Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 1 (1652-1875)
(1934)–Elizabeth Conradie– Auteursrecht onbekend'n Kultuur-historische studie
[pagina 164]
| |
Hoofstuk VII.
| |
[pagina 165]
| |
die volk), is van ontroerende betekenis vir die nageslag. Maar die familie Borcherds het ná die dood van die Hollandse vader en reeds voor die tyd ook heeltemal met die stroom meegegaan, dit wil sê - hoe langer hoe meer Engels georiënteerd geraak. Petrus, die leerling van dr. Dolling, het dit tot 'n setel in die Hooggeregshof van die Kolonie gebring, so goed het hy aangeskrewe gestaan by die Engelse regering. In die loop van die jaar 1800 het hy verlof gekry om sy posisie as klerkie op die kantoor van die Sekretaris van Stellenbosch, Johannes Wege, te verwissel met dié van joernaalhouer op die reis van Petrus Johannes Truter, lid van die geregshof, wat deur die regering gelas was om handelsbetrekkinge met die Kafferstamme buite die grense te gaan aanknoop. Op die reis, wat van 1 Oktober 1801 tot 25 Januarie 1802 geduur het, het hy van dr. William Somerville verder onderrig in Engels ontvang, terwyl die diere en inboorlinge hom van naby getoon is deur Samuel Daniel, wat skitterende illustrasies van Suid-Afrikaanse diere- en inboorling-lewe gegee het in sy bekende werk, wat in Londen verskyn het. Van toe-af dateer sy meteoriese opgang van die een gewigtige en verantwoordelike pos na die ander. Ander tye, ander tale. Die seun van 'n Hollandse geskiedskrywer-literator hou al in 1801 sy joernaal en skrywe sy Memoir later in die taal van die veroweraar. Op die reis van Truter, Somerville, Daniel en Borcherds, het hulle ds. J.J. Kicherer,Ga naar voetnoot1) die verloofde van Catharina Alegonda van Lier, so 'n romantiese figuur soos Johannes in die wildernis, onder die Hottentotte en Boesmans by die Sakrivier aangetref.Ga naar voetnoot2) Die band met die classis Amsterdam, wat die predikante uitgestuur het, was verbreek, sonder dat daar iets in die plek gekom het. Via die Londense Sendinggenootskap het die twee Hollanders Kicherer en Van der Kemp, die land in 1799 binne gekom, en nie vrede nie maar die swaard gebring. Hulle is geesdriftig deur die Hollandse | |
[pagina 166]
| |
sendelingvriende hier ontvang, na hul ‘stasies’ weggehelp, maar vir hul werk en geskrifte was hul verantwoordelik aan die Londense genootskap, wat hul uitgestuur het. Gebore Hollanders lewer dus Engelse bydraes tot ons sendingliteratuur. Die infame ‘Researches’ van Van der Kemp (1828) sowel as die romantiese Narrative of his mission to the Hottentots and Bushmen (1804)Ga naar voetnoot1) van die ‘amiable Mr. Kicherer’ wat sy leerlinge Kees en Ruyter ‘tolerably conversant with the Dutch Language’Ga naar voetnoot2) gemaak het, sodat hulle as tolke vir die reisgeselskap van Borcherds kon dien, behoort nie tot die Dietse geskrifte nie. Die sendelingvriende Van Lier in Kaapstad, Borcherds op Stellenbosch en Michiel Christiaan Vos op Tulbagh, was die taal van die veroweraar nie magtig genoeg om heeltemaal aan die vreemde kultuur verslaaf te raak nie. Maar dit het met hul toestemming geskied, dat die nuwe taal en kultuur 'n houvas op die jonger generasie gekry het, omdat hul ortodoksie, in die begin van die neëntiende eeu, nie bewus nasionaal was nie. Daar lê 'n onbetwisbare sentimentaliteit in, wat vreemd is aan die Hollandse aard. | |
2. Die roman in briewe.In die eerste dekades van die neëntiende eeu het die toestand op die dorp Tulbagh enigsins op die van Stellenbosch gelyk, alleen het die sendingywer daar nog heter gegloei, aangevuur deur 'n laat verteenwoordiger van die agtiende eeuse ‘sentimentele rigting’, skrywer van 'n Merkwaardig Verhaal aangaande het Leven en de Lotgevallen van Michiel Christiaan Vos, als predikant der Hervormde Christelijke | |
[pagina 167]
| |
Gemeente op onderscheidene plaatsen in Nederland, Afrika en Azië, van zijne Jeugd af tot den tijd van zijn Emeritusschap. Door hem zelven in den jare 1819 briefsgewijze aan eenen vriend medegedeeld.Ga naar voetnoot1) Uit die voorberig verneem ons, dat die briefvorm gekies is vir hierdie lewensverhaal, merkwaardig in alle opsigte, omdat dit ‘den leeslust te meer opwekken en levendig houden zal’, wat inderdaad bewaarheid geword het. Hierdie vorm in die letterkunde het opgekom met die Renaissance, maar romans in briefvorm dateer eintlik eers uit die agtiende eeu, wanneer die brief nie alleen die gewone voertuig vir gedagtewisseling word nie, maar selfs as iets aangenaams, 'n soort mode beskou word. In Frankryk skrywe Rousseau sy brieweroman La Nouvelle Héloïse, Diderot