Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 1 (1652-1875)
(1934)–Elizabeth Conradie– Auteursrecht onbekend'n Kultuur-historische studie
[pagina 296]
| |
Hoofstuk XI.
| |
[pagina 297]
| |
onder den naam van Eenzame Gemeenschap met den Vader der Lichten, tot vermaak en aangenaamheid van eenvoudigen in Christus.Ga naar voetnoot1) Dit moes dus. soos die geselskapliedere, ‘tot vermaak en aangenaamheid’ dien, die vervaardigers of versamelaars is albei gebore Afrikaners, die werkies word by dieselfde Afrikaanse uitgewer uitgegee maar die een sit vol dawerende lewensvreugde, bevat uitdagings van 'n selfstandig-denkende en ten volle gelykwaardige vennoot in die twee- of meerslagtige Kaapse Maatskappy, die ander is dweperig vroom, lerend, stigtend en vermanend, so eg na die hart van die eenvoudiges. Die digste wat Tromp by 'n sprankeltjie lewe kom in sy meer dan honderd volgerymde bladsye, is in De Heilige Cijferkunde, 'n kuriosum, 'n vernufspel, wat aan die 18de eeuers herinner. Die terminologie van die matematikus moet hier dien as opskrifte en inspirasie vir die moraliserende digter b.v.: ‘Additie -
Leer, landgenoot, leer dan voortaan
Uw levensdagen tellen.
Subtractie -
Trek u staag af van heerschappij,
Van duiwel, vleesch en wereld’.
En so is daar koeplette vir multiplikasie, divisie, die reël van drie, die reël van die breuke, praktyk ens. met 'n wyse les vasgeknoop aan elke sommetjie. Die kort sangspel De zevenvoudige lof van Jezus naam het alleen dit met 'n sangspel gemeen dat die name van die karakters en hul instrumente van begeleiding aangedui word. Van intrige of handeling is daar geen sweem nie; die hele bundel is 'n eentonige gedreun van godsdienstige verse, wat soos twee druppels water op mekaar lyk. Die Stellenbosse leesgeselskap Lust tot Wetenschap kom in 1840 te staan op die lys van intekenaars op die Ned. Z.A. TijdschriftGa naar voetnoot2), maar langsamerhand het die opvatting op die | |
[pagina 298]
| |
platteland veral, posgevat dat 'n digter hom alleen maar in godsdienstige verse uit en dat 'n gelowige gemeenskap geen wêreldse liedere sing en geen andere dan godsdienstige lektuur in hande neem nie. Geen wonder dan dat die translateurs by die hooggeregshof, Swaving en De Kock, en hul veel belangriker stadgenote Changuion en Van Oordt, almal gelowige skrywers maar met 'n meer rasionele Hollandse filosofie toegedaan, wat hul nie altyd op die versigtigste en mees diplomatiese wyse gepropageer het nie, hul invloed gaan verloor het op die volk, wat in sy hart Hollands-Afrikaans gebly het maar in die kneep van oorheersing en 'n wêreldstroming vreemd aan sy aard, vasgedruk gesit het. | |
2. Pierre Dammes Marie Huet, ‘altijd vervoerd door zijne verbeelding, altijd dweepende met iets’, bring die romantiek na Suid-Afrika.In 'n ‘zang voor onze dagen’, De Hollandsche Taal, 1857, het 'n onbekende, vergete versmaker A. van der Hoop sy besorgdheid oor die toenemende verengelsing uitgesug. Alles span saam om ‘de taal, eens landtaal aan dit strand’ te verban, orals heers die opvatting dat die taal en die poësie van die romantikus Shakespeare onontbeerlik is by die onderwys - ‘Maar toch blijv' ons steeds 't Nederduitsch
De taal, waar wij den Heer in smeeken,
Het Liefst en het vertrouwlijkst spreken
In kerk en school, en in ons huis!’Ga naar voetnoot1)
Dit was ook die ondervinding en lewensopvatting van die Paarlse predikant G.W.A. van der Lingen toe hy in 1853 'n versoek gestuur het na Holland om 'n redakteur, wat onder sy toesig 'n tydskrif vir Suid Afrika sou kon redigeer. Die ou Nederduitsch Zuid-Afrikaansche Tijdschrift was al tien jaar dood, die toestand van Hollands het van kwaad tot erger | |
[pagina 299]
| |
geword en dit sou nog tot 1878 duur voor Dr. J.W.G. van Oordt weer met die uitgawe van die gestaakte periodiek begin. Ds. van der Lingen wou 'n eie kristelike tydskrif uitgee, waarin hy ‘vooral een bekwaam letterkundige’Ga naar voetnoot1) in die redaksie wou hê. Elpis. Algemeen Tijdschrift voor Zuid-Afrika, is in 1857 opgerig. Die letterkundige, Pierre Dammes Marie Huet, het gekom, geen redakteur geword nie, maar ons 'n bundel Paarlsche Gedichtjens in 1856Ga naar voetnoot2) gegee. Dit is gedigte van 'n Romantikus, 'n weerspieëling, 'n ontboeseming, 'n uitstorting van 'n oorvol gemoed wat nêrens rus geken het nie. Die Verligting (Aufklärung) van die agtiende eeu, wat alle ‘onverstand’ ook by ons sou verband’Ga naar voetnoot3), bly in regstreekse verband staan met die neëntiende eeuse liberalisme en in die literatuur vind dit uiting in 'n realisties-romantiesgetinte afbeelding van die daelikse lewe. Maar die stroming word diep oorskadu deur die half-ligte van die Romantiek, wat daar oor Europa gegooi is. Daardie parallelle golf van gevoel en verbeelding het in verband gestaan met die sentimentele rigting van die voorafgaande tydperk, die vernaamste uiting gevind in die gevoelige, dikwels gevoelerige ballade en natuurlied en in die historiese-roman. Die Reveil, die herlewing van die gevoel op die gebied van die Kerk, het nòu by die Romantiek aangesluit. Isaac da Costa, die vernaamste digter van die Reveil, was die laaste man van wie Huet afskeid geneem het voor sy vertrek om die tydskrif van 'n regsinnige, ortodokse predikant teen die ‘moderne’ stemme, wat hier en daar opgegaan het, te help oprig. Piet Huet (1827-1895), die seun van 'n Amsterdamse predikant by die Waalse Kerk, was 'n gevoelsmens, 'n romanti- | |
[pagina 300]
| |
kus, 'n digter met wie die Europese golf van Romantiek na Suid-Afrika oorgedein het. In sy studentetyd in Leiden en in Montauban het hy losbandig geleef, hom aan allerlei uitspattinge skuldig gemaak waarvoor hy tot eenkeer drie weke in die tronk gesit het in 'n vreemde land. Om die beurt het hy glad niks geglo nie, dan was hy weer dwepend vroom; beurtelings het hy 'n vroom-sentimentele gekweel in Franse geleentheidsversies laat hoor soos in A mon père bien aimé, die gelukwens van 'n agjarige seuntjie, en dan weer profane studente spotverse gemaak; om die beurt het die trane hom langs die kake gevloei as hy hom ure lang op die knieë verootmoedig en dan weer het hy die romanliteratuur, veral van die historiese-romanskrywers Dumas en George Sand, verslind. Hy het onder die indruk van die oomblik geleef, op sy gevoel gedryf soos hy dit so onverbeterlik uitgedruk het in Mijn hart is rusteloos in sy Paarlsche Gedichtjens: ‘Mijn hart is rusteloos meer dan de popelblâren,
Meer dan aan 't oeverstrand het ritselende riet,
Meer dan het woest geklots der fel bewogen baren.
De bladers vallen af; God doet de zee bedaren;
Mijn hart, mijn hart alleen bedaart Zijn Almacht niet.’Ga naar voetnoot1)
In die Paarlse pastorie het hy ortodoks vroom geword, was ingekeer en somber ernstig, en dan plotseling weer vol gekkerny en ligsinnigheid.Ga naar voetnoot2) Die natuurskoon van die omgewing, al die nuwighede het sy gevoel en verbeelding geprikkel en die skeiding van Europa het hom blykbaar nie baie moeilik geval nie. Uit Landshuizers Uitboezeming spreek selfs 'n gevoel van verligting dat hy die groue wêreld van oorlog en twis agter hom gelaat het: ‘Europa, toen ik Englands kusten
Zag nederzinken in 't verschiet,
| |
[pagina 301]
| |
Toen 'k voor het laatst mijn blik liet rusten
Op uw verouderd grondgebied,
Toen de Oostewind de zeilen vulde,
Het land zich in een nevel hulde,
En 'k niets dan lucht en golven zag....
Toen was 't me als waar 'k een ramp ontkomen!
Als wierd me een groote last ontnomen,
Die loodzwaar op mijn boezem lag!’Ga naar voetnoot1)
As hy soos Pieter de neyn gemeen het om vrede en rus onder die Suiderkruis te vind, het hy hom deerlik misgis. Niemand kan sy aard en die wêreldorde van sy tyd ontloop nie en in ‘de aloude Protestantsche Kerk’, wat Huet nog vry van godsdiensgeskille vind, sou spoedig roering kom, waarin hy 'n nie onaansienlike rol sou speel. Die bedoeling was dat hy redakteur sou word van 'n kristelike tydskrif waarin kerklike sowel as politieke landsbelange sou behandel word; daarom hou hy hom onledig met die bestudering van die joernalistiek van die Kaapse Pers, veral van De Zuid-Afrikaan, waarin hy af en toe 'n versie plaas, meesal vertalings van sy Franse gediggies. In een daarvan Vooruitgang,Ga naar voetnoot2) het hy in 'n voetnoot versoek dat sy spelling ‘macht’, ‘recht ipv. ‘magt’, ‘regt’ moet gelaat word waardeur hy hom as 'n voorstander van die Bilderdijkse spelling opgewerp het. Dr. Changuion, onder die skuilnaam A.B., het sy ontevredenheid hieroor te kenne gegee deur enige digreëls van Yntema uit Godenpraetje op den Olimp ten huize van Jupiter op die jeugdige spelling-entoesias toe te pas. Daarin het die pedagoog gelag oor ‘de kleine bier- en broodpapwijzen’, wat op deurlugte grysaards neersien. Spottend-satiries hetdie onbesonne nuweling, wat met die Suid-Afrikaanse spelling- en taalmoeilikhede nog lang nie op die hoogte was nie, teruggekaats in 'n hekelvers G of Ch: ‘Nu komen de doorluchte grijzen,
Door mijn ch's en f's “getergd”
Mij op hun zilvren schedels wijzen,
Alsof 't vernuft zich daar verbergt!
Zij komen in verbeten woede
| |
[pagina 302]
| |
Met de ouderwetsche schoolvosroede,
Waarvoor men vroeger vreezen kon,
Mij rijmende insolenties zeggen,
Omdat ik me aan geen band laat leggen,
Door Weiland of door Changuion.’Ga naar voetnoot1)
Hy het spoedig uitgevind dat gryshare wel 'n waarborg teen dwaasheid en domheid is as hul op die hoof groei van die gewese rektor van die Athenaeum, die grootste taalstryer in sy tyd, en Huet, die veranderlike, temperamentvolle, was grootmoedig genoeg om agterin sy bundeltjie gedigte sy skuld te bely en sy terugkeer tot die ou spelling aan te kondig ‘omdat de taak der Hollandsche Onderwijzers in de Kolonie reeds zwaar genoeg is, zonder dat eene veranderde wijze van spelling, de Afrikaansche jeugd nog meer in den war brengt’. Toe hy later 'n tydjie in Schoemansdal skoolgehou het, het die praktyk hom nog verder geleer wat die teorie nie kon nie. Die geestige, spottende toon kon hy soms met groot sukses op homself toepas in sy Paarlsche Gedichten. In Kaalheid steek hy die draak met sy jeugdige trots op sy bruin hare wat met ‘geen vet van beeren’, ‘kippenvet’, ‘macasserolie of wel twintig soort pommaden’ te red was nie. Werklik vermaaklik is sy opeenstapeling van vergelykings om die kaalheid aan te dui, sy kop is soos die van 'n Profeet, soos die torenspits van Pisa, soos 'n sedepreek van 'n waanwyse sot, soos 'n, ‘Anamboevrucht, maar zonder bijensteken’,
Soos die van die skrander ou filosoof,
‘Waarop een adelaar een schildpad stuk wou breken,
Zoo dat zijn arme kruin in duizend splinters stoof.’
