofsaaklik deur hul toedoen in die lewe geroep isGa naar voetnoot1). Dit verbaas ons dan ook nie, dat die stigting wat moes voorberei vir die admissie-eksamen tot die kweekskool en die goewernements-eksamen vir die ‘Secondary Certificate’ in die lettere en wetenskappe die tweetalige naam kry van ‘Het Stellenbosch Gymnasium of First Class Undenominational School’. Tot eerste rektor is benoem 'n Skot, die Revd. W.E.W. Braid in 1866, wat na drie jaar sy amp neerlê om na sy vaderland terug te keer en opgevolg word deur 'n ander Skot, die Revd. C. Anderson wat die rektoraat tien jaar volhou, van 1869 tot 1879, en tewens van 1874 tot 1879 hoof was van die in 1874 ingestelde ‘Arts Department’. Hoeveel daar tereg gekom het van Hollandse onderwys onder dergelike leiding by 'n geslag wat reeds lamgeslaan was en 'n skoolwet voor hom sien passeer het waarby bepaal is, dat alleen Engels as voertaal in alle eerste en tweede klas regeringskole en 'n jaar later ook in die derde klas skole sou gebruik word, lê voor die hand. Die noodsaaklikheid van deeglike onderrig in die Nederlandse taal is gevoel, maar dat dit as voertaal 'n algeheel ander plek in die onderwys moes inneem as die ander twee ‘modern languages’, Duits en Frans, het in niemand se hoof opgekom nie. Aan professor Hofmeyr is opgedra om 'n leerkrag te vind om tenminste vier uur in die week in Nederlands onderwys te gee teen 'n salaris van £1.10 per maand. Dat hy niemand beter kon vind teen hierdie besoldiging as een van sy teologiese studente uit die vlottende studente-gemeenskap nie, om telkens tydelik die hulp te verleen, is begryplik. Die hele reëling teken | |
[pagina 143]
| |
die toestand van Hollandse onderwys op Stellenbosch voor 1875. As die nood op die hoogste is, is die redding egter die digste by. In 1874 arriveer 'n jong Nederlander, Nicolaas Mansvelt, uitgekom op aandrang van ds. J. Lion Cachet, om onderwyser te word in die moderne tale aan die gimnasium van Stellenbosch. | |
3. Nicolaas Mansvelt (1852-1933)Ga naar voetnoot1).Nicolaas Mansvelt het in September 1874 op aandrang van ds. J. Lion Cachet na Suid-Afrika gekom as leraar in moderne tale aan die gimnasium te Stellenbosch. Volgens sy bevindinge het Hollandse onderwys bestaan in oorhoor van taalreëls, verbuigings en vervoegings wat die kinders van buite geleer het uit die Beknopte Spraakkunst van Hagoort, waarvan net een eksemplaar, of liewer stukke waarvan as gemeengoed diens gedoen het vir die hele klas, en agter die rug van die voorman wat respondeer, geplaas word. Verder het hulle stukkies uit Engels in Nederlands en uit Nederlands in Engels vertaal. Net uit een leesboek onder die titel Europa wat uit Engels oorgesit is in taamlik gebrekkige Nederlands het die klas gelees. Vir die kindervoordragte is uitsluitend Engelse gedigte voorgeskryf en aan die slot van iedere gedig wat dikwels ver buite die begripsvermoë van die Afrikaanse kind gelê het, het die onderwyser se bevel gelui: ‘Quote your author’Ga naar voetnoot2). Van agteraf gesien is dit beskamend dat die slaafse houding so in die smaak geval het dat gebore Nederlanders soos Mansvelt nodig was om die gevestigde Kaapse families die vernederende in 'n dergelike onderwysstelsel te laat insien. Maar die Engelse taaloorheersing in aanmerking geneem, is die wonder nog dat Mansvelt spoedig daarin slaag om die eerste wesenlike teenstelling, Nederlands teenoor Engels, Hollandse Afrikaner teenoor Brit weer skerp te trek ten opsigte van taal. Dit was die sine qua non | |
[pagina 144]
| |
vir die later oorwinning van Afrikaans, want waar 'n stryd gaan om volksbehoud kan geen enkele stap oorgeslaan word nie. Eers weer terug na Nederlands om op krag te kom en dan kan die Afrikaanse vorm van Nederlands veilig aan die toekoms oorgelaat word, was die onbewuste redenering. Hy rig selfs 'n vrywillige Hollandse leesklas op vir dames, gedagtig aan die invloed van die vrou, en as 'n klein teëwig vir die ‘seminaries’ vir meisies wat die tallose Angelsaksiese onderwyseresse wat toe die land binnegestroom het orals op die groot dorpe gestig het. Van uit Nederland stuur prof. dr. C. Bellaar Spruyt kiste met boeke wat dan in die klaslokaal aan sommige teen hul sin aanvanklik, uitgedeel is of as pryse toegeken is en waardeur selfs later ook vir die aanvanklik onwilliges 'n nuwe wêreld van gedagtes oopgegaan het. Wat nog belangriker is, hierdeur raak die leerlinge bekend met die Hollandse benaminge vir bekende voorwerpe, wat hulle tot dusver alleen met die Engelse terme aangedui hetGa naar voetnoot1). Maar altyd moet hy die ontmoedigende verwyt hoor, dat die ‘grammar’ tog al te swaar is. Die willekeur in die spel- en taalreëls word dan ook erger vir die Afrikaner deur die volmaakte onverskilligheid waarmee die beskaafde Nederlander in sy spreektaal die geslagsreëls veronagsaam. In 1884 verskyn sy IdioticonGa naar voetnoot2). In die voorberig deel hy mee, dat by sy vertrek uit Holland 'n goeie vriend hom die raad gegee het om op te teken wat hom in die uitspraak of woordgebruik van ‘Kaaps-Hollands’ as vreemd voorkom sodat sy gehoor na verloop van tyd nie ongevoelig sou word vir foute wat sy plig as onderwyser in Nederlands hom gebied om te verbeter nie. Sy lys het in tien jaar so aangegroei dat hy die Idioticon kon uitgee! Toe in 1885 die ‘Stellenbosch-college’, wat uit die Gymnasium gegroei het, 'n werksame lid van die Universiteit van de Kaap de Goede Hoop word onder die naam van ‘Victoria-College’ - dis veel aan Mansvelt se invloed te danke dat die voorgestelde naam ‘Queens College’ nie deur gegaan het nie daar hy gehoop het dat | |
[pagina 145]
| |
die bygedagte aan ‘oorwinning, viktorie’, die wrange Engelse smaak van die naam sal temper - en hy gevra word om as professor die leerstoel vir moderne tale te beklee, is hy in die geleentheid gestel om met groter gesag die taalmoeilikhede aan te pak. En deur sy kennis van en belangstelling in Afrikaanse onderwyssake was hy uitmuntend geskik vir die werk. Gunstig gestem teenoor Afrikaans, die spreektaal, was hy in die begin nie, soos ons kan verwag van iemand wat uitgekom het met die bedoeling om suiwer Nederlands te bevorder, maar reeds in 1880, vyf jaar na die stigting van die ‘Genootskap van Regte Afrikaners’, skryf hyGa naar voetnoot1) ‘my opinion about Cape Dutch is much different to what it was years ago - as my knowledge of Cape Dutch increased, my opinion was changed, and I have been led to observe much good which I at the first acquaintance had overlooked’. Maar om te sê dat Afrikaans die hele Nederlandse Woordeboek van A-Z tot sy beskikking het soos F.W. Reitz argumenteer, wat toentertyd in 'n hele rusie met die Rev. A.T. Wirgman gewikkel was oor dié se aantygings van ‘the barbarous patois’, klink vir Mansvelt byna net so ongerymd as wanneer 'n Hollander sou beweer dat sy taal die rykste was, aangesien dit nie alleen oor 'n eie woordeskat beskik nie, maar ook dié van haar magtige bure tot haar diens het. Wat sy opvatting oor die beperktheid van die Afrikaanse woordeskat en die literêre moontlikheid van die taal betref, staan hy in 1880 ongetwyfeld aan die kant van Wirgman cum suis, hoewel hy dié se oplossing om dan maar Engels as medium te aanvaar met veragting verwerpGa naar voetnoot2). ‘Hoe het mogelijk is, in eene taal, waarin telkens dezelfde woordvormen als 't gestadig neervallen van waterdroppels door een lekkend dak, wederkeeren, - hoe men daarin in dichterlijke taal de duizenden verscheidene aandoeningen der ziel en de nogmaals duizenden verschillende stemmen der natuur in passende en klanknabootsende woorden en klankverbindingen zou kunnen weergeven, is mij een raadsel.’ Dat die raaisel oplosbaar was, kon | |
[pagina 146]
| |
seker geen geslag van neerlandici vermoed het wat hulle blind gestaar het op die verskil tussen Nederlands en Afrikaans wat in die defleksie die meeste sigbaar was, sonder om die verbasende ooreenkoms in sinsbou, woordeskat, uitspraak, raak te sien nie. Die illusie van 'n eensame taalstryer soos Changuion om die Afrikaner te leer om hom van 'n taal soos dié wat in Nederland gepraat word te bedien, moes ook Mansvelt al gou laat vaar. Die onderskeid in volksaard, begrippe en belange het nou eenmaal te groot geword en die taalonderwys was te lank verwaarloos, maar dat Nederlands in Afrikaanse gewaad van die aarde sou verdwyn, glo hy nie. Hy onderwys Nederlands omdat dit die taal is wat aan die moedertaal van verreweg die meeste van sy leerlinge die nouste verwant is - ‘'t is de moedertaal hunner moedertaal’, en solank die Afrikaner hom nog van hierdie taal bedien in sy kerk, sy huisgodsdiens, in openbare vergaderinge, het hy reg om te eis dat sy kinders in die taal onderwys word. Nêrens sê hy in hierdie voordrag dat Nederlands in enige Afrikaanse kring ook as algemene omgangstaal gebesig word nie, maar later op 'n kongres te Kortrijk siteer hy met instemming wat 'n anonieme skrywer van drie artikels omstreeks dieselfde tyd in The Cape Monthly Magazine teen Reitz aangevoer het, nl. ‘the majority of the better class, although not making use of the peculiar nasal twang and guttural utterances which usually reveals the native of Holland, yet speak High Dutch, in a slightly modified form, it is true, but still in a form which differs from the purest Cape Dutch as day does from night. Their grammar may now and then be at fault and the distinctions of gender may be disregarded, but in the main their language is defective High Dutch and by no means purest Cape Dutch’Ga naar voetnoot1), en verder: ‘High | |