sy La Religieuse, De Montesquieu sy Lettres Persanes, in Duitsland verskyn Sophiens Reise deur Hermes, Die Geschichte der Fräulein von Sternhelm van De la Roche, in Engeland Richardson se Clarissa Harlowe en Charles Grandison, Swift se Letters of a Drapier; in Nederland pen Elizabeth Post Het Land, Wolff en Deken hul lywige romans Sarah Burgerhart, Willem Leevend, Cornelia Wildschut, alles in briewe en almal in meerdere of mindere mate met spore van sentimentaliteit. Ook die realistiese kunstenaars kon hierdie gees van hul tyd nie ontsnap nie. Deur sy lang Europese verblyf kon die Afrikaanse romancier verskeie van hierdie werke in hande gehad het en gemerk het hoe geskik en gewild die vorm was vir ontboeseming en karaktertekening. Die outobiografiese vorm bring fyn skildering van die gemoedslewe en die outobiografie is altyd tot op sekere hoogte 'n poging tot regverdiging van 'n verbygegane lewe. Dit bring die skrywer se oordeel oor bepaalde persone en hul lotgevalle, en die vorm is geskik vir die sederoman. Aan albei het ons skrywer behoefte gehad, aan blootlegging van sy eie gemoed sowel as aan kritiek op die handelwyse van sy tydgenote. In die kader van | |
[pagina 168]
| |
sy tyd gesien, is dit inderdaad 'n ‘merkwaardig verhaal’ van 'n merkwaardige Afrikaner, vol sentimentaliteit soos Feith en Elisabeth Post en vol romantiek soos die populêre Jacob van Lennep. Die Romantiek van die 19de eeu staan in regstreekse verband, is in seker sin 'n voortplanting van die grondgedagtes van die sentimentele rigting. | |
3. M.C. Vos, se jeug aan die Kaap onder die Oos-Indiese Kompanjie. studie in Nederland en dienstijd onder die Hollandse bewind.Michiel Christiaan Vos is op oujaarsdag 1759 in Kaapstad gebore. Ryk Tulbagh was toe reeds ag jaar aan die Kaap aan bewind van sake, en die kolonie gaan 'n tydperk van ongekende bloei en uitbreiding sinds die dae van die Van der Stels tegemoet. Die koloniste was besig om die groot binnelandse bergketting oor te trek en veeplase aan te lé, wat hul deur hul Burgerkommando's teen die Boesmans beskerm. Die skitterend geslaagde ontdekkingsreis na Kafferland deur Vaandrig August Beutler van 1752 was reeds agter die rug,Ga naar voetnoot1) die tog na Namakwaland van 1761 onder kapitein Hop op hande,Ga naar voetnoot2) die Praalwette van 1755 reeds ingevoer om die deugde, wat die Nederlandse volk tot 'n magtige nasie gemaak het, te bewaar. Die Reisbeskrywing en die Dagboek behou hul populariteit dwars deur die agtiende eeu en die geskrifte van Beutler en Hop oor Kafferland en Namakwaland respektiewelik word op die Secretarie in die Kasteel sorgvuldig nagesien, oorgeskrywe en opgestuur na die Here Bewindhebbers, volgens die voorskrifte van die Artikelbrief. | |
[pagina 169]
| |
Die Franse oorlog- en transportskepe op weg na Indië om die Engelse te gaan beveg in die imperiale gestoei vir die besit van die nog-nie-buitgemaakte oppervlakte van die wêreldbol, het die Kaapse koring en wynhandel goed te pas gekom, maar dat die Afrikaner geleer het, om nie alleen by wyn en brood te lewe nie, blyk o.a. uit die skenking in 1761 van Joachim Nicolaas van Dessin, die man, wat gedurende byna 'n kwart eeu sekretaris van die Weeskamer was. Die kolonie word die erfgenaam van sy 3800 boeke, waaronder allerlei merkwaardige drukke en handskrifte.Ga naar voetnoot1) Nie alleen boeke, maar ook skilderye het die ontwikkelde hoër amptenaar-kolonis waardeer. Die Franse reisiger Bernardin de St. Pierre, beroemde skrywer van Paul et Virginie, vertel van pragskilderye op die mure van Vader Tulbagh, waaronder portrette van Tromp en De Ruyter.Ga naar voetnoot2) Die vreemdelinge het al begint praat van Kaapstad, hoewel die koloniste haar nog steeds Kaap genoem het. Nuwe strate is aangelê, die toring van die kerk hoër gemaak en met 'n uurwerk voorsien, 'n stadhuis gebou, in 1770 die kerkhof tussen Leeuwenstaart en die baai tot gebruik geopen het. Die direkteure van die Oos-Indiese Kompanjie was aan planne maak vir 'n nieuwe siekehuis; die een op Simonstad was reeds in 1765 voltooi, pakhuise, kwartiere vir die garnisoen en die werkliede teen 1768 opgetrek.Ga naar voetnoot3) Van al die woelige bedrywigheid kon die sieklike Michiel Vos as kind nie veel geniet nie. Volgens die eerste brief van die Merkwaardig Verhaal word die jong Kapenaar op veertienjarige leeftyd by sy oudste broer besorg, om die silwer- en goudsmidshandwerk te leer. Saans leer hy teken en klavierspeel, maar deur sy swak gesondheid was dit hom ‘zelfs in het muzijk leeren een last, allerlei ijdele dingen te moeten leeren spelen.’ Hy kom tot bekering en in die tweede brief word vertel hoe hy sy toevlug neem ‘tot de klipkuilen aan den | |
