Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 1 (1652-1875)
(1934)–Elizabeth Conradie– Auteursrecht onbekend'n Kultuur-historische studie
[pagina 266]
| |
Hoofstuk X.
| |
[pagina 267]
| |
Langeroog’, 'n nog awontuurliker tienjarige militêre loopbaan in Europa en die awontuurlikste van alles, 'n rampsalige deserteurs-bestaan in Engeland agter die rug gehad.Ga naar voetnoot1) Maar daar het dan ook vreemde toestande in die Napoleontiese tye geheers tydens die Koninkryk Holland onder Lodewijk Napoleon en die inlywing by Frankryk tot aan die onafhankelikheidsverklaring onder Koning Willem I in 1813. In die ‘jammerlijk geteisterd en uitgemergeld Nederland’ was hy in 1813 vir die soveelste maal ‘op lager wal geraakt,’ as gevolg van sy eie dwalinge en misstappe. Die enigste uitweg was om met ‘het puik van Nêerlands jongelingschap’ in diens te tree van Napoleon Bonaparte as remplaçant (plaasvervanger) vir een van die seuns van 'n skatryke, gewese Generaal van die Administrasie van Oorlog. Die vader het die vereiste vyftien honderd franke betaal en in alle verdere behoefte van die Garde d'Honneur op mars voorsien. Later vind Swaving die denkbeeld diep veragtelik dat hy hom in sekere sin hiermee gaan gelykstel het ‘met de ongelukkigen, welke in dat vak openlijken handel drijven en hun ligchaam gedurende hunnen leeftijd op dezelfde wijze voor geld verkoopen, zoo als anderen hun lijk aan de snijkamer afstaan’.Ga naar voetnoot2) Maar soos hy self sê, ‘het berouw komt veelal te laat.’ In Julie 1825 word hy in sy huis in Delft gearresteer maar slaag daarin om in vroue klere te ontsnap uit die kamertjie waarin die Kommandant van die stad hom opgesluit het. Sy vrou het hom hierin trou bygestaan en onder 'n litografie van hom staan geskryf: ‘Wat Reigersberg eens deed voor haren Huig de Groot,
Deed alzoo Swaving's vrouw voor deez haar' echtgenoot.’
Aan die skildwag, wat as gevolg van die ontsnapping veroordeel is, het hy sy Offer aan de lijdende onschuld (1827) gebring.Ga naar voetnoot3) | |
[pagina 268]
| |
Hy het toe al reeds veel opsien gemaak en talryke vyande verwek met sy Galerij van Roomsche Beelden, of Beeldendienst, (1824)Ga naar voetnoot1), geskrywe ‘tot waarschuwing voor die proselieten, welke hier zullen zien, wat pillen zy niet al moeten slikken, alvorens zy voor echte Roomschgezinden zullen kunnen doorgaan.’ In London ly hy die grootste gebrek na sy vlug uit Delft tot hy met behulp van 'n kennis 'n ‘Dutch Academy’ oprig. Maar dit gaan nie so gemaklik om leerlinge vir Hollands en Frans te vind nie in die land waar soveel aan die eie taal en tradisie geheg word, dat op ‘Lord-Mayor's Day’ ‘allen als hansworsten in den smaak der middeleeuwen toegetakeld’Ga naar voetnoot2) op straat rondloop, soos die teleurgestelde leraar in die moderne tale oneerbiedig konstateer! Hy kon tog wel genoeg bymekaar kry om 'n huisie te huur en sy vrou en kinders uit Holland te laat kom. In 1827 kry hy die ingewing om na die Kaap in te skeep en ‘kregen wij op den 23sten December 1827 den Leeuwen- en Tafelberg in het gezigt’.Ga naar voetnoot3) Aan boord het hy 'n dagboek gehou, noukeurig alles opgeteken met die bedoeling om dit in 'n derde deel van sy Reizen en Lotgevallen te verwerk maar toe hy in Kaapstad aankom, maak hy kennis met die Kaapse reisbeskrywings en vind dat alles wat hy opgeteken het reeds honderd-en-vyftig jaar bekend is. Die gevolg is, sy joernaal, ‘meerdan de helft van een boekdeel’, word ‘uit kregeligheid aan flarden’Ga naar voetnoot4) geskeur. Dit het hom die goeie les geleer om, voor hy 'n letter op papier sit, eers die stapel werke oor die nuwe land vlugtig deur te blaai. Wat hy ons dan ook gee oor Kaap de Goede Hoop, die land wat hy sy eie gemaak het en waar 'n nuwe lewe vir hom begin het, is nuut en so onderhoudend soos 'n | |
[pagina 269]
| |
roman beskryf. Sy skryftrant is los en bevallig, maak die indruk van buitengewoon modern te wees en getuig van sy fris, oorspronklike, awontuurlike gees. Sy Reizen en Lotgevallen wat volgens 'n resensent in die Vaderlandsche Letter Oefeningen ‘met den besten roman gelyk staat, en zoo avontuurlyk, dat het ten dezen met iedere roman monsteren kan’,Ga naar voetnoot1) is gretig deur die redaksie van die Ned Z.A. Tijdschrift gelees en uittreksels gepubliseer wat die Kaapse gemeenskap die boeiendste leesstof in hul periodiek verskaf het vir die jaar 1828.Ga naar voetnoot2) Die talekenner is beëdig as ‘translateur interpreteur’ aan die Hooggeregshof en in sy vry tyd het hy hom aan opvoedkundige en letterkundige arbeid gewy. Hy het sy Zonderlinge Ontmoetingen beëindig met 'n paar uitstekende hoofstukke oor die Kaap en 'n voorwoord tot die Tienjarige militaire Loopbaan, waarvan die Zonderlinge Ontmoetingen 'n vervolgdeel was, geskryf ‘aan den voet des trotschen Tafelbergs, in het vrije en onbelemmerd genot van alle aardsche genietingen’. Daar het hy ‘eindelijk en ten laatste dat bestendig, dat stille huisselijke en zoo benijdenswaardig geluk’ gevind, ‘waarnaar hij sedert zoo vele jaren zijns levens vruchteloos zocht’.Ga naar voetnoot3) Van hom het ons 'n sterk persoonlike, ryk gekleurde, van uit Hollands-Afrikaanse standpunt uiteengesette beskrywing van die inswering van die regters, advokate en prokureurs en notarisse onder die nuwe taalreëlings van Lord Charles. Om mee te begin, was die dag al verkeerd gekies. Baie van die aansienlike ingesetenes was teenwoordig, maar nog meer het weggebly, omdat verskeie Hollandse protestante weinig gestig was, dat een van hul geëerbiedigste feesdae, Nuwejaarsdag, daarvoor gebruik moes word, ‘welke door al hunne voorzaten en Nederlandsche landgenooten steeds van eeuw tot eeuw en van geslacht tot geslacht uitsluitend aan de godsdienst werd toegewijd’. Hier laat Swaving, die predikantsseun, hom deur sy gevoel te ver sleep en verwar hy sy huislike gebruike met Kaapse gewoontes. Die Hollandse koloniste het | |
[pagina 270]
| |