[pagina 147]
| |
Dutch, as a spoken language has an existence in this colony, although as a rule only among the better classes, and in a slightly modified form.’ Hoewel hierdie skrywer ons verseker dat hy sy ondersoek in 'n wye kring, nie alleen in die stede, maar ook op die platteland ingestel het, kan ons nog aan die betroubaarheid van die uitspraak twyfel, omdat hy so antipatiek teenoor Afrikaans en Di Patriot staan. Maar hoe is dit gesteld met die kommentaar van Mansvelt hierop? ‘Ik houd er dus voor, dat de Afrikaner, die maar eenigszins tot de klasse der ontwikkelden en gegoeden kon gerekend worden, steeds zoo goed mogelijk Nederlandsch heeft trachten te spreken; dat hem dit beter gelukte, naarmate hij beter en langer Hollandsch onderricht had genoten, getrouwer de Bijbel las en vaker met predikanten, ambtenaren en andere beschaafden in aanraking kwam; dat echter het patois der kleurlingen, met wie hij van kindsbeen af dagelijks moest omgaan, voortdurend zijn afbrekenden invloed op de taal hunner meesters bleef uitoefenen en dat met te beteren uitslag, naarmate deze in minder gunstige omstandigheden verkeerden om de moedertaal te leeren of te onderhouden; dat dus het verwordingsproces slechts langzaam geweest is en eerst in den loop der 19de eeuw zijn beslag heeft gekregen, ten gevolge van de.... veranderde staatkundige omstandigheden’Ga naar voetnoot1). Mansvelt was van mening dat, as Nederland maar een keer offisieel die onnodige ballas van haar inkonsekwente De Vries en Te Winkel spel- en geslagsreëls kon afgooi, sou die Afrikaner vanself 'n ander houding teenoor die studie van Nederlands inneem. Jare later verwyt hy Te Winkel nog dat as die vereenvoudigde Kollewyn-spelling deurgegaan het sake miskien anders op taalgebied in Suid-Afrika sou afgeloop hetGa naar voetnoot2). In 1890 verskyn daar artikels van hom en van ds. A. Moorrees | |
[pagina 148]
| |
- destyds predikant te Richmond - waarin hul op die gebiedende noodsaaklikheid van 'n algemene Taalkongres wysGa naar voetnoot1). 'n Voorlopige vergadering kom in die Paarl byeen waar besluit word dat die kongres in Oktober van dieselfde jaar nog gelyktydig met die sinodale sitting van die Ned. Gereformeerde Kerk in Kaapstad gehou sou word. Op hierdie kongres kom op 31 Oktober en 1 November 1890 ‘De Zuid-Afrikaansche Taalbond’ tot stand waarvan Mansvelt as die ywerige sekretaris die siel is tot 1891 by sy benoeming as Superintendent van Onderwys in Transvaal. Die doel van die bond sou wees bevordering van kennis van die ‘volkstaal’ en aankweking van 'n ontwikkelde nasionaliteitsgevoel. By die benaming volkstaal is slegs gedink aan een teenstelling, nl. dié met Engels. Watter vorm van volkstaal sou bevorder word, is in die midde gelaat maar vir die sekretaris Mansvelt was dit vanselfsprekend die Nederlandse vorm. In oorleg met reeds bestaande vereniginge sou die Taalbond sorg vir die verspreiding van geskikte lektuur en skoolboeke, maar voor dié versprei kon word, moes hulle dié eers in hande sien te kry. Dit het beteken meer korrespondensie met vereniginge en liggame in Nederland soos die Nederlandsch Zuid-Afrikaansche Vereeniging in 1881 opgerig en die Maatschappij der Nederlandsche Letterkunde. En wie was beter geskik dan Mansvelt wat vertroud was met toestande sowel in Nederland as in Suid-Afrika om hierdie uitgebreide korrespondensie te voer en propaganda te maak? Artikel 12 van die Statute van die Bond lees: ‘De vereeniging bedient zich met toestemming en onder goedkeuring van den Redacteur van het Zuid-Afrikaansche Tijdschrift als haar orgaan’Ga naar voetnoot2) en dis dan ook in hierdie blad, later in ‘Ons Tijdschrift’, waarin die vernaamste propaganda-artikels van hom voorkom. Verder was hy in 'n buitengewoon gunstige posisie | |
[pagina 149]
| |
as professor en as iemand wat bowendien jarelank ondervinding as leraar gehad het om ook van die ander middels tot bevordering van die ‘volkstaal’ in die statute opgesom, gebruik te maak, nl. voorlesings en voordragte in Nederlands te hou, lees- en sanggeselskappe op te rig, eksamens uit te skrywe en pryse uit te loof. Dit is volkome nutteloos om ons af te vra wat sou gebeur het as hy die leiding in die Kaapkolonie bly behou het want in die lig van die historie weet ons dat die omweg wat die Taalbond wou volg hoe langer hoe onmoontliker geblyk het, maar dis seker dat die eerste keerpunt in die Hoog-Hollandse party plaas vind toe Mansvelt sy betrekking as professor neerlê in 1891. Eers in 1895 word hy opgevolg en dan deur 'n gebore Afrikaner, dr. W.J. Viljoen. In 1889 keer S.J. du Toit terug na die Paarl om eers in Oktober 1891 deur Mansvelt opgevolg te word as Superintendent van Onderwys in Transvaal na die betrekking hom ten tweede male aangebied is. Hy vertel self waarom hy dié nie onmiddellik aangeneem het nie - ‘Stellenbosch en de gehele Kaapkolonie waren mij te lief geworden.’ Een van die eerste werksaamhede van die nuwe Superintendent van die Zuid-Afrikaansche Republiek was om 'n inspeksiereis te maak, na afloop waarvan dit blyk, dat The Press groot gelyk gehad het om hom in 'n spotprent voor te stel met 'n groot besem in die hand aankloppende by die Departement van Onderwys in Pretoria. Daar was inderdaad veel om skoon te veeg en dis begryplik, dat hy soveel vyande gemaak het. In die praktyk was daar maar bitter min rekening gehou met die Transvaalse Onderwyswet van 1882, waarby Nederlands uitsluitend die medium van onderwys was en dit juis wou Mansvelt handhaaf en 'n eie stelsel van ‘nasionaal onderwys’ opbou. Die nuwe Onderwyswet, goedgekeur deur die Volksraad op 2 Junie 1892 berus op dieselfde grondslag as dié van 1882, maar is alleen veel uitvoeriger en Mansvelt sorg daarvoor dat die Departement van Onderwys die hand hou aan Art. 24 van die wet wat handel oor die voertaal op die skole. Dat ‘nationaal onderwijs’ in Suid-Afrika nog iets heeltemal anders moes wees dan onderwys soos in Nederland gegee, wou hy nie erken nie en het te stip sy Nederlandse model gevolg. Dit juis het soveel moeilikhede met die Afrikaanse onder- | |
[pagina 150]
| |
wysers veroorsaak wat gevoel het dat hul tereg of ten onregte opsygestoot word vir diegene uit Nederland geïmporteerGa naar voetnoot1). Dikwels is dit hom verwyt dat hy vroeër leerlinge aan wie hy self 'n getuigskrif vir Hollands uitgereik het te Stellenbosch nie as onderwyser aan 'n gesubsidieerde of staatskool in die Zuid-Afrikaansche Republiek wou erken nie. Wie egter die eerste wesenlike teenstelling weer skerp moes trek, wie 'n nie-Engelse onderwysstelsel moes opbou, kon met eie onderwyskragte alleen niks tot stand bring nie. In Pretoria verrys daar 'n Staatsmodelskool, 'n Staatsmeisieskool, 'n Normaalskool waar die toekomstige Afrikaanse onderwysers vir die Zuid-Afrikaansche Republiek sou opgelei word. In 1893 pleit Mansvelt daarvoor: ‘Ik beschouw het voor ons land van het hoogste belang, dat terstond maatregelen genomen worden om ons eigen onderwijzerspersoneel te vormen, ten einde niet langer van de onzekere en menigwerf ongewenschte hulp uit het buitenland afhankelijk te zijn. Alleen degelijk onderwijs kan onzen landszonen in de toekomst de plaats in de maatschappij en het bestuur des lands verzekeren, waarop zij krachtens hun geboorterecht aanspraak hebbenGa naar voetnoot2). Dit is 'n duidelike teken dat daar na enige jare inderdaad 'n ‘nationaal onderwijs’ in Transvaal sou bestaan het, maar dan op ‘hoog-Hollandse’, nie Afrikaanse basis nie. Toe kom die stormwind, die boompie word amper middeldeur geruk en as hy weer opstaan dan kry die nuwe blare 'n ander skakering groen. Dit is uit met hoog-Hollands, die Afrikaanse Taalbeweging word onkeerbaar. Daar sou etlike jare verbygaan voor ons kon insien, wat die | |
[pagina 151]
| |
