Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 1 (1652-1875)
(1934)–Elizabeth Conradie– Auteursrecht onbekend'n Kultuur-historische studie
[pagina 184]
| |
Hoofstuk VIII.
| |
[pagina 185]
| |
Groot-Trek louter politiek, louter 'n doelbewuste, nasionale beweging was, wat van 1833 af sorgvuldig voorberei is deur die kommissies uitgestuur deur Piet Retief en Gerrit Maritz na Bechuanaland, die Vrystaat en Natal,Ga naar voetnoot1) of daar 'n godsdienstige element in te konstateer isGa naar voetnoot2) en of die algemene uittog gedeeltelik 'n uiting is van die ingebore treksin van die boer. Een ding staan onomstootlik vas - vir die behoud van die Hollandse taal en die Dietse kultuur was daar geen belangriker gebeurtenis in ons ganse geskiedenis nie. Ons kry eers dan 'n juiste begrip van ons verlede, as ons bereid is om die literêre weergawe daarvan, hoe rudimentêr dan ook al, in die taal en vorm van die tyd as ons eie te aksepteer en nie los en vas stukkies uit te pik nie wat toevallig ‘'n hele paar Afrikaanse woorde’ bevat om die alleen by ons Afrikaanse letterkunde te reken nie.Ga naar voetnoot3) Die briewe uit die trekkersperiode,Ga naar voetnoot4) die Dagboeke van Louis TrigardtGa naar voetnoot5) en Erasmus Smit,Ga naar voetnoot6) die Joernaal van Sarel Celliers,Ga naar voetnoot7) die Gedenkskrift | |
[pagina 186]
| |
van Anna SteenkampGa naar voetnoot1) en Herinnering van Ferdinand Paulus van GassGa naar voetnoot2), is 'n stuk nasionale letterkunde uitgegee as historiebronne in 'n tyd van herlewing, toe die vraag na eie geskiedenis eindelik weer kragtig gestel is, na die lang ‘maer jare’ van insinking en onderdrukking. Daar is 'n duidelike neiging in die rigting van Afrikaans by die briefskrywers en by Trigardt, hy verwaarloos die werkwoordsvorme en die uitgange, gebruik die dialektiese i vir e in ‘ind’, ‘omtrind’, ‘Novimber,’ maar die taal en styl, en woordekeus is dié van die skryftaal van die generasie van die eerste helfte van die neëntiende eeu en die werk moet as 'n eenheid volgens hulle norme beoordeel word. | |
2. Dagboek van Louis Trigardt.Louis Trigardt (1783-1838) was die leier van die eerste klein trekkie, wat in 1835, nog voor die Groot-Trek, die Kaapkolonie verlaat het.Ga naar voetnoot3) Die hele trek van sy mede-aanvoerder Johannes Hendrik Janse van Rensburg, ‘Lang Hans’ het 'n graf in die wildernis gevind op geen enkele uitsondering na nie. En op die klein kerkhoffie in Delagoabaai was daar slegs vyf-en-twintig oorlewendes, meestal vroue en weeskinders, om afskeid te neem van die grawe van Trigardt en sy Voortrekkers, voor hulle met die ‘Mazeppa’ deur tussenkoms van Andries Pretorius, die Pietermaritzburgse generaal, afgehaal en veilig in Port-Natal besorg word op 19 Julie 1839. Die byna bomenslike ontbering en ellende, die hele treklewe en die invloed daarvan en van die primitiewe rasse op die trekkers, die nasionale tipes in die trekkende gemeenskap, vind ons uitstekend geskilder in die ‘boek’ van | |
[pagina 187]
| |
die voorste-voortrekker Trigardt. Tereg sê die uitgewer, ‘vir 'n aankomende nasionale letterkunde ag ek die Dagboek van seer besondere waarde.’Ga naar voetnoot1) Die familie Trigardt stam uit Uddevalla, Sweden. Die stamvader, Carel Gustaaf Trigardt, is in 1744 hier getroud met Susanna Kuun, van Duitse afkoms. Die seun van Carel Gustaaf, vader van Louis, Carel Johannes is in Stellenbosch gebore in 1753 en in 1777 getroud met Anna Elizabeth Nel wat die familie voortgeplant het met twee seuns en twee dogters, Carel, Louis, Maria en Susanna. Die skrywer van die Dagboek is op 10 Augustus 1783 gebore as die jongste uit die gesin van vier kinders. Sy ouer broer Carel is nog op Stellenbosch gedoop op 13 April 1783, maar hy heelwaarskynlik op Swellendam voor sy vader na Uitenhage en vervolgens na Graaff-Reinet verhuis het. Die vader in die kapasiteit van burger-offisier en 'n oom, 'n heemraadslid het naas kommandant Van Jaarsveld 'n leidende aandeel geneem in die opstootjies op die grense, 'n naklank van die Europese gebeurtenisse en 'n verset teen die wanbestuur van die Kompanjie, wat as gevolg gehad het, dat Graaff-Reinet vir byna twee jaar langer as die Kaapkolonie die Hollandse vlag oor hul eie republieke laat wapper het. Toe die ‘Nasionale Vergadering’ op Graaff-Reinet en die ‘Nasionale Konvensie’ op Swellendam afgekondig is, is daar twee burgerrade by die landdros en heemrade van Graaff-Reinet gevoeg, nl. kommandant Van Jaarsveld en burger-offisier Trigardt. Die plaaslike gesagvoerders, waaronder ds. Manger, die man van die groot kerkskuld volgens Van Reenen, moes buig onder die ‘Nasionale Vergadering.’ Die jong Louis het die bewoë tydperk meegemaak in 'n atmosfeer van republikanisme, as man die vryheidsin van die republikein uitgeleef, hoewel hy 'n gevoel van eerbied gekoester
het vir die ‘allergenadigste Koning Frederik Willem den 1sten’, Koning der Neder- | |
[pagina 188]
| |
lande.... onse Vader’ in sy ‘Toepassing op onse vader,’Ga naar voetnoot1) as simbool van die steun van die stamland, waarop hy gehoop het. Na die inbesitneming van die Kaap deur die Engelse en die hysing van die Engelse vlag voor die Graaff-Reinetse drostdy deur landdros Bresler, het die republikeine die vlag neergehaal en besluit om hul op die moederland te werp vir steun teen die Engelse ‘beskermers.’ Toe al hul pogings misluk het en die Dragonder- en Pandoere-regiment Bresler in die landdrossetel gehelp het, het die familie Trigardt met verskeie bittereinders, oor die Visrivier gevlug en dreigemente nog voëlvryverklarings het hul in die Kolonie teruggekry voor die teruggawe aan die Bataafse Republiek. In die rumoerige streek het Louis sy skooljare deurgebring, waardeur daar in sy opleiding heelwat leemtes oopgelaat is, maar wat. hom tog in staat gestel het om die pen te hanteer en 'n boek van blywende nasionale betekenis te skep. Op Graaff-Reinet is hy in 1810 met die vyftienjarige Uitenhaagse dame, Martha Elizabeth Susanna Bouwer getroud, 'n kleindogter van Jan Lodewyk Bauer van Hessen - Cassel. Daar het dus van albei kante Duitse bloed in die Afrikaanse adere van hul groot kroos gevloei, waarvan net vier die trek oorleef het. Aanvanklik het die trek net uit die familie, die onderwyser Daniel Preffer, 'n paar bywoners waaronder ou Albach, bestaan. Ons hoor ook van bure, die Van Aardts, De Langes, Van der Merwe en Van Dyk, maar dié het heel waarskynlik nie ver meegegaan nie. Nicolaas Prinsloo, Jan Pretorius, Hendrik Botha, Gert Scheepers en Hans Strydom het hul later aan die Grootrivier, laasgenoemde miskien eers aan die Vaalrivier, by die trek gevoeg wat oorspronklik by die Van Rensburgers behoort het. Al hierdie figure, sommige meer, ander minder interessant, het Trigardt in sy Dagboek afgemaal. Pieta, die tweede seun, is die vader se regterhand. Op elke bladsy word iets van hom vermeld, sy geluk of ongeluk op die jag, sy versorging van die vee, optrek van krale, skool-geboutjie en huis, regpak van sy wa, koorssiekte, ondervinding | |
[pagina 189]
| |
met 'n leeu, ens. Die gedienstige, gewillige jongman, het ook sy buie gehad en dan het die vader ook oor sy oogappel die tug kom handhaaf:Ga naar voetnoot1) ‘De avond sprak ik met Pieta, gaf hij mijn geen antwoord maar een suure gezigt, waar ik boos om worden ken. Was ik met een jukscheij agter hem, kon hem niet krijgen.’ Die oudste seun Carolus, die ontdekker van die Victoria-waterval op die Zambesi,Ga naar voetnoot2) is kort voor die uittog in 1835 getroud met Cornelia Bouwer. Hy was eintlik die wamaker, van wie 'n mens die indruk kry dat hy afgunstig was en nogal haastig van humeur, en sy seningarms, waarmee hy daagliks wabande smee, by die minste provokasie op sy handlanger Botha lelik kon laat neerbeuk.Ga naar voetnoot3) Botha is 'n ongeluksvoël. As hy in die smidswinkel messe maak, breek Carolus per ongeluk 'n stuk van die lem af, wat uitloop op die heftigste rusie, waardeur hy 'n vuishou opdoen; as hy koperkoëls moet giet, smelt die kleipot maar die koper nie, as hy wabande gemaak het, is dié eers te groot, as hy dit kleiner maak te klein - en ‘toen ouwe Botha de wielen omtrind 8 of tien dagen de houd werk klaar gemaakt had, toen hy het opbranden zouw, zag men dat de honijd-wormen in de doorn houte speeken was Zei ouwe Botha Koot.... dat is een zoon van juffrouw Schepers.... dat dootsteeken moet met een doorn. Die gaten was bijna doorgefreet. Hij zei aan Koot, hij moet ter degen keijken, en steek het altoos doot.’Ga naar voetnoot4) Gedurig steek die dagboekskrywer die draak met Botha, lag hom uit omdat hy so 'n slegte skut is, noem hom in skerts ‘ouwe Botha’ terwyl hy nog maar neën-en-dertig jaar oud was toe hy in April 1838 in Delagoabaai oorlede is. Maar dit is eintlik die bywoner Izaak Albach, wat die harlekyn van die trek is en tog ons medelyde opwek, as hy by die leier kom klae | |
