Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 1 (1652-1875)
(1934)–Elizabeth Conradie– Auteursrecht onbekend'n Kultuur-historische studie
[pagina 109]
| |
Hoofstuk V.
| |
[pagina 110]
| |
en demokratiese beginsels gehandhaaf as die owerheid neigings van tirannie toon. Maar met die burgery saam optree teen 'n gemeenskaplike vyand het die owerheid nie geken nie, in die troebele van ‘Patriotte’ en ‘Prinsgesindes aan die Kaap.Ga naar voetnoot1) Die Graaff-Reinetters wou hul onafhanklikheid beveg en het so ver gegaan om Jan Pieter Woyer na Batavië af te vaardig om die hulp van die Nederlands-Indiese regering in die beroerde omstandighede in te roep.Ga naar voetnoot2) Onder die invloed van die omwentelinge in Europa het Graaff-Reinet hul politieke onafhanklikheid in Februarie 1795 geproklameer, die landdros verja en Adriaan van Jaarsveld as hul kommandant aangestel. Hul voorbeeld wat spoedig deur Swellendam gevolg is, was geen optrede teen die Republiek van die Verenigde Nederlande nie, maar teen die Oos-indiese Kompanjie. In Junie 1795 kies die Swellendammers hul Nasionale Vergadering en ook hùl landdros word oor die grense gesit. Onderwyl moes die Stadhouer in Januarie 1795 vir die verenigde partye van die Hollandse revolusionêre en die Franse troepe na Engeland uitwyk. Op 16 September van dieselfde jaar neem genl. Craig besit van die Kasteel in Kaapstad, 'n stad waarin die groot meerderheid van die Hollandse amptenare tot die ondersteuners van die Prins-Stadhouer kon gereken word. Dit hoef ons dan ook nie te verbaas nie dat die fiskaal, Willem Stephanus van Ryneveld nadat hy daardie regterlike amp in diens van die Oos-indiese Kompanjie beklee het, onmiddellik in Britse diens oorgaan, ‘it being General Baird's intention that all the immediate duties of the civil administration should be executed by him under his Excellency's own superintendence and directions.’Ga naar voetnoot3) Sy onheuse behandeling van Johannes de Freijn wat as kaptein van die pakketboot Het Haasje in oorleg met Nederburgh en Frijkenius en Van Overstraten (die hoogste gesagvoerders in | |
[pagina 111]
| |
Batavië op daardie tydstip), vanuit Batavië die gevaarlike ekspedisie onderneem om die Kaapse patriotte behulpsaam te wees, strek Van Ryneveld nie tot eer nie. Vernederend is die ywer van die oorgelope amptenaar, waardig die houding van die gevangene De Freijn, wat alle aanbiedinge en alle bedreiginge van die hand wys en botweg weier om die name van die Graaff-Reinetse burgers te openbaar met wie hy hom in verbinding moes stel as hy nie in hande van die Engelse geval het nie. In 'n soort van Open Brief deur Hubert Dirk Campagne,Ga naar voetnoot1) gebore in Tiel, 1763 een van die dienare van die Hollandse gesag aan die Kaap wat tydens die Engelse besetting gevangenskap bo 'n betrekking in die diens van die oorweldigers verkies het, kom 'n lang historiese gedig voor: Gedachten bij de beschouwing van het voorleeden en toekomstige lot van de Kaap waarin gewaarsku word teen Van Ryneveld cum suis wat die vreemdeling binnehaal en hul landgenote in ballingschap stuur. Toe die Kaap in hande van die Engelse oorgegaan was, is menigeen wat hom nie aan die toestande kon aanpas nie, na Engeland in gevangenis gestuur. Daaraan herinner die lied: ‘Afscheidsgroet van de Weledele Heren Bloemendaal, Coopmans, de Sitter, en Van Barneveld, by gelegenheid van hun vertrek van de Kaap de Goede Hoop in krijgsgevangenschap naar Engeland.’Ga naar voetnoot2) Ook Campagne is in 1796 in hegtenis geneem, toe hy op besoek in Kaapstad was, en na Engeland gedeporteer om daar sy straf te ontvang - vir getrouheid aan sy vaderland. Hy vergewe maar vergeet nie as hy hom later verheug in die heerskappy van die Bataafse Republiek in sy Gedachten ‘'k Vergeet den kerker niet - 't is waar: doch zal nooit zoeken
Zo min als Neethling of Vermaak
Het recht door een oned'le wraak!