[pagina 170]
| |
Leeuwenbil, een berg aan de Kaapstad, uit welke men klippen hieuwen tot de ommuurde begraafplaatsen, buiten de stad, om aldaar, alleen zijnde, overluid te bidden en mijnen bangen boezem voor God te ontlasten.’ Hierdie dwepende houding kan uit sy gesondheidstoestand verklaar word, maar 'n jong man dolende in die klipkranse van Leeukop, in die onmiddellike nabyheid van ommuurde kerkhowe om sy ‘bangen boesem’ uit te stort, klink soos 'n scène in die taal van Elizabeth Post uit Voor Eenzamen (1789), of uit Rhynvis Feith self. Die sentimentele rigting kom as 'n reaksie op die dorre rasionalisme van die agtiende eeu; die gemoedslewe begin hoe langer hoe meer die aandag te eis en ook hier by ons vind die stroming weerklank veral op godsdienstige gebied, waarvan die lewe van Vos getuig. Die tye was aan die verander in Europa en die tyd vir beslissend ingryp in Europese politiek was vir die Republiek van die Nederlande virgoed verby. Die regente het hul op 'n standpunt geplaas, wat hul van die volk vervreem het. Dat hulle daardeur self hul mag ondermyn het, het nie tot hul deurgedring nie. Met die ‘Tijdverdrijf van smaak of Joujou de Normandie’ in die hand gaan hul onbewus die oomblik tegemoet, waarop die eertyds roemryke Republiek van die Verenigde Nederlande sou weggevee word uit die ry van die groot moëndhede as een wat haarself oorleef het.Ga naar voetnoot1) Vanuit die verte kom die geroep van Vryheid, Gelykheid en Broederskap en ook in donker Afrika kom die koloniste onder die indruk van die regte van die mens, afgesien van die kleur van sy huid of die peil van sy beskawing. M.C. Vos gaan hom nou die lot van die slawe aantrek. Nie hul slawerny self nie, ‘want velen hunner hebben het, naar den ligchame, inderdaad veel beter dan duizenden vrije Christenen in Europa,’ maar die verwaarlosing van hul siele beangs sy gevoelige hart en ligbewoë gemoed. Hy besluit om die silwer- en goudsmidshandel, die tekenkuns en pianospel vaarwel te sê en hom in Europa te bekwaam vir die kansel. Die derde brief van die Merkwaardig Verhaal bevat heelwat onbewuste humor. Tot | |
[pagina 171]
| |
vyf maal wend hy hom tot die President van die Weeskamer om sy klein kapitaaltjie in ontvangs te neem ‘maar Pharao's harte werd verhard om my niet te laten trekken,’ en dit op aandrang van sy oudste broer, die skurk van die drama. Die Bybelse styl is kenmerkend vir sy prosa en gee 'n sekere wyding aan die verhaal, ook waar hy laggend-ironies daarby voeg ‘het laatste bezoek dat ik te dien einde bij hem aflegde, was zoo vriendelijk, dat hij mij bedreigde, indien ik nogmaals met dat verzoek te zijnen huize kwam, ik verzekerd kon wezen, dat hij mij met eenen stok de deur uit zoude slaan.’ Die maklikste manier om van die Weeskamer los te kom, is om hom met nog sterker bande, nl. dié van die huwelik te gaan bind in 1779, maar nugter, saaklik-prakties was dit hom te doen ‘meer om het ambt van een Evangeliedienaar, dan wel om eene vrouw.’ Deur tussenkoms van sy skoonvader geluk dit hom om in 1780 na Nederland te vertrek, maar nie voor hy tot drie maal toe by die goewerneur Van Plettenberg gaan smeek het om toestemming en slegs as antwoord kon kry ‘zoo ik volstrektelijk weg wilde, ik dan mijn wijf (zoo vriendelijk sprak hij mij aan) moest medenemen,’ wat die merkwaardige bruidegom juis nie van plan was om te doen nie. Hy neem afskeid ook in die buitedistrikte, word op awentuurlike wyse gered deur sy perd, wat, asof deur goddelike hand bestuur, nie die seekoegat in wil nie en kry van die predikant van Paarl ‘offschoon mede mijn voornemen niet kunnende goedkeuren,’ tog 'n paar teologiese boeke ‘in de Latijnsche taal ten geschenk.’ Sy voorlopige onderrig het hy van 'n soldaat ontvang, daar die Latynse skool van Lambertus Slicher in 1714 opgerig, (waar die Latynse en Hollandse tale gedoseer was), in 1725 opgehou het om te bestaan, weens die geringe ondersteuning, en dit tot 1793 sou duur voor 'n tweede poging aangewend word om 'n Latynse skool in Kaapstad te stig. Maar met of sonder Latynse skool is daar in die sewentiende en agtiende en begin neëntiende eeu Latynse verse en Latynse prosa aan die Kaap geskrywe, soos die kerkdeur-opskrifte van Petrus Kalden, die Descriptio epistolaris van Jan | |
[pagina 172]
| |