weggebly onder protes. Hy erger hom aan Sir John Wylde, die hoofregter, wat 'n toespraak hou oor die geseënde invloed van 'n goeie administrasie van justisie, die koninklike charter laat voorlees, (wat nasionale vryheid waarborg), die ede laat aflê - alles in Engels. By die geleentheid word ook die Afrikaanse advokate, wat aan die Leidse Universiteit gestudeer het, ingesweer, nl. Neethling, Cloete, Joubert, Van Rijneveld, Faure, Brand, De Wet, Hofmyer, ‘die van heden af hunne welsprekendheid in eene voor hun vreemde taal moesten beproeven; want van den 1 Januarij 1828 afheeft de Nederlandsche taal opgehouden door de gewelven der raadzaal dezer voormalige Hollandse volksplanting te weergalmen’.Ga naar voetnoot1) Aan die hof het hy die geleentheid gehad om die taal van alle lae van die gemengde Kaapse bevolking te beluister. Hy onderskei tussen ‘Bastaard Hollandsch’, wat die boer, slaaf, kaffer en Hottentot praat, en Hollands, beïnvloed deur hierdie ‘Bastaard Hollandsch’, wat die Kaapse aansienlikes praat, en suiwer Hollands, gepraat deur die, wat in Nederland gebore en opgevoed is. Die ‘bastaard Hollandsch’ - dat hy daarmee Afrikaans bedoel, is duidelik - ‘welke zelf den meer beschaafden der Christelijke en voorname volksklasse niet geheel en al oneigen is, met uitzondering echter van dezulken, die in Nederland geboren of opgevoed is’,Ga naar voetnoot2) klink nie half so onverstaanbaar in die ore van pas aangelande Nederlanders nie, as die sogenaamde Kreoolse Hollands, wat te Berbice, Demarary, Esseguebo en Suriname gepraat word. Swaving het dadelik gehoor dat daar 'n onderskeid tussen die taal van die Kaapse burger van beskawing en die van die boer in die buite distrikte was,Ga naar voetnoot3) dat eersgenoemde veel digter by sy eie | |
[pagina 271]
| |
taal staan maar dat laasgenoemde tog as geen kreoolse taal kan beskou word nie.Ga naar voetnoot1) Die familie Swaving het hul ingeleef in die nuwe land. In hul ‘ruime bevallige woning’ aan die voet van Tafelberg het moeder en oudste dogter die eerste Franse Instituut ‘voor jonge jufvrouwen’ gehad en hy het 'n uur daags die studente in die Franse taal onderwys aan die ‘onlangs opgerigte Zuid-Afrikaansche Athenaeum’, 1829.Ga naar voetnoot2) Vlytig het hy hom aan die studie van die Suid-Afrikaanse geskiedenis gewy in die voetspore van Meent Borcherds en De Lima en in 1829 word in die Nederduitsch Z.A. Tijdschrift die vrug van sy studie aangekondig nl. Vlugtige Biographische Schets van de 28 Hollandsche Gouverneurs van de Kaap de Goede Hoop; met aanstipping der merkwaardigste bijzonderheden hunner regering, van de jare 1652 tot 1795; door J.G. Swaving, interpreteur en Translateur bij het Hooggeregtshof, schrijver van onderscheiden werken.Ga naar voetnoot2) Hij was een van die oprigters van die ‘maarschappij ter uitbreiding van beschaving en letterkunde’ 1833, wat die tydschrif as hul offisfëele organ erken het en hy was van plan om hom met verdubbelde ywer aan sy ‘oorspronkelijk Nederlandsche werken’Ga naar voetnoot3) te wy ‘tot dat Zuid-Afrika's grond eenmaal zijn gebeente zal overdekken’.Ga naar voetnoot3) In die stad het die toekoms op taal en letterkundige gebied ondanks die proklamasies van Lord Charles Somerset, in 1829 inderdaad rooskleurig gelyk met die oprigting van die Zuid-Afrikaansche Athenaeum. Die Hollandse skool Tot Nut van 't Algemeen was nog in bloeiende toestand en tot omstreeks 1840 voel die stedeling hom nog gelykwaardig met sy Engelse mededinger. Die pasaangekome Hollandeis of Hollandse besoekers word met oop arms ontvang, alles wat in verband staan met Holland roer nog 'n teer snaar by die Afrikaner aan. Die ontluikende selfbewussyn werd onbewus gevoed deur die versterkende krag van die nuwe Hollandse koloniste, skemer al helder deur omstreeks 1840 in die vers- | |
[pagina 272]
| |
kuns van 'n ampgenoot van Swaving, ook 'n ‘translateur bij 't hooge geregtshof’ wat eers met De Lima en later met Boniface in botsing gekomen het. | |
2. Johannes Jacobus de Kock, toneelspeler, translateur, almanakmaker en geselskapslieder-samesteller.'n Hele familie De Kock was aan die skool Tot Nut van 't Algemeen, die erfenis uit die tyd van De Mist, verbonde - daar was ‘Lang mijnheer’ De Kock (Servaas) en ‘Kort mijnheer’ De Kock, Willem de Kock en Daniel de Kock.Ga naar voetnoot1) Johannes Jacobus de Kock was eers toneelspeler, later beëdigde vertaler by die Hooggeregshof volgens De Zuid-Afrikaansche blygeestige Almanak en Naamlyst voor het jaar onzes Heeren 1840, wat hy saamgestel het.Ga naar voetnoot2) De Lima het sedert 1827 lange jare die Kaapsche Almanak en Naamboek uitgegee en daarmee 'n teëwig in die skaal gegooi aan die kant van Hollands teenoor die oorwegende, later uitsluitende Engelse almanakke.Ga naar voetnoot3) Met hierdie Blijgeestige Almanak, vol ‘aangename mengeling van Ernst en Boert’ naas die gewone aankondiginge oor Sons- en Maansverduisteringe, op- en ondergang van die son, verandering van die maan, feesdae, plaaslike instellings en genootskappe ens., het ook De Kock hom 'n goeie naam verwerf. Laggend beweer hy die teenoorgestelde in sy rym, Ontmoetingen bij het opnemen der naamlijst voor 1840. In die gange en agterbuurtes van Kaapstad waar hy die name beleef kom vra, is hy vir 'n belastingontvanger of 'n ‘geldwolf’ aangesien en verja. Dan lui die verskoning vir die onbeleefdheid: ‘Ik dacht mijnheer wou ons vervolgen,
Want ik weet mijnheer neemt zaken waar.’
| |
[pagina 273]
| |
Steeds beangs vir moontlike hofsake waarmee Kaapstad weerklink het in die rumoerige dae van Boniface en De Lima, stook hul mekaar op en fluister die bure in die oor: ‘Hy breng jou voor de Court,
's Woensdags zie ik hem daar gaan
Hij praat van geld en faam.’
Van vloeiende maat en ritme is hier geen sprake nie, van digterlikheid nog minder, maar ons kry hier 'n kyk op die groepe in die maatskappy wat gedurig met mekaar in wrywing was. Daar is die Engelse wat hom die verwensing ‘to go to Hell’ agterna roep, en die Franse wat hom uitnooi ‘Entréz mon Signeur! Ik het nie kelt op renten.’ Van die Duitsers klink dit slaperig: ‘Ich heb kien kelt, kom morken werr
Das is mien tyd van slaben.’