Wij haaten d' ontrouw van - maar zullen hen niet vloeken.’
| |
[pagina 112]
| |
Dieselfde gedagte spreek so duidelik uit sy Memorie en bijzonderheden wegens overgave der Kaap de Goede Hoop 1795Ga naar voetnoot1) waarin Campagne ‘vastelijk besloten hebbende zelfs aan mijne vijanden dat recht te doen wedervaren 't welk hen natuurlijk komt. Ik zal de vaderlandsliefde en trouw in Egbertus Bergh roemen terwijl de Heer Willem Stephanus van Rijneveld en meer, in hunne waare gedaante zullen te voorschijn treden; altoos gedenkende aan de woorden van die groote wet: doet niet aan anderen 't geen gij niet wild dat u geschiede.’ Die name van die ontroues word verswyg, maar een uitsondering moet hy tog maak, nl. Van Ryneveld, ook as hy sy gevoelens in versvorm oor die oorgawe van die Kaap uitstoot in Gedachten: ‘Doch zo een Rijneveld.... zo listige sijreenen,
verdrijven door hun tooverfluit
De waarheid ten gehoorzaal uit,
Dan sneeft uw welvaart - of zij kruipt op magre beenen!’
Eischt recht; maar eischt geen wraak, geliefde Kaapenaaren!
De billijkheid vindt altoos heul,
't Geweeten strekk' alleen ten beul,
Voor den Ontheiliger van haardstee en altaaren.’
Dit is hierdie ontroues wat lady Anne Barnard so gemaklik in haar strikke gevang het. Deur haar aangename persoonlikheid het sy geweet om hul oor te haal om haar behulpsaam te wees om nog meer ‘true friends of the Government’ te werf. In haar brief van 12 September 1797 aan Henry Dundas, die Koloniale Sekretaris in Londen, maak sy met voldoening melding van haar onderhoud met Van Ryneveld: ....though an honest man, he was prejudiced, and if I followed his advice I should keep the friends the Government had already, 't was true; but I should never make any new ones. When I went down the list with him he threw in so many objections to persons whom he called, ‘disaffected’ that I feared none would be left, and said so. Oh ‘he said, leave it to me, and you shall have at | |
[pagina 113]
| |
your parties true friends of the Government.’ ‘But remember,’ said I, ‘we are come out here not to call the righteous but sinners to repentance, if I may say so without being profane.’ ‘Well’ he said, ‘if you are determined to bring the sheep and goats together in one fold you must take the chance of your party becoming a bear-garden.’ ‘But I am going to give a ball,’ I said, ‘mon ami; and music hath charms to soothe the savage breast.’ ‘He laughed and gave way, and so I had things as I wished’Ga naar voetnoot1) Toe die fiskaal tot regter onder die Engelse administrasie bevorder was, het H.D. Campagne, die digter van die Gedachten, die promosie in 'n honende vers besing waardeur ons tot die ontdekking kom dat die Hollandse predikant-familie Van Lier, en veral die digteres Catharina Allegonda, met die oorloper goed bevriend was. Die verengelsings-politiek is vir H.D. Campagne 'n steen des aanstoots en hy giet sy sarkasme op die voorstanders daarvan uit in De Bevordering van den Heer Willem Stephanus van Ryneveld aan Mejuffrouw .... Van Lier.Ga naar voetnoot2) ‘Ik deele, o edle kunstvriendin,
In 't lot van uwe zangerin:
Het zelve hemelvuur, dat U heeft aangedrongen,
Heeft mij.... 'k had voor uw Ryneveld,
Had Phoebus mij bestraald, een staamlend lied gezongen
En ook mijn lier gesteld.