Taalbond-groep se taalstryers met Mansvelt aan die hoof vir ons nasionale behoud eintlik beteken het. Politiek-histories het Nederlands 'n afweringstaak teen die Engelse taal en kultuur vervul, waarteen die Afrikaans van die 19de eeu nie opgewasse was nie. Dit is aan dié taalvorm te danke, dat Afrikaans deur 'n langsame toediening van nuwe woorde en stylkwaliteite van die boere-taal in 'n ultra-fonetiese spelling van Di Patriot ontwikkel het tot die gespierde en digterlik-musikale woord van die ontwikkelde twintigste eeuer. Toevallig was dit dan seker nie dat die Superintendent van Onderwys die eerste amptenaar van die Zuid-Afrikaansche Republiek was, wat na die besetting van Pretoria deur die Engelse militêre die land uitgesit is ‘because your department has always been known to be anti-British’Ga naar voetnoot1). In Nederland aangekom het hy deur voordragte en geskrifte die Afrikaanse saak voor die publieke aandag gebring. In die begin is sy toon heeltemal hoopvol dat Transvaal die oorwinning sal behaal en dat sy onderwysstelsel sal herstel word. In September 1901 skrywe hy nogGa naar voetnoot2): ‘Meer en meer begon men te begrijpen, dat hoezeer ook het Afrikaansch van het Hollandsch afwijkt, toch het Hoog-Hollandsch (d.i. het Nederlandsch) als officieele en kanseltaal dient gehandhaafd en dus ook door het opkomend geslacht beoefend te worden.’ Geen wonder dan, dat taalgeleerdes in Nederland nog lank daarna hierdie mening gedeel het nie, want van hom het hulle alle inligtinge en opinies oor Suid-Afrikaanse taaltoestande aangeneem. 'n Buitengewoon sterk bewys hiervoor is die volgende. In Augustus 1891 hou prof. dr. C.B. Spruyt 'n rede oor taaltoestande in die verskillende dele van Suid-Afrika, waarvan die konklusie lui: ‘Sommigen beweren, dat de zege van het Hollandsch van de republieken moet uitgaan; ik betwijfel het. In de Kaapkolonie heeft men daarentegen een georganiseerd systeem van onderwijs, onder toezicht van de Kaapsche Universiteit’. | |
[pagina 152]
| |
Enige maande later word hierdie rede gepubliseer met 'n noot by die korreksie, nl. ‘Thans zou ik mij ten aanzien van de vraag, of de Hollandsche Taal meer steun te wachten heeft uit Pretoria dan wel uit Kaapstad niet meer zoo durven uitlaten, als ik een jaar geleden deed.’ Waarom? Die Suid-Afrikaanse Republiek het Mansvelt ondertussen tot Superintendent benoem en deur sy voorstelle tot verbetering van onderwys aan te neem, getoon dat hul veel beter begryp hoe om die invloed van Downingstreet te bestry ‘dan ik in Augustus 1891 op grond van veeljarige ondervinding verwachtte. Ex Africa semper aliquid novi’Ga naar voetnoot1). In 1893 is Spruyt oortuig, dat daar totaal niks meer van die Kaapprovinsie te verwag is nie. ‘De stem van den Taalbond wordt zelden meer vernomen; het is of hij het vertrek van zijn ijverigen secretaris, professor N. Mansvelt, niet lang zal overleven’Ga naar voetnoot2). Van die opkoms van Afrikaans as skryftaal en die werksaamhede van die ‘Genootskap van Regte Afrikaners’ moes Nederland volkome onbewus bly, met dergelike inligting en gevolglik van die splitsing wat hom aan voltrek was tussen Nederlander en Afrikaner in die 19de eeu. Op die eerste Nederlandse kongres vir taal- en letterkunde wat Mansvelt na sy terugkeer bywoon in 1901, wys hy op die heropening van drie skole met Hollandse hoofonderwysers deur ds. Bosman, een van sy grootste teenstanders in Transvaal en vra dan: ‘Behoeft men nog meer bewijzen, dat het den Afrikaner ernst is, zijn taal - onze Nederlandsche Taal - te handhaven?’ Die Patriot-beweging het doodgebloei. ‘De Afrikaner begreep, dat het nog onontwikkeld Afrikaansch voor zijn kroost een gebrekkig wapen zijn zou in den strijd om 't bestaan tegen het machtige Engelsch, en wat ook de toekomstige vorm zijn zal dien het Nederlandsch in Z.A. zal aannemen, voor het tegenwoordige begrijpen de leiders des volks, dat het niet aangaat, de Z.A. sloep | |
[pagina 153]
| |
van het Nederlandsche schip los te kappen. Daargelaten de bekende moeilijkheden met onze willekeurige en onmogelijke geslachten en enkele schijnbaar althans, even willekeurige spelregelen, is het trouwens niet zoo bezwaarlijk voor een Afrikaansch kind om de Hollandsche Taal goed te leeren verstaan en gebruiken’Ga naar voetnoot1). Die volgende byeenkoms bied hom die geleentheid om nogmaals breedvoerig die verband tussen ‘Afrikaansch-Hollandsch’ en Nederlands uiteen te sit vir 'n Hollandse gehoor soos hy dit gesien hetGa naar voetnoot2). Hy ontken dat die Taalbond 'n wanhopige poging was om deur middel van 'n elektriese stroom vir 'n kort tydjie in 'n lyk nog enige skynlewe in te giet - dit het bewys om alle lewensvatbaarheid van 'n gesonde wese te besit. Hulle bedoelings was geensins om 'n ‘middentaal’ in die lewe te roep of 'n nuwe taalvorm te skep nie. ‘Wij hebben veeleer opgemerkt, dat er zich allengs als van zelf eene taal vormt onder de overgroote meerderheid der Afrikaners, die terwijl zij in meerdere of mindere mate zuiver Nederlandsch blijft, toch eene eigenaardige Afrikaansche kleur bezit, die den Afrikaner doet zeggen: “Dit is eigenlijk mijn taal; zoo moet ik trachten te spreken, en te schrijven”. Het is het Hollandsch, dat wij in den regel van onze kansels hooren, dat wij bijvoorbeeld in den kinderbijbel aantreffen, en waarnaar gewoonlijk de minder geletterden streven, wanneer zij schrijven of in 't openbaar spreken.’ Dit haal hy aan uit die notule van die eerste kongres ter vereenvoudiging van die Nederlandse taal gehou in Kaapstad, Jan. 1897, maar op 'n direkte vraag of Afrikaans of Nederlands die toekomstige taal van S.A. sal wees, antwoord hy in 1902 Afrikaans. Dieselfde gedagte word herhaal in De Betrekkingen tusschen Nederland en Zuid-Afrika sedert de verovering van de | |
[pagina 154]
| |
Kaapkolonie door de Engelschen (1902)Ga naar voetnoot1), 'n betroubare bron hoewel dit onder moeilike omstandighede tot stand gekom het daar nie alleen die argiewe in Suid-Afrika nie maar ook toegang tot die Nederlandse argiewe vir hom in 1902 nog gesluit was om onbegryplike redes. Prof. G. Kalff het die onderwerp van studie aan die hand gegee, 'n voorwoord geskrywe en met raad en daad bygestaan. In sy brosjure Iets over de Zuid-Afrikaansche Literatuur het Mansvelt alleen maar skrywers van eie bodem soos dr. J.W.G. van Oordt en Nico Hofmeyr genoem wat hul van Nederlands bedien het. Diegene wat besig was om Afrikaans tot skryftaal te verhef, het hy miskien begryplikerwyse genegeer, maar in sy Hollands-Afrikaanse Liederbundel (1907)Ga naar voetnoot2) tog nie minder as ses-en-twintig liedere in Afrikaans uit die totaal van ses-en-sestig opgeneem. Vir hom bewys die duisende skool- en ander boeke wat jaarliks uit Nederland ingevoer is, die verskillende dag- en weekblaaie en tydskrifte in Nederlands wat in Suid-Afrika gelees word, dat die Nederlandse taalvorm groot vooruitgang in die tweede helfte van die 19de eeu gemaak het. Daarin het hy gelyk gehad. Maar dat dit die instandblywing van daardie taalvorm gewaarborg het daar na sy mening die vooruitgang aan natuurlike en nie aan kunsmatige oorsake toe te skrywe was nie, was 'n vergissing. Die voortdurende inwerking van Nederlands, die taal van die Nederlande, op die taal van die Afrikaners was noodsaaklik, maar dit is nie te ontken nie, dat in die Suid-Afrikaanse Republiek veral hierdie inwerking oorgestimuleer is. Vaag, maar heeltemal tereg het Mansvelt en die groep van die ‘Zuid-Afrikaansche Taalbond’ in die Kaapkolonie besef, dat daar 'n verskil is tussen Nederlands van die Nederlande en Hollands van die | |
[pagina 155]
| |
Afrikaner. Maar dat van die twee alleen laasgenoemde 'n natuurlike Afrikaanse ontwikkeling is en eersgenoemde met die wese van die saak niks te maak het nie, wou hulle nie aanvaar nie. Aan die ander uiterste het hul tydgenote, die voorstanders van Afrikaans gestaan. Hul begrip weer dat daar geen wesenlike verband meer is tussen die Nederlands van Nederland en die Afrikaans van eie bodem, was volkome juis, maar dat die Hollands van eie bodem onvervreembare eie besit is, kon hulle moeilik vat. Dit sou in die verdere ontwikkelingsgang van die Afrikaanssprekende gemeenskap nog geslagte duur voor die nuwe besef deurdring dat daar geen wesenlike verskil is tussen die Hollands van die Afrikaner in 'n vroeër stadium van sy ontwikkeling op eie bodem en sy Afrikaans van 'n later stadium nie. Alleen perspektief kon deur die newel van hierdie allermerkwaardigste kultuurprobleem, enig in sy soort in historiese tye, boor, en albei partye ten dele gelyk en ten dele ongelyk gee. | |
