Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 2 (1875-1905)
(1949)–Elizabeth Conradie– Auteursrecht onbekend'n Kultuur-historische studie
[pagina 100]
| |
Hoofstuk V.
| |
[pagina 101]
| |
van die 19de eeu, was die voorposte in die noorde reeds sover weg van die suidwestelike KaapGa naar voetnoot1) dat die vloedgolf van anglisering hulle net met sy soom kon raak. Toe Engels die taal van die skool word, terwyl Nederlands sistematies uit die onderwys verban is, was die Trekboere in die noordoostelike Kaap weens die verre afstand van die kultuursente in die suidwestelike Kaap, verstoke van die betreklike seëning van die soort openbare skool wat slegs op denasionalisering ingesteld was. Gelukkig vir die behoud en die eventuele ontwikkeling van hul Hollands-Afrikaanse kultuur, het hul nie genoeg skoolgegaan om die vreemde taal heeltemal magtig te word nie. Maar ongelukkig vir hulle Hollands-Afrikaanse politieke saamhorigheidsgevoel het hulle nie sterk genoeg aan die lyf geproef die verskil tussen Engelse imperialisme, d.w.s. oorheersing van 'n vreemde mag aan die een kant, en wanregering van 'n mag uit die Moederland self, die eie land van herkoms, Nederland, aan die ander kant nie. Hulle het nie getrek om onder die jurisdiksie van 'n regering wat hul dwarsgesit het of wat wesensverskil, d.w.s. verskil in bloed vertoon het met hul eie, uit te kom nie. Inteendeel, hul het gemeen dat die Kaapse regering sy grense moet uitbrei om hul in te sluit. Die groepe wat hulle in Trans-Oranje en oos van die Stormbergspruit gevestig het, het selfs die Kaapse Regering telkens gesmeek om hul as Britse onderdane te annekseer. Hul wou lede van die Kaapse Kerk bly en wou gretig gebruik maak van alles, hoe gering dan ook, wat die openbare Engelse skool hul te bied gehad het op onderwysgebied. Terwyl op hierdie manier die ekspansievermoë van die Hollandse Afrikaner natuurlik en geleidelik en voortdurend in noordwaartse rigting uitgedy het, het dit teen 1835 plotseling op 'n ander punt enigsins meer na die noordooste uitgeskiet. Hierdie plotselinge uitbreiding het om politieke redes plaasgevind, die doel was geen langsame verskuiwing noordwaarts van die grense van die Kaapkolonie nie, maar 'n bewuste wegbreek van daardie grense om 'n nuwe vaderland in die binneland te soek. Die Voortrekkers het in hul doel geslaag, en teen die middel van die 19de | |
[pagina 102]
| |
eeu reeds twee eie onafhanklike Republieke verkry; maar die geleidelike uitbreiding van die Kolonie deur die Trekboere, wat weinig of geen politieke prikkel gevoel het nie, kon hulle nie stopsit nie. Gevolglik moes die twee strome van Hollandse Afrikaners vroeër of later mekaar weer ontmoet, hierdie strome by wie 'n graadverskil van strewe was, of liewer by die een waarvan 'n doelbewuste strewe was tot verkryging en handhawing van selfbeskikkingsreg, by die ander waarby hierdie strewe nog sluimerende was, omdat daar geen prikkel was om dit daghelder te laat ontwaak nie. Die ontmoetingsterrein was vlak deeskant en anderkant die Oranjerivier, in die noordelike Kaapkolonie en die suidelike Oranje-Vrystaat. In die Kolonie was dit die dorpe Richmond, Hanover, Britstown, Philipstown, Colesberg, Burgersdorp, Aliwal Noord, Steynshurg, wat ongeveer die Hollands-Afrikaanse kultuurkring uitmaak waar die Trekboere hul gevestig het, wat hulseif as Koloniale burgers wou bly beskou. Hulle het geen beswaar teen hul Britse onderdaanskap gehad nie, omdat hul ver weg, betreklik veilig was van die setel van Regering van waaruit die kultuurverbastering wetlik bepaal is. In die Oranje-Vrystaat was dit die dorpe Rouxville, Smithfield, Bethulie, Philippolis, Fauresmith tot selfs Bloemfontein, wat die kring uitmaak, waar Trekboer en Voortrekker-Boer mekaar ontmoet het en mekaar die lewe op kultuurgebied tydelik suurgemaak het, daar ondanks eenheid van bloed geen eenheid van politieke strewe bestaan het nie. | |
2. 'n Boeredistrik en dorpsdualisme.‘As die Paarl die Mekka van die Afrikanerdom genoem word, dan is Albert (Burgersdorp) seker die Medina daarvan’, het een van die eerste skrywers in die Afrikaanse taalvorm verklaar toe die stryd om die taalvorm tot die verlede behoort hetGa naar voetnoot1). | |
[pagina 103]
| |
Dit is dan ook in de gemeente Albert, waar ds. John Murray werksaam was toe hy in 1859 benoem is as een van die twee eerste professore van die Teologiese Seminarium op Stellenbosch. Hier het in 1856 ontstaan sy populêre boek De Kinderbijbel, 'n vrye vertaling in Nederlands van die Engelse werk Line upon Line, waarvan binne die eerste ses maande drieduisend eksemplare verkoop is; hier het hy sy Catechisatie-Boek over de Leer der zaligheid, volgens het korte begrip, vooral voor huiselijk gebruik opgestel en uitgegee in 1857; van hieruit was hy van die begin af een van die redakteurs van Elpis wat in 1857 sy instemming betuig met die plan ‘om in ons land een tijdschrift uit te geven hetwelk zoude voorzien in de behoefte der meer ontwikkelde en beschaafde Zuid Afrikanen, om eenigermate op de hoogte huns tijds gebragt en gehouden te worden’Ga naar voetnoot1). Net soos dié van sy broer, ds. Andrew Murray, was sy inhoud as gevolg van hul Skotse opvoeding nooit sterk Hollands-Afrikaans nie, waardeur sy skriftelike werk inderdaad meer 'n weerkaatsing is van 'n ingedommelde tyd dan 'n egte lig op die pad van Suid-Afrika. 'n Uitnemende vertaler en 'n troue uitvoerder, geen skeppende krag en geen leier was John Murray. Maar dit was hierdie distrik wat in 1858, vier jaar nadat Verteenwoordigende Bestuur toegestaan is, die eerste twee petisies ingedien het om te versoek dat hul verteenwoordiger in die Wetgewende Raad Hollands mag praat, aangesien hy geen Engels ken nie. 'n Versoek wat keer op keer geweier is en deur die Engelse pers bestempel as lae planne van rumoer- en oproermakers, tot eindelik die volharding van die Hollandse Afrikaner tog bekroon word met die verandering van die grondwet in 1882, in die sin, dat die gebruik van Hollands toegestaan word aan lede van die Wetgewende Raad. | |
[pagina 104]
| |
Dit is op Burgersdorp, waar die Skot John Brebner, predikant van die Nederduits Gereformeerde Kerk, in 1862 die eerste ‘rector’ van die ‘Albert Academy’ geword het, 'n inrichting wat hy 8 jaar gedien het voor hy as professor aan die Gill College, Somerset-Oos benoem is en later aangestel is as Superintendent van Onderwys in die Oranje-Vrystaat. Maar dit is ook hier op Burgersdorp, waar tien jaar lank, van 1859 tot 1869 voorbereidingswerk gedoen is deur die Gereformeerde Kerk tot skoolstigting op christelik-nasionale grondslag, totdat in 1869 as gevolg van 'n voorstel van die Gereformeerde Gemeente van Burgersdorp op die Sinode van die Gereformeerde Kerk gehou op Potchefstroom 17 Mei 1869, nog in dieselfde jaar 'n Teologiese Skool geopen is. Dit is in hierdie distrik waar in 1879 ‘De Albertsche Boerenbeschermingsvereeniging’ gestig is, wat (in teenstelling met ‘De Zuid-Afrikaansche Boerenbeschermingsvereeniging’ deur Onze Jan in die lewe geroep as 'n suiwer landbouvereniging) as sy doelstelling onderneem het om die toesig te hou oor alle boerebelange insluitende taal en politieke regte. Dit is hier waar die stryd om die gebruik van Hollands in die Parlement die felste gewoed het, en van waaruit met reg die juigkreet van oorwinning van 'n ‘Boer van Steynburg’, in navolging van Tollens se banaalste maar populêrste vers, opklink ‘Ons taal is deur’, waarin die versmaker die Albertsche Boerenbeschermingsvereeniging lof toeswaai in 1882 vir hun aandeel in die stryd: ‘Triomf! Triomf! ons “Kommittee”
Het voor gewerk - di land werk mee,
Ons eis het ons verkry oek’Ga naar voetnoot1).
