Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 1 (1652-1875)
(1934)–Elizabeth Conradie– Auteursrecht onbekend'n Kultuur-historische studie
[pagina 134]
| |
Hoofstuk VI. Klassisisme, verligting (Aufklärung), eerste spore van die romantiek.1. 'n Klassistiese leerdig van ds. Meent Borcherds, die Stellenbosse predikant.Dieselfde toestande waaronder daar in Kaapstad gewerk en geskrywe word, word ook aangetref op die dorp Stellenbosch en die dorpie Tulbagh. Vanaf die eerste dag van inbesitneming van die Kaap laat die Engelse kultuur sy spore agter in stad sowel as dorp. In 1795 as admiraal Elphinstone binneseil, word die kanonskote gehoor tot in Steilenbosch, en van een seinpos na 'n ander weergalm dit tot op die Tulbagh-berge om die burgery op te roep. Die volgende dag marsjeer die kinders gewapen met bamboesstokke en onder lappe van verskillende kleure, Patriot en Oranjeman, deur die strate van Stellenbosch, tot vermaak van die agtergeblewenes. Hieronder was ook die kinders van die Stellenbosse predikant, Meent Borcherds, 'n man wat net soos die Kaapse predikant-familie Van Lier, letterkundige aanleg gehad het. Die ingrypende invloed wat die eerste besetting reeds op die kulturele kringe gemaak het, word duidelik weerspieël in die familiekring van Vader Borcherds soos uiteengesit in die Memoir van sy seun Petrus Borchardus 'n half eeu later.Ga naar voetnoot1) | |
[pagina 135]
| |
Meent Borcherds is in die dorpie Jemgum in Friesland gebore op 3 September 1762. Hy het in Groningen teologie gaan studeer en word in 1784 as derde predikant in Kaapstad aangestel. Kort ná sy aankoms in 1785 is hy getroud met 'n Afrikaanse dame, Aletta Jacoba de Wit, uit 'n Kaapse familie uit die tyd van die Van der Stels. Die familie De Wit het die eerste alweie in Suid-Afrika verbou om na Europa uit te voer, waardeur hulle skatryk geword het. Op sy versoek, vermoedelik om gesondheidsredes, word ds. Meent Borcherds in September 1786 na Stellenbosch verplaas en bearbei ook die Drakensteinse gemeente en dié van Hottentotsholland. Dikwels het hy sy kinders van sy geboorteland vertel, van sy moeder, van die groot brand, wat hul huis verwoes het en hom verplig het om sy studie haastig te voltooi en na 'n nuwe vaderland te vertrek om haar te kon ondersteun. Toe hy heeltemal ingeburger was op Stellenbosch, het hy die huis met ‘Het Alziend Oog’, ‘La Gratitude’ op Stellenbosch gebou in Kaaps-Hollandse styl. Die oog in die portiek was vir ds. Borcherds die sinnebeeld van Gods waaksaamheid en in die naam lê sy dankbaarheid vir seëninge in die nuwe land, 'n loot van die oue waarvoor hy soveel liefde gekoester het. Maar die band met die moederland was verbreek en as Prinsgesindes is sy familie een van die eerste om hul na die nuwe meesters te oriënteer. Die Britse aanvoerders word gehuisves by sy skoonouers in Kaapstad waar sy seun Petrus groot behae skep in die skouspel van die Engelse soldate ‘moving in bodies like red ants.’ En in dieselfde huis het Petrus kennis gemaak en saamgewerk met John Barrow, die berugte skrywer van Travels in Southern Africa,Ga naar voetnoot1) die man wat met P.J. Truter, die Afrikaanse geneesheer se dogter getrou het en tog geen geleentheid verby laat gaan om die Afrikaner te beklad nie.Ga naar voetnoot2) Van nou af word die kinders van die Hollandse predikant met die kind en nefie van admiraal sir Hugh Christian en die seun van generaal Fraser, deur die Engelse ‘tutor’ wat saamgekom het, dr. Dolling, | |
[pagina 136]
| |
'n man wat geen stom woord Hollands geken het nie, in een en dieselfde Hollandse pastorie op Stellenbosch saam Engels en Latyn geleer. Die statige gepruikte Hollandse meester, Georg Knoop, het hul in sy dorpskooltjie die Hollandse taal geleer lees en skrywe, die Heildelbergse Kategismus en Hellenbroek daarin gedreun, maar dit bly meer geluk as wysheid dat Petrus, die leerling van Dolling, 'n enkele Hollandse vers in sy in Engels geskrewe Memoir onvertaald weergegee het. Die seun lig ons in oor die Hollandse letterkundige voortbrengsels van sy vader. So hoor ons van 'n natuurgedig De Maan waarvoor die inspirasie waarskynlik gekom het ‘on a fine evening, at the little summerhouse, or at the beautiful clear stream behind his favoured dwelling,’ want ds. Borcherds was 'n groot bewonderaar van die Afrikaanse natuur: ‘his attention was fixed on the starry heaven at night, and at the wonders of the earth, and he often contemplated them to the honour of the Creator and His Almighty power.’Ga naar voetnoot1) Ons hoor ook van 'n lied ter ere van die oprigting van die eerste drukpers:Ga naar voetnoot2) ‘When in 1800, the first printing press was introduced into this colony, he produced a poem, thankfully received by the original “Society to promote Agriculture, Arts and Science,” established under the patronage of the Governor; and also another entitled De Maan (The Moon), and these were the first literary productions of the Cape Press’ Veel belangstelling was daar nie in ds. Borcherds se ontboeseminge nie en hy het later dikwels geklae oor 'n erbarmelike gebrek aan leeslus by die Afrikaners. Maar die belange van die pionier lê dan ook in die praktyk van die lewe, nie in die dinge van die gees nie. As daar eenmaal 'n drukpers is, stel hy meer belang in die aankondigings van slaweverkopings en markberigte as in poësie of toneel. Daar moes geveg word om 'n bestaan of in selfverdediging, die land moes bewoonbaar | |
[pagina 137]
| |
gemaak word, huise en skure opgetrek word. En in 'n land waar die sonskyn boonop iedereen in die ope lug lok, is dit begryplik dat literêre smaak eers langsaam onder die boerebevolking ontwikkel het. Voorlopig hou ds. Borchers hom tog besig met poëtiese ontboeseminge tot lering en stigting van die gemeente en die klein ontwikkelde vriendekringetjie. Die Kaapsche Courant kondig op 24 April 1801 aan dat ‘Op Heden is van de pers gekomen Het eerste en Derde stukje van het Leerdigt - de Maan - zijnde de inleiding en de begrafnis van den Grijsaard. Te bekomen aan het pakhuis van den Heer Antoni in Kaapstad.’ Dat daar g'n groot toeloop na die pakhuis was nie blyk uit sy herhaalde klag later dat die opbrengs nie eens die papier waarop die verse gedruk was vergoed het nie!Ga naar voetnoot1) Tog was die uitgewers optimisties genoeg om in 1802 die hele gedig De Maan bestaande uit vier sange, waarin agtereenvolgens oor die lewensloop, begrafnis en oordeel van 'n grysaard met die digterlike naam van Philander gesing word, uit te gee en die seun het gesorg dat hierdie lettervrug van die vader 'n herdruk beleef het in 1858.Ga naar voetnoot2) Die eerste stuk van hierdie ‘Leerdigt’ open met 'n aanroep tot die maan as die ‘Bekoorlijk schepsel, dat in d'ongemeeten boogen
zoo staatig, plegtig, stil, ginds heen drijft voor mijn oogen.’
