Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 2 (1875-1905)
(1949)–Elizabeth Conradie– Auteursrecht onbekend'n Kultuur-historische studie
[pagina 25]
| |
Hoofstuk II.
| |
[pagina 26]
| |
skeldnaam, net soos daar, ook hier die erenaam geword het toe die Hollandse Afrikaner eenmaal sterk nasionaal- en taalbewus was, omdat die gebruik van Afrikaans, die minagting van die Afrikaanse ‘geus’ soos geopenbaar in die gebruik van sy spreektaal deur sy vyande, juis 'n les was in die totstandkoming van sy geuselied, waarin sy eie gees in sy eie taalvorm leef, kry hierdie geskrifte 'n plek in 'n literatuurgeskiedenis waarin van die standpunt uitgegaan word dat die Afrikaanse taalvorm sekundêr, die gees alleen primêr is. Die gesproke taalvorm het van die begin van die 19de eeu die aandag getrek en is opgeteken in menige geskrif, of het onbewus ingesluip in dié van weinig of nie-geletterdes. Daar is bv. die allervroegste optekening in 1825, in die vorm van 'n samespraak deur M.D. Teenstra, getiteld: ‘Zamenspraak of Uittreksel van een door mij gehouden gesprek met een boer, deszelfs vrouw en hunne slaven te Caledon, Kolonie Kaap de Goede Hoop’ in sy outobiografiese reismeedelings, De Vrughten mijner Werkzaamheden (1830)Ga naar voetnoot1); daar is A.N.E. Changuion se ‘Proeve van Kaapsch Taaleigen’ agter in sy grammatika, De Nederduitsche Taal in Zuid-Afrika hersteld in 1844Ga naar voetnoot2); daar is die soort Nederlands geskrywe waarin Afrikaanse woorde en vorme ingesluip het, deur Hendrik Jacob Wikar in sy Berigt aan den Weleedelen Gestrengen Heer Mr. Joachim van Plettenbergh so vroeg as 1779 al,Ga naar voetnoot3) die geskrewe Nederlands van iemand wat Afrikaans praat in die Dagboek van die Voorste Voortrekker Louis Trigardt, gehou oor die tydvak 31 Julie 1836 en 13 Januarie 1837Ga naar voetnoot4); daar is gebruik gemaak van 'n soort kleurling-Afrikaans in 'n verhollandste Fransman, C.E. Boniface se hekeldrama De Nieuwe Ridderorde of de Temperantisten in 1832Ga naar voetnoot5), om slegs | |
[pagina 27]
| |
enkele voorbeelde te noemGa naar voetnoot1). Maar dit is nie in die onmiddellike omgewing van die kultuursentrum, Kaapstad, wel in die Engelse Oostelike Provinsie dat Afrikaans van omstreeks 1844 bewus aangewend word in literêre genres soos die samespraak, die alleenspraak, die brief, die vers, meestal met die bedoeling om propaganda teen 'n Hollands-Afrikaanse standpunt te maak of ten koste van die Hollandse Afrikaner vermaak te verskaf aan 'n Engelse of Engels-georiënteerde gehoor of leserskring. Deur die koms van die Britse Setlaars in 1820 en die wegtrek van die Boere op die oostelike grens na 1836, het die Oostelike Provinsie met Grahamstown, Port Elizabeth en Cradock as vernaamste dorpe, by uitnemendheid die streek geword waar die Engelse kultuur kon wortelskiet en in die loop van tyd vervorm word tot 'n Engels-Afrikaanse. Die band tussen Kaapstad en Grahamstown is aanvanklik besonder nou; later word die Engels-Afrikaanse lyn deurgetrek na Bloemfontein, in die hartjie van die onafhanklike Hollands-Afrikaanse Republiek. Groot bindende faktore, ook vir die Engelse, was die toneel en die pers wat tog ook moes rekening hou met die lede van die ouer volksgroep in daardie streek. As in 1837 daar 'n begin gemaak word met toneel in Grahamstown, is dit 'n oorspronklike stuk in 'n vermenging van die twee tale, deur die here Bain en George Rex, getiteld Kaatje Kekkelbek (1844), wat die gehoor meesleepGa naar voetnoot2), vandaar na Kaapstad op die toneel oorgebring word en die enigste toneelfiguur oplewer wat in die Afrikaanse spreekwoordeskat opgeneem word as 'n tipe van grappige babbelkous wat alles uitflap en hoog en laag onder haar skerp tong laat deurloopGa naar voetnoot3). Kaatje Kekkelbek, or Life amongst the HottentotsGa naar voetnoot4) is 'n deels | |
[pagina 28]
| |
gesonge, deels gesproke, dramatiese alleenspraak waarin die draak gesteek word, eers met die dwase filantropie van die sendeling-opvoeders van die kleurlinge en Kaffers: ‘My name is Kaatje Kekkelbek,
I come from Kat Rivier,
Daar's van water geen gebrek,
But scarce of wine and beer.