Dit is op Burgersdorp, waar die grootste fees gevier is in 1882, waar ondanks dwase ongerymdhede in die lig van die verlede gesien - noodsaaklike politiek van die dag, soos ‘lojale’ dankbetuigings en nog ‘lojaler’ gehegtheidsbetuigings aan die Engelse Kroon, maar verswyging van die hele aandeel van die nasionalistiese reus van die distrik Daantjie van den Heever - die Hollandse Afrikaner by monde van ds. D. Postma, hoogleraar aan | |
[pagina 105]
| |
die skool vir christelike nasionale onderwys hul vreugde geuit het oor wat hul met Gods hulp self teruggehaal het uit die allesverlammende greep van die veroweraar. En dit is op Burgersdorp, waar in 1893 die Taalmonument verrys het as uiting van die algemene houding van die Hollands-Afrikaanse nasie ten opsigte van die Hollandse taalGa naar voetnoot1). Hierdie monument is behoed van die lot van die Paardekraal-Monument na die oorlog van 1899-1902, waarskynlik danksy die twyfelagtige ‘lojaliteit’ van ouds af aan van hierdie kerngesonde boere-distrik, wat sy naam gekry het na ‘Albert the Good, the noble consort of Queen Victoria’, maar sy dorp die mees demokratiese naam Burgersdorp gegee het, toe Sir Peregrine Maitland in 1845 die ‘lojale’ bewoners vir die eer bedank het om dit na hom te noem. Ook by die onthulling van hierdie monument, opgerig om die seëvierende stryd vir die behoud van die Hollandse taal vir die nageslag in konkrete herinnering te hou, is Engelse liedjies gesing by ontstentenis van eie Hollandse liedere wat lang reeds verstom was in die Hollands-Afrikaanse mond. Tot sulke beskamende sothede kan lojaliteit aan 'n vreemde kultuurband lei in 'n land waar politiek agter elke kultuurdaad gesoek word en volle ontplooiing na eie aard en wese aan die Hollands-Afrikaanse groep misgun word. Die vernis Engelse kultuur oor die dorp was nie dunner of dikker as dié oor ander plattelandse dorpe nie, alleen het ons van die kultuurverbastering van hierdie dorp in besonder die kostelikste bespotting in Die EselskakebeenGa naar voetnoot2). Dit kom uit die pen van die seun van prof. D. Postma, laasgenoem de die man, wat die eerste 'n geweldige teëwig vir die verspreiding van hierdie euwel gestel het, en die ‘Eselskakebeen’ veilig aan sy seun kon oorlaat, omdat hy die boutroffel self so uitstekend gehanteer het as stigter van die Gereformeerde Kweekskool. In die Kweekskool | |
[pagina 106]
| |
is daar 'n deeglike Hollandse boekery aangelê, 'n teëwig vir die ‘Public Library’ wat al in 1851 opgerig is en so goed as uitsluitend Engelse leesstof bevat het; die afdeling lettere was die antitese vir die ‘Albert Academy’, waar die jeug ‘in daardie Royal Reader geleer’ het om hul te skaam, dat hul Afrikaners isGa naar voetnoot1). Die geskrifte van die professore D. Postma en J. Lion Cachet en na hulle van hul beroemde leerlinge W. Postma, J.D. du Toit (Totius) e.a., was die teëgif vir die Albert Times en die Burghersdorp Gazette, die pers wat die getroue handlanger is van die vreemde kultuur onder die mom van suiwer boere-landboubelange te behartig. Hierdie hele boerestreek was die klankbord vir die nasionalistiese stem uit die Paarl, S.J. du Toit, wat met 'n professoraat op Stellenbosch nie gediend was nie en sy veelbelowende seuns na Burgersdorp, die kweekplek van die Gereformeerde Kerk - wat die suiwerste voortsetter is van die calvinistiese belydenis - gestuur het om in die teologie te studeer, liewer dan na die Kweekskool van die Nederduitse Gereformeerde Kerk by sy deur, sy eie kerk, maar met 'n Engels-Skots-Amerikaanse bymenging, toe nog 'n onverwerkte, hoewel verteerbare bymenging soos in die volgende geslagte geblyk het, in hierdie grootste Hollandse kerk. Dat die bymenging in die 20ste eeu verteer is, is grotendeels te danke aan die heilsame invloed op die Nederduits Gereformeerde Kerk van die ander twee Hollandse kerke wat oriëntasie op Nederland betref vir kulturele versterkingGa naar voetnoot2). Maar die geskiedkundige waarheid van die laaste kwart van die 19e eeu vereis, dat die onderskeid in die drie Hollandse kerke as volg getipeer word: die Nederduits Gereformeerde Kerk met 'n Engels-Skots-Amerikaanse bymenging; die Gereformeerde Kerk die suiwerste | |
[pagina 107]
| |
voortsetter van die ou calvinistiese belydenis; die Ned. Hervormde Kerk, die vertolker van die suiwer Nederlandse element in die Hollands-Afrikaanse kultuur. | |
3. Ds. D. Postma, stigter van die gereformeerde kweekskool. Onderskeid tussen die drie Hollandse kerke.Die stigter van die Gereformeerde Kerk op Afrikaanse bodem wat in 1858 uit Nederland aangekom het, Dirk Postma, is in 1818 te Dokkum gebore. In 1840 het hy proponent geword en as predikant van die afgeskeie Gereformeerde Kerk vyf verskillende gemeentes, waarvan Zwolle die laaste was, in Nederland bedien in die loop van die agtien jaar 1840-1858. Hy het tot die strengste party van die afgeskeidenes behoort, maar in die Gereformeerde Weekblad De Stem tog voortdurend gepleit vir versoening tussen die twee partye in die afgeskeie kerk wat gedreig het om nogmaals te distegreer in 'n strenger en 'n nog strenger groep. As teëwig tot verder verbrokkeling in die reeds afgeskeie kerk, as kweekplek van haar predikante, en as voorlopige laboratorium waar die calvinistiese ideologie kon ondersoek en uitgewerk word, het hy die totstandkoming bewerk van 'n Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk. Toe die skool in Kampen opgerig is, was hy dan ook een van die eerste kuratore daarvanGa naar voetnoot1). In 1858 het hy in Suid-Afrika aangekom en na Rustenburg gegaan. Wat son dus meer voor die hand lê dan nadat hy, op versoek, orals gemeentes van die afgeskeie kerk in Transvaal en die Oranje-Vrystaat gestig het, hy na 'n geskikte sentrum vir 'n kweekskool vir sy kerk sou uitsien? Burgersdorp, die boerehart van die Afrikanerdom, waarheen hy van Rustenburg, waar dit in die land van ds. V. d. Hoff allesbehalwe rustig op kerklik gebied toegegaan het, beroep is in 1863, was die aangewese plek. Aan hierdie skool het hy werksaam gebly tot aan sy dood in 1890. Nie alleen die opleiding van predikante nie, maar ook die laer onderwys het hom in Nederland en nog meer in sy aangenome vaderland ter harte gegaan. Na 'n felle worsteling het hy | |
[pagina 108]
| |
daarin geslaag om in Zwolle 'n christelike skool op te rig, tydens die skoolstryd in Nederland steeds gepleit vir christelike onderwys in verskillende kerklike blaaie soos De Stem, De Heraut, De BazuinGa naar voetnoot1), en vandat hy in sy nuwe werkkring aangeland het, tot sy dood, was hy die groot man van die ‘vrye’ christelike skool in plaas van die openbare, die voorstander van christelik-nasionale onderwys, die soort skool wat in S.J. du Toit sy groot aanhanger gevind het. In die gees het die kweekskool in sy lettereafdeling nie alleen predikante gevorm nie, maar uit die staanspoor uit Afrikaanse kragte opgelei vir ander beroepe soos dié van onderwyser en prokureur. In die Gereformeerde Kerk het die Boer van die noordoostelike Kaapkolonie, van die dorpe Burgersdorp, Steynsburg, Philipstown, ens. en die daarby aansluitende suidelike Vrystaatse dorpe van Bethulie tot Reddersburg, 'n kerk gekry, wat veel beter by sy volksaard gepas het dan die Nederduits-Gereformeerde kerk van die Skots-Afrikaanse predikante-families soos die Murrays, die Robertsons, die MacGregors; en die Hollands-Afrikaanse Kaapse predikante-families met sterk Skots-Engels-Amerikaanse inslag, die Faures, die Hofmeyrs, die Marais 'n kerk, wat ook veel beter by sy mentaliteit gepas het dan die Hervormde Kerk van Transvaal met sy gepromoveerde teoloë en liberale moderne Nederlandse inslag. Hierdie ‘dopper’-mentaliteit, soos dit smalend deur menige verengelste stadsbewoner genoem is en word, het professor Postma aanvanklik volkome bevredig en in sy reeks godsdienstige publikasies het hy skriftelik vorm en gestalte daaraan gegee. Maar hoe moeilk dit was vir die Boer van die noordooste om tred te hou met selfs so 'n konserwatiewe kerk as die Gereformeerde Kerk, hoe lewendig die proses van kerklike disintegrasie in 'n staatkundig steeds opbrokkelende Afrikaanse gemeenskap terwille van uitbrei oor groot afstande, nog was in die laaste kwart van die 19de eeu, blyk uit die verdeeldhede in die Gereformeerde Kerk na aanleiding van die katkisasie-boek van die stigter Mijne Handleiding voor de Godgeleerdheid. Die twiste het hul toppunt | |
[pagina 109]
| |
in 1877 bereik toe 'n groep hom weer van hierdie afgeskeie kerk afgeskei het, die kerk in 'n regsgeding gesleep is, waarin J.J. VenterGa naar voetnoot1) van Bethulie, vroeër waarnemende president van die Oranje-Vrystaat, een van die vernaamste teenstanders van professor Postma was. Dat dit proses van distintegrasie eindelik afgeloop was teen die end van die 19de eeu en ons gelaat het met drie Hollandse Kerke, elk na die mentaliteit van sy lidmate, word bewys deur die feit, dat hierdie afgeskeie groepie van 'n afgeskeie kerk tog nie tot 'n afsonderlike kerk gegroei het nie, maar weer teruggekeer het, elke lid volgens sy mentaliteit tot een van die drie histories-gegroeide Hollandse kerke. Naas Mijne Handleiding het ook oorbekend geword in Gereformeerde kringe die Uitlegging op het Kort Begrip der Christelijke ReligieGa naar voetnoot2) (1888) van prof. Postma. Sy Gedachtenisrede van Veertigjarigen Evangeliedienst (1880) is van kerklik-historiese en autobiografiese waarde. Die besef dat 'n volk as burgers van dieselfde bloed in een land saam kon leef en nogtans nie kerklik verenig hoef te wees nie, het begin opkom met die Groot Trek, teen die middel van die neëntiende eeu posgevat toe eers die Hervormde Kerk, die Staatskerk van die Suid-Afrikaanse Republiek, later die Gereformeerde Kerk, gestig is. Naas die Nederduits-Gereformeerde Kerk van die Kaapkolonie, Natal, die Oranje-Vrystaat en later Transvaal, was die ander kerke, die Hervormde en die Gereformeerde, twee lewende kragte wat hulle tot aan die end van die onderhawige tydperk so sterk laat geld het in Transvaal en in die Oranje-Vrystaat en die noordoostelike Kaap, dat alleen maar 'n enge gesigsveld en volstrekte geringskatting van alle lewe kan voer tot 'n skema, waarby die 20ste eeuse oorvleueling van albei deur die Nederduits-Gereformeerde Kerk van Kaap tot Sambesie, as die enigste 19de eeuse logies aanvaarbaar en direk gegewe oplossing van hierdie botsende bedoelinge op kerklike gebied, beskou moet word. Betekenis, innerlike waarde het nie alleen wat as regstreekse voorbereiding kan beskou word vir die eventuele kerklike eenwording van die Hollandse Afrikaner nie. Maar betekenis het veral die botsende kragte wat die patrimonium die suiwerste | |