Maar dan verander sy stemming en kom daar 'n uitgerekte sedepreek teen alle menslike ydelheid, aan die slot. Die digter het alweer ‘de dartele luit gebroken’. Dan kan hy so sag en teer Troost in Scheiding aan Mevr. A. de V. bring, haar beklaag oor die afwesigheid van haar man en belangstellend vra: | |
[pagina 303]
| |
‘Wat buigt, wat buigt uw hoofd zich neêr
Op 't kunstwerk van uw vlugge handtjens?
Gij heft uw droeven blik niet meer
Van uw borduurseltjens en kantjens.’
Dit is 'n mooi skilderytjie, treffend deur die eenvoud en suiwerheid van gevoel maar na hierdie veelbelowende aanhef verval die jeugdige sedepreker in allerlei aanmanings tot gebed en geloof, word hy die dweperige romantikus. Dit is ook die geval met sy twee romantiese ballades wat hy in Hemmen begin en aan die Paarl voltooi het, In 't asyl Steenbeek, en Buiten 't Asyl. Hul is gewy aan die gevalle vroue, wat ds. Heldring, die groot filantroop en geestelike vader van die digter, wou reklassifiseer. Met vloeke en trane stort die slagoffers van die verleiding, geskonde ‘witte vlindervleuglen’, hul smart uit, woes hang hul hare om die skouers, strak en van lewensgloed beroof ‘staan de oogen in het bleeke hoofd’. Dit is alles de geliefde terminologie, die oordrewe gevoel, die wilde verbeelding, wat die Romantiek kenmerk. Ook die berou en diepe sondebesef van die Reveil spreek so duidelik in hierdie periode. 'n Anonieme digter, P.C.S. Kla in De Kerkbode dat daar te veel van die kansel af te keer gegaan word teen sedelike kwaad, en te min van genadeleer gepreek word, met die gevolg ‘dan wordt Gods tempel my een kerker’.Ga naar voetnoot1) Huet, pas opnuut bekeer deur sy ortodokse beskermheer, antwoord P.C.S. in Zonde- en Genade-Prediking: ‘Gij wilt slechts van genade hooren,
En niet van zonde of zeedlijk kwaad?
Slechts liefde-taal kan u bekoren,
Maar niet, dat God de zonde haat?
Mijn arme vriend, gij doet mij vreezen,
Dat gij, hoe schoon uw taal ook schijn’,
Niet weet hoe g'eerst moet ‘zondaar’ wezen,
Om slechts daarna ‘verlost’ te zijn.Ga naar voetnoot2)
| |
[pagina 304]
| |
Tot die filantropie het hy hom aangetrokke gevoel, alle menslike smart wou hy verlig, sendeling word, was sy ideaal van jongsaf en in dergelike oomblikke van sondebesef het die droom weer opgekom. Ds. van der Lingen het hom die raad gegee om by die Sinodale kommissie aansoek te doen om tot die proponents-eksamen toegelaat te word. Sy versoek moes oorstaan tot die sitting van die Sinode in 1857 maar intussen, in 1856, is hy op Aliwal Noord as hulpprediker benoem. Van daaruit stuur hy 'n danklied, ‘aan de wilgen des Oranje-strooms geplukt’, Aan G.W.A. van der Lingen, waarin hy getuig van sy eerbied en agting vir hierdie leidsman, sy dankbaarheid vir alle liefdeblyke, wat hy ontvang het onder 'n Paarlse ‘gastvrij dak, in 't groen der eikeboomen’. Hy lees daar 's Christens Reize van BunyanGa naar voetnoot1), vind dit ‘een heerlijk boek’, en gloei van bekeringsywer, wat hy in die werkstel vir blank en gekleurd. Dit is die metodisme wat hom aanpak en in die verhaal wat hy aan sy Paarlse vriende opstuur Eenige reisindrukken en losse opmerkingen uit het zakboek van P. Huet voel ons al die voorloper van sy gerugmakende boekie Het lot der Zwarten in Transvaal (1869).Ga naar voetnoot2) Piet Huet was weer heeltemal vervoer deur sy verbeelding, sy onbeteuelde gevoel het hom in die voetspore van Van der Kemp en Philip gelei en die afstand van die verstandige, ortodokse maar geen dwepende raadsman, was te groot om hom teë te hou. Hy sou op die pad voorthol tot hy, totaal verblind vir die lot van sy stamgenote, die Engelse goewernement sou gaan aanspoor, om ‘het gezag over de Hollandsche Republieken in handen te nemen’, die doelstelling van Het Lot der Zwarten. Op sy reise vanuit Oliwal-Noord deur die Oranje-Vrystaat, waar hy kennis maak met ds. Andrew Murray en na die poste van die Franse sendelinge in Basutoland, bewerkstellig | |
[pagina 305]
| |
hy ‘hartverscheurende’ tonele van bekering, wat hom herinner aan die beskrywing van 'n Amerikaanse ‘revival’, wat hy so pas gelees het. Die Amerikaans-Engelse ‘revival’-gees was vaardig oor die temperamentvolle digter. Sy reisjoernaal word in Elpis,Ga naar voetnoot1) die vernaamste bestaande ortodokse periodiek geplaas, en die verheerliking van die ‘zwarten’, die onbarmhartige, spottende beskrywing van die boerelewe in die Noorde, die wêreld ingestuur. Hy het daar later spyt oor gehad, soos Huet oor alles berou gehad het, maar die naam van sy stamverwante was beklad deur wie hul juis moes verdedig het, omdat hy voortgestu deur 'n aangewaaide ‘revival’-gees hul nie meer begryp het nie. In Oktober 1857 is hy terug in Kaapstad om voor die Sinode sy proefpreek te hou waarvoor hy 'n eienaardige tekskeuse ‘Roept Simson, dat hy voor ons spele’, gedoen het. Na aanleiding hiervan het hy 'n Simson's lied gedig. Vroeg in die volgende jaar onderneem hy 'n reis as afgevaardigde van die Kaapse Sinode na die Oostelike Transvaal en reis deur Natal. Sy verblyf van twee maande in Pieter-maritzburg was die aanleiding tot die eerste verse van die uitsluitend godsdienstige bundel Uit Natal.Ga naar voetnoot2) Stichtelijke Gedichtjes (1858). Op die lang vermoeiende reis na Utrecht tot in Lijdenburg, in oomblikke van ontbering of van verrukking het hy sy ligbewoë gemoed in verse uitgestort. Uit Lijdenburg klink dit: ‘Geen menschengunst voor mij, maar smaadheid en verachting;
Geen aanzien hier op aard zij immer mijn verwachting.
| |
[pagina 306]
| |
Maar o! dat op uw Woord de zondaar zich bekeer,
Dan wenscht mijn ziel niets meer.’Ga naar voetnoot1)
Die gelykstelling van blank en swart, waarmee hy so vervul geraak het, het hom nie die ‘menschengunst’ van die boerebevolking in Lijdenburg en in Zoutpansberg laat verdien nie en sy stuk Het eeuwig lot der Heidenen, in De Kerkbode teen die end van die jaar 1858, hoe verdienstelik ook al uit 'n filantropiese oogpunt beskou, het hom nie heeltemal onverdiend ‘smaadheid en verachting’ op die hals gehaal. Huet was 'n gevoelsmens ‘levende onder den indruk van het oogenblik, altijd vervoerd door zijne verbeelding, altijd dwepende met iets’.Ga naar voetnoot2) In die lig moet ons sy uitstorting in 'n sentimentele vers, Klaghte van een Kafferkint in Overvaal, opgeneem in Het lot der Zwarten,Ga naar voetnoot3) opvat. Die reisindrukke, oordrewe deur sy sterk verbeelding, was nog vars in sy geheue. In Natal waar hy eers na Ladysmith en toe na Pietermaritzburg beroep is, het hy opskudding verwek deur daarop aan te dring dat die kleurlinge in die kerk van die ‘uitgewekenen’,, 'n plek kry. Sy voornemens in 1860 om hom na Holland in te skeep om daar hulp te soek vir die uitgestrekte gemeentes, staan in nou verband met sy sendingywer. Hy dig 'n afskeidslied, taamlik voorbarig want die reis is nooit onderneem nie, Aan Zuid-Afrika. (‘by myn voornemen om eene reis naar Holland te doen).Ga naar voetnoot4) Hy roep die toestand waarin hy verkeer het toe hy voet aan wal gesit het, voor sy gees op, die nuwe lewe wat daar vir hom begin het juig hy toe en verklaar ‘ik heb u lief, o Afrika!’ Maar hy het ook teleurstelling en smart leer ken soos begrypelik is by die voortvarende idealis: ‘En schoon in 't reizen, werken, strijden,
Mijn ziel hier smarten leerde lijden,
Mij ongekend in vroeger tijd,
Nooit zal 'k wat achter ligt benijden:
Mijn liefste lied zij u gewijd.’
| |
[pagina 307]
| |
Toe hy in Kaapstad aankom, het die eerste aflewering van De Onderzoeker net sy verskyning gemaak, 1860, die liberale maandblad onder redaksie van L. Marquard wat tot 1884 sou voortgeset word. Die twee partye in ‘de aloude Protestantsche kerk’ het hul skrap gestel, Huet gooi sy hele gewig in aan die kant van die ortodoksie en vaardig 'n pamflet uit om te waarsku teen die ‘valsche bedriegelijke arbeiders, menschen die lasteren hetgeen zij niet weten’.Ga naar voetnoot1) Die beroep na Pietermaritzburg neem hy aan in plaas van sy Europese reis te onderneem. In Pietermaritzburg is hy in 1861 getroud met Meinonda Robbé, 'n Hollandse van geboorte. 'n Tydlang is dit sy huislike geluk wat hom ‘naar de dichtersharp’ laat gryp in geleentheidsverse soos Wat zal toch dit kindeken wezen by die geboorte van hul eerste kind.Ga naar voetnoot4) Maar altyd het hy hom tog maar weer ‘het lot der zwarten’ aangetrek, soos Multatuli hom die van die Javane aangetrek het. Saam met die Amerikaanse opwekkingsprediker William Taylor het hy bidstonde gehou en sy vriende gesoek onder ‘Schotsch Presbyterianen, Episcopalen, Wesleyanen, Baptisten, Plymouthbrethren’.Ga naar voetnoot2) In die voorste rye van die ortodoksie het hy hom gaan bemoei met die kerklike onenigheid in die opskudding van 1863. Die romantikus was daar heeltemal op sy plek. Die skipbreuk van die ‘Waldensian’ wat ook hy meegemaak het, moes in sy sterk verbeelding 'n aanwysing gewees het van die naderende storm. Sý kant van die saak het hy in die beroemde Herderlijke Brief van 1863, wat nie minder as tien kolomme in De Kerkbode opgevul het nieGa naar voetnoot3) uiteengesit, en in allerlei brosjures soos Mededeelingen van den strijd in Frankrijk tusschen Modernen en Orthodoxen en Verderfelijke ketterijen bedektelijk ingevoerd, te velde getrek teen die moderne party. Die strydvaardige teoloog het die digter in hom tydelik gesmoor maar dit bly 'n feit dat ook sy prosa die werk is van | |
[pagina 308]
| |
'n letterkundige.Ga naar voetnoot1) Hy het hom gaan opwerp as kampioen vir die ‘verdruktes’, en daarmee die boere en hul predikante wat 'n nugterder kyk op sake gehad het, met die gloeiende verontwaardiging van die apostel maar soms ook met die sentimentaliteit en oordrewenheid van die Romantiek, aangeval. Hy was deur en deur 'n kind van sy tyd en in sy Afskeidsbrief aan de gemeenten der Ned. Gereformeerde Kerk van Natal in 1867 is dit asof ons Max Havelaar self aan die woord hoor: ‘De hartelijke liefde mij door zoovelen toegedragen. En boven dit alles de zalige bewustheid, van niet ganschelijk vruchteloos te hebben gearbeid. Waarlijk, wel mag ik zeggen: ‘Indien ik u vergete, o Zuid-Afrika, zoo vergete mijne rechterhand zich zelve.’ Van die egosentriese, die melo-dramatiese is die Romantikus nie altyd vry te pleit nie. Toe hy die uitnodiging aangeneem het om Natal op die ‘Evangeliese Alliantie’ in Amsterdam te verteenwoordig, 1867, waar hy, Hollander van geboorte en verbonde aan die Ned. Gereformeerde Kerk, verlof gevra het om 'n vergadering in sy geboortestad in Engels toe te spreek, het dit buite sy bedoeling gelê om vergoed in Nederland te bly. Maar hy het nooit weer teruggekeer na die land waar sy Paarlsche Gedichten en Uit Natal en alle Afrikaansche Gedichten geïnspireer is. In 1868 het die Afrikaansche Gedichten al 'n tweede druk beleef en in die Verspreide Gedichten tien jaar later, 1878, het hy dit eers nodig gevind om 'n verklaring van wat hy ‘met een misschien niet volkomen juisten titel nl. Afrikaansche’ bedoel, te gee, waar hy sê ‘op Zuid-Afrikaanschen bodem vervaardigde verzen’.Ga naar voetnoot2) Maar die bundels is veel meer as slegs op Suid-Afrikaanse bodem ‘vervaardig’, hul is geïnspireer deur ons aangeleenthede, hul het diep spore op ons kulturele lewe nagelaat. In 1891 het Afrikaansche Gedichten sy sesde druk beleef en by die bevestigingsrede van Ds. Moorrees die volgende jaar is nog 'n vers van Huet ‘heel indrukwekkend en toepasselik voorgedragen’: | |
[pagina 309]
| |
‘Jaar na jaar en week na week
Christenleeraar, preek, ja preek!