Alleen die Boer neem 'n verstandige houding in, maar ook hy was eers onwillig om sy naam vir die almanak op te gee as gevolg van die kwaadpraatjies van 'n ‘zwartje’ wat daarvoor welverdiende ‘klappen’ kry. Hier is op-die-voorgrondstel van die eie ras, 'n meerderheidsgevoel teenoor die vreemdelinge, deur iemand, wat hom met trots genoem het ‘geen Hollander maar 'n Zuid-Afrikaan’.Ga naar voetnoot1) Daar word 'n twintigtal verse in die Almanak opgeneem wat byna almal terug te vind in die koerante. Daar is van die sentimentele soort van Feith soos Tranen en Het geplukte Bloempje, ballades en romances soos De drie Dochters en De ridder en zijn liefje, moraliserende ryme op Vergankelijkheid en Het Leven is een Dobbelspel. Almal klink nog soos agtiende eeuse digkuns en dit kan vrywel met sekerheid gesê word dat hul oorspronklik uit een of ander Hollandse digbundel oorgeneem is of, soos die geval met De Vadermoorder, 'n Münchener spookverhaal, uit die Duits vertaal. 'n Oorspronklike | |
[pagina 274]
| |
Kaapse vers terug te vind in die Meditator, van MollGa naar voetnoot1) is Welkomstgroet, aan zijne Koninklijke Hoogheid Hendrik, Prins der Nederlanden, bij gelegenheid van Hoogstdeszelfs aankomst alhier in het jaar 1838. Die Kolonie was nou al meer as dertig jaar gelede in vreemde hande oorgegaan maar orals was daar nog herinneringe genoeg aan ‘den ouden Jan Companje, zoo zeggen de overbergsche boeren, als zij van den gouden tijd der Oostindische Kompagnie spreken’.Ga naar voetnoot2) Prins Hendrik sou daar 'n ovasie kry. Onder al die vrolikheid en gejuig oor die koms van ‘Nassau's zoon’, het die geleentheidsdigter sy vurige verlange na die ou bewind, die weemoed om losgewikkelde bande waar die Groningse reisiger M.D. Teenstra in 1825 melding van maak, uitgesing in sy welkomslied. Hy herinner die hoë besoeker daaraan dat ‘wij eens dierbaar voor u waren’, stel die retoriese vraag of hy diegene ‘die goed en bloed ééns voor u gaven’ ooit sou kan vergeet en antwoord dan self: ‘Neen zulks deed nooit Oranjes zoonen!
Hij wil zich aan dat volk vertoonen,
Dat eens zijn Vader had behoort! -
Hij weet ook met wat fier verlangen,
In dit ons afgelegen oord,
Een Prins van Neêrland wordt ontvangen!’
Die oorsaak van die blywende gehegtheid aan die stamland lê in die aard van die mens en die botsinge en geharrewar met die vreemde heersers het 'n prinsipiële agtergrond wat die digter, hoe swak en onbeholpe en verouderd vir ons smaak ook al sy uiting, intuïtief aanvoel. Dit was seker een van die populêrste geselskapsliedere in die Blygeestige Almanak van 1840. In 1852 het daar 'n bundeltjie Nieuwe Hollandsche Gezelschapsliederen deur J.J. de Kock die lig gesien.Ga naar voetnoot3) Ook hierdie | |
[pagina 275]
| |
liedere blink nie uit deur diepte van gevoel of rykdom van klank nie maar vertolk op eenvoudige manier wat die Kaapse harte verbly, of in opstand gebring het. Deur hul sangerigheid en dikwels geestige toespelinge op bekende persoonlikhede uit die tyd, is hul vermoedelik veel gesing in vrymesselaars- en ander kringe. Aan die vrymesselary word liedere gewy soos De Goede Trouw en Broederschap. De Kaapsche Wijn, beroemd sinds onheuglike tye, inspireer 'n vrolike drinkliedjie, wat op hul byeenkomste die gewenste stemming sou kon gebring het. Hy besing wel die ‘broedermin’ in sy geselskapsliedere maar met Tollens verklaar De Kock rondborstig dat sy Vaderlandsliefde beperk is tot die eie: ‘Een wereldburger ben ik niet,
'k Ken geen Holland noch Bataaf;
Daar weet men niets van mij.’
Sy landgenote is De Kaapsche Boeren en vir die groot kommandant-generaal, A.J.W. Pretorius vleg hy lauerkranse: ‘Ik wil den moed bezingen,
Eens helds, van dezen eeuw,
Die niets ooit kon bedwingen,
Geen Tijger, Wolf, of Leeuw!
Maar die in woeste streken
De dierbre vrijheid zocht,
En zonder bloed of wreken,
Zoo veel reeds heeft gewrocht!
Hij wou zijn landsliên leiden,
Door streeken, woest en naar;
Hen van het juk bevrijden;
En tarten elk gevaar; -
Hij streedt met wilde dieren,
De Leeuw zelf kent zijn stem,
Hij is “een Boer!” en 't tieren,
Was slechts muzyk voor hem.’
Duidelik spreek die gevoel van verwantskap en meely met die ‘uitgewekenen’ en in vrye navolging van die wapenkreet van Tollens word ‘Cabo's kroost’ aangespoor: Te Wapen. Maar dit bly tog maar meer die botsinge in sy onmiddellike omgewing wat aanleiding gee tot die dawerendste | |
[pagina 276]
| |
geselskapsliedere. In gemeenskaplike sang het die opgekropte gemoedere lug gevind as hul kon uitjubel Fairbairn!Ga naar voetnoot1) of die waarskuwende vinger ophou Geene Bandieten!Ga naar voetnoot2) Die geleentheidsversmaker kon nooit nalaat om die naam of titel van 'n jubelaris of 'n ergerlike persoon wat hy wou te lyf gaan, uit te buit nie en in laasgenoemde vers klink dit dan ook met kopergeskal: ‘Graaf Grey! graaft uzelv' een grafplaats;
Wroet, wroet, als een vernielend' rot; -
Doch maakt gij van ons land een strafplaats,
Hoor gij dan tot uwen spot: -
Geene Bandieten!!
Dat zweeren wij elkâar!!!
Geene Bandieten voor den Kapenaar!!!’
Die ‘translateur by 't hooge geregtshof’, staatsamptenaar van Afrikaanse geboorte, in 'n gevaarlike tyd vir die Hollandse koloniste, was voorwaar geen slappeling nie, maar heeltemal uit eie krag kon die Afrikaner dit nooit so ver gebring het nie. Die grootste steun het gelê sowel in die Hollandse skool vir voorbereidende onderwys, die Tot nut van 't Algemeen wat van 1805 tot 1870 'n magtige damwal teen die Engelse stroom opgewerp het, as in die Zuid-Afrikaansche Athenaeum wat in 1829 opgerig is onder 'n Hollandse rektor, na Amsterdamse model. | |
3, Antoine Nicolaas Ernest Changuion, opvoedkundige, taal- en letterkundige, kerkman en politikus.Antoine Nicolaas Ernest ChanguionGa naar voetnoot3) is in 's-Gravenhage 15 Des. 1803 gebore. Hy stam uit 'n Protestantse familie uit Champagne en Barrois, die lede waarvan gedurende die | |
[pagina 277]
| |
geloofsvervolginge, wat aan die herroeping van die Edict van Nantes voorafgegaan het, hul te Amsterdam, Utrecht en Leiden gevestig het. Weens geldelike moeilikhede moes sy vader, Mr. François Daniel, wat 'n groot rol in die politiek gespeel het, 'n tydlang in Duitsland vertoef onderwyl daar 'n proses teen hom aan die gang was. Sy jongste seun, Antoine, en enigste dogter het hul gedurende die proses in Frankfort gevestig, waar Antoine as huisonderwyser genoeg geld verdien het, om in hul onderhoud te voorsien en hom sover vir die Universiteit voor te berei, dat hy 6 Junie 1828 te Leiden as student in die lettere en godgeleerdheid kon ingeskrywe word. Hy was toe reeds 'n jong man van vier-en-twintig jaar met heelwat mensekennis, ervaring en selfstandigheidsgevoel en gestaal deur die moeilikhede van sy vader. In 1830 skryf die direkteure van die Zuid-Afrikaansche Athenaeum, wat in 1829 in Kaapstad opgerig is, aan die letterkundige fakulteit van Leiden om 'n professor in die klassieke en moderne tale, veral Nederlandse lettere, aan te beveel. Die Athenaeum is gestig na Amsterdamse model, eintlik as aansluiting by die Hollandse rigting van die skool Tot Nut van 't Algemeen, om hoër onderwys aan die Kaapse jeug te verskaf. Die leiding is geneem deur Ds. Abraham Faure, die ambisieuse Kaapse predikant, redakteur van die Ned. Z.A. TijdschriftGa naar voetnoot1) en die oprigting van hierdie inrigting is dus hoofsaaklik aan die Hollandse kerk te dank.Ga naar voetnoot2) Nadat eers verskillende ander persone, o.a. die later professor P.O. van der Chijs, toe redakteur van De Ster, vergeefs gevra is, besluit Changuion om sy teologiese studies op te gee en die aanbod aan te neem. Deur tussenkoms van die Leidse fakulteit kry hy sy ontslag uit die verpligte militêre diens, nadat hy uit Oirschot waar hy met die Leidse jagers was, na Leiden | |