Willem de Grevenbroeck, die briewe van Christodulus (Helperus Ritzema van Lier) die Carmina Heroicum et Elegiacum van 'n gebore Afrikaner J.C. Berrangé, die rektor van die Latynse skool, wie se aanstelling Lord Charles in 1815 nie wou bevestig nie, omdat hy nie genoeg Engels na die sin van die goewerneur geken het nie,Ga naar voetnoot1) Latyn gelees en bestudeer genoeg om enige klassikus se hart te verbly. En die student M.C. Vos, gewapen met sy soldate-Latyn en sy present-eksemplare van die Paarlse dominee, kom 29 Junie 1780 op die rede van Texel aan en vestig hom voorlopig in Amsterdam. Die beskrywing van die oortog, byna veertig jaar later, word ongelukkig bederwe deur 'n al te moraliserende toon. Volgens eeue-oue gebruik, hoewel in die Artikelbrief van die O.I. Kompanjie ten strengste verbode, word die dag, waarop die Linie oorgevaar word, ter ere van Bacchus gevier, en soos dit nou moes gebeur, het een van die passasiers, 'n ou man van sestig jaar, verongeluk. Die skrywer kon die geleentheid nie laat verbygaan sonder om uit te roep ‘o welk een wonder, dat de Heer van de winden en de zee die Linie-vrolijkheden niet meermalen op de dood straft.... schrijvende de wijze wereld zulks alleen aan een bloot geval toe.’ Maar objektiwiteit moet ons in die romans van sy tydgenote ook nie soek nie; dit sou nog byna 'n eeu duur voor die romanskrywer leer om nie tussen sy leser en sy onderwerp te staan nie, om effentjies op sy te gaan, dat die leser kan duideliker sien. Die sieketrooster het hom vertel van die beroemde Utrechtse professor Gysbert Bonnet. Hy kry 'n paar van sy werke in hande en besluit om onder hom te gaan studeer. Vol dankbare erkentlikheid getuig hy jare later van die vriendelike tegemoetkoming, die nederige eenvoud van die groot geleerde teenoor sy stamverwant. Drie jaar later laat hy hom eksamineer, omdat daar 'n opening aan die Kaap was en hy, soos elke regskape Afrikaner, hom slegs daar gaan bekwaam het vir diens in sy vaderland. Maar dan sou die eerste groot teleurstelling hom tref - die Classis Amsterdam benoem hom nie, | |
[pagina 173]
| |
omdat hulle hom te veel ‘Voetiaan’Ga naar voetnoot1) en ‘Dweper’ beskou. Dit is tenminste sý verklaring in die Merkwaardig Verhaal vir hul optrede. Aangrypend geteken is sy moeilikhede in die Nederlandse hoofstad. Deur tussenkoms van die Amsterdamse predikant Tyken, word hy daar benoem as hulpprediker, maar sy eerste preekbeurt vervul hom met soveel angs dat hy ‘in plaats van de predikstoel te beklimmen, de stadspoorte wilde uitgaan.’ Hy laat sy vrou kom uit die Kaap, maar dié verkeer weer in 'n sielstryd. Geen wonder, dat hy enige maande later in sy eerste gemeente Wonderberg doodsiek word. Geen wonder ook, dat die vrywillige in ballingskap gaan van duisende Patriotte, omstreeks die jaar 1787, om in Frankryk in nie geringe mate die vrysinnige begrippe uit die ensiklopediese geskrifte van manne soos Voltaire, Diderot, Rousseau, op te doen, feitlik langs hom heen gegaan het. Bo sy eie klein verdrietjies styg hij nie uit in hierdie gedeelte van die verhaal nie, waarin ons so graag meer sou wou geweet het van die Afrikaner-standpunt oor Pichegru en sy verflenterde leër, waarmee hy Holland binnetrek.Ga naar voetnoot2) Vos was veral die man van die woord, wat met vurige oortuiging sy gehoor kon meesleep, sodat hulle van heinde en ver gereis het om na hom te luister.Ga naar voetnoot3) Oor sy redenaarstalent was hy baie beskeie en selfs waar hy vertel van allerlei bekeringe na sy bedanking vir die beroep na Hilversum in Maart 1788, om tog na enige aarseling dié na Pynakker die volgende jaar aan te neem, wy hy geen lof of eer aan homself nie. In verouderde beeldspraak, maar so eg uit die tyd, praat hy altyd van 'n bekeerling as ‘een leesbare brief der genade.’ Van 1790 tot 1793 is hy predikant te Woerden, toe hy | |
[pagina 174]
| |
eindelik, dank sy die bemiddeling van 'n hooggeplaaste vriend uit sy studentetyd, mr. Hendrik van Stralen, tot predikant in die Kaapkolonie benoem word. Begryplikerwyse het die dertienjarige verblyf 'n groot gehegtheid aan Holland meegebring, maar hoe gelukkig ook al in die stamland, ‘evenwel bleef ik altoos, bijzonder om de arme heidenen, naar mijn land verlangen.’ Oos wes, tuis bes, en na 'n afwesigheid van veertien jaar min drie dae, soos hy met groot presiesheid aanteken, bring die ‘Hertog van Brunswijk, een schoon nieuw schip’, hom veilig aan Tafelbaai-strand. Die twaalfde en dertiende brief van die verhaal uit drie wêrelddele speel weer in Suid-Afrika. Die goewerneur Abraham Sluysken ontvang hom vriendelik, sou hom graag in die plek van ‘den waardigen Van Lier, den besten leeraar, dien de Kaapsche Kerk ooit gehad had,’ gehou het, maar daar die plek reeds aan 'n ander beloof was, word hy tot predikant van Roodezand aangestel, waar hy op 4 Mei 1794 sy intreepreek lewer en sy gemeentelede met verbasing en verontwaardiging vervul, omdat hy na aanleiding van Markus XVI vs. 15 te kenne gee, dat hy ook van plan is om as herder en leraar van die slawe en heidene op te tree. | |