4. Zuid-Afrikaansche Taalbond. Hollandse onderwys op Stellenbosch en in Kaapstad. Hubertus Elffers (1858-1931).Nadat ds. Andrew Murray uit die Oranje-Vrystaat, wat teen sy wense en verlange die onafhanklikheid teruggekry en die Britse soewereiniteit afgewerp hetGa naar voetnoot1), in die Kaapkolonie terug was, het hy eers in Kaapstad, daarna van 1871 op Wellington, sy opvoedkundige werksaamhede in volle erns hervat, maar nou in 'n atmosfeer van staatkundig oorheersende Engelsgesindheid, waarin hy hom volkome tuis gevoel het. Vir sy voorgenome inrigting vir onderwys, die later so bekende ‘Seminary’ op Wellington het hy advertensies in die buiteland geplaas, waarvan een in Nederland in 1877, om 'n Hollandse onderwyser. Uit 'n aantal sollisitante is hierop die twintigjarige Hubertus Elffers gekies. Dié is egter aan die Normaalskool in Kaapstad sowel as aan die ‘Good Hope Seminary’ in die hoofstad afgestaan of ‘geleen’ by sy aankoms in 1878. Uit die Nederduits Geref. Kerk het ook die Kaapse opvoedkundige inrigting ontstaan ‘The | |
[pagina 156]
| |
Good Hope Seminary’ in 1873. Hiervoor is 'n hoofonderwyser uit Skotland ontbied en daar sou slegs aan ‘die zulks begeeren’ onderrig in die taal van die Kerk gegee word. Net so min as op Wellington het die beheerders daarvan gedroom om neer te lê dat die taal van die kerk die voertaal moes wees van die skool wat onder sy vleuels staan en met 'n ‘geleende’ onderwyskrag enkele ure per week vir Nederlands het hulle gemeen, dat hul as voogde uitnemend hul volksplig vervulGa naar voetnoot1). Tekenend van die laksheid en die kultuurverbastering van die leiers van die moedergemeente is die optrede van die herder ds. G.W.A. Stegmann Jr., opvolger van ds. A. Murray, in 1872. Hy het groot ontevredenheid onder die lidmate verwek deur aan te dring daarop, dat hy die aannemelinge van die Nederduits Geref. Kerk in Engels wou voorstel. Aan die ou Athenaeum was die professoraat in Nederlands soms maande agtereen vakant of soos 'n korrespondent in De Zuid-Afrikaan in 1874 klae ‘worden aan elke Hollandsche klasse ofschoon de Hollandsche taal in de stad naast het Engelsch de voornaamste en in de buitendistrikten de hoofdtaal is, een of twee uren per week toegeduwd, en dat wel uren na afloop van den schooltijd, wanneer de arme tobbers, vooral in het warme weer, reeds zitten te gapen evenals de musschen op de daken in Hildebrand's Camera ObscuraGa naar voetnoot2). Lydelike verset en vrugtelose proteste was daar dus genoeg in Kaapstad. 'n Nuwe leerkrag uit Nederland sou miskien die kragte kon organiseer en tot handeling oorgaan, maar dan moes hy 'n man uit een stuk wees in die krag van sy lewe. Hubertus Elffers is in 1858 in Haarlem gebore, waar hy sy eerste opvoeding aan die doopsgesinde gemeenteskool ontvang hetGa naar voetnoot3). Tegelykertyd het hy 'n aandskool besoek om die beginsels van Frans en Duits te leer. Daar hy tydens hierdie skooljare dikwels siek was en maande agtereen tuis moes bly, is die tyd deurgebring met musiek, lees, tekenwerk en veral met van buite | |
[pagina 157]
| |
leer van poësie, waardeur sy kunsgevoel al vroeg ontwikkel het. Op 'n handelskool het hy homself verder gaan toelê op Frans en Duits en modeltekenwerk en ook daar sy vaardigheid in die wiskunde gekry. Daarna het hy drie jaar lank aan die christelike normaalskool in Nymegen hom aan die studie van taal en lettere gewy met die bedoeling om die onderwysersamp te beklee, daar die kansel waarvoor hy aanvanklik bestem was deur sy ouers, vir hom gesluit was weens besware en moelikhede van die familie met die kerk. In Kaapstad aangekom, was sy werkkring nie beperk tot die Normaalskool nie, maar het hy, behalwe aan die ‘Good Hope Seminary’, ook as tydelike professor aan die ‘South African College’, die ou Athenaeum, opgetree. Hy het in die smaak geval van die toenmalige Superintendent van Onderwys, Sir Langham Dale, die insteller van die elementêre onderwysersdiploma van 1873, waarin ‘Dutch’ en Kaffertaal naas mekaar as fakultatiewe studievakke aangegee is. Ook van hom het hy later die opdrag ontvang om hand- en leesboeke saam te stel in 'n eiegevormde vereenvoudigde Nederlands met 'n woordeskat en idioom ontleen aan die Statebybel en die daelikse omgangstaal waarmee hul dan 'n stelsel van onderwys wou opbou wat aanneemlik vir die Afrikaanse kind sou wees. Hiermee het Elffers egter nie 'n begin gemaak nie voor sy verandering van werkkring in 1880 toe hy aan ‘Het Stellenbosch Gymnasium of First Class Undenominational School’ waar Nicolaas Mansvelt sinds 1874 werksaam was, verbonde geraak het. Op die dorp van die kweekskool het sy begeerte tot die predikantskap weer wakker geword. Die volgende jaar rig hy 'n versoek aan die sinodale kommissie of hy ‘om der wille zijner tegenwoordige positie’ van die ondersoek in die Nederlandse taal en letterkunde verskoon sou kan bly in die admissie-eksamen. Die versoek wou die twee Kaapstadse predikante, ds. G.v.d. Wall en dr. Philip Faure direk toestaan, maar die meerderheid, waaronder di. Andrew Murray en P.J.G. de Vos het dit afgestem met die teregwysing ‘als de Heer Elffers zoo zeer bedreven is in de Nederlandse taal en letterkunde, waarom ziet hij er tegen op om een examen daarin af te leggen? Beschouwt hij het misschien ook vernederend voor zich om, Hollander zijnde, een | |
[pagina 158]
| |
examen in die taal en letterkunde voor Afrikaanders af te leggen?’Ga naar voetnoot1) Die hooghartige betweterigheid van menige stamverwant het samewerking op opvoedkundige gebied ten seerste bemoeilik maar die besluit spruit hier voort uit ontevredenheid omdat Elffers sy konneksie met die opvoedkundige inrigtinge in Kaapstad verbreek het; en uit 'n wil om uit die Nederduits Geref. kerklike amptsbediening te weer iemand wat eers na sy aankoms in Kaapstad gedoop is waar hy as Mennoniet aangekom het. Die onbewuste redenasie was dat hy in die kerk, die skool van die volwassene, gevaarliker kon word dan op die gymnasium. Op Stellenbosch het Elffers sy grammatika's geskrywe, Practical Dutch Grammar and Analysis (1884), Elementary Grammar of the Dutch language, Practische Hollandsche Spraakkunst, ens. Ook die reeks in ses dele, Leesboek voor Zuid-Afrika wat gedurende 'n kwarteeu in alle Kaapse skole waar Hollands nog geleer is, in gebruik gebly het. Hierdie bekende spraakkunste vir skoolgebruik en leesboekies, soos trouens al die werksaamhede van die manne van die ‘Zuid-Afrikaansche Taalbond’, vorm 'n belangrike oorgangstadium van die leesboeke wat uit Nederland ingevoer is, die vrugte van 'n Europese bodem, na die Afrikaanse skool-leesboeke van 'n later tydperk waarvan nie alleen die inhoud nie maar ook die taalvorm eie is aan die Afrikaanse bodem. Ook is dit die direkte voortsetting van die pogings van Changuion om Nederlands by sy Afrikaanse leerlinge aan te pas. Vir die Nederlander met sy talryke dialekte en een algemeen beskaafde taal wat alle dialeksprekers op skool geleer word, het dit toe geen onbegonne taak gelyk nie om die ‘dialeksprekende’ Afrikanertjies die algemeen beskaafde taal van Suid-Afrika, ‘Hollands’, te leer nie, te meer daar met uitsondering van ‘Die Genootskap van Regte Afrikaners’ verreweg die meeste ontwikkeldes volgehou het dat ‘Hollands’ hul moedertaal is. Die vaste oortuiging van die groepie jong nasionaliste in die Paarl, die entoesiasme en die beslistheid waarmee hul te werk gegaan | |
[pagina 159]
| |
het, het die groot groep wat die mag in die onderwyswêreld in hande gehad het, gedwing om ook daadwerklik op te tree, ook skeppend te werk te gaan. Die omgewing van Stellenbosch met sy onvergelyklike natuurskoon het die digter in Elffers wakker geroep en in 1885 verskyn 'n bundel verse van hom getiteld Bloemen in het Kaapland geplukt.Ga naar voetnoot1) Na die inhoud verdeel hy die verse in die volgende rubrieke: Varia, Godsdienstige gedichten, Schetsen naar het Leven, Kindergedichten. Dit is namaak-verskuns waarin die versmaker allerlei klanke van Europese digters, veral dié van die Nederlandse klassieke opgevang het, maar waarin daar geen sprankie ontroering of lewe meer natril nie in die konvensionele digterlike taal van ‘vlieten’ en ‘beken’ wat ‘kabbelen’, ‘vlindertjes’ en ‘nachtegalen’ wat aangesleep word om as aanvangslied ‘De gaaf van 't lied’ te vertolk. Maar by die verskyning is die ‘Bloemlesing’ juigend begroet in Het Zuid-Afrikaansche Tijdschrift as die ‘eersten bundel Nederlandsche gedichten ooit in Zuid-Afrika verschenen’Ga naar voetnoot2), 'n kultuur-historiese evenement. Didaktiek lê daar dik op in verse soos ‘Zelfkennis’, ‘Goede manieren’ en in die vertelling wat geen atmosfeer van Kaapland adem nie en sy gewilde geestigheid baseer op 'n idioom aan Europese fauna ontleen ‘De Berenjacht’ wat met die moraal eindig: ‘Mensch’ - zoo zei hij - welken uitslag
G' in uw leven wilt erlangen,
Mensch, verkoop toch nooit de huid weer,
Eer gij 't beertje hebt gevangen.’