[pagina 278]
| |
teruggekeer het.Ga naar voetnoot1) Hy lê sy kandidaatseksamen in die klassieke lettere af en ontvang daarop honoris causa sy doktorstitel, waarop hy teen die end van 1831 na Kaapstad vertrek. Changuion het sy betrekking as hoogleeraar met 'n Verhandeling over den heilzamen invloed eener doelmatige studie der oude talen, aanvaar.Ga naar voetnoot2) Die stuk is op die heenreis geskrywe maar eers gedruk na hy twee maande aan die Athenaeum werksaam was en enigsins op die hoogte van die vereistes en moeilikhede gekom het. In die ‘Voorwoord’ kan hy die aanmerking nie onderdruk nie, ‘dat het (om er het minste van te zeggen), vrij wat moeijelijkheid in heeft, om een doelmatig onderrigt in oude letterkunde te geven, aan eene school, waar men met den titel van Hoogleeraar, de pligten van Praeceptor, Conrector en Rector in één persoon te vervullen heeft. - Niet alsof ik mij door deze en meer andere moeijelijkheden, daar ik liefst van zwijgen wil, den moed zou laten benemen. Dat zij verre.’ Die leerlinge het sy volle belangstelling geniet en hy het dadelik hul liefde en respek gewen. Hul het hom later aan sy eie Instituut ‘Ou Stroop’ gaan noem, vertel een van hul,Ga naar voetnoot3) 'n bynaam gegee uit liefde om sy ‘sweet reasonableness’, nie uit oneerbiedigheid nie. Hy het dit begryp en hul plaery met 'n glimlag beantwoord. Sy spierwit krulkop as die onder die hande van die kapper was, het die spontane vraag van een helfte van die klas uitgelok, as hy die klaskamer binnestap: ‘Wie heeft u gekapt?’, waarop die ander helfte dan antwoord: ‘Lodewijk, de Kapper’, twee sinnetjies uit die doktor se Hollandse en Engelse taaloefeninge. Dan glimlag hy net en as hy na sy lessenaar stap, wens hy hul geluk, dat hul die skoolboeke so goed ken. En dan weer, op die eerste warm dag in die somer, as hy met 'n lang wit jas binnekom, weerklink die Afrikaanse spreekwoord: ‘Skildpad het 'n nuwe dop gekry’, en ook hierdie toepassing van die spreekwoord dra | |
[pagina 279]
| |
sy goedkeuring weg. In daardie ‘sweet reasonableness’ het sy pedagogiese krag van die begin af gelê. Van 1833 af is hy verbonde aan die redaksie van die Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tijdschrift waardeur sy werksaamhede aanmerklik uitbrei. Hy interesseer hom vir vraagstukke oor toneel en is ten minste in prinsiepe nie daarteen nieGa naar voetnoot1) want die Leidse doktor was liberaal van godsdienstige oortuiging. Hy speel 'n hoofrol by die stigting van 'n Maatschappij tot verbreiding van Beschaving en Letterkunde in 1834Ga naar voetnoot2) en hou openbare lesings soos die Vorlesung über Sprachstudium überhaupt und zunächst über das Studium der Deutschen Sprache in 1837.Ga naar voetnoot3) Maar hy het al gou gemerk dat dit nie die klassieke en vreemde tale is wat hy moet aanprys nie, maar diè spraak wat in 'n ander vorm dan sy eie in die harte van sy leerlinge leef. Daarom hou hy in 1840 sy Voorlezing tot aanprijzing van de beoefening der Nederduitsche Taal en Letterkunde in Zuid-AfrikaGa naar voetnoot4) voor die pasgestigte maatskappy vir die bevordering van daardie taal en lettere. Dit is veral Cats, Tollens en Van Alphen wat by die Afrikaanse lesers aanbeveel word. Die kindergediggies van Hieronymus van Alphen is in Kaapstad herdruk,Ga naar voetnoot5) die Tydschrift het die verhandeling van Clarisse oor die kinderdigter geplaas en dit is die wens van die redenaar om by te dra ‘om dien regtschapen Hollander in dit land op den duur in hooge waarde te doen blijven.’ Sy hele belangstelling is teen 1840 toegespits op die taal en letterkundige toestand. In daardie jaar is ook sy voordrag Uit ware belangstelling in de Nederduitsche Taal en LetterkundeGa naar voetnoot6) en 'n Voorlezing over NietsGa naar voetnoot7) gehou. Die ‘niets’ loop uit op 'n uiteensetting van die werk van die Nederlandse | |
[pagina 280]
| |
taalgeleerdes Tuinman, Meyer, Hoogstraten, Ten Kate, Kiliaan, Huydecoper, Siegenbeek, Bilderdijk, Kinkel en v.d. Palm. Maar in sy voordragte, sy kolleges en sy taalkundige werke het hy altyd binne die begripsvermoë van sy toehoorders of lesers gebly. 'n Duidelike bewys daarvoor is sy Geslachtwijzer der Nederduitsche TaalGa naar voetnoot1) (1842) waarin hy probeer het om die dorheid van so'n handboek enigsins minder afstotelik vir die Kaapse jeug voor te stel, daar die ondervinding hom al geleer het dat hul die geslagte soos pappegaaie moes leer, omdat alle taalgevoel daarvoor verlore gegaan het. As hy in die bekende Hollandse bronne, Hoogstraten, Siegenbeek, Weiland, Martin en Bilderdijk se geslaglyste, die woord ‘pret’ nie vind nie, roep hy uit: ‘Hoe! dacht ik bij mij zelven, sijn mijn landgenooten dan zóó stroef en verdrietig van aard, dat het woord pret bij hen niet eens in de dictionnaire staat?’ En dan besluit hy, hy sal dit aan die Kaapse jeug nie onthou nie! Op geleerdheid het hy hier geen aanspraak gemaak nie, geen orakeltaal verkondig nie maar die lesers aangespoor, ‘maar eenvoudig om het geslacht van een woord komt aankloppen, gelijk men om een broodje bij den bakker gaat.’Ga naar voetnoot2) Tien moeilike jare het hy op die Athenaeum deurgeworstel en toe word dit duidelik dat as hy dit langer volhou ‘it would have frozen the genial current of my soul,’ soos hy dit uitgedruk het in sy lesing European Education adapted to the Wants of the Youths of this ColonyGa naar voetnoot3) (1842). Gedurige gebrek aan fondse en onderlinge geskille in die raad het die ontwikkeling van die Athenaeum erg belemmer, maar sy hande was veral gebind deur die seggingskap van die regering wat op algehele verengelsing van die inrigting afgestuur het. Toe hy in 1842 bedank en self 'n Instituut oprig, was die laaste struikelblok uit die weg van verengelsing verwyder. Met sy Instituut in Strandstraat waaraan ook 'n kosskool verbind was, het hy gou 'n geweldige konkurrent vir die | |
[pagina 281]
| |