Tracht der hoordren oor te boeien,
Hoe de taak u moog vermoeien,
Driemaal, viermaal, elke week -
Christenleeraar, preek, ja preek!’Ga naar voetnoot1)
Sy poësie het die vergetelheid ontsnap en vind by ons ouer generasie nog hier en daar weerklank. Pierre Dammes Huet, getrou aan sy aard en die wêreldorde van sy tyd, het van alles meegemaak in sy verder loopbaan. Na die metodisme het die vrysinnigheid, die perfeksionisme, die spiritisme almal 'n beurt gekry. Konstant was die Romantikus alleen maar in sy ewige veranderlikheid. | |
3. Die modernisme steek sy kop op. Die pen van D.P. Faure is die skerpste.Die Afrikaners, soos hul Hollandse stamverwante tot diep in die neëntiende eeu, vorm 'n godsdienstige en kerkgaande volk, 'n teologiserende volk met 'n kultuur, wat in sy uitinge veel meer eties dan esteties is. Daarom is dit begryplik dat, van die ses vernaamste verteenwoordigers van die ortodoksie in die Nederlandse literatuur van die middel van die 19de eeu, nie minder as vyf predikante was n.l. Van Koetsveld, Beets, Hasebroek, Ten Kate en Ter Haar. Die rigting word hier byna uitsluitend deur predikantskrywers verteenwoordig. In Nederland staan daar vyf moderne predikant-skrywers teenoor die ortodokses n.l. Busken Huet, De Genestet, Pierson, Haverschmidt, De Veer met onderling heelwat verskil, wat almal tot die liberalisme gekom het òf deur die Leidse professore Kuenen en Scholten òf deur die Utrechtse hoogleraar in logika en metafisika, Opzoomer ‘de geestelijke vader van zoovele moderne predikers’.Ga naar voetnoot2) Nie orals is die verband tussen die modernisme van hierdie skrywers en hul kuns | |
[pagina 310]
| |
ewe duidelik nie. Dit is wel die geval met De Genestet se Leekedichtjes en Pierson se Adriaan de Merival, maar sommige van die werke van hierdie modernes soos Snikken en Grimlachjes van Piet Paaltjes het met die moderne beweging slegs dit gemeen dat die literatuur daar los van die geloof geword het. Die literatuurgeskiedenis openbaar 'n langsame stryd tussen die behoefte aan skoonheid, die estetiese aan die eenkant en die eise van die sedelikheid, van die etiese aan die ander, wat teen die end van die neëntiende eeu en die begin van die twintigste op 'n triomf vir die estetiese uitgeloop het onder die kreet ‘kuns om die kuns’, om op die oomblik weer 'n geweldige terugslag te ondervind, daar die mens met sy drang naar godsdiens en die sedelike nou eenmaal by kuns en skoonheid alleen nie kan lewe nie. Dit is die verdienste van die Liberale skrywers dat hulle aangetoon het dat sedelikheid en sedeprekery in die kuns nog twee verskillende dinge was en daardeur die smaak aanmerklik verbeter het, maar die etiese tog nooit heeltemal uit die oog verloor het nie. By ons het die stryd van ortodoksie vs. liberalisme onmiddellik weerklank gevind toe die predikante, in Holland deur dieselfde Scholten en Opzoomer opgelei, in hul vaderland terugkeer en na 1850 hoe langer hoe sterker in botsing kom met die ortodokse predikante, en 'n rumoer nie alleen op kerklik maar ook op maatskaplik gebied veroorsaak. Die rumoer het uitgeraas in hul koerante en geskrifte. Het Volksblad van B.J. van de Sandt de Villiers, wat ontstaan het tydens die Anti-Bandiete-Agitasie in 1849 toe Hollands- en Engelssprekendes op merkwaardige wyse saamgewerk het, beleef 'n herlewing van 1856 tot 1886 as mondstuk en stok en staf van die moderne rigting in die Ned. Ger. Kerk met prof. Roderick Noble van die Instituut van Changuion as 'n woordvoerder.Ga naar voetnoot1) De Zuid-Afrikaan is aanvanklik neutraal, later hoewel die redaksie dit nog voorgee, tog minder so en meer op die hand van Het Volksblad. 'n Christelyke boeken Vereeniging word in 1853 gestig | |
[pagina 311]
| |
om ortodoksgodsdienstige lektuur te versprei en na die oprigting van 'n Teologiese Seminarium op Stellenbosch, in 1858 'n maandblad, wat die sienswyse van die ortodokse groep sou vertolk, onder die titel De Wekker uitgegee onder redaksie van Ds. J.H. Neethling, wat met 'n onmiddellike sirkulasie van by die 5,000 begin het en voortgeset is tot 1925. Daarby het die ortodokse groep reeds die Gereformeerde KerkbodeGa naar voetnoot1) en die kwartaalblad Elpis, Algemeen Tydskrift voor Zuid-Afrika tot hul beskikking gehad. Danksy die Boekevereniging, hierdie tydskrifte, De Kerkbode, wat al sinds 1849 bestaan en 'n Teologiese Seminarium daarby, het die ortodokse saak aanvanklik goed gestaan. Maar geleidelik het hul grond verloor teen die skerper geeste, die vaardiger penne van die wetenskaplik geskoolde jong ‘spuwbalies’ soos die redakteur van De Wekker die modernes minder beleefd bestempel het in sy poging om deur opwekking die golf van realisme en rasionalisme en liberalisme te stuit, in plaas van die teenstanders meer op eie grond, die van wetenskaplike ondersoek van die skrif, te ontmoet, soos hul die uiteengesit het in hul blad De Onderzoeker onder redaksie van Marquard, die wiskundeleraar aan die Instituut van Changuion. Die groot groepe in die veld was die Ultra-Gereformeerdes waaronder die eienaardige Hollander ds. G.W.A. van der Lingen van die Paarl, die wat dogmaties minder ultra was maar streng in hul optrede met dr. Andrew Murray, die Skot, as hul woordvoerder, die Ireniese, die Gronings en Gematigd-Liberale en tenslotte die Liberale groep waarby Thomas Burgers van Hanover, J.J. Kotze van Darling en S.P. Naude behoort het. Die modernisme van D.P. Faure het nog 'n endjie verder gegaan en hy het hul getrou bygestaan met bydraes vir Het Volksblad waarin op 14 Oktober 1869 sy Groot melodrama in twee bedryven Koster Keeves 2de Huwelyk verskyn het.Ga naar voetnoot2) Die pen van Faure was die skerpste en het die minste aantreklikheid. Hy het in 1866 in sy vaderland teruggekeer | |
[pagina 312]
| |
na voltooide studie in Leiden, word die prediker van die Nuwe teologie en die stigter van die Vry Protestantse Kerk. Beets se Camera Obscura het hy so goed as van buite geken en so realisties is al sy eie dramatis personae dat hul dadelik herkenbaar was. Die Groot Melodrama waarvoor 'n kerkraadsvergadering aanleiding was, het soveel vermaak verskaf dat dit in Engels vertaal en in pamfletvorm uitgegee is. Sy Zak spiegeltjesGa naar voetnoot1) in die trant van die voorafgaande, het die skaterlag van die lesers van Het Volksblad opgewek. Maar sy innerlike soos geopenbaar in prosa, in spotvers en in hekeldrama is afstotend. Tereg het Changuion hom as begaafde skoolkind en later as sy assistent aan die Instituut, gewaarsku teen die hiperkritiese gees, wat hom van die mensdom sou vervreem en na die verderf voer. Later gemoedeliker, geestige verse soos Mijn Gedeserteerde Kat of Het weerglas van Harponier Smit, 'n skoollied Ons Land en Engelse vertalings uit De Genestet (van Onvermoeid en Peinzendsmoede) of Afrikaanse uit Burns, Die Boer zijn Zaterdag aand,Ga naar voetnoot2) kon nooit die wrange bitterheid van die jeugwerk uitwis nie. Onder die opskrif Aan myne Geestverwanten J.J. Kotze en Thomas Burgers het in Het Volksblad van 16 Junie 1864 'n vers verskyn van Een Kaapsche Boer en in die aflewering van 20 Augustus 'n lang berymde brief: Brief van Jaap ‘Over den Satan aan de Kaap,
Lucifer, Duivel of wel Belial,
Die heel Afrika's kop nog op hol brengen zal.’