[pagina 190]
| |
‘dat hij verstoten werd van alle.’Ga naar voetnoot1) Hy het hom vir 'n Fransman uitgegee, onder Napoleon gedien en aan die Kaap 'n baster-familie verwek, wat hoe hulle hul ook al eenkant gehou het op die trek, telkens aanleiding gee tot stoornis en ergernis onder die blankes sowel as onder die Boesmans. Sy gebroke Hollands word spottenderwyse onophoudelik nageboots in die Dagboek. As die tien osse, wat die ongelukkige Botha op die jag gehad het, uitbly, waaronder die enigste een van Albach en al drie van Antje Scheepers, vind die volgende gesprek plaas:Ga naar voetnoot2); ‘Algmate Carol, mijn eenige os wek. Die weduwee Antje Scheepers is een van die interessantste vroue van die trek. Albach se ondervindings met weduwees het hom vroeër 'n ‘verdom vransman’ en ‘die bees-stok ater schouw-blat’ besorgGa naar voetnoot3), maar teenoor hierdie kranige vrou koester iedere man die grootste respek en staan haar orals by in haar versorging van haar nege kinders. Sy kan hul darem zelf in toom hou, deins nie daarvoor terug nie ‘om haar grootste kinderen eider een pak slagen te geven’Ga naar voetnoot4) as hulle parmantig teenoor haar is en sorg dat die jongeres op skool bly om die eerste beginsels van onderwys te ontvang. Die sewentigjarige skoolmeester, Daniel Pfeffer, het sy hande vol gehad, eers met die optrek van 'n skoolgeboutjie en daarna met die onderrig, nie alleen van 'n twintigtal kinders nie, maar ook van volwassenes soos Breggie Pretorius, wat saam met haar twee kinders les gekry het. Louis Trigardt | |
[pagina 191]
| |
is die skrywer, by wie daar die drang is om in sy dagboek op te gaan, die skoolmeester, die man van die praktyk. Pfeffer was 'n baastuinier, vind dit ‘hier bedorven en daar bedorven’ as die oneerlike Strydom, die bywonertipe, ‘zes mielies, zes komkommers en tien geele wortels’ vir hom uit die tuin meebring en hy agteraf moet hoor dat Strydom die Kaffer nie minder as ag mielies gegee het nie. ‘Zei de ouwe, Dieven willen zy niet weesen en steelen ken zy niet laaten!’Ga naar voetnoot1) In April 1837 open hy sy skool op Rietvlei, die geboutjie waarvoor Pieta met soveel ywer hout aangesleep het en dekgoed laat sny het; in Junie van dieselfde jaar is hul aan Dorenrivier en ‘de morgen heb ouwe Daniel de kinders weer weer in de school gezit.’Ga naar voetnoot2) In sy hoë ouderdom is die goeie stille onderwyser nog 'n hartstogtelike jagterGa naar voetnoot3) en hy maak die hele lang vermoeiende tog mee tot in Lourenço Marques, waar die koors hom in sy ag-en-sewentigste jaar afmaai. Die man, wat die trekkers van analfabetisme bewaar het, wat hul 'n beskawing bygebring het, hoe primitief ook al, wat hul in staat gestel het om 'n hoë sedelikheid onderling en teenoor die omringende Kafferstamme te handhaaf, was so sleg bedeeld van aardse goedere, dat Trigardt vir sy begrafnis moes betaal: ‘Ik liet hem begraven, en betaalde zyn begrafenis. Ik kon niet doen wat ik wouw, wand mijn vrouw was zoo sleg die morgen, dat wij niet dagte dat zij de avond zien zouw.’Ga naar voetnoot4) Vier dae ná hul aankoms in die Portugese stad, op 13 April 1838, ná 'n trek van ag maande uit Soutpansberg het Trigardt se vrou, drie kinders en Daniel Pfeffer, gelyk siek geword. Die wolke het vinnig om sy kop saamgepak. Op 1 Mei staan hy voor die sterfbed van sy ‘lieve vrouw’. Die stoere voortrekker, wat vir geen gevaar teruggedeins het nie, wat met onfeilbare intuïsie, byna sonder kommentaar | |
[pagina 192]
| |
oor sy moeilikhede,Ga naar voetnoot1) sy trek van nege waens en swaar kuddes veilig oor die verskrikkinge van die Drakensberge gelei het, die man wat as 'n vaderlike regter sy gemeenskap gestraf het, waar dit nodig was, wat veertien maal in die loop van 'n paar dae die groot Olifantrsivier deurgetrek het, sy mense gehelp en getroos het in tye van siekte en nood, snik soos 'n hulplose by die afskeid van sy lewensgesellin. Maar ook in sy grootste smart bly hy waardig; ons leef die hele smartvolle dag met hom mee en die slot van sy Dagboek bring die oortuiging vir wie nog nie oortuig is nie, dat die werk van 'n eenvoudige boer tot ons klassieke behoort:Ga naar voetnoot2) ‘De morgen toen de haan kraaij stond ik op, om te zien of ik niet eits te horen kon komen hoe mijn lieve vrouw gesteld mag wesen, maar dat was alles stil in de huis; ging ik weer leggen. Maar kon niet slapen, is ik weer op gestaan met de tweede hane kraaij, was het nog niet dag; heb ik met ongedult de tyd af gewagt dat de jufr. haar deur open mog maken. Ik steurde Carolus om aan te kloppen en na zijn moeder haar toestand te vernemen. Hy kwam terug, en zei dat zijn moeder redelik is maar zeer swak. Ik ging ten eersten na haar kamer, en zei haar Goede morgen. Zij sprak zoo sag dat ik bijna niet verstaan kon wat zij zei! Ik vraag haar, of mijn lieve vrouwe mijn kende; zij antwoorde, of zij mijn dan niet kennen zouw. Maar zoo belemmert dat ik bijna niet verstaan kon wat zij sprak. Toen zag ik dat mijn gevoelen maar al te waar gegrond was! Dat ik haar niet weer met gezontheid zien zouw! Van die ogenblik nam de droefheid zodanig de overhand op mijn, dat ik niet wis wat ik deet of spreken zouw. De Kinders weende met mijn, het welk mijn nog meer en meer mijn beswaarde gemoed bedroefde. Ik nam afschijd van haar voor dit leven, maar dagte haar in de huis des hemelschen Vaders weer te zien, en klaagte bij Hem niet, maar bid dat hij mijn tot hulp mag komen. De wille des Heeren moet geschieden, en alle ons moeite en sorg was te vergeefs. Omtrind elf uur nam de Allemachtige God haar weg! | |
[pagina 193]
| |
Met vaste vertrouwen in...... ik ben!Ga naar voetnoot1) Dat mijn waarde en teer beminde lijf een salige verwisseling gedaan heb. Egter ken ik mijn niet troosten. De droefheid overstelp mijn zodanig, dat ik bijna buiten mijn kennis raakte. De heer en jufr. trooste mijn, maar voor mijn is geen troos op aarde. Vir haar plesier is die boek geskrywe, 'n dagboek wat loop oor die tydvak van 31 Julie 1836 tot 13 Januarie 1837 en byna sonder onderbreking van 25 Januarie tot die dag van haar dood.Ga naar voetnoot2) Ander motiewe kon in die spel gewees het; daar was nl. by hom die drang om te skrywe, hy kon gedink het aan die rapport wat hy later by generaal Potgieter sou wou indien, aan 'n soort van rekening-koerant om die aanwas en vermindering van sy vee en dié van sy kinders, die opbrengs van ivoor en huide by te hou, maar langsamerhand het dit deur die bemoediging van sy vrou en sy eie skryflus aangegroei tot 'n omvangryke kroniek van huislike gebeurtenissies waarin sy behae geskep het. Daar hul geen ander lektuur as die Bybel en miskien 'n gesangbundel in hul besit gehad het nie, wat Pfeffer bo-op as teksboek daagliks gebruik, is dit begryplik dat die humoristiese opmerkinge, die spot en kritiek, die rake tekeninge 'n bron van blywende genot vir haar moes gewees het, waarop sy telkens kon terug kom. Met haar dood is alle entoesiasme vir sy ‘boek’ geblus, 'n werk wat nooit vir die pers bestem was nie, al meen die skrywer terloops om deur middel daarvan ‘aan mijn Natie te zeggen wie van haar (Kafferkapiteins) goed of sleg is.’Ga naar voetnoot3) Soos 'n tweede Huygens slaan hy sy Dagwerk dig, teken nog slegs op 10 Augustus 'n enkele sinnetjie aan - ‘had ik een stille verjaarsdag, dog zal daaraan gedenken’Ga naar voetnoot4) - en voor | |
[pagina 194]
| |