4. Die skrywer van die merkwaardig verhaal onder verskillende regerings; Engelse rigting. Repos ailleurs.Dit was die eeu, wat haar as ideaal die gelykheid van die mens gestel het. Die metodistiese bedrywigheid van die Londense Sendinggenootskap vind 'n veiligheidsklep in ons land van die ‘noble savage’, en M.C. Vos, in die Land van Waveren reeds gebrandmerk deur sy voorliefde vir alles wat 'n gekleurde huid had, gaan die sendelinge Van der Kemp, Kicherer, Edwards en Edmond in 1799 in Tafelbaai ontmoet en sloof hom uit om Kicherer en Edwards na Boesmanland, Van der Kemp en Edmond na Kafferland weg te help. Die Kaap, die stigting met soveel idealisme begin, met soveel moeite en verdriet tot so 'n kolonie uitgebrei, was onderwyl in vreemde hande oorgegaan, maar die Merkwaardig Verhaal is ook hier merkwaardig, daar dit bladsye wy aan die ‘onhebbe- | |
[pagina 175]
| |
likheid’ van die boere om hul weersin nie te verberg teen sy aansienlike aantal gekleurde kerkbesoekers nie, en so goed as swyg oor die hele politieke omwenteling. Die Oos-Indiese Kompanjie het haarself dan ook oorleef en ná die vertrek van die vlottende hoër amptenaredom 'n tipe kolonis agtergelaat wat Prinsgesind was en hom laat inlyf het by Engeland, soos hy hom laat bevry het in 1803, sonder mok, sonder mor, sonder juig. Daardie eerste oorgawe van die Kaap hoort tot die jammerlikste bladsye in ons geskiedenis en tog is die algemeen geldende opinie dié van Vos gewees, nl. ‘dat Kerk nog Burgerstaat er iets bij geleden hebben.’ Sy Dietse gees breek darem deur die vloed ‘van heete tranen’ as hy die Boere teen die laster van die reisbeskrywers verdedig, en voorspel met vèrsiende blik, dat ‘de gastvrijheid, eene bijzondere eigenschap der Afrikaansche boeren, langs dezen weg van tijd tot tijd verminderen zal.’ Die nuwe Britse gesag gebruik hom in 1797 om die grensboere tot gehoorsaamheid aan te spoor, maar dit blyk, dat hy op sy eerste reis na Graaff-Reinet meer bekommerd was oor die sieleheil van die Kaffers as oor die tydelike en ewige van sy landgenote. Dit verheug hom om sy Vragenboekje, op Roodezand geskrywe, en waarvan ettelike afskrifte gemaak is omdat dit moeilik was om dit gedruk te kry,Ga naar voetnoot1) in gebruik onder die Graaff-Reinetse Kaffers te vind; hy belowe om 'n Journaal van sy reis as 'n aanhangsel van die Merkwaardig Verhaal te laat volgGa naar voetnoot2) en keer terug ná 'n afwesigheid van drie maande om te vind, dat daar 'n wolf onder sy skape op Roodezand was, dat sommige van sy gemeentelede hom ‘belasterd’ het. Ds. Vos is onder die indruk, dat die vyandskap teen hom aangeblaas is deur sy plaasvervanger, latere opvolger, H.W. Ballot, maar wat hier werklik plaasgevind het, afgesien van die skuld of onskuld van Vos aan onsedelike gedrag, waarvan hy deur Lichtenstein beskuldig word, is 'n botsing | |
[pagina 176]
| |
van twee kultuur-strominge wat die verdeeldheid in die Roodezandse gemeente gebring het: Aan die een kant die ou inheemse Hollandse Kalvinistiese wêreldbeskouing, langsamerhand versag deur en aangepas by ons omstandighede, aan die ander die nuwe aangewaaide metodistiese stroming van die sogenaamde ‘fijnen’ of ‘piëtisten’ in Holland en veral van die Londense Sendinggenootskap. Soos Lichtenstein, die verteenwoordiger van die ‘Verligting’ na aanleiding van die besoek van Commissaris-generaal De Mist aan Roodezand van 20 November tot 1 Desember 1803 dit uitdruk: ‘door de verkeerde pogingen van dweepzieke zendelingen eene soort van bigotterie in deze landstreken ingedrongen is, welke het goedhartig en vrolijk karakter dier menschen geheel misvormd en hen in bedilzieke, norsche pijlaarbijters herschapen heeft. Dans, gezang en spel zijn uit de gezelschappen gebannen, en naauwelijks kunnen zij het hunnen predikant vergeven (d.i. Ballot) dat hij verdraagzamer denkt en de jeugd nu en dan tot vrolijkheid aanmoedigt.’Ga naar voetnoot1) Arme M.C. Vos. Ons sien almal met die lig wat in ons is, en die oorsake van sy huilerige nederigheid wat ‘een regt verslagen hart’ as enigste vergoeding eis vir die ‘groffste zonden begaan, zonder gevaar, ten aanzien zijner zaligheid te loopen,’ soos Lichtenstein dit kras sê, lê opgesluit in die eerste instansie, in hierdie tydstroming, daarna in sy eie swak gesondheid en in dié van sy vrou. Sy was veel ouer as hy, en slagoffer van 'n swak senugestel ‘daaruit voortvloeiende mindere tevredenheid in 's Heeren weg’ en 'n onvermoë om met Heidense diensbodes om te gaan, wat nie bepaald bevorderlik vir hul huislike geluk sou gewees het nie. Albei was gevoelsmense by wie gevoeligheid oorgeneig het na gevoelerigheid, by wie die balans tussen hart en verstand totaal verstoor was. Deur die briefvorm kry ons die skrywer se oordeel | |