[pagina 110]
| |
bewaar het, nl. die Ned. Hervormde Kerk as bewaarder van die Nederlandse element in die kultuur van die land van Jan van Riebeeck en die Gereformeerde Kerk die suiwerste voortsetter van die calvinistiese belydenis van die Dortse Sinode. Die twee kerklike stuwinge het die derde, 'n stuwing tot eenblywing in die 19de eeu, 'n stuwing tot eenwording in die 20ste eeu soos beliggaam in die Nederduits-Gereformeerde Kerk, suiwerder Hollands-Afrikaans, terug na sy wese dus, gespoel. Wat historiese werklikheid word, word dit alleen deur wrywing met ander moontlikhede in die jeugstadium van die historiese gebeure. Praeludium, voorspel bevat altyd allerlei potensialiteite, waarvan net een werklikheid word, maar die een dank sy historiese wording dan ook juis aan sy wisselwerking met die res. Die afskeiding van die Gereformeerde Kerk in Transvaal was staatkundig geen gevaar vir die Suid-Afrikaanse Republiek nie, want albei die kerke, die staatskerk (die Hervormde) en die afgestigte, wou die Republiek met oriëntasie op Nederland, behou ten alle koste, maar dit was tog 'n verswakking, 'n splitsing van Hollands-Afrikaanse kragte soos alle skeuring altyd is. Daarenteen kon die invloed van die afgestigte kerk en sy kweekskool in die Kaapkolonie slegs heilsaam wees. Want die Kaapse kerk, die Ned. Gereformeerde, mag onder die druk van omstandighede, onder die verlammende invloed van die oorheersende vreemde staatsmag, in onmag en selfs onwil tydelik verkeer het om 'n groot deel van sy skape te hoed soos dié gehoed wou wees en hulle aan die genade van suster-Hollandse kerke in die Republieke oorgelaat het, vroeër of later moes die oudste gevestigde met die bodem in al sy teenstrydighede vergroeide herder tog sy verlamming te bowe kom, omdat hy sy lewensvatbaarheid behou het, wanneer die kudde hom vanselfsprekend, al sy dit nie geheel dan tog wel grotendeels weer onder die tradisionele sorg sou voeg. Kultuur-histories is dit die blywende, onskatbare betekenis van die Gereformeerde Kerk, dat dit die Nederduits-Gereformeerde Kerk weer tot 'n Hollands-Afrikaanse ideologie help terugvoer het. Deur haar aanknopingspunt met die Paarl het sy haar sfeer van invloed suidwaarts uitgebrei, maar dit was tog veral in die noorde, tot buite die grense van die Suid-Afrikaanse Republiek, waarheen sy wou uitbrei. | |
[pagina 111]
| |
4. Belangstelling en werksaamhede van dosente en leerlinge vir trekkers buite die Suid-Afrikaanse Republiek.'n Dorslandtrek het in 1874 begin, het hom uitgestrek van Transvaal na die Weskus van Middel-Afrika tot by Humpata, deur Damaraland na Angola, die hart van die Portugese gebied, waar die Boere 'n eilandjie gevorm het. Hier is 'n eie skool en 'n eie Gereformeerde kerklike gemeente opgerig, waarvan soveel werfkrag uitgegaan het, dat veel van die kaffers en die Portugese die Boeretaal oorgeneem het. Hierdie trek was op die lippe van iedere Afrikaner in die tweede helfte van die 19de eeu toe die periode van die Groot Trek in die ontwikkelingsgang van die volk reeds lank agter die rug was. Hierdie mobiliteit van die pioniersbevolking na die totstandkoming van 'n eie Republiek, het verskillende oorsake gehad soos die individualisme en die gebrek aan gehegtheid aan grond by veeboere in teenstelling met die bodemvastheid van landbouers, maar die grondoorsaak skyn tog te gewees het die ontevredenheid van die konserwatiewe Trekker met die liberale president Burgers. Menige pen is in beroering gebring, maar selde so aangrypend as in die verhaal van mense- en dierelyding in 'n onmetelike woestyn getiteld Eenige Schetsen voor eene Geschiedenis van De Trekboeren te St. Januario Humpata (1897). Die werk bevat heelwat onverwerkte stof in die vorm van briewe, waardeur dit meer op bronnepublikasie lyk dan op geskiedskrywing of reisverhaal, maar daardeur word die spontanëiteit, die onmiddellikheid van die verhaaltrant op sommige plekke nog verhoog, hoewel dit op ander daardeur weer te veel besonderhede, dikwels herhalinge bevat. Vol onbedoelde tragiese humor is die beskrywing van die dorslyers se poging om met doeke en hemde water uit die modder te druk: ‘Een ander greep naar den Bijbel om nu te lezen; anderen wilden dat men te zamen om regen bidden zou; één dronk brandewijn om den dorst te koelen, en te veel, tot dat hij dronken was, sprong toen de modder in, zonder broek of iets anders dan alleen een hemd aan, en drukte modder met zijn hemd uit om water te krijgen; met een klomp modder in zijn hemd liep hij rond daaraan te kauwen’Ga naar voetnoot1). Of die verskriklike verhaal van die Boer wat | |
[pagina 112]
| |
deur bygelowige inboorlinge voortgedryf word met die lyk van sy broer op die kar tot hy dié in 'n donker nag in 'n rivier kan laat sakGa naar voetnoot1). Die skrywer, ds. D. Postma, seun van die professor, is in 1888 te Burgersdorp plegtig tot leraar van die gemeente St. Januario Humpata bevestig en het die smaak van Trekkeroffers en Trekkerlyding aan die lyf geproe. Die hele kring van die Kweekskool het steeds met die Trekkers gesimpatiseer, die dinamiese in die ekspansie-vermoë van ons volk, die disintegrerende terwille van uitbrei, uitswel oor die groot afstande van die suidelike gedeelte van die onmeetlike kontinent dus. Maar dit was veral die mees ortodokse Trekkers, die mees behoudende groep wat in die meer liberaaldenkende ds. Van der Hoff van die Hervormde Kerk en die progressiewe president Burgers van die Ned. Geref. Kerk 'n soort anti-christ, gesien het wat in die Geref. Kerk georganiseer is. Ook vir die Adendorff-trek, die voorgenome Banjailand-trek noord van die Limpopo van 1891 wat Afrikaners op politieke gebied, bondsmanne, van suid en noord in twee groepe verdeel het, het Burgersdorp kant gekies. Aan die een kant het Hofmeyr en Du Toit, oorgehaal deur Rhodes, die Engels-Afrikaanse staatsman wat self besig was om die kaart van middel-Afrika rooi te verf, geagiteer om die Adendorff-konsessie, die konsessie van die Banjai-opperhoof aan die Boere, nie te erken nieGa naar voetnoot2); aan die ander se kant het die Vrye-Trek-Party gewerk. Laasgenoemde het in Burgersdorp in teenstelling met die Paarl 'n sedelike oorwinning behaal onder leiding van ds. M.P.A. Coetsee met medewerking van D.F. du Toit (Oom Lokomotief) op die Burgerdorpse Bonds- | |
[pagina 113]
| |
vergadering van 1891. Geen wonder dat S.J. du Toit, twee jaar later by die onthulling van die Taalmonument in 1893, met agterdog deur hierdie kring behandel is, dat hulle selfs probeer het om sy reuse-aandeel in die stryd vir die erkenning van die Hollandse taal te negeer deur sy naam op die lys van Taalstryders op die monument aanvanklik weg te laat. Vroeër 'n mede-pleit-besorger vir alle Gereformeerde Trekkers, het hy teen dié tyd skynbaar van politieke insigte begin verander. Die uitbreiding, die voortdurende trek, trek, trek, die disintegrasie moes tog eenmaal uit wees. Rhodes en Hofmeyr was reeds besig om alles bymekaar te voeg, ook wat nie bymekaar hoort nie, onder Engelse invloedsfeer. Kruger en sy Hollanders in teenoorgestelde rigting was besig om die Kaapse Afrikaners uit die Suid-Afrikaanse Republiek te sluit en Transvaal onder Nederlandse invloedsfeer te bring in hul poging tot integrasie. Vir albei rigtinge het die keuse van toekomstige landstaal gelê tussen Engels of Nederlands. Alleen S.J. du Toit het raak gesien: Suid-Afrika en Afrikaans vir die Afrikaners. Maar hoe om dit te bereik? Hy was aan rondtas. Die vernaamste Gereformeerde leerkragte en leerlinge van Burgersdorp het een na 'n ander self Trekkers geword na die Suid-Afrikaanse Republiek, ook ds. M.P.A. Coetsee in 1893 en toe die godsdienstige beroeringe in daardie gemeenskap heeltemal gekalmeer was, soos alle windrukke onderling, toe die groot storm van 1899-1902 oor die volk heengetrek het, het die hele Gereformeerde Kweekskool na Potchefstroom verhuis in 1905, wanneer die nuwe periode in die kultuurontwikkeling beginGa naar voetnoot1). | |
5. Nederlands as voer- en skryftaal van die gereformeerde kweekskool. Kantkiesing deur kweekskool van ‘Zuid-Afrikaansche Taalbond’ in eerste roeringe van stryd oor die taalvorm in Suid-Afrika.Hoewel die Gereformeerde Kweekskool in ds. S.J. Du Toit 'n groot ondersteuner gevind het, en omgekeerd hy sy grootste aanklank in die omstreke van Burgersdorp gevind het, tog was die stigter van die skool, prof. Postma, dit nooit eens met die op- | |
[pagina 114]
| |