Dan och! 'k verzink in Uw tafreel
Door toverkracht van Uw penseel!
'k Zie beevend mij het lot van Marsyas genaaken!
Lannoy zwijgt immers als gij zingt,
En ik, vermeetle! durf nog aan de Cither raaken,
Daar gij naar lauwren dingt!
Nog eens: mijn Nimph, o kunstvriendin,
Knielt schaamrood voor uw zangheldin!
En zal uw Ryneveld in stilte hulde bieden;
De bleeke nijd die woed alreeds....
Geen nood! Uw vriend houdt stand, zijn haat'ren zullen vlieden;
God, God bewaakt hem steeds.
| |
[pagina 114]
| |
Triumph! daar duikt een Seraph neêr!
Een hoogre macht beschermt zijn eer.
Bloos, nietig weezen! die zijn glorie durft begrimmen!
Als alles.... als de vriend der deugd
Uit 't stof des doods verrijst, zal hij ten hemel klimmen
In de ongekende vreugd....
'k Zie Themis statig uitgedoscht;
De schaamle weezen, de weeuw verlost,
Zij juichen! Juicht met hun, Gij dankbaare Africaanen:
't Is God; die U deez' Gracchen gaf;
Wij eeren Rijneveld met stomme hartetraanen
Tot d'oevers van ons graf!
Van dieselfde spotter, te oordeel na die handskrif en die toon, is die gedig: De Verwaandheid in Africa, waarin die opgeblasenheid, die pralerigheid van die Kapenaar bespot word.,Ga naar voetnoot1) waardeur hy verlei was deur die hoë betrekkinge hom aangebied deur die oorwinnaar. Die agtiende-eeuse Hollandse amptenare het in die algemeen goed geweet hoe om hul aan nuwe here aan te pas. Sommige soos die gemoedelike Petrus Borchardus Borcherds, die skrywer van 'n belangrike Memoir,Ga naar voetnoot2) het nie uitgemunt deur siele-grootheid nie, maar het andersdenkendes dan ook geen aanstoot gegee nie, nòg in weg, nòg in werk; ander soos Van Ryneveld het van hul magsposisie gebruik gemaak om hul landgenote te verdruk en het daarvoor die lof ingeoes van kleurlose landgenote soos Borcherds,Ga naar voetnoot3) sowel as van die vreemde owerheid.Ga naar voetnoot4) Hy het hul dan ook getrou bygestaan van die eerste môre, 15 September 1795, toe hy met J.J. le Sueur die onderhandelinge met genl. Craig op Rustenburg (die huis van die Hollandse goewerneurs op Rondebosch) aangeknoop het,Ga naar voetnoot5) tot aan sy dood. Hy | |
[pagina 115]
| |
was een van die drie regters van die eerste rondgaande Hof wat Kaapstad op 14 Oktober 1811 verlaat het, en sou een van die lede van die ‘Swarte Ommegang’ van 23 September 1812 gewees het as die dood hom nie die vorige maand weggeruk het nie.Ga naar voetnoot1) Die vraag kom op of hierdie ywer vir die nuwelinge moet toegeskrywe word aan 'n gevoel van ergernis teen die Hollandse regime, omdat sy mag as fiskaal in Desember 1793 deur Nederburgh en Frijkenius se nuwe sisteem aanmerklik verminder isGa naar voetnoot2) of aan 'n werklike vooruitstrewende sin, wat die Engelse meer bevredig het dan die in sy tyd futlose Kompanjie? In 1804 het hy 'n pamflet van meer as honderd bladsye in Kaapstad uitgegee waarin heelwat informasie gegee word oor die poginge wat aangewend is om die veeboerdery te verbeter: Aanmerkingen over de Verbetering van het Vee aan de Kaap de Goede Hoop, inzonderheid over de Conversie der Kaapsche in Spaansche of Wolgevende Schapen.Ga naar voetnoot3) Saam met P. Truter en L. Huizer het hy die volgende jaar die rapport oor die reis van die Kommissie van Veeteelt opgestel vir die owerhede van die Bataafse Republiek: Notul of Dagverhaal