Die godsdienstige gedigte in die tweede afdeling bestaan uit psalmberymings o.a. die Psalms XXVII, CVII, XXXIV, CII, CIV, 'n beryming van Spreuken II en III en van Jesaja LXII en XL. Verder word bekende Bybelwoorde soos ‘Werp geenen steen’, ‘Aanschouwt de leliën’, ‘Volg Mij’ tot lering en vermaan van die medemens uitgespin op rym. Dieselfde neiging tot moralisasie | |
[pagina 160]
| |
sonder dat daar enige krag agter die woorde sit vertoon die afdeling ‘Schetsen naar het Leven’ waarin 'n vers op die miskruier die wyse les inhou van wilskrag en geduld, een op die skoenlapper die moraal van sonnige vrolikheid, 'n ander op die mier die werk van ywerige werksaamheid. 'n Enkele keer soos in ‘Kikkers in het Voorjaar’ stem die diereryk hom nie tot ernstige oorpeinsinge nie maar in opgewekte maat en ritme uit hy sy quasi-verergdheid oor die wanklanke van die koudbloedige dier, die padda, wat in die warm, sonnige land minder tuis hoort dan bv. in Frankryk waar dit as fyn toespys opgedien word of in Nederland waar die ooievaar tien stuks per aand verslind: ‘Vertrekt aak'lig goed, want je zijt hier verdwaald!
Je hebt nauwelijks geest dat je ademhaalt.
Vertrekt naar de streken van poelen en plas,
En kwaakt daar je keel schor bij 't uilengekras.’
In die kindergediggies soos ‘Nestje bouwen’, ‘Twee bloemen’, ‘Kinderlijke smart’ word die jeugdige lesers aangespoor tot nederigheid, deugsaamheid, pligsbetragting, vroomheid, vrolikheid, alles in die lerende trant van die kinderpoësie van die Van Alphens en die Goeverneurs in 'n tydperk waarin die volwassenes vrywel hoegenaamd nie binne die gevoels- en begripsvermoë van die kind kon indring nie. Kinderlik gevoel en gedink is geen enkele vers nie. Frisheid en oorspronklikheid word dan ook tevergeefs gesoek in die hele bundel; dit bly hoofsaaklik slegte nabootsing van Europese modelle, 'n oefening, 'n proefneming, 'n geëksperimenteer om aan die nuwe bodem aan te pas en daarmee vergroeid te raak, 'n onderneming wat op sigself van belang was in 'n tyd wanneer die hele boonste kultuurlaag van die volk deur die aardverskuiwing, wat die koms van die Engelse oorheersing meegebring het, nie volgroeid met die bodem was nie. Hubertus Elffers het hierdie Bloemen in het Kaapland geplukt tot 'n boeket gerangskik wat gou verwelk het voor die meer standhoudende skoonheid van die veldboeket, die verskuns in die Afrikaanse taalvorm, omdat hy in die rangskikking hoofsaaklik nog gebruik gemaak het van oorgeplante, gekweekte Europese flora wat nie dieselfde inheemse weerstand het nie en | |
[pagina 161]
| |
dit deur proefnemings eers geleidelik aan kry was. Tog in die verloop van die groot geheel van Afrikaanse flora het dit sy versiering gebied in sy eie tyd. Op Stellenbosch het hy ook 'n begin gemaak met 'n Bybeldrama in twee bedrywe in verse wat in die Oranje-Vrystaat voltooi is en in 1893 in druk verskyn het onder die titel Debora.Ga naar voetnoot1) Sy swak gesondheid en die natuurlike onrus van die landverhuiser in die eerste jare van akklimatisering het hom noordwaarts gedryf waar die Republieke 'n sterk aantrekkingskrag veral vir alle minder stewig geworteldes uitgeoefen het. Van 1888 was hy vier jaar lank werksaam as hoof van die skool op Smithfield. In daardie tyd het hy as assessor op 'n regeringskommissie diens gedoen by die wysiging van die Vrystaatse onderwyswet, waarvan hy self die konsep ingedien het. Sy Bybelse dramatiese gedig Debora wat hy daar voltooi, het hy in 1892 persoonlik in die Presidentshuis op Bloemfontein met veel gevoel gedeklameer in teenwoordigheid van alle vernaamste Vrystaatse regeringspersoonlikhede en ander vooraanstaandes en dit opgedra aan die ‘Hoogwelgeboren Vrouwe Mevrouw C.M.T. Reitz - Mulder’, die presidentsvrou, omdat sy vir die digter, soos hy in die opdrag uiteensit, ‘van langvervlogen eeuw 't afschijnsel in het heden’ is, nie omdat hy deur sy opdrag op populariteit of debiet hoop nie. Want die lot van sy Bloemen in het Kaapland geplukt het afdoende bewys dat wie in Suid-Afrika die digveer voer, nie om loon moet arbei nie. Sy vers-uiting was inderdaad naas sy skoolboekies die middel van die skoolmeester tot bevordering van Hollands, geen poëtiese noodsaak nie, want soos hy verklaar ‘het Hollandsch in Zuid-Afrika kan niet gehandhaafd worden dan door de verspreiding van uit Afrikaanschen bodem ontsproten literatuur.’ Sy vrome wens is: ‘Mocht Debora eenmaal bevonden worden, medegeholpen te hebben tot de bereiking van het doel, waaraan ik mijn leven gewijd heb.’ As ywerige lid van die ‘Zuid-Afrikaansche Taalbond’ het hy dus sy skeppende werk, ‘uit Afrikaanschen bodem ontsproten literatuur’, as die vernaamste middel tot bereiking van die doel van die Bond beskou, het hy die bewuste wil tot literatuur aan die dag gelê | |
[pagina 162]
| |
omdat dit ondenkbaar was dat 'n Afrikaanse taal, uit dié van Nederland gespruit, kon bly voortbestaan tensy 'n literatuur ontstaan wat die lewe van die taal waarborg. Die inhoud van die drama is ontleen aan dié van die outestamentiese verhaal van die profetes Debora wat aan Barak die goddelike opdrag bring dat God Israel nou voldoende geplaag het om hul sonde deur Jabin, die Koning van die Kanaäniete wie se krygsowerste Sisera was. God sal hul 'n skitterende oorwinning skenk as hul hierdie vyand, die Kanaäniete, gaan beoorlog. Soos opgeteken in die Bybelboek Rigters 4 en 5 is dit 'n Joodse verhaal vol wreedheid maar tog sober gehou as vertelling. As Sisera en sy leër verslaan is en die uitgeputte krygsowerste skuiling soek in die huis van Heber die Keniet, word die gasvryheid deur die gasvrou Jaël geskend wat die vlugtende Sisera met 'n tentpen in sy slaap ombring. Daarop sing Debora en Barak die God van Israël 'n lofsang, 'n pragtige oorwinningslied. Die lied is een van die oudste dateerbare proewe uit die 12de eeu voor Christus, van die Ou-Hebreeuse taal wat gedurende 'n half dosyn eeue die uitdrukkingsmedium van 'n hoogontwikkelde literêre sin by die Israëliete in die land Kanaän wasGa naar voetnoot1). Van hierdie Bybelse eenvoud of die gloedvolle oosterse poësie het daar weinig oorgebly by Elffers en in die plek het gekom bombas en wansmaak. Om 'n enkele voorbeeld te noem: In alle eenvoud en soberheid lui die Bybelverhaal dat Jaël stilletjies 'n tentnael uittrek en dit met 'n hamer in die slaap van Sisera se hoof dryf ‘dat hij in de aarde vast werd; hij nu was met eenen diepen slaap bevangen en vermoeid, en stierf.’ Elffers spin die wrede verhaal van ou-Testamentiese wraakneming uit tot die grieselige besonderhede dat Jaël tot drie maal toe mokerhoue gee met 'n groot hamer en haar slagoffer in die ore skreeu: ‘Twee om Jehova's eer; één uit barmhartigheid.’ Waarop ‘het lichaam heftig aan haren voeten krommend, brullend van pijn, den adem uitblaast.’ Nog erger is die voorstelling van die lyding van Joas of die ondersoek na die kranksinnig gewaande wigge- | |
[pagina 163]
| |
laars. Bewus van die afstootlikheid van die tekening en die effekbejag van die brullende verse probeer Elffers in die voorwoord die kritiek vooruitloop met die meedeling ‘de realistische voorstelling doelt niet op effect maken of het behagen van den hedendaagschen smaak; maar docht mij noodig, en, daar het stuk toch niet voor het tooneel bestemd is, mogelijk, om de barbaarschheid der heidenen van dien dag, en Israels zonde in het zich vergezelschappen met die volken, in het ware licht te stellen.’ Maar onder die oratoriese stortvloed van woorde en nog eens woorde raak die hele motief van die straf van God om bloedvermenging en volksverbastering totaal bedolwe. Alleen die kore, soms in die vorm van vraag en antwoord, afwisselend tussen loflied en treurlied, is minder bombasties en vandaar nog enigsins leesbaar. Nadat die proloog-spreker 'n volk wat op die wette van God om hul bloed suiwer te hou agslaan, ‘welzalig’ toegeroep het en 'n volk wat hom in hardnekkigheid en eiewaan verset, verdoem het, sing 'n koor van geeste in strofe en anti-strofe op die onrustige ritme van 'n strydende Albrecht Rodenbach:Ga naar voetnoot1). ‘Waar klinken harp en luit?