vattinge insake die taalvorm van die ‘Genootskap van Regte Afrikaners’ nie. Met die strewe van ‘De Zuid-Afrikaansche Taalbond’ kon hy hom volkome vereenselwig, maar in dieselfde jaar van die stigting, 1890, is hy oorlede voor hy aktief kon deelneem aan die werksaamhede van hierdie organisasie. Op Burgersdorp is dus in 1890 die eerste tak van ‘De Zuid-Afrikaansche Taalbond’ gestig. Op die stigtingsvergadering van hierdie Bond in Kaapstad op 1 November 1890 was dit die Burgersdorpers, Ds. M.P.A. Coetsee gesekondeer deur Oom Daantjie van den Heever, L.V.R., wat die voorstel gemaak het: ‘Dit Congres is van oordeel, dat met het oog op de eigenaardige omstandigheden van ons land de tijd gekomen is, dat krachtige pogingen aangewend worden tot bevordering van de kennis der Hollandsche taal bij het tegenwoordig en opkomend geslacht’Ga naar voetnoot1). By die kiesing van 'n hoofbestuur het prof. Postma, Oom Daantjie, ds. Coetsee al drie op die groslys gestaan en is laasgenoemde dan ook tot een van die eerste sewe hoofbestuurslede gekies en deur hulle weer tot eerste penningmeester van die Bond. Die letterkundige organe van die Bond, veral Het Zuid-Afrikaansche Tijdschrift tot 1894 en daarna Jong Zuid-Afrika (1893-1896) bevat enige letterkundige pogings van Burgersdorp se gereformeerde intellektueles. Ds. Coetsee in samewerking met prof. A. Moorrees moes as beoordelaars optree van ingesonde stukke op die letterkundige prysvrae van die Taalbond. Maar in 1892 het ds. M.P.A. Coetsee bedank en predikant geword van die Nederduits-Gereformeerde Kerk in Transvaal. Uit die pen van M.P.A. Coetsee Jr., destyds van Steynsburg, bet voortgevloei Twintig Jaren, 'n gedagtenisrede uitgespreek te Burgersdorp by die twintigjarige bestaan van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika in 1879Ga naar voetnoot2), 'n belangrike bron vir ons kennis van die eerste twee dekades van die afgeskeie kerk in Suid-Afrika. In dieselfde jaar volg nog Een onderzoek naar den toestand onzer KerkGa naar voetnoot3), 'n redevoering te Burgersdorp gehou deur L.J. du Plessis by geleentheid van die plegtige installasie van | |
[pagina 115]
| |
die stigter van die Gereformeerde Kerk tot professor in die Godgeleerdheid. Vroeër was hy werksaam as dosent, terwyl as mededosent opgetree het Ds. J. Lion Cachet, wat intussen 'n beroep na Philipstown aangeneem het en in wie se plek proponent P. Postma B.A. aan die sy van die vader as professor in die Lettere geplaas is. Gedurende die jare 1876-1879 het D. Postma Snr. as fungerende professor in die Teologie opgetree, maar eers in 1879, toe hy ruim een-en-sestig jaar oud was, het sy installasie plaasgevind en is hy ontslaan van alle gemeentelike diens waardeur hy al sy kragte kon wy aan die opleiding tot predikante vir die kerk van sy stigting. Hierdie feite wat hy in sy Gedachtenisrede van Veertig-jarigen Evangeliedienst die volgende jaar sou vaslê, staan reeds kortliks in die pamflet en in sy antwoord op die redevoering van ds. L.J. du Plessis agterin die redevoering vermeld. Dieselfde redenaar by die plegtige installasie het in 1877 in samewerking met ds. J.S.L. Venter al die geldende besluite sedert die eerste Algemene Vergadering geneem, gepubliseer onder die titel wat enigsins misleidend is De Geschiedenis der Gereformeerde Kerk in de Z.A.R. (Transvaal) sedert 1858Ga naar voetnoot1), daar dit slegs bronnepublikasie is, boustowwe vir die geskiedenis van die kerk. | |
6. Jan Lion Cachet, Hollandse jood, gereformeerde predikant, professor aan die gereformeerde kweekskool, skakel tussen noordelike Kaapkolonie en die Republieke, tussen noordelike en suid-westelike Kaapkolonie, tussen gereformeerdes binne en buite die gebiede wat later die Unie van Suid-Afrika word.Hoewel die kweekskool as opvoedkundige inrigting soos alle onderwysinstellings tot aan die end van die 19de eeu aan die kant van Nederlands gestaan het in die eerste stryd om die taalvorm en die stigter, een van die twee eerste professore, nooit sy afwagtend-afkeurende standpunt, ten opsigte van Afrikaans gewysig het nie, was die tweede leerkrag, prof. J. Lion Cachet, onder die eerste beoefenaars van die Afrikaanse taalvorm as literêre vorm, een van die eerste wat hom openlik aan die kant van die | |
[pagina 116]
| |
‘Genootskap van Regte Afrikaners’ geskaar het. Die verklaring lê in die feit, dat die wortels van die familie Postma met moeite van Nederland en sy taal kon losgemaak word, waar dit van geslag op geslag in Nederlandse aarde vergroeid was, al was dit dan ook om oorgeplant te word op 'n taalverwante akker, terwyl dié van die Portugees-Joodse familie Lion Cachet as kenmerk van hul ras, nooit diep in enige bodem wortel skiet nie en dus minder moeilik losgewikkel en makliker oorgeplant word, om in die nuwe aarde ewe gou lewensvatbaarheid te vertoon. Grootvader Lion, denkelik wel Levy oorspronklik, was 'n graveur in Franse diens en toe op las van Napoleon ook alle Elzas-bewoners 'n familienaam moes toegevoeg kry, het sy beroep die graveur van 'n gepaste naam voorsien en Levy het Lion Cachet gewordGa naar voetnoot1). Hy het twee nakomelinge, die twee broers Frans Lion Cachet en Jan Lion Cachet aan Suid-Afrika gegee wat as skrywers hul stempel onuitwisbaar op ons kultuurgeskiedenis afgedruk het. Frans en Jan Lion Cachet onderskeidelik in 1835 en 1838 te Amsterdam gebore uit Joodse ouers wat uit die Elzas geboortig was, het saam met die hele familie in 1849 tot die christendom oorgegaan danksy die bekeringswerk van die eweneens bekeerde Jood, die Nederlandse digter Isaac da Costa wat vir hulle 'n doopmaaltyd voorberei het in sy huis en elkeen 'n Bybel present gegee het, nadat die doopplegtigheid in die Hervormde gemeente van Amsterdam, die Noorderkerk, plaasgevind het. Frans was reeds as sendeling werksaam in KaapstadGa naar voetnoot2) toe sy jonger broer Jan hom in Januari 1861 by hom aansluit en vir twee maande onderwyser word aan die bekende skool Tot Nut van 't Algemeen en daarna vir tien maande, tot Maart 1862, aan 'n kerkskooltjie in Breestraat. Die skoolmeestersamp in die vinnig verengelsende Kaapstad het nie veel ruimte gebied nie vir wie hom illusies gemaak het van 'n Boerevolk wat hy van diens kon wees en wat tegelykertyd ruimte sou bied vir die ontwikkeling van sy eie gawe. In April 1862 het hy dan ook al na Ladysmith (Natal) vertrek, dieselfde historiese dorp, waar sy broer Frans in 1865 tot predikant van die Ned. Gereformeerde Kerk bevestig is. Hier het | |
[pagina 117]
| |
hy 'n tydjie skool gehou, toe weer in die distrik privaat onderwys gegee in die skaduwee van die Drakensberge, waar die Voortrekkerspore nog vars gelê het. In Ladysmith het hy soos sy broer Frans by die Ned. Gereformeerde Kerk aangesluit, hoewel hy van belydenis, soos te verwagte is van 'n proseliet veral in 'n tyd van Engels-Skots-Amerikaanse onverwerkte bymenging in die kerk, meer tuis behoort het by die Gereformeerde Kerk. Toe hy hom geroepe voel om die skoolmeesterskap te verruil vir dié van kanselredenaar het hy dan ook die vader van die Gereformeerde Kerk, prof. Dirk Postma, toe nog predikant te Rustenburg (Transvaal), genader en van hom onderrig ontvang in die godgeleerdheid nog voor die stigter van die Gereformeerde Kweekskool die beroep na Burgersdorp aangeneem het. In 1868 is Cachet tot proponent bevorder deur die deputate van die Gereformeerde Sinode van Reddersburg (Oranje-Vrystaat) en het hy ds. Dirk Postma op Rustenburg vervang in die evangeliebediening van die Gereformeerde Kerk. Maar reeds die jaar daarop is hy tot dosent benoem aan die pasgestigte Gereformeerde Kweekskool, waar hy tot 1875 werksaam was toe hy 'n beroep na Philipstown aangeneem het. Vanuit Philipstown het hy, in 1880 in opdrag van kommissies uit die Paarl en Kaapstad, in diens waarvan Di Patriot van ‘Die Genootskap van Regte Afrikaners’ groot propaganda gemaak het, na Damaraland afgereis waar 'n groep Trekkers hul bevind het wat hy in die woeligste anneksasie-periode in 1877 tot ‘De trekkende gemeente der Gereformeerde Kerk in Zuid-Afrika’ georganiseer het voor hul vertrek van die Krokodilrivier. Maar die skip voorsien van benodigdhede vir die trekkers kon in 1880 by Fort Rock nie land nie, en moes na Walvisbaai terugkeer. Met die verontskuldiging dat hy daar geen perd in hande kon kry om sy trek uit te voer nie, is Cachet onverrigtersake terug. Die volgende jaar in geselskap van die heer P. de Villiers, die Kaapse Boer wat met of sonder perd tot sy rasgenoot in nood deurdring, het hy daarin geslaag om die trekkers te bereik wat hulle toe in die provinsie Humpata in Angola bevind het. Met 'n Amerikaanse boot wat Arabiere van Zanzibar na die Congo vervoer het in verband met die Stanley-ekspedisie is hul na Mossamedes en vandaar oor land na Humpata. | |
[pagina 118]
| |