der Reis en Verrichtingen van President en gecommiteerde Leden uit de Commissie van Veeteelt en Landbouw in de beide Roggevelden, den Hantam, etc.Ga naar voetnoot4) Hy het geweet om sy mantel na die wind te draai, het altyd onder die prikkel van die behoefte van die oomblik gehandel en in 1805 was dit wenslik om 'n goeie Bataafse Republikein te wees. Na sy dood in 1812 het die Government Gazette gepraat van 'n onherstelbare verlies vir die kolonie, van verdienstes wat die trots en die roem van die Kaap vir altyd sal bly, van natuurlike grootheid van gees en goedheid van hart. En tog | |
[pagina 116]
| |
het 'n Kapenaar die volgende bitter, vlymskerpe grafskrif op hom geskryweGa naar voetnoot1). ‘Here lies in death, who living always lied,
A base amalgam of deceit and pride;
A wily African of monstrous shape,
The mighty Quinibus Flestria of the Cape.
Rogue, paramount ten thousand rogues among,
He rose, and shone like phosphorous from dung;
The wolf and fox their attributes combined
To form the odious features of his mind,
Where kennelled deep by shame, by fear unawed,
Lurked rapine, villainy, deceit and fraud,
Hypocrisy, servility, and lust, -
A petty tyrant, and stern in every cause he tried,
He judged like Pilate, and like Pilate died,
Urged to despair by crimes precluding hope,
He chose a bullet to avoid a rope.
Consistent knave! his life is cheating past,
He shot himself to cheat the law at last.
Acme of crimes, self-murder crowned the whole,
And gave to worms his corps - to fiends his soul.’
In alle Europese lande was die satiriese vers aan die orde van die dag teen die end van die 18de eeu en ook ons het nie uitgebly met beoefenaars nie. Met volle erns het die Satirikus Campagne in sy Gedachten gesing van die ‘braave Reede aan 't hoofd van zijn Pennisten’ wat in die raad soos 'n vèrsiende staatsman die vyand die reg van in besitneming wou betwis, van die ‘eedle du Plessis’ wat met 'n paar manskappe Burger-kavallerie die hele Engelse mag meer as twee | |
[pagina 117]
| |
uur teëgehou het, van Dirk van Reenen, Maurits en die broers Linden. Hy het daarin gesinspeel op die heldhaftige Swellendammers en Graaff-Reinetters. Maar 'n skimpdigter wat die teenoorgestelde mening toegedaan en klaarblyklik 'n aanhanger van die stadhouderlike regering was, is die opsteller van 'n Lied ter Eere van de Swellendamsche en Diverse andere helden bij de bloedige Actie aan Muisenburg in dato 7 Aug. 1795.Ga naar voetnoot1) Die lied word dikwels genoem as die eerste Afrikaanse poëtiese produk,Ga naar voetnoot2) omdat die taal van die Swellendammers wat daarin nageboots word, baie op Afrikaans lyk soos ons dit op die oomblik gebruik.Ga naar voetnoot3) Die digter van die spotlied swyg oor die jammerlike rol wat die amptenare en gereelde troepe gespeel het, maar steek die draak met die hulp wat die Swellendamse burgers aangebied het om hul vaderland te verdedig. Die opstandelinge wat in Junie 1795 hul landdros Faure verdryf het, 'n ‘Nasionale Vergadering’ en Delport as hul kommandant kies, het goed begryp dat die Engelse bewind hul eise nie sou inwillig nie en het daarom besluit om aan die verdediging deel te neem. Met 168 man verskyn kommandant Delport by die Kasteel aan die Kaap. Hierop skimp die Oranjeman in sy Lied: ‘Delpoort koos ons tot Commandant, o wee!
