Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 1 (1652-1875)
(1934)–Elizabeth Conradie– Auteursrecht onbekend'n Kultuur-historische studie
[pagina 222]
| |
Hoofstuk IX.
| |
[pagina 223]
| |
drukpersie ingevoer en die oudste almanakke gedruk, 1795-'97, die werk van Johan Christiaan Ritter, 'n Duitser afkomstig uit Beyreuth, wat reeds in 1784 as boekbinder in diens van die Oos-Indiese Kompanjie getree het. Op sy persie is waarskynlik eers strooibiljette en advertensies gedruk, voor hy oorgegaan het tot die samestelling van sy almanakke. John Barrow wat as privaat sekretaris van die eerste Engelse goewerneur Lord Macartney in Mei 1797 in die Kaap aankom,Ga naar voetnoot1) gee die almanakmaker 'n steek op die gewone manier van die man by wie nou eenmaal 'n simpatieke kyk op Afrikaanse sake ontbreek het: ‘No printing press has yet found its way to the Cape of Good Hope, except a small one for cards or hand-bills. They contrive indeed to publish a sort of Almanac, but that of the current year has somewhat suffered in its reputation by having stated an eclipse of the moon to fall on the day preceding the full, and to be invisible, when unluckily for the Almanac-maker, it happened at its proper time, visible and nearly total.’Ga naar voetnoot2) Veel vriendeliker en sagter glimlag Lady Anne Barnard in haar brief van 1 Junie 1800 aan Henry Dundas oor die verskyning van ‘an almanac in the Dutch time’; die drukker het 'n fortuin van twee shillings gemaak daar ‘each of the four districts took one at sixpence, all the inhabitants read or copied out of that one’.Ga naar voetnoot3) Van die Almanack voort jaar 1796 is daar 'n fragment bewaar gebly, asook 'n tweetalige militêre proklamasie van 26 Februarie 1799 onderteken deur Generaal Dundas, wat op Ritter se handpersie gedruk is.Ga naar voetnoot4) Teen die end van 1799 word 'n drukpers ingevoerGa naar voetnoot5) en op 21 Julie 1800 aan Walker en Robertson van goewernements weë verlof gegee om te druk. Op 18 Augustus 1800 | |
[pagina 224]
| |
verskyn die eerste staatsblad, The Cape Town Gazette and African Advertiser. Kaapsche Stads Courant en Afrikaansche Berigter, waarin nie alleen proklamasies en afkondiginge sou geskied nie, maar ook allerlei nuwsberiggies en advertensies geplaas word. Van die nuusberiggies sou nie veel tereg kom nie. Walker en Robertson was welvarende Engelse handelaars, wat die drukkuns as 'n byverdienste, 'n handelsonderneming beskou het, wat begryplikerwyse nie na die sin van die goewernement was nie. Twee maande later, 10 Oktober 1800, maak die regering hul voorneme by proklamasie bekend om die drukpers te koop. Heel waarskynlik is dit nie dadelik na die koop van Pleinstraat na die Kasteel vervoer nie, daar die Troostelijk gesprek tusschen de Here Jesus en de moedeloze ziel van 1801, nog in no. 35, Pleinstraat gedruk is, hoewel ‘ter Drukkerij van het Gouvernement’.Ga naar voetnoot1) Van toe af word die ‘gazette’ en alle drukwerk, vir meer as twintig jaar lang, op die goewernementsdrukkery gedruk, waar intekening kon geskied en bekendmaking aangeneem is. Hier het Meent Borcherds van sy literêre proewe gebring, hier is De Afrikaansche Staats Almanak voor het jaar, MDCCCII, 'n tweetalige kalender, onder approbasie van die goewernement saamgestel deur H.H. Smith, uitgegee, en van hieruit is die wette van die Maatschappij tot Nut van het Algemeen in 1803 versprei.Ga naar voetnoot2) Onder die Bataafse bewind het The Cape Town Gazette alleen Kaapsche Courant geheet, 'n naam waaronder dit populêr geword het in die buitedistrikte. Dit is in die jare alleen in Hollands uitgegee en bevat hoofsaaklik markberigte, slaweverkopings, geboortes en sterfgevalle waarin die boere en ook die stedelinge die meeste belang gestel het. Tydens die eerste Engelse besetting, het die nuusberiggies so goed as uitsluitend oor die Napoleontiese oorloë gegaan en word 'n prominente plek aan die suksesse van Engeland gegee. Tydens die Bataafse | |
[pagina 225]
| |
Republiek vind die omgekeerde plaas. Dan gaan die nuusberiggies oor wat in Nederland plaasvind, van uit Bataafse standpunt gesien. Daar kom ook 'n digterlike ontboeseming in voor, 8 Desember 1804, oor 'n ramp wat die ‘moederland’ zo fel geteisterd’ het, dat die hulp ingeroep word van die ‘Edele Zuid-Africaanen’. Die direkteur van die Goevernements-drukkery, R. de Klerk Dibbetz, bedank 'n weduwe vir geld wat ingekom het op ‘een Inschrijving ter ondersteuning der door Oorlog ongelukkig gewordene Bewooners der Zeekusten van de Republiek’. By 'n milde gif van tien riksdalers het hy ook ontvang ‘het volgend ter zaake zeer toepassend daarby gevoegd Vers, alleen ondertekend met de letter D’. Komt, Edele Zuid-Africaanen!
Komt, toont uw' edelmoedigheid,
Helpt ook het lot van hun verlichten,
Wier bitt're nood om bijstand schreit....
Het Moederland zo fel geteisterd,
Door bange Krijg, bij keer op keer,
Vindt onder Africa's banieren,
Gewis haar eigen kind'ren weêr!
En zoudt gij in den roem niet deelen,
Van uwe Broeders bij te staan,
Die, zo nabij 't Toneel des Oorlogs,
Gebukt voor deszelfs rampen gaan?
Moet niet uw hart van weêdom kloppen,
Wen gij hun nood - hun traanen ziet,
En zoudt gij hun uw bijstand weigeren? -
Bij God! - die schande duldt gij niet!
Komt dan, grootmoedige Africaanen!
Komt toont uw edelmoedigheid -
Helpt met ons 't lot van hun verlichten,
Wier bitt're nood om bystand schreit.Ga naar voetnoot1) -
Al vroeg dus word die kuns, of die kunsvaardigheid, in diens van die weldadigheid gestel en die drukpers dien as propagandamiddel en as uitgewery vir oorspronklike verskuns. Maar | |
[pagina 226]
| |
na die tweede oorgang van die Kaap, het Lord Charles Somerset, gedrewe deur sy verengelsingspolitiek, dit spoedig onmoontlik gemaak dat die Kaapsche Courant ooit as orgaan vir die ‘opkomende letterbloei’ sou kon ontwikkel. Vanaf 7 Julie 1826 heet die blad alleen The Cape of Good Hope Government Gazette, die inhoud bestaan feitlik net uit proklamasies, van die soort, wat bedoel is om die Hollandse kultuur te versmoor, en die taal is byna uitsluitend Engels. Dit het ten gevolge gehad, dat daar koerante in die ware sin van die woord opgekom het soos die South African Commercial Advertiser in 1824 van Greig, Pringle en Fairbairn, wat kort daarop lelik met die goewerneur gebots het. In hulle voetspore, volg 'n Hollandse weekblad, De Verzamelaar (The Gleaner) van J. Suasso de Lima, in Januarie 1826, waarin ‘loutere waarheidsliefde, onderwys en nut’ sou nagestrewe word, die letterbloei bevorder en Godgeleerde en staatkundige sake volgens die wens van die goewerneur, buiten beskouwing gelaat word. | |
2. J. Suasso de Lima, 'n Kaapse digter, vertaler en skoolmeester.In die eerste helfte van die neëntiende eeu het daar twee eienaardige, veelsydige, steeds met-mekaar-en-iedereen-rusiemakende talente in Kaapstad geleef, J. Suasso de Lima en Charles Etienne Boniface. Die een was van Portugeesjoodse, die ander van Franse afkoms maar elkeen het op sy eie, vreemde, dikwels onverkwikkelike manier bygedra tot die Hollandse joernalistiek, drama en digkuns in Suid-Afrika toe die Kaapse pers nog sy ‘wiegedrukke’ aan uitgee was. Suasso de Lima,Ga naar voetnoot1) die kreupele Israeliet het gesorg, dat hy in die guns van die goewerneur gebly het, het gedurig sy hand teen iedereen gekeer, maar hy was tog 'n groot versterking vir die Hollandse element, toe die groot ongelyke stryd tussen die twee vernaamste rasse in alle erns begin het. Hy is gebore uit 'n Amsterdamse Portugees-Joodse familie in 1797, het daar tot die Kristendom oorgegaan en lid van die Hervormde kerk geword. Na voltooiing van sy studie in die | |
[pagina 227]
| |
regsgeleerdheid, het hy 'n tydlang sy beroep in Amsterdam uitgeoefen en is kort na sy huwelik na Batawië, waar hy ‘in dienst van den geliefden en dierbaren Koning der Nederlanden’ iets meer dan 'n jaar werksaam was, toe hy geskors word op grond van geknoei met dokumente en papiere, waarvoor hy verantwoordelik gestel was. In 1818 kom hy en sy vrou in die Kaap aan waar hy deur die goewerneur toegelaat word as ‘beëedigd translateur’. Die vertaler het 'n uitgebreide talekennis besit en bied sy dienste aan, in die Kaapsche Courant, 8 Augustus 1818, tot vertaling uit die ‘Hebreeuwsche, Grieksche, Latijnse, Arabische, Maleische, Chineesche, Malabaarsche en andere oostersche talen, zoo ook in het Fransch, Spaansch, Hoog- en Nederduitsch’. Met sy pen sou hy dus in sy onderhoud voorsien, 'n toekoms wat hom aanloklik gelyk het daar hy van letterkundige werk in Amsterdam reeds enige ondervinding gehad het. Daar was hy lid van ‘verscheide letterkundige kringen zoo te Amsterdam als elders’, en daar het reeds drie naamlose werkies van hom tot stand gekom. Verder het hy in 1814 en 1815 ‘geschiedenissen’ en ook ‘werken van smaak’ vertaal, wat alles 'n goeie ontvangs te beurt geval het. Nou sou hy aan die Kaap hierdie letterkundige werk voortsit. Hy kondig in die Kaapsche Courant aan, dat daar van hom De Groote Dichters, Ongelukkig Leesboek na die Frans sal verskyn en dit sal 'n voorrede bevat oor ‘'t Voortreffelijke der Dichtkunst’.Ga naar voetnoot1) In hierdie voorrede kon hy van ondervinding praat, want hy was toe juis besig om hom opnuut aan die digkuns te wy, daar sy Kaapse werksaamhede hom meer tyd gelaat het vir oefeninge ‘in de fraaije letteren, en wel voornamelijk in de Poëzij’, dan destyds in Indië.Ga naar voetnoot2) Sy eersteling 'n bundel Gedichten ‘in uren van uitspanning te zamen gebragt’ opgedra aan Mr. J.A. Truter, die toenmalige hoofregter, verskyn in 1821 in Amsterdam.Ga naar voetnoot3) Deemoedig en beskeie, nie altyd so bedoel nie, vra hy verskoning ‘voor de klanken mijner lier’. Hy is 'n groot bewonderaar van Bilderdijk, kies 'n aanhaling uit Helmers tot spreuk ‘het pogen zelfs is grootsch | |
[pagina 228]
| |
in 't worstelperk der eer’. Maar De Lima is 'n leerling uit die skool van die 18de eeuse diggenootskap Nihil volentibus Arduum, ‘'t pogen naar de kunst’ is vir hom ‘nimmer te verwerpen’ en sy werk moet dan ook na die norme van 18de eeuse kunsbegrippe gemeet word. Die bundel open met 'n soort van Rijksmuseum, kultuurgeschiedenis op rym, Heldenroem van Nederland waarvoor De Hollandsche Natie van Helmers miskien tot voorbeeld gedien het. Met ‘flauwe stem’ en ‘zwakke schalmen’ wy hy sy ‘jonge palmen’ aan die helde uit die worsteltydperk van Nederland o.a. aan Prins Willem, wat die redding bewerkstellig het uit die ‘woeste klaauw en dwangjuk’ van Alva, aan ‘groote Kenaus naam’ die Haarlemse ‘Pallas-dochter’, en aan Magdalena Moens en Van der Werf wat ‘in rampen troost’ gegee het aan die Leidse burgery. Die ontset van Leiden bring die digter op die gedagte van die stigting van die Universiteit en dan gaan hy die skrywers van ‘werken van vernuft, en wetenschap en smaak’ besing. Boerhaven ‘die herstellingskunst, de wet heeft voorgeschreven’ en Huig de Groot ‘van 't slot van Loevenstein’ word voorop gestel. Daarop volg die roem van die 17de eeuse ‘waterleeuwen’, Tromp, De Ruyter, Piet Hein en 'n hele skaar van mindere gode, tot hy by die ry van Nederlandse digters kom. Hier voel die digter Suasso de Lima, skrywer oor ‘'t voortreflijke der dichtkunst’, hom volkome tuis, hier loop sy gedagtes vlug en vlot. Tipies agtiende eeus is sy literatuurgeskiedbeskouing; Vondel is die ‘dichtren Vorst’, maar onmiddellik naas hom kom Hoogvliet, die eenmaal gevierde digter van Abraham de Aartsvader te staan, en Poot, ‘hij die eenmaal zaaide en maaide 's aardrijks schoot,
Werd naderhand Poëet, o goddelijke Poot!’