Ses jaar tevore het hy ‘menschen vermogend en vol van moed’ by Krokodilrivier agtergelaat - van hulle het ‘meer dan twee derden hun graf in den woestijn gevonden’. Die res het hy nou weer tot 'n gemeente in Humpata georganiseer, hul kinders gedoop, lidmate aangeneem sodat ds. Postma, die jongere, tot 'n behoorlik gestigte gemeente in Humpata, St. Januario, in 1888 op Burgersdorp bevestig is. Van Philipstown is Cachet in 1883 na Steynsburg. Vandaar het hy teruggekeer na Burgersdorp in 1892 as waarnemende professor in die teologie aan die Kweekskool na die dood van prof. Postma in 1890 in wie se plek hy eers in 1894 vas benoem is deur die Gereformeerde sinode van Reddersburg. Met die verplaatsing van hierdie inrigting na Potchefstroom in 1905 het prof. Cachet saam verhuis na Transvaal, die gebied van die grootste Voortrekkerprestasie, waar sy grootste belangstelling tog altyd gelê het. Hier is hy, die Hervormde Israeliet, in 1912 oorlede as Unieburger in diens van die Gereformeerde Kerk van Paul Kruger, van die gewese Suid-Afrikaanse Republiek, die Republiek waar hy met tussenpose werksaam was; waar hy ‘De trekkende gemeente der Gereformeerde Kerk in Zuid-Afrika’ aan die Krokodilrivier gevorm het, maar nie saam op trek gegaan het nie toe hul hom nie van 'n eie wa en trekvee uit hul skrale voorraad kon voorsien nie. Maar hy het in werklikheid blind geniaal raakgetas in sy advies aan die vernaamste lid van sy kerk, die later Staatspresident Paul Kruger, om nie dadelik handelend op te tree in 1877 teen die wolf in skaapsklere nie, maar te wag totdat 'n hele Afrikanerdom sou ontwaak het om Transvaal met woord en daad vir die Boer terug te eis in 1881. In werklikheid het hy intuïtief raak besluit om nie saam te trek buite die staatsgrense van die Suid-Afrikaanse Republiek nie want die konsolidering van die Boer moes tog begin nou dat hy selfbeskikkingsreg in 'n onafhanklike Republiek besit het en vroeër of later sou die Angolatrekkers tog moet terugkeer na hul eie gebied; in werklikheid het hy onbewus geniaal raak gesien dat die Afrikaanse eenheid slegs teen die verdrukking in, langs die lydensweg van vreemde wapengeweld en heerssug, kon groei na 1905 as die grens tussen Transvaler en Kapenaar uitgewis is. Soos 'n ampgenoot van hom verklaar het, dit was ‘die grootste | |
[pagina 119]
| |
tweemens’ denkbaar; een oomblik volbloed-Jood in sy geskipper om uit die kerklike partystryd wins vir sy eie kerk te slaan, die volgende bekeerling met geloof in christelike eenheid, een oomblik volbloed-Nederlander wat 'n Oranje-Nassau-ridderorde hoog waardeer, die volgende oomblik Afrikaner wat stry vir die erkenning van Afrikaans en wie se liefde in die Suid-Afrikaanse Republiek lê waar Afrikaans nie geduld word nie, een oomblik bevriend met Shepstone en sy bende, die volgende deur Milner en syne in die tronk gestop. Vandaar dat dit ons dan ook glad nie verbaas, dat Cachet sy hele lewe deur drie taalmedia vir sy skryfkuns gebruik het, Nederlands, Engels en Afrikaans. | |
7. Meneer proffessor op die dorpe van 'n suiwer boere-distrik word digter van Afrikaanse verse in die Nederlandse en Engelse en Afrikaanse taalvorme.Die leerling van Da Costa het bloemlesings Nederlandse verse in sy hoof omgedra, waaruit hy graag gedeklameer het. Hooft en Vondel, Helmers en Loots, Bilderdijk en Da Costa, voorkeurloos het elke vers vir hom 'n bekoring gehad in sy jeug. Maar later het die liefde vir die prosakuns, veral die romanliteratuur van die Franse romantiese skool, die sederomans van Richardson en van Wolff en Deken, die karakterromans van Thackeray, die romanties-realistiese, humoristiese prosa van die skool van Hildebrand die jeugliefde vir die verskuns verdring, het 'n roman dan ook sy daelikse ontspanning geword daar die uitbeelding van die mens wat innerlik vry onveranderlik bly teen 'n vlug wisselende agtergrond van uiterlikhede hom in hierdie kunssoort die meeste aangetrek het. Voor 1875 as dosent wat die leerlinge behoorlik Nederlands moes leer, het hy weinig blyk gegee van enige belangstelling in Afrikaans as taalmedium vir sy verskuns. Sy eerste literêre pogings is onbeduidende napraat na die inhoud, dikwels letterlik naskryf na die vorm van die predikant-digters van Nederland wat hy so hoog vereer het. Ook later, telkens as hy die Nederlandse taalvorm gebruik in geleentheidsverse wat op Nederlandse gebeurtenisse of toestande slaan of selfs wanneer hy uiting aan sy diepste persoonlike smart gee wat alleen maar in die eie taal | |
[pagina 120]
| |
woorde kan vind, sit hy gevange in die verstarde beeldspraak van sy modelle. Wat by hulle so tekenend is van die geestesgesteldheid van die Nederlandse volk teen die end van die 19de eeu, klink vreemd in jeugdige Afrikaanse pen as ons op die vorm let. Let ons op die gees van sy Nederlandse verse dan gewaar ons die Nederlandse element in hierdie tweemens, 'n element wat histories nie van die Afrikaanse te skei is voor die 20ste eeu nie. In 'n geleentheidsvers op die dood van Groen van Prinsterer klink die slot hoogdrawend en onsamehangend maar dit is geskryf vir 'n publiek wat geen ander eise aan die verskuns gestel het nie dan plegstatigheid van toon en vlotte maat en rym: Hoor hoe de lofzang rijst en klinkt door 's Hemels boogen,
Waarbij Da Costa blij den gouden cyther spant.
Maar ach! wat rest ons nu, door rouw ter neer gebogen
De bee slechts Heer! gedenk, gedenk, aan Nederland.’
As 'n groot ramp hom persoonlik tref soos in 1901 toe sy seun op Poortje by Steynsburg gesneuwel het, lui hy hom uit in dieselfde plegstatige ou musiek: ‘Leg hem neder naast zijn moeder
Dek hem met Oranjes vaan.
Na hij goed en bloed en leven,
Voor zijn volk heeft afgegeven
Nu zijn dagwerk is gedaan.
Omdat Engeland had gezworen
Om te verven bloedig rood
Afrikaanse groene velden
Stierf ook hij den vroegen dood
D'overwinnaar ridderkruisen
Goud en schatten heerschappij.
D'overwonnene tot loning
Voor zijn moed en trouw betoning
Rusten aan zijn moeder's zij.’
Jan Lion Cachet was driemaal getroud, iedere keer met 'n Afrikaanse vrou. Die eerste maal met 'n familielid van sy leermeester en suiver Nederlands-georiënteerde kollega aan die | |
[pagina 121]
| |
Gereformeerde Kweekskool, mej. S. Postma, en die tweede en derde male met twee vroue uit bekende Kaapse Hugenote-families, die dames Tina en Martha Viljoen agtereenvolgens. Die tweemens in hom, die Nederlander en die Afrikaner met destydse sterk Kaaps-Engelse inslag, word selfs in die keuse van vrou weerspieël en in sy verskuns kom die aksentverplaatsing van oriëntering in sy huislike lewe van Nederlands na Afrikaans, duidelik tot uiting. Eers na die dood van sy gebore Nederlandse vrou, na sy huwelik met 'n gebore Kaap-Hollandse dame, na hy in 1875 die dosentskap aan die Kweekskool vaarwel gesê het, begin die ongepubliseerde Engelse geleentheidsrympies en die in Afrikaans geskrewe verse en prosa. Die lewe van Christus het hy in Engels berym, 'n lang moraliserende Vita Christi; menige onbeduidende ‘huisbakken’ huislike vers is in Engels gemaak, heeltemal in die godsdienstige trant van Tollens, soos dié op die tweede verjaardag van sy seuntjie Dirkie, die ‘precious gift, a flower from above’, of die ‘Nursery Rhyme’ op die dood van sy kindjie wat as speelmaatjie deur die engeltjies weggevoer is, waardeur die ouers verlangend sug: ‘If we could only go there,
And see our baby play
We would forget our crying
And wipe our tears away.’
Na 1875, veral in die tyd dat hy predikant was op Philipstown en Steynsburg, begin die Afrikaanse rympies te vloei wat in nou verband staan met die taal- en staatkundige gebeure van die dag; skryf hy ook sy letterkundige sketse wat van groot sosiaal-historiese betekenis is; meng hy sy ‘Zwart Pilletjes’ in Di Patriot vir sy taal- en politieke teenstanders. Van die Afrikaanse verse wat meestal onder skuilname ‘Neef Jan’, ‘Klein Jan’, ‘Oom Jan wat vanselewe ook versies gemaak het’ e.d.m. verskyn het in Hollands-Afrikaanse nuusblaaie, is die bekendste ‘Op, op met die Vierkleur’, ‘Di Afrikaanse Taal’Ga naar voetnoot1) en ‘Jesus' Hemelvaart’ om maar 'n enkele verteenwoordigende gedig te noem uit die vernaamste rubriek waaronder die eerste | |
[pagina 122]
| |
letterkundige voortbrengsels in Afrikaans kan ingedeel word as ons op die inhoud let, nl. politiek-historiese gedigte, taalgedigte, godsdienstige verse. Nasionaliteit, taal en godsdiens, drie onafskeidbare begrippe in die nasionalistiese tydperk van die volksontwikkelingsgang, is ook die drie hoofde waaronder sy verskuns val, net soos dié van die res van die skrywers uit die kring van ‘Die Genootskap van Regte Afrikaners’, 'n genootskap waartoe hy net soos F.W. Reitz persoonlik nie behoort het nie, maar wie se gees hy volkome gedeel het en met die lede waarvan hy in noue verbinding gestaan het. ‘Op! Op met die Vierkleur’ deur prof. J. de Villiers op musiek gesit, het na die suksesvolle afloop van die Eerste Vryheidsoorlog groot populariteit geniet en algemeen bekend geword as vlaglied. ‘Di Afrikaanse Taal’, die goed volgehoue geestige allegorie van die boerenoî wat ten onregte vir Hotnotsmeid uitgeskel word, wie se vader uit Nederland en moeder uit Frankryk kom, wie se Nederlandse sussie in die skerp Afrikaanse lug aan 'n ongeneeslike kwaal ly en met al die ‘doktery’ tog nooit weer gesond sal word nie, wie se Engelse niggie hooghartig en baasspelerig haar kanse op blywende voorrang by die Afrikaanse vryers hopeloos oorskat, ‘Di Afrikaanse Taal’, die boerenoî wat eendag bo haar bevoorregte sussie en niggie sal uitblink, wat ‘net nou Koningin van heel Suid-Afrika’ sal wees, bly nog altyd die allerbeste taalgedig uit die periode van die opkoms van Afrikaans as skryftaal toe die driehoekstryd, Engels, Nederlands, Afrikaans, in alle erns begin het. In die bekende lied ‘Jesus is omhoog gevare’ word die hemelvaart spontaan, kinderlik-gelowig besing, soos by die mistici van ouds, maar dan verval hy in die preektoon van die predikant-digter as hy die siel vermaan om die volmaking na te strewe; in 'n opeenvolging van beelde, aan die Bybel ontleen, christelike voorstelling gee sonder enige bepaalde leidende gedagte daarin. In die beskeie verse kom dikwels onafrikaanse vorme voor terwille van die rym, bv. ‘te syn’ om te rym op ‘satyn’, ‘daar af’ om te rym op ‘towerstaf’. Die gevoelstroom versand dikwels maar al te gou in 'n woestyn van Oosterse beeldspraak, in die godsdienstige verse nie onvanpas nie in die mond van wie geen seun van die loue westerstrande was nie, maar deur oorgebruik sonder enige letterkundige oorspronklikheid en | |