Die koerante kon oor niks anders berig nie dan die kerkstryd wat aangehits het tot polemiese, satiriese verse. In De Zuid-Afrikaan laat X.Y.Z. (J.J. Kotzé), 'n Jonas Saul, ('n bytend geestige versmaker uit Tulbagh) hul tande sien, Aan de Leeraren en Ouderlingen die in minderheid in de zaak van den predikant van Darling gestemd hebbenGa naar voetnoot3) 'n Ongenade versmaker laat | |
[pagina 313]
| |
die waarskuwing van Bredero hoor, Het kan Verkeren 1863.Ga naar voetnoot1) Die hiperkritiese van die verse van die jong teoloë mag ons nie aanstaan nie, maar dat hulle in hekelvers en in prosa, Het Hollandsch welluidend - die titel van 'n gedig van een van hul in Het Volksblad van 3 November 1864 - kon hanteer soos geen neëntiendeeeuer voor hul nie, ly geen twyfel nie. As hul sagter te werk gegaan het, die kunstenaar in hul meer tot sy reg laat kom het, kon hul hul vaderland 'n onsaglike diens bewys het nou het; hul maar al te dikwels hul pen in skeldwoorde gedoop, waarvoor daar seker aanleiding genoeg was, maar waarmee nie die maksimum bereik word nie. | |
3. ‘Copiëerlust des dagelijkschen levens’. Thomas François Burgers.Naas D.P. Faure van die modernisme staan T.F. Burgers, later president van die Transvaalse Republiek, en die skrywer van Tooneelen uit ons Dorp (1866-1868)Ga naar voetnoot2) en Schetsen uit de Transvaal (1872).Ga naar voetnoot3) 'n Mooier voorbeeld van wat die kritikus E.J. Potgieter maar half-goedkeurend bestempel het as ‘de copieerlust des dagelijkschen levens’ bij Hildebrand en Klikspaan, is daar in ons literatuur nie te vind nie dan die dorpsketse van een van die merkwaardigste persoonlikhede uit sy tyd, 'n gebore Afrikaner wat met die Europese letterkundige stroming kennis gemaak het en dit na sy land oorgebring het. Thomas François Burgers (1834-1881) was die jongste kind uit die derde huwelik van Barend Jacobus Burgers met Elizabeth Magdalena Theron.Ga naar voetnoot4) Hy is in April 1834 gebore en in vroom ortodokse kring opgevoed. Op neëtien-jarige leeftyd, in 1853, vertrek hy met nog twee Graaff-Reinetters na Holland, waar hy in dieselfde jaar in Utrecht as student ingeskryf word. Op hierdie mees ontvanke- | |
[pagina 314]
| |
like leeftyd, ver weg van die korrektiewe van die moederland, met 'n spreekwoordelike Afrikaanse aanpassingsvermoë, ondergaan hy die invloed van die nuwe geestelike sfeer ter deë, 'n sfeer waarin Opzoomer die dominerende figuur was aan wie se magtige invloed selfs manne as Allard Pierson en Van der Wijck hul nooit heeltemal kon ontworstel het nie en wie vir Burgers 'n leidster op die weg van waarheid en die gids van sy jeug word. Die kultuurlewe van die biskopstad, waar 'n mens Brahms aan die vleugel kon sien by die familie Engelmann, professor Donders gearm met Von Graeffe in die Maliebaan kon ontmoet, waar Pierson sy lewensbeskouwing geskryf het en waar Beets die middelpunt van verering word, het 'n hemelsbreë verskil getoon met die van die Suidafrikaanse grensdorpie waar die enigste kultuurlewe bestaan het in die gesamentlike dienste op die rusdag en 'n buitengewone een met nagmaal. En tog hier het die jong Afrikaner hom tuis gaan voel. Buite sy teologiese studie voel Burgers hom aangetrokke tot musiek en poësie en onder sy vriende was daar verskillende met 'n neiging tot literatuur soos Johan Dibbits en Rodger William Thompson. Laasgenoemde was ook teologiese student, seun van die predikant van Stockenstroom in die Oostelike Kaapprovinsie, 'n Engelse Afrikaner wat by sy terugkeer al sy kragte aan die joernalistiek en literatuur gewy het, en van wie na sy vroeë dood in 1867 'n bundel Poems, Essays, and Sketches met 'n memoir deur John Noble verskyn het.Ga naar voetnoot1) Verskeie verse van die vriend, soos 'n ode op die Land of Good Hope, dateer uit hul Utrechtse studentedae. Een daarvan Music is opgedra aan Mary Bryson, die Skotse ‘lady fair’ van patrisiese familie wat in Utrecht 'n kosschool besoek het om haar musiektalent te ontwikkel, met wie Burgers in Augustus 1858 in Londen getroud is. Hy is dieselfde jaar en maand deur die Provinsiale kerkbestuur van Utrecht tot die Evangeliebediening toegelaat. Musikaal, begaafd, talentvol, vrolik, lê dit voor die hand dat | |
[pagina 315]
| |
hy veel vriende op die Universiteit sou hê waar destyds ook sowat twaalf Afrikaners gestudeer het, waaronder J.J. Kotze en S.P. Naude met wie hy later in die kerkstryd sou geassosieer word. Des te merkwaardiger bly dit dat 'n Afrikaner wat soveel opgang gemaak het in Hollandse studentekringe, sy vrou en sy intiemste vriende gaan kies uit die enkele Angelsakser wat daar onder die stamverwante Hollanders in die vyftiger jare verdwaal geraak het. Uit die tydgees val daar veel te verklaar en te verskoon, maar nie alles nie. Die ‘geestelike swaard’ het ons volksiel na 'n halwe eeu van Britse oorheersing toe reeds dieper geraak as ons sou vermoed, maar is dit 'n wonder dat die Kapenaar na vyftig jaar meer verengels was as die Brusselaar na vyfhonderd jaar verfrans was, as ons in aanmerking neem hoe die verengelsing en verskotsing in sy skool en kerk stelselmatig gepropageer is en hoe jong en swak sy Dietse houvas en tradisie was? Sy studiejare was afgeloop en met leedwese het hy afskeid geneem van die vrolike intellektuele groep waarvan hy met sy fluitspel en ritmies-bewoë sin vir die dans 'n sieraad was, om hom in sy vaderland op die nie-te-vermye rotse van die Skots-Kalvinistiese ortodoksie te pletter te loop. Die moeilikhede het al gou begin nadat Burgers in April 1859 as predikant in die jong gemeente van Hanover beroep word. Groter kontras met die biskopstad, waar Opzoomer sy metafisiese probleme met koue rasionalisme en onverbiddelike logika uiteenset in die kollegesale, waar afleiding gesoek word in musiek en dans in 'n fyn beskaafde wereld, as hierdie Karodorpie waar die boer nog in 'n half-primitiewe toestand worstel teen die elemente in 'n weerbarstige streek van ons land, is nouliks denkbaar. Die konserwatiewe landbouers was gekant teen elke nuwigheid, vreemd teenoor die eerste geriewe van 'n ontwikkelde gemeenskap waardeur die predikant met sy behoefte aan 'n mooi, goedingerigte pastorie, aan boeke en kuns, vir hul soos 'n weelderige Oosterse potentaat moes voorgekom het. Burgers het Afrikaner gebly, maar die voorloper van 'n nuwe ontwikkelde geslag met Europese blik. Sy biograaf meen self dat toe hy die Universiteit verlaat het, hy alles behalwe modern was, hoewel sy leerstellige beskouinge | |
[pagina 316]
| |
losgewikkel was onder die kritiek en sy gees oopgestaan het vir uitheemse beskawing, teenoor 'n gemeente wat onwrikbaar die tradisonele kultuur toegedaan was. Hy glo in die outonomie van die gees, die verstand word die grondslag van sy gedagteen maatskaplike wêreld, hulle daareenteen betrag nog die emosionele denkwyse in landssake en rig hul na formuliergesag op kerklike gebied. Hul lê die nadruk op sonde en waaragtige bekering, hy op kennis en redelikheid, op ontwikkeling en beskawing ook in geloofsake. Sy jeugopvoeding deur die ortodoksie het hom nou met die volk verbind en eg menslik, hoewel jeugdig onverstandig soms, is dit van die jong teoloog om die volk tot sy sienswyse te wil bekeer. Dit was eers die uitstoting uit daardie kringe as 'n ketter en 'n godloënaar wat hom die moderne rigting verder opgejaag het en hom tot skerp kritiek op sy dorpsbewoners verlok het. Die Tooneelen uit ons Dorp het oorspronklik in Het Volksblad verskyn, die eerste skets De Dorpsbewoner zelf in die uitgawe van 20 September 1866. Dat dit 'n groot leserskring gevind het, hier sowel as in Holland, bewys die afsonderlike druk in drie bundeltjies van die eerste twaalf sketse in 1867 by dieselfde Van de Sandt de Villiers en Kie waar die De Onderzoeker en Het Volksblad gedruk is. 'n Tweede herdruk in 's-Gravenhage by Henri Steinberg in 1882 met 'n voorwoord van Theod M. Tromp het die algemene aandag in Holland getrekGa naar voetnoot1). Die sketse is gepen na die kerklike storm van 1862-1863 reeds losgebars het en die skrywer deur die ouderling van Colesberg in die Sinode beskuldig is van 'n loëning van die persoonlikheid van die duiwel, van die weeropstanding uit die dode en die onsondigheid van die menslike natuur van Jesus, met die gevolg dat hy saam met ds. J.J. Kotze van Darling deur hierdie kerklike liggaam uit sy bediening geskors is. Dit het aanleiding gegee tot 'n hofsaak waarin die Hooggeregshof in Kaapstad die kerlike vonnis vernietig het, omdat die Sinode haar eie wette nie in ag geneem het nie. Die Sinodale Kommissie het toe na die Geheime Raad in Londen geappelleer, maar hul uitspraak in 1867 bekragtig | |
[pagina 317]
| |
die van die Hooggeregshof en ds. Burgers word in sy posisie as predikant herstel. Met die byeenkoms van die Sinode in 1870 was die kerk verplig om die vonnis teen Burgers en Kotze te herroep en al hul regte en voorregte as predikante te erken. Die Tooneelen is in die hitte van die stryd geskrywe met die bedoeling om bepaalde toestande op maatskaplike en kerklike gebied te hekel en te bestry. Die vorm is die van die romanties-realistiese prosakuns van die neëntiende eeu van Nicolaas Beets, Cornelis van koetsveld, Johannes Kneppelhout, Anton Bergmann, waarin die Romantiek hom vernaamlik deur die humor kultus openbaar, die Realisme deur 'n glans, wat uit die sedelike wêreld daarop opstraal, die Liberalisme deur 'n breë internasionale uitkyk van 'n verstandsmens wat weier om blindweg sy rede aan enige bande te laat lê deur wat die nasionale tradisie voorskryf. Soos in Auerbach's Dorfgeschichten en Die Pastorie te Mastland (1843) van Van Koetsveld, word in Tooneelen uit ons Dorp met groot oorspronklikheid en onbetwisbare talent verskeie dorpstipes uitgebeeld, wat hulle om of teen die skrywer self as 'n voortreflike dorpenaar met weinig gebreke, skaar. Van Koetsveld en Kneppelhout sien hul omgewing met geestige koelheid en met rustige plaery, soms ook wel met aandoenlike gevoeligheid; kalm praat Van Koetsveld oor sy werk in sy studeervertrek, oor nadere kennismaking met sy gemeentelede, oor die intieme besonderhede van sy herderstaak soos huisbesoek, aanneming, begrafnis, sonder om hom ooit op te wind of druk te maak, met 'n sekere behaaglike naïwiteit, waarvan bekoring uitgaan, maar wat tog ontoereikbaar is om hom in die gees van persone en toestande, wat hy uitbeeld te laat deur dring. Die gees van Burgers is skerper, geestiger, jonger, minder ervare, minder humaan as dié van Van Koetsveld, meer verwant aan die van Nicolaas Beets in die Camera Obscura, wat in 1851 twee jaar voor Burgers in Utrecht aankom, by die derde druk eers sy volledige inhoud gekry het. Met Hildebrand was die student Burgers bevriend tydens sy studentejare, en met professor Beets | |
[pagina 318]
| |