Die digter gaan gebuk onder droefgeestige stemminge en daarom is die ‘zilverblank gelaat’ hom tot troos. Die stille krag trek sy gees na omhoog as die geraas en gedruis en die aardse gewemel stil is. Hierdie droefgeestigheid, die verheer- | |
[pagina 138]
| |
liking van die gedempte lig, die voorliefde vir die eensaamheid, die troosteloos neersink in stille weedom is kenmerkend vir die sentimentele rigting van Rousseau wat as 'n reaksie op die rasionalisme, die verstarring van die klassisisme van die agtiende eeu gekom het. Die klassisisme van Corneille, Racine, Voltaire en Boileau met sy Art poetique het blywende grootse dinge voortgebring, maar in Holland slegs navolging, leë holle klank sonder innerlike lewe; dor en duf is die voortbringsels van Nil Volentibus Arduum waaronder die Frans klassisisme in Holland tot bloei kom. Die klassisisme het uit die Renaissance ontwikkel, maar in die agtiende eeu totaal uitgedroog totdat Rousseau 'n eie rigting en karakter aan die nuwe Renaissance gegee het wat deur die hele Wes-Europa tot ons Suidhoek toe versprei het. Dit is nie soos in die sewentiende eeu 'n vrye studie van die oudheid wat die vernuwing bring nie, maar die gevoel van die mensheid soos dié tot selfbewustheid gekom het. Self-analise is aan die orde van die dag en dit veronderstel 'n sekere mate van rypheid. Die individu gaan homself belangrik beskou, sy eie gevoelslewe en gedagtegang haarfyn ontleed. Dit is begryplik dat hierdie drang na selfontleding in die loop van die eeu sou uitloop op sieklike oordrewe leed en vreugde, op 'n uitrafeling van eie sieletoestande, op 'n blindstaar op die probleme van die dood.Ga naar voetnoot1) Ook ds. Borcherds staan voor die probleem of die Heelal miskien bevolk sou wees met skimme, ‘de rijpe vrugt’ waarvan ons maar ‘onvoldragen dragt’ is. Met sy verstand probeer hy deurdring in die geheimenisse van die geesteswêreld, kom tot die gevolgtrekking dat oorsprong van mens en gees identiek is en ‘wij rijpen op als gij voor 't rijk der eeuwigheeden.’ Naïef peins hy of die engele miskien soos voëls ‘bij het licht der Maan soms op en needervaren,’ en of hul miskien wesens van gelyke beweginge as ons is: ‘Hoe gaat het, klimt gij op? of zweeft ge derwaards aan?
Of vliegt ge snel, gelijk een straal, langs Hemelpaên?
Of moogelijk wandeld gij, gezellig op naar boven.’
| |
[pagina 139]
| |
In dié geval sou hulle miskien self sigbaar wees aan die bewoners van die maan - 'n gedagte wat nie as ‘schrandere beuzelingen’ moet verwerp word by nadink oor die oneindigheid van die Skepping nie! In die ontledende, die poging om deur te dring tot die kern van die saak, die yskoue redenering, die gladheid van die versmaat hoor ons die 18de eeuse klassisis wat tog ook as hy diep onder die indruk van die groot Skeppershand kom, sy ontroering in 'n aangrypende beeld kan vasgryp: ‘- en 's grooten Scheppershand,
Heeft stad bij stad alom door 't ruim heelal geplant.
God stroyd zijn waerelden daar heenen als de sterren.’
Maar sulke glansende goudstippeltjies is seldsaam. Al te dikwels swyg die digter en bly die redenaar aan die woord - hy sou immers 'n leerdig skrywe waarin geen heersende ondeug ongeskilder sou bly nie, tot ewige skrik en afsku vir die lesers. Die ongodsdienstigheid en die diepbedorwe sedes kom eerste aan die beurt, daarop volg die nyd en die arglistigheid van die menslike geslag wat Meent Borcherds tot retorika prikkel waarin hy die baasretoriker Seneca self na die kroon steek. Dit is asof ons 'n naklank van Vondel hoor, maar dan Vondel op sy swakste, waar die groot sewentiende eeuer die Romein 'n verwoesting laat aanbring het in sy mooi-voelende kunstenaarstalent: ‘Maar welk een spook staat ginds zo aaklig gift te braken?
Het is de nijd! die al wat loflijk is gaat laken,
Tweetongigheid, blaast aan haer zij' fenijn'ge reen,
Gelijk een adder 't gift, bedektlijk om zich heen.
D'arglistigheid, met al het schriklijk schoon der slangen
Omkleed, wind looslijk zig door honderd schuynsche gangen,
Tot dat z' al schuifelend, is aan haar doel geraakt,
En 's naastens val heeft onvermijdelijk gemaakt.
Veelkleurig-bont; zo als zij zig het eerst vertoonde,
Wanneer d' onnozelheid in 't paradijs nog woonde,
Verrascht zij menigmaal ook zelfs een waakzaam hart.’
In werklikheid kan dit niks anders wees nie as 'n navolging van een van die tientalle Fransklassisistiese stukke wat in | |
[pagina 140]
| |
Nederland vertaal, bewonder en nagevolg is in die agtiende eeu, hoewel enige dramas van Vondel vermoedelik op die rakke van die Stellenbosse predikant sou kon gestaan het. Aan die slot van die eerste stuk moet die Mammondienaars dit nog gewaar voor die sanger die ryk van die ondeug en bedrog vaarwel sê en die silwer maan hom voorlig na die ‘rijk der wijsheid,’ na ‘'t gebied der reeden.’ Van die verstand, die rede verwag die klassisis alle heil. In die ontwikkelde Europese kringe het daar 'n vaster bewuswording gekom wat sterk in die literêre kuns geopenbaar word. So het deur die geweldige invloed van Lessing 'n kuns ontstaan wat gedra word deur die Logos, 'n klassiek wat as basis het die wysgerige, logiese denke naas dié waarin die gevoel klop. Die grysaard Philander kom self aan die woord in die tweede stuk. In die rustige tuin ‘met eig'ner hand beplant’ waar hy tot maanlig-mymeringe gestem word, herdenk hy sy tagtigjarige lewensloop. Dan is dit asof ons Cats in sy Tachtigjarige Leven (1656) hoor. Die beeldspraak is ewe smaakloos en souteloos. Smakeloosheid is ook een van die eienaardighede van die Fransklassisisme b.v. by Huydecoper en Feitama met hul telkens terugkerende aansprekingsvorme ‘halsvriendin’, ‘bedgenoot’, ‘tweede leven’. By ds. Borcherds heet die bruid ook ‘mijne rib, mijn Eva!, mijn vleesch, en been van mijne beenen.’ Allerlei moralisasies en uitweidings oor die moeders wat afwyk van die pad deur die natuurwette voor geskrewe, die waarskuwing dat die natuur self ‘op 't zeerst uw dwaaze kieschheid wraakt’, herinner aan die sewentiende-eeuse sedepreker en sedemeester, maar is tegelykertyd 'n uiting van die agtiende-eeuse aanbidding van die natuur en die voorgewende veragting van die kultuur. Onder heel veel leë gepraat kom af en toe tog 'n kragtige forse tekening voor of selfs 'n enkele reël wat pakkend is. Die stramme liggaam van die ou man ‘schijnd reeds aan den stoel gewend’ waarop hy sit en peins oor die storms wat oor hom geloei het: ‘Hoe meenig onweers buy is langs mijn grijzen kop,
Niet huilend heen gegonst, of stiet zich dreigend op
Dien zilverhairigen kruin, verschrikkelijk in stukken.’
| |
[pagina 141]
| |
As 'n silhoeët teen die bleek skynsel van die maan teken Meent Borcherds ook die moeder wat haar kind voed, dieselfde seun ‘die thans de steun zijt van mijn ouderdom.’Ga naar voetnoot1) Maar ‘op die lente van hul vreugde het die lanfer van hul rou’ gevolg. Eers word Philander aangetas deur 'n swaar siekte waarvan hy genees dank sy die liefderike versorging en die vurige gebede van sy familie - 'n ongeval wat hy vergelyk by 'n skone herfs ná die eerste woeste buie uitgeraas en verbygetrek het. Daarop volg die barre onherbergsame winter - Eloise, sy ‘hartvriendin’, sy ‘zusterlijke ziel’ (terminologie van die agtiende-eeuse klassieke dramas) ontval hom deur die bleke dood.Ga naar voetnoot2) Oor die velde van herinnering kom sy soms teen middernag in drome tot hom weer. In die maanlig wag die grysaard verlangend op so 'n terugkoms en ongemerk breek sy lewenskoord: ‘Het groote grondrad van des leevens borrenput
Stoot zig in stukken.’