[pagina 123]
| |
frisheid meer; die gedagtes hang ook hier dikwels sonder gang of draad soos droë sand aanmekaar. Maar in die beste in Afrikaans geskrewe verse is daar tog 'n speelsheid en geestigheid van toon, 'n nasionalistiese vurigheid waardeur die verse meer eg en spontaan en uit die hart uit klink. Na die goeie afloop van die Eerste Vryheidsoorlog het Cachet dan ook by president Kruger, sy kerkgenoot wat hy telkens van raad en advies bedien het, aangedring dat hy Afrikaans tot die offisiële taal van die Suid-Afrikaanse Republiek moet verhef. Die professor het die president gewaarsku dat miskenning van die algemene volkspraak van Kaap tot Sambesie in sy Republiek, wat die grootste prestasie is van die Trekkerelement, van die ekspansie-vermoë dus van daardie selfde spraakmakende gemeenskap van Kaap tot Sambesie, tot ondergang van die staatsgrense van die Republiek sou lei, terwyl omgekeerd die offisiële erkenning van die spreektaal binne in die Transvaalse grense tot uitbreiding van die staatsgrense, totdat hul ooreenval met die taalgrense, sou kan voer. President Kruger se staatkundige antwoord op die waarskuwing was egter die benoeming van professor N. Mansvelt tot Superintendent van Onderwys in Transvaal. Maar nie voordat hy tevergeefs probeer het om die advies te volg met die benoeming in 1882 van S.J. du Toit, die siel van ‘Die Genootskap van Regte Afrikaners’ met sy leuse ‘ons staan vir ons taal, ons nasie en ons land’, die eerste moderne nasionalis wat geen ander grense dan dié wat die taal aandui voor sy geestesoog gesien het nie. Maar soos Cachet 'n vers betitel waarin hy die ontwikkelingsgang van sy skuilname van Klein Jan na Neef Jan speels uiteensit, ‘Alles het syn Tyd’, so het ook die ontwikkelingsgang van Afrikaans sy tyd nodig gehad om van die kinderstadium, waarin dit alleen as spreektaal diens kon doen, na dié van jong volwassene te ryp waarin dit as tolk van die gevoel en die gedagtes van die Afrikaner alle regte moes opeis en alle pligte moes aanvaar. Nie voor die 20ste eeu nie, as alle staatsgrense weggespoel is deur die orkaan van die Tweede Vryheidsoorlog wat oor die volk getrek het, het hierdie tyd van jeugdige volwassenheid aangebreek in die Afrikaanse taal, nadat die Nederlandse fondament opnuut onwrikbaar vasgelê is deur die Hollands-Afrikaanse meesters en skrywers. | |
[pagina 124]
| |
Met uitsondering van die oulike gediggie ‘Di Afrikaanse Taal’ het Cachet se verskuns gou in die vergetelheid geraak, nadat dit op beskeie wyse die groot diens in die eie tyd help verrig het, nl. leeslus opgewek het, tot nasionale bewussyn geïnspireer het, gestig en vermaan het wie dit nodig gehad het. | |
8. Prosageskrifte in Nederland van prof. Jan Lion Cachet en die in Afrikaans van Ou Oom Jan.Anders as met sy poësie is die geval met sy prosa. Nie alleen blywende historiese betekenis nie maar ongetwyfeld literêre verdienste het sommige stukke uit sy pen in Het Zuid-Afrikaansche Tydschrift. As voorbeeld kan dien ‘Een bezoek by de Afrikaansche emigranten te St. Januario Humpata’ (1882).Ga naar voetnoot1) Lig skertsend, vol humorsin en tog met diepe erns word die interessante reisverhaal van stadium tot stadium ontvou. Daar is eers die gesukkel in Kaapstad om opgeneem te word op die skip wat Zanzibarse Arabiere na die Congo moes vervoer om Stanley te help: ‘Impossible, Sir! You are an hour too late! Het contract is geteekend en er is nu niets meer aan te doen!’ ‘Nu durf ik wel niet met Napoleon zeggen, dat het woord onmogelijk in mijn woordenboek niet te vinden is, maar toch zoo heel gauw ingeven doe ik ook niet. Ik wilde aan dat 'impossible' dan ook niet zoo maar gelooven. Onze geëerbiedigde Koningin Victoria hielp fluks, namelijk haar portretten op goud afgedrukt’ en die slot was dat hy en die heer P. de Villiers teen 'n groot bedrag - ‘de agent zeide het was zeer goedkoop, een paar ander Kaapsche heeren zeiden hetzelfde en daarom zeg ik het ook’ - eindelik aan boord geneem is. Van die plek van hul landing, Mossammedes, het hy hom so iets as Walvischbaai voorgestel, ‘t.w. vijf huizen en de rest zand’ maar in werklikheid vind hy dit 'n stadjie ‘met kerken en monumenten, huizen en boomen, alles op een hoopje, evenals die dorpjes, die men in de speelgoeddoosjes vindt’. Om die plek van bestemming te bereik, Humpata, sou die gewone manier van reis per hangmat wees | |
[pagina 125]
| |
waarvoor hy ses draers nodig sou hê, ‘maar mijn vriend zou er acht behoeven, en ik denk de meeste van mijn onderveldsche vrienden zouden er wel tien of twaalf noodig hebben.’ Daar word rondgeval vir 'n tolk en dan kom Ou Frikkie, 'n Kaapse jong ‘die, ik weet niet hoe, in Mossammedes verdwaald was, ons opzoeken. Dat 'Ou Frikkie' vlijtig aan Bacchus offerde hinderde ons wel, doch wij hoopten het beste.’ Onderweg dreig die Challagebergte om ‘meneer’ te laat omkom aan gebrek aan asem: ‘Wij hadden gehoopt om voor zononder op den top van den berg te wezen; wat later hoopten wij toch zoover te komen, dat wij een plaatsje konden bereiken, halfpad gelegen, waar de kloof wijder wordt en eenige huizen zijn. Eindelijk hoopten wij niets meer.’ Hygende en blasende, hangende aan die stert van 'n perd, bereik hy eindelik die top! Maar hoe anders klink de toon van die prosa as die verteller eenmaal onder die Trekkers is! Hy spreek sy verbasing uit oor die klein aantal kinders wat op die Nagmaal ten doop gehou word, aangesien in geen ses jaar 'n kind gedoop was nie: ‘De woestijn heeft onze kinderen verslonden,’ zei een der broederen. ‘Ja’, voegde eene moeder er weenende bij, ‘als wij ooit weder naar Transvaal terug willen en het pad vergeten zijn, dan zullen wij het kunnen weervinden, langs de graven onzer kleinen’. Die grondtoon van hierdie prosa, 'n vermenging van geestigheid, humor en weemoed, is tipies van die romanties-realistiese skool van Nederlandse skrywers wat met Beets se Camera Obscura begin en uitloop op Familie en Kennissen van Haverschmidt. Deur die humor word die aanskouelikheid van die ontberinge van die reis en van die bittere werklikheid van die toestand van die Trekkers nog verhoog. Dit is weergawe van gebeure wat werklik plaasgevind het maar in 'n rapportstyl waarin die gevoel en die verbeelding tog nie uitgesluit is nie hoewel die aksent nie daarop val nie. Van hierdie prosa na sy bewus literêre prosa is maar 'n enkele stap. As skrywer is sy onverganklike roem te danke aan die novellereeks Die sewe Duiwels en wat hulle gedoen het wat eers afsonderlik in Di Patriot en Ons Klyntji verskyn het, in 1907 in 'n bundel verenig is en in 1924 reeds 'n dosyn drukke beleef het. Dit is die mees gelese boek uit die nasionalistiese tydperk van | |
[pagina 126]
| |
ons kultuurgeskiedenis omdat dit die mees nasionale prosa uit dié tyd is. In Di Patriot van 1882 het ‘Di Geldduiwel’, die eerste novelle van Ou Oom Jan, die deursigtige skuilnaam van Cachet, verskyn. Dit is in die loop van 'n dekade gevolg deur ‘Di Drankduiwel’, ‘Di Liegduiwel’, ‘Di Praatduiwel’ en ‘Di Spogduiwel’ in dieselfde blad. In Ons Klyntji wat by die oprigting op die Taalkongres in die Paarl gehou, Januarie 1896, sy naam van Cachet gekry het, het die laaste twee novelle uit die bekende sewetal die reeks afgesluit, nl. ‘Di Afgunsduiwel’ in 1897 en ‘Di Baasduiwel’ in 1898-'99. Soos die titels aandui, word hier sewe hoofsondes elk in 'n hoofpersoon beliggaam en die gevolge van elk van die ondeugde vir elk van die hoofpersone in wie hul wortel geskiet het, vertel. Spesifiek Hollands-Afrikaanse hoofsondes is hulle nie. Want watter volk, deur 'n geldduiwel aangehits, sal soos die Afrikaanse in sy bewuste kultuurbou die laaste gaan dink aan sy ekonomiese stelsel en sonder 'n eie volksbank en eie geldstelsel toesien hoe die minerale rykdomme van sy land deur vreemde partikuliere geëksploiteer word sonder behoorlike beheer van staatsweë, om maar te swyg van nasionalisasie daarvan? Watter volk deur 'n drankduiwel gekwel sal, soos die Afrikaanse, die uitheemse sotterny gedoog van matigheidsbonde en toesien hoe een van sy oudste en edelste nywerhede, die wynbou, by sy kinders verdag gemaak word deur onafrikaanse sentimentele dwepers? Watter volk deur 'n spogduiwel besete ontwikkel, soos die Afrikaanse, so 'n minderwaardigheidskompleks dat ondanks 'n meerderheid in getalsterkte dit die Hollands-Afrikaanse historiese en konstitusionele selfbeskikkingsreg nie kan toepas nie, om maar enkele van hierdie hoofsondes aan die verdere verloop van die vaderlandse geskiedenis te toets? Nee, met uitsonderinge miskien soos die liegduiwel en die baasduiwel van huigelary, die euwel van gedeeltelike verswyging en daardeur verdraaiing van die harde waarheid wat in 'n tweetalige land met 'n teenstelling van twee kulture dikwels beter met die woord takt as leuen en huigelary kan bestempel word, en die afgunsduiwel, die euwel van begeer wat aan die naaste behoort wat in 'n ryk goudproduserende land met 'n ontstellende groot armblankedom van hoofsaaklik Hollandse-Afrikaners, arm Boere dus wat die patrimonium van | |
[pagina 127]
| |