Deelt God zijn weldaan uit?
Waar vloeit de honing zoet?
Waar heerscht er overvloed?
Waar leeft men vroom en vroed?
Kanaän!
| |
[pagina 164]
| |
Waar kermt men onder druk
Zucht onder 's vijands juk?
Waar walgt het hart van spot?
Jammert en schreeuwt tot God?
Om het ondraag'lijk lot?
Kanaän!
Waar zwerft men treurig rond?
Vreemd aan den eigen grond?
Kanaän!
Soms is daar 'n vreemde mengeling van invloed te bespeur soos in die lied van Debora waarin die neo-klassisisme van Vondel, die sentimentele romantiek van tydgenootlike Nederlandse predikant-digters, die dinamiek van nasionalistiese digters soos Rodenbach, gesang- en psalmverse, die digter alles deurmekaar deur die hoof gespeel het: ‘Ik heffe mijne spreuke op
Van Thabors stouten heuveltop,
Waar zuchtjes mij omweem'len;
Waar ik den Geest in 't suizen hoor
Van blad en bloemen, die haar koor
Meng'len met dat der heem'len.
Waai aan, o Geest! o Geest, waai aan!
Doe mij des Hoogsten wil verstaan!
Doe hart en zinnen zwellen!’ ens.
Opgevoer is die leesdrama nooit nie maar 'n paar maande na die voordrag in Bloemfontein, het die skrywer daaruit voor 'n Kaapse gehoor voorgelees en na dr. J.W.G. van Oordt hom behulpsaam was met aanmerkinge en vingerwysinge, is dit in 1893 uitgegee. In 1893 was Elffers virgoed terug in Kaapstad, waar hy tot aan sy dood werksaam gebly het maar nou as skrywer, beëdigde vertaler by die geregshof en privaat dosent. Hy het hom hoe langer hoe meer op sy skryf- en vertaalwerk gaan toelê en sy eie pers, De Rustica Pers, Wynberg, opgerig om sy eie penne- | |
[pagina 165]
| |
vrugte te versprei. Van die Ned. Geref. Kerk het hy hom losgemaak omdat hy veral in die vraagstukke oor die doop en die sabbat verskil het, by die Sabbatariërs aangesluit maar hom van hulle ook weer losgemaak en sy eie kerk gestig. Hierdeur het hy bepaald nie nouer saamgegroei met dié volksgemeenskap waarby hy uit hoofde van stamverwantskap 'n natuurlike aansluiting in alle opsigte moes vind, wou hy sy taak as opvoeder tot 'n goeie einde bring. Die meeste van sy godsdienstige en filosofiese opstelle is dan ook in Engels geskrywe, waarvan slegs die bekendste bundels Scripture Lights en Impressions by the wayGa naar voetnoot1) genoem kan word. Soos die politieke gespannenheid tussen die twee volgsgroepe gestyg het met die toenemende oorlogsdreiging tussen Engeland en Transvaal het sy Engelse produksie gestyg. In The Cape Times skrywe hy na aanleiding van 'n reis na Rhodesië 'n reeks artikels oor sy reisindrukke van Boesman-, Hottentot- en Kaffergewoontes wat etnografies nogal enige waarde het. Dit is in boekvorm uitgegee onder die titel Through the Thirst Land, a story of the Kalahari. (1902)Ga naar voetnoot2). As die oorlog 'n voldonge feit is en die land is oorstroom met eentalige Engelse wat so gou as moontlik 'n mondvol van die taal wou leer van die volk wat hul gekom het om aan te val, verskyn uit sy pen in 1900 The Englishman's Guide to the speedy and easy acquirement of Cape Dutch (Grammar, Useful Information, Conversation). For the use of Travellers, Settlers, and Military MenGa naar voetnoot3). Die uiteensetting van die taaltoestand in die inleiding tot hierdie gids tot die Afrikaanse taal lui: ‘There are now two distinct varieties of Cape Dutch used in South Africa. The one may be put down as a real patois, low and undeveloped ... the other a language lacking the grammatical niceties of the Dutch of Holland,... but no less expressive... a language fit for the pulpits and platform... This language is used in churches and in courts, it is the language heard in the Cape Parliament, and is taught in schools. The other - the real patois ... may in fact be called indispensable to all South | |
[pagina 166]
| |
Africans ... It is to this real Cape-patois that the present volume seeks to introduce the reader.’ Tempora te Tempori, met die gety versit 'n mens van Elffers se formaat die bakens. Onwrikbare nasionale oortuiging is nooit te verwag van landverhuisers in die eerste generasie nie en seker nie in 'n tyd van spanning wanneer die Afrikaanse kultuur boonop nog so weinig inhoud en werfkrag gehad het dat die oorgroot meerderheid van haar eie kinders haar nog daeliks verloën het. Na die oorlog, in 1904, verskyn Voor God en Vaderland, 'n oorlogsroman wat bedoel was as die eerste van 'n serie ‘Zuid-Afrikaansche Verhalen’ in opdrag van die ‘Zuid-Afrikaansche Taalbond’Ga naar voetnoot1). Die vervolgdele van die reeks het egter in die pen gebly. In sy voorwoord herhaal Elffers die doel van sy skeppende werk reeds in die voorrede van Debora uitgespreek nl. die instandhouding van die vorm van Nederlands wat in Suid-Afrika ‘Hollands’ heet deur 'n letterkunde in dié taal te help opbou. Die skoolmeester-didaktikus hoop dat sy voorbeeld ook ander daartoe sal lei ‘om veel goeds en nuttigs, boeiends en opvoedends aan ons volk op te disschen tot leering en leiding, waarschuwing en vermaan.’ Uit volkse standpunt beskou, bring hierdie roman egter 'n motief van versmelting van die twee wesenverskillende volkselemente wat 'n onaanneemlike, verderflike leer was. Vir dergelike ‘leering en leiding’ moes die een, deur oorlogsgeweld van die ander so pas tot kneg in sy eie land gemaak, liewer gespaar gebly het. Maar Voor God en Vaderland is 'n getroue weerspieëling van die mentaliteit van 'n groot aantal Kaapkolonialers en Natallers wat nog nie tot nasionale bewussyn gekom het nie. Die ‘held’ van die roman Dick Pritchard is 'n Engelse Afrikaner uit Natal, seun van 'n sonderlinge, verdwaasde winkeliertjie op Eikenwoudstasie in die Kaapkolonie. Sy enigste aandeel aan die oorlog het bestaan uit transport ry vir die Engelse, tot die Boere hom en sy vader gevange neem en vashou tot die verlossing vir hom kom van die oorwinning van die Engelse! Dick is verlief op Gertie, die pleegdogter van Pieter Jordaan, die eienaar van die mooi bolandse plaas ‘Eikenwoud’ | |
[pagina 167]
| |
met sy gemoderniseerde woonhuis oorspronklik in Kaaps-Hollandse styl gebou. Die ouderwetse rame met klapluike van ‘Eikenwoud’ is vervang deur groot kijaathoutvensters met vouluike aan die binnekant, die voordeur wat uit 'n outydse onderen bodeur bestaan het, het plek gemaak vir 'n nuwerwetse straatdeur met panele en 'n nagslot en knip. Vooruitgang is die leuse! Die moontlike mededinger van Dick om die hand van die Boerenoî, maar in werklikheid verlief op haar suster Johanna, is 'n student in die medisyne, Ponter, 'n jong man met skitterende geestesgawe wat egter sy studietyd in Nederland moes onderbreek weens studentikose uitspattinge en by die plaaslike landmeter kuier tot tyd en wyl dat hy tot bedaring sou gekom het en terug sou kan keer om sy studie te voltooi. Die vreemde, rustelose ou Pritchard lewe onder 'n idee fixe dat daar 'n vloek op hom rus, vergal die lewe van sy vrou en kind en vlug steeds uit homself deur van een plek na 'n ander te swerf. Dit is die egte wild-romantiese figuur wat die romanskrywer van die romantiek altyd skep om spanning en sensasie in sy kuns te bring. As die jong liefde tussen Dick en Gertie mooi aan opbloei is, word Dick weggesleur die onbekende binneland in tot by die Victoria-waterval waar die swartgallige vader vir die soveelste maal probeer om selfmoord te pleeg. Dit word deur sy vrou verhinder soos telkens tevore. Tekenend vir die opgeskroefde styl van die hele roman, is die teatrale dialoog wat tien tone te hoog is, in die toneel wat hom daar afspeel: ‘God z'n doem ligt op mij, Jess’, snauwde hij haar bijtend tegen. ‘Ik sta in Satan z'n dienst. Ga uit mijn pad, of ik vergrijp me aan het liefste, dat ik ooit heb gehad!’ Ze zeeg op de knieën. Handenwringend en met ten hemel geslagen ogen riep ze: ‘Mijn God, wees ons genadig!’ Op dat ogenblik knalde er een geweerschot uit het donkere kreupelhout op honderd treden afstand. Pritchard viel tegen de grond’ ens. As Pritchard tenslotte sterf aan die wonde wat hy as transportryer toevallig opgedoen het in die buurt waar die slag aan die Toegela gelewer is, kom die oplossing van sy raaiselagtige gedrag, 'n fantastiese verhaal van 'n mededinger wat hy op die hoogste spits van 'n berg gelok en daar afgestoot het in sy | |