Deur die alles-vormende hand van die Godheid word die grysaard, nou 'n kind in die geesteswêreld, tot volkomenheid gevorm ‘van vouw tot vouw’ tot hy uiteindelik weer met Eloise verenig word maar dan voor die troon waar daar geen skeiding meer sal wees nie. Vorm sowel as inhoud en toon van die tweede stuk is dié van die ‘Romance’ wat die agtiende-eeuse digters so graag beoefen het. Dit moes die skyn wek van 'n objektiewe vertelling, maar is niks anders as 'n subjektiewe gemymer oor lewe en dood. In Philander en Eloise is Meent en Aletta Borcherds maar al te deursigtig geprojekteer. Was die tweede stuk tog nog meer verhalend, die derde, De Begraafnis sluit nou aan by die bespieëlinge van die eerste. Sophron, ‘die oudste van Philanders vrome spruiten,’ merk op dat die maan iets van haar helderheid verloor het, dat sy ‘als met een rouwkleed wierd omhangen’ en dan kom hy tot die ontdekking dat sy vader die tyd met die ewigheid | |
[pagina 142]
| |
verwissel het. Daar is sentimentaliteit in die somber reëls waarmee die digter die smart van die gesin teken maar tog treffend is die toneeltjie, 'n skilderspenseel waardig, waarin die getroue ou huiskneg sy ‘tranenloze smart’ uitstort oor die heengaan van die meester: ‘Een oude huisknegt zelfs, die nauwlijks meer kon gaan,
Een Eliëzer, die veel jaren lang geleeden
Philander had gediend, komt wagglend aangetreeden,
En uit al stamelend, met een gebroken hart,
En wankelende stem, zijn tranenloze smart.’
Die skrywer van die Memoir vertel dat die vader, hier Philander, die gewoonte gehad het om allerlei natuurverskynsels aan sy kinders uit te lê, en hier laat die digter by monde van Sophron 'n uitgerekte gefilosofeer volg oor die probleme van die dood en die lewe. By die graf word die lof van Philander gesing deur vriend en maag aan wie hy menige nuttige les uitgedeel het, en van die moontlikheid gewag gemaak dat sy gees en dié van die vroeër reeds gestorwe Eloise vergunning mag kry om: ‘....Soms eens nae omlaag te dalen,
En bij deez grafspelonk, hier eenzaam rond te dwalen,
Of in het schaduwrijk des bleeken doods, misschien
Het overblijfzel van u zelv te liggen, zien.’
Die somber doodsgedagtes, die bespieëlinge oor die hiernamaals, die lofsange by die oop graf, die grieselighede oor verrotte hout, oor as wat met as saamgedruk word, oor wurms knaende aan die lewenlose romp - dit alles is kenmerkend vir die sentimentele rigting in die algemeen en die ‘romances’ van Rhynvis Feith in besonder, hoewel die weë, soeterige gedweep van die Hollandse tranedigter tog nie so opvallend by die Afrikaanse is nie. Die kiassisis in Borcherds het opperheerskappy bly voer maar die sentimentele ontbreek nie. Die vierde en laaste stuk, Het Oordeel, is so onverstaanbaar soos die apokaliptiese visioene self, maar sonder hul gloed en visionêre krag. Die denkbeelde is gedeeltelik ontleen aan Psalm 104, gedeeltelik aan die een-en-twintigste | |
[pagina 143]
| |
hoofstuk van die Openbaring van Johannes, albei literêre voortbrengsels van die suiwerste gevoel waarin 'n hoë vlug van die verbeelding te bespeur is. Maar ds. Borcherds is in die eerste plek 'n verteenwoordiger van klassisisme, man van die verstand wat die Gees der Wysheid aanroep: ‘Kom, daal neer op mijn gedichten,
Betraal het oog der ziel! help mijn verstand verlichten.’
En met die leerdig sou hy ook die verstand van ander ‘verlig’ met die gevolg dat die poëtiese ontboeseminge van sy Bybelse bronne tot verstandsverse afgewater word. Alles in Het Oordeel is in 'n plegtige, verhewe toon gehou, die digter strewe na 'n abstrakte waarheid, maar alle hartstog, passie is daaruit. Die lyn van sy verbeelding styg weer as hy Philander, eerbiedig en bewend van heilige ontsag, sien opvaar tot voor die Goddelike Majesteit. Sy voorstelling van die hemel het verband met dié waarmee ons kennis maak in Vondel se Lucifer wat in dieselfde sfere speel nl. 'n sfeer waarin glinsterende saffiere fonkel, 'n gloed van serafyne rondsweef, van harpgesang en palmgewuif. Daar lees 'n Seraf uit ‘....het boek van Gods gedagtenis,
Al wat er ooit, 't zij goed of kwaad veroorzaakt is
Door woord of werken die de Grijsaard had bedreeven.’
Die ‘duisend goede werken’ van Philander is tog nie in staat om die weegskaal van die Regter omhoog te hou nie. By die kalvinistiese predikant spreek die skuld en sondebesef hier duidelik waar hy nie wil hoor van die uitdelging van sy skuld deur 'n hoeveelheid van goeie werke waarin die Rooms-Katolieke priester troos vind nie. Die spanning word opgewek deurdat die Duiwel wat van verre die oordeel aangekyk het, uit sy hok te voorskyn kom en van helse vreugde gryns. 'n Lang vermaning teen die Vyand wat gedurig na sy prooi snak, kan die leerdigter nie onderdruk nie voor hy Satan, deur die tussenkoms van die Middelaar, sien neerstort in die ryk der helle, vloekend en tandeknersend oor die neerlaag. Die Regter spreek die grysaard vriendelik aan noudat die spanning gebreek is: | |
[pagina 144]
| |
‘Gij hebt o menschenkind! ook wel den band verbroken
Der eerste onafhankelijkheid -
Onschuldig zijt ge niet - niet vlekloos heilig - maar
Gij hebt gelooft, en God kan nooit zijn woord verbreken.’
Sy loon in die hemel is groot, hy vind daar die geliefde terug: ‘Gaa! reis met Heloise het rijk der schepping door.’
Dit was die silwerstrale van die maan wat die digter tot sang genoop het; nou daal hy uit hoër sfere neer, voel hom nog ‘verr' van behoude reê.... al dobbrend
Zwervend op 't vlak dier holle baren,’
maar tog veilig in die vaste geloof dat ook sy lot, presies soos die gange van die maan, deur 'n Hoër Hand bestuur word. Met 'n gewaagde beeld wat dié van die sewentiende-eeuse metafisiese poëte, soos John Donne, na die kroon steek, maar waarin iets van die huiwering van die nietige mensesiel teenoor die grootsheid van die Skepper tril, sien hy hoe dat Maan en Mens ‘....Zigtbaar aan des Almagts vinger hangen.’