die end van die jaar word hy naas sy vrou en die manne van sy trek onder die wilde vyeboom begrawe toe nog net 'n paar vroue en weeskinders sy heengaan kon betreur. Dié keer daarvandaan oorsee na Natal en die beskawing terug met die hulp van hul landgenote. Die ontroerende skoonheid van hierdie verhaal, die Ilias van lyding, word verhoog en verdiep deur die eenvoud van taal en styl. Sonder oordrywing is dit die Afrikaanse Pepys' Diary van die Trek genoem; ‘het is zelfs beter geschreven dan dat werk.’Ga naar voetnoot1) Die eerste uittog oor die Vaalrivier het op 'n jammerlike mislukking uitgeloop wat die stigting van 'n onafhanklike staat betref. Maar hulle was baanbrekers op die weg na die noorde en in hul voetspoor het Potgieter en Maritz in 1839 gevolg toe die toestand in die kolonie onhoudbaar word. Die resultaat van die sendingbedrywigheid van die Londense Genootskap was, dat die Minister van Kolonies, lord Glenelg, in die jare 1835-1938 'n naturellepolitiek gevoer het, wat op soveel ontevredenheid uitgeloop het dat ‘de keur der Grensboeren’Ga naar voetnoot2) besluit om die kolonie met sy Engelse bestuur, wat hul geen beskerming aanbied nie en verbied dat hulle hul op die manier sou beskerm, te verlaat. | |
3. Erasmus Smit, 'n miskende kultuurdraer.Toe die emigrante op die punt staan om die Kolonie te verlaat, het hulle moeite gedoen om 'n predikant mee te kry, maar sonder sukses.Ga naar voetnoot3) Op versoek van die owerheid het sommige predikante teen die ‘uitgewekenen’ te keer gegaan en selfs geweier om die kinders van die trekkers in die verbygaan noordwaarts te doop.Ga naar voetnoot4) Groepsgewyse is die trekkers | |
[pagina 195]
| |
uit die Kolonie uit. Trigardt en Van Rensburg was reeds ver in die noorde toe die laers van Hendrik Potgieter en Gert Maritz volg om op die Vrystaatse hoëveld voorloopig tot stilstand te kom. In April 1837 het Piet Retief hom daar by hul aangesluit. Toe hulle geen predikant kon saamkry nie, het Gert Maritz besluit om sy swaer Erasmus Smit,Ga naar voetnoot1) 'n ongeordende sendeling as leraar mee te neem. Hy word dan die skrywer, die vernaamste kultuurdraer van die nomadiese groep, sy reisende gemeente. Aan behoorlike ordening is in die dae veel gewig geheg en daarom wou die verskillende trekkers veral van die party van Potgieter hom nie as predikant erken nie en het liewer na die diens van die Wesleyaanse sendeling Archibell wat op Thaba 'Nchu sy sendingpos gehad het, gegaan. Archibell het selfs in die laer van Potgieter kom preek, iets wat Smit so gegrief en ontmoedig het dat hy daaraan gedink het om nie verder na die beloofde land te worstel nie maar terug te keer na die vleespotte van Egipte. Al die persoonlike smaad en hoon hom aangedaan, die hele lydensgeskiedenis van die Groot Trek, 'n kykie binne-in die laers, binne-in die tentwaens, binne-in die harte van die baanbrekers word ons gegee in die Dagboek van die sendeling-skrywer, 'n werk wat tot die grootste skatte van ons trekkers-geskrifte kan gereken word. Erasmus Smit is in Amsterdam gebore. Toe hy 'n jaar oud was, is sy moeder oorlede en in sy agste jaar vertrek sy vader as onderstuurman na Oos-Indië en Erasmus word saam met die kinders van ander seevarende wewenaars in die Aalmoezeniers-weeshuis in Amsterdam geplaas. As jong seun het hy die Franse oorlogstroepe op 19 Januarie 1795 deur die Leidse poort sien binnemarsjeer en jare later, in die skroeiende | |
[pagina 196]
| |
hitte van die Vrystaatse vlaktes herinner hy hom nog hoe ‘de soldaten waren genoegzaam zonder klederen, hoeden en schoenen en dat in 't midden van 'n barre, strenge, koude winter. Alleen waren de soldaten met 'n oude vuile kombaars om 't naakte lijf omhangen; en hadden 'n stuk rauw vlees en brood op de spits van hunne geweersbajonet gestoken; 't welk 'n akelig gezicht was voor onze beschaafde en rijke wereldstad.’Ga naar voetnoot1) Die Aalmoezeniers-weeshuis het hom versorg tot 1801 toe hy dit verlaat om sendeling te word. Die ‘Nederlandsche Zendelingen genootschap’ het hom opgelei en op 5 September 1802 neem hy van hulle plegtig afskeid met die plan om in Suid-Afrika onder die heidene te gaan werk. Sy inseëning het in die maandelikse byeenkoms van die genootskap plaasgevind, maar dit het geen reg tot die bediening van die sakramente gegee nie. In September 1802 het die eerste drie sendelinge van die Nederlandse Genootskap, Smit, Eeckhout, en Roesteen in Texel aan boord gegaan. Maar dit word Oktober 1804 voor Smit eindelik in die Kaap land. In sy Dagboek teken hy die rede hiervoor aan op Woensdag 20 September 1837: ‘Deze dag herinnerde mij, dat 't nu 36 jaar is, sedert ik van de rede van Texel in zee stak, met 't schip de Zeenimf gevoerd door de schipper Cornelis Koter, om naar de Kaap de Goede Hoop te zeilen; waar ik, na 'n lange reis, op de 16e October 1804 in de baai Vals, met mijn 4e schip laatst uit Nieuw York, Noord Amerika gezeild, van 250 man alleen behouden aankwam.’ Deur swaar storms het die skip in Amerika tereggekom waar die ander twee sendelinge agtergebly het. Die verskrikking van die storm het hom altyd bygebly maar op die trek het hy nog erger Afrikaanse storms beleef wat hom laat getuig:Ga naar voetnoot2) ‘Ik heb nooit in mijn leven op aarde zulke zware, aanhoudende en hardklaterende donderslagen gehoord. Op mijn tweejarige seereis in 1802 en 1803 heb ik, aan | |
[pagina 197]
| |
de westkust van Afrika, wel zware donder gehoord; maar niet zo vreselik geducht hard en lang aanhoudend, als heden een uur van de Drakansberg, zijnde in Zuidoost-Afrika.’ In die Kaap het sy moeilikhede dadelik begin, daar hy nie georden was nie, met die gevolg dat hy verbied word om godsdiensoefeninge te hou. Onderwyl het die Kaap vir die tweede maal in Engelse hande oorgegaan en in 1814 tree hy, die eerste Hollandse sendeling van die Nederlandse genootskap, in diens van die Londense Sendinggenootskap, gaan werk onder die Boesmans op Genadendal en van 1822 af onder die Hottentotte op Stellenbosch. In 1825 hoor ons dat hy aangestel is as onderwyser in die skool vir slawe-kindersGa naar voetnoot1) daar, maar hy raak in geldelike moeilikhede en is verplig om in 1830 die taak van verkondiger van die Evangelie aan die swart kreature te verwissel vir dié van huisonderwyser op Olifantshoek (Alexandria) vir die kinders van sy aangenome volk, wat van haas alle voorregte van onderwys verstoke was. Smit het in die huwelik getree met Susanna Catharina Maritz wat nie minder as twintig jaar jonger as haar man was nie, 'n trekkergesellin, wat hom as onderwyseres bygestaan het op Olifantshoek sowel as op reis en by die opstel van die dagboek, die verrigting van sy skryfwerk dieselfde aanmoediging en nog meer hulp kon verleen het as Martha Bouwer aan Louis Trigardt. Die DagboekGa naar voetnoot2) getuig van hul omswerwing van November 1836 tot 31 Januarie 1839, wanneer hul in Pietermaritzburg tot stilstand kom en die moedige twee ou Voortrekkers die pen neerlê in die hoop en verwagting dat hulle die beloofde land deelagtig geword het. Daaruit konkludeer ons dat hy sy pligte getrou vervul het, Sondags tweemaal gepreek en katkesasie gehou het vir die jongmense. Twee waens naas mekaar getrek en met 'n seil daaroor gespan, het as kerkgebou vir hierdie trekkende gemeente gedien. Eentonig is dan ook die opsomming van al die tekste met die punt- | |
[pagina 198]
| |
verdeling waaroor hy telkemale preek,Ga naar voetnoot1) dor die boek der kronieke wat die kerklike verrigtinge betref, ‘maar in zijn ongekunsteldheid is het boek aangrijpend van een ernst, die aan tragedie grenst.’Ga naar voetnoot2) Hier het ons 'n deurleefde beskrywing van wat daar gedurende die gedenkwaardigste, mees romantiese periode van ons geskiedenis voorgeval het, 'n tekening van die groot Voortrekkers, Piet Retief, Potgieter, Maritz, Sarel Celliers ens. deur 'n man wat van hul alles te hoop en te vrees gehad het. Eersgenoemde veral was die beskermheer van Smit en geniet die meeste aandag van die skrywer. Toe Piet Retief hom in 1837 by die laer van Maritz voeg en gekies word tot algemene leier met die titel van ‘gouverneur’ wou hy Smit as vaste predikant met 'n vaste salaris aanstel. Vir die plegtige voorstelling het Smit 'n inwydings-predikatie voorberei en dit ook gehou maar die bevestiging moes 'n maand uitgestel word weens ‘een groote onstichtelike beweging in de kerk.’ As hy 'n maand later self die formule gelees het, homself die gewone vrae stel, Retief hom voorgestel het aan die gemeente, weier Sarel Celliers en sy aanhangers om hom te erken as hul dominee. En met die dood van Retief verloor hy sy grootste steun. Dan gaan dit met hom decrescendo. Wanneer 'n groot figuur soos Trigardt met die wêreld rondom in botsing kom, wanneer hy geen vorm en uiting vir sy innerlike gawe kan vind nie, ontstaan daar tragiese spanning. Maar spanning en die tragiese ontstaan ook wanneer 'n middelmatige of selfs swak natuur soos Smit verantwoording op hom moet neem, wat hom neerdruk en sy rus verstoor. Die geniale mens word groter en sterker deur sy noodlot, die middelmatige wil rustig en in die skaduwee bly, hy wil geen felbewoë lewe nie, hy is bang vir die leed en as dit hom van buite af opgelê word, ly hy nog verskrikliker dan die groot tragiese held wat sy verdriet in sy werk kan omsit. So is die lewe van | |