Cats, Langendyk en Hooft word in een asem genoem as skrywers wat sy ‘leerlustbrein verlicht’, oor Huygens swyg hy heeltemal. Dan volg die hele skaar van letterkundiges van wie die styl so gelief en bewonder in hul eie tyd was, so dikwels aangehaal of nagevolg is in Suid-Afrika, ‘de taal van Kinker, Loots, van Tollens en van Cras, van Bosscha, die een | |
[pagina 229]
| |
licht van Letterkunde was’, ‘de groote Feith’, Nomsz en Helmers. Veral laasgenoemde twee laat sy digtersgeesdrif ontvonk; hul was die lieflingsauteurs van sy jeug, hul taal was vir hom 'n voorbeeld en die inhoud veral van De Hollandsche Natie van Helmers vir hom 'n inspirasie: ‘Wat pracht bezielt uw taal wat zoete melody!
Zoetvloeyendheid en smaak deedt gij te zamen paren;
Verzeld van geestdrift, vuur, en weêrklank in uw snaren,
Vol van verbeeldingskracht, bezongt gij de oude vlijt,
Van uwen Landgenoot zoo ook zijn nijverheid.’
Die agtiende eeu sluit hy af met Van der Goes, Bellamy, Willink, Rotgans, Moens en Van Winter. Hy voel hom te klein en nietig om die hoë gees van ‘de groote Bilderdijk’ en sy leerling Da Costa ‘die sinds kort betrad der dicht'ren baan’, na verdienste te roem en bepaal hom dan maar ten slotte by die taalgeleerdes veral by Siegenbeek en Weiland: ‘Uw grootsch vernuft blonk uit, door Neêrlands taal te ontleden,
Een nieuwe spelling vond haar' grond op kunst en reden,
En is 't dat de oude stijl het jeugdig oor niet vleit,
Zoo veel te meer gevoelt het uw zoetvloeyendheid.’
De Lima het sy stadgenote 'n beknopte vaderlandse geskiedenis op rym gegee met hierdie Heldenroem, 'n vers wat hul van pas kon gekom het by die keuse van hul leesstof, maar wat hul ook in hul trots op en gehegtheid aan die stamland gesterk het, want in die twintiger jare van die vorige eeu het hy hom by 'n bevolking gevoeg wat anti-Engels was, wat hom Hollands gevoel het, ‘wier hart vreemd aan desselfs tegenwoordige meester is’.Ga naar voetnoot1) Hierdie gehegtheid het hy nog verder versterk met die reeks Verzen, uit het hart gevloeid, bij het beschouwen der afbeeldsels van de dierbare Koninklijke Familie der Nederlanden. In kort, sesreëlige rympies word die hele Koninklike Familie | |
[pagina 230]
| |
besing tot op ‘Wijlen Z.M. Moeder’ en ‘Wijlen Z.M. Zuster’. Vir 'n moderne demokratiese oor klink die rympies te onderdanig en kruiperig, maar hul is tipies van hul tyd en het daarby 'n besondere betekenis vir die vir Nederland verloregegane volksplanting gehad. Tog is de belangrikste gedigte die waarin die stof aan die Afrikaanse lewe ontleen is. De Kaapstad word in vier sange besing, 'n gedig wat aan die Eerekroon van 'n ouer digter, Jan de Marre, herinner. De Lima het dit self ‘een platte beschrijving doch geene historisch noch aardrijkskundig geschiedenis’Ga naar voetnoot1) genoem, wat hy die Kapenaars aangebied het uit agting en erkentenis. Hul gasvryheid en vriendskap vorm die grondslae van hierdie vier sange. Die eerste vang aan met 'n landskapsskildering: ‘Alles ademt frisch. De mirre is in den bloei,
De trotsche Populier staat in zijn' vollen groei.
Het prachtig berggevaart' omzoomt deze vallei,
En veilig is de reê in 't nad'rend jaargetij.’
Bo in 'n onbewolkte hemel draai tallose voëls rond, allerlei verskeurende diere bevolk die aarde en ‘Groot is het schapenras naar zijn gewonen aard,
En de bijzonderheid, bestaat slechts in den staart.’
Dit is voorwaar geen grootse digterlike siening nie! Die Natuur word aangeroep as 'n beeld van die alvoorsienigheid so heeltemal in die trant van die 18de eeuer, maar daar skemer tog werklike bewondering in deur vir die mooie ligging van ‘deez' Kaapsche uithoeksstad’ waar Van Riebeeck sy setel gehad het. In die Kasteel wat ‘veel onderging sinds toen’, waar vroeër die Indiese Raad beraadslaag het, tot ‘heil van volk en staat’, hou nou die hoofkwartier van die Britse leër wag. In die tweede sang word die algemene feesviering by die hoeksteenlegging van 'n groot handelshuis besing.Ga naar voetnoot2) Die goewerneur het die plegtigheid waargeneem en dit het daar | |
[pagina 231]
| |
alles Engels toegegaan. ‘God save the King’, ‘Roast Beef of England’ en ‘Brittania's Rule’ is daar ‘met sierlijkheid gespeeld,
welks toonen door hun fraai, 't gehoor van ieder streelt.’
Met die oog op die voorafgaande loftuitinge op die Nederlandse Koninklike familie, val dit die leser moeilik om geen ironie in hierdie sang te lees nie, maar De Lima wou in die guns van die goewerneur bly, wat by sy joernalistieke arbeid 'n noodsaaklike vereiste geblyk het. Hy vergoed sy kniebuiginge aan die grote here deur in die derde sang eg en suiwer 'n toneeltjie uit die Kaapse boerelewe aan te voel. Hy laat ons die Kaapse Groenteplein sien, waar dit leef en woel van die vroeë môre af as die boer markt toe aangery kom, ‘Met zijnen wagen, kar, gepropt zoo veel hij kan:
Een hottentot of slaaf loopt vóór deszelfs gespan,
Bestaande in ossen-paar van zeven, zes of vijf,
Zoo brengt de Landman aan, tot stedelings gerijf
Zijn boter, vruchten, garst, en vederen en vet,
En pluimvee, koren, wijn, en waar men smaak na zet.’
Het plein voorts, waar 't al woelt, vol leven en gedruisch
Pronkt met een groot gebouw, genaamd: komediehuis.’
Met hierdie skouburg het hy dikwels kennis gemaak, eers as vriend later as vyand, en ook maar al te dikwels met ‘'t Kantoor van smart,
Ik meen van het bestier van boedels die verward
Of zoo wat aan den hol- of bolder zijn geraakt.’
Die stadsbeskrywing word afgesluit in 'n vierde sang. Ons hoor van die pragtige Laan, 'n erfenis uit die tyd van Jan Companjie, van die ‘groote diergaarde’ aan die end daarvan, van die Mohamedaansche kerkhof bo op die heuwel, van die siekehuis, die apteek, die galg - niks word oorgeslaan nie. 'n Duideliker beeld van Kaapstad, aan die begin van die neëntiende eeu, is haas nie te vind nie en die toon van die sanger is een en al waardering en bewondering vir wat reeds | |
[pagina 232]
| |
tot stand gebring is aan die voet van Tafelberg ‘om zijne kruin vermaard.’ Hierop volg 'n vertaling van 'n Frans-klassistiese stuk, op die reis na Batawië in 1817 deur hom vervaardig, De Buikverzorging of de landbewoner aan tafel waarin 'n beskrywing gegee word van ‘de ed'le keuken’ by die Grieke en die Romeine. Dan weer 'n rubriek Vaderlandsche Zangen bestaande uit 'n tiental geleentheidsverse op die verjaardae of dood van diverse Nederlandse Koninklike Hooghede. Byna aandoenlik klink sy verjaarsdaggroet uit Kaapstad aan die Nederlandse Koning: ‘Ook in het land waar leeuwen teelen,
Waar tijgers woên, waar 't schuimend nat
Den dolfijn met zijn vocht gespat,
Ook daar moet men de vreugde deelen
O Vorst! bij uw' verjaringsdag;
Hoezeer niet onder uwe vlag.’
De Lima het by alle geboorte, huwelike of dood van die Oranjes hom genoop gevoel om die lier te tokkel, en hy word later die Kaapse geleentheidsdigter by uitnemendheid. Ons mag hierdie verse glimlaggend, selfs skouerophalend oorslaan, maar hul het hul betekenis gehad, hul het eenmaal die hart van die Kapenaar ontroer. Op die lang gedig De Overstrooming oor die ramp, wat in 1820 die ‘lage landen bider zee’ getref het, volg sowat 'n dertigtal Mengeldichten en Gelegenheidsverzen, waarvan enkele vertalinge of bewerkinge na die Frans of Hoogduits, maar die meeste oorspronklike beryminge op gedenkdae van vriende en familielede is. Die Welkomsgroet aan de Afrikanen gewijd, welke gezegevierd hebben op de benden der oproerige Kafferen verdien vermelding. Vir Linde ‘die met glans bestierde de Afrikaansche burgerij’, vir ‘Botha, Mulder en Van Reenen - alle dappere officieren’ word louerkranse gevleg en die heldemoed besing, wat Lynx in ballingskap verjaag het. Van hierdie geveg teen Lynx, waarin Van Reenen 'n nie onbelangrike rol gespeel het nie, het hy later uitvoeriger | |
[pagina 233]
| |
prosabeskrywing in sy geskiedenisboekie gegee.Ga naar voetnoot1) Hier is dit hom slegs om 'n kort welkomswoord te doen. In die geleentheidsverse is voorbeelde van afgesaagde, agtiende eeuse digterlike taal, van ‘laurieren vlechten’, ‘vreugde galmen’ en ‘tranen plengen’ in oorvloed te vind, tog werp die huislike, konvensionele verse dikwels 'n besondere lig op die teer kant van die gemoed van 'n ongemakkelike, vreemde man. Die elegië op die dood van 'n dogtertjie asook Ter eerste verjaring van mijn geliefd en eenigst Dochtertje is heeltemal in die trant en volgens die maat van die kleingediggies o.a. Kinderlijc van Vondel: ‘Klein lief Antje,
Dierbaar pandje,
Deugden zijn meer waard dan goud.’