[pagina 177]
| |
oor homself, oor haar en oor sy tydgenote. Ons lees tussen die reëls deur hoe hul albei deur hul gevoel weggesleep word. Na 'n tweede besoek aan die grensdistrikte, van 5 Oktober 1801 tot 21 Januarie 1802, dring die verwoesting aangerig deur die ‘arme heidenen’ ondanks, of danksy die ywer van Van der Kemp en Read, tog so tot hom deur, (hy vind welgestelde landgenote ‘op het veld alwaar zij bijna van armoede en ongemak vergingen,’) dat hy noodgedwonge uitroep: ‘O wat gevoelde ik over deze arme menschen!’ maar sonder om die wortel van die kwaad raak te sien. Hierin was 'n tydgenoot, 'n ander gebore Afrikaner Dirk van Reenen,Ga naar voetnoot1) hom vooruit in sy Reisbeskrywing omdat hy 'n ander lewensfilosofie bely het. Alleen 'n besef van die talryke gruwele in die loop van die wêreldgeskiedenis in die naam van Christus gepleeg, versag ons oordeel oor die blindheid, die dwaashede en dwalinge van die Londense Sending-genootskap, wat Vos met hart en siel aangehang het. Die politieke toestand het kritiek begin word. Vos het die simpatie van die grootste gedeelte van sy gemeente verloor en sy vrou wou terug na Europa. Sonder die Kerkraad van Kaapstad of die Classis van Amsterdam te ken in die saak,Ga naar voetnoot2) aan wie hy verantwoording verskuldig was, vertrek hy in 1802 binne sy vasgestelde tyd van vyftien jaar, alleen na oorleg met die Engelse goewerneur en voorsien van 'n ‘loffelijk getuigschrift’ van Franciscus Dundas en die belofte van een van sy gemeente.Ga naar voetnoot3) Dié slag nie na Holland nie, maar na die ‘O Gezegend Engeland’ soos hy in ekstase op haas elke bladsy van die veertiende brief uitroep. Die tweede seereis is veel awentuurliker as die eerste. Hulle dobber neën-en-twintig dae op die see rond in 'n wrak van 'n skip met 'n kibbelende skipper en sy rusiemakerige eerste offisier, voor hul op St. Helena kom, waar die egpaar | |
[pagina 178]
| |
- ‘zij was nu een eikeboom, maar ik een zwak riet’ - na heel wat gesukkel op 'n groter boot oorgaan. Die ander het Europa nooit bereik nie, waarin 'n Vos die hand van die waaksame Voorsienigheid bespeur. In Londen ondervind hy moeilikheid met die taal maar dit verhinder hom tog nie om noue betrekkinge met die Londense Sendinggenootskap aan te knoop en op die uitnodiging van die direkteure enige sendelinge na Asië te vergesel nie. Hierdie brief werp weer heelwat lig op die ‘zenuwgestel’ van Mevrou - eers wil sy in die wêreldstad agterbly, hou voet by stuk, dan op die laaste moment wil sy weer saamgaan en hals oor kop moet die nuwe reëlings getref word. Die vyftiende brief toon een van die grootste nadele van die vorm duidelik aan, nl. dié van herhaling. Uit die aard van die saak is daar in die briewe-roman herhaling, wat die verhaal vertraag en langdradig maak, maar omdat ons skrywer slegs een korrespondent het en nie 'n hele versameling, wat almal in bekendheid met 'n belangrike geval moet gestel word nie, waardeur die gebeurtenis maklik vervelend kan word, hoef hy hom hieraan maar selde skuldig te maak. Sy groot tydgenote, medebeoefenaars van die genre het die moeilikheid deur 'n handige kunsgreep, nl. dié van insluiting van briewe, probeer ontduik. Hy hoef slegs nou en dan op 'n gefingeerde vraag van sy vriend te antwoord en 'n résumé van die voorafgaande soos in hierdie brief, is feitelik oorbodig. Die reis na die Ooste gaan van Engeland oor Denemarke, die Kaap verby na Tranquehar (Ceylon), waar sy vrou by hul aankoms op 5 Des. 1804 sterf. Die skip het Helgoland aangedoen, ook die Nicobaarse Eilande waar die heidene ‘gebroken Portugeesch’ verstaan en hy in bekeringsywer met hul oor hul siele kon praat, waaruit ons verneem, dat hy ook daardie taal enigsins beheers het.Ga naar voetnoot1) Die Afrikaner beland weer op Hollandse gebied in die Ooste maar voel hom ontuis daar. Op Ceylon word daar kou water op sy geesdrif gegooi. Van die 342,000 Christene, waarvan hulle hom in Europa | |
[pagina 179]
| |