die oudste groep bewaar het, nogal begryplik is, nee hierdie sewe duiwels as sulks is in werklikheid geen tipies nasionale duiwels nie.Ga naar voetnoot1) Wat wel nasionaal is, is die moralisasie, die toon van die sketse. Daar word teen die sewe duiwels gewaarsku, negatief teen allerlei euwels gemaan waarvan die meeste nogal geen volkseuwels is nie, soos geldgierigheid, dranklustigheid, spoggerigheid, ens. in plaas van positief tot die deugde van idealisme, soberheid, nederigheid aan te spoor. Veel kritiek en weinig bemoediging, veel preekbeurte en weinig eredienste, lering, vermaning en stigting is nou eenmaal 'n nasionale trek wat letterkundig gesproke die afstamming van die volk van Maerlant en Vader Cats direk verraai. Cachet preek nie direk nie, maar hy stel sy motief tog so eensydig voor dat slegs een woord, dié van ‘moenie’, uit elke novelle met effens opgehewe voorvinger en liggefronste wenkbrou oprys. Oom Jan van Linge, 'n skatryk boer deur die geldduiwel aangehits bemagtig ook sy swaer Bronsveld se plaas as dié in geldsorge sit. Maar hy bewerk sy eie ondergang en vind 'n noodlottige dood in die spruit op weg na die dorp om die transaksie deur te voer as die kar omslaan en hy agter sy baadjie waarin die banknote sit, aanswem, gered word deur Gerrit Verhoef, die verloofde van die dogter van Bronsveld, maar tog aan die gevolge van die vermoeienis sterf. Moraal van Di Geldduiwel? Moenie die geld dien nie want gierigheid is die wortel van alle kwaad. Verlei deur 'n vriend raak Willem verslaaf aan die drank, maar as sy getroue vrou Breggie ernstig siek word, bekeer hy hom van sy bose weë. Moraal van Di Drankduiwel? Moenie die drank lus nie omdat regenerasie van die dronkaard te bitter moeilik is daar die wysheid in die kan is as die wyn in die man is. Hans Rietman bygenaamd Lieg Hans wat verlief is op Netji versprei die leuen dat hy diamante op sy aanstaande skoonvader Oom Diederik se plaas ontdek het maar as 'n dronk Hotnot met | |
[pagina 128]
| |
die waarheid voor die dag kom, is Hans sy Netji kwyt. Moraal van Di Liegduiwel? Moenie lieg nie want al loop die leuen nog so snel, die waarheid agterhaal hom wel. Tante Adriana bederf die hele loopbaan en enigste familiegeluk van die mooi mejuffrou Wilson, die onderwyseres, deur haar skinderpraatjies oor omstandighede veroorsaak deur haar oorlede dronklap van 'n vader, skinderpraatjies waardeur die broer verplig is om op kommando te gaan en sy dood vind. Moraal van Di Praatduiwel? Moenie die laster aan die woord laat kom nie want lastertonge vermoor die siel en dikwels die liggaam. Die pleegkind Dirk en sy bolandse vrou Annie vergal die lewe van die nasionaal-behoudende Oom Karel met hul windmakerigheid tot hul in die hande van die geldskieter Ashton val en deur kwelling en lyding tot nederigheid en berou gebring word. Moraal van Di Spogduiwel? Moenie die voorvaderlike sedes verwaarloos nie, want dit sal jou daarna gaan en terugkeer tot die ou pad is 'n lydensweg. Oom Hermanus misgun sy aanstaande skoonseun Willem 'n stuk goeie grond waardeur dié verplig word om 'n ander, skraler stukkie te koop waarop juis 'n steenkoolmyn ontdek word tot groot blydskap van Willem en sy Fya en groter ergernis van Oom Hermanus. Moraal van Di Afgunsduiwel? Moenie vir 'n ander 'n put grawe nie want jy val daar self in, daar nyd 'n verrotting der beendere is. Die vroeër bolander Oom Arnoldus, 'n uitnemende huigelaar weet hoe om onder die mom van vaderlike besorgdheid, die dom Flip, susterskind van sy vrou wat by hulle in die onderveld aan huis woon, sy plaas gedeeltelik afhandig te maak maar deur die slim boerenoîntjie Anna, verloofde van Flip, en die opregte Oom Karel sy voogd, word die waarde van die lewensreg van Flip op sy plaas gered en Oom Arnoldus moet opdok daarvoor. Moraal van Di Baasduiwel dié van die duiwel van huigelary? Moenie 'n geveinsde tong in die mond dra nie want hoewel selfs die duiwel van huigelary, die baasduiwel van al die duiwels onder ons, geldduiwels, drankduiwels, liegduiwels, praatduiwels, spogduiwels, afgunsduiwels, sy Moses vind wanneer die heldere verstand in ooreenstemming werk met die opregte gevoel, is dit 'n teken dat die harmonie tussen hoof en hart versteur is, dat die | |
[pagina 129]
| |
aksent op die verkeerde deel van die samestelling val, want van hierdie twee is laasgenoemde die belangrikste. Nasionaal-Afrikaans is hierdie moraliserende toon, 'n toon wat hoegenaamd nie dié van 'n preek oor hel en verdoemenis is nie, maar wel die toon van die vriendelike skoolmeester wat met 'n grappie tussenin 'n volkswysheid in verhaalvorm verduidelik. Die taal sit vol idiomatiese uitdrukkinge, waarvan sommige besonder skilderend sonder meer is, maar die meeste inhoudende 'n volkswysheid op sigself. Om slegs enkele voorbeelde te noem uit een novelle ‘Di Baasduiwel: ‘Hy praat net oor die Bybel as hy vasraak’; ‘Meyer sal sy Moses wel wees’; ‘'n skerper pyl in Arnoldus se hart’; ‘Flippie voel of hy in die grond wil sink’; ‘Ek het vir jou voorspel dat die nooi vir jou sou onderdeurspring’; ‘Ons het nie nodig om mekaar om die bos te lei nie’; ‘As jy 'n vrou wil hê, moet jy 'n man wees’; ‘Vryery kan jy probeer toehou soveel jy wil, maar dit is net soos vuur. Dit kom uit’; ‘'n Hottentot is net haastig as hy kantien toe wil gaan’; ‘Hoe meer die duiwel het, hoe meer wil hy hê’; ‘'n Vroumens kan die onnoselste mens slim maak’. Die objektiwiteit word nie altyd bewaar nie, die skrywer rig hom af en toe direk tot die leser: ‘Nou moet die leser nie dink om hier 'n uitvoerige beskrywing te kry’ want ‘liefdestories is nie juis altyd erg belangrik vir ander mense wat daar niks mee te doen het nie’ in ‘Di Baasduiwel’; - ‘Dit is wonderlik in ons land, hoe onversigtig die mense is en hoe gerus vir diewe. Ja, ons ou landjie is nog nie so sleg nie’ in ‘Di Afgunsduiwel’; - ‘Ik dink, dat 'n gierigaard in ons tyd nie meer so lekker kry as vroeër nie. Vroeër was dit net goud en silwer en dit moes vir 'n gierigaard tog al te mooi gewees het, as die knapsak oopgaan en die ponde so oor die tafel rol’ in ‘Di Geldduiwel’; ‘Ik het so'n geloof - of dit heeltemal waar is, weet ek nie - dat 'n mens as jy 'n bietjie oplet, aan 'n vrouw kan sien of haar man te veel drink’ in ‘Di Drankduiwel’, om weer slegs enkele voorbeelde van subjektiwiteit te noem, waar die oog sonder opset by die deurlees direk op val. Maar ook hierdie manier van kommentaar-maak so tussen deur die verteltrant om seker te maak dat die moraal gevat word deur die toehoorder, is tipies van alle volkskuns in | |
[pagina 130]
| |
die algemeen en van die Afrikaanse manier van moraliseer in die besonder. Behalwe die toon, die gees, die manier waarop die mense en dinge aan die leser voorgestel word, is die tipes self en die omstandighede waarin hul beweeg, aan die 19de eeuse Afrikaanse werklikheid ontleen. M.a.w. ook die inhoud van die novelle op sigself is deur en deur Afrikaans waardeur die boek 'n uitnemende spieël word na vorm en inhoud van die sosiale gebeure van die laaste kwart van die 19de eeu. Sy hoofpersone mag met uitsonderinge geen nasionale tipes wees nie maar al sy tipes is uit die volle, ryke Afrikaanse volkslewe geteken met sy ryke skakeringe van ‘Boere’, sy verskillende tipes van grondbesitters soos begryplik is by 'n volk as dié die naam dra van Boerenasie met sy groot kultuur-teenstelling van Hollandse Afrikaners en Engelse, met sy kleur-teenstellinge, met sy teenstelling van Bolanders en Ondervelders, sy teenstelling van plaasboer en vreemde dorpsagent en opkoper, die tussenmanne, aasvoëls met hul mag oor die Boer of hy nou al produsent of verbruiker is. Daar is bv. die afgunstige, materialistiese Oom Hermanus van Welgegund met sy grondhonger, die brompot wat al reeds meer grond besit as wat hy kan bewerk, maar nie kan toesien dat 'n ander 'n mooi lap grensende aan syne koop nie want dié sou miskien daar meer materiële wins, aardse skatte kan uithaal dan hy self. Daar is sy teenhanger die konservatiewe Oom Karel van Wildebeesfontein wat in woede uitbars as hy in die koerant lees dat sy spoggerige aangenome seun, tekenend vir die kultuurverbastering van 'n agterstevoor-voortrekkerskind, wat in die waan verkeer dat hy op die weg na materiële welvaart is, sy plaas Saaifontein in ‘Poplar Grove’ verdoop het. Daar is die geslepe geldwolf Oom Jan wat eers geen osse het nie, later 'n paar en uiteindelik 'n hele klomp as hy kans sien om die opkoper uit te oorlê. Daar is die skinderbek Tante Adriana, wat by gebrek aan diskoers die mond gedurig vol het oor die jeug. Daar is die Bolandse Annie met behoefte aan weelde en genot en gebrek aan nasionale bewussyn en insig in die nasionale sedes en gewoontes. Daar is die saaie, getroue Breggie wat alles verdra in lydsaamheid van haar dronklap van 'n man. Daar is haar teenhanger, die natuurlike slim Anna, wat handelend kan optree as sy haar kans kry en gevolglik die Baasduiwel baas | |
[pagina 131]
| |