Die kaerel die heeft krijgsverstand.
Hij schoot, eer ons van huis vertrok,
Een groote vette bonte bok. O jee, o jee, o jee!’
As die ‘Kaerel’ meen dat die Brit ook so maklik kan neergetrek word soos die ‘groote vette bonte bok’ misgis hy hom deerlik. Met 'n pragtige skimpskeut - ‘het is geen Assegaay of pijl’ - verseker die satirikus die oormoedige kommandant dat hy nie met Boesmans of Kaffers te doen | |
[pagina 118]
| |
het nie, maar met gewapende Engelse. By die eerste skote kies die ‘helden’ die hasepad: ‘Kom laat ons nu maar loopen gaan, o wee!
Wie kan met zulke wapens slaan?
Ons keer naar huys, wat ploegschaar op.
Dan valt geen Bom op onze kop. O wee!’
Baie skerper nog is die satire in
Historie van de Kaap zeer krachtigGa naar voetnoot1)
1795 gebeurd 1796
en
Waarachtig
met droefheid en pret
in varzen gezet
door een nieuwen poëet
zooals ijder één weet.
Hierdie digter wat graag die kolonie in hande van die Bataafse Republiek wou gesien het, lug sy teleurstelling in skerp kritiek en spot oor die heersende toestande ten tyde van die Engelse aanval. Die Historie is eintlik die hele geskiedenis van die oorgawe in 'n berymde verhaal vertel in nie minder as vierhonderdveertig versreëls nie. Die merkwaardige opdrag ‘aan den Geleerden man’ sou 'n skimp op die predikant Van Lier kon wees, wat my laat vermoed dat Campagne ook van hierdie Historie die vervaardiger is. Hy verseker ‘den geleerden man’ - ‘Ik heb al de Grieksche, Latynsche, Fransche, Engelsche en Hollandsche Dichters doorsnuffeld, het fijne er in uitgenomen, mij toegelegd op al het fraaije, altijd de waarheid in het oog gehouden en na zwaare arbeid draag ik u mijn eersteling op; verdiend hij uwe goedkeuring, dan kunnen anderen, hoe veele Lieren zij ook mogen torsschen, mijn ontstoken dichtijver geen nadeel brengen.’ Ook die slot skyn daarop te wys dat die ironiese opdrag vir 'n predikant wat hom graag op Paulus die sendeling-apostel beroep het, bedoel was: ‘Gij kunt het uitleggen
Zo als gij verkiest,’
| |
[pagina 119]
| |
maar sonder om name te noem lyk dit die rymelaar tog asof die eerste oorgawe van die Kaap 'n geval was nie van: ‘Paulus die plant en Apollos die nat maakt, -
maar
Paulus door zijn verstand, maakt dat LucasGa naar voetnoot1) het kwyt raakt.’
Eers toe die kalf verdronke was, die Kaap goedsmoeds oorgegee kom die spyt. Die kommandant-generaal van die troepe, Gordon, word gevind’ ‘met een goede pistool
's Nachts in zijn tuin
Met een halve kruin. -
Wat blief-je?
Als je valt dan leg-je.’
Die gehuurde soldate het hul die ramp minder aangetrek, raas, suip en swier na hartelus en hul ‘Zag men in weinige dagen
Engelse monteering draagen.’
Toe hulle die land moes verdedig het, het hulle geëet, gedrink en vrolik gewees of soos die rymer dit plat en ru maar raak uitdruk: ‘Men zoop en men vrat
zich half dik, half zat.’