vertel het, merk hy heel weinig en hy word allesbehalwe vriendelik ontvang deur die predikante, wat volgens hom woeker en raap en skraap so hard soos die amptenare. Besonder lewendig is die dialoog-vorm in die sestiende brief, gebesig tussen die skrywer en die twee Hollandse predikante van Colombo. Die oudste, ‘Paus van Ceylon’ noem Vos hom (wat g'n greintjie sin vir humor het nie) met 'n bietjie leedvermaak, begroet die nuweling met: ‘Wij hebben verstaan, dat gijlieden gekomen zijt om de Heidenen te bekeeren.’ - Ons antwoord was: ‘Menschen te bekeeren is Gods werk; maar wij zijn gekomen, om te zien of wij, door onderwijs, middelen daartoe mogen zijn.’ - ‘In dat werk,’ zeide diezelfde persoon, ‘ben ik reeds verscheidene jaren bezig geweest, en wilt gij wel gelooven, dat ik meermalen vijf honderd Christenen op éénen dag gemaakt heb?’ ‘Als gij dan maar niet,’ was ons antwoord, ‘vijf honderd malen op éénen dag de paarlen voor de zwijnen geworpen hebt.’ Hierop barstte hij en eenige van zijn gezelschap in een dartel gelach uit, en brachten niets dan spotternijen te voorschijn.’ Dat die nougesetheid van die nuweling, wat by sy vertrek uit Afrika die Classis van Amsterdam eenvoudig genegeer het en so duidelik sy voorkeur te kenne kom gee vir die Engelse, met wie die ouer Ceylonse koloniste op taamlik gespanne voet begin verkeer, ergerlik vir die Hollandse predikante moes gewees het, lê voor die hand. In Point de Gale, waar hy in Maart 1805 tot predikant by die Hollandse gemeente aangestel word, hertrou hy met 'n Engelse offisiersweduwee, wat die nag voor hy aan wal gestap het in 'n droomverskyning gesien het hoe ‘iemand in het zwart gekleed tot haar kwam, en haren ring van haren vinger nam’ - romantieser kan dit nie. Hy verkeer op die intiemste voet met die ‘brave’ Engelse goewerneur North, skrywe 'n katkisasieboekie, wat vir rekening van die Britse goewerment sou gedruk word, maar die goewerneur vertrek na Engeland en dis die laaste sien van sy ‘boeksken’. Hy vertel, dat 'n Remonstrant, wat die handskrif gesien het, dit as al te ‘kalvinisties’ afgekeur het. Daar dit nooit ter perse gelê is nie, is dit moeilik | |
[pagina 180]
| |
om te bewys of dit sy kalvinisme of Engels-gekleurde metodisme was, wat die afkeuring van sy medearbeiders uitgelok het.Ga naar voetnoot1) As ons dan nog onthou, dat die predikant onder die O.I. Kompanjie die rang van onderkoopman gehad het, word ons gemaan tot versigtigheid met die beskuldiging van verwaarlosing van hul dienspligte, waaraan M.C. Vos byna die helfte van sy verdere verhaal wy. Sy opwekkingsdienste was vreemd aan hulle gees en sy idealisme om die hele heidendom in een leeftyd te bekeer vir hul 'n hersenskim, ontnugter soos hulle was in die harde skool van ervaring. Ook oor hul huwelike met gedoopte Singalese vroue het die sewentiende- en agtiende-eeuer op Ceylon ander begrippe gehad as Vos, wat tot dusver slegs met barbare en halfbarbare te doen gehad het, Hottentotte, Boesmans en Kaffers.Ga naar voetnoot2) Gevolglik ondervind hy op Colombo slegs teenwerking en vyandskap, waaroor hy hom in sy verhaal beklaag en bejammer, maar wat hy gedeeltelik op sy eie hals gehaal het, en wat tenslotte so sterk word, dat hul hom voor die keuse stel om òf as predikant òf as sendeling op te tree, maar nie albei nie. As sendeling by eie keuse, word die botsing so hewig, dat hulle sy verwydering van die eiland bewerk. Hy vertrek na Negapatnam en binne twee jaar vandaar na Madras, waar die Skotse gemeente hom versoek om hul leraar te word, maar moeggeswerwe staan sy kop huis-toe. M.C. Vos, die rustelose swerwer, kom in November 1809 in Kaapstad aan, drie jaar ná die Kaap die tweede maal en nou vir goed in sy Engelse vriende se hande oorgegaan het. Enige maande later word hy tot predikant van Swartland (nou Malmesbury) benoem, die volgende jaar op Zwartberg (nou Caledon) aangestel deur die goewerneur Caledon. Dit alles word ons deur middel van briewe in die Merkwaardig Verhaal meegedeel. Ag dae ná sy tuiskoms van sy swerftogte was daar 'n verskriklike aardbewing in Kaapstad; van ‘gedurige onderaardsche schokken’ vermeld die verhaal. Die agtiende brief vertel van die spotters, wat toegeloop en geskreeu het: ‘bidt voor ons! bidt | |
[pagina 181]
| |