Die taaie klassisistiese leerdig staan ver van ons eeu af, daar sit te weinig gevoel in, 'n enkele geslaagde reël uitgesluit, die bou en die toespelings is te verstandelik uitgedink, maar as kultuurhistoriese monument is dit enig in sy soort. Behalwe die Bybel en die gesange van Sluiter was Flavius Josephus en boeke oor die martelare geliefde lektuur in die huis van die Stellenbosse dominee. Van die Duitse lied ‘Für alle gute sey gepreist’ het hy 'n vertaling gemaak wat saans in die huislike kring gesing is, ‘and this was followed by an evening hymn, composed by the parent in Dutch, in an hour of retirement; it contained sixteen verses.’Ga naar voetnoot1) In die verslag van die byeenkoms van die genootskap vir Landbouw, Kunsten en Wetenschappen op 1 September 1800 staan aangeteken: | |
[pagina 145]
| |
‘Het gedicht ter gelukwensching van het Genootschap, het werk van den Wel-Eerw. Heer Borcherds, Predikant te Stellenbosch. Zijn Wel-Eerw. wordt voor dit sierlijk adres bij dezen door den Raad beleefdelijk bedankt.’Ga naar voetnoot1) Die aandgesang en hierdie geleentheidsvers het verlore gegaan. | |
2. Die verligting (Aufklärung) steun vir die Hollandse kultuur in Suid-Afrika, kan die algemene goedkeuring nie wegdra nie.In 1802 word die Kaap teruggegee aan die Bataafse Republiek en generaal J.W. Janssens en kommissaris Uitenhage de Mist uitgestuur om die ou besitting weer in ontvangs te neem (1803). Ag jaar lank het die Kaap onder Engelse bestuur gesorteer voor 'n Hollandse regering weer aan die bewind van sake kom. Onderwyl het die Engelse taal, gees en politiek vaste voet gekry. Die verengelsing is begryplik in 'n tydperk wanneer die amptenaredom hul spreekwoordelike aanpassingsvermoë so goed beoefen het, wanneer die verengelsingsproses so onbewus en ongemerk gegaan het by die godsdienstige leiers, gewoonlik die mees vashoudende groep, behep soos hul was met die bekering van die heidene en fel gekant teen die Franse stroming. Die metodistiese stroming sedert die koms van die eerste sendelinge van die Londense genootskap, Van der Kemp, Kicherer en Edwards in 1799, het die koloniste uit die staanspoor of Engels geöriënteer òf in die harnas geja. En die tydperk 1803-6, merkwaardig in ieder opsig vir die behoud van die Hollandse taal en kultuur, kerklik, opvoedkundig, ekonomies en staatkundig,Ga naar voetnoot2) was veel te kort om 'n verandering in die geesteshouding ten opsigte van die stamland by die Kapenaar te weeg te bring. De Mist klae dat dit jare sal duur voordat die Kapenaars weer Hollanders in hul uitkyk sal wees, en ondanks al die verbeteringe deur hom voorgestel, laat hulle | |
[pagina 146]
| |
hul 'n paar jaar later nogmaals inlyf, soos hulle hul laat bevry het, sonder mok of mor, op enkele uitsonderinge na. In die grensdistrikte waar die Voortrekkers vandaan sou kom, was dit anders; daar het die Hollandse driekleur nog drie jaar langer gewaai nadat dit reeds van die Kasteel van Kaapstad verdwyn het,Ga naar voetnoot1) maar die kultuurdraers in die stad en onmiddellike omgewing kon dit minder skeel dat die Rooi-Wit-Blou vergoed neergehaal was. Dit is die bloeijare van ‘vryheid, gelykheid en broederskap,’ van ‘verligting’ en ‘nut van het algemeen’, geestelike strominge en begrippe wat vanuit Frankryk die moederland tot gevaar van verlies van identiteit toe af beïnvloed het en deurgedring het tot in die verste lote van die stam. Ds. Borcherds was bitter gekant teen die ‘Nationale Conventie’ en die ‘Vryheidsboom’ en jare later sou hy hom selfs op Confucius beroep om sy teenkanting te motiveer,Ga naar voetnoot2) 'n verset wat sy oorsprong het in die totale negering deur die revolusionêre groep van die godsdienssin wat diep in die Hollandse nasie wortel. Van die sekulêre stelsels van die Bataafse Republiek kon hy nie veel heil verwag het nie. Daar word 'n tak van die Maatschappij tot Nut van het Algemeen, wat in 1784 in Holland tot stand gekom het, in Kaapstad opgerig. Die doel van die maatskappy was ‘om de menschen tot braave burgers te vormen’ en te sorg vir moedertaal-onderwys.Ga naar voetnoot3) Die lede het hul eerste vergadering in Augustus 1803 onder voorsitterskap van J.A. Vermaak gehou. Die werksaamhede van die dag is afgesluit met 'n vers, tipiese rederykersgeknutsel, maar veral in die slotreël is die vervaardiger interessant as tydspieël: | |
[pagina 147]
| |
‘Dit is dan d' eerste Proef om groeijen, bloeijen, leven
Aan kunst en wetenschap ook in dit Land te geven,
Onttrek uw hulp haar niet, bewoners van dit land!
Dan ziet gij eens de landbouw bloeijen,
Uw kroost in wetenschappen groeijen
Terwijl verlichting hier het onverstand verband.’Ga naar voetnoot1)
| |
3. Pogings tot geskiedskrywing.Die wetenskap wat Meent Borcherds die liefste beoefen het, was die vaderlandse geskiedenis. Met een voet bly hy staan in die klassisisme van die agtiende eeu, maar van die nuwe belangstelling in die nasionale verlede wat die Romantiek aan die begin van die neëntiende eeu bring, is daar ook spore by hom. Suidafrikaanse geskiedenis blyk ds. Borcherds, die Oranjeman, se fort te gewees het, maar wat hy ons gee is meer Romantiek dan werklikheid. Sodra die Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tijdschrift in 1824 sy verskyning maak,Ga naar voetnoot2) beraam hy die plan om allerlei merkwaardighede uit die Stellenbosse argief te versamel en in die vorm van 'n Beschrijving van Stellenbosch in die tydskrif te plaas. In die tweede deel (1825) verskyn daar vier stukke, nl. oor die ligging van die dorp, die burgerlike en kerklike besture en die skole.Ga naar voetnoot3) Die geskiedenis word in die derde deelGa naar voetnoot4) voortgesit met 'n uiteensetting van die vernaamste gebeurtenisse wat daar plaas gevind het sedert die stigting, soos die opstand van Estienne Barbier in 1739, die klag van Gustaaf Willem van Imhoff dat die godsdiens in die volksplanting verwaarloos word (1743) deur gebrek aan kerke en predikante, die ‘algemeenen dank-, vast- en bededag’ in 1747, toe die berig kom dat daar wapenstilstand getref is tussen Nederland en Engeland aan die een kant en Frankryk aan die ander, die dood van Rijk | |
[pagina 148]
| |
Tulbagh in 1771 en die lykredeGa naar voetnoot1) wat ds. Serrurier gehou het, waardeur ons 'n denkbeeld kan vorm van die algemene droefheid wat die sterfgeval destyds veroorsaak het, ens. - dit alles en nog veel meer het hy geskrywe in die loop van die derde jaar van die bestaan van die tydskrif. Die beskrywing word voortgesit tot in die sewende deel (1830), waar dit stomp afbreek by die tweede aanval op die Kaap. Die Beschrijving bring ons tot by die trek van die liggewonde Lichtenstein deur Stellenbosch na die slag by Blaauwberg om hom aan te sluit by generaal Janssens se troepe in Hottentotsholland en die verblyf van die Engelse ingesetenes van die Kaap op Stellenbosch, waar hulle met die grootste hoflikheid behandel is, meer as gaste dan as krygsgevangenes. Na twee weke was die rus teruggekeer ‘en men naauwelijks zou gezegd hebben, dat het dorp eenige verandering van dien aard had ondergaan,’Ga naar voetnoot2) verseker die geskiedskryver ons, bly en opgelug om die vrugte van die ‘Vryheidsboom’ te sien afval en wegrol! Vondel het gesing: ‘Van een boom scheurt nimmer tak zonder krak
Zonder zucht en jammerteeken.’