In 'n vers Op het graf mijner Dochter hoor ons die verlange na verlore geluk, maar eenvoudig treffend, met stille berusting het die jong paar afskeid geneem van die ‘verblijfplaats van de dooden’ by hul vertrek uit Batawie. Jare later sou hy weer 'n lykdiggie skrywe, Scheiding, by die verlies van 'n kind maar daaruit spreek die gebrokenheid van 'n ou man, wat 'n lewe vol kommer en verdriet agter hom het: ‘Mijn George, moet ik van u scheiden?
O neen, ik zal weldra bij u zijn;
Ik ken niet meer het woord verblijden’
In 's levens rampwoestijn.’Ga naar voetnoot2)
Sy rampe en teenspoed het verdubbel toe hy sy medewerking gegee het aan die toneelbedrywigheid van 'n ‘Native of Ftance’ met wie hy, die uitgesproke verteenwoordiger van die Hollandse groep, noodwendig moes bots. Selfs as De Lima 'n Franse modewerk, die sentimentele roman RaymondGa naar voetnoot3) uit 'n Hoogduitse periodiek in 1822 vertaal, en sy eie ontknoping byvoeg, | |
[pagina 234]
| |
dan moet hy sy vurige verlange na sy geboorteland in die voorberig te kenne gee en terselfdertyd sy nuwe vaderland teen die uitlanders verdedig, wat na 'n vlugtige besoek die ‘gastvrije en geliefde’ Kaapnaars as ‘onheusch en onbeschaafd’ in hul reisbeskrywings gaan beklad. In die voetspore van Meent Borcherds kom hy dus op teen die onhebbelikheid om sy stadgenote as harlekyne voor te stel. Van sy vertaal- en skryfwerk kon De Lima nie lewe nie. In 1823 neem hy die taak op hom van skoolmeester aan die Evangeliese Lutherse Skool aan die Kaap. Die skoolmeester gaan nou 'n Geschiedenis van de Kaap de Goede HoopGa naar voetnoot1) skrywe, in die vorm van vraag en antwoord. Ook in hierdie pionierswerkie gee hy 'n buitengewoon gunstige karakterskets van die Afrikaner, wat hy gasvry, vlug van verstand, 'n liefhebber van musiek, van perde en die jag vind, maar by wie goeie leiding ontbreek. Een gevolg van daardie tekort aan leiers is dat die taal so agteruit gegaan het, ‘als wordende hier over het algemeen de Nederduitsche taal zeer slecht gesproken, dat meestdeels toe te schrijven is aan de slaven, aan welke de Kaapsche jeugd zoo zeer is toevertrouwd’.Ga naar voetnoot2) Later toe Dr. A.N.E. Changuion met wetenskaplike bewyse gekom het van hierdie ‘verbastering’ van die taal, het hy soos 'n dolleman uitgevaar oor wat hy beskou het as ‘'n schandelijke aanranding’ van die Kaapnaars.Ga naar voetnoot3) Hy is trots op die vermaarde persone wat hier gewerk het, soos dr. Persoon die skrywer van Latynse mediesewerke, ds. Fleck skrywer van ‘fraaye leerredenen’,Ga naar voetnoot4) W.S. van Ryneveld van die boekie oor die verbetering van die skaperas en ds. A. Faure die redakteur van die pasopgerigte tydskrif, wat sy geskiedenisboekie so onbillik skerp gaan resenseer hetGa naar voetnoot5) by die verskyning in 1825. | |
[pagina 235]
| |
Van dieselfde jaar as sy aanstelling as skoolmeester, 1823, dateer sy kortstondige vriendskap en samewerking met Charles Etienne Boniface, 'n nog temperamentvoller, nog onewewigtiger talent, wat by hom aan huis gewoon het, van wie hy 'n franse blyspel in een bedryf, L'Enragé, vertaal onder die titel De Dolzinnige, of De Gewaande Dolleman. Die het hy in 1824 nog aan die pasopgerigte skool van sy vriend D. van Reenen by Rondebosch gehelp,Ga naar voetnoot1) maar sou hom tot die uiterste prikkel en terg in dieselfde jaar. | |
3. Charles Etienne Boniface, ‘the Cape dramatist’, en De Lima raak slaags.Hierdie seun van 'n Paryse gevangenisbewaarder wat Sir Sydney Smith in 1793 uit die Tempel-gevangenis help ontsnap het, moes as gevolg van die daad van sy vader sy kinderjare in ballingskap deurbring.Ga naar voetnoot2) Op die Seychelle-eiland het hy sy eerste opvoeding van sy ouers ontvang en op vroeë leeftyd was hy reeds vyf Romaanse tale magtig en goed onderleg in die klassieke kuns en geskiedenis. Verder kon hy 'n pragtige hand skrywe, met die pen skets, die verfkwas hanteer en die Spaanse ghitaar speel. Dit was dus 'n kunstenaarstipe wat hom op ongeveer twintigjarige leeftyd in 1807 aan die Kaap kom vestig het. Sy groot talekennis het die twee landstale Hollands en Engels egter uitgesluit maar Boniface het albei gou aangeleer. Voorlopig hou hy hom besig met die Franse toneel wat na 'n kwynende bestaan onder sy leiding skitterend opbloei tot 1811, wanneer die Franse toneelgeselskap ontbind word. Hy skryf daar 'n blyspel in een bedryf voor L'Enragé in 1807, en voer stukke van Racine, Oudinot en Franse vertalinge van Kotzebue op. As die Franse toneel na vier jare weer in verval raak, soek hy in sy onderhoud te voorsien deur les | |
[pagina 236]
| |
te gee in Duits, Frans, Spaans, Portugees, Italiaans, Grieks, Latyn, die skermkuns en op die ghitaar. Hy word lid van die Hollandse toneelgeselskap wat in 1813 'n ballet-pantomiem van hom, Het beleg en het nemen van Troyen, op die verhoog bring en van 1815 af is hy 'n ywerige lid van die Hollandse geselskap wat onder die leuse ‘Honi soit qui mal y Pense’ die Kaapse skouburgpubliek vermaak.Ga naar voetnoot1) Dit is veral die Franse ballet wat sy musiekliewende natuur gestreel het en as toneelleier was hy nooit gelukkiger as wanneer hy 'n groot verskeidenheid van musiek, danse, toneeldekor en kostumering kon gee nie. In sy Groot-Ballet, Sapho in drie bedrywe, in 1825 deur Schonegevel vertaal, het hy al hierdie vereistes van die opera met grootse opset verenig. Maar die Hollandse toneel het begin kwyn. Alles waar Boniface sy hand aan geslaan het, het verdor en hy moes 'n ander uitkomste soek. De Lima, by wie hy miskien 'n tydjie assistent was, help hom aan 'n skooltjie op Rondebosch, 'n welkome byverdienste nie ver uit die stad nie sodat hy gemaklik heen en weer kon reis om sy toneelliefhebbery voort te sit. Maar dan begaan die ‘meester’, De Lima, die vergeeflike fout om hom sydelings te berispe oor die toneelvoorstellings nooit op tyd begin nie en gedurig uitgestel word, in 'n lang gedig Ieder wordt teleurgesteld, wat De Lima in die South African Chronicle geplaas het.Ga naar voetnoot2) In die eerste veertien koeplette mymer De Lima oor allerlei teleurstellings in die lewe en die vrugteloosheid om daaroor te kere te gaan, maar die laaste koeplet is die skoen wat Boniface gepas het en wat hy met soveel woede aangetrek het. Die eerste en laaste koeplette van die vers lui: ‘In alle tijden van het leven,
Van blijdschap, kommer, vreugd, geweld,
Met rijkdom en met pracht omgeven,
Wordt men nogtans te leur gesteld.
| |
[pagina 237]
| |
Ja, zelfs het schouwtooneel der zeden,
Waar in de tijd ras heenen snelt,
Wil men tot zijn vermaak betreden
Doch vindt zich ook te leur gesteld.
Boniface het nog in dieselfde aflewering sy onvergenoegheid te kenne gegee omdat die ‘Rijmer’ alweer besig was om ‘op zijne veel te laag gestelde Lier te kratsen’ en in die volgende aflewering van die blad, 3 November, het hy hom te lyf gegaan in 'n Franse spotvers Rira Bien, Qui Rira le Dernier. 'n Week later berig die redakteur van die Chronicle aan sy korrespondente: ‘De storm die zich lang heeft zaamgepakt, is eindelijk los gebroken, en reeds merkelijk hebben er vijandelijkheden tusschen de Heeren Boniface en S.d.L. als vertegenwoordigers der Franschen en Hollanders plaats gehad. Wij versoeken echter als bemiddelaars te mogen optreden, en geven bij dezen kennis, dat wij ons Blad niet langer als een middel willen laten gebruiken, om die vijandelijkheden te doen voortduren. Wanneer hunne bekendmakingen van een vredelievenden aard zijn, zullen wij daaraan gaarne een plaatsje inruimen, maar anders niet. De tempel van Janus is derhalven gesloten.’Ga naar voetnoot1) Die onbeheerste, wraaksugtige Boniface was heel waarskynlik geen toonbeeld van 'n skoolmeester nie, dit kan ook wees dat Van Reenen werklik agterstallig geraak het met die skoolgeld, hoe dit ook al sy, ‘affront’ stuur 'n Rekwest van een oud Paard aan zijnen niet jongen Heer by monde van die Chronicle, 18 Mei 1825, waarin hy om ontferming oor sy toestand smeek en ‘'n beetje haver voor van avond!’ Hy is uitbestee by 'n vriend van sy ‘meester’, (Van Reenen die groot perdeteler die vriend van De Lima) wat ‘geen paarden verstand of verstand van paarden heeft’ en die gee hom geen voer nie omdat hy rusie met sy meester het.Ga naar voetnoot2) Die dood van 'n onskuldige perd kan tog niks verander nie ‘aan het ontwerp van twee harde menschenkoppen’. | |
[pagina 238]
| |
Dit het De Lima tot een van sy heftigste uitvalle geprikkel. De Lijfheer van het Paard affrontGa naar voetnoot1) antwoord in vier scheldverse onderteken ‘Inimicus Ingratitudinis’ waarin hy Bilderdijk na die kroon steek wat retoriek betref: ‘Gij zijt een vuige hoop van alle lasteringen,
Die zwadder en vergift door long en adern spreidt;
Onteerster van den mensch, een ramp voor stervelingen,
Gij pest der maatschappij, gij heet ondankbaarheid.’