raak. Dan is daar die dorpsagente soos Olmans, die ‘skrywer’ van die boer wat sy sake moet reël maar gewoonlik eindig met hom rot en kaal te pluk, maar 'n enkele keer sy rieme tog styf loop by 'n ongeletterde natuurmens. Daar is die afslaers wat onder die skerts van jong pseudokopers hul kwinkslae altyd gereed het en hul goed weet van die hand te sit. Daar is die opkopers wat met veel handegeswaai en misbaar oor die hoë pryse, die landbouprodukte van die Boer teen 'n appel en 'n ei verkry en as vreemde middelmanne vet word op die arbeid van die landbouer. Nie alleen die tipes is so lewensgetron geteken nie maar ook die toestande waaronder hulle geleef het, is so helder geskilder dat in hierdie novelle blywend vasgelê is 'n beeld van die verbygegane tydperk in die kultuurontwikkelingsgang van die Boer. Kleurryk en karakteristiek van die boerebeskawing is die Nagmaalsdrukte in die winkels, 'n geleentheid waaruit die kwaadspreekster stof ten oorvloede suig vir haar lastertong. Vermaaklik en tekenend is die diamantkoors van die geluksoekers wat Lieg Hans agterna sit waaronder 'n paar Engelse wat in die hardloop begin wed wie sou wen. Naïef en tipies van die tydperk van die ontdekking van groot minerale rykdomme in 'n Boereland, is die ontdekking van 'n steenkoolmyn op die skrale grond van die jong boer Willem wat hy noodgedwonge gekoop het omdat die afgunstige aanstaande skoonvader hom 'n beter stuk misgun het. Die hele tydperk van die groot minerale ontdekkinge op boereplase word in die sketse weerkaats en ook bekende daelikse boere-omstandighede en landelike probleme soos langdurige droogtes en sprinkaanplae gee die juiste atmosfeer aan die vertellinge. Krities-esteties is daar veel teen die sketse op te merk. Dit is tendens-werk, die styl is te slap om dié van 'n diep ontroerde kunstenaar te wees, die opset van elke novelle te breed en gevolglik die besonderhede te veel en die bou te los, daar is geen diepgaande psigologiese karaktertekening nie, ens. ens. Maar estetiek ofte nie, die tipes leef vir die Afrikaanse leser, die dialoog is eg en fris, die beeldspraak wortel in die Afrikaanse omgewing; met skynbare nietige besonderhede is 'n Afrikaanse | |
[pagina 132]
| |
stemming en atmosfeer geskep en as veel van die Afrikaanse volkskarakter gewysig is na aksents- en rigtings- en tydsomstandighede, sal in hierdie boek vasgelê wees 'n beeld van die boerebeskawing, van sy deugde en gebreke en probleme wat vir die nageslag sy aantreklikheid sal bly behou uit 'n kultuurhistoriese oogpunt. As vervolgsketse in Di Patriot en Ons Klyntji het hierdie romanties-realistiese novelles meer as enige ander verhale die leeslus opgewek. Die Sewe Duiwels is 'n nasionale Afrikaanse boek in al die opsigte wat sy prototipe Camera Obscura 'n nasionale Nederlandse boek is, in die geïdealiseerde daelikse werklikheid, in die humor, in die frisheid van taal, in die tipe-tekening, in die bedekte moralisasie, m.a.w. in toon sowel as inhoud. Behalwe hierdie novelle en verse in die suiwer letterkundige rubriek het Jan Lion Cachet ook die politieke rubriek ‘Zwart Pilletjes’ in Di Patriot aan hom toevertrou gehad. Daarin het hy in luimige trant, waaronder 'n diepe erns lê, altyd opgewek en hoopvol die politiek van die dag aan christelik-nasionale beginsels getoets. Die stryd het voortdurend gegaan oor christelike ‘vrye’ onderwys of die openbare staatskool, totdat 'n soort oplossing in 1886 gevind is toe ‘Onze Jan’ voorstel dat godsdiensonderwys binne die gewone skoolure moet val, waardeur die saak vir die regeringskool gewen is en die verengelsing sy gang kon gaan. Want die wet het die nasionale saak eerder benadeel as bevoordeel, daar ook die verpligte godsdiensonderwys, Bybelles binne die skoolure van die regeringskole, hiermee Engels geword het. Met ander woorde die Afrikaanse kind het hiermee 'n Revised Version of the Bible in plaas van 'n Statenbijbel, Sankey and Moody en Church Praise in plaas van Gezangen en Psalmen deur sy Skots-Amerikaans-Engelse leermeesters voorgesit gekry in opdrag van die staat, wat met verantwoordelike bestuur tog net die uitvoerende mag van die volkswil moet wees. En hierdie resultaat was alles behalwe die volkswil, verre selfs van die gedagte van die opsteller van die wetsontwerp, groot Nederduitse Gereformeerde kerkman en pleitbesorger van die taal van die Statenbijbel en van die Gezangen en Psalmen. Maar dit sou tot die 20ste eeu duur voor dit vir die nasionale leiers duidelik word, dat die fout op onderwysgebied nie lê by | |
[pagina 133]
| |
christelike onderwys of nie - wat kon meer christelik wees dan die ‘Huguenot’- en ‘Eunice’- en ‘Prospect’-seminaries? - maar by moedertaalmedium of nie. Nie godsdiens nie, wat 'n saak tussen indiwidu en sy Skepper is, maar taal, wat 'n saak is tussen mens en mens, die algemeenheid op 'n bepaalde bodem waarvan bloedgebondenheid aantoon, is 'n wesenlik nasionale saak. Die skrywer van die ‘Zwart Pilletjes’ kon onmoontlik hierdie 20ste eeuse insig hê - hy meen die onderwyswet skryf te min godsdiensonderwys voor - maar dit was hom heel duidelik, dat hy 'n Mordechai aan die poort moet bly. Al die ‘drankjes’ van die Regering, ook hierdie van 1886 wat aan sy vrou se ou tante se ‘extra drankje’ herinner, bestaande uit vyf druppels uit ieder botteltjie in die huis-apteek, maak die Hollands-Afrikaanse nasionale pasiënt steeds siekerGa naar voetnoot1). Toe die C.N.O.-beweging na die Tweede Vryheidsoorlog weer oplewe en die Hollandse Afrikaner andermaal die oplossing van sy kultuurprobleem op 'n aan hom opgedronge twee-talige bodem, langs godsdienstige paaie soek, het die hoop van die ou stryers van die Gereformeerde Kweekskool herleef. Andermaal het die skrywer van die ‘Zwart Pilletjes’ die pen ter hand geneem en die Transvaalse Skoolwet (1907) heftig aangeval in sy pamflet Niet om te twisten, maar om des Gewetens wilGa naar voetnoot2), maar nou nie meer die aksent op die kerkdogma laat val nie. As eerste en grootste gevaar word genoem ‘dat de moedertaal geheel op zijde gesteld, of op zijn best zal aangeleerd worden als een onverschillige zaak’, want ‘waarom zou men zich ook zooveel moeite getroosten voor het Hollandsch, daar toch van Standaard IV af het Engelsch intreedt als uitsluitend medium van onderwijs’. Die gekneusde vinger van 'n rondtastende volk het die sleutelgat van die kultuurprobleem van sy tweetalige land gevind, nl. taalmedium; die sleutel nl. die Afrikaansmedium-skool, sou betreklik spoedig volg. By geleentheid van die vyftigjarige jubileum van die Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika (1859-1909) het die ou professor op versoek van die kuratorium van die Teologiese Skool, wat | |
[pagina 134]
| |
intussen in 1905 van Burgersdorp na Potchefstroom oorgeplaas is, en in oorlog met die kerkeraad van Rustenburg, die eerste Gereformeerde gemeente, 'n Gedenkboek (1909) opgestelGa naar voetnoot1). Kerkhistories is dit 'n belangrike, betroubare hoewel nie alte diepgaande bron nie, waarin die gereformeerde opsteller tog moeilik sy kritiek op sy hervormde landgenote kan verberg: ‘Ds. D. van der Hoff was niet door de Amsterdamsche Commissie, maar door Prof. Lauts gezonden. Welk recht Prof. Lauts daartoe had, is niet duidelijk’Ga naar voetnoot2); ‘in 1855 zond de Amsterdamsche Commissie den Heer C. Hiddingh naar Transvaal, om onderzoek te doen, hoe de zaken eigenlijk stonden, en vooral om de klachten te onderzoeken, die er tegen ds. V. d. Hoff waren ingekomen. Uit het gedrukte verslag van dien heer blijkt niet, welke qualificatie hij had om als een soort van bisschop rond te gaan, terwijl wel uit het verslag blijkt, dat het hem niet aan eigenwaan ontbrak’Ga naar voetnoot3) ens. Ook Ou Oom Jan was nie vry van hierdie lelike, betreurenswaardige Nederlandse trek, hierdie duiwel van wantroue koester teenoor landgenote wat met dieselfde belangeloosheid en goeie bedoelinge as hy hul lot met hul stamverwante ingewerp het of hul saak van uit die stamland wou steun. Die ‘Personalia’, lewensberigte van enkele voorgangers soos ds. D. Postma en Jacobus Johannes Venter deur ds. L.J. du Plessis het die opsteller van die Gedenkboek ongelukkig deur gebrek aan ruimte verkort, waardeur die kostelike biografiese gegewens ernstig geskaad is. In 1912, werksaam tot op die laaste, is prof. Jan Lion Cachet baanbreker-gereformeerde-teoloog, baanbrekerskrywer in Afrikaans, oorlede op Potchefstroom. Hoewel sy spore letterlik en figuurlik dik in die Transvaal lê, het hy tog sy vernaamste stempel afgedruk op die noordelike Kaap veral Burgersdorp en omgekeerd is sy bekendste werk 'n sprekende afdruk van die distrikte in die laaste kwart van die 19de eeu. Hierdie streek wat in die derde kwart van die eeu op kultuurgebied nog in die nouste | |
[pagina 135]
| |
verbinding gestaan het met die Engelse Oostelike Kaapprovinsie van die Britse Setlaars, het hoe langer hoe meer in die volgende kwarteeu die as geword van 'n wiel, waarvan die Paarl die suidelike speek was en Pretoria die noordelike. Die Albert-distrik het die leiding geneem vanaf 1858 in die agitasie vir die regte van Hollands in die Kaapse Volksraad, waarin Hollandse Afrikaners wel geduld sou word, maar hul taal nie, 'n contradictio in terminis, wat vir die meeste Kaapse Afrikaners egter nog drie dekades lank, tot 1882, volkome logies sou lyk deur hulle geleende Engelse bril gesien. Op die gebied van ons letterskat het die streek 'n ruime bydrae gelewer in albei die taalvorme. Hier is die eerste tak van ‘De Zuid-Afrikaansche Taalbond’ wat vir Nederlands as literêre taalvorm van die Afrikaner sou ywer, gestig, terwyl van hieruit die beste nasionale (nie nasionalistiese) vroeë literêre geluid in die Afrikaanse taalvorm gekom het. Die uiterlik ‘lojale’ Albert van die noordelike Kaapkolonialer, het die Medina van die Afrikanerdom geword, danksy in hoofsaak die Gereformeerde Kweekskool op Nederlandse model gestig, en 'n aanvang meegemaak deur gebore Nederlanders wat hul lot virgoed met hul stamgenote ingewerp het en Afrikaners in murg en been geword het. Die kultuurdraers van hierdie suiwer Boeredistrik het die skakel geword tussen die noordelike Kaapkolonie en die Boere-Republieke, tussen die noordelike en suidwestelike Kaapkolonie, tussen Hollandse Afrikaners onderling, sowel as tussen hulle binne en buite die gebiede wat later die Unie van Suid-Afrika sou word. |
|