van Utrecht het president Burgers van Transvaal, tydens 'n besoek aan Holland in 1875, saam die driehonderdjarige fees van die Uniwersiteit van Leiden gevier, waar prof. Kuenen as een van hul gashere opgetree het.Ga naar voetnoot1) Die romanties-gevoelige Burgers, wat steeds 'n behoefte aan godsdiens en kuns gehad het, het hom by daardie tweede besoek aan Holland eensaam onder al die feesvierende menigte gevoel, en toe hy op weg na Amsterdam verby Heemstede spoor het hy daar aangedink, dat die Stichtelijke Uren van die gevierde literatorpredikant, professor Nicolaas Beets daar onstaan het. Geen wonder dat sy eie Tooneelen uit ons Dorp iets opgevang het van die bytend geestige, lugtig spottende toon van Hildebrand waarin daar by geen van beide egter bitterheid skuil nie, omdat die skrywers hul vaderland en hul mense te lief gehad het. Burgers sien ook hier die Afrikaanse ‘schaduwen en schimmen van nadenking, herinnering en verbeelding in de ziel vallen als in een Camera Obscura en sommigen zoo treffend en aardig dat men lust gevoelt ze na te tekenen en met ze wat bij te werken, op te kleuren en te groeperen er kleine schilderijen van te maken’, soos Hildebrand in sy toeligting tot die titel van sy boek verduidelik. Wat die inhoud betref staan die Afrikaanse sketse veel digter by De Pastorie te Mastland; die toon is dié van die grootmeester van die realisties-idealistiese stroming. Die eerste skets De Dorpsbewoner zelf word voorafgegaan deur 'n enkel woord oor homself, waarin hy die draak steek met autobiografise sketse en fotografieë waarin die vervaardiger sorg dra, dat hy altyd prominent op die voorgrond geplaas word, wat hom die gebed van Burns laat slaak: ‘O wad some power the giftie gie us,
to see ourselves as others see us’
Hy is die subjektiewe kunstenaar, wat weet dat ons almal slegs met die lig wat in ons is, sien en dat sy sketse ‘hoewel getrouw, toch onjuist zijn’ omdat iedere mens homself as naaste voorwerp die duidelikste sien. Sy raad aan die leser, | |
[pagina 319]
| |
wat ons dan ook moet in agneem om ons nie af-en-toe aan die skerp kritiek van die Liberale skrywers, waarvoor alle Afrikaners oorgevoelig is, te erger nie, lui as volg: ‘men denke zich het naaste voorwerp (dat ben ik) wat minder in het licht, d.i. wat zwarter, en de meer verwyderde voorwerpen (dat zijn de andere menschenfiguren) wat meer in het licht, d.i. wat minder zwart.’ Die dorpsbewoner vergelyk hy by 'n akker met 'n sanderige losse bodem, gemaklik om te bebou, gewillig om de goeie saad te ontvang, die water in te trek maar wat eintlik tog skraal is, nie die vaste vette bodem besit wat moeilik te bewerk is nie en tog so weelderig, as vanself, goeie gewasse oplewer. Die opvoedkundige kan van die raakheid en waarheid van hierdie beeld van Burgers getuig, die politikus en toneelspeler van die daaropvolgende bewering van ‘perfecte naäpers en napraters’. Die gebrek aan oorspronklikheid blyk vir hom ook uit gebrek aan 'n nasionale kleredrag, by oorversorging van die uitwendige mens volgens Europese modelle, wat die skrywer skertsend noem ‘schapenvachten, dagga-bast, en door wormen omgewerkte moerbeibladeren’. Die siel van die dorpsbewoner vergelyk hy by 'n dam liewer as by 'n fontein, die bekommer hom meer oor wat hy ontvang as gee, meer oor spekulasie as industrie. ‘En de arbeid valt ons Kapenaars zoo zwaar!’ Harde woorde, striemslae hierdie, maar wie sa lsê heeltemal onverdiend toegedien? In die tweede skets Ons Dorp sien hy teen die kerk op as die sentrum waaromheen alles draai, maar skyn dit die Afrikaner maar half ten goeie te dui dat hy so kerklik godsdienstig is, dat hierdie kerklike karakter hom in alles openbaar. Koddig is die beskrywing van die openbare gebou, wat vir alle geleenthede gebruik word, ‘waarin de partijen, worden gegeven, de kwaaddoeners gestraft en de Engelschen kerk houden.’ Dan is daar nog die tekening van die Kafferlokasie met sy ‘struissen’ waarin die kleurling as vreemdeling in eie land saans sy ‘goera’ tot die dans laat nooi, soos Israel weleer in Babylon sy lier getokkel het. ‘Kinderen in het verstand, zijt gij toch ook maar kinderen in de boosheid, vergeleken met menigeen uwen Christelijke veroveraars’, roep die kristen prediker hul toe. | |
[pagina 320]
| |
Van Onze Dorpsbewoners word twee sketse gegee (Nos. III en IV) waarin 'n twaalftal tipes uitgebeeld word: die predikant, die ouderling, die koster, die magistraat, die winkelier, die agent, die stadsklerk, die Markmeester, ens. Die skets begin met 'n pleidooi vir 'n versameling portrette want ‘wat zou het ons niet waard zijn om een beeldengallerij te bezitten waarin al onze voorouders nog dagelijks kunnen gezien worden? In menig opzicht heeft een beter lot onze redelooze bevolking getroffen. Dank zij het penceel van Kolbe en anderen, wij bezitten afbeeldingen van schier alle diersoorten, vroeger hier te lend bekend, maar waar vindt men den Zuid-Afrikaanschen boer, den echten dopper, de deftige heemraden?’ In daardie leemte sal hy nou gaan voorsien deur pensketse uit die teenwoordige geslag te maak voor dié spoorloos verdwyn. Die kerklike beeldegallery kom daar die slegste van af, waarin Burgers nogmaals sy ergenis lug oor die ortodokse regsinnige dominee, wat oor alle geloofspunte dink ‘perfect hetzelfde wat men voor twee honderd en meer jaren er overdacht’, oor die ouderling wat soveel van pepermunt hou, sodat 'n mens nie moet ruik dat hy ‘nu en dan een zoopje drinkt,’ oor die koster vir wie alles ‘wisselt op zijne wenken.’ Die magistraat ‘een Schot van geboorte, ook een Schot in zijn handelen’ kom daar met 'n paar rapse van af; anders is dit met die winkelier ‘met den grooten neus’ wat 'n wonderlike betowerende aantrekkingskrag vir die Afrikaner het, ‘dat koopen op krediet is gelijk de fascinatie van het dobbelspel’, om hom ten slotte willoos, soos 'n vet koei, te laat uitmelk. Fyn is die beelde nie maar hul slaan spykers met koppe. Die Agent tier welig van die lastersake, ‘de rijke bron die hier te lande steeds zoo productief is’ soos Burgers so pas aan de lyf ondervind het; die stadsklerk, wat die mag en geleentheid het soos geen ander inwoner om sy vyande te laat boet maar gedurig tussen twee vure sit, die publiek en die munisipaliteit, herinner die skrywer aan ‘een haagdoorn langs den weg, die aan allen, en aan wien allen vasthaken.’ Die korpulente victualie meester, die gunsteling van almal | |
[pagina 321]
| |
sit propvol verhale en grappe waarin hy 'n voorbeeld vir die ‘azijnvat’ van 'n predikant is en bring die boodskap ‘om den zegen van geluk te verspreiden moet men dien in zichzelven omdragen.’ Verder is daar onder die dorpsbewoners nog die drentelaar wat oorvloed werk, het maar wat ‘gelijk de beroemde vlieger van Dickens’ nooit klaar kom nie, die rentenier, wat 'n verwoede versamelaar is van eerste uitgawes, die titels van boeke en name van skrywers by die tientalle ken, maar van elke vraag oor die inhoud hom afmaak met 'n ‘zoo lang geleden dat hij het boek gelezen heeft’, tot 'n kwaaijonge sy domheid op die lappe bring deur hom na die pasverskene Klaasje Zevenster en die geskiedenis van die Kaap (‘waaraan de Heer Thomson besig is’) te vra en dieselfde antwoord ontvang. Hieruit blyk hoe goed op die hoogte Burgers was met, en hoe 'n lewendige belangstelling hy gestel het in die kontemporaine literatuur. En dan is daar nog Tamboer en Januarij, 'n Hottentot en 'n Kaffer, twee bekende dorpsfigure, die een 'n hanswors, die ander 'n geslepe politikus. Dit is as of Burgers van die dorpsbewoners nie kan weg kom nie en nog 'n hoofstuk aan hul wy, die sesde Nog meer Dorpsbewoners, die keer aan die skone geslag aan die nougesette sendeling en nogmaals aan die nog nouer gesette ouderling Oom Willem, en ten slotte, as antiklimaks vir al die sedelikheid en plegtigheid van die kerkraadslid, 'n tekening van twee dronk Hottentotmeide wat na die gevangenis vervoer word, ‘luidruchtige Bacchus dienaressen’. Die geniale skrywer teken nog vaardiger die toestande as die persone, toestande, wat hy as man van die vooruitgang verkeerd vind en daarin deur hekeling probeer verbetering bring. Hy sien die dorpenaars en die dorp Met Nachtmaal (No. V), op Huisbezoek (No. VII), By het Krankbed (No. XI), By het Sterfbed (No. XII), onder ou omstandighede waarin De Wonderdoctor (No. IX) sy pille draai, die Nieuwe Toestanden (No. X), in Licht en Schaduw (No. VIII). Aantreklik, deur die waarheid, soms harde waarheid, deur die vermenging van erns en gesonde luim, deur wyse opmerkinge en geestige sette van die waarnemer, is die tekening van hierdie toestande. By Hildebrand vind ons 'n bonte versameling van kort | |
[pagina 322]
| |
en lang sketse, afwisseling in toon na die aard van die onderwerp onder bespreking; hier is die toon van ironie en hekeling die hele boek deur meer gelyk. In die opsig gaap daar 'n kloof tussen die werke van 'n Afrikaner, 'n Hollander en 'n Vlaming, tussen hierdie tonele aan die een kant en die sketse van Van Koetsveld en Anton Bergmann se Ernest Staas (1874) aan die ander, waarin die bevordering van die Vlaamse strewe die boek ook enigsins polemies kleur. By die Hollander en die Vlaming vind ons gelykmatige kalmte en sagte opgewektheid met 'n ernstige ondertoon, wat die leser in 'n rustige stemming bring en hom stilweg laat geniet. By Burgers, soos by Hildebrand, is alles in beweging, lewendig, onrustig, woelig is die wisselende tonele, wat ons deur die skerp geestigheid soms onbedwonge laat lag. Burgers skerts oor die woeling van die boere op die Nagmaalsviering, maar tog nooit op ligsinnige wyse nie. In hom het 'n satiriese duiweltjie geskuil en hy het die oordrewe ortodokse kerklopery belaglik gevind en was onversigtig genoeg om daar trane oor te lag toe hy as oorwinnaar uit die kerkstryd te voorskyn getree het. Die eerste bedryf van die voorspel vir die Nagmaalviering, is die bedrywigheid op die mark waar die vethoenders en kalkoene 'n sensasie deur die eetlustige gemeente laat gaan. Dit laat die skrywer dink hoe die honde om 'n gevilde skaap hul sterte slaan en swaai, terwyl hul oë iedere beweging van die slagter volg, wat hom laat uitroep: ‘Verbeeldt u al die kerels, die daar zoo met de lippen smakken zoodra er iets lekkers voorkomt, met lange staarten.’ Die vendusieklok kondig die tweede bedryf aan, waar die afslaer sy koopvoorwaardes ‘in zeer gebroken Hollandsch’ aframmel en aan die eerbiedwaardige ouderling Oom Willem 'n dosyn hoepelrokke vir onderjurke afsmeer, waarop die ou boer binnensmonds uitvaar teen die Engelsman, wat sulke goed tot verpesting van die jong dames hier heen stuur en in pront Afrikaans konkludeer: ‘hy het maar net een goed ding in die land gebreng en dit is vuurhoutjes’. Oom Willem se dogter is onder die gelukkige, frisse, jong vriende en vriendinnetjes wat die Vrydag- en Saterdagnamiddag gearm langs die dorpstrate wandel, 'n fees vir Burgers wat altyd oog het vir skoonheid en geluk, die | |