Boniface het ‘laconique’ geantwoord: ‘Affront (een Paard) aan Inimicus (een ezel).
nemo me Impune lacesset. Heb meer geduld.’Ga naar voetnoot2)
En hy het daarnaas 'n lys werke geplaas wat hy sogenaamd van plan was om binnekort uit te gee maar dit is niks anders as skimpskeute op sy vyand in 'n vorm wat in die 18de eeu, die eeu van die satire, vir die toppunt van geestigheid deurgegaan het. 'n Paar daarvan sal volstaan, een wat sinspeel op die ‘rymmanie’ van die kreupele digter, die ander op die perdegeskiedenis: ‘Rymomania, of het lezen der schoone gedichten van Kreupele van den Hoek, aan het publiek aanbevolen’, in prosa en Eloge de la Fumée; L'assemblée Scandaleuse; Le Cheval et l'âne, in poësie. De Lima het hom nie 'n antwoord skuldig gebly nie en gee dadelik sy voornemens te kenne om ook ses stukke in die lig te geeGa naar voetnoot3), waarvan kan genoem word: De noodlottige advanturier, of Don Quichot in de Vlakte, 'n los ontwerp in rym en De Man in vier gedaanten, Musicus, Acteur, Gaskonjer en Taalmeester, 'n blyspel in een bedryf. Die Don Quichot, Boniface, was uit sy Rondebosse skooltjie uit, maar hy het hom alles behalwe op die vlakte gevoel. Hy was besig om 'n ballet, 'n wraakspel, te skryf, Limaçon de Dichter, wat hy voor 'n groot gehoor opgevoer het die volgende maand. Ons kan ons voorstel hoe hy die uiterlike | |
[pagina 239]
| |
voorkome en mank been van die digter De Lima uitgebuit het in 'n poging tot geestigheid. De Lima is dadelik gereed gereed met 'n Zamenspraak tusschen Limaçon een Dichter en een Prozaisch Gaskonjer (1825),Ga naar voetnoot1) waarin hy Boniface van weë sy ondankbaarheid aan die kaak stel. Die kry tog die laaste woord in 'n alleenspraak De Twee Slakken of Limaçon, Sen. en Limaçon, Jun. (1825)Ga naar voetnoot2), venynige woordspeling op die naam van De Lima en persoonlike slegsêery van begin tot end. Albei stukke is persoonlike aanvalle, gedeeltelik dramaties na die vorm maar in die van De Lima sit 'n sekere oorspronklikheid wat ons by Boniface mis. Laasgenoemde deel self mee dat hy maar De Intrigue aan het Venster van Kotzebue omgewerk het; as hy sy teenstander werklik kras wou aanpak sou hy hom die moeite van 'n oorspronklike stuk getroos het! Uit alles merk ons dat De Lima, ondanks sy eienaardige leefwyse, tog meer selfbeheersing besit het dan hierdie vegtersbaas wat met verwoede stote op sy teenstanders afstorm, en dat hy sy meerdere was as mens sowel as kunstenaar. De Lima skryf suiwer Hollands en sy eerste skimp is dan ook op die gebrekkige taal van die ‘native of France’ waar hy hom probeer napraat: ‘Ik zak u, Limaçon, in lank niet op straat - waar duivel zijt kij?’ Aanvanklik hou hy hom nog taamlik kalm oor die ondankbaarheid en lasterpraatjies van die ‘gaskonjer, snoeshaan, tooneelist, lasteraar’ maar dan styg sy retoriek tot ‘valschaard, ondier’ en vind 'n klimaks in die Bilderdijkse reël: ‘Gij, pligt - en deugd - en vriend - en ligt ook Godverzaker!’ Ten slotte lag De Lima in geestelike meerderheidsbesef om hierdie ‘Don Quichot, een nar, ja een dier groote gekken’. Die alleenspraak van Boniface, in prosa behalwe vir 'n | |
[pagina 240]
| |
paar toepaslike aanhalings daarteenoor is laag by die grond reeds in die opdrag, waarin 'n vergelyking van sy vyand by ‘een soort van stinkkolk alwaar zich de Vulnissen van de Stad versamelen’, voorkom. Om hom by 'n ‘Orang Oetang’, of ‘'n opgestopte Wit-baviaan’, in die stuk self te vergelyk, klink vriendelik hierby. Die prosastyl van Boniface is vry lewendig, allitererende woordgebruik as ‘mager mank, mal en morsig’ is goed geslaag, maar overigens gebruik hy, in die woorde van Abraham Bogaert, die ‘snater van een viswijf’.Ga naar voetnoot1) Konstruksies soos ‘om affaires in de stad gelokt zijnde’, ‘favorite huisgewaad’, verraai sy Franse afkoms, waarmee hy altyd so te koop geloop het. | |
4. Suasso de Lima word joernalis. Ander verse uit die koerante.Die hele jaar 1825 het omgegaan met polemiek wat in 1836 weer heftig opvlam en die saak is nooit tussen die twee bygelê nie. Maar hul hand was nie alleen teen mekaar nie, ook teen iedereen en iedereen was gevolglik teen hulle. In Iets over het dansen en tooneelspelen, om tot antwoord te dienen aan Serieus,Ga naar voetnoot2) is dit 'n korrespondent van die Zuid-Afrikaansche Tijdschrift, wat dit van die pen van De Lima moet ontgeld. Kalvinisme en die opkomende Metodisme was geen vriende van toneel en toneelliteratuur nie, omdat hul van meening was, dat dit nie bevorderlik vir deugd en wysheid was nie. In die vorm van 'n brief skryf De Lima sy brosjure om hul van die teenoorgestelde te oortuig. Uit die Bybel, uit die klassieke dra hy bewyse aan, dat dans by die godsdiensoefeninge te pas gekom het. Uit talrike skrywers in Hollands, Engels en Latyn word aangehaal, waaruit nie alleen sy belesenheid en geleerdheid op die voorgrond kom nie, maar ook blyk, dat hy 'n duideliker begrip van die wese van die drama gehad het dan die ‘brave’ korrespondent ‘Serieus’. In dieselfde jaar, 1825, stoom die eerste stoomboot, die | |
[pagina 241]
| |
‘Enterprize’ Tafelbaai binne en dit word die inspirasie vir De Lima om 'n geleentheidsvers te maak en 'n prosabeskrywing te gee van Het stoomvaartuig,Ga naar voetnoot1) gedeeltelik uit vername skrywers saamgestel. Die verskuns het hy bly beoefen, en van die vrug van sy arbeid wat in 1840 onder die titel Nieuwe GedichtenGa naar voetnoot2) gebundel is, na die redaktur van die Chronicle vir plaatsing in die rubriek ‘Poezij’, opgestuur. Hierdie rubriek het satiriese verse in die trant van die 18de eeuers bevat, wat egter nie al te persoonlik mog wees nie, godsdienstige verse, lofsange, treurdigte, moraliserende verse. Oorspronklikheid of navolging is nooit met sekerheid vas te stel nie wat hierdie stukke betref. Die redaktur, het Q.Q. hartelik bedank vir die eerste toegesonde Hollandse vers na sy tweetalige blad, Qualitate Qua, en sy voortdurende guns aangebied ‘vertrouwende dat ook andere zijner vrienden door zijn voorbeeld mogen worden aangespoord om de uitgaaf van dit weekblad zoo aangenaam mogelijk te maken’.Ga naar voetnoot3) Die beurtsang waarin vraag en antwoord vlug afwissel, 'n satiries-geestige vers met 'n pakkende slot kon uit die pen van De Lima gevloei het: Qualitate Qua.
'k Vroeg onlangs aan een Latinist,
Met wien 'k in kennis sta,
Of hij den zin en meening wist
Van 't Qualitate Qua.
Houdt Gij mij voor zoo'n domme bloed,
Dat ik dit niet versta?
Al wat Gij voor een ander doet,
Is Qualitate Qua.
Dat 's glad verkeerd; want stel ik kwam
Uw geld-laa eens te na,
Zou ik dan morgen zeggen: 'k deed
Het Qualitate Qua?
| |
[pagina 242]
| |
Men make dat de reek'ning sluit,
Eer hier het uurtje sla;
Want daar helpt geen ontschuldiging
Of Qualitate Qua. Q.Q.
Die spotvers wat vry deursigtig en tog nie al te beledigend was nie, waarin 'n sekere lewenswysheid laggend verkondig word, is die mees gewilde koerante-poësie in die eerste tydperk van koerantewese in Suid-Afrika. As 'n Uitenhaagse heer sy onsekerheid oor die nasionaliteit van sy kind te kenne gee,Ga naar voetnoot1) kry hy tot antwoord:Ga naar voetnoot2) ‘Een Uitenhaagsche heer in Afrika geboren,
Meldt dat zijn vrouw een kind bekwam;
Hij doet aan het publiek voorts hooren,
Uit welk een bloed het de oorsprong nam.
Wat vreemder vraag kwam ooit te voren,
Zijn vaders vader was een Schot,
Zijn moeder was lersch-Duitsch geboren,
Zijn vader trof 't grootvaders lot.
Hij zelfs heeft hier het licht verkregen,
Dus een geboren Afrikaan;
(Waar is lersch-Duitschland toch gelegen?
Ik zie het op geen kaarten staan.
Maar wat wil mij dat land toch raken,)
De vraag alleen is naar het bloed;
Ik zal maar vast het antwoord maken,
Een zeker antwoord kort en goed.
Al bleef 'k acht dagen praktizeeren,
En men mijn vers nog meer verlengt,
Zoo zou geen mensch toch wel beweren,
Dan dat het antwoord is “Vermengd”.’
In die land waar Hollanders, Engelse, Franse, Duitsers, Skotte en lere hul steeds op hul lande van herkoms beroep het, was die vraag nie onvanpas nie, maar die ‘geboren Afrikaan’ het nie veel verder met die oplossing van sy probleem met hierdie vers gekom nie. As die geestige teregwysing hom | |
[pagina 243]
| |
nie aangestaan het nie, kon hy troos gevind het in Mijne wenschenGa naar voetnoot1), waarin om tevredenheid gesmeek word: ‘'k Smeekte om geen rijkdom U, o God,
Geen wufte grootheid hier beneden;
Tevredenheid slechts met mijn lot,
Heb ik van Uw gunst gebeden.’
In Nota BeneGa naar voetnoot2) klink weer 'n toon van onrus en ligte spot, daar lê 'n taamlike verbitterde stemming in die slot: ‘Alles is niet wat het schijnt;
Zuivre deugd ligt ondermijnt;
Hoop en uitzigt zijn als kaf; -
Tegenspoed grimt alles aan;
Maar de rust zal eens bestaan -
Nota Bene! - in het graf!’
Mijne Minnares - is mijne SanggodesGa naar voetnoot3) 'n lofsang op musiek, en Regt door ZeeGa naar voetnoot4) 'n seemanslied is deur hul sangerigheid en frisheid en dawerende opgewektheid nie onverdienstelik nie. Daar teenoor staan moraliserend-didaktiese verse soos 's Levens Kaartspel,Ga naar voetnoot5) Het Rad van AvontuurGa naar voetnoot6) waarvan die hele sedeles reeds uit die titel kan opgemaak word. Sentimentele konwensionele verse bly ook nie agterweë nie, in die trant van Feith en die Sentimentele skool van die 18de eeu. Ons hoor van De Schoonste Bloem die vriendskap, waarvoor 'n ‘tuiltje’ gevleg wordGa naar voetnoot7) en by die dood van die gevierde ‘tranedigter’ het De Lima 'n lykdig geplaas (1827), Op den dood van Mr. Rijhnvis Feith, oorleden te Overijssel: ‘Wij missen u ook - wij, aan 's aardrijks Zuiderpool,
Gij, schitterend sieraad der Nederlandsche school.
| |
[pagina 244]
| |
Gij, die ons Thirsa schonk in uwe lentejaren;
Die d'ouderdom bezong, door uwe schelle snaren.