Athenaeum geword. Tot 1860 kon hy sterk weerstand bied aan die verengelsing omdat hy gegee het Europeesche Opvoeding: gewijzigd naar de behoefte van deze Kolonie soos sy advertensie lui by die oprigting daarvanGa naar voetnoot1). Die Athenaeum egter wou uitsluitend Engels, en het onmiddellik die dubbel-medium Engels en Hollands afgeskaf na sy vertrek.Ga naar voetnoot2) Hy het die noodsaaklikheid om tweetalig te wees besef, daar is voorsiening gemaak vir Frans en Duits maar dit is tog met die Hollandse taal waarmee hy hom die ywerigste bemoei. Hy skryf sy First Book of Exercises for the use of the Dutch classes in the Government Schools and in the mission and other schools receiving aid from the Colonial Treasury (1843)Ga naar voetnoot3) en in 1844 verskyn die werk waarmee hy Europese vermaardheid verwerf het, De Nederduitsche Taal in Zuid-Afrika hersteld, zijnde een handleiding tot de kennis dier taal, naar de plaatselijke behoefte van het land gewijzigd.Ga naar voetnoot4) Die werk is met opset so ingerig dat dit ook vir Nederlanders 'n belangrike sy kon hê maar in die eerste plek was sy doel tog die Afrikaners binne wie se begripsvermoë hy ook hier bly. Vir hom het die hooggaande geskille oor kleinighede in die taal altyd iets belagliks gehad en hy tree dikwels die leser met 'n glimlag tegemoet, wat miskien nie met die gewigtige taak van taalsuiweraar strook nie maar ‘wie zich daaraan ergert, hale gerust over zulke ligtzinnigheid de schouders op; de schrijver kan niet helpen, dat hij zoo, en niet anders, bestaat.’Ga naar voetnoot5) Sy hele oeuvre dra 'n persoonlike stempel; sy gees was oorspronklik en selfstandig. In sy First book of Exercises het hy die ‘barbarisms’ aangestip en 'n juiste vertaling gegee, maar nou twyfel hy aan herstel en beskou die taal waaraan hy soveel moeite bestee ‘gelijk een geneesheer een ongeneeslijken lijder, wiens kwaal in hare verderflijke uitwerkingen wel eenigzins kan gematigd, wiens gewissen dood wel eenigen tijd kan vertraagd worden maar op wiens volkomen | |
[pagina 282]
| |
herstel niet meer te hopen valt.’Ga naar voetnoot1) Agterin die grammatika het hy 'n Proeve van Kaapsch Taaleigen geplaas maar ook dwarsdeur die boek die aandag gevestig op 'n groot aantal eienaardighede van die Kaapse spraak. Ook hy skyn te onderskei tussen die taal van die ‘beskaafde’ mense, die van die ‘gepeupel’ en die van die Hottentotte en dit is die taal van ‘eersgenoemde’ groep wat hy wil probeer herstel. Sy poging het op 'n mislukking uitgeloop soos hy self gevrees het maar vir wie belangstel in die geskiedenis van Afrikaans is die Proeve die kosbaarste bron uit die eerste helfte van die 19de eeu.Ga naar voetnoot2) In die brosjure van De Lima, De taal der Kapenaren tegen de schandelijke aanranding derzelve van Professor Changuion, wat kort daarop verskyn het, is die taalgeleerde uitgeskel vir 'n flikflooier, wat Hollands in 'n Engelse gewaad wil hul. Die beweegredes vir De Lima se venynigheid is nie duidelik nie maar uit suiwere liefde tot die taal kon hy hom nie so te buite gegaan het nie. Miskien was dit om wit voet te soek by die Kaapse publiek, miskien uit wetenskaplike naywer, miskien slegs uit geldgebrek of ingekankerde sin vir teënspraak. Hoe dit ook al sy, Changuion het dit nie die moeite werd geag om hom te antwoord nie en kalm aangegaan met sy eerste reeks Elements of Translation in easy lessons (1846)Ga naar voetnoot3) en sy Wijsgeerig en Godsdienstig Leesboek. Die doel van die Proeve van Kaapsch Taaleigen, waarteen De Lima so tekeer gegaan het, nog meer dan teen die grammatika self, was van tweërlei aard, prakties sowel as wetenskaplik nl. om die taal van die beskaafde Kapenaars te suiwer en 'n bydrae te lewer tot die ontluikende Hollandse dialekondersoek, om vergelykingsmateriaal te verskaf.Ga naar voetnoot4) Dit is ook die geval met sy Ontwerp van een Groot Nederlandsch Woordenboek wat hy in 1848 aan die ‘Maatschappij der Nederlandsche | |
[pagina 283]
| |
Letterkunde’ in Leiden gestuur het.Ga naar voetnoot1) In die begeleidende brief het hy gewys op die betekenis van 'n woordeboek vir 'n ‘taalhervormer’ soos hy. Swaving het al geklae dat hy geen behoorlike hulp uit die bestaande Nederlandse woordeboeke in hierdie tweede land van Babel kon kry nie en dat hy daeliks 'n interpretasie moes gee ‘aan wild vreemde bewoordingen, naar welker wederga, uitlegging of vertaling, men te vergeefs in Holtrops Engelsch en Hollandsch Woordenboek, of in de taalkundige werken van Siegenbeek, Weiland, Bilderdijk of Bijer zoeken zoude.’Ga naar voetnoot2) Hieraan wou Changuion nou 'n end maak en hy wou 'n damwal opwerp teen ‘de verbastering welke onze taal als eene verwoestende overstrooming bedreigt’ maar hy wou ook bydra tot 'n geskiedkundige oorsig van die ontwikkeling van die Nederlandse taal, tot die dialekondersoek. Daarom waarsku hy: ‘wachten we ons voor de dwaasheid van hen, die met afleidingen uit het Persisch en Sanskrit schermen, terwijl zij in de taal van Hooft en Cats nog niet eens regt te huis zijn.’ Sommige van sy wenke soos die alfabetiese rangskikking in plaas van die etimologiese, waar die taalgeleerdes aan die begin van die neëntiende eeu so mee gedweep het, die opname van ‘uitvoerige proeven van gewestelijk taaleigen’ waar hul nog so bang voor was, is later deur Professor M. de Vries in die Woordenboek der Nederlandsche Taal uitgevoer, of liewer die sure ondervinding het hom daartoe gedwing maar Changuion het nooit enige erkenning vir sy deurdagte ontwerp gekry nie nog in die verslae van, nog in die inleiding tot, nog in Deel I van die Woordenboek der Nederlandsche Taal (1882). Maar Changuion was 'n eensame stryer, 'n man wat sy tyd en sy aangenome vaderland ver vooruit was, as taalkundige en as kerkman te modern, te liberaal in sy sienswyse, vir die smaak van die ortodokse metodistiese predikante aan die Kaap. Toe hy meen dat die kerk die vrye ondersoek van die | |
[pagina 284]
| |
Bybel aan bande wou lê, wat niks anders was as hul vrees vir die opkomende Hollandse liberalisme, het hy in De Kerkbode van 1849 tot 1851 'n reeks artikels geskrywe onder die titel: ‘Een is uw meester, namelijk Christus.’Ga naar voetnoot1) Soos met sy taalkundige ondersoek was dit hom in die eerste instansie te doen om die praktiese van sy bybelondersoek en oorpeinsing.Ga naar voetnoot2) Dit is nie die leerstellinge nie maar die woorde van Christus wat hy duidelik, eenvoudig en beknop toegelig en as volkslektuur die wêreld ingestuur het.Ga naar voetnoot3) Maar hy het hom nou eenkeer op die glibberige gebied van die teologie gewaag, in 1845 reeds 'n Handleiding voor Christenen deur Andrew Reed vertaalGa naar voetnoot4), C.W. Stegmann gehelp met die vertaling van 's Christens Reize naar de eeuwigheid in 1842 en Kerkbode-artikels geskryf. Die pad sou hom nog verder in die ongeluk stort as die onsimpatieke houding van die regering, destyds aan die Athenaeum, hom reeds gebring het, omdat hy nou ook nog onsimpatieke Engels geöriënteerde Afrikaners teen hom gekry het. Ds. Abraham Faure, wat drie jaar onderwys aan die Kaap ontvang het in die Latynse skool van Dr. Halloran, van 1814 tot 1816 in die lettere en godgeleerdheid in Engeland gestudeer het onder een van die stigters van die Londense Sending-genootskap, wat na sy terugkeer in sy vaderland in 1818 in die huwelik getree het met die dogter van 'n offisier in die Britse leër, in 1843, kort na die Britse Anneksasie, deur Sir George Napier na Natal gestuur is om die agtergeblewe Boere met die Britse imperialisme te versoen, die invloedrykste man in die kerk, was voorwaar geen gemakkelike teenstander nie. En op sy inisiatief besluit die Ned. Geref. Kerk in 1847 om 'n teologiese kweekskool op Stellenbosch op te | |