[pagina 168]
| |
waansinnige jaloesie. Maar as hy die begeerde Jessie besit wat die aanleiding tot die misdaad was, het die stem van die gewete hom so gefolter dat hy nooit rus vir die holte van sy voet kon vind nie. Die atmosfeer van hoë bergspitse, van skemer- en maan- en halfligte, die grillighede van drifte soos jaloesie en wraak, hoe gewild en onnatuurlik dan ook, is tog nog altyd te verkies bo die bladsye uitweidings en moralisasie en subjektiewe vae beskouings waarop Elffers ons trakteer, meestal teen die nasionale intuïsie in. Nou is dit oor ‘de plicht van Afrikaander meisjes, in deze tijd van verdachtmaking en valsche beschuldigingen, de banden nauwer toe te halen’ tussen die twee volksgemeenskappe; dan weer oor die enghartigheid van die Afrikaners op taalgebied, die verklaring waarom Johanna nie wil sing nie want sy het net ‘songs’ op skool geleer en meen dat Ponter, haar verloofde uit Nederland dié nie graag wil hoor nie maar hy is juis die ‘breedheid’ in eie persoon op taalgebied. Maar as Ponter terugkeer na voltooide studie en as medikus werksaam is in die Boerelaers, hoop hy weer dat die uitkoms van die vyandelikhede 'n glorievolle oorwinning sal wees van die Hollandse taal wat in die loop van die voorafgegane jare deur die onderwys en die spoorwegmaatskappy enorm versterk is in Transvaal. En as Johanna intussen aan die tering oorlede is en hy probeer Dick, die transportryer vir die Engelse, op allerlei maniere dwarsboom en in gevaar bring daar hy Gertie hoop af te rokkel, maar sy trou bly aan haar gegewe woord, heet dit weer dat sy 'n voorloper is van 'n tyd ‘waarin de banden die ons volk omstrengelen zullen worden toegehaald. Een tijd, waarin de arme, weinig geleerde broeder de voorkeur van het vrouwenhart onder ons hebben zal boven de meer bevoorrechte vreemdeling.’ Op die driedubbele huwelik aan die slot tussen die pare Sannie en Willem, Willem wat die wapens gedra het vir die Boere, Nella en Ponter, Ponter wat as oorlogsdokter hul lyding versag het en Gertie en Dick, Dick wat vir die Engelsman transport gery het, is dit bo die stoele van laasgenoemde paar dat die opskrif, tewens titel van die roman, gevolglik boodskap daarvan, pryk, ‘Vir God en Vaderland’!! Daar sit geen lyn in die idee van die roman nie. Die skrywer | |
[pagina 169]
| |
praat uit verskillende monde van nie alleen verskillende karakters nie maar selfs verskillend deur een en dieselfde karakter wat die leser beurtelings verveel en met ergernis vervul. Nie om die taalvorm nie maar om hierdie hink op verskillende gedagtes is die roman roemloos verongeluk. Natuurlik is die taalvorm die uitgedrukte siel van die skrywer, immers taal is 'n biologiese feit. Ons moet dus konkludeer dat die Taalbondskrywers hul Afrikaanse siel nog nie ten volle besit het nie en dat hulle in die volksontwikkelingsgang die laaste uitlopers was van die natale stadium wat in 1652 begin het, die skutblad van die blom wat later inkrimp en omkrul maar nietemin deel van die blom bly al het dit sy funksie vervul. Dié funksie was afweer van, beskutting teen die gevaar van buite sowel as net voldoende prikkel van weerstand uitoefen op die natuurlike groei van die knop van binne om die groeiproses te stimuleer. Ongeveer gelyktydig met die verskyning van Voor God en Vaderland en die verhoogde vernude werksaamhede van ‘De Zuid-Afrikaansche Taalbond’ kom die dinamiek van die nuwe tyd wat eerste vorm vind in die Afrikaanse Taalverenigings en in Johannes van Wijk van J.H.H. de Waal as eerste roman in Afrikaans, gebore uit die nuwe volkstuwing na 1902, en word die Afrikaanse bewuswording onkeerbare werklikheid. Met die invoering van die vereenvoudigde Nederlandse spelling in 1905 het Elffers dit druk gekry om sy verskillende reekse van leesboeke en sy spraakkunste vir skoolgebruik in dié spelling om te sit. So groot was die aanvraag dat in 1906 reeds die derde druk verskyn het van die agdelige serie Leesboek voor Zuid-Afrika, Standaard I-VIII, in die vereenvoudigde spelling met 'n inleiding tot die nuwe serie en in dieselfde jaar die tiende druk van An elementary Grammar of the Dutch Language, Simplified spelling. Die volgende jaar kom die derde uitgawe van The South-African Letter-writer. De Zuid-Afrikaanse briefsteller, 'n onmisbare handboek vir 'n verdwynende geslag van skoolmeesters wat nog gesteld was op 'n geykte briefvorm. Ook 'n tweede druk van Nieuwe Hollandse Spraakkunst voor de volksscholen van Zuid-Afrika het in die vereenvoudigde spelling verskyn in 1907 en The Standard Dutch Grammar for South Africa in dieselfde jaar. En in samewerking met dr. W.J. Viljoen het | |
[pagina 170]
| |
hy 'n vertalende woordeboek in twee dele saamgestel, Woordenboek Hollands-Engels Engels-Hollands wat so 'n alleenheerskappy op die skole gevoer hetGa naar voetnoot1) dat dit vir 'n hele generasie die opvatting gevestig het dat 'n woordeboek alleen vertalend hoef te wees en nie verklarend behoort te wees nie, wil dit die beste aan die doel van bevordering van die volkskultuur beantwoord. Tussen sy werksaamhede as samesteller en skrywer van skoolboeke deur het Elffers telkens nog die verskuns beoefen in dieselfde trant van Bloemen in het Kaapland geplukt. Voor God en Vaderland is deurspek met verse soos ‘De woning van Eikenwoud, zoo zegt de Heere’, ‘De aardbol is rond en vierkant is hij niet!’, ‘Zuid-Afrika, gij houdt mijn hart en al mijn krachten’, wat bedoel was as opluistering van die prosa maar in werklikheid die indruk dat die skrywer op hoë stelte loop, nog verhoog. Die verstardheid en onnatuurlikheid van die digterlike taal het die versmaker net so min aangevoel as die ongerymdheid en inkonsekwentheid van die inhoud wat hom eendag 'n vertaling van ‘God save the King’ laat maak - wat deur een van sy mede-arbeiders warm aanbeveel word vir gebruik ‘aan het slot van vergaderingen en feestelijke bijeenkomsten, waar het Hollandse element de overhand heeft’,Ga naar voetnoot2) - en die volgende dag 'n ‘Huldebewijs van het Afrikaansche Volk aan de nagedachtenis van Stephanus Johannes Paulus Kruger’ laat dig. Sy trou was hopeloos verdeeld soos die laksheid grenseloos verraderlik was van Afrikaanse predikante wat kerkskole kon stig waarin die studie van die Engelse taal verpligtend was, dié van die taal van die kerk fakultatief. Alleen onder die geweldige druk van die politieke gebeure aan die end van die 19de eeu sou hieraan virgoed 'n end gemaak word in die volgende periode van die volksontwikkelingsgang. | |
5. Willem Jacobus Viljoen (1869-1929).In wese minder verdeeld van trou, want uit Afrikaanse aarde self gespruit, alleen deur die tydgees en later deur sisteemdwang | |
[pagina 171]
| |