My ABC at Ph'lipes school
I learned a klein beetje,
But left it just as great a fool
As gekke tante Meitje’.
Dan word gelag oor Jan Bull - ‘een domme moerhond, een kleine kind kan hom vernuik’, of 'n steek gegee aan die boer - ‘een moer slimme ding -! Hy was eerst net so stom als de settlars en christemense, maar Hotnots en Kaffers het hom slim gemaakt.’ Kaatje en haar genante, Zaatje Zeekoegat, ou Dirk Donderwetter, Klas Klauterberg en Diedrich Dick, het skaap geslag, maar toe vang 'n ‘schelm boer’ hul, toe hul ‘kramnatjes eet, dat de vet zo lans de bek aaf loop’ en sleep hul na die tronk. Nou trek die ‘moervreter’ weg oor die Groot Rivier omdat ‘hij zegt dat hij niet meer kan klaar kom met die Engelse Gorment’ en die betrapte diewe vir wie drink, steel en tronktoegaan die mees alledaagse dinge is, kry: ‘Six months hard work, which means in Dutch, Zes maanden lekker leven.’ Die magistrate, die regeerders, is net so dwaas as die sendelinge in hul partydigheid vir die gekleurdes waarvan Kaatje goed profyt trek maar nog meer sou getrek het soos haar slotopmerking lui, as sy self haar saak kon gaan verdedig in Engeland, ‘want als een mens wil rijk word in Engeland, jij moet maar banjan kwaad spreek van de Duits-volk, maar hulle zal voor mij niet laat gaan, hulle is bang voor Kaatje Kekkelbek!’ Kaatje se beskouings sowel as die vorm waarin sy dit giet, is tipies van die tyd; persone en toestande van die eerste helfte van die 19de eeu word glashelder weerspieël. | |
[pagina 29]
| |
As die pers in die streek ingevoer word in 1831, is die Grahamstown Journal onder redaksie van 'n gebore Engels-Afrikaanse Kapenaar, L.H. Meurant, en 'n volbloed Engelsman Godlonton (sedert 1834) Engels na die gees maar tweetalig na die vorm. As J.G. Franklin in 1840 begin met die eentalige The Cape Frontier Times hou hy dit slegs vier jaar vol voor sy drukker Meurant met 'n afsonderlike Hollandse uitgawe van die blad voor die dag kom, Het Kaapsche Grensblad in 1844. In die uitsluitend Engelse blad ‘Sam Sly's Journal’ is dit Kaatje Kekkelbek, die deels Engelse, deels Afrikaanse toneelfiguur wat die blad miskien sy grootste populariteit besorg in 1846. As Het Kaapsche Grensblad tot niet gaan teen die middel van die jare sestig, word sy plek ingeneem deur De Grahamstadsche Register en Boerenvriend van Godlonton tot ongeveer 1864; As die Cradock News ongeveer 1858 tot stand kom, is dit 'n tweetalige blad van J.S. Bold waarvan die Hollandse gedeelte die titel dra Het Cradocksche Nieuwsblad en voortbestaan tot omstreeks 1865Ga naar voetnoot1). Met die ouer landgenoot word dus wel deeglik rekening gehou in die pers van die Engelse Oostelike Provinsie. In die Hollandse joernalistiek van die Engelsgesinde blaaie, word veral die samespraak aangewend as die beproefde handige literêre vorm van die 18de eeu, geskik by uitnemendheid vir politieke en sosiale propaganda, en dan in die ‘Boeretaal’ geskrywe wat die literêre genre des te meer in de smaak laat val het. Dit was eintlik 'n uitkoms om in die boeretaal te skrywe vir die ‘Engelse’ redakteurs van die tweetalige blaaie wat gewoonlik 'n Nederlands gebruik het wat nie aan te hoor was nie, vir sover dit nie