[pagina 285]
| |
rig om die liberalisme uit Holland te probeer teëwerk. Changuion het hom teen die oprigting verset in 1853 maar in die Sinode van 1857, wat hy as ouderling-afgevaardigde van die Kaapse gemeente bygewoon het, kon hy sy teenstanders net so min oortuig as in sy ag briewe in De Zuid-Afrikaan, wat afsonderlik uitgegee is in 1853: Bezwaren tegen het oprigten eener Theologische Kweekschool in deze volkplanting.Ga naar voetnoot1) Uit hierdie botsing van 'n Hollands-liberale met 'n Engelsmetodistiese geestesinhoud het 'n pennestryd voortgevloei met sy oud-leerlinge N.J. Hofmeyr (toe predikant op Calvinia) en J.H. Neethling (predikant op Prince Albert), wat later hul opstelle verenig het in 'n bundel Bezwaar tegen bezwaren of Dr. A.N.E. Changuion weerlegd. Dit het hom verdriet gedoen en in die Voorwoord tot sy Bezwaren verklaar hy: ‘Gelijk te voorzien was, ben ik door sommige tegenschrijvers onzacht behandeld: ik bedoel hier voornamelijk twee mijner voormalige leerlingen.’ Hul verontskuldiging vind hy in hul jeugdige leeftyd, maar gaan hul op die ingeslaë weg voort, sal hy verplig wees, om 'n tweede pamflet aan die onpartydige beoordeeling van die Nederlandse publiek voor te lê. Ook Ds. Faure kry 'n teregwysing. Die verkeerde gebruik van die spreekwoord: ‘die put demp nadat die kalf verdronke is’, in sy polemiek waar hy bedoel het ‘die koël is reeds deur die kerk’, stempel die brief van Faure in die oë van Changuion dadelik as 'n geskrif in oorhaas geskryf. Dit het die taalgeleerde aanleiding gegee tot 'n spitsvondige opmerking teen die ‘Hartelijke Voorstander’ nl. ‘tegenstanders der kweekschool zouden misschien boosaardig genoeg kunnen zijn, om zoo iets te beweren (de put dempen nadat het kalf verdronken is); maar van een “hartelijk voorstander” kan men zulks niet verwachten’. Argumente, dreigemente, teregwysings het alles niks gebaat nie, die kweekskool is in 1859 geopen en daarmee die doodvonnis van Changuion as kerkman geteken wat die Nederduits Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika betref. Niemand kon hom oortuig dat sy rigting verkeerd was nie en in 1860 publiseer hy nog 'n reeks van sewe briewe | |
[pagina 286]
| |
in De Zuid-Afrikaan: Over de aard en de strekking der bewegingen in de Nederduitsche Gereformeerde Kerk in Zuid-AfrikaGa naar voetnoot1) waarin hy met besadigde, logiese argumente die liberalisme verdedig. Maar hy het verband verloor met die grootste seksie van die gemeenskap wat hy gekom het om tot steun te wees en op te voed en dan verdwyn alle pedagogiese invloed. Die toon wat hy aangeslaan het, sowel as die gevoelens geopenbaar, het hul nie aangestaan nie. Op die gebied van die politiek, nog 'n glibberige pad, het Changuion hom vanaf 1849 druk besig gehou, 'n belangstelling wat vanaf sy aankoms dateer. In die antibandiete-agitasie van 1848 tot 1850 wanneer die Neptune vertrek, het hy 'n vername rol gespeel.Ga naar voetnoot2) In 1853 skryf hy 'n tweetalige pamflet van aktuele belang destyds, wat in druk uitkom enige maande na die Ordonnansie vir die nuwe Konstitusie in die Goewernementsgaset gepubliseer is nl. A Catechism of the constitution ordinance, followed by hints on the most essential requisites of our future members of Parliament. Kort begrip van de Constitutie OrdonnantieGa naar voetnoot3) waarin hy in die populêre vorm van vraag en antwoord die nodige inligting en voorligting aan stemgeregtigdes gee. Sy hoofartikels in De Zuid-Afrikaan dateer van ongeveer 1854 en sy medewerking het hy sowat elf jaar volgehou. Die gees is altyd sterk pro-Hollands-Afrikaans en enige voorstel, soos die in De Kerkbode, die offisiële orgaan van die Ned. Geref. Kerk, om Engels te preek, word met hand en tand bekamp,Ga naar voetnoot4) as ook die Britse naturelle-politiek,Ga naar voetnoot5) en die wetsontwerp om die Engelse erfreg in te voer in die plek van die aloue Romeins-Hollandse reg.Ga naar voetnoot6) By sy kerklike en politieke bedrywigheid, by die werk wat sy Instituut vereis het, het hy nog tyd gevind om sy wetenskaplike werk voort te sit. Uit die Frans vertaal hy 'n | |
[pagina 287]
| |
Geschiedenis der Fransche Protestantsche Vlugtelingen in 1854 en uit die Hollands The Pastor of Vliethuizen, 1861. Hierdie twee vertalings staan in nou verband met sy taal- en kerkstryd. In die voorwoord van die geskiedenisboekie wys hy daarop dat die protestante in Frankryk één teen twintig was, die Nederduitsche kerk in Suid-Afrika maak drie vierdes van die bevolking uit ‘en zou het dan geen schande zijn, indien men met onverschilligheid toezag, dat de belangen dier kerk, onder het schoonschijnend voorwendsel van onpartijdigheid, aan de gevaren van staatkundige proefnemingen worden bloot gesteld?’ Die groot intekenlys, 'n metode wat baie in swang was, en herhaaldelik deur Changuion gebruik, is 'n bewys dat die onverskilligheid nie heeltemal so groot was as hy gevrees het nie. Ook The Pastor of Vliethuizen het 'n taamlike groot leserskring gehad daar dit in die vorm van 'n feuilleton maandeliks in De Onderzoeker gepubliseer is voor dit in boekvorm verskyn het. Dit is die werk van die later hoogleeraar, Diest Lorgion, een van die verteenwoordigers van die Groninger Skool, waarin die vertaler betoog dat die wetenskaplike ondersoek van die Bybel nie aan bande mag gelê word nie. Naas hierdie vertaalwerk skryf hy oorspronklike taalkundige werke soos die Beginselen der Cijferkunst (1857)Ga naar voetnoot1) en die bekende Elements of Dutch Grammar (1860),Ga naar voetnoot2) wat lang jare op die skole in gebruik was, maar dit het hoe langer hoe slegter met sy Instituut gegaan; die ouers het sleg betaal, tog was die groot rede dat hy nie meer die volle vertroue van die gemeenskap geniet het nie vanweë sy liberalisme en uitgesproke Hollandse geestesinhoud. Na die sluiting van sy skool in 1860 het hy hom nog 'n tydlang gewy aan die voorbereiding van kandidate in sekere openbare eksamens van die Raad van Eksaminatore, hy hou nog 'n Voorlezing ter aanprijzing van een bazaar ten behoeve der dagscholen in verband met de Ned. Geref. Kerk in de Kaapstad (1862)Ga naar voetnoot3) maar in 1864 besluit | |