[pagina 323]
| |
hartstogtelike liefhebber van musiek, wat dit alleen maar kon betreur dat slegs stigtelike liedere onder die jeug geduld word, waardeur die volkssang in hierdie jong harte stom lê. Saterdagmôre stap die boere ‘vroom en vroeg’ nog voor tweede gelui na die voorbereidingsdiens om te luister na 'n lang preek oor ongeloof, ketters, oordeel en verdoemenis van 'n bekrompe, enge leraar wat Oom Willem in volle glorie aan sy mede-ouderlinge en diakens laat sê: ‘Myn menzig, Myneer.... het die liberalen ook van morgen uitgebrand’. Terwyl Oom Willem na die bidstonde gaan nadat hy sy vriende afgeraai het om terwille van die geloof die liberale links te laat lê, stap die skrywer, 'n verstote eensame wandelaar, ver buite die dorp en peins oor ware godsvrug en die natuur as bronne van troos en geluk - ‘hoe lieflijk is toch Gods schoone natuur’, en ‘hoe verkwikkend voor het arme hart, dat noch in tempel noch in bedehuis de rust kon vinden waarnaar het zo hijgend verlangt.’ Hier is Burgers deur en deur mens van sy tyd. Die Liberalisme het klaarblykelik heel wat gemeen met Humanisme en die Hervorming van die 17de eeu en met die Verligting van die 18de eeu. Die oorblyfsels van die verlede word aan ondersoek en kritiek onderwerp. Dit is 'n tyd van groot intellektualiteit; die menslike verstand soek 'n redelike verklaring vir alle godsdienstige, sosiale en natuurverskynsels. Vandaar sy rusteloosheid en gevoel van onrus. Aan die begin van die eeu het daar 'n gees van nasionale oorskatting, van selfvoldaanheid geheers, nou kom daar 'n strewe na die vrywording van die persoonlikheid, die indiwiduele kunstenaar wil nie an bande gelê word nie, hy kom in opstand teen alle dogmas. Die Toneelen van 'n Verligter-Romantikus, wat in die hitte van die kerkstryd teen die kerkbesture geskrywe is, dra daar rykelik die spore van. Die ouderling Oom Willem, moet dit telkens gewaar, zowel as die dominee om sy langdradige gepreek, gepraat geraas oor hel en verdoemenis. Op Huisbezoek word die welgestelde gemeentelede, tot vervelens toe lastig geval met die vraag hoe dit met hulle siel staan; die armes en siekes word nie besoek nie. By het krankbed steek Oom Willem 'n lang preek af teen | |
[pagina 324]
| |
die sieke Marie oor die voldoeningsleer en ander leerstukke van die kerk, wat sy ontken, en Marie, op haar beurt, versoek die skrywer om leraar en ouderling van hul verkeerde gevoelens af te help. By het sterfbed herhaal Marie sterwend die versoek, waarsku om geen godsdienstwis met godsdiensywer te verwar nie en maan ‘laat de liefde Gods in uw harte wonen.’ Die liefde - dit is wat ons so pynlik by almal mis. Deur die stryd waarin Burgers se ou joviale vriende een na 'n ander in hul dop kruip, en hy en die paar wat hom getrou bly, geweer en uitgestoot word, word die jong predikant hoe langer hoe radikaler in sy teologiese beskouinge. Die hekeling en bestryding van wat geslag op geslag deur die Afrikaner heilig gehou is in sy kerklike leerstellinge, doen tog onaangenaam aan en gee iets wrangs aan die lustige geskryf oor ‘potjes godsdiens’ in die salfbus van De Wonderdoctor, kwaksalwer en bedrieër, wat deur die ortodokse leraar en Oom Willem beskerm word en so iedereen tot 'n dupe maak. Licht en Schaduw en Nieuwe Toestanden is 'n persiflage op die Afrikaner van Franse afkoms, wat in die waan verkeer dat hy as afstammeling van 'n Hugenoot van ‘edel bloed’, 'n baron, 'n graaf of 'n hertog moet wees en dat daar vir hom 'n groot erfenis in Europa wag.Ga naar voetnoot1) 'n Smous het die verwaande mondprater, neef Piet, ingeprent dat hy 'n Franse hertog is vir wie 'n hertogdom met titel en al in Frankryk te wagte lê as hy maar die verlore dokumente kan in hande kry. Enkele bure, waaronder Henri, die grappemaker, wat in die meeste sketse 'n rol speel teenoor die ‘zwart gerokte’ Oom Willem, bak die pseudo-hertog 'n poets deur 'n koerant-berig te plaas, dat 'n seldsame fortuin die heer Piet te beurt geval het en 'n hertogdom hom voor die deur staan. Onder Nieuwe Toestanden in 'n splinternuwe pak, naas sy koetsier met sy blinkgepoetste kar en perde, roep hy Henri toe op hoogdawerende toon soos hy die dorp binne gery kom; ‘Hou stil! Kom mijn kêrel, kom klim op, ik heef (men ziet hy waagt reeds eene poging om hoog te spreken) jou banja te verstel.’ | |
[pagina 325]
| |
Die Franse hertog, sonder kennis van Frans, verneem dat sy titel is Monseigneur le Duc, wat Burgers met egte bose-volks-vernuf verdraai tot misselijkdikmaagsuur; die parasiete swerm om hom, tot die Dominee inkluis, wat Oom Willem herinner om tog iets te vra vir die Leraarsfonds, en Henri raai aan om òf dadelik Frans te begin leer òf in Frankryk vir 'n doofstomme deur te gaan. Dan slaan die stemming van die verhaal plotseling oor van die uitbundigste vrolikheid na die diepste verslaentheid oor 'n ernstige siekte van een van die hoofkarakters uit die sketse nl. Marie. Hierdie voorliefde vir kontraste, soms totaal ongemotiveer, is kenmerkend van die Romantisie wat diep onder die indruk van die feit gekom het dat die traan baie naby die lag lê. Weer slaan die stemming terug na die komiese in dieselfde stuk as ons 'n lagwekkende beskrywing kry van die ryk jongman, wat na die hand van die edelman se dogter ding, 'n paleis van 'n huis laat bou, 'n skitterende eetmaal gee, waarop hy in sy grootdoenery hopeloos deur die mat val en neef Piet, die hertog, jammerlik ontmasker word. 'n Sprankelende vernuf sit daar in die sketse, lewe en beweging in die dialoog. Gewoonlik word die gesprekke in Afrikaans weergegee, wat bydra tot die egtheid en natuurlikheid van die styl. Kernagtige Afrikaanse uitdrukkinge soos ‘mijn menzig’, ‘mijn genugtig’, ‘alle kriek’, ‘sijn Peetje’, ‘ellendige lunsriem’ (Engelsman) is bewys genoeg hoe Burgers die boerespraak beluister het en met effek in die literatuur gebruik het, voor daar 'n bewuste strewe was om die Afrikaanse vorm tot die uitsluitlike skryftaal te verhef. Op hierdie twaalf sketse het daar in 1868 nog agt gevolg, wat nie herdruk is nie, en van die bestaan waarvan die besorger van die Tooneelen, Theodore M. Tromp, sekretaris van Burgers en skrywer van die berugte Herinneringen uit Zuid-AfrikaGa naar voetnoot1), by sy herdruk van 1882 nie wis nie, toe hy ook ten onregte in sy voorwoord die indruk gewek het dat Burgers die Tooneelen sou geskryf het kort na sy aankoms in Hanover in 1859. Hul is die volgende: XIII - Op een | |
[pagina 326]
| |
Bruiloft, XIV - De Zending (twee stukke), XV - Een Boeren Bazaar, XVI - Een Jagt Party (twee stukke), XVII - De Katechisatie, XVIII - De Broederlijke Conferentie, XIX - Kersdag en Nieuwjaar, XX - Achter de Schermen (twee stukke).Ga naar voetnoot1) Op die bruilof wil ou Hendrik daar nie van hoor dat daar in sy huis as ‘paddas’ rondgespring word nie, hoe nuuskierig sy vrou ook al is om 'n ‘Ball’ te sien. Na almal so goed of so sleg hul kon na die eindelose lang trouformulier geluister het, (wat die skrywer, steeds gekant teen alle bande, die geleentheid gee om uit te wy oor die lengte van die kerklike formuliere), stap hulle na die feeshuis waar bruidspaar, gasheer, en gaste hul te goed doen aan allerlei lekkernye en die namiddag omsing met liedjies soos ‘Wat komt mij te gebeuren om deez' bedroefden dag!’ Die afwesigheid van opgewekte lughartige volksliedere, die sing van Psalme en klaend-elegiese, godsdienstige beryminge was 'n opvallende kenmerk van alle feesgeleenthede, wat tog al so skaars in Suid-Afrika was. Die ortodokse godsdiens, die stempel van swaarkry wat die volk dra, het gedreig om alle vreugde, skerts en luim vergoed uit die kuns te verband en dit is die onskatbare verdienste van Burgers en sy Liberale predikantvriende dat hulle te midde van al die saaie, duffe erns, weer gedurf lag en leef het. In Kersdag en Nieuwjaar sinspeel hy weer op die armoede van ons volk aan feesdae, waaronder die volksgees en volkskarakter werklik ly. Kersfees is 'n vreugde fees, ‘dank zij echter den Engelschen geest’. Dan luister niemand na oom Willem en die leraar se vermanings oor hel en verdoemenis nie, nog minder op nuwejaarsdag, ‘ons groote Volksfeest’, wanneer Januarij en Tamboer ‘schoffel’, ‘pas’ en ‘askoek’ dans tot vermaak van die skrywer en Henri wat die Bacchante iets gee ‘om de keel zoowat te smeren’ by die feeskrete. In De Zending wend hy 'n wanhoopspoging aan om die laaste wens van Marie ten uitvoer te bring nl. om oom Willem en die leraar van hul dwaalbegrip omtrent die versoeningsleer te oortuig. Waar die polemikus redeneer en betoog, swyg die kunstenaar; die | |
[pagina 327]
| |
rasionalis, wat alle heil van die verstand verwag, meen dat die hoofde van sy teenstanders, ‘in plaats van met verstand, met vet gevuld’ is. Dit kom ook goed uit op De Katechisatie waar die verliefde katkesante met laventel op die sakdoek, olie op die haar, splinternuwe patente ‘laarzen’ vir die eerste maal aan die voete, met 'n Hellenbroek of Kortbegrip in die hoof, elke geloofsvraag soos 'n pappegaai kan beantwoord en bo-op die leraar strikvrae stel oor die Goddelike Drie-een-heid, wat hy met 'n profane beeld van ‘een halfmaan, een winkelhaak en zwaluwstaart-merk’ aan 'n skaap, te vergeefs probeer duidelik maak. Op De Broederlijke Conferentie, waar dit wemel van predikante, ouderlinge, armversorgers en ‘bloemknopjes uit onze theologische broeikast’, gaan dit alles behalwe broederlik toe as die voorsitter uitvaar teen kettery en allerlei stommiteite van die boere en 'n onbekende boer, die draer van Burgers se polemiek, hom in die rede val met 'n tirade oor die traagheid, die bekrompenheid, die onkunde van die dienaars van die kerk, en tot ontsteltenis van oom Willem so ver gaan om rondborstig te verklaar, met bewyse van teenstrydighede in die Skrif, dat hy nie die hele Bybel vir Gods werk of woord hou nie. Achter de Schermen is belangrik vir die kunstenaar se doelstellinge wat dit bevat. Daarin sê die realis ‘dichten en verdichten kan ik niet. De Werkelijkheid te schetsen is mijn doel.’ Uitgesproke, waarheidsliewend, erger hy hom aan die akteurs in die kerk, die staat, die maatskappy, die gemeente, die handel, maar glimlag dan weer oor die huigelary, wetende mundus vult decipi. Op Een Boeren Bazaar sien hy die kopers vrywillig daarin loop ter wille van die goeie saak tot selfs ou Jiems, die gedroste soldaat en emeritus boereskoolmeester, wel bedrewe in die drinkkuns, wat vir sy 5/- 'n wolserp kry op die versoek om iets wat hom ‘beter zal verwarmen’ as sodawater en limonade. Dit is 'n geestige set van die skrywer. Die twee sketse Eene Jagt Partij is van die vermaaklikste wat Burgers gepen het. Hier vergeet hy al sy antipati teen domme ouderlinge en ortodokse dominees en verlustig hom in 'n tekening van die opeluglewe, die poetse wat op jag gebak word, die speelsige geterg onder | |