aangetas was die begaafde leerling van die oprigters van ‘De Zuid-Afrikaansche Taalbond’, Willem Jacobus Viljoen. In Richmond in die noordelike Kaapkolonie gebore in 1869 aan die buitenste rand van die verengelsingsfeer, het die Karo-seun nie van sy eerste skoolonderrig af die denasionalisering ondergaan nie maar het hy ook nie van die begin af self ervaar die prikkel van oorheersing nie. Eers in Kaapstad waarheen hy gestuur is om opgelei te word aan die Normaal College, later aan die Victoria-College te Stellenbosch en die South African College, Kaapstad, het Viljoen in die volle maalstroom gekom waarin alleen rotsvaste nasionale beginselvastheid kon bly staan. Met die vertrek van Elffers na die Republieke was die student Viljoen wat toe voor sy B.A.-graad gesit het, van 1889 af 'n tydlank werksaam as lektor aan die Normaalkollege in Kaapstad waar hy op sy beurt weer in die klas 'n begaafde leerling J.H.H. de Waal besiel het, daar hy toe al as gebore onderwyser die kuns verstaan het om geesdrif vir sy vak, Hollands, te wekGa naar voetnoot1). Die Nederlandse taal het hy grammatikaal uitstekend leer beheers en die halfuur per week wat beskikbaar gestel is vir hierdie vak van die ‘School Higher’ klas en wat gewoonlik as 'n klugspel omgegaan het daar byna alle leerkragte van hierdie vername inrigting deur die Nederduits Gereformeerde Kerk gestig, Skotte was, het hy uitgebuit tot nut van sy mede-Afrikaners. Met die Skotse rektor Whitton het die student-onderwyser Viljoen in 1889 'n skermutseling gehad waarby die vreemde baas die onderspit vir die kneg moes delf. Viljoen het naamlik volgehou en deurgevoer dat sy leerling De Waal op die jaarlikse skoolkonsert twee Afrikaanse verse sou voordra in plaas van die enkele Nederlandse vers wat jaar na jaar as die enigste Hollandse item op die program gepryk het om die Afrikaners tevrede te hou. Dit mag miskien voortgespruit het uit jeugdige voortvarendheid, maar dit het 'n groot belofte ingehou vir nasionale beginselvastheid. Die volgende jaar, 1890, vertrek W.J. Viljoen, B.A. na Europa om sy studie in die moderne en vergelykende taalkunde voort te sit aan die universiteite van Amsterdam, Leiden en Straatsburg. | |
[pagina 172]
| |
Aan laasgenoemde universiteit is hy gepromoveer tot doktor in die wysbegeerte op 'n dissertasie getiteld Algemeine Einleitung zur Geschichte des Cap-Holländischen waarin hy die goeie reg van Afrikaans kragtig verdedig het. In 'n lesing ‘De Taalbeweging in de Kaapkolonie’Ga naar voetnoot1) gehou in Amsterdam in 1891 vir die ‘Nederlandsch Zuid-Afrikaansche Vereeniging’ het hy gewag gemaak van die twee verskillende vorme waarin die Nederlandse taal hom voordoen in Suid-Afrika, een vorm wat die spreektaal is, Afrikaans, en 'n ander wat die skryftaal is, 'n eenvoudige Nederlands wat daar Hollands heet. Die pogings van die ‘Genootskap van Regte Afrikaners’ om die spreektaal tot skryftaal te verhef, het hy in die jare eerder as 'n gesonde uiting van nasionale gevoel beskou dan as die dwase chauvinisme van 'n paar partikulariste. Selfs die ultra-fonetiese spelling van S.J. du Toit, 'n filoloog vir wie hy die hoogste agting gekoester het, het hy goedgepraat. Alleen beskou hy die spreektaal in 'n nog al te vroeë stadium van ontwikkeling om toe reeds die plek in te neem van die ouer taalvorm, Hollands. Dit het geskyn of alles daarop wys dat die gesproke volkstaal in Viljoen met sy filologiese kennis, sy erns en entoesiasme, sy verbasende welsprekendheid, sy imposante voorkome 'n kampvegter gaan vind het wat haar tot die segepraal sou voer. Maar toe hy by sy terugkeer in die vaderland in 1895 benoem word tot professor in die moderne tale en in 1900, by die skeiding van die leerstoele, tot hoogleraar in Nederlands aan die Victoria-College op Stellenbosch, het hy nie bestand geblyk nie teen die politieke geharrewar en die sisteemdwang van 'n logge konservatiewe liggaam, die Universiteit van de Kaap de Goede Hoop wat met die radikale skeiding van die leerstoele in moderne tale aan die Victoria-College reeds buite sy oewers getree het volgens die mees konservatiewe stroom. Van 1897 af het hy sitting gehad op die Raad van die Universiteit van de Kaap de Goede Hoop en in die Zuid-Afrikaansche Taalbond waarin hy ten opsigte van die taalvraagstuk 'n voorbeeld gestel het hoe om gesag uit te oefen en tot daadwerklike optrede oor te gaan, hoewel op versigtige, al te behoudende wyse, in plaas van eindeloos te bly | |
[pagina 173]
| |
praat. Die taalvorm van die welmenende volksvriende soos Van Oordt en Mansvelt en Elffers wat in Nederland gebore en getoë is, hul standpunt wat nooit ten volle Afrikaans was nie hoe seer hul ook al die belange van hul aangenome vaderland op die hart gedra het, het struikelblokke gebly wat uit die weg geruim kon gewees het toe die leiding in hande van gebore Afrikaners soos Viljoen oorgegaan het. Maar soos in alle ewolusionêre bewegings is die tempo toe tog slegs heel weinig versnel. Naasaan De Zuid-Afrikaan van dr. J.W.G. van Oordt het Hofmeyr al in 1892 'n eie blad opgerig, Ons Land, waarin 'n taalvorm gebruik is wat enersyds na genoeg aan Afrikaans was om vir elke leser verstaanbaar te wees en andersyds dig genoeg by Nederlands om aan die konserwatiewes geen aanstoot te gee nie.Ga naar voetnoot1). Met die voorstanders van vereenvoudiging van die Nederlandse spelling in Nederland, het die Taalbond-manne in voortdurende verbinding gestaan. Ook na die vertrek van Mansvelt na die Suid-Afrikaanse Republiek is breedvoerig beraadslaag na elke besluit wat geneem is, soos blyk uit die Verslag van het Eerste Congres ter vereenvoudiging der Nederlandsche taal (1897)Ga naar voetnoot2) waarin nadrukkelik neergelê word watter gesaghebbende liggame moes geraadpleeg word soos bv. die ‘Koninklijke Academie van Wetenschappen’, ‘Maatschappij der Nederlandsche Letterkunde’, literêre fakulteite van die verskillende Nederlandse universiteite, die besture van die taalkongresse, ens. om vas te stel of iedere voorgestelde vereenvoudiging in ooreenstemming met die Nederlandse taaleie is of nie. Daar was 'n besadigde maar tog vaste wil om te handel. As die vereenvoudigde spelling eindelik ingevoer word in 1905, is dit ook eers na dr. Viljoen in 1903 in opdrag van die Taalbond na Nederland gereis het om met die taaloutoriteite in noord en suid tot 'n ooreenkoms te kom. Daar is 'n ‘verklaring’ aan hom uitgereik wat na die indiening van sy verslag in 1904 uitgewerk en gepubliseer is in brosjurevorm getiteld De Z.A. Taalbond en de TaalvereenvoudigingGa naar voetnoot3). Die taal- | |
[pagina 174]
| |
kongres wat aan die end van dieselfde jaar belê is deur die Taalbond, het die vereenvoudiging bekragtig, die ‘Zuid-Afrikaanse Onderwijzersunie’ wat deur beywering van Viljoen tot stand gekom het in 1905, was 'n magtige faktor tot praktiese invoering daarvan en hyself het in medewerking met Fouché en Elffers die reekse leesboekies begin saamstel en 'n voorbeeld gestel van skepping van 'n literatuur in 'n taal wat in werklikheid veel van 'n papiertaal weg gehad het en ook bedoel was as 'n oorgangsvorm.Ga naar voetnoot1). In sy hoedanigheid as professor op Stellenbosch het Viljoen vir die studentevereniging ‘Ons Spreekuur’ in 1903 uit Duits twee toneelstukke bewerk in vereenvoudigde Nederlands, Koppigheid en Achter de Schermen, wat 'n groot populariteit geniet het veral daar hul in die opvoering spoedig verafrikaans is. Verder het onder sy redaksie die reeks ‘Zuid-Afrikaanse Lektuur’ ontstaan waarin o.a. verskyn het as Nos. 1 en 3 die Ondervindingen van een jonge Predikant in Namakwaland (1909) en Op reis in het Zuid-Westen: Brieven aan mijn neef (1910), beide deur ds. W.J. Conradie, werk wat die bewys gelewer het dat Afrikaners uit die oudste geslagte, boeiende, leesbare ‘Hollands’ kon skryf. Maar die herlewing van die Taalbond met die invoer van die vereenvoudiging, die daaropvolgende ineenstorting daarvan as gevolg van die halfheid, die skyn van dieselfde vereenvoudiging, die eintlike lewenstaak van dr. Viljoen behoort tot die volgende stadium in die ontwikkelingsgang van die literatuurgeskiedenis wat aanvang in 1905. Nog eenmaal sou Nederlands 'n krampagtige poging aanwend onder aanvoering van professor W.J. Viljoen om homself te handhaaf as ‘Hollands’ op Afrikaanse bodem voor dit vir goed verslaan is en die nuwe probleem van die nuwe tyd van die posisie van Nederlands as vreemde taal vir die Afrikaner in die lewe geroep word. |
|