totaal onverstaanbaar was nie. Om 'n enkel staaltjie van hul uitgesogte Nederlands aan te haal uit die Dordrechtse Frontier Guardian: ‘Vreemd opmerk papier’ is ‘foreign note paper’, ‘zoldering was’, die vertaling van ‘sealing wax’Ga naar voetnoot2). Nog veel meer as die woordeskat was die grammatika van die skryftaal bo hul vuurmaakplek - vandaar dat hul gryp na die volkstaal in sy laagste uiting, in briewe en samesprake, wat die skyn moet gee van direkte beskouings en opinies of literêre vorme. Die vorm wat Teenstra gebruik om 'n voorbeeld | |
[pagina 30]
| |
van die volkspraak te gee, in kontras met Nederlands, die ouer taalvorm van die Kaap, die vorm van Boniface en De Lima in hul persoonlike aanvalle, word die geliefkoosde genre van die 19de eeu, die nasionalistiese tydperk waarin die twee kante van die teenstelling Hollands-Engels skerp gestel moes word. Die politieke propaganda of die polemiek hou 'n vorm springlewendig wat in die volgende tydperk as die literatuur begin losser staan van die onmiddellike politieke gebeure, maar nog sterk verband daarmee hou, sy hoogtepunt bereik as toneelvorm in die pen van adv. C.J. Langenhoven. Kenmerkend is die realisme, didaktiek en humor, die weerkaatsing van die boerelewe, die gebruik van die sappige volkstaal, die voorliefde vir tiperende bynameGa naar voetnoot1). Dit bring g'n geflatteerde maar 'n dikwels gekarikaturiseerde portret van die Hollandse Afrikaner en is onmiddellik herkenbaar as die werk van sy Engelse landgenoot wat tot een en dieselfde gemeenskap maar nie tot een en dieselfde nasie behoort. Vanuit kultuurhistoriese standpunt beskou, hoewel in die volkstaal geskrywe hoort die oorgrote meerderheid van vroeë samesprake niks meer, eerder minder, tot die eintlike Hollands-Afrikaanse lettereskat as die in Nederlands geskrewe stukke uit dieselfde tydGa naar voetnoot2). Die beroemdste van al die vroeë geskrifte in literêre vorm in die Afrikaanse taalvorm, die Zamenspraak tusschen Klaas Waarzegger en Jan Twijfelaar over het onderwerp van Afscheiding in 1860, is afkomstig uit die Oostelike Provinsie, die werk van 'n Engelse Afrikaner L.H. Meurant, net soos Kaatje Kekkelbek die werk van twee Engelse Bain en Rex was, sestien jaar vroeër. Louis Henri MeurantGa naar voetnoot3) is in 1811 in Kaapstad gebore uit 'n Frans-Switserse vader en 'n Engelse moeder. Hy is as sewejarige | |
[pagina 31]
| |
seun na die dood van sy moeder, in die huis van die familie Smit, wie se huistaal Hollands-Afrikaans was, opgevoed. Later is hy ook met 'n dogter van sy pleegouers getroud, waardeur sy kennis van Afrikaans nog versterk is. Sy vader het 'n nie-onbelangrike rol gespeel in die stryd van Greig, Pringle en Fairbairn teen Lord Charles Somerset om die vryheid van die pers, en het hom dan ook as twaalfjarige seun as leerling-drukker op The South African Commercial Advertiser van Greig geplaas waar hy vier jaar gebly het, tot hy in 1828 as jong man van sewentien jaar na Graaff-Reinet vertrek op soek na avontuur. Van toe af dateer reeds sy kennismaking met Transoranje, want nog in dieselfde jaar is hy met 'n groep Boerejagters oor die Grootrivier, maar keer na enkele maande terug na