[pagina 328]
| |
mekaar, wat so na aan die hart van die Afrikaanse jagter lê. Smaaklik word hier vertel van ou geregte, voorwerpe en gebruike, en verouderde woorde en uitdrukkinge word met die grootste natuurlikheid gebesig. Die huismoeders maak wors, koek, beskuit en ‘sesaties’ klaar, die susters help ‘vet lapjes’ knip, Danster en Tamboer die koeëls giet, dae lank voor die hele krygstoerusting op die ossewa gelaai word. Later bak die ‘totties’ askoek en maak hotom vir hulself. Een van die ‘seurs’, Paul, het 'n ‘sterloop’, oom Willem 'n ‘biesloop’, ander ‘baviaanbouten’ waarmee hulle 'n sarsie los as afskeidsgroet aan die dorpenaars waardeur tant Saartjie se soete rus verstoor word en boonop haar broeisel eiers bederf deurdat die kuikentjies in die dop doodgeskrik was. Kostelik is hierdie waarneming en weergawe van al die voorbereidsels. Om die kampvuur bespot Speelmal al die ongelukkige seurs wat brandhandGa naar voetnoot1) by die waens kom. Windvogel, wat op die jag verbrou het, weet dat amper het ‘die ou baas zijn aapstaart op zyn ribbes geschouw.’ Die Hotnotstaal van hierdie twee, die gebroke Hollands wat die Duitse jagter, die ‘mof’, praat, die kragtige uitdrukkings soos ‘vermoerde lunsriem’, ‘mein Gott!’ verhoog die lokale kleur en is heeltemal in ooreenstemming met die karakters wat hulle besig, maar dit het ongetwyfeld bygedra tot die verwyt van ligsinnigheid en onverskilligheid wat die sedige lesers na Burgers se hoof geslinger het. Merkwaardig is die skrywer se beheer oor sy taal. Hier is die letterkunde los van die geloof, geskied die uitbeelding enkel om die vermaaklikheid van 'n voorval of om hom self te weer, word die fotografie gekleur en bygewerk tot 'n skilderytjie uit die vrolike ombekommerde volkslewe, wat ons herinner aan Breughel of Ostade. In hierdie Tooneelen is gesonde gees en ware humor, 'n skerpe blik op die foute van sy dorpsgenote sonder om sy eie deugsaamheid te skerp te laat afsteek, verdiende berispinge sonder nodeloos hard te wees. Daar is liefde vir waarheid en goedheid en skoonheid, 'n ryk verbeelding, 'n diep gevoel van verontwaardiging | |
[pagina 329]
| |
as die Rede, die gawe wat die mens van die dier onderskei, voor fanatieke gevoel en buitensporige fantasie moet swig. Burgers het sy hele persoonlikheid duidelik op hierdie merkwaardige letterkundige produk afgedruk. Een skets dra natuurlik meer die stempel van die skrywer as 'n ander, maar hy is oral die middelpunt waaromheen die omringende persone en toestande hul wentel. Waar hy as dorpsbewoner en Kaaplander die eienaardigende van sy volk belig, strewe hy gedurig na die vereniging van die individuele en die tipiese, probeer hy as indiwidualis, verryk deur 'n Europese studie steeds in kontak te bly met die res van sy landgenote, hoewel die diepgaande verskil tussen kultuurdraer en eenvoudige dorpsbewoner hom telkens te magtig word. In 1870 het Burgers 'n besoek gebring aan die Kimberleyse diamantvelde na aanleiding waarvan 'n mooi skets in Het Volksblad van 1 Oktober gegee word: Een Bezoek naar de Diamantvelden deur B. Maar dit was sy reis na Transvaal van 1871 wat die stof gelewer het vir die reeks artikels wat van November tot Desember in Het Volksblad verskyn het en in 1872 afsonderlik in brosjure-vorm uitgegee is onder die titel Schetsen uit de Transvaal.Ga naar voetnoot1) 'n Moeilike tyd het daar agter sy rug gelê na afloop van die Kaapse kerklike rusies en vir sy swak gesondheid was die rus en die verandering weldadig. Op soek na gesondheid, in eer herstel deur die regbank, maar veroordeel deur die publieke opinie, wat hom nie bepaald optimisties sou gestem het nie, het hy Hanover verlaat en vol lewensmoed en warm idealisme teruggekeer om sy sketse te skrywe, waarin hy die toekomstige grootheid en rykdom van die Suid-Afrikaanse Republiek voorspel het. Die sketse is eweredig verdeel in No. I Het Land, No. II Het Maatschaplijke, No. III Het Kerkelijke. Vleiend en profeties open die beskrywing van die land met: ‘In den Spherischen driehoek gevormd door den Drakensberg ten oosten, de Vaalrivier ten zuiden, en de Limpopo of Bembe ligt het Schoone en het Rijke land, dat door God schijnt bestemd om nog eenmaal - en wie weet binnen hoe kort - de hoofdrol te spelen onder | |
[pagina 330]
| |
de Staten van Zuid-Afrika.’ Dan volg 'n lewendige beskrywing van die vettigheid van hierdie nuwe Kanaän waarin die skrywer blyk gee van sy literêre assosiasie-vermöe en opmerkingsgawe, waarin hy hom altyd by die werklikheid hou sodat sy tekening geen onnadenkende bygelowigheid nog ongelowige wantroue kon opwek, wat sy werk ‘naar de rubriek Gulliver en Münchhausen’ sou kon verwys, soos hy geneig voel om te doen met die Transvaalse jagverhale en verskriklike jagtonele van Gordon Cumings, stories van verspieders en bespieders. Potchefstroom ‘het voorportaal van het land der wonderen’, kom eerste aan die beurt. Hy sien die dorp ‘geleë aan die Mooi Rivier in ‘het dichte lommer van den zwierigen wilg en den ritselenden popel’ maar van haar kroon en 'n gedeelte van haar bevolking beroof deur die verplaatsing van die setel van die goewernement na Pretoria en die konkurrensie van die Diamantvelde. By die omgewing en die plaas van die beroemde veldkornet Engelbrecht in die Gatsrand, die man wat as jong seun na die moord op Retief die laers ‘met voorbeeldeloze vlugheid’ berig gebring het van die voortrukkende Zoeloehordes, word effentjies langer stil gestaan. Nie sonder weemoed neem hy afskeid van die blomme en die hellinge van die Gatsrand om hom enige ure verder te verlustig in die ondergrondse grotte, die reusagtige rotsblokke van Wonderfontein, waar die hellevaart van Dante hom voor die gees sweef en 'n gevoel van eie nietigheid sy hart vinniger laat klop. Ook hier weer die toespelinge en vergelykings van die belese ontwikkelde man, wat in sy prosa alle kenmerke van die neëntiende-eeuse Romantiek sonder die buitensporighede van die stroming, weerkaats. Die grotte vind hulle ontoeganklik, ‘en tot onze bittere teleurstelling moeten wij het plan om voor een wijle Ulysses en Dante na te doen, geheel opgeven, daar onze Virgilius volstrekt weigert ons een enkele schrede verder te geleiden, en bijvoegende: ‘de gaten zijn vol water’. Die vermaarde Wonderboom tussen Witwatersrand en Magaliesberg, waarvan die kroon deur mensehande meedoënloos vir timmerhout afgehou is, die dik stam misvorm deur verrotting en brand sodat slegs die statige boë van die sytakke oorgebly het, lyk vir hom | |
[pagina 331]
| |
‘een volkomen ruïne van een Woda's tempel.’ Die skets sluit af met 'n beskrywing van Rustenburg waar 'n ‘Geldersche stilte’, 'n idilliese rus heers, waar die voëls skyn ‘sotto voce te zingen en zelfs de huppelende beek, die hier voorbij vloeit, ruischt zeer zacht over het grasbed voor haar gespreid opdat zij de rust niet store.’ 'n Skrywer wat die natuurskoon so sien, het 'n gevoelige, sterk individuele temperament en is 'n waardige verteenwoordiger van die Romantiek, die stroming wat 'n herlewing van natuurgevoel gebring het. Die realiteit is hier getemper deur die idealisme en dit is asof hy die natuur deur 'n gekleurde bril staan en bekyk. Die tweede skets gee ons 'n kykie in die karakter en die maatskaplike lewe van die Transvaler. Sy ontvangs was oral besonder hartelik, wat hom tog nie verhinder het om by die opsomming van heelwat voortreflikhede, met fyn kritiese oog, met gevoel, met 'n helder gees ook enige tekortkominge aan te stip nie. Met die metodistiese bedrywigheid wat die Kaffer ‘met een wit kwast’ bestryk en die Transvaalse ‘uitgewekenen’ met koelheid en onverskilligheid bejeën het, het hy nie die minste simpatie nie. Hoe gloei sy styl van verontwaardiging as hy met sombere blik in die toekoms dink hoe hul soos gaste en vreemdelinge moes swerf, ‘aan moord en brand blootgesteld, overal bestookt door benden van Kaffers en Christen-soldaten, vonden zij eindelijk een oord van rust, om daar - hoe lang nog? - rustig te zijn.... God alleen weet het.’ Die toenmalige Transvaler vind hy anti-Engels - ‘liefdelessen hebben deze uitgewekenen al bitter weinig van hunne Christelijke vervolgers ontvangen’, sy gasvryheid is ‘echt oud-Hollandsch’, sy vriendelike hartelikheid ‘echt Duitsch.’ Hy is ongeletterd en onkundig; kuns en wetenskap beoefen hy nie, boekerye en onderwysinstelling besit hy nie, maar ook is hy ongekunsteld, vatbaar vir hoë geestesontwikkeling, openhartig, vryheidsliewend en republikeins, maar geen plebeër nie, diep godsdienstig, maar met 'n soort van filosofiese kalmte, wat die oppervlakkige vreemdeling vir indifferentisme en gevoelloosheid sou kan aansien. Met sy Vrystaatse buur het hy die swakheid gemeen om by sy selfstandigheid hom tog te maklik te laat lei, ‘de zwakheid | |
[pagina 332]
| |
van zeer licht ten prooi van list en bedrog te bevallen’. Deur haar isolasie loop sy gevaar om eiewys en eiesinnig te word soos 'n enigste kind in huis, wat al te veel ‘geïndulgeerd’ word. Raak het die skrywer hier die psige van die noordelike boer gepeil, sy latente moontlikhede aangeroer, sy swakhede onbewimpeld bloot gelê en dit alles in 'n aangename, onderhoudende styl. In die laaste skets het die kerk ter sprake gekom. Die Hervormde Kerk was die Staatskerk van die Republiek, die Moederkerk. Burgers bewonder en vereer haar eerste leraar, ds. Van der Hoff, wat onder ‘goed gerucht en kwaad gerucht’ die emigrante bygestaan het toe niemand hul om die geestelike belange van die Trekkers bekommer het nie, en met hul lief en leed in die nuwe vaderland gedeel het. Enkele van haar predikante soos ds. G.W. Smits van Rustenburg en ds. N.J. van Warmelo was goeie vriende van hom - eersgenoemde 'n vriend uit sy Hollandse studentetyd, laasgenoemde 'n medebroer in die verdrukking by die Sinode van 1862 aan die Kaap, - haar kansels op Potchefstroom, Pretoria en Rustenburg het vir hom oopgestaan. Hy beskou dit 'n groot seën vir die volk, dat die Kaapse Sinode hom so weinig met die Transvaler ingelaat het, want daardeur het die Hervormde Kerk haar vryere beginsels bewaar en is sy van die vreemde Skotse Kalvinisme bevry gebly. In 1862 het die Sinode haar skielik ‘den beklagenswaardigen en treurigen toestand van de kerk in de Transvaal - gelijk men zeide’ gaan aantrek, wat Burgers, met die persoonlike wonde, wat daardie Sinodes geslaan het nog vars in sy geheue, nie bepaald tot vriendelikheid sou gestem het nie. Die Gereformeerde Kerk van ds. Postma en die Ned. Gereformeerde Kerk (tans die Ned. Herv. of Geref. Kerk) van ds. F. Lion Cachet was toe maar nog in die kinderskoene; eers deur 'n later instroming uit die Kaap sou laasgenoemde op groot skaal uitbrei. Burgers was wel in sy amp herstel op die kansel van die Ned. Geref. Kerk, maar het geen een van haar drie leraars in Transvaal ontmoet nie - twee het te ver weg gewoon en die derde het hom nie die geleentheid tot 'n ontmoeting gegee nie, ‘welke de burgerlijke | |