[pagina 199]
| |
Erasmus Smit een van die sprekendste voorbeelde uit ons geskiedenis van die middelmatige mens wat deur 'n onsigbare hand bo sy middelmatigheid gestoot word. Hy is geen held vir 'n roman nie, in gevaar slaan hy dikwels 'n swak figuur naas die onverskrokkendheid van Maritz en Retief, hy is agterdogtig teen die Engelse sendelinge, miskien tereg, teen Sarel Cilliers ook waar daar geen belediging bedoel is nie, want die omdoling in ‘de woestijn’ het vir hom ontberinge en angs en verdriet gebring waarvoor hy nie in die wieg gelê is nie. Soos Trigardt vol is van Pieta, so styg daar uit die Dagboek van Smit 'n beeld op van ‘mijn zoon Salomon’. Af en toe hoor ons dat daar 'n brief verstuur is, of een aangekom het van die oudste seun George, wat in Uitenhage agtergebly het en daar getroud is. Hierdie berigte na lange tussenpose is vir die ouers altyd ‘zeer verblijdend in deze tans bedroevende woestijn van Afrika’,Ga naar voetnoot1) maar hul trots, hul hulp en steun is Salomon. Nêrens is die dagboekhouer simpatieker as in sy vadertrots en vaderliefde. Die behoue gedeelte van die Dagboek open met 'n mededeling dat Salomon met byle en sae uitgery het om brandhout te haal waaraan daar altyd skaarste op die wye vlaktes was.Ga naar voetnoot2) As daar kruit moet gemaak word ‘waar ook onze Salomon meester in is’,Ga naar voetnoot3) kyk die vader die bedrywigheid met genoeë aan, maar as die seun op 'n patrollie gekommandeer word om ondersoek by 'n Boesmankraal in te stel na gestole perde, leef hy in die grootste angs en spanning tot die volgende dag, tot hy kan opteken ‘heden tegen de avond kwam onze lieve Salomon, God zij dank! met de patrolje weer by onze wagens in welstand tot onze vreugde thuis.’Ga naar voetnoot4) 'n Week later weier hy beslis om Salomon op die kommando teen Oemzilikats te laat gaan en beweeg hemel en aarde om hom van die lys af te skraap tot hy daarin slaag, tot ontevredenheid van die seun, wat graag met sy oom op | |
[pagina 200]
| |
kommando wou gegaan het: ‘We stelden ons voor ons kind in de bres; en ofschoon onze lieve Salomon brandt van begeerte om op dit kommando mede te gaan, zo kunnen we ouderen om verscheiden redenen, niet besluiten hem van ons af te laten gaan.’Ga naar voetnoot1) Groot is die verligting as ‘mijn zoon Salomon’ met nog agtien manne gekommandeer word om na die kafferkraal van Moshesh te ry, toe Morokko self sy eie sakies opknap en die kommando nie hoef uit te gaan nie. Met sy vriend Izak van Niekerk gaan hy dan op jag en gelukkig vir die oumense is dit Izak wat by 'n ontmoeting met 'n leeu ‘die hem met zyn grote poot 'n goede slag op zijn linkerbil gaf’ die slegste daarvan afkom en danksy die vindingrykheid van die boer dadelik die bynaam kry van Izak Leeuwbout om hom van 'n ander Izak te onderskei.Ga naar voetnoot2) Retief is vader en seun besonder geneëGa naar voetnoot3) en Salomon was gewild en gesien onder die jong mense op trek. Op sy een-en-twintigste verjaarsdag, 30 Mei 1837, was daar groot vreugde in die tentwa-huis. Ons hoor dat hy in Boesmanland op Torenberg (nou Colesberg) gebore is en in die gesprek tussen vader en seun, wat alles behalwe opgewek in die vroeë môre wakker word, hoor ons die ontevredenheid van die jong man met hierdie swerwersbestaan: ‘Papa! nu ben ik 21 jaar; maar ik heb nog niets in de wêreld, om als 'n man wat te beginnen.’ Die vader waarsku dat hy nie sy lot aan die wêreld nie maar aan God moet toevertrou en troos hom dat ander nog met minder bedeeld is: ‘Dat is zo, mijn kind! Gij hebt weinig; maar gij hebt toch 5 paarden; gij zijt gezond; gij kent 'n goed ambacht; gij hebt dus nog meer dan andere. Gij moet niet alleen op uwe meerderen zien. En zie vooral op God. Die voor u mijn kindl en voor uwe broeders en ouders tot hiertoe gezorgd heeft. Die God zal verder wel voor ons zorgen, dat gij, zolang als gij leeft op aarden wel genoeg zult hebben.’ Die versorging was nie lang meer nodig nie, dit was sy | |
[pagina 201]
| |
laaste verjaarsdag. Die 13de Julie teken die vader aan: ‘mijn Salomon is zeer ziek tehuis gekomen van zijn jonge vrienden.’ 'n Paar dae later is hy so ernstig dat hy saggies fluister: ‘Papa, dit is het einde van de reis. Ik zal sterven,’ en verder geen ag meer slaan op die vrolikheid, musiek en sang van sy vriende nie.Ga naar voetnoot1) Die karavaan skuif tog maar ooswaarts die Sandrivier op hoe die vader ook al voel dat ‘'t rijden scheen mijn lijdende zoon meer goed dan kwaad te doen.’Ga naar voetnoot2) Twee dae later as hy biddende, singende, so goed as sterwende was, gaan die leraar onder hierdie sorgelike huislike omstandighede nog om 'n gebed te doen vir die seuntjie van 'n ander familie wat op sterwe lê. ‘Om die weide voor 't vee,’ om die daaglikse brood dus, moet hulle maar steeds verder. Smit wou nog aan Retief voorstel om liewer nie van staanplek te verander nie, maar die moeder meen dat hulle moet langsaam voortgaan en so ry hulle op ongebaande weë 'n hele skof van vier uur met die sterwende kind. Wat daardie dag van die 27ste Julie en die volgende dae in die vaderhart omgegaan het, kan ons vermoed uit die snikke en trane wat daar deur die prosa gaan. Hier styg die dagboek tot diep deurvoelde kuns in sy ongekunsteldheid. Ons zien hoe die skrywer die ganse dag by sy seun in die wa sit, aanskou sy worsteling met die dood, treur saam met sy vadersmart en ‘zeer laat in den avond bad ik nog eerst in stilte op zijn bed neergeknield, voor hem.’ 'n Paar uur later het Salomon aan die end van sy reis gekom. Die hele beskrywing van die siekte, dood en voorbereiding vir die begrafnis is 'n meesterstuk van beheerste smart. As literatuur ontroering in woorde vasgelê is, en ons beste skrywers hulle is, wat die ontroering aan die lesers kan oorbring, dan gee hierdie gedeelte van die Dagboek die reg om Smit tot een van ons beste skrywers te reken. Vol dankbare erkentelikheid maak hy melding van die hulp van sy vriende wat hy in hierdie tyd van beproewing eers reg leer ken het. Retief skrywe die briewe aan die familie, sy vrou maak 'n ‘oversterfhemd, halskraag, muts en aangezichtskroon, deksel voor mijn ge- | |
[pagina 202]
| |
storven Salomon.’ 'n Vriend, sekere Dreyer, ry om te sien of hy nie planke vir 'n doodskis kan kry nie, 'n ander, v. Dyk, maak die kis, Retief die draagbaar. Hy laat ook die graf maak en dien as koster. Die volgende dag, Sondag, 30 Julie, is die vader al vroeg in die sterftent om vir die laaste keer ‘mijn waarde Salomon (mijne beeltenis)’ te sien; hy hou self die lykdiens en met byna bomenslike pligsbesef hou hy na die teraardebestelling sy gewone diens: ‘De oude zwakke en bedroefde leraar werd aanmerklijk door zijn Heer gesterkt om de dienst te volbrengen, tot blydskap voor de deelnemende gemeente.’ Smit het met Aaron geleer om stil te swyg, maar sy vrou was ontroosbaar; die deelneming, gesprekke, psalme, gesange en liedere van hul talrijke vriende kon haar nie tot berusting bring nie. 'n Paar dae later moet hul die sterfplek verlaat, kruip langs die Sandrivier ooswaarts op, by die deur Oemzilikaats verwoeste kafferkrale verby, maar hul gebroke harte het by 'n eensame graf in die veld agtergebly. As daar weer verjaarsdag in die familie gevier word, is die twee stok alleen ‘heden mijn en myner huisvrouw verjaardag: mijn 59e en haar 39e verjaarsdag.’Ga naar voetnoot1) Verder niks; die stemming was te bedruk en gespanne om selfs aan vroeër feestelikhede en huislike geluk te dink op hul geboortedag. In die Dagboek het Smit goed sy eie angs en die algemene onrus wat daar in die laer geheers het, as gevolg van die gerugte en riemtelegramme wat rondgegaan het, weergegee. Op hierdie man, wat die pen makliker gehanteer het as die geweer, moes die worsteling op Vegkop, 16 Oktober 1836 en die ontsettende moord van 17 Februarie 1838 'n onuitwisbare indruk gemaak het, wat hy soos rou krete uit sy geskrif laat hoor. Eers is daar nog by hom dieselfde meely met die barbare wat hy as sendeling aan die Kaap gekoester het en hy is in staat om 'n lewendige, beeldryke beskrywing van die slag te gee as die gevaar geweke is en die boere die oorwinning behaal: ‘De ongelukkige wilden waren als zwarte duivelen gemonteerd; en verschenen in 'n ontelbare menigte, met 'n hels alarmgeschreeuw, slaande op hunne schilden als | |