voor ons!’ Hierdie natuurverskynsel het m.i. dieper spore op die deur die Europese stroming reeds ontvanklik gemaakte gemoedere in Suid-Afrika nagelaat, as wat tot dusver mee rekening gehou is. Dat M.C. Vos op Caledon daarin slaag om 'n bepaling afgeskaf te kry, wat tot dusver gegeld het, nl. dat slawe geen lede van die Christelike Kerk kon word nie en tog eiendom van hul meesters bly, waardeur die eienaars die bekering van hul bediendes teëgewerk het, is 'n spoor van hierdie aardskok sowel as van die wéreldstroming wat op vrystelling van die slawe aanstuur. Tot sy verwondering en droefheid verneem hy, dat in sy geboorteland ook ‘geen der leeraren te voorschijn kwam, om, naar de tijdsomstandigheden hunnen plicht te doen’, Vos is altyd gereed om sy medearbeiders van dwaallere en pligsverwaarlosing te beskuldig as hulle nie sy sendingywer deel nie. Dikwels klink die Merkwaardig Verhaal oordrewe, dwepend, byna fanatiek godsdienstig, altyd is dit die uiting van 'n eenvoudige vrome. Hy stel self twee bidstonde in die week in, wat in verskillende gemeentes nagevolg word. Die ywer en toewyding onder die slawe en Hottentotte gloei warm, die ondersteuning van die Suid-Afrikaanse Sendinggenootskap neem vinnig toe na hierdie skok aan die godsdienstige gevoel. Maar ‘Repos Ailleurs’. Ook op Caledon (so was Zwartberg deur sir John Cradock na sy voorganger herdoop) vind Vos geen rus nie. Die klimaat kan hy nie verdra nie, die pastorie, wat afgebrand het, word nie weer opgebou nie en die boere wil maar nie sy sendingywer ten volle deel nie. In Augustus 1819 verkry hy emeritaat met behoud van volle traktement en gaan hom weer op Roodezand vestig, waar sy ou vriend Kicherer nou as sendeling werksaam was en waar hy sy Merkwaardig Verhaal opstel (1824). In 1825 is M.C. Vos daar oorlede. Die eerste briewe-roman op Suidafrikaanse bodem ontstaan, het soveel lesers in Europa gevind, dat 'n Duitse vertaling in 1829 in Basel verskyn het. Toe het dit gaan lyk of die genre heeltemal uitgebloei was en in die vergetelheid rus, soos ons eerste beoefenaar daarvan. Die twintigste-eeuse gejaagde publiek, in sy afsku van alles wat langdradig, vol herhaling of | |
[pagina 182]
| |
enigsins onnatuurlik is, duld nie meer 'n roman in briefvorm, wat uitgerek is deur ses of meer dele nie, soos die van Wolff en Deken en met die grootste inspanning word die moderne student daartoe gebring om Langs een Omweg en Majoor Frans van Bosboom-Toussaint te lees. Maar toe kom die veel gelese Christelike skrywer George Frans Haspels met sy rustige roman in briewe De Stad aan het Veer en die eerste deel van die volledige werke van C.J. Langenhoven (1933) verskyn as eerste stuk, nie van sy satiries-humoristiese of didakties-moraliserende werke, waaraan hy sy grootste sukses te danke had nie, maar sy Bybelse roman in briewe Skaduwees van Nasaret.Ga naar voetnoot1) Dit lyk of die vorm 'n herlewing tegemoet gaan. In die Merkwaardig Verhaal, onder die portret van die skrywer, is die volgende paar reëls te vind, wat ons in kort trekke weergee, wat die vriende en aanhangers van M.C. Vos gedink het: ‘Dit is 't gelaat van Vos, veeleer een Lam in trekken,
Dat d' eerbied kon in 't hart voor stillen ootmoed wekken;
Een Vos, om vossen, die den wijngaard schade doen,
Met list bij heilige list te stuiten in hun woen;
Een Michael in kracht, om Jezus eer te schragen;
Een Christiaan in deugd, om Jezus bloed te dragen.
'Tuig Neêrland! Afrika! 'tuig Azië! van hem,
Die ons dees bladen gaf, al zwijgt zijn priesterstem.’
Vaag en ver was M.C. Vos se ideaal van die gelykheid van alle kreature, wat hy met 'n wilde verlange nagejaag het. Tussen strewe en verwesenliking gaap altyd 'n kloof en namate die idealis iets kragtiger begeer, na mate sy ideaal grootser en sy einddoel verder is, sal die kloof wyer gaan. Omdat die mens nou eenmaal geen Argus-oë het nie, sal daar altyd skrywers en volksleiers wees, wat in hul poging om die sterre na te jaag, as hulle nie in 'n kuil beland nie, dan tog die blomme aan hul voet vertrap. Dit was die gevaar van die sendelinge. In 1833 word die slawe vrygestel, die groot ideaal van die opsteller van die Merkwaardig Verhaal, maar byna onmiddellik | |
[pagina 183]
| |
daarna begin die trek noordwaarts, 'n trek van eie landgenote die wildernis in, in 'n wanhoopspoging tot vrywording. Die metodisme het vir Vos sy vriende en sy aanhangers 'n ongeëwenaarde gemoedsverdieping en versagting van die sede gebring, maar omdat dit nie uit ons volksiel self opgebloei het nie, het dit vir menige Trekker enorme tydelike skade berokken, en vir andere, wat in die kolonie gebly het, gewisse disoriëntering voorspel, skade aan hul siel gedoen. Uit die stroming met sy oorgevoeligheid en sy Engelse inslag is die Merkwaardig Verhaal gebore, 'n merkwaardige tydspieël van 'n merkwaardige man. Die ‘Sentimentele Rigting’ wat teen die end van die 18e eeu oor Wes-Europa getrek het, het eers in die begin van die neëntiende eeu sy koers na die Suidhoek geneem en in sy vaart die puik van die Afrikaanse grensbewoners uit hul land verja.Ga naar voetnoot1) |
|