[pagina 333]
| |
welvoeglijkheid vorderde’. Uit alles merk ons, dat hy skepties teenoor hulle en hul kerkgenootskappe staan, dat hy die skeuring in die kerk as 'n misslag betreur op historiese gronde, omdat dit verdeeldheid gebring het, maar dat hy kerklike eenheid en gesag nie meer moontlik vind nie en die humanistiese ideaal daarvoor in die plek stel, dat hy die moderne denkbeelde oor ‘geistliche Bildung’, onafhanklik van die afgeslote kerkgenootskap, toegedaan is en dit in 'n maatskappy propageer wat nog in half-nomadiese, half-primitiewe toestande verkeer! ‘Dat geen mensch zonder godsdienst gelukkig en geen volk zonder godsdienst groot kan zijn, weet men te goed om met het badwater ook het kind uit te werpen of met de kerk ook de godsdienst vaarwel te zeggen’, is woorde van 'n neëntiende-eeuse optimis, wat die konsekwensies van sy leer van ‘geistliche Bildung’, apart van die kerk, nie voorsien het nie, van 'n idealis-rasionalis wat sy hele volk van skaapwagter tot president wou meet by die norm wat hy vir homself as gekultiveerde, verfynde Afrikaner gestel het. Dat dit op botsing en mislukking moes uitloop as daar 'n al te groot kloof gaap tussen die ideaal van leier en dié van die breë volksmassas in 'n land waar demokratiese beginsels gehuldig word, lê voor die hand. Wie so lustig skryf oor ‘potjes godsdienst’, van ouderli nge en dominees wat oor niks anders as die toestand van die siel van die arme gemeentelid kon praat nie, en Sondags die gemeente aan die slaap preek oor hel en verdoemenis, loop groot gevaar om van die meerderheid van die Afrikaanse volk te vervreem. Die gebrek aan die nodige eerbied vir tradisie by hierdie piepjong teoloog, bly 'n lelike trek in 'n skoon fisionomie tot dit duidelik word dat dit die botsing van 'n Angelsaksiese en Hollandse inhoud, die politieke hartstog was, wat onder en agter die kerklike dogma sy verwoestende werk gedoen het. Om 'n behoorlike insig te kry van die proses van verengelsing in die Kaapse Kerk waarmee Burgers en sy mede-Afrikaners wat in Holland opgelei is, bots, is 'n lesing van die verslag van die Kerkvergadering in Het Volksblad van 25 en 27 Oktober, 3 en 8 November 1859, asook die inleidingsartikel in dieselfde blad van 10 November 1859 onmisbaar.Ga naar voetnoot1) Ons Ned. Geref. Kerk, | |
[pagina 334]
| |
die boiwerk van Afrikanerdom, wat die volksiel ongeskonde moes bewaar het, het dank sy die bewondering vir die ingevoerde Skotse predikante, haar aard en karakter aanmerklik gaan wysig in die loop van die neëntiende eeu. Dit is in ons geskiedenis altyd nog die Hollandse Afrikaner gewees, wat dit nodig vind om uit sy pad uit te gaan om Engels in sy eie kerk aan te luister in die hoop om meer van die tweetalige siele te wen. As dit werklik om siele te doen was, sou Hollands in die Engelse kerk, waarvan eentalige gekleurdes ook kan lid wees, meer op sy plek gewees het. Geen wonder dat Burgers die skerp oordeel vel, dat ons godsdiens meer belydenis as lewe is, dat ons meer gelowig as vroom is, dat ons politiek meer regsgeleerde haarklowery is as staathuishoudkunde. Suur bedroë sou hy uitkom in sy bemoeiinge met laasgenoemde haarklowery. Deur die Britse ekspansiebegeerte het die toestand van die Suid-Afrikaanse Republiek daar benard uitgesien toe in 1872 'n nuwe president gekies moes word daar Martinus Wessel Pretorius hom nie langer teen die dreigende moeilikhede opgewasse gevoel het nie. Thomas François Burgers wat die vorige jaar die land deurreis het, is op aanbeveling van president Brand van die Oranje-Vrystaat, wat self vir die eer bedank het, gevra en met 'n groot meerderheid verkies teen William Robinson, die kandidaat van die bevolking uit Rustenburg, waartoe die kommandant-generaal Paul Kruger en ds. J.P. Jooste van Hartebeesfontein behoort het. Dit lê voor die hand dat Burgers uit die staanspoor uit sy teëwerkers en vyande in die kerklike kringe sou vind, wat hom bly beskou het as 'n ketter. Ds. J.P. Jooste en ds. F. Lion Cachet, wat in 1882 De Worstelstrijd der TransvalersGa naar voetnoot1) skrywe om homself weens sy gedrag van 1869 af wat hom by baie in onguns gebring het, te rehabiliteer, word sy grootste beskuldigers. Soos hy in die Kaap in Het Volksbiad 'n orgaan vir sy standpunt gevind het, rig hy in 1873 De Volksstem op onder redaksie van Jan Celliers, vader van die Afrikaanse digter J.F.E. Celliers, om sy politiek uiteen te sit. Benewens | |
[pagina 335]
| |
die Staatscourant was daar ook in die Transvaar die tweetalige Potchefstroomse koerant The Transvaal Advocate and Commercial Advertiser, wat Engels georiënteer was en Burgers wou 'n Boerekoerant, hê wat die standpunt van die Republiek sou verdedig. De Volksstem het onskatbare dienste bewys teen die Pelgrimsrustse imperialistiese blad The Gold Fields Mercury, wat saam met The Transvaal Advocate die regering bekamp en die anneksasie bepleit het.Ga naar voetnoot1) Besiel met grootse ideale vir sy land, onderneem Burgers in 1875 'n reis na Holland gedeeltelik om gesondheidsredes, gedeeltelik om geld te vind vir 'n spoorweg na Delagoabaai, beywer hom daar vir 'n Transvaalse volkslied as gevolg waarvan Catharina van Rees se bekende lied Kent gij dat Volk tot stand komGa naar voetnoot2) en die harte van alle Afrikaners verower. Maar ná sy terugkoms het die moeilikhede vinnig saamgepak en met tragiese snelheid loop sy presidentskap na die end toe. Oorbekend is die geskiedenis van die anneksasie van Transvaal deur Sir Theophilus Shepstone in 1877, Burgers se vertrek na die Kolonie en sy vroegtydige dood in 'n klein buitekamertjie op Richmond op 9 Desember 1881, 'n teleurgestelde, gebroke man wat in die hart van sy volk, verdiend of onverdiend, die wrange smaak agtergelaat het, dat hy hul verraai en aan hul vyande oorgelewe het. Eers 'n later geslag het sy betekenis as politikus, wat hom op die land van herkoms wou werp vir steun, as literator van temperament, wat die Europese stroming van sy tyd by ons verteenwoordig, gaan sien en waardeer. Uit die veelbewoë lewensbladsye van Burgers styg daar op die beeld van 'n man wat 'n groot ideaal gekoester het van 'n verenigde en onafhanklike Suid-Afrika, maar wat nie opgewasse geblyk het nie, soos geen van ons staatkundiges vóór of ná hom nog ooit was, teen die magte van buite, waar hy in goedertrou of noodgedwonge met hul 'n koalisie wou of moes aangaan nie. Soos alle tragiese helde sinds die dae | |
[pagina 336]
| |
van Aristoteles gaan hy te gronde in hierdie botsing en sleep die Suid-Afrikaanse Republiek mee in die val, grotendeels as gevolg van nie - te-vermye verwoestende kragte van buite, maar gedeeltelik ook deur eie skuld. Hierdie eie skuld openbaar hom m.i. in drie uitinge: eerstens in 'n ingebore hiperkritiese houding van die kultuurmens, wat tot met Darwin gekorrespondeer het,Ga naar voetnoot1) teenoor die konserwatiewe ortodokse geloof van sy vrome eenvoudige voorvaders, waardeur hy vervreemd raak van sy eie mense en waarin ons, hoewel minder by hom as by sy medestryders, die liefde wat alle dinge begryp en juis deur die begrip andersdenkendes help om tot beter insig te kom, soms so pynlik mis; tweedens, in 'n laakbare onderskatting van die mag van die vreemde kultuur deur dit in die mees intieme verhouding binne te haal in die soete waan dat in die gemengde huwelik ooit 'n suiwer Dietse Afrikanerdom kon opbloei; derdens in 'n sekere swaarmoedigheid, 'n neiging tot die melankoliese by tye, wat baie digby die lewensmoed, die pligsgevoel, die vrolike lughartigheid lê, wat hom op ander geleenthede onder benarde toestande weer kon laat dans ‘neither like an exdivine nor ex-president.’ Hierdie raaiselagtige teenstrydigheid van een oomblik sterk te wees en hemelhoog te juig, die ander vereensaam en tot die dood toe bedroef te voel, is te verklaar uit sy gesondheidstoestand, wat by tye baie bedenklik was, uit die verguising en vertrapping wat hy van sy vyande ondergaan het en uit die kulturele strominge van sy tyd, wat 'n goeie bodem gevind het in die komplekse, fyngekultiveerde siel van Burgers net soos in dié van sy begaafde tydgenote, die liberale predikantskrywers in Holland, Haverschmidt, De Genestet, Pierson, De Veer.Ga naar voetnoot2) Die uitkoms van die botsing tussen ortodoksie en liberalisme op kulturele gebied is gewees 'n opwekking van die leeslus onder die Afrikaanse volk, 'n onbewuste maar sterk propaganda vir die Hollandse taal, 'n oriëntering na Holland | |
[pagina 337]
| |
en die vasteland van Europa toe die volksbewussyn op sterwe gelê het in Kaapland, en in die Noorde heelwat te wense oorgelaat het, en 'n bloei van die Hollandse joernalistiek en literatuur in Suid-Afrika toe die Engelse wedywer sy wig al diep ingeslaan het in die Hollandse boom. Afgesny van Holland het die Kaapse Kerk maar floutjies die godsdienstige strominge en woelinge wat die Moederkerk ondervind het weerspieël, totdat die gewraakte Liberalisme die kerk uit haar gerustheid wakker geskud het. Ná 'n felle stryd is die beweging onderdruk, maar sy het tog verreikende gevolge gehad. Daaronder kan ook nog genoem word die blywende bestaan van afsonderlike kerkgenootskappe met dieselfde leer en belydenisgeskrifte, die versterking van die evangeliese rigting en die sendingywer onder die suksesvolle bestryers van die gevreesde rigting deur manne soos ds. Andrew Murray, prof. HofmeyrGa naar voetnoot1) en ds. van der Lingen, van F. Lion Cachet en die eienaardige, met alle winden meewaaiende, Piet Huet. Jonger predikant-skrywers soos H.F. Schoon, die ‘vader’ van die Natalse kerk, digter van twee ortodoks-godsdienstige bundels, Stichtelijke Gedichtjes (1873) en Uitstorting des Harten (1882?), die uitgewer van die dagboek van Erasmus Smit, en sy jonger vriend J.D. Kestell, die mistikus van die Vrystaat, skrywer van 'n Engelse dramatjie, The Struggle for Freedom, or the Rebellion of Slachtersnek (1881), van romanties-realistiese sketse Uit het Afrikaansche boerenleven en Johanna Cloete en andere verhalen (1899), van 'n historiese roman Die Voortrekkers of Het Dagboek van Izak van der Merwe (1898), het as gevolg van die kerkstryd verdieping in hul godsdienslewe gevind. Hul het tot 'n meer rasionele ortodoksie gekom waardeur hul leiding kon gee in die Dietse rigting, waardeur hul verband bly hou het met hul volk in nog dieper bewoë tye, nog troebeler waters as dié waar Chanquion en sy assistente, Burgers en sy strydmakkers moes deurgaan en in versink het.Ga naar voetnoot2) |
|