Graaff-Reinet. Teen die einde van 1830 het hy 'n eie pers en vestig hom as drukker in Grahamstown waar hy van 1831 af die eerste nuusblad in die Oostelike Provinsie uitgee, die aanvanklik tweetalige Grahamstown Journal. Van 1834 af is hy geassosieer met Robert Godlonton tot 1839, toe hy sy aandeel in die saak verkoop en in 1840 drukker word van die Cape Frontier Times, waarvan John George Franklin eienaar en uitgewer was. Dieselfde Godlonton en later Franklin was die eienaars en uitgewers van die Bloemfonteinse Engels-Hollandse The Friend - De Vriend. Meurant was vier jaar drukker vir Franklin, maar dan word hy redakteur, uitgewer en eienaar van sy eie eentalige Hollandse weekblad Het Kaapsche Grensblad in 1844, tot 1850, toe dit ook oorgeneem word deur Franklin, die eienaar en uitgwer van The Cape Frontier Times. Hy bly egter nog aan as redakteur tot die uitgawe van die Hollandse blad na April 1851 'n jaar lank gestaak word, as hy op kommando gaan. Meurant het gereeld deelgeneem aan die Kafferoorloë as kaptein of kommandant, die aandag getrek en in die guns gestaan van die Engelse owerheid. Hy is dan ook gebruik as tolk by die Sandrivier-Konvensie in 1852 waarvoor die beloning was 'n aanstelling as magistraat van Katrivier in 1853. Hy verlaat Grahamstown vir goed, sê die drukkersamp vaarwel, en word magistraat eers van Katrivier, daarna van Cradock (1859-1864), en ander plekke in die Oostelike Provinsie, en ten slotte Riversdal (1877-1882) waar hy tot sy dood in 1893 bly woon het. Hy was verteenwoordiger van Riversdal in die Kaapse Parlement, en hier het hy ook op sy | |
[pagina 32]
| |
ou dag sy Sixty Years Ago (1884) geskrywe, 'n vername bron vir die kultuurgeskiedenis van die Oostelike Provinsie. In sy Grahamstownse koerant, Het Kaapsche Grensblad, het talryke briewe en samesprake in die Afrikaanse taalvorm, grappig propagandistiese of polemiese werk in 'n literêre vorm, verskyn, verskeie van die hand van Meurant self, soos dié van ‘Elsie Beuzemstok’ in 1845, en ‘Grietje Beuzemstok’ in 1850. Op Cradock het die Cradock Dispatch van O.W. Jeffrey in die loop van die jaar 1850 gekom en gegaan, maar as Meurant daar sy pligte as magistraat aanvaar, in 1859, kom 'n tweetalige blad, The Cradock News - Het Cradocksche Nieuwsblad van J.S. Bold om te bly voortbestaan tot sy vertrek in 1865 na 'n volgende staanplek as magistraat. In hierdie tweetalige koerant het die Zamenspraak tusschen Klaas Waarzegger en Jan Twijfelaar onder die skuilnaam van ‘Klaas Waarzegger’, in 1860 verskyn, wat in 1861 as pamflet herdruk is om by duisendtalle onder die boere versprei te word. Op lewendige, geestige wyse word in die boeretaal propaganda gemaak vir die afskeiding van die Engelse Oostelike Provinsie van die Kaapkolonie wat binne in die ebtyd van die Hollands-Afrikaanse kultuur staan maar waarin tog 'n ortodokse groep hulle stemme begin te verhef. Die Engelse kant van 'n aktuele vraagstuk word hier aangebied in 'n literêre vorm wat sinds die 18de eeu by uitnemendheid geskik geblyk het vir polemiek in al die Wes-Europese lande. Die spelling en die taal van die Zamenspraak is nog sterk Nederlands gekleur, maar dit is die eerste goeie bewuste poging om 