Die het zoo somber graf het menschdom hebt gewijd.’Ga naar voetnoot1)
Tot dus ver was die geleentheidsdigter De Lima van die Chronicle-drukkery, die ‘Tempel van Janus’, afhankelik maar in 1826 sou hy sy eie koerant hê om die ‘opkomende letterbloei’ te bevorder. In Januarie 1826 verskyn De Verzamelaar (The Gleaner), 'n weekblad in Hollands, wat van 1 Januarie 1827, (toe die goewerneur Lord Charles Somerset die ou Kaapstads Courant van naam en inhoud verengels) die naam gedra het van Kaapsche Courant, Afrikaansche Berigter of De Verzamelaar. Hierin kon hy sy diglus en spotlus laat hoogty vier. In prosa gaan dit veral teen The Colonist ‘dat erbarmlijk diertje’ van 'n krant, en in rym val hy sy vyande, veral Boniface, aan. Tipiese voorbeelde is Hoogmoed komt voor den valGa naar voetnoot2) waarin ‘Pochhans’, wat altyd by ‘Mahometsgeslacht’ te vind was, bespot word, omdat hy altyd in die skuld sit. In De Kabbel-jaauwen VorstGa naar voetnoot3) word weer sinspelinge gemaak op ‘een bruine Fricassée’, wat by die trotse kabbeljou hoort. De Kabbeljaau is aangespoeldGa naar voetnoot4), wat kon gesing word op die wys van ‘Ik min de meisjes en de Wyn’, is nog 'n persiflage op dieselfde persoon. Dieselfde toon klink uit KlaploperyGa naar voetnoot5) en 'n Gebeurtenis in de KaapstadGa naar voetnoot6) deur J.N.M., verhalende spotverse wat as voorlopers van die eerste Afrikaanse versies van vyftig jaar later, kan beskou word. De Lima wou leeslus en skryflus opwek ook onder die minderbevoorregte klasse. Daarom publiseer hy 'n uittreksel uit die Reizen en Lotgevallen van die pasaangekome ‘translateur by 't hooge geregtshof’, J. Swaving, en voeg vleiend en profeties daarby: | |
[pagina 245]
| |
‘En wie weet welke belangrijke, welke goud aanbrengende ontdekkingen er vroeg of laat nog eenmaal tot roem en luister dezer volkplanting voor den dag zullen komen, als leeslust of zucht naar onderzoek eenmaal de algemeen heerschende, geliefkoosde neiging des geheelen Publieks, zoo van arm en rijk, aanzienlijk en gering, van Blanken en Zwarten, van Heiden en Christen zal geworden zijn’.Ga naar voetnoot1) Hy sal bepaald sukses gehad het met De Groote Regenboog Partij op de BreêstraatGa naar voetnoot2), 'n brief onder die pseudoniem Jack Roastboy in navolging van die Spektatoriale geskrifte van Steele en Addison en Van Effen waarin maatskappelike vraagstukke op satiriese wyse behandel word. As egter laudator temporis acti waarsku hy hier teen die ‘Quadrille koorts’, die bals wat toe erg in die mode was (miskien ook 'n steek vir Boniface) en teen die negrofiele wat met die hofsake van Dr. Philip soveel opsien verwek het: ‘De Goede oude Tijden’.
Och hoor naar mijn lied, 't is geen geheimenis,
Als ik tezamen meng zang - dichtkunst - geschiedenis;
De gouden tijd is niet meer, ja die is voorbij,
Wij denken er aan, en dan zuchten wij.
O, die goede oude tijd.
Toen had het huis een rieten dak, de straat was toen niet geplaveid,
De deur stond enkel op een klink; 't venster toen geen licht verspreidt,
Weinig volk was te vinden, men wist van steel noch roofpartij,
En de Hoofdschout stierf van honger, niemand wist van schelmerij.
O, die goede oude tijd.
De rijksdaalder was de trooster, en men wist van geen geweld,
Onze rijkdom was de braafheid, en zeer veel papieren geld,
Aan zijn meerdren liet men over om te denken zoo als 't hoort,
Twee of drie geleerde menschen bragten redevoerings voort,
O, die goede oude tijd.
| |
[pagina 246]
| |
Als de Kaffers ons bestormden, dan verdreef men hen met kracht,
En de rood gerokte natie had aan de grens geen legermagt,
Hottentot kon men regeren, en met snaphaan en met lood,
Door een Boschman op te brengen stond m'aan geen vervolging bloot,
O, die goede oude tijd.
Onder die ‘rood gerokte natie’ het die slawe dit goed. Rosa wil ook na die dansparty, en op die vraag: ‘Maar Rosa, welk figuur zoudt gij maken bij al die mooye gezigten’, lê die skrywer weer in versvorm die antwoord in haar mond: ‘Kroezig haar, en zwart gelaat.
Geeft natuur geen onderscheid,
't Verschii moog zijn de kleur van 't vel,
Maar soo bij zwart als wit, heersch één genegenheid.’
Dergelike persoonlikhede en uitlatings van die aard, het hom meer vyande dan vriende besorg en daarby was De Lima totaal ongeskik om sy finansies te reël. Gedurig was hy in geldelike moeilikhede gedompel, waaruit hy hom 'n enkele keer met sy groot regskundige kennis en behendigheid gered het. Gewoonlik het hy maar bankrot gespeel en dan maar weer met 'n lastersaak probeer terugwen, wat hy so pas verloor het. In 1830 is hy failliet en sy grootste skuldeiser, Pieter van Breda, ongetwyfeld gesteun deur Boniface, ontfutsel hom sy drukpers met intekenaars en al. Hy het later weer enige skadevergoeding gekry maar sy aartsvyand Boniface was in sy redakteursstoel en sy Verzamelaar het De Zuid-Afrikaan geword. | |
5. Boniface as joernalis, dramatis en hekelaar. Sy konfraters, later vyande J.J. de Kock en Cornelis Moll.Vir Boniface was die redakteurskap van De Zuid-Afrikaan 'n ware uitkoms. In 1826 was hy weg van Rondebosch, ‘den Hemel zij dank’ in die stad terug, aan die Latynse skool. In 1827 gaan hy bankrot as gevolg van 'n skindersaak waarvan | |
[pagina 247]
| |
hy die onkoste moes dra en sy toneelgeselskap word ontbind. Hy probeer wat te verdien as ‘gezwooren translateur’ en skryf sy Relation du Naufrage du navire francais L'Eole, wat in 1829 by Bridekirk uitgegee word. Hierdie Relation, m.i. die interessantste stuk uit sy hele oeuvre, het hy saamgestel uit koeranteberigte veral uit die S.A. Commercial Advertiser en die Mercury, en uit mondelinge verslae van 'n paar van die ag skipbreukelinge, wat die stranding van die L'Eole op die ooskus in April 1829, oorleef het. Dit bevat 'n lewendige, pakkende beskrywing van hul verblyf onder die kaffers, aankoms by Fort Willshire, besoek aan Grahamstown en uiteindelike koms in Kaapstad. Daar kry hul 'n gids MordantGa naar voetnoot1) om hul rond te lei, 'n mondspreuk vir Boniface, wat nou sy ergernis oor sekere Kaapse aangeleenthede en persoonlikhede kan lug. Die jong mense ry in koetse rond, pronk met mooi klere, maar koop alles op skuld; die Kaapnaar is eers hartelik en vriendelik en gasvry maar dan laat hy die vreemdelinge links lê, die beurs is nie mooi nie, die toneelstuk wat hul sienGa naar voetnoot2) maar matig, die beroemde tuin van die Oos-Indiese Kompanjie staan vol kool en aardappels en die ‘diergaarde’ wat De Lima so besing het, ‘ne vaut pas la peine d'être vu’.Ga naar voetnoot3) In die geregshof is hul stom van verbasing, want, soos Mordant dit uitdruk, die spul is nie te herken nie. Sedert agtien maande is die taal alles Engels, in plaas van ag regters is daar vier; 'n prokureur, kommissarisse, 'n jurie het die plekke ingeneem van die fiskaal, die landdroste en Heemrade respektiewelik. In die vorm van 'n tweespraak met die nodige gebare by die dramatis personae aangedui, trek die hele wantoestand by ons verby. Een vraag en antwoord sal volstaan:Ga naar voetnoot4) | |
[pagina 248]
| |
Nous - mais, vos Colons, que prensent-ils de tout cela?
Lui (avec emphâse). -
Leurs timides esprits,
De ces grands changements sont encore étourdis.’
In die geregshof sien hul die ‘Robinson Crusoe des Hollandais’, die ‘Juif-errant’, wat na sy omwandelinge en twee dik volumes teen die Roomse beeldediens, hier tolk by die geregshof geword het en nou saampraat met die koloniste oor ‘des gekke Franschen!’Ga naar voetnoot1) Boniface het dit die slag met Swaving aan die stok. Ook die pasopgerigte Z.A. Athenaeum kry 'n raps omdat hul van 'n doodgewone leerkrag durf praat as 'n ‘Professeur de Langue française’.Ga naar voetnoot2) Sy skerp kritiese gees wat meer afgebreek het dan opgebou het, sy opvlieëndheid, sy persoonlike aantygings, sy haatdraendheid wat hom die lyfspreuk Nemo me impune lacessit (niemand kom my ongestraf te na nie) laat kies het, het Boniface hopeloos ongeskik gemaak vir redakteur. In sy eerste inleidingsartikel in De Zuid-Afrikaan slaat hy al daarop los oor al die ‘humbugs’ aan die Kaap: ‘Gij hebt sedert het jaar 1806 tijd genoeg gehad om u met dit woord en deszelfs betekenis gemeenzaam te maken. Derhalven aanstaande week zullen wij beginnen met “Free Press Humbug”, “Independent Newspaper humbug”, “Missionary humbug”, en vooral (want dit is de “paramount” of “non plus ultra” van alle “humbugs”) de “Philippisch humbug”.’Ga naar voetnoot3) Na ses maande is daar hooglopende rusie, die pers is in 'n hofsaak betrokke en hy moes as gevolg van sy kontensieuse artikels die redaksiestoel van De Zuid-Afrikaan verlaat. Nou volg 'n tydperk van toneelbedrywigheid en dramatiese skeppingswerk. Die inspirasie het hy gevind in die oordrewe matigheidsbeweging aan die Kaap wat hy hekel in 'n leesdrama De Nieuwe Ridderorde of de Temperantisten (1832)Ga naar voetnoot4) | |
[pagina 249]
| |
Op die buiteblad van hierdie ‘kluchtig blijspel in vier bedrijven’ het hy 'n esel op 'n verhoog geteken, wat die woord ‘Temperantia’ dekreteer en onderaan kom die woorde: ‘and never get drunk’. Agter die esel hang 'n stralende son en daarom heen 'n krans waarvan een helfte uit 'n skotse distel en die ander uit 'n bloeiende wingerdloot bestaan, saamgebind met 'n lint, waarop die woorde ‘We abstain from Brandy’ pryk. Die simboliek is duidelik: die sotterny om in Suid-Afrika 'n Matigheidsbond op te rig. Die hoofpersone in die stuk is dan ook van die ‘humbug’-soort en dit is die ‘non plus ultra van alle 'humbugs' de Philippish humbug’, wat hier die onmeedoënste gehekel word. Op 28 Januarie 1832 is daar tot die stigting van 'n Cape of Good Hope Temperance Society oorgegaan op 'n vergadering waar dit taamlik rumoerig toegegaan het. Dr. Philip het met groot welsprekendheid die verderflike gevolge van dronkenskap in die swartste kleure geskilder en Amerika as die model-‘droog’-land voorgehou; die hoofmedikus van die Somerset-hospitaal het 'n lys van gevalle van ‘Delirium Tremens’ opgelees ter afskrikking van die drankeuwel, maar dit het verskeie sprekers tog opgeval dat die beweging uit Amerika oorgewaai het en hier heeltemal onnodig was. Een van die teenstanders van afskaffing het 'n storm van verontwaardiging van die voorstanders uitgelok, toe hy gewaarsku het dat Venus die plek van Bacchus sal inneem as die drank verbied word, waarby 'n twintigtal sedige dames die vergadering verlaat het! In De nieuwe Ridderorde of de Temperantisten gee Boniface sy lesing van wat daardie aand plaasgevind het, wat hy eers in die voorberig verduidelik. Daarin verklaar hy die woord ‘Temperance of matigheid’ as van die ‘Humbug geslacht’, toon aan die Engelse voorliefde vir ‘societies’, die onmatigheid van hul ‘Reverends’ wat ‘ratelende verbiage, ongerijmdheden, laffe stories en onwaarheden’ verkondig. Hy vind dit niks as aanmatiging van hulle om matigheid te verkondig waar dit een van die hoofdeugde is van ‘een gruwelijk gehoond en gelasterd volk, de Zuid-Afrikaanse kolonisten’ aan wie Boniface sy stuk opdra. Die nuwe ridderorde van sogenaamde Temperantiste of | |