[pagina 288]
| |
hy om met sy familie vergoed na Europa terug te keer. Hy is daar in Lörrach, Switserland, in 1881 oorlede. Voor sy vertrek het hy 'n reis deur die Kaapkolonie gemaak, orals toesprake gehouGa naar voetnoot1) om afskeid te neem en die redes vir sy vertrek uiteen te sit, wat hy nogmaals herhaal het in sy Introductory Discourse in 1868 in Lausanne gehou. Hy kon hom nie meer verenig nie nòg met die politieke nòg met die kerklike standpunt. Die proklamasie van 5 Julie 1822, waarby Engels as die offisiële taal verklaar is, en waarby tot die ontbieding besluit is van predikante uit Skotland ‘that the language of the Parent Country should be more universally diffused’ en die plaatsing van onderwysers uit Engeland geskied het ‘at every principle place throughout the Colony for the purpose of facilitating the acquirement of the English language to all classes of society’, was 'n volslae sukses. Changuion het daagliks sien aankom ‘hoe de taal uwer voorouders allengs van gedaante en kleur verandert, hoe zij, met Engelsche, Hoogduitsche en andere woorden en spreekwijzen als met een veelkleurige plunje van een voddenmarkt uitgemonsterd, eerlang zoo kakelbont zal worden als een harlekijn pak’,Ga naar voetnoot2) maar hy was soos een roepende in die woestyn. Sy Instituut moes gesluit word, die Kaapse Athenaeum was totaal verengels en die Graaff-Reinetse, wat hy in September 1861 ingewy het,Ga naar voetnoot3) te ver weg om van daadwerklike betekenis vir die hoofstad te wees. Die ebtyd in Suid-Afrika was vir ons op sy laagste in Oktober 1859, toe 'n ouderling van die Nederduits Gereformeerde Kerk op 'n kerkraadsvergadering voorgestel het om die deure van die kerk wyd oop te sit vir die Engelse taal. Sy hoofargument was dat in die kolonie tog alles Engels was, ‘en wij, hoe ook verkleefd aan die taal waarin wij opgevoed zijn, of welke wij onze “moedertaal” noemen, | |
[pagina 289]
| |
kunnen even zoo min de eb en vloed der zee keeren, als beletten dat de Engelsche taal algemeen worde! - Getuige de laatste jaren: het Parlement, het Hooge Geregtshof, de Magistraats Hoven, alle publieke bezigheden, zoo wel van het Gouvernement als die waaraan de ingezetenen deel hebben - het is alles Engelsch. In meest alle scholen maakt het Engelsch het hoofdonderwijs uit, - en misschien met een of twee uitzonderingen, waar men in het Hollandsch ook onderwijst, worden de scholen voor jonge jufvrouwen, bij uitsluiting bestuurd door Engelsche onderwijzeressen, die geen enkel woord Hollandsch verstaan.’Ga naar voetnoot1) Dat die mens sterflik is, weet iedereen, dat hy daarom nog geen selfmoord hoef te pleeg nie, het blykbaar slegs Dr. S.P. Heyns en ouderling Changuion besef, toe hul eers beswaar teen die voorstel gemaak het en daarop, toe dit deurgaan, protes aangeteken het. Meer as drie en dertig jaar, meer as die helfte van sy leeftyd het die onvermoeide stryer aan die Kaap gearbei voor hy die moed laat sak het. Ondanks die groot teleurstelling, wou hy tog graag gehad het dat die periode nog lang sou ‘nagalm’, 'n wens wat hy uitgespreek het in die voorrede tot 'n bundeltjie gedigte Nagalmen wat kort voor sy vertrek verskyn het.Ga naar voetnoot2) Dit bevat ‘eene reeks van photographiën van zijn inwendig bestaan, op verschillende tijdstippen van zijn leven’Ga naar voetnoot3); met ander woorde, soos 'n rolprent trek sy lewe hier by ons verby. Op die naam van digter het hy nooit aanspraak gemaak nie, daarvoor het hy te veel selfkennis gehad, te veel klassieke literatuur gelees maar kultuurhistories is die verse van groot betekenis. Changuion dig heeltemal in die trant van die destydse gevierde digters Cats, Feith, Bilderdijk en Tollens en in die verre Suidhoek koester hy dieselfde verering vir die Franse staatsman-digter Lamartine as Spandaw in Nederland en Karel Ledeganck in | |
[pagina 290]
| |
Vlaanderen.Ga naar voetnoot1) In die Ned. Z.A. Tijdschrift in die jaar 1840 verskyn Vertalingen uit de Reis van Lamartine naar het Oosten. In 1848 stuur Changuion saam met die ontwerp vir 'n woordeboek, 'n uitstekende vertaling aan die Leidse maatskappy, Rouwklagt van Lamartine over den dood van zijn dochtertje, wat hul gepubliseer het in Het Algemeen Letterlievend Maandschrift, 'n bekende Hollandse blad, van 1849 en wat hy later opgeneem het in Nagalmen. Die vertaling is 'n bewys hoe hy steeds op die hoogte gebly het van die Europese literatuur van sy eie tyd. Die hele bundel moet in die kader van daardie tyd beskou word. Die eerste ‘galm’, 'n Nieuwjaarswensch, is de rymelary van 'n sestienjarige; die langdradigheid sowel as die ‘rozenpad’, ‘filomeelenzang’, ‘treurvalleijen’ en ‘ramporkanen’ waarvan daar sprake is, moet aan sy jeugdige leeftyd toegeskrywe word.Ga naar voetnoot2) Beter is De Noodlottige Zaturdag waarin die Leidse student in luimige trant vertel van al sy wederwarighede tydens 'n ‘groote schoonmaak’ by sy hospita. Wie dergelike noodlottige dae in Holland nie beleef het nie, kan van geluk praat: ‘Hier gaat het weer den oudengang,
En dit duurt gansche uren lang,
Geen draadje blijft er op 't tapijt,
Men houdt niet op met wrijven;
Want om de minste kleinigheid
Raakt soms mevrouw aan 't kijven.’
Van die soort rympies, nie beter nie en nie slegter nie, het Di Patriot in die sewentiger jare talryke versprei, met die verskil dat hul in die Afrikaanse vorm opgestel was. Die eenvoudige humoristiese verhalende verse soos Gedenkwaardige Maaltijd en Teedere Liefdeklacht van een Apotheker van Changuion, het byval gevind, veral as dit soos in die geval van De Luidruchtige jasparty in die vorm van 'n tweespraak gegiet was. Die onderwerp, die ou kaarspel ‘klawerjas’, het tot vandag nog sy bekoring vir ons boerebevolking. 'n Digter, | |
[pagina 291]
| |
wat by hul gelief was, Vader Cats, word nagevolg in Het stadje daer ik woon, 'n rymbrief waarin selfs die onreëlmatige, willekeurige Catsiaanse spelling nageboots is. Albumverse soos In het album van N.T.Z., en In het album van J.v.H. is studente-mode-werk wat nou ouderwets en sentimenteel aandoen. Dit is ook die geval met De Peinzende Minnaar en Lied aan de Verveling, wat tydens die Tiendaagse veldtog gemaak is, net retoriese, holle klanke waarin alle krag en indiwidualisme ontbreek. Enige vooruitgang is te bespeur in die verse aan die Kaap gemaak. Die eerste gedig, wat hy uit die Kaapse periode opneem, Aan eene vriendin ten geleide van een geschenk, dateer uit 1832. Daardie ‘vriendin’ was Magdalena Elizabeth Faure met wie hy kort daarop getroud is. In haar album is ook geskryf In de vriendenrol van een jonge dame en op haar slaan die minnedig Verloving. Eg en innig, beskeie is die toon van die minnaar in die albumversie: ‘Minzaam lagchend gaaft ge 't blaadje,
En ik was te regt verblijd,
Want ik dacht, sta 'k in dat boekje,
Dan is me ook een plaatsje of hoekje
In uw achting toegewijd.’