'n samehangende geskrif in die spreektaal van die boere uit te gee, om des te beter hul oor te vang. Die samespraak is deur die publiek verslind as leesstof, maar sy doel het dit gemis - die slot van die brandende vraagstuk was dat die Oostelike Provinsie 'n deel gebly het van die Kaapkolonie. Die liberale blaaie soos Het Volksblad, De Zuid-Afrikaan in Kaapstad, het dadelik die Zamenspraak gedeeltelik oorgeneem of onder die invloed van die stuk het ander soos The Friend - De Vriend, en De Tijd in Bloemfontein, De Transvaal ArgusGa naar voetnoot1) in Potchefstroom, en die genoemde twee Kaapse koerante dadelik | |
[pagina 33]
| |
oorgegaan tot navolging van die skitterende voorbeeld, beide wat die literêre vorm en die taalvorm betref, van 'n literêre genre te gebruik om politieke propaganda te maak. Onder die menigte briewe en samesprake en sketse in Het Volksblad onder redaksie van Professor Roderick Noble en met Nederlanders, of in Nederland opgevoede Afrikaners met liberale neiginge as vernaamste literêre bydraersGa naar voetnoot1) neem die in Afrikaans geskrewe stukke 'n beskeie plek in. Tog word daarin tussen die jare 1861 en 1872 ook in die boeretaal propaganda gemaak vir die liberale sienswyse, of die Boeremaatskappy word in literêre genres weerspieël op 'n toon en 'n wyse wat noue verwantskap toon met dié van Meurant se Afrikaans. In die reeks ‘Tonelen uit het Politiehof’ in 1860 word Afrikaans dikwels gebesig om grappige effekte te bereik. Hulle betekenis lê hierin dat hulle die Afrikaner gewoon gemaak het aan 'n van Nederlands afwykende taalvorm wat hy later as sy eie sal gaan herken - na die gees is hul so onafrikaans as die stukke van hul Engelse landgenote-skrywers dikwels. Die vernaamste in Afrikaans geskrewe bydraes vloei uit die pen van Samuel ZwaartmanGa naar voetnoot2), 'n pseudoniem vir 'n Engelse wetsagent uit Fraserburg, H.W.A. Cooper. Cooper, gebore in Engeland omstreeks 1814, het die taal van sy kliënte goed leer ken, hy het verwikkeld geraak in 'n liefdesgeskiedenis met 'n plaaslike goewernante en was goed op die hoogte van die plaaslike nuus, die hele doen en late van 'n plattelands dorp in die noorde van die Kaapkolonie. Dieselfde maatskappy het hom in 1873 weens sy amoreuse kaperjolle verplig om die dorp te verlaat, en hy is toe na Transvaal waar hy die amp van landdros beklee het. Tenslotte het hy na Londen teruggekeer, waar hy later oorlede isGa naar voetnoot3). Dit spreek dus vanself dat die twintigtal boerebriewe in die boeretaal in Het Volksblad, vanaf Januarie 1870, onder sy skuilnaam, nie bepaald vleiend vir die Boeregemeenskap sou gewees het nie, hoewel hulle hartlik | |
[pagina 34]
| |
saamgelag het oor die humoristiese daarvan, sonder om hul aan die angels onder die grappige trant te veel te steur. Vanaf Maart 1871 volg sy reeks Kaapsche Schetsen oor allerlei ampsdraers en afdelinge van die Staatsbestuur, soos die Goewerneur, die Parlement, die Afdelingsrade, Verantwoordelike Bestuur, die Magistraatshof, Skoolmeesters. Net soos Klaas Waarzegger tientalle familielede in verskillende koerante gekry het, wat getuig van sy populariteit, die leesen skryflus wat hy opgewek het, het Samuel