Maar die deursnee Kapenaar het hom rustig, selfs blymoedig aan 'n nuwe heerser onderwerp en die moederland haar gewillig teruggetrek uit Afrika, voorlopig altans.Ga naar voetnoot3) Die betrekkinge tussen Nederland en Suid-Afrika het in die Franse tydperk daar en tydens die Engelse besetting hier, so los geword, dat 'n mens versteld staan oor die lamlendige onverskilligheid, waarmee ‘bloed en bloedverwant’ die natuurlike band verbreek het, hoewel die verhaal, as sou die moeder so ver gegaan het om haar kind te verkoop, kragtig weerlê is.Ga naar voetnoot4) Los, maar heeltemal verbreek was die band nie, want die Hollandse skepe het nog gedurig in die baai gekom en in 1838 is | |
[pagina 149]
| |
S.K.H. Prins Frederik Willem Hendrik van Oranje op sy terugreis van die Ooste met Oranjevlae en kokarre aan die Kaap en op Stellenbosch ontvang.Ga naar voetnoot1) Tussen die jare 1845 en 1861 het nie minder as seshonderd persone uit Nederland ons boerebevolking kom versterkGa naar voetnoot2), uit eie krag het die Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tijdschrift die Dietse kultuur 'n tydlank gehandhaaf met ds. Borcherds as vernaamste bydraer in die eerste jare van sy bestaan, maar die groot ongelyke kultuurstryd het met die vertrek van die Bataafse troepe in volle erns begin. Borcherds sluit sy laaste hoofstuk van die Beschrijving van Stellenbosch af vir sover hy gekom het, met 'n lewendige uiteensetting van die ramp, wat die kolonie op 4 Desember 1804 geteister het in die vorm van 'n aardbewing. Hy het die skokke self beleef, die verbystering, wat dit onder die inwoners gebring het, meegemaak en as kenner en liefhebber van die natuur onthuts gestaan by die onnatuurlike vlamrooi, wat soos 'n geweldige brand teen die Drakensteinberge opgestyg het. Sy styl word warm en meeslepend as hy deur die natuurskoon ontroer word; die digter in hom het sporadies wakker geword, ook waar hy geskiedenis skrywe, en nooit vergoed ingesluimer nie. Die skoonheid van sy omgewing het aanleiding tot twee korter sketse gegee, een wat reeds vroeër geplaas is, De Waterval in den Jonkershoek nabij StellenboschGa naar voetnoot3) (1828), ('n vervolgstuk uit die Commercial Advertiser van 7 Januarie van dieselfde jaar) en 'n Beschrijving van de Fransche Hoeks Hottentots Hollands Kloof in 1830,Ga naar voetnoot4) die jaar waarin sy swaarmoedigheid ‘bijzonder in de Maand Augustus’Ga naar voetnoot5) so toeneem, dat hy sy werk moet staak en daar geen vervolg van die geskiedenis van Stellenbosch in die Oktober- en die volgende aflewerings verskyn nie. Ds. Borcherds was goed bewus van die feit, dat die geskiedenis van die drosdy Stellenbosch slegs een tak van die algemene geskiedenis van die volksplanting uitgemaak het, | |
[pagina 150]
| |
en in 1826 het hy al die vraag geopper of die tyd nie reeds daar was om ‘eene algemeene geschiedenis van de Kaap de Goede Hoop, niet uit losse geruchten of partiale beschrijvingen van doortrekkende Reizigers,Ga naar voetnoot1) maar uit de oorspronkelijke Archieven des lands opgemaakt, behoorde beschreven te worden, eer de kennis van de oudste manier van schrijven in publieke documenten, die reeds merkbaar begint af te nemen, geheel zal zijn verloren gegaan.’ Hij gee 'n gegronde rede op vir die bestudering van die Vaderlandse geskiedenis, wat ons politisie en regeerders kan ter harte neem: ‘althans men zoude bezwaarlijk heden ten dage, in de meeste verlichte en beschaafdste deelen van Europa, een enkel voorbeeld weten aan te wijzen, dat iemand, in meer of minder gewigtige betrekkingen, had ondernomen een land van die uitgestrektheid en dat belang als deze Volksplanting nu reeds is geworden, en bovenal van zulk een zeldzaam te zamen gestelde bevolking, te regeeren en bestieren, zonder deszelfs algemeene geschiedenis te kennen; en door dezen fakkel voorgelicht, het aannemelijke of onaannemelijke, het bruikbare of onbruikbare, het nuttige en schadelijke van deszelfs oude en nieuwe wetten en inrigtingen, met al derzelver waarschijnlijke gevolgen, voor de toekomst te kunnen beoordeelen.’Ga naar voetnoot2) Hierop het die redakteur in 'n noot geantwoord, dat die weleerwaarde heer, wat reeds die oorkonde van Stellenbosch opgespoor het en met soveel noukeurigheid aan die publiek meegedeel het, die geskikste persoon was om hom aan die taak te wy; hul nooi hom daartoe uit en hoop, dat hy vir die onderneming die nodige krag sou vind ‘waardoor ons niet alleen, maar ook de nakomelingschap een' wezenlijken dienst zal worden bewezen.’ Gevolglik het hy van 1828 af stof begin versamel uit die argief van die kolonie vir die Algemeene geschiedenis. Op die Koloniale Sekretarie het hy die nodige materiaal gesorteer, verlof gekry om dit na Stellenbosch mee te neem, | |
[pagina 151]
| |
‘ontstofte het reeds verouderde kleed van den Grondlegger der kolonie, den verdienstelijken Van Riebeek, en hij onttrok der vergetelheid ten minste de eerste jaren (van 1652 tot 1673).’Ga naar voetnoot1) Die eerste hoofstuk van die tweede boek beginnende met die jaar 1662, waarin hy Van Riebeeck se Instructiën en Memoriën aan sy opvolger Zacharias Wagenaar behandel, het in die Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tijdschrift van 1826 verskyn onder die titel Algemeene geschiedenis der Europeesche volksplanting aan de Kaap de Goede Hoop.Ga naar voetnoot2) Die res van die geskiedenis het waarskynlik in die pen gebly. Die tydskrif het 'n groot skat van boustowwe vir 'n algemene geskiedenis bekend gemaak soos die Dagverhaal van den Wel-Ed. Heer Jan van Riebeeck, eersten Gouverneur van de Kaap de Goede Hoop,Ga naar voetnoot3) die Bijdragen tot de Geschiedenis van de Kaap de Goede HoopGa naar voetnoot4), wat ‘Africanus’ gehoop het, sou ‘van eenigen dienst zijn voor den Geschiedschrijver, die ondernemen mogt eene algemeene Geschiedenis dezer Volksplanting in het licht te geven,’Ga naar voetnoot5) die Beschouwing over de Veeteelt, Landbouw, Handel en Finantie, van de Kolonie de Kaap de Goede Hoop, in 1805, door wijlen den Wel-Ed. Hr. W.S. van Rijneveld, in leven President van den Raad van Justitie alhierGa naar voetnoot6) om maar enkele te noem. Die belangstelling was daar, die eerste spitwerk gedoen deur hierdie geslag, wat nog in Holland opgevoed was, hul seuns daarheen gestuur het en deur hul tydskriflektuur in nou kontak met die vastelandse strominge gebly het. Die klein groepie Hollandse elite het aanvanklik 'n gelywaardigheidsgevoel met die Engelse gehad, vrymoedig die Hollandse kultuur naas dié van die vreemde heerser gestel. Hul seuns kom terug uit Leiden en Utrecht, die middelpunte | |
[pagina 152]
| |