[pagina 250]
| |
afskaffers is gestig en daar word ‘ridders’ geslaan, wat Boniface egter een na 'n ander, van die vernaamste tot die geringste, van die kommandeur Dominé Humbug Philipumpkin tot die Hottentot Kalfachter, op klugtige wyse vir die bekoring van Bacchus laat swig. Die interessantste stukke is sinspelings op die Philipynse teorie van die onfeilbaarheid van die Hottentot-karakter en die mees klugtige situasies is die waarin die kleurlinge al slingerende optree en hul matigheidsbeloftes in Afrikaans aflê. Dit is 'n klugtige blyspel van situasie met 'n sterk tendens, 'n satiriese, realistiese spel in die trant van die agtiende eeuers. Veel karaktertekening is daar nie; die naam dui reeds aan watter karaktereienskap die persoon besit. So is daar b.v. 'n Dominé Humbug, 'n Rector Muilpeeren, Moffie van Pochmann Druiloor, Issegrim, Spotvogel, Hans Droogeheel, Piet Dronkelap ens. Agt stuks anti-temperantiste word teenoor die hele bende temperantiste en leerling-temperantiste gestel en dit word 'n droewige, roemlose slag vir laasgenoemde ‘ridders’. In die eerste bedryf sin die Anti-temperantiste, veral Quizz, op wraak, oor die belediging wat hul op die openbare stigtings-vergadering, veral van die vuiste van Muilpeeren, ontvang het. 'n Paar Hottentotte, Kalfachter en Griet Drilbouten van Bedelsdorp, kom vra besonderhede oor die ‘Onion’ van die ‘Malligheids-Gewerskaf’ en word deur Galgevogel, onlangs tot die orde ingelyf, daarheen begelei. Dan kom Riddersporen 'n brief van sy vriend Muilpeeren bring, maar Quizz vaar uit teen hul ‘Jesuitisch leugen en lasterachtig Commercial Advertiser, Uw gansch Genootschap bestaat alleenlyk uit dweepers, dromers en dwaazen’, wil geen brief aanneem nie en loop woedend weg. Met die situasie het ons nou reeds kennis gemaak; Boniface het 'n geleentheid gehad om geestig te sinspeel op die dwaashede van die filantrope en die laster van hul orgaan. Die spanning is opgewek deur die brief. Die word deur Riddersporen en Muilpeeren op die grond gegooi in die hoop dat dit sal opgetel en aan die geadresseerde besorg word. Issegrim, 'n anti-Temperantis, lug sy verontwaardiging oor die ‘waanwijzen’ en ‘eerbegerigen’, wat besig is ‘'s lands welvaart te vernielen’ in twisgesprek met Riddersporen en Muilpeeren, in alleenspraak | |
[pagina 251]
| |
en in konwersasie met Bob Goging-Gone, 'n brandwynstoker. Issegrim sien die brief, wil dit aan die adres van Quizz besorg, maar gee dit aan Goging-Gone wat op die punt staan om Quizz te raadpleeg oor die beste manier om die Temperantiste aan te val. Goging-gone ontmoet 'n leerling-Temperantis, die ler Andrew Everdry, wat eers astrant is maar, in die hoop op brandewyn as beloning, die brief sal wegbring, wat hy onderweg oopmaak. En dan kom die verrassing - Muilpeeren vra daarin ekskuus en nooi Quizz op 'n maaltyd. In die tweede bedryf woon ons 'n geslote vergadering van die Temperantiste by en sien dat hul hoofeienskappe juis hul onmatigheid en huigelary is. Delirium Tremens het twee dosyn bierglase gekoop op voorwendsel dat hy Punch wou skink; Galgevogel het Kalfachter na die ‘Union Tavern’ in plaas van na die ‘Temperance Union’ verlei; Muilpeeren het pruime in brandewyn gelê, omdat dit wel verbode was om brandewyn te drink maar nie te eet nie; Humbug is dankbaar dat die oortreders nie Hottetotte maar van die ‘Europische ras’ is! Onder die beraadslagings watter straf die oortreders sal opgelê word, word volop suiwer water, dit wil sê jenewer, ingeskink. Die kwinkslae op en ironie van 'n lewenswandel, wat in skerp teenstelling staan met wat aan ander verkondig word, is kostelik hier. In die derde bedryf kom die Anti-Temperantiste aan die beurt. O'Candid het die vrugbare brein, Spotvogel verskaf die geestigheid en die Hottetotte die plat komiese. O'Candid beraam 'n plan om die Temperantiste te verneder. Hul sal 'n gesamentlike maaltyd hou, diep in die glase kyk en na afloop na die vergadering gaan waar Kalfachter tot ridder moet geslaan word. In die vergadering sal hul die Temperantiste van onmatigheid aankla, 'n soort regsgeding hou en hul ontmasker. Hoe gedug nodig dit is, blyk uit die gedrag van die onlangs ingelyfde Hottentotte, Waterschuw en Galgevogel, wat albei hoogdronk is en 'n bloedige vegparty aanknoop, waarin ook hul vriende, Droogekeel en Dronkelap, betrokke word. Waterschuw en Tommy Sipdrams, 'n Engelse leerling-temperantis, loop gearmd singend ‘Give me Woman, War and Wine’ na die Bondsvergadering toe! Alleen 'n gebore | |
[pagina 252]
| |
satirikus kan so 'n situasie bedink en sy grynslag met soveel duiwelse plesier daaroor laat speel. Die vierde en laaste bedryf, die groot finaal, is 'n parodie van begin tot end. Eers op die inlywing van die Bedeldorpse ridder Kalfachter, wat van die hele seremonieel niks begryp nie, behalwe dat hy sy sopies kwyt is en uitgelag word deur sy vrou Griet Drilbouten, wat met 'n kraffie jenewer onder die tafel weggekruip het. As hy eindelik merk dat die ander ridders geen water maar jenewer drink, vertrek hy met Grietje om insgelyks te doen. Dan word die gesamentlike vergadering gehou, 'n geharrewar tussen aanklaers en stomdronke verdedigers vind plaas en in die grootste wanorde verloop die hele byeenkoms. As epiloog deel een van die Anti-Temperantiste mee, dat Humbug, die groot kommandeur, aan jenewer-beroerte dood is, waarvan die ‘Temperance’ die skuld dra. Sy gebalsemde lyk sal as ‘'n keepsake’ aan die Staatsmuseum gegee word! Dit is nie makkelik om altyd die draad vas te hou nie in hierdie boek van by die twee honderd bladsye; daar is eindeloos veel gepraat en heen en weer geskuif van opkomende en weggaande karakters maar tog is daar ook lewendige dialoog, karaktertipes, veral van Hottentotte, ons oorbekend, en geestige steke, soms fyner, soms growwer, wat verbasend amusant is vir wie op die hoogte van die situasie is. Hierdieburlesk moes 'n bron van die grootste vermaak gewees het vir die enersdenkende tydgenote, die inheemse Hollandse groep, wat buikvol was vir die sentimentele geteoretiseer van die vreemdelinge. Boniface het groot sukses gehad waar hy maatskaplike toestande gehekel het, maar in 1834 daal hy weer af tot 'n fel persoonlike aanval op De Lima in De Gekwetste Reputatie of Het Komedielootje, ook bekend as Clasius of Het Proces om een komedielootje.Ga naar voetnoot1) Die ‘kluchtig en geschiedkundig’ treurspel het betrekking op die enigsins twyfelagtige private lewe van De Lima, wat sy vrou verlaat het en by mej. Magdalena | |
[pagina 253]
| |
Theron gaan inwoon het, 'n saamwonery wat tot baie lasterpraat aanleiding gegee het. Die hoofpersone, Clasius en Leonora, word dan ook in geen opsig gespaar nie. Eersgenoemde word beskrywe as ‘Stupidibus Bavianus, een hoog befaamd Juris Doctor, Dichter, Drukker, Boekhandelaar, Taalmenger, Toneelmeester, Almanakmaker, Kunstplatenverkoper, Tolk, Nieuwsfabrikant, Boodschaploper, Brievenbesteller, Logogriphi-Charade-, Grafschriften- en Nieuwjaarswensch-schrijver’ waarin ons op vyandige wyse 'n opsomming kry van sowat al die baantjies wat De Lima beklee het. Leonora ly aan 'n ‘ongebondenheid als de hoenders’; behalwe Clasius het sy nog Poffer Blaasbalg en James Lawshark as huisvriende. In die eerste bedryf hoor ons hoe Clasius herhaaldelik 'n lootjie vir die komedie geweier word en Lawshark eindelik 'n eis vir skadevergoeding vir die beledigde Clasius opstel, omdat hy die weiering as 'n klad op sy goeie naam beskou. Blaasbalg lees die eis voor met allerlei opsetlike verdraaiings of verkeerde voorstellings, wat die humor moes verskaf. Sommige is ru en laag by die grond, ander soos ‘P.S. dichter’ as ‘poes-pas dichter’, ‘Gezworene Tolk’, as ‘Gezwollene Knol’ werklik geestig. Lawshark lees self die lys van getuies aan die kant van Clasius en daarin, onder halfverbloemde name, kry ons 'n storm van haatlikhede op wat as die vriendekring van De Lima voorgestel word. Dit is die ou metode van die klassisistiese blyspeldigters, wat ook al by Plautus en Terentius in gebruik was. Ook die oorvege en stampe wat die ongetemde feeks aan haar huisvriende uitdeel, is in hul trant. In die tweede en laaste bedryf word die hele lewe van Clasius, in die vorm van 'n monoloog, deur Leonora beskryf. Dat hy ‘scribbelaar’, rymelaar, ‘kombuis nieuws’-koerantskrywer is, 'n ‘Kakelbonte Bibliotheek’ besit, skyn sy grootste sonde te wees, waarin ons die beskuldigings van die skrywer van De Twee Slakken herken. Die beste skimp van Boniface in die hele stuk, is die vergissing van die skout Moorman, wat die geld kom invorder, na Clasius die saak om skadevergoeding in verband met die lootjie verloor het. Clasius besit geen rooie duit nie, is doodsbang vir Leonora en wil Moorman ‘de Kaapstad’ gee as hy maar weggaan. | |
[pagina 254]
| |
Moorman: Waarom, schenk gij mij niet liever de maan? Clasius: enigszins geraakt: Mijnheer, het is een gedicht.Ga naar voetnoot1)