In verbittering vra die sanger: ‘Wie zou niet verwachten,
Dat laatere geslachten
Met harten en tongen
Zouden hebben gezongen
Den lof van die braaven,
Die er alles aan gaven
Tot behoud van hun land
Als hun waardste pand?’
| |
[pagina 120]
| |
Die regering was ‘een pakhuis vol ruzie’ tussen Patriotte en Oranje-gesindes en laasgenoemde het hul gewillig laat beetneem om te glo dat die Engelse Eerste Minister, William Pitt Jnr., die Engelse vloot uitgestuur het na die Kaap ‘Om te neemen als een schaap
Quansuis onder protectie
Van de oude Directie
Met een brief van Oranje.
Die bron van satire is teleurstelling en verbitteringGa naar voetnoot1). Na 'n veelbewoë lewe is Hubert Dirk Campagne in 1828 in 'n kranksinnigegestig te Beverwijk gestorwe.Ga naar voetnoot2) Die dag van die ewige Nemesis waar broers van dieselfde huis nie weet om in liefde saam te woon nie, het aangebreek. In sy Memorie wat hy vir die publiek geskryf het, maar by ryper oorweging besef het dat die maatskappy nie algemeen bekend sou wou sien nie en dit aan die Burgers gekommiteerdes gegee het, het Campagne verskoning gemaak vir sy slegte styl en growwe foute met die woorde: ‘door de wederrechtelyke procedures en onrechtvaardigheeden myne ouderen wedervaren welke de totale ruine van ons huis ten gevolge hadden, in myne jonge jaaren die onderrigtingen in onze en veel min in vreemde taalen kunnende genieten, welke de fortuyn anderen in ruime maaten toekende zal dit als verschooning dienen van den slechten stijl en groven fouten, die mea in deze alom zal ontdekken,’ Die ‘foute’ wys almal in die Afrikaanse rigting wat die taal betref en die gees wat uit die prosa sowel as uit die spotverse spreek is die van die Dietse Afrikaner. Op satiriese wyse uit hy sy ontevredenheid, sy teleurstelling, sy verdriet oor die oorgawe van die Kaap, die manier waarop die 18e eeu hom by voorkeur geuit het as hy verontwaardig was. | |
[pagina 121]
| |
2. Sendeling konneksies word aangeknoop. Helperus Ritzema van Lier.In die moederland self was daar 'n hele seksie wat hul hoe langer hoe meer op Engeland gewerp het vir steun teen die Fransgesinde Patriotte. En nog voor die oorgawe van die Kaap was die grond reeds gebraak deur sendelingkonneksies wat die Kaapse kultuurdraers in Londen aangeknoop het, om die eerste saadjies van Engelse invloed te ontvang. Onder daardie kultuurdraers neem Helperus Ritzema en Catharina Allegonda van Lier 'n belangrike plek in. Broer en suster het mekaar uitstekend aangevul in hul aangenome vaderland, waar hulle in September 1786 aangekom het om alleen maar deur die dood daaruit weggehaal te word in 1793 en 1801 Helperus Ritzema van LierGa naar voetnoot1) is in 1764 in Assen uit 'n deftige stand gebore. Sy vader, mr. Johannes van Lier, was Ontvanger-generaal van die landskap Drente en sy moeder, Rollina Johanna Hofstede, was die jongste suster van die beroemde Rotterdamse predikant-digter Petrus HofstedeGa naar voetnoot2), wat invloed op sy neef se geestelike vorming uitgeoefen het. Op die Latynse skool in Groningen het hy al blyk gegee van 'n buitengewone begaafdheid en sy oom verklaar dat ‘hij behoorde tot die menschen, welke bij de Romeinen genoemd wierden: praecoquia ingenia - vroegrijpe verstanden.’Ga naar voetnoot3) Sy vrome moeder het sy begeerte om predikant te word sterk aangemoedig, maar in haar moederlike besorgdheid dikwels die boeke weggesteek waarmee hy tot diep in die nag sy leeslus versadig het. Israelitiese, Romeinse en Griekse geskiedenis, redevoeringe wat hy byna woordelik kon na-oreer, was van jongs af sy lieflingstudie. Toe hy in 1779 die skool verlaat, het hy 'n redevoering gehou: de Laudibus Historiae, en dit met soveel sukses dat die Boekzaal der Geleerde Wereld | |