van geleerdheid en wetenskap, en van buite af word die Hollandse kultuur versterk deur die koms van nuwe kragte. So het uit die familiekring van Borcherds, Johannes de Wet, vader van mevr. Koopmans - de Wet, in 1817 in die regte gaan studeer en hom 'n paar jaar later (1823) as advokaat in Kaapstad gevestig. Onmiddellik begin hy stof versamel vir sy nagelate manuskrip: Beknopte Geschiedenis van de Nederduitsch Hervormde Kerk aan de Kaap de Goede Hoop, sedert de stichting der Volksplanting in 1652 tot 1804.Ga naar voetnoot1) Hoe noukeurig wetenskaplik die Afrikaner leer ondersoek het in Holland, blyk uit die feit, dat advokaat De Wet uitsluitend uit die beskrywings in Kaapse argiefstukke 'n plan van Kaapstad teen die end van die sewentiende eeu kon opstel, waarin byna geen afwyking was met dié, wat op las van Simon van der Stel opgetrek is en wat De Wet nooit gesien het nie.Ga naar voetnoot2) Minder noukeurig was die werk van die skoolmeester van die Evangeliese Lutherse Skool aan die Kaap, J. Suasso de Lima, wat reeds in 1824 'n Geschiedenis van de Kaap de Goede Hoop aangekondig het. Die volgende jaar verskyn die geskiedenisboekie, bedoel vir skoolgebruik in Suid-Afrika.Ga naar voetnoot3) Onnodig skerp het die tydskrif hom daaroor uitgelaat as 'n ‘kreupel geschrijf.... beneden alle critiek’Ga naar voetnoot4) heel waarskynlik, omdat hul die skrywer nog te partydig vir lord Charles Somerset beskou het.Ga naar voetnoot5) Volkome waar is dit, dat die groot Afrikaanse geskiedskrywer nog op hom laat wag het, maar dit het gelyk asof hy met ds. Borcherds digteby was en spoedig sy verskyning sou maak. Toe kom die bedrywigheid van die negrofiele. Dr. Philip se Researches in South Africa (1828)Ga naar voetnoot6) het tot gevolg gehad 'n komitee van ondersoek van die ‘House of Commons’ in | |
[pagina 153]
| |
1835 en die aanstelling as Suidafrikaanse geskiedskrywer van 'n Engelse see-offisier, Donald Moodie, wat nog eers die taal moes gaan leer om ‘the enigmatically written quaint old Dutch documents’ te ontsyfer en daarmee Engeland in die oë van die wêreld te rehabiliteer.Ga naar voetnoot1) Die Tijdschrift het sy Dietse stem teen die Researches laat hoor,Ga naar voetnoot2) maar die stem het algaande swakker geword en uiteindelik geswyg. Ons het gekom by die groot insinking van die belangstelling in die nasionale verlede, veroorsaak deur die onderdrukking van die taal en die verengelsingspolitiek van die owerheid, wat so skrikbarend toeneem in die veertiger, vyftiger jare, dat daar van Afrikaanse geskiedskrywing uit Afrikanerstandpunt geen sprake meer is nie. Voor die sintetiese samevatting, die uitgebreide beskrywing berustende op manuskripbronne, kon kom, moes heel wat voorbereidende werk gedoen word en daarin het ds. Borcherds 'n loflike voorbeeld gegee, maar van die grootste betekenis is dit, dat sy hart op die regte plek was. Hy beperk die materiaal na sy Hollandse aard, kom op teen die beskuldiginge van die reisbeskrywers, bekyk die geskiedenis uit 'n nasionale oogpunt. 'n Argief het 'n eeu gelede nie bestaan nie.Ga naar voetnoot3) Die dokumente was in 'n gaos en hy het desnietemin geen tyd of moeite gespaar om hul te sorteer en te verwerk nie. Hy het gebruik gemaak van drukwerke in die vorm van reisbeskrywings soos b.v. dié van Peter Kolbe: Beschrijving van de Kaap de Goede Hoop vir sy beskrywing van Stellenbosch, op sy eie geheue vertrou en by ander geïnformeer, maar daarnaas tog ook insae gehad in en geput uit die outentieke stukke vir die land se geskiedenis. Hy gee 'n menigte onbelangrike voorvalletjies, dwaal maar al te dikwels af, maar die feite en die kronologie is by hom nooit in die war soos by De Lima nie. Beter nog | |
[pagina 154]
| |
as daardie skoolmeester het hy geweet om verband te bring tussen die Kaapse en die Europese geskiedenis, tussen die hede en die verlede in sy historiese geskrifte vir sover sy werk gaan. Die verband het hy met 'n sprekende beeld verduidelik in die historiese verhaal: De Merkwaardige GrotGa naar voetnoot1) waar hy na aanleiding van die lot van Napoleon die vergelyking maak: ‘Gelijk de uitbarsting van eenen vulkaan niet alleen alles, wat in deszelfs omtrek ligt, aandoet maar ook zelfs ver afgelegene landstreken, zoo kon ook deze uithoek, door deszelfs betrekking op Europa in het algemeen, en deszelfs moederland in het bijzonder, niet onaangedaan blijven.’ Die vaderlandse geskiedskrywer het ook historiese verhale geskryf, waarin die kunstenaar meer tot sy reg gekom het. | |
4. Ander prosa en poësie van Meent Borcherds.In De Merkwaardige Grot besig hy die outobiografiese vorm en sonder om sy bron te noem, vertel hy van vroeë besoeke aan die Druipkelders, die natuurwonder digby Kaap Agulhas, Warmebad (Caledon), waar die volstruise en zebras en uitgehongerde Hottentotte rondgeswerwe het,Ga naar voetnoot2) om ná 'n kwart eeu by 'n tweede besoek van die reisiger in 'n plek van beskawing omgetower te word, waar godsdiensoefeninge op Genadendal tot die sedelike opheffing van die heidene strek. Die grot, wat getuie is van die veranderinge, bly 'n monument van Gods grootheid en onveranderlikheid en bied hom die geleentheid tot bespieëling en vermaning oor die onsekerheid van die menslike vooruitsigte en die ydelheid van die hoop, wat daarop gegrond is. Vir hom het die Kuns middel gebly, middel tot nadere gemeenskap met God, tot stigting, lering en opheffing van andere; eers daarna kon dit ook dien om lug te gee aan wat sy hart ontroer, aan eie innerlike geluk of smart. Die tendensroman van Fénelon, Telemachus in die vertaling in versvorm van Sijbrand Feitama (1733) - ‘dat | |
[pagina 155]
| |
voortreffelijk werk, welker lezing men onze jeugd niet genoeg kan aanprijzen’Ga naar voetnoot1), het vir hom die model gebly. 'n Enkele Hoogduitse bundel verse soos De Christen bij de Grave (1753) uit ongeveer dieselfde periode as die Fénelon-vertaling van Feitama, het hom so geïnspireer deur die leersame en nuttige beskouinge wat dit bevat dat hy stukke daaruit in rymlose verse vertaal het, onder die titel: Troostgronden voor stervende Christenen.Ga naar voetnoot2) In hierdie werk, wat berus op 'n vertoog van 'n Engelse Spectatoriale geskrif, moes hy vertroosting gevind het in sy huislike verdriet en 'n behoedmiddel teen naargeestigheid en swaarmoedigheid, wat gedreig het om hom ter neer te druk. Lucretia's bede om een' EchtgenootGa naar voetnoot3) van dieselfde jaar (1826) is vol van die bekommernis, wat sy vaderhart vervul. Lucretia smeek om 'n eerlike, wyse, deugsame minnaar; 'n vleier, losbol, godsdiensspotter, luiaard, vrek, verkwister, dwaas, wil sy nie hê nie; ook ‘geen Domöor zonder hoofd, Geen trage botmuil, die, van wetenschap beroofd,
Mij niets dat nuttig is, of goed zou kunnen leeren,
Noch mij, noch 't huisgezin, verstandiglijk regeeren.’
Wat haar afgeskrik het is die mislukte huwelike van bekoorlike vriendinne, ‘Gestreeld door laf gevlei, lichtvaardig los van zinnen,
Ontbloot van Godsdienst, in deez' zedeloozen tijd
Tot niets dan spel en dans, verstandloos opgeleid.’