Zwaartman spoedig 'n ‘broer’ gehad, Jan Zwaartman van Calvinia in dieselfde koerant. Uit Swellendam het in 1870 die eerste verse in die Afrikaanse taalvorm gekom in Het Volksblad, o.a. ‘Klaas Gezwint en zijn Paert’ van F.W. ReitzGa naar voetnoot1). As ons die eerste Swellendamse pogings, waaronder ook ‘Die Steweltjies van Sannie’, ‘Alie Brand’, van die later president en nog later staatsekretaris van twee onafhanklike Hollands-Afrikaanse republieke, onder die skerp glas van die nasionaalgerigte kritikus plaas, blyk dit dat die digter, in sy navolging van die humoristiese gebruik van Afrikaans deur sy Engelse landgenote, nie volkome vry te spreek is van gebrek aan takt ten opsigte van die boerevolk wat die taal praat nie. Die platheid van die spraak van die Hottentotte, veral in sy gedigte, was steurend, hoewel nie so stuitend as dié van die skrywers van Kaatje Kekkelbek bv. nie, 'n stuk wat vir Reitz 'n besondere aantreklikheid gehad het. Dit is dan ook tekenend dat die Engels-georiënteerde Vrystaatse blad The Friend - De Vriend, later sy groot teenstander, in daardie jare vir sy kandidatuur propaganda gemaak het, by die eerste verkiesing van J.H. Brand tot president van die Oranje-Vrystaat in 1864. Die Engelse Tydskrif, The Cape Monthly Magazine, net soos ander liberale Hollandse blaaie soos De Volksstem, neem sy Afrikaanse bewerking van Burns se ‘Tam O'Shanter's ride’ oor en is gevolglik sedelik verplig om sy kolomme oop te stel vir sy polemiek oor Afrikaans later. Dit wil voorkom dat die eerste verse van Reitz in Afrikaans, net soos die | |
[pagina 35]
| |
tien ‘Gesprekke’ van Klaas Waarzegger Jr. (C.P. Hoogenhout) onder dieselfde skuilnaam van Meurant in De Zuid-Afrikaan tussen 1872 en 1875, beplan en miskien aangevang is in 'n gees van ‘meer as grap as om vir die regte van Afrikaans te pleit’Ga naar voetnoot1); maar onder die skrywe het dit vir hulself duidelik geword dat hulle dieselfde taal van Kaatje Kekkelbek en Klaas Waarzegger gebruik, maar dat hul gees, hul inhoud, hul opvattings ten opsigte van die kultuur van die Hollands-Afrikaanse groep wat daardie taal besig, ganslik verskil van dié van hul prototipes. Van 1873 af is dit die Hollandse Afrikaner self, in die regte Afrikaanse gees, wat aan die woord is in die in Afrikaans geskrewe geskrifte. Vir die Engelse Afrikaner het die taalvorm nutteloos geword. Die skeldnaam ‘Hotnotstaal’, die volkstaal in sy laagste uiting in die geskrifte van sy vyande, staan voor die eerste sport, nog nie daarop nie, van die leer waarlangs dit sal opklim van die onderkulturele na die kulturele medium vir 'n lettereskat. Die jaar vantevore, 1872 het twee belangrike gebeurtenisse plaasgevind, wat met die eerste oogopslag geen verband hoegenaamd het nie, maar in werklikheid uitinge is van een en dieselfde nasionale bewuswording: die Kaapkolonie het Verantwoordelike Bestuur gekry en vanuit 'n plattelandse dorp, waarheen die Hollands-Afrikaanse kultuur uit die verengelste moederstad geskuif het, kom 'n brief in De Zuid-Afrikaan 7 September 1872 oor ‘De Bijbel in het Afrikaansch’ deur Arnoldus Pannevis, onderwyser aan die Gimnasium in die Paarl, die stigting van ds. Van der Lingen. |
|