Changuion het sy groot geluk aan die Kaap gevind waar hy van plan was om sy lewe te slyt. Sy verse is deur daardie land geïnspireer, die geskiedenis van daardie land het hy syne gemaak soos ook blyk uit die Cantaten bij eene voorlezing van den gewezen fiskaal, Mr. D. Denyssen.Ga naar voetnoot1) Van chauvinisme en retorika is hierdie kantate nie vry nie maar daar sit tog opregte liefde tot die nuwe vaderland in, regmatige trots op die stigter, Van Riebeeck: ‘De Kaap der Stormen, 't golfgeklots
Schrikt hem niet af; hij plant zijn standers,
Op klip en rots.’
In die slotsang word die muse van die geskiedenis wat alles in haar ‘historieblaen’ opteken, aangeroep: | |
[pagina 292]
| |
‘Dat ons land daar ook moog prijken,
Dit wenscht ieder Afrikaan,
Dat het uw' historieblaên,
Met veel loflijks moog verrijken.’
Changuion het hom heeltemal Afrikaner gaan voel. Hy skryf geleentheidsverse by die huwelik van die Kaapse predikant dr. S.P. Heyns en ter geleentheid van 'n onthaal aan die bestuur van die Landboukundig genootskap in 1846, dig 'n drietal skoolliedere op versoek van die skool ‘Tot Nut van 't Algemeen’, nl. Bij een examen, Na de prijsuitdeling en Na eene vacantie en maak 'n vers op De Kaffer Oorlog (1846) waarin sy meegevoel met die grensboer duidelik spreek. Laasgenoemde roep die Unie-kantate van Jan Celliers voor die gees. Dit is volgens opgegewe versmaat maar die plastiese skildering, wat deur die gejaagde klank en ritme sigbaar is, is sy eie en nie onverdienstelik nie: ‘Luid en naar
Klonk de maar
Woest gespuis bestookt ons land,
Aangesneld!
Keer 't geweld,
Tref den vijand, blusch den brand.
Help ons God!
Welk een lot,
Grimt den grensbewoner aan:
Op de been,
Snelt er heen,
Wie zou hier van verre staan?
Jeugdig bloed,
Fiere moed,
Zijn ons prikkels tot den strijd;
Wordt ons land
Aangerand,
Roep ons op, wij zijn bereid.’
Tot die kultuurstryd was Changuion altyd bereid solang soos die kans op oorwinning nie heeltemal uitgesluit was nie, maar soveel vrugte op sy arbeid as wat hy hom voorgespieël | |
[pagina 293]
| |
het, het hy nie gesien nie. Die stryd staal en verhef maar as die getalle van die teënparty te oorweldigend is, lei dit tot twyfel en wanhoop aan die goeie saak. Die hoogstaande, diep godsdienstige geleerde pedagoog met liberale beskouings, konnie meer die ortodokse gemeenskap van die egtheid en diepte van sy godsdiens oortuig nie en daarmee het vir hulle alle opvoeders geval of gestaan. Ons het by die groot nasionale insinking gekom en toe daar moes gekies word tussen Hollands en liberaal aan die eenkant en Skots-Engels en ortodoks aan die ander, wat oriëntering betref, het Changuion 'n verpletterende neerlaag gely. Nie sonder noodlottige gevolg vir homself, het hy die later moderne predikante D.P. Faure, S.P. Naude, J.J. Kotzé en A.C.W. Leibbrandt aan sy Instituut opgevoed nie, waar ook die staatsman H.J. Hofmeyr en die teologiese professor N.J. Hofmeyr hul opleiding ontvang het. En tog - De Onderzoeker het in sy afskeidswoord aan die groot opvoedkundige, taal- en letterkundige, kerkmanpolitikus die waarheid voorspel toe dit hom getroos het met die afskeidswoorde: ‘goed zaad met wijsheid en liefde in de ziele uitgestrooid, kan niet nalaten eenmaal goede vruchten voort te brengen; al wordt deze niet aanstonds bespeurd, toch zal de toekomst ze eens doen aanschouwen, zoo niet aan den tijdgenoot, dan toch aan den nakomeling’.Ga naar voetnoot1) Die nakomeling het die vertrek van dr. A.N.E. Changuion gaan betreur as een van die grootste verliese van die neëntiende eeu en sy werk van onbetaalbare waarde gaan skat. | |
4. Assistente aan die Hollandse instituut in Kaapstad, veral dr. J.W.G. van Oordt.Die Instituut van Dr. Changuion in Strandstraat waaraan daar ook 'n kosskool verbonde was, kon nooit so 'n groot bloei bereik het nie, as die hoof nie die uitstekende samewerking geniet het van manne soos die skrandere maar hiperkritiese D.P. Faure, soos die redakteur van Het Volksblad, later pro- | |
[pagina 294]
| |
fessor Roderick Noble, soos die eerste redakteur van De Onderzoeker, Leopold Marquard, en die belangrikste van almal, Dr. Johan Wilhelm Gerbrandt van Oordt.Ga naar voetnoot1) Dr. van Oordt, gebore in 1826, klassikus sonder weerga in Suid-Afrika in die 19de eeu, uitstekende kenner van die oue en moderne geskiedenis, het op betreklik jeugdige leeftyd sy lot met ons ingewerp, en hier in die huwelik getree met 'n dogter van Changuion. Behalwe vir 'n tussenpoos van 1860 tot 1876 toe hy werksaam was aan die Gimnasium in 's Gravenhage, het hy sy lang lewe, en byna grenselose arbeidslus tot sy dood in 1904, in diens van Suid-Afrika gestel. Hy was eers leraar aan die gimnasium in Gouda waar hy Nicolaas Jacobus van Warmelo, die later Transvaalse predikant onder sy leerlinge getel het. Die betrekking van leraar in die Nederlandse taal en in algemene geskiedenis daar, het hy in 1853 verwissel vir die van leraar in die skool van dr. Chanugion. Van sy pen het verskyn: De uitwendige politiek van Griekenland gedurende het tijdvak der Grieken en hunne Volksdenkbeelden (1863), Constantijn de Groote en zijne voorgangers (1868), en Grieksche mythologie (1874). Maar sy roem als klassikus en as skywer het hy te danke aan sy vertaling van die Descriptio Epistolaris van De Grevenbroeck, wat hy in die opnuut deur hom opgerigte Zuid-Afrikaansche Tijdschrift geplaas het.Ga naar voetnoot2) Hy het naam gemaak as joernalis en later as redakteur van Het Volksblad, bydraer tot die Engelse blad Standard and Mail en was byna tot aan sy dood verbonde aan Ons Land; Dr. van Oordt was 'n tydlang Transvaalse historikus, wat as vrug van sy argiefstudie in verband met die Groot Trek, 'n verhandeling gelewer het oor De Transvaalse Gebeurtenissen en de Toekomst van Zuid-Afrika (1881) en een oor Slachtersnek; op hoë ouderdom het hy nog 'n wêreldgeskiedenis in vier dele tot op die val van Napoleon geskryf wat as 'n standaardwerk | |
[pagina 295]
| |
van die eerste rang beskou word. Sy werkkrag en sy liefde vir sy sonnige aangenome vaderland het met die jare nie verminder nie. En hy het ons 'n seun gegee, J.F. van Oordt, beter bekend en gelief as ‘D'Arbez’, historikus, historiese-romanskrywer, die grootste Hollandse literator en beste verteenwoordiger van die Romantiek in Suid-Afrika.Ga naar voetnoot1) Ook vir dr. van Oordt het dit teen 1860 toe die angliseringsproses 'n hoogtepunt bereik het, en hy die kerk teen hom gekry het oor sy liberale sienswyse, onhoudbaar geword. Dit het gelyk alsof die ebtyd van die Dietse kultuur in Kaapland gekom het, om te bly. |
|