Dit is die vaderlike angs oor die ligsinnige gedrag van sy dogter, wat hier geobjektiveer word in 'n glad berymde klassisistiese gedig. Ontroerend sal daardie besorgheid gaan tril in Een Levensreis,Ga naar voetnoot4) 'n leerdig, wat soos die Telemachus van Feitema die air het van 'n epos, maar in werklikheid deur en deur subjektief is. Ons het die versekering van Petrus Borcherds dat die stukke, wat in die Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tijdschrift | |
[pagina 156]
| |
onder die letters E.D.P. gedruk is, uit die pen van sy vader gevloei het en dat hulle kenmerkend is ‘van zijn verstand en hart en den ijver welken hij bezat om het algemeen van nut te zijn.’Ga naar voetnoot1) Die tydskrif sou stukke oor onderwerpe van allerlei aard geredelik opneem, soos die geskiedenis van die kolonie, die teenwoordige staat van die land en ander lande, veral Engeland, nuwe ontdekkinge op die gebied van die wetenskap, ‘met mengelschriften over letterkundige, wetenschappelijke, en vooral Godsdienstige onderwerpen.’Ga naar voetnoot2) Dit open dan ook met Overdenkingen van E.D.P. A Jove principium. Aan God, waarop hy onmiddellik 'n beroep op sy medeburgers laat volg om geen tyd, moeite nog bydrage te ontsien nie, ‘en denkt Nil arduum volentibus, dat is, Niets is bij eene goede wil onmogelijk.’Ga naar voetnoot3) Die Hollandse diggenootskap, in 1669 onder hierdie spreuk opgerig deur die Cartesiaan Lodewijk Meyer, het die Frans-klassieke rigting teenoor die Romantiese gehandhaaf. Hulle het hul nie enkel tot die letterkundige bepaal nie, maar die lede het ook wetenskaplike en wysgerige voordragte gehou, soos dié van Meyer oor ‘de natuur der goedheid en quaadheid der dingen.’ Hul denkbeelde oor reëls het hulle neergelê in Horatius' Dichtkunst op onze tijden en zeden gepast (1677) en in die berymde Gebruik en misbruik des tooneels van Pels.Ga naar voetnoot4) Gladheid en soetvloeiendheid was hul ideaal en bly dit dwars deur die agtiende eeu vir die verteenwoordigers van die Fransklassisisme, daar sowel as hier, en hier nog tot in die tweede kwart van die volgende eeu. Behalwe in De Maan sien ons hierdie kenmerke duidelik in 'n tweede leerdig van E.D.P. nl. Een LevensreisGa naar voetnoot5) (1826). Dit is veel korter en minder pretensieus dan sy eerste, lang klassisistiese gedig, bestaan uit drie stukke, waarin die suigelingsperiode, die jeug en ryper leeftyd van die mens agter- | |
[pagina 157]
| |
eenvolgens behandel word, maar is van ewe veel betekenis vir ons kennis van sy digterspersoonlikheid. Vir die gelowige ds. Borcherds is dit Jehovah, wat ‘'t begin en 't eind der reis voor elken kring en stand’ ontwerp, en dit pas die digter om op gevorderde leeftyd sy reis te herdenk en daardeur die nageslag te leer ‘hoe best de Levensreis kan worden doorgebragt.’ In 'n klassisistiese leerdig moet ons geen praktiese wenke verwag nie, nog minder 'n gevoelvolle ontboeseming en hier word ons dan ook half aan slaap gerym oor die grysaard, wat eers 'n kind was, die ‘duizende van kwalen’ waaraan moeder en kind bloot staan, vir die noodsaaklikheid waarvan die wysgeer geen rede kan opgee nie, totdat hulle na die graf gevoer word, ‘Waar oud en jong, en rijk' en arme, samenkomen,
De meester en zijn slaaf, de vorst en onderdaan
Hetzelfde lot aan 't eind der reis eens ondergaan.’
In die tweede stuk kom die jeug ‘'t beste tijdperk aan de sterveling gegeven,’ aan die beurt. Die leerdigter maan, dat die lewe 'n droom is, die dood ieder uur wenk. As waarskuwing teen die ligsinnigheid, wat na die verderf voer en die verleiding waaraan die jeug blootstaan, vertel hy van die vreeslike dood ‘door walgelijk gift verteerd’ van sy vriend Orestes, wat die ‘vreedzaam stille land’ verlaat om hom in die stad in die wetenskappe te bekwaam, daar deur sinsgenot verteer word en in 'n vroeë graf daal. Nog treuriger was die lot van Amalia, aan wie die jeugdige vriendinne hul moet spieël. Uit hierdie gedeelte spreek opregte diepgevoelde leed; hy kreun in sy vadersmart oor die ‘pronkjuweel der maagden’, wat deur haar moeder vertroetel en verwen word tot hulle albei ‘wars van 's vaders raad,’ die oorsaak word van die diepste ellende tuis.Ga naar voetnoot1) Die ligsinnige vrolike, lughartige Amalia word verlei, die bedrieër weet om ook die vader 'n rad voor oë te draai, lê 'n duisend ede af en verdwyn spoorloos na 'n tydjie, om uit 'n nuusblad te verneem, dat sy slagoffer na die graf gedra is: | |
[pagina 158]
| |
‘En dat de brave man, die haar het aanzijn gaf,
Ter zelfder tijd met haar was neergezet in 't graf.
Hij had door hartzeer, zij, door schaamt' en spijt, het leven verloren.’
Die ‘onverlaat’ word so geplae deur sy gewete en die angsgedagte, dat ‘een wreeker van het kwaad, verwoed hem dood zal slaan,’ dat hy sy hand aan sy eie lewe lê. As die leser maar eers gewend is aan die tipies agtiendeeeuse, verouderde beeldspraak en uitdrukkinge soos ‘onverlaat,’ ‘in loosgestelde netten’, ‘levensbeek’, ‘meer der eeuwigheid’, sal hy die ontroering voel klop in hierdie stuk van De Levensreis. Die digter is 'n egte laudator temporis acti, die sedemeester, wat sy leser nie die moraal self kan laat trek nie. Waar hy terugkyk op sy eie jeug, toe onmatigheid en ‘al wat niet betaamt’ geweer is, niemand buiten die spoor van eer en deug getrap het nie, is hij hinderlik pedant. In die laaste stuk, 'n soort heldedig, word die ryper leeftyd van 'n held besing. Dit was die hoogste ideaal van die agtiendeeeuer om 'n heldedig of 'n ode te skrywe. Arnold Hoogvliet se Abraham de Aartsvader (1727), met sy Vondeliaanse naklank, so beroemd by die tydgenote, het ongetwyfeld op die boekrakke van die Stellenbosse pastorie 'n plek gevind. Die mode-poësie van Bilderdijk het stellig begin ingang vind. Ds. Borcherds, die Oranjeman, kies Wellington en sy kwekeling ‘Oranje's edle spruit’ vir voorbeelde van helde van Mars, maar haas hom om op die skaar van helde van Minerva te wys: Aan de vlijt der wijzen heeft
De gansche maatschappij veelvuldige verplichting:
Aan haar is 't Christendom zijn hoogere verlichting,
Beschaving, veiligheid, verbetering en al
Den voorrang schuldig, die men ras beseffen zal,
Wanneer w' ons lot, met dat der Wilden en Barbaren
Slechts vergelijken.’
Teen 1826 word hy erken as ‘Vader Bocherds’, wat nie alleen sy eie gemeente, maar die hele beskaafde gemeenskap aan die Kaap voorgelig het deur woord en geskrif. In 1824 het hy opgetree as scriba van die eerste algemene vergadering | |
[pagina 159]
| |
van die Sinode van die Nederduitse Hervormde Kerk en daarna ywerig werksaam gewees aan die opstel van die grondwette, waarop die Kerk voortaan sou berus, waaruit sy belangrike Herderlijke Brief voortgevloei het, sowel as sy preek Over de Tolerantie of Verdraagsaamheid.Ga naar voetnoot1) Hy verseker die gemeentelede en die lesers van die Tijdschrift, dat verdraagsaamheid in die godsdiens nie identies met onverskilligheid is nie. Die scriba het die grootste angs gehad vir wat daar sou volg op louheid teenoor, of spot met die godsdiens, soos nogmaals blyk uit die anekdotes van 'n Engelsman, 'n Duitser, 'n Fransman - ‘Voltaire dat wonder van vernuft, helaas! Zoo droevig misbruikt’ - in Spotzucht Bestraft.Ga naar voetnoot2) Hij was ortodoks in die hoogste graad en het geen verskil tussen Hollandse en Skotse ortodoksie gevoel nie. Daarom het die Scriba geen gevaar gesien in die voorstel op die Sinode van 1824, om die Hollandse kerk met die Skotse te verbroeder en onder Skotse beskerming te stel nie.Ga naar voetnoot3) Die vrome leraar het nooit 'n plekkie in sy geskrifte vir 'n vrolike vertelling nie. Sy berymde fabel, De Vos en de EzelGa naar voetnoot4) met die slotgeestigheid van die esel: ‘Ik heb toch geen gekheid ooit begaan,
Hoe zou 'k dan een genie of geestig kunnen wezen?’