[pagina 203]
| |
'n dondergeluid uit de wolken; en vielen op 't leger der witten aan.’Ga naar voetnoot1) As 'n gerug 'n valse alarm blyk te wees, skerts hy oor 'n alarm wat niks anders was as ‘,n menigte van nullen voor 'n vyf geplaatst,’Ga naar voetnoot2) maar as ‘de droevigste nacht en tegenwoordige dag van onze lange reis’Ga naar voetnoot3) aanbreek skiet elke oog vol trane by die deurlees van die onsamehangende smartverhaal. Soiets as ‘emotion recollected in traquility’ waar William Wordsworth van praat, het ons kunstenaar nie geken nie; dit is die onmiddelikheid, die spontanëiteit wat so aangrypend is. Daar is tye wanneer die siel net in 'n noodkreet verligting vind en in afwagting van die ergste slaak Smit die noodkreet: ‘En zo de Almachtige de vijand over ons laat triomferen wij erkennen Gods straffende, slaande hand dubbel waardig te zijn; want onze zonden zijn groot en veel. Doch zij Hij alsdan onze arme zielen genadig om Kristus kruisdood en bloedswille! Amen. Zijn wil over ons geschiedde! Amen. En dit is nu misschien mijn laaste dag van 't schrijven van mijn Joernaal.’Ga naar voetnoot4) Die volgende dag, Sondag, kom die son op oor 'n laer wat so goed as uitgemoor is. In swyende groepies gaan die manne wat oorgebly het, om die lyke onder die aarde te bring, ander agtervolg die vlugtende vyand. Daar heers plek-plek die grootste verwarring waar 'n paar gewonde kindertjies met agtien assegaaisteke die hooflaer op Doornkop binnegedra word, waar 'n vlugtende vrou van 'n welgeskape kind verlos word. Aan die gewone Sondagdiens dink niemand nie; die leraar wat van een toneel na 'n ander snel, kan geen aaneengeskakelde gebed voortbring nie; hortend en stotend stamel hy as hy die ‘droevigste’ dag moet beskrywe: ‘'t Was zucht op zucht, klacht op klacht. Ach God! ach Heer! Hoe geducht, hoe groot zijn Uwe oordelen over ons! 't Gekerm der gewonden, en de angst en schrik van anderen | |
[pagina 204]
| |
krijten ten hemel op.’Ga naar voetnoot1) Die drinkbeker loop vol as die tyding kom dat Retief met al sy manskappe vermoor is. Ons sien die skrywer strompel van tent tot tent tot dit hom te magtig word en hy buite die laer sy Bethel, sy Pniëll vind en ook die nagte in ‘zuchten en gebeden’ doorbring. Sy persoonlike smart by die dood van Salomon kon hy nog in taamlik beheerste eie vorm giet maar die ramp wat die hele gemeenskap getref het, kon hy alleen met Bybelse klaagliedere benader: ‘O! dan ligt mijn Salomon toch nog in de moederhart der aarde; maar ZEd. en hun aller overschot en gebeente als gekloofd hout op de aarde. O, hoe zijn de helden gevallen en de krijgswapenen verstrooid.’ In tye van die hoogste nood en spanning is hy die verstrooster en helper. Later as Gert Maritz sterf, moet hy in 'n stortbui reent en knetterende onweer na die sterfbed gedra word deur die sterkstromende rivierspruit om die sterwende voortrekker in die laaste ure by te staan.Ga naar voetnoot2) Maar so gou as die gevaar gewyk is, staan die gedagte dat hy ongeorden is weer soos 'n muur tussen hom en sy gemeente. Dit is die leitmotief van die dagboek; steeds is hy op sy hoede teen beter gekwalifiseerdes wat hom kon verdring. Eers koester hy argwaan teen die Engelse sendeling Archbell, dan is hy verstoord en gebelg oor die onderkruipery. Sy styl gloei van verontwaardiging as hy betoog dat die leraar van die Metodistiese-Wesleyaanse kerk geen reg het, volgens die beginsels van die Dordtse Sinode, om in die Gereformeerde Kerkgemeente te preek nie. Vroër het dit net binne in hom geskryn as hy bid ‘de Heere rekene 't hem niet toe!’Ga naar voetnoot3) Van die eerste kennismaking het die afgunsduiweltjie om 'n hoek kom loer toe hy Archbell se woonhuis in die kraal van Morokko gaan besoek, dit van ‘alle gemakken en kameren voorzien’ vind met 'n lokaal vir die boekdrukkery waarin 'n ‘fraaie pers’ staan.Ga naar voetnoot4) Maar sy ergernis oor die indringerigheid van Archbell, oor die onheuse behandeling deur sy | |
[pagina 205]
| |
gemeentelede wat glad 'n lys in die laer laat omgaan het om die vreemde indringer tot leraar vir die laer te kies, styg daagliks. As Archbell eindelik veilig agtergelaat is, is dit weer die Amerikaanse sendeling Daniel Lindley, wat 'n sendelingpos onder die Soeloes gehad het, wat Smit se rus kom verstoor. Lindley was gelief onder die VoortrekkersGa naar voetnoot1), Smit nie. Tog lê daar iets diep tragies in die feit, dat, toe die reisende gemeente na soveel gevare, soveel verdriet, soveel offers eindelik die beloofde land Natal binnegegaan het, waar eindelik 'n kerkgeboutjie in Pietermaritzburg opgetrek is, die afgeleefde leraar, wat alles saam deurgemaak het, nie meer goed genoeg is nie. Die geestelike leiding van die Afrikaner word aan die Amerikaan toevertrou liewer dan aan hul eie leraar omdat hy nie die vodjie papier kon toon nie op die vraag van die voorsitter van die Volksvergadering ‘naar zijn documenten waaruit hij toonen kan dat hij bestaat als een geordend predikant.’Ga naar voetnoot2) Ontwykend moes hy antwoord dat hy hul kwyt geraak het ‘op zijn landreis na hier.’ Hy, die geestelike leier wat ons voorouers in 'n see van barbaredom vir verwildering help bewaar het, wat deur Retief self voorgestel is, wat die skrywer, die onderwyser van die trek was, word uit die hoogte gevra vir sy dokumente! En sy versoek om die heilige sakramente te mag bedien word van die hand gewys.Ga naar voetnoot3) Hy skyn 'n moeilike man te gewees het; teen die end van sy lewe was sy gedrag nie altyd onberispelik nie; in die notule van die Natalse volksraad word selfs gesinspeel op ‘zijne aanstootlijk gedrag’. Telkens is daar 'n memorie van hom voor die vergadering, dan om sy traktement te vergroot, dan om die toekenning van 'n erf, dan om die uitruiling van 'n | |
[pagina 206]
| |
huis, dan om die uitbetaling van sy verstreke salarisGa naar voetnoot1) waaruit ons die houding van die trekkers kan begryp. Maar tog as daar in 1838 'n gedenkteken vir hul opgerig word, behoort die name van die penniste Erasmus en Catharina Smit in hoofletters daarop gebeitel te word. Die uitgewer van die Dagboek, ds. H.F. Schoon, wat meermale as kind in hul huis gekom het, verklaar van die twee mense: ‘Hy was toen zeer stil en tot zichzelf ingekeerd; maar zijn echtgenote was zeer spraakzaam, en jegens mij doorgaans lieftallig en moederlik.’Ga naar voetnoot2) Met hierdie ‘spraaksaamheid’ het adv. H. Cloete die Britse kommissaris, wat die Natallers in 1843 moes beweeg om hul in die onvermydelike te skik en aan die anneksasie van Natal te onderwerp, deeglik kennisgemaak. Dit is sy wat hom twee uur lank agter geslote deure getrakteer het op 'n uiteensetting van die rol van sy Engelse vriende teenoor sy landgenote en ronduit verklaar het om liewer oor die Drakensberge terug te loop as haar aan die Engelse oorheersing te onderwerp.Ga naar voetnoot3) Ook sy het 'n Dagboek gehou van hul later wederwaardighede in Natal waarin sy veral te velde trek teen die Lutherse predikant Döhne, wat volgens haar onsuiwer in die leer was, te Remonstrants, te Arminiaans na haar sin.Ga naar voetnoot4) Veel is in die tyd aan drome geheg en die merkwaardige vrouw het buitengewone openbaringe gehad waarvan sy ‘geheele boeken had volgeschreven’.Ga naar voetnoot5) Die dwepend godsdienstige toon wat ook uit haar briewe spreek, herinner sterk aan die van Catharina Allegonda van Lier, maar sy kom my tog voor as 'n kragtiger persoonlikheid, wat die stryd aangedurf het, wat geweet het hoe om die moeilikhede aan te pak en die ‘onspoed’ te bo te kom! Tot die uiteinde was die reis vir hulle moeite en verdriet, | |