Die blyspel eindig met 'n bakleiery tussen Leonora en Clasius waarin laasgenoemde jammerlik toegetakel word voor Blaasbalg, sy konkurrent-huisvriend, die geld, wat Moorman moes hê vir die verlore regsgeding, voorskiet. Die potsierlike situasies, die interrupsies, die dubbelsinnighede, die slaafse onderdanigheid van die man aan 'n feeks van 'n vrou, die liedjies, wat in nou verband met die voorafgegane inhoud staan, die gebruik van dialek (Afrikaanse uitdrukkinge) in die mond van die mindere persone van die stad, herinner soms sterk aan Molière, hoewel Boniface natuurlik in die verste verte nie die peil van geestigheid van die grootmeester bereik het nie. Daarvoor was hy te fel persoonlik en sy toon te plat. Ten koste van 'n arme sukkelaar het 'n nog groter sukkelaar Kaapstad kostelik geamuseer met verskeie opvoerings van die stuk. Ander tye, ander opvattings van vermaak. Die rol van Leonora is gespeel deur J.J. de Kock,Ga naar voetnoot2) sekretaris van die geselskap van Boniface. In 1825 het hy al meegespeel in die klugspel van Boniface De Burger EdelmanGa naar voetnoot3), 'n vertaling van Molière Le Bourgeois Gentilhomme en hy het sekretaris geword van die geselskap Vlyt en Kunst, wat Clasius opgevoer het. In 1836 raak hy slaags met die ou vyand van sy leier, De Lima, en kom die slegste van die hofsaak af, wat hom egter nie verhinder het om later weer sy ontevredenheid met die opvattings van andersdenkendes in spotlied te lug nie. Vlyt en Kunst staan hom getrou by en daar word 'n stuk opgevoer, met die bekende liedjie uit Clasius, ‘Nognetzoo’ as nastuk, ‘ten einde den Heer J.J. De Kock Cs. schadeloos te stellen van alle de kosten van zijn Ed. Proces’. In 1837 neem hy deel aan 'n deurtrekkende Franse be- | |
[pagina 255]
| |
roepstoneel en die volgende jaar voer 'n groep amateurs Montonie van Duval in Hollandse vertaling onder sy direksie op. Maar die Kaapse dramaturg Boniface was nou eenkeer 'n moeilike man om mee saam te werk en teen 1843 het kok en kok se maat stry gekry, want dan skryf Boniface 'n Engelse klugspel Kockincoz or the Peltifogging Lawyers' Plot, Pro Causo de Libello. Translated from the Burlosutacrifan-patoistisch-Language. By the Auther of Clasius.Ga naar voetnoot1) Dit is 'n bespotting van ‘De Kock en Co.’ wat 'n ‘Burlo-south-African-patoislanguage’, dit wil sê Afrikaans, praat, en die Engelse woorde sleg uitspreek. Die talekenner Boniface is Engels nou volkome magtig, hy skryf sy toneelstuk nie meer in Frans of Hollands nie maar in die taal van die groep, wat die septer swaai, en hekel nou sy vroeër vriende met dieselfde felheid waarmee hy sy ou vyande gegesel het. Op so'n man kon die Hollands-Afrikaanse gemeenskap verder geen peil trek nie; daarby het hy gedurig las van sy krediteure gehad, wat hy in 1843 ontvlug, toe hy met Cornelis Moll, 'n gebore Afrikaner, kragtige verdediger van die belange van die Hollandse Afrikaners in die Kaapkolonie en van die versmade Voortrekkers, beroepsdrukker, uitgewer van The Moderator, later De Meditator, na Natal verhuis. Boniface was enige tyd redakteur van die tweetalige weekblad van Moll, De Meditator, wat sowat twee jaar bestaan het, van 1837 tot 1838. Die blad het 'n simpatieke houding teenoor die trekkers ingeneem en hul in die inleidings-artikelsGa naar voetnoot2) sowel as in die rubriek ‘Origineele Poezij’ verdedig en besing. Meestal is die toon beslis maar waardig, maar 'n enkele keer gaan 'n bydraer hom te buite in 'n Ode aan....Ga naar voetnoot3) waarin die skrywer van die Temperantisten herkenbaar is aan die ‘vriendelikhede’ wat Dr. Philip toegevoeg word, die | |
[pagina 256]
| |
‘Akelig monster! vloek der aarde
Aanvoerder eener dievenbende!
Dat ons doet vluchten 't vaderland!’
In Het Paradeplein op Zondag,Ga naar voetnoot1) 'n lang verhalende vers, word die Metodiste nogmaals gehekel, omdat hul die preekdag ‘aan schreeuwende schijnheiligheid’ wy. In De Eerste DecemberGa naar voetnoot2) word die verjaarsdag van die ‘roemvolle emansipasie’ van die slawe, deur hul bewerkstellig, aan die kaak gestel in 'n kwasi-herdenkingslied. Maar dan klink daar weeklaend, 'n smartvolle treursang op oor Het Lot van Zuid-Afrika,Ga naar voetnoot3) 'n lied wat gelief was onder die voortrekkers, veel deur hul gesing en soos alle ware volkspoësie deur mondelinge oorlewering soveel variante gekry het, dat sommige koeplette geen sin meer uitmaak nie. Die oorspronkelike lied in De Meditator, die ontboeseming van 'n onbekende sanger, lui as volg: O Afrika! gij magt wel weenen!
Want uw' heilzon is verdwenen;
Ziet! - een duistre nacht verschijnt,
En uw' vrede en rust verdwijnt.
Ach! wat bange en droeve zorgen,
Ziet gij niet voor u verborgen,
Als de bittere dag vervall',
Dat de slaaf vrij wezen zal!?!
O Afrika! gij magt wel weenen,
Want, ach, de tijd is thans verschenen,
Dat gij onderdrukking lijdt,
Van den Brit die u kastijdt!
Wat waart ge o Afrika voor dezen?
‘De plaats waar ieder zonder vrezen,
Kennende geen druk noch leed,
Zijn dagen wel tevreden sleet.’
| |
[pagina 257]
| |
Ja, dit was nu daagsche orden,
En O! wat staat gij nu te worden?
‘Een speeltooneel van ramp en druk,
Een plaats van smart en ongeluk!’
Dit hebt gij aan den Brit te danken,
O Afrika die uwe ‘Blanken’
Steeds om den zwarten wil verdrukt,
Aan hen, hun eigendom ontrukt!
O Afrika! gij moogt wel zuchten!
Ziet uwe zoonen u ontvlugten,
Vlieden uit uwe maatschappij,
Naar eene barre woestenij.
Daar, daar trekt de Veeboer henen!
Met veel klagen, zuchten, weenen,
Omdat hij de verdrukking van
Den Brit niet meer verduren kan.
De Landman vast beroofd van handen,
Die zaait geen groen meer op zijn landen,
Dan slechts hetgeen hij noodig heeft,
En dat hem kleed en voedsel geeft.
Wat, wat staat ons nu te wachten?
Wie, wie zal ons leed verzachten?
Wie ons redden uit den nood?
Wie, wie geeft ons vleesch en brood?
Helaas welk lot is ons beschooren,
Men wil ons schier het hart doorboren!
Men stelt ons leven in gevaar,
En maak onz' arbeid bitter zwaar.
Men heeft ons goed aan ons ontnomen,
Ons in gebrek en nood doen komen,
Ons nog met ramp en druk belaan,
En dit, - dit heeft de Brit gedaan!!!
Behalwe De Meditator het daar by Moll in dieselfde twee jaar 1837 en 1838 'n kwartaalblad verskyn, Lees-Vruchten. Aangename en Nuttige Tydkortingen, voor den beschaafden stand. Door het Lees-geselschap ‘Scientia et Amicitia’. Die | |
[pagina 258]
| |
doel was om leeslus, nie vir politieke betoë en leerredes nie, maar vir die nuwere letterkunde en geskiedenis, in die stad en op die platteland op te wek. Die eerste deel bevat dan ook o.a. verse van Bilderdijk en 'n studie oor daardie pas oorlede kolossus op die gebied van die lettere, 'n stuk van Van der Palm oor Salomo, so reg uit die hart van die meester in die welsprekendheid, en 'n uittreksel van die reisbeskrywing van Francois Valentyn. Maar die tweede deel, waarin die bekende briewe van die voortrekker J. Boshoff, oorspronkelik aan die Graham's Stad Journaal gerig, herdruk word, is ook die laaste deel. 'n Tipies Hollandse vereniging met die uitgesproke doel om Hollandse lektuur te bevorder, kon dit in Kaapstad nie meer bolwerk nie. In 'n dramatiese samespraak vol toespelings op Kaapse toestande, getitel De Fruitwinkel van De drie Cate gesloten. Gesprek tusschen den Fruit-verkoper en een negociant, hoor ons die rede vir die ondergang van Lees-Vruchten: ‘ik heb den smaak van de menschen niet getroffen, en die Hollandsche vruchten vallen hun wat koud op de maag’. Die kompetisie van die kleinhandelaars het die vrugte-verkoper vermoor, want ‘zij leveren wel meestal Kaapsche vruchten, maar ze weten die zoo knaphandig voor een dejeuner of desert op te maken, de een met een Franschen zwier, een tweede à la John Bull, een derde op zijn Zuid-Afrikaansch, een vierde op zijn waar-Afrikaansch, een vijfde op zijn Babylonisch; ik weet niet wat er al voor namen aan gegeven worden’. Dit is galgehumor. Moll wou weg uit die onsimpatieke omgeving; hy wou 'n Hollandse nuusblad aan die Trekkers gee. In November 1843 stel Boniface die prospectus van 'n weekblad op, De Natalier en Pietermaritzburgsche Trouwe Aantekenaar, en hul verkry van die Natalse Volksraad die reg om die weekblad op te rig.Ga naar voetnoot1) Die eerste nummer het op 5 April 1844 verskyn en was uitsluitlik in Hollands opgestel hoewel Natal reeds die vorige jaar geannekseer is. Die latynse spreuk, die bitsigheid van die artikels, kenmerk die redakteur Boniface. | |
[pagina 259]
| |
Hy roskam die boere oor hul ‘kniebuigingen’ aan Majoor Smith en hul lafhartigheid om uit die Kolonie weg te getrek het! Toe Moll die artikels wat wou versag deur weglatings of invoegings, ontbrand daar 'n hewige twis met die gewone nasleep van 'n hofsaak en die loopbaan van die eerste Natalse redakteur eindig ook daar soos dit in Kaapstad met De Zuid-Afrikaan en De Meditator geëindig het. In die tweetalige blad De Natalsche Getuige, in 1846 opgerig, het Boniface as ‘A Looker On’ wraak geneem op sy vroeër kollega, met dodelike gevolg, want De Natalier moes gestaak word en toe die koerant weer herrys, was dit 'n tweetalige blad De Patriot - The Patriot, nie meer die eentalige stoere kampvegter en voorligter nie. Boniface was geen ‘geestelike voortrekker’ nie, syne was 'n sataniese gees wat sowel direk aangeval het as in die rug gesteek het. Hy gebruik nog 'n ander middel om Moll en sy opvolger in die redakteursstoel, Arthur Walker, te vernietig, nl. deur The Natal Bluetts, (1846), musikale klugspele, hekelskrifte van die bitterste soort te skrywe.Ga naar voetnoot1) Die eerste nommer van die Bluettes Franco-Nataliennes, ou Recueil de Contes, Fables, Chansons, etc., en vers et en prose par C.E. Boniface, teen Walker gerig, was in September 1846 in handgeletterde boekvorm klaar vir die half-dosyn gereëlde intekenaars. Die tweede, Le Latanier is teen die Natalier gerig waarvan hy die dood besing in die derde: La Mort du Latanier et la métamorphose de ses Feuilles en Papillotes, Vaudeville à Grand Spectacle (prose, vers et musique (1846). Laasgenoemde bestaan uit veertien liedere, vol skimpskeute en haatlikhede, wat op populêre wysies kon gesing word. Daar was nog 'n vierde, 'n vyfde, 'n sesde van hierdie ‘vonke’ en die laaste giftige vuurpyl is in 1849 afgevuur op Arthur Walker: Mijn Ouwe Snoek in de Pekel, of, hoe smaakt je dat, Artje?Ga naar voetnoot2) Daar het ook twee Hollandse nommers van hierdie hekel- | |