is soos 'n klein oase in die ernstige lektuur van die tydskrif, waarin die totale afwesigheid van humor so opvallend is, maar ook daar is die eerste begeerte om 'n wyse les te leer in die trant van Aesopus, nie om 'n grap te maak nie. Meer as veertig jaar lank is hy en sy gemeente veilig gelei in die ‘woestyn,’ soos hy dit by die viering van sy veertigjarige predikdiens op 22 Oktober 1826 verduidelik het.Ga naar voetnoot5) Die Kerk het vir hom nommer een gebly en in sy geskiedkundige | |
[pagina 160]
| |
navorsing en geskrifte van literêre aard het hy haar geskiedenis en betekenis nooit vergeet nie. By die hoofstuk uit De Beschrijving van Stellenbosch in 1829 het hy twee korter stukkies geplaas: Republikeinsche Geest der Hollanders, aan de Kaap de Goede Hoop in het jaar 1677Ga naar voetnoot1) en Dood en Begrafenis van den predikant der Kaapsche Gemeente, Petrus Hulsenaer, albei uit die Dagverhaal getrek.Ga naar voetnoot2) Laasgenoemde bevat 'n interessante mededeling uit die geskiedenis van die Kaapse Kerk. 'n Kort mededeling in die ou manuskripbronne kon sy speursin gaande gemaak het. So het hy in die Resolusieboeke van die Heemrade van Stellenbosch die naamtekening van Barend Borcherds, in 1700 heemraad en kapitein van die burgery, gevind. Dit het hom op die gedagte gebring dat dit sy vermiste oom kon wees, wat deur ‘sielverkopers’Ga naar voetnoot3) aan boord van 'n Oos-Indiese skip gebring is en het sy belangstelling in die lotgevalle van die familie Borcherds aangevuur. Op aanmoediging van sy kinders het hy van 1812 af 'n familieregister gehou, vir intiemer kring bedoel. Op feesdae word daaruit voorgelees vir die kinders, soos op die laaste verjaardag van sy vrou, Desember 1830, en in die Memoir haal die seun dikwels in Engelse vertalings daaruit aan.Ga naar voetnoot4) Petrus vertel: ‘One of my father's last writings was a description of a flood in 1775, in his birthplace, and details of the ransom, exacted by the French in East Fricia, whereby his parents had suffered considerably.’
Waar die handskrif van die Register is, word nie vermeld nie,Ga naar voetnoot5) maar toe in 1858 De Maan herdruk word, het dieselfde skrywer van die Memoir daar 'n kort lewensberig, gelukkig in Hollands gestel, voor geskrywe, waarin 'n paar uitvoerige aan- | |
[pagina 161]
| |
halings uit die Familieregister opgeneem is o.a. oor sy ouerlike huis. Die bron van inspirasie vir ds. Borcherds se beskrywing van die brand, wat hul huis in Friesland verwoes het, blyk te wees sy blywende liefde tot sy ouerhuis, tot sy ‘bejaarde, geliefde en brave moeder’, tot sy geboorteland, wat hy telkens met eerbied herdenk. Die prosa blink nie uit deur besondere vormskoonheid nie, maar eenvoudig en direk word 'n voorval vertel; daar sit spanning en klimaks in die verhaal van die brand. By die uitbreek van die eerste gevaar is die student se grootste besorgdheid sy ‘kleine bibliotheek’ en dit is hom 'n groot vertroosting om te konstateer, dat die boeke nie in vlamme opgegaan het nie. Veel later snel hy die moeder te hulp ‘op een bleekveld van een onzer buren.’ Breedvoerig word die lotgevalle en die aanwas van sy familie aan die Kaap in die register aangeteken, in syfers bereken hoeveel preke en katekesasies hy gehou het, hoeveel kinders gedoop en pare getrou, hoeveel kollektegeld ingesamel, watter ‘ontelbare weldaden’ hy in sy aangenome vaderland ontvang het, waarvoor hy nooit versuim om sy Christelike dankbaarheid in die geykte gebedestyl van sy tyd te uit nie. Die natuurbeskrywing, wat hy gee van Friesland, waar die leeurik in die lente sy môregesang laat hoor en ‘de goudgele boterbloem van verre henen door het groene gras, de goudsbloem mede’ hul koppe oplig, is natuurliker en gevoelvoller en daar is 'n tikkie heimwee in aanwesig. As hy die melkkoei hoor loei, word sy natuursiening sterk vermeng met nuttigheidsbegrippe, dit is ‘als of zij (die koei) verlangde, dat er maar iemand kwam om hare volle uijers te ontlasten van de vette en voedzame melk, die zich in den verledenen nacht in dezelve heeft opgehoopt.’ Hoe mooi ook al die natuurskoon van Stellenbosch, dit het sy jeugherinneringe van sy geboorteland in sy hoë ouderdom nooit uitgewis nie. Die dood van sy vrou in Oktober 1830 was vir hom 'n groot skok en van daardie oomblik af het alle genoeë en alle werk vir hom opgehou. Hy het sy emeritaat verkry, 'n pensioen ontvang en in Februarie 1832 is Vader Borcherds oorlede. By sy begrafnis het sy leerling, | |
[pagina 162]
| |
sy ‘jonge Timotheus’, Abraham Faure 'n plegtige rede gehou.Ga naar voetnoot1) Geen twee jaar voor sy dood het hy nog 'n lang gedig vervaardig: Gedicht over de Volksplanting van de Kaap de Goede Hoop, wat ná sy dood in die tydskrif gedruk is.Ga naar voetnoot2) Hierin vind ons bevestig wat meermale uit sy werk blyk, dat nie alleen 'n studie van die geskiedenis hom groot genot verskaf het en byna sy enigste werk in die laaste jare van sy lewe uitgemaak het nie, maar dat hy op gevorderde leeftyd nog 'n warm gevoel vir die skoonheid en vir die digkuns besit het. Die volksplanting sal hy besing: ‘De Kaap de Goede Hoop, door Dias 't eerst ontdekt:
En haar bevolking is 't, die mijnen zanglust wekt.’
Die oudste bewoners, die ‘Ottentoos’ kom eerste aan die beurt. Byna alle sketse uit hulle lewe is ontleen aan Kolbe, b.v. die jagtersbedrywe, die danse, die Maanfeeste:Ga naar voetnoot3) ‘Want naauwlijks laat dat licht, des nachts, zijn volle stralen,
Van berg- of heuveltop, op dal en velden dalen,
Of hoor! daar rijst meteens, een oversterk geluid,
Van wild' en woeste vreugd, ten heeschen gorgel uit.’
Die vrome digter laat op die tekening van die heidense fees volg: ‘Gedankt zij God! die nachten zijn niet meer’.
Naas Kolbe is Valentyn 'n bron vir hierdie gedig hoewel die vervaardiger tog waarsku teen hul ‘losse volksgeruchten’ en in hoogheidsbesef van die kunstenaar, homself aanmoedig: ‘Schrift, schik dan op 't gelei van uw verbeeldingskracht,
Dien duistren Chaos, tot g' uw Dichtwerk hebt volbragt.’
Breedvoerig word die dierelewe geskilder, die tier, die leeu, die renoster, die olifant word in al hul wreedheid besing, | |
[pagina 163]
| |
lewendig en aanskouelik die jag op hul gemaak deur die Hottentotte, die onderlinge rusies en tweegevegte van die inboorlinge geteken, soos Kolbe dit uiteengesit het.Ga naar voetnoot1) Dan trek hy die moraal wat in 'n agtiende-eeuse maatskappy sy betekenis gehad: ‘O! mogt elk Christenvolk, veel meer dan zij verlicht,
En onderwezen in de kennis van zijn pligt,
De afschuwelijkheid, om door zijn wreede tweegevechten,
Zijn twisten en krakeel, bloeddorstig te beslechten,
Toch leeren inzien! en door deze schilderij,
Gevoelen, welk een kwaad in 't duelleeren zij!’
Soos Kolbe dit in prosa gegee het, het borcherds die lotgevalle van die volkie, wat Van Riebeeck hier kom vind het, op rym verewig. Die Gedicht over de Volksplanting bevat: ‘Wat mijn Zang-godin, deels door haar eigen kracht,
Deels ook door vreemde hulp, en 't licht haar toegebragt
Van vroeger schrijvers, zich heeft kunnen ondervinden.’
Ds. Meent Borcherds was 'n gestudeerde, ontwikkelde, belese man, het daarby 'n digterlike gevoel, 'n literêre neiging, 'n historiese sin en 'n lewendige gees gehad. Die getuienis van sy seun kan die toets van ondersoek deurstaan, dat ‘he was an ardent lover of poetry and an amateur friend of the muses, and his pen often produced pieces of mental and moral worth; while as a colonial historian, he was meritorious and among the first.’Ga naar voetnoot2) |
|