[pagina 207]
| |
het daar 'n swaard oor hul gehang, het die verwoestende kragte van buite hom veral beklem en benou omdat hy geen groot held was nie en die stryd nie gesoek het nie. 'n Week an mekaar, sy op 27 Julie, hy op 4 Augustus 1863 het hul die rus ingegaan. Maar in die Dagboek, waarvan die tweede gedeelte gedurende die Tweede Vryheidsoorlog onherroeplik verlore gegaan het voor dit deur die pers soos die eerste stuk, kon bekend gemaak word, is 'n monument nagelaat van lyding en stryd wat nie slegs as historiese bron maar ook as literêre uiting van sy tyd van groot betekenis is. Waarheidsliefde, wat Smit nagestreef het, is die trots van die Dietse skrywer maar aan gevoel en verbeelding ontbreek dit hier nie; hy gee 'n temperamentvolle siening van die hoofmomente uit die trek. Veel van sy angste is ingebeeld en oordrewe, die betekenis, wat hy heg aan drome, louter fantasie. Die Afrikaanse literatuur is 'n kind der smarte, die hele 19de eeu 'n eeu van onreg. Daarom verwag ons hier meer tragiek dan humor, meer gebede tot die Allerhoogste dan tot die skoonheidsgode. Tog kan ons 'n enkele keer 'n glimlag nie bedwing nie as die ongeluk Smit op alle moontlike maniere agterna sit en hy tot van 'n hond in sy linkersy gebyt word wat 'n winkelhaak in sy nuwe mantel veroorsaak; ‘maar 't arme dier was ook voor vast door 't geraas van de mantel geschrokken; en hij heeft zeker niet geweten, zeide men, dat hij den Predikant van 't leger heeft gebeten.’Ga naar voetnoot1) En ongevoelig vir die skoonheid en die grootsheid van hul omgewing is hy heeltemal nie. As in die maand Oktober ‘die mooiste, mooiste maand’ die trekkers aan die voet van die Drakensberg is, voor die poort wat hul ingang sal gee tot die land van belofte, verlustig hy hom in die ‘zeer fraaie bloemen uit dit bloemrijk oord, van vele door onze nog nooit geziene bloemen, in 't legerkamp thuis gebracht zodat ik proponeerde de plaats, waar we nu met 's Goeverneurs kamp gekampeerd liggen, Bloemendal of Roderozendal te noemen; overwegende de uitnemende grote rozenrode bloemen die hier in grote menigte gevonden worden: men behoefte niet eens naar 't veld uit te gaan, om de | |
[pagina 208]
| |
bloemen te zoeken; maar de aangename geur der bloemen wandelt of komt ons hier in 't leger als vanzelf tegemoet.’Ga naar voetnoot1) Waar die later Afrikaanse kunstenaars die ontroering wat die blommeprag van die vlaktes en die hoëveld by hul opgewek het in versvorm geuit het, waar hul in liriese verse ons smartvolle verlede besing het, het Erasmus Smit gebruik gemaak van die prosavorm van sy tyd en daarin sy skoonheids-, godsdienstige en maatskappelike ontroering vasgelê, sy dit dan in 'n swakheid volbring maar wat geen uitgewer tog die reg gegee het om sy taal en styl te ‘verbeter’ nie. Die hele land onder die Drakensberg vind hij ‘al meerder en meerder onbeschrijflik schoner’ en as hul van die land van belofte waar nuwe droefheid en dood en teleurstelling hul gewag het, eindelik besit neem, is sy geloof onwrikbaar, breek die Dagboek af met 'n dankgebed ‘aan de waterfontein.’Ga naar voetnoot2) | |
4. Sarel Arnoldus Cilliers, die ‘Vader van Dingaansdag’.Die teenstander van Erasmus Smit, Sarel Arnoldus Cilliers het ook 'n joernaal geskrywe, ‘op zijn sterfbed.’Ga naar voetnoot3) Waar die Dagboek van Smit vir die taalkundige in soverre waardeloos is dat die oorspronklike taal en spelling van die skrywer nie bewaar gebly het nie, is hierdie werk van 'n gebore Afrikaner, afstammeling van 'n Hugenote-familie in sy onbeholpe half-Hollandse, half-Afrikaanse taalvorm naas die Dagboek van Trigardt ons beste voorbeeld van voortrekkers-skryfkuns. | |
[pagina 209]
| |
Sarel is op die plaas Schoon Gezicht, distrik Klein Drakenstein in 1801 gebore en in die Paarl gedoop. Met die oorgawe van die Kaap in 1806 het sy ouers na Graaff-Reinet verhuis waar hy hom op die veeboerdery toegelê het, in 1830 na die Hantam (Colesberg) trek en in 1835 die kolonie verlaat. Van jongsaf was hy innig vroom en as trekker het daar by hom die oortuiging geheers dat dit die wil van God was dat die Boere die Kristenbeskawing Noordwaarts moes uitbrei.Ga naar voetnoot1) Hierop is sy hele joernaal gebou. In die eerste plek word ons getref deur die godsdienstige toon, wat aan die fanatieke grens, van die man, wat die verbond met die Potentaat van alle Potentate gesluit het op 16 Desember 1838. Die Bybelse uitdrukkinge en Oud-Testamentiese toespelings wat daarin voorkom is 'n bewys dat die skrywer geen ander boek gelees en geken het soos die Bybel nie en dat dit aan sy styl die geykte vorm gegee het wat kenmerkend is van die geskrifte van die Trekkers. Die stuk wemel van spelfoute, taalfoute en stylfoute, die interpunksie is alles in die war maar die ongeletterde boer wat 'n gebore verteller is, het tog geweet om beweging, gang, en gevoel in sy beskrywings te kry. Die held van Vegkop laat ons sien deur middel van kort afgebete sinnetjies hoe die impi's van Moselikatse aangehurk kom, hoe hulle die doringtakke uit die speke probeer ruk en ten slotte die onderspit delf. Kalipi vlug weg terug na sy land en voer met hom al die vee mee met die gevolg dat ‘mijne kinderen huilde van honger en ikzelf en niets had om mijn kinderen te geven, 15 dagen duurde het.’Ga naar voetnoot2) Dit is diezelfde Wesleyaanse sendeling Archbell van Thaba Nchu wat Smit soveel ergernis veroorsaak het, wat die Trekkers in hul ‘groot behoefte, in ons Hongersnood’ kom voorsien, 'n daad, wat Cilliers nooit vergeet het nie en hom altyd die hand bo die vreemdeling laat hou het, waar daar moes gekies word tussen Smit en Archbell as geestelike leiers. | |
[pagina 210]
| |
Sonder mooimakery, presies soos hy dit sou vertel het, vol herhaling, teken hy die slag van Bloedrivier. Soos 'n rolprent sien hy die hele geskiedenis weer by hom verbytrek, ‘de eene Wee was voorby daar komt een ander wederaan,’ nog erger dan die voorafgegane. Hy leef weer die bange momente oor en met 'n sug van verligting verbreek hy die spanning met die versekering ‘onzen Vijand werd verschrikt en hun hand wierd versaagd,’Ga naar voetnoot1) 'n Bybelse uitdrukking, wat hy graag gebruik het. Dit is asof een van die kroniek-skrywers self aan die woord is; na iedere slag word vermeld ‘onzen vijands hand wierden hoe langer hoe meer versaag tot zij ons de Nek keerde en vlood voor onze aangezigt, toen had wij door Gods genade, ook weder de Overwinning in een woede ging het toen voor, en was geen tegenstand meer, wij dreven hun op een hoop. Ja, zij werden door ons overrompeld totdat zij in een spelonk door ons gedreven worden van een Berg.’Ga naar voetnoot2) As Cilliers sy plegtige gelofte aflê, word die Allerhoogste afgesmeek ‘dat hy met ons in de banier moeten gaan, zooals met Moses en Joshua.Ga naar voetnoot3) Orals is daar duidelike bewyse dat hy die trek as 'n tweede uittog uit Egipte beskou het, homself met die Israelitiese leiers vereenselwig het, en in hul trant sy gemoeds- en geesteslewe bloot gelê het in sy geskrif. Kroniekerig, deurspek met Bybeltekste, som hy die verskillende momente in die drama op, tot hy by die gelukkige ontknoping kom en sy pen ineens los word, die beeldspraak tipies van die Afrikaanse boer, direk aan die Afrikaanse natuur ontleen word: ‘leggen de Kaffirs bijna zooals pompoenen op de land die wel gedragen hebben.’Ga naar voetnoot4) Die joernaal vertel ons van al die ‘groote wee’ tot aan die anneksasie van Natal 1843 en nog verder tot by Boomplaas 1848 toe ook die Vrystaat ingepalm word. Die gevolge van die anneksasie van Natal was dat een groep sak en pak terug | |
[pagina 211]
| |
oor die berg is,Ga naar voetnoot1) 'n tweede hom in die onvermydelike geskik het en 'n derde waaronder Cilliers, 'n wag-'n-bietjie-houding op hul plase aangeneem het. Die man van hierdie joernaal kon met Totius gesing het: ‘Bo al die troosgeboomte, o God!
Bloei my U troosboom uit.
Dit is die wag-bietjie-bos
Van u besluit.’