[pagina 260]
| |
skrifte verskyn nl. De Natalse Diogenes of De Nachtwandelaar en 'n Engelse, die giftigste van almal, The Paddiscordian, or, a first Rate Irish Lyre. Iemand wat so teen ander kon te keer gaan, moes self diep rampsalig gewees het. Hy het dan ook van die een beroep na 'n ander geslinger, dan was hy ‘agent’, dan leermeester in tale, skermkuns, die ghitaar, dan vertaler en uiteindelik advokaat. Daarby het sy twyfelagtige verhouding met die Mosambiekse slavin Constantia Dorothea le Mordant, wat hom met haar kinders na Natal gevolg het, Boniface 'n uitstoteling gemaak in die stadjie Pieter Maritzburg waar hy eenmaal kort na sy aankoms so kragtig opgetree het en self 'n voorstel in die Volksraad deurgekry het, dat die dwarsstrate na die Voortrekkerleiers moes genoem word ‘omdat deze stad door de Zuid-Afrikanen is aangelegd’.Ga naar voetnoot1) Toe daar geen plek meer vir hom onder die Afrikaners was nie as gevolg van sy eie ongebalanseerde natuur, probeer hy by die Engelse met 'n grammatika-boekie Dutch made easy to an Englishman, methodically given in the form of familiar and amusing Dialogues (1852)Ga naar voetnoot2) in die guns te kom. Dit sou maandeliks verskyn maar slegs die eerste nommer het die lig gesien. Die ‘professor of languages’ soos hy hom op die titelblad noem, het met geweld die pen neergegooi en op sestigjarige leeftyd, in die selfde jaar 1852, eers vergeefs aansoek gedoen om in 'n kranksinnigegestig opgeneem te word en toe deur laudanum 'n end aan 'n lewe, vol moeite en verdriet vir homself en ander, gemaak. | |
6. Laaste werke van de digter De Lima.Vir De Lima moes dit 'n groot verligting gewees het toe Boniface in 1843 vergoed van die Kaapse toneel verdwyn het. Sy onrustige natuur in teenstelling met die van die skrywer van die Bluetts het met die jare kalmer geword. Hy het nog weerwraak geneem op die outeur van Clasius met | |
[pagina 261]
| |
'n stuk van hom in 1835, Aballino Junior te laat opvoer deur sy kindergeselskap,Ga naar voetnoot1) - De Lima was telkens met een of ander kindergeselskap geassosieer, - daar is nog die geveg gewees met J.J. de Kock wat tot 1837 duur en uitgeveg word in die Commercial Advertiser, 'n skermutseling met Dr. Changuion in 1844 oor De Taal der Kapenaren tegen de schandelijke aanranding derzelve van Prof. Changuion,Ga naar voetnoot2) maar dan word dit stiller binne in en kan hy hom rustiger aan sy boekwinkel wy. Hy het hom besig gehou met die samestelling van almanakke, - in 1831 het hy 'n Almanak voor het Schrikkeljaar 1832 opgestel, met vertaalwerk - in 1837 het hy 'n Franse toneelstuk De zwervende Jood vertaal; hy het 'n opsomming gegee van al die ongeregtighede wat om hom in die stad gebeur in Huisbraken en diefstallen in die Kaapstad in 1835Ga naar voetnoot3) en sy joernalistiek, in De Verzamelaar weer van 1839 tot 1848 en later jare in Het Volksblad, voortgesit. Met sy boekhandel het dit so goed gegaan dat hy weer 'n pers moes bemagtig het, maar taamlik onpatrioties het hy die aan die Regering verkoop tydens die anti-bandiete agitasie.Ga naar voetnoot4) Bo alles het hy die verskuns gestel en beoefen en die geleentheidsdigter by uitnemendheid van die Kaap geword. In 1840 het De Lima 'n bundel Nieuwe Gedichten uitgegeeGa naar voetnoot5) bestaande uit verskillende afdelings ‘Bijbelstoffe’, Godsdienstige mengeldigte en Vaderlandse sange. Verskeie van die verse soos De Goede Oude Tijden en Welkomst-groet aan zijne koninklijke hoogheid Willem Frederik Hendrik’Ga naar voetnoot6) is vroeër in koerante geplaas; ander soos Ter Herinnering aan de Godsdienstige plegtigheid, bij het leggen van den Hoeksteen der Nieuwe Nederduitsche Hervormde Kerk, in de | |
[pagina 262]
| |
Kaapstad, op den 18 April 1833’Ga naar voetnoot1) en De Uitgewekenen van Port Natal, zijnde eene parodie der alleenspraak van Gijsbrecht van Amstel, bij d'Ondergangk zijner stadt en zijn ballingschap, door Joost van Vondel’, is oorspronkelik in pamflet-vorm gedruk. Waarom hy laasgenoemde 'n ‘parodie’ noem is nie duidelik nie, want dit is hoegenaamd nie die toon van wie òf Vondel òf die Trekkers wil bespottelik maak nie, wat hier opklink. Dit open met 'n sug: ‘Gij hebt, ô Kaapsche Boer! u dus ten lange leste,
Onttrokken aan uw land en oude Riebeeks veste.
Hy begryp die vryheidssin van die boer, die ingebore Hollandse aard wat hy nie kan verloor nie: “het Hollandsch kroost duldt niet dat men het regt verschopp”.
De Lima hoort duidelik tot die skool van Bilderdijk en Tollens in verse soos Aan Het Nederland, De Hollandsche Taal en Bij Begelegenheid dat op De Kaapsche Reede, zeven Hollandsche schepen lagen,Ga naar voetnoot2) waarin die chauvinistiese, brallende sekerheid oor die Hollandse prestige des te hinderliker opval, as ons die Afrikaanse werklikheid onder oë neem. In die jare dat die Hollandse taal met rasse skrede agteruitgedring word, sing hy, “verre af van Hollands boorden”, met 'n skrikbarende selfvoldaanheid: “Zoo lang de Bat slechts adem haalt;
Zal Neerlands taal niet zwichten.”
Maar dit was die taal van sy tyd en ons moet die geleentheidsdigter uit kultuur-historiese oogpunt benader. Hy het self besef dat “elke leeuw kan slapend raken”Ga naar voetnoot3) en hom en sy lesers gevlei met die gedagte dat dit slegs is om met dubbele kragte wakker te word. Lewendig het hy meegeleef met die Belgiese opstand en in UitboezemingGa naar voetnoot4) met dwase vreugde | |
[pagina 263]
| |
'n “zege-krans en een -laurier” vir die mees roemlose gebeurtenis in die Nederlandse geskiedenis van die 19de eeu, die skeiding tussen Noord en Suid, gevleg. Die Dietse leeu was dieper ingedut as ooit te vore, maar 'n geleentheidsversmaker, wat nie vleiend is nie, deug nie, en De Lima het die gebeurtenisse waar hy binne in gestaan het met ander oë bekyk as “Hollands kroost” van 'n eeu later het, in wie se naam hy voorbarig genoeg was om 'n danklied te dig by die skeiding van Noord- en Suid. Hierdie werk, hoe vol oorskatting ook al, was tog 'n steun in die moeilike stryd van handhawing van Hollands as kultuurtaal in Suid-Afrika. Geen sterfgeval, verjaarsdag, afskeid of bruilof in die vernaamste maatskaplike kringe, het hy onbesing gelaat nie en dit steeds in Hollands bly doen, suiwer en betekenisvas in die gebruik daarvan, toe die mode al lang die Engelse taal voorgeskryf het. Hy is die kunsliefhebber van Kaapstad. So het ons in 1822 'n lykdig: Bij het afsterven van Den Heer Anton Anreith “in wiens geest een schat van kunsten school”Ga naar voetnoot1) waarin die gemis van die groot Kaapse beeldhouer en kunsskilder betreur word, en 'n vers Bij de Opening der Gouvernements BibliotheekGa naar voetnoot2) in dieselfde jaar, waarin die gemis enigsins vergoed word deur die oprigting van “de plaats Minerv' gewijd”. In die langste gedig in die bundel, Mijn GezelschapGa naar voetnoot3) spreek die man van groot geleerdheid, wat sy geselskap vind in honderde boeke van tientalle skrywers uit die Nederlandse, Franse, Engelse, Spaanse, klassieke taal- en literatuur. Veel gebruik sou hy gemaak het van die nuwe biblioteekgebou, te meer daar, volgens Boniface, sy eie “kakelbont” was en heelwat te wense oorgelaat het. In 1846 het hy nog 'n lied Ter Verjaring.... van P.B. Borcherds gedig, in 1861 'n Vaarwel aan Sir A. Stockenstrom en in 1856 'n Heilgroet bij de Gouden Bruiloft van P.B. Bor- | |
[pagina 264]
| |
cherds.Ga naar voetnoot1) In dieselfde jaar (1856) is ook De Kalifa, Verzameling van Memories, Verklaringen en andere Papieren, in verband met het onderzoek omtrent het vieren der Kalifa’ deur hom na die Engels bewerk.Ga naar voetnoot2) Die Kaapse Maleiers was onseker en ongerus of hul die ‘Kalifa’ as 'n godsdienstige seremonie of as 'n gewone feestelikheid moes beskou. De Lima was van mening dat daar geen godsdienstige betekenis moes aangeheg word nie. Vir die godsdiens het hy altyd eerbied gehad soos blyk uit sy talryke godsdienstige sange en beryminge van Bybeltekse uit Genesis en die Psalme in Nieuwe Gedichten; deur sy raaiselagtige leefwyse het hy dikwels afgesak na die kwartiere van die Maleiers en ons kan dus aanneem dat hy hier weer as man van verbasende kennis en geleerdheid praat. In 1854 het hy die Census of the municipalities of Cape Town opgestel en in 1857 die Titles and index to ordinances (1825-'56), sy laaste werk. Die ramp van die dood van 'n aangenome seun deur 'n ongeluk in 1857, het hy nie lank oorleef nie en is 'n jaar daarna oorlede. De Lima is begrawe uit die Kaapse kerk deur dr. Servaas Hofmeyr en sy lyk is in die grafkelder van sy goeie vriende die Therons bygelê. Suasso de Lima is 'n wonderlike maar ook 'n bewonderingswaardige persoonlikheid gewees. Die Kaapse jeug het hom nageroep ‘ou de Lima een voet skoen’; die oorlewering vertel vreemde anekdote van hierdie eksentrieke man;Ga naar voetnoot3) sy vyande het hom gehoon in spotprent en hekelvers en hekeldrama. Hy het gedurig in finansiële verknorsing gesit en het die drumpels van die geregshof uitgeloop om met 'n lastersaak of anderssins wat geld by mekaar te kry om sy skulde te betaal; een keer het hy dit selfs met diefstal probeer en in die tronk beland (1829), wat die skrywer van Clasius die spitsvondige aanhaling uit Shakespeare ingegee het, ‘who steals my purse, steals trash’. Maar De Lima het hom Diets gevoel; | |
[pagina 265]
| |
hy het die Hollandse taal gehandhaaf en liefgehad omdat dit syne was; sy twiste en rusies was vernaamlik met die Fransman, nie met dieAfrikaners nie vir wie hy 'n loflied gesing het. As Hollandse geleerde, literator en joernalis het hy sy aangenome vaderland dienste bewys, wat hom 'n ereplek gee naas Meent Borcherds onder die vroeë skrywers, toe die drukpers so pas ingevoer was en die druk van oorheersing sy eerste loodsware gewig voelbaar gemaak het. |
|