[pagina 122]
| |
van hom gewag gemaak het as ‘een zeer uitmuntend jongeling’.Ga naar voetnoot1) Dat hy vanaf sy sesde jaar die Franse taal magtig was, is vanselfsprekend vir wie in die oog hou dat daardie wêreldtaal in die loop van die agtiende eeu die moedertaal, hoewel maar tydelik, heeltemal kom verdring het. Aan die Universiteit van Groningen waar hy as student in die teologie ingeskrywe het, het hy hom toegelê op wiskunde, wysbegeerte en die Oosterse tale. Op agtienjarige leeftyd is hy tot meester in die Vrye Kunste en Doktor in die Filosofie bevorder na 'n openbare verdediging van sy Dissertatie in qua disqueritur qualem necessitatem voluntati creaturarum intelligentium flatum morale divinaque praescientia adferat. Die vorige jaar het hy reeds naam gemaak met 'n verhandeling: Over het algemeen en bijzonder gebruik der Aerostatische machines en de verschijnselen die dezelve ons kunnen opleveren.Ga naar voetnoot2) In Utrecht het Van Lier sy teologiese studies voortgesit en hy word in 1785 na die gewone ondersoek op die lys van die kandidate vir die heilige bediening ingeskrywe. Hy het in Holland 'n beroep ontvang, maar het die aanbod van die Oos-indiese Kompanjie aangeneem: om hom as leraar aan die Kaap te vestig. Die Amsterdamse Classis wat hom ingeseën het, het hom bestem vir Swartland (Malmesbury), maar toe word Meent Borcherds op versoek van die Kaap na Stellenbosch verplaas en Van Lier maak uit die staanspoor so 'n goeie indruk dat hy nie slegs die vakature opvul nie, maar dat die goewerneur Cornelis van der Graaff en sy Politieke Raad planne maak om hom die verantwoordelikste posisie in die gemeente aan te bied. Ds. C.F. Fleck het hom op 15 Oktober 1786 bevestig as derde leraar van Kaapstad en hy het sy amp vanaf sy plegtige intreerede met gloeiende ywer beklee. Met die hoogste lof skryf die Kaapse Kerkraad aan die Amsterdamse Classis oor ‘de eerstelingen van den arbeid deeses jongen, of teffens welbegaavden en eiverigen leraars’.Ga naar voetnoot3) Drie jaar later skryf hy self aan die Classis dat | |
[pagina 123]
| |
hul rus en vrede geniet, dat hy daarin slaag om siele te wen ‘maar helaas! er is ook overvloedige stoffe om te treuren. Dartelheid, hoogmoed, pracht, ongeloof, vertoonen zich meer en meer openlijk’.Ga naar voetnoot1) By sy drukke werksaamhede en ondanks sy swak gesondheid vind hy nog tyd vir wetenskaplike werk. Die Haagse Genootskap ter verdediging van die Christelike godsdiens het gereeld prysvrae uitgeskryf en die van 1790 is deur die Kapenaar Van Lier behaal. Sy verhandeling is bekroon met 'n silwer medalje: Verhandeling ter aanwijzing van 's menschen oorspronklijke verplichting en den aard der gehoorzaamheid, die Gods wet vordert.Ga naar voetnoot2) Die volgende jaar word sy antwoord met goud bekroon oor: Opgave der beste middelen om den gemeenen man het belang van den Godsdienst te doen gevoelen en hem ter verkrijging van rechtmatige begrippen omtrent dezelve bevorderlijk te zijn.Ga naar voetnoot3) Sy briewe aan die classis Amsterdam is niks anders as offisiële berigte na die moederland nie, en bevat slegs 'n enkele persoonlike sinspeling op sy eie gemoedstoestand of op die toestand van die kolonie waarin allerlei tekens van korrupsie Van Lier op die naderende end