Met sy drie seuns moes hy, die Natalse volksraadslid,Ga naar voetnoot2) in die houtbosse werk en van tyd tot tyd die vragte na Pieter-maritzburg, die Voortrekkerstad, toe neem waar in die vervolg die Engelse vlag waai en 'n eeu lank die stoere pionier ‘nêrens, so karig reg geskied.’Ga naar voetnoot3) As houthakker en waterdraer in sy eie skoongevegte land, skrywe hy aan sy susters in die ou Kolonie: ‘als onze Heer mij gezondheid geeft dat ik werken kan dan hebben ik en mijnen geen gebrek.... Ik heb een redelike verdienste met hout.’Ga naar voetnoot4) Maar in 1847 verlaat hy die houtbosse van Natal om op die Vrystaatse vlaktes rus vir die holte van sy voet te soek. Ook daar agtervolg die skaduwee van die Engelse vlag hom na die slag van Boomplaats, van 1848 tot 1854. Na die Bloemfontein-konvensie het hy 'n merkwaardige Grondwet opgestel, wat meer getuig van diepe vroomheid dan staatsmanssin maar waarin hy tot aan 'n drukpers vir die Vrystaat gedink het, seker op voorbeeld van die joernalistieke bemoeiinge van Boniface en Moll in Natal. Hy het hom veral op kerklik gebied bly beywer en in 1854 'n brief | |
[pagina 212]
| |
aan die Tranvaalse gemeentes gerig om teen ds. v.d. Hoff en J.A. Smellekamp, die Lydenburgse onrusstoker, skrywer van Mijn wedervaren in de Zuid-Afrikaansche Republiek, 1854, te waarsku, wat hy as Liberaal bestempel het.Ga naar voetnoot1) Dit het omstreeks die vyftiger jare ‘Ope briewe’ begin reent as uiting van die kerklike twiste wat gegaan het oor liberalisme of ortodoksie, Hollandse of Skotse predikante, aansluiting by die Kaapse Sinode of nie. Uit die Kaap kom die Herderlijke Brief,Ga naar voetnoot2) uit Transvaal Eene Stem uit mooi RivierGa naar voetnoot3), wat op die kerklike Sinodes tot 'n orkaan aangeswel het. Die godsdiensgeskille is so goed as die enigste onderwerp, wat die penne in beroering bring, dit het die leeslus en skryflus van die Afrikaner op 'n besondere manier aangewakker, hom geoefen in die gebruik van die Hollandse taal. Sarel Cilliers het midde in die stryd gestaan en in 1862 as ouderling na Kaapstad gereis om die gedenkwaardige afskeidssinode by te woon waarop vir die laaste keer Kaapse, Vrystaatse, Transvaalse, en Natalse gemeentes saam verteenwoordig was. Op hierdie Sinode het die Skotse predikante met di. Andrew Murray as voorsitter, William Robertson as scriba getriomfeer, omdat die volk liewers ortodoks en Engels geòrienteer wou wees, as dit dan nou moet, dan Hollands en liberaal. Alles het om die liberalisme gedraai, wat die onderspit gedelf het na 'n kort felle stryd.Ga naar voetnoot4) Hierdie Sinode was vir die Dietse kultuur een van die grootste neerlae; daarna gaan die kerklike stroom in vlugge tempo in Engelse rigting, word die aard van die bolwerk van ons Dietse beskawing deur die opwekkingsdienste en die ‘Revivals’ aanmerklik gewysig. Die lede van die Transgariep en Natal het die Sinode met 'n gevoel van kerklik verban te wees, verlaat en die stranding van die Waldensian op die Augulhasrif, was vir Celliers geen ramp meer nie in vergelyking hiermee. Hierdie skipbreuk van die Waldensian het die joernaliste maande | |
[pagina 213]
| |
lang stof verskaf en op sy eie tipiese manier beskrywe Cilliers die stranding in 'n brief aan die Landdros Bodenstein van Potchefstroom, 30 Desember 1862Ga naar voetnoot1) Op dek het hy hom by al die passasiers geskaar, hom na sy predikant Van de Wall gerig en na die wedersydse versekering dat die dood vir hulle geen angs inhou nie ‘was het mijn als of een mijn mit de geschiedenis van Pouwles op schip inligd dat toen het schiplieden in so een sware storrem was, dat de Here Hen in de nag aan hem ontdek.’ Hoewel die Trekkers in werklikheid in die neëntiende eeu eeu gelewe het, het hul gedagtegang altyd op die van die sewentiende eeuer bly lyk. Alle opvoeding was streng godsdienstig, die kerk vir hul onafskeidelik aan die skool verbindGa naar voetnoot2) waardeur hul briewe en geskrifte deurdrenk is van die Heilige Skrif. Cilliers het die Bybel nie minder as vyf keer deurgelees nie en daar was geen situasie waarin die Trekker hom bevind het of hy kon 'n parallele geval uit die Ou-Testament aanhaal. Tot vir sy perde word gebid want hy lees in sy Statebybel: ‘De rechtvaardige kent het leven van zyn beest.’ Hierdie vader van Dingaansdag het die mentaliteit van 'n eenvoudige, ongeletterde Puritein gehad, wat besiel was met 'n vaste geloof, 'n volksideaal, wat aan sy skryfwerk, hoe onbeholpe en gebrekkig na die vorm ook al, 'n sekere wyding gegee het. Die Journaal van wijlen den heer Charel Celliers, oud-ouderling der N.G. gemeente Kroonstad Oranje Vrystaat, sy briewe uit Natal en die Vrystaat, sy werksaamhede as volksraadslid en ouderling getuig van 'n eenvoudige Ou-Testamentiese siel wat veral die Sabbatsontheiliging, die Nuwejaars-danspartye van die nuwe generasie as 'n gruwel beskou het. Na die nuwe orde kon en wou hy hom nie skik nie en hy het die ewige rus ingegaan in die vaste geloof dat iedereen sy lewe stiptelik volgens die Bybelwoord moes inrig. Sy ideaal om predikant te word, is nooit verwesenlik nie maar sy gees soos die geopenbaar word in sy joernaal, is deur | |
[pagina 214]
| |
en deur die van 'n ortodokse leraar, sy taal alleen maar veel gebrekkiger as die van die predikant-skrywers van sy tyd weens 'n bykans algehele gebrek aan 'n skool-opleiding. | |
5. Ander skrijwers wat ook moeite gehad het met die skrijftaal, Ferdinand van Gass, Anna Elisabeth Steenkamp, ens.Beter, hoewel ook vol taalkundige ‘foute’ en allerlei Afrikaanse woorde en uitdrukkinge sou die taal van die Switserse skoolmeesters-seun, Ferdinand Paulus van Gass, gewees het. Ferdinand het 'n Deense moeder gehad en is in 1822 in Denemarken gebore, maar die volgende jaar het sy ouers al na Suid-Afrika verhuis waar hulle heeltemal ingeburger geword het.Ga naar voetnoot1) In Kaapstad het Van Gass hom as deelgenoot in 'n handelsonderneming op die handel tussen die Kaap en Batawië toegelê maar al gou die saak verlaat na 'n uitval met die hoof. In 1825 het hy hom in Somerset Oos gaan vestig waar hy na die dood van sy vrou kort daarop, alle betrekkinge met die familie in Europa verbreek, hom as skoolmeester onder die Boere verhuur en die agtjarige Ferdinand aan 'n grensboer H.P. Malan in 1830 bestee. Met Malan trek Ferdinand die wye wêreld in as die groot uittog in 1836 begin en word die skrywer van Herinneringe | |
[pagina 215]
| |
uit die helde-tydperk nadat die nasionale gevoel met die Eerste Vryheidsoorlog weer 'n geweldige stoot vorentoe gekry het. Op sy ou dag herinner hy hom hoe hy as kind leeue-avonture beleef het in die teenwoordige Vrystaat en dan kom daar by hom die versugting op, dat sy volk insgelyks uit die leeuemuil van ‘mag is reg’ mag ontsnap: ‘'n Ander maal ging ik met hetzelfde kaffertje uit, om beesten te keren, en ik nam 'n klein geweer door de oude Malan ekspres voor mij gekocht. Ik schoot 'n jonge rietbok, en 't was buitengewoon vet; zo besloten wij 't naar de wagens te brengen. Na de beesten gekeerd te hebben, is ons gaan zitten spelen onder de bomen, de geschoten bok in de schaduw neergelegd hebbende, toen wij tot onze verbazing iets hoorden, en, opziende, weder 'n grote leeuw slechts enige treden van ons af zagen, natuurlik gekomen zijnde op de reuk van 't bloed van de geschoten bok. Daar ik juist met ons spelen halverwege in een der bomen zat, was ik als 'n aap zo spoedig mogelik zo hoog als de takken van de boom mij konden dragen, mijnen kleine kameraad op de loop naar de wagens, waar hij rapporteerde wat voorgevallen was, waarop weer enigen kwam(en), en alweer mijn ongenodigde bezoeker afmaakten. Ik moet hier zeggen, dat geweer en alles onder de bomen was blijven liggen, maar de leeuw heeft zich aan niets gestoord; hij heeft niet dan mijn rietbok genomen en enige treden weggedragen, en is zeer lustig aan 't vreten gegaan, alwaar hij nog aan bezig was, toen het eerste schot op hem werd gevuurd, wat hem ook afmaakte. Hier zat ik zeer gerust en veilig, daar ik wist dat leeuwen geen bomen kan klimmen, en ik te hoog zat voor hem om mij met 'n sprong te bereiken, zodat ik heel gerust zat te aanschouwen hoe dat hij zich verkwikte aan mijn geschoten bok, waar hij volstrekt geen aanspraak op had, alleenlik gebruik maken van zijn macht boven mijn te recht - als met Vrijstaat en Transvaal door 't Engelse Goevernement! Wel, na zijn dood kwam ik van mijn boom en nam weer wat mij toekwam, want macht was gebroken en nu kon recht mij wedervaren, hetwelk ik hoop dat ook 't geval zal zijn met onze verongelijkte landgenoten.’Ga naar voetnoot1) | |
[pagina 216]
| |
Van Gass het weer in die Kaapkolonie teruggekeer maar telkens jag en handelstogte na die Vrystaat en tot in Transvaal onderneem. In 1853, na sy huwelik met Anna Elizabeth Sophia Dreyer, het hy 'n tydjie op die plaas Rietvlei digby Pos Retief gewoon maar in dieselfde jaar nog verhuis na 'n goewernementsplaas in die distrik van Queenstown. Hy het in verskeie kafferoorloë meegeveg en in die van 1878 self die rang van burger-kommandant beklee by die verdediging van Adelaide. Twee jaar na die Eerste Vrijheidsoorlog, in 1883, is hy in Queenstown oorlede. Die joernale is gewoonlik teen die end van die lewe van die skrywers opgestel maar toe hul geheue nog uitstekend gefungeer het. Dit is ook die geval met die Gedenkschrift of Journaal van onzen uittogt uit ons moederland tot hier aan Port Natal van Anna Elizabeth Steenkamp (gebore Retief) wat die gedenkskrif in 1843 in Pietermaritzburg gemaak het ‘voor mijne familie, kinderen en kinds-kinderen, thans nog in de binnenlanden woonachtig, opdat zij mogen weten waarom hunne ouders en grootouders hun moederland hebben verlaten, en welke angst en benaauwdheid en pijn en smart, honger en kommer, zoowel van vijanden als van vuur ons getroffen hebben, en oorzaak waren van veel droevig zuchten en bittere tranen, hoewel wij geleid en beschermd werden door onzen getrouwen God en Vader in deze zware omstandigheden.’Ga naar voetnoot1) Ander soos J.H. Hatting, die katekisant van Erasmus | |
[pagina 217]
| |
SmitGa naar voetnoot1) op wie se voorbeeld hy ook 'n soort van dagboek gehou het, het 'n Hollandse skoolmeester Diederik Blauw as amanuensis gebruik om sy aantekeninge persklaar te maak, wat in 1893 in boekvorm verskyn het, getitel: De Geschiedenis van de Hollandsch-Afrikaansche Boeren, vanaf hun vertrek uit de Kaap-Kolonie, tot op de aftreding van President Burgers.Ga naar voetnoot2) Die Gedenkschrift van die oudste kind van die oudste broer van Piet Retief, Anna Steenkamp 'n vrou van sowat ses en veertig jaar toe sy haar pennevrug in 1843 gelewer het en die geskiedenisboekie van Erasmus Smit se leerling Hatting is 'n aanvulling en 'n bevestiging van wat Smit in sy Dagboek meedeel. Ander Herinneringe soos die van Karl Trichardt, die seun van Louis, wat twintig jaar voor David Livingstone tot by die Zambesi deurgedring het, waar hy sy oë op die wonder van die ‘Victoria Waterval’ sou kon geslaan het, is opgeteken deur die staatshistorikus van die Suid-Afrikaanse Republiek, G.A. Odé in die neëntiger jareGa naar voetnoot3) en kan dus nie as 'n voortrekker-geskrif beskou word nie. As Karl die skryflus van sy vader gehad het, sou hy boekdele kon geskrywe het oor sy omswerwinge maar sy opleiding was nog gebrekkiger en hy het daar nie aan toe gekom om sy ondervindinge self op te teken nie. Die Dagboek, die Joernaal en die Brief was die enigste vorm waarin die voortrekker sy gedagte en sy ontroering op papier gesit het, toe die skrywers in die Kolonie, wat 'n betreklike rus en welvaart en opvoeding geniet het, lang besig was om digbundels en dramas te vervaardig, koerante en tydskrifte tot hul beskikking gehad het, waarin hul kon publiseer. Dat daar nog iéts deur hul geskrywe is, is 'n wonder in aanmerking geneem die omstandighede waaronder die geskrifte | |
[pagina 218]
| |
ontstaan is en die minimum opleiding wat die skrywers gekry het in die hantering van die pen. Hul kuns was die vertelkuns, egte volkskuns wat mondeling oorgelewer is, tot 'n jonger, bevoorregter geslag die verhale en raaisels en liedjies kon opteken.Ga naar voetnoot1) Naas die Bybel en die Psalme was hul leesstof beperk tot stigtelike lektuur, tot 'n enkele predikasie- en gebedeboek. Veral die werke van Coenraad Mel, Smijtegelt, Wilhelmus a Brakel, Petrus Immens en die liedere van Sluiter, Lodenstein en Groenewegen was gewild in die afgeleë distrikteGa naar voetnoot2) en dis is dan ook in die eerste plek die godsdienssin van die Boere, afgesonder en geïsoleer van alle beskawingsinvloede soos hul was, wat hul van verwildering bewaar hetGa naar voetnoot3) hoe hul vyande ook al daarop mag gesmaal het.Ga naar voetnoot4) Onderwys in die buitedistrikte voor die Trek het byna heeltemal ontbreek, sodat Truter, wat as kommissaris van die Rondgaande hof, oor die onderwystoestande moes rapporteer, in 1824 verklaar: ‘yet the greatest part of the children, of the inteior - two thirds at least are wholly deprived of the privilege of instruction’Ga naar voetnoot5) en die Nederduitsch Zuid-Afrikaansche Tijdschrift 'n jaar voor die trek nog die ‘beklagenswaardigen toestand der scholen in de buitendistricten’ betreur.Ga naar voetnoot6) Solang die gemeenskap gedurig in beweging was, gedurig op hul hoede moes wees teen vyandelikhede, kon daar geen sprake wees van vaste onderwysinrigtings nie en moes hul vir hul | |
[pagina 219]
| |
vernaamste penniste afhankelik wees van die Hollandse skrywers wat nie onder hul gebore is nie, maar hul lot met hul ingewerp het. Die verste wat hul dit self kon gebring het, was om 'n enkele keer 'n brief op te stel en dan het die ‘geleerdste’ onder hulle nog altyd ekskuus gemaak vir die foute. Nadat die Republiek van Natal geannekseer is, is A.C. Stucki in Desember 1846 op versoek van die kommisaris Cloete en op inisiatief van Lindley, wat die volle beskerming van Cloete en die sekretaris van die Volksraad, Bodenstein, geniet het,Ga naar voetnoot1) deur die goewerneur Sir Henry Pottinger as predikant op Pietermaritzburg benoem. Stucki wat 'n paar maande van te vore uit Holland in die Kaap-Kolonie aangekom het, sou Lindley vervang want die se hart was tog uit die aard van die saak meer by sy InstituutGa naar voetnoot2) vir die inboorlinge dan by die ‘Uitgewekenen’. Maar Stucki is op weg van Kaapstad na Natal op see gestorwe en sy vrou het alleen by die Voortrekkers aangekom. Roerend in sy eenvoud van styl en diepte van meegevoel is die kondoleansie brief van Generaal Andries Pretorius aan haar gerig, gedateer Welverdient, Den 21 Feb. 1847.Ga naar voetnoot3) Hy vertel hoe hul ‘een see van Rampen en en Elenden hier in desen woestijn hebben moeten ondergaan,’ hoe hul verlang het om ‘een Leeraar in ons Eijgen Moeder taal’ te hoor, te meer ‘daar wij nog den onuijdblus baaren hollandsche bloet in ons aderen geduurig ontwaren.’ As hierdie groot Voortrekker-kommandant praat van ‘den man der weduwe en vader der wesen die ook ter sijner tijd voor sijne schepsels sullen sorgen die nu als verloorene en ver Doolde schaapen op den bergen Dwaalden met Duijsenden | |
[pagina 220]
| |
van ongedoopte kinderen’, is die vergelyking so treffend, die gevoel so suiwer, dat die ou Bybelse beeldspraak uit sy pen 'n nuwe oorspronklikheid kry, weer nuwe lewe ingeblaas word. In sy nederigheid en beskeidenheid is hy hom heeltemal bewus dat hy na die vorm nie die beste Hollands skryf nie en voeg dan in 'n naskrif by: ‘ik hoop gij sult mijne fouten over sien en niet uijd het oog verliesen dat ik maar een ongeleerde Affrikaansche Boer waart’. Sy taal en styl steek nog gunstig af by die van ander ‘ongeleerde Afrikaansche’ boere soos Sarel Celliers of Marthinus Jacobus Oosthuizen, wat in sy lewendige beskrywing van die slag van Etaieni en die dood van Piet Uijs, ook ewe beskeie in 'n naskrif versoek ‘kijk niet na de fouten.’Ga naar voetnoot1) Die Wed. Stucki sou dadelik ondervind dat die Emigrante die Hollandse taal nog veel ‘foutiewer’ praat dan hul dit geskrywe het. Van haar reis na en ondervindinge aan die Kaap en in Natal het sy 'n beskrywing in briefvorm, die populêre vorm van haar tyd ook onder die Voortrekkers, gegee: Reis naar en verblijf aan de Kaap en Natal, gedurende het jaar 1846 en 1847, in brieven (met portret, levensbericht en een tweetal preken van den overledene) 1849.Ga naar voetnoot2) Interessant is wat sy vertel van die taaltoestande in Natal. Die Duits geördende Amerikaanse sendeling Lindley, nou ook predikant van die Hollandse kerk, was wel in Holland gewees ‘maar hij sprak die taal, gelijk dáár de meesten, zeer slecht. Zij konden ons niet gemakkelijk verstaan, wij hen ook niet.’ So sterk is sy onder die indruk van die ‘gebroke’ Hollands wat hier gebesig word, dat sy daar herhaaldelik op terug kom: ‘De Hollandsche taal wordt hier slecht gesproken door den Afrikaan. Daardoor spreekt de Engelschman het nog veel slechter: want hij heeft een inwendige afkeer van het Hottentotsch Hollandsch gelijk zij | |
[pagina 221]
| |
het noemen.’Ga naar voetnoot1) Die skeldnaam ‘hotnostaal’ vir Afrikaans word dus al vroeg in die neëntiende eeu gebruik, waardeur 'n sterk gevoel van minderwaardigheid by die Afrikaner opgewek en die vreemdeling in die oortuiging gesterk is, dat dit benede sy waardigheid is om die landstaal aan te leer. Die Trekkers anderkant sowel as deeskant die Drakensberge, wat enigsins behoorlik Hollands kon skrywe, was op 'n minimum beperk, maar nog minder het hul suiwer Afrikaans geskrywe. Die gees van hul werk, en daar kom dit op aan, is onvervals Afrikaans, sonder die minste allooi. Hul was te ver weg om in dieselfde mate deur die geestelike swaard, waarteen die Kaapnaar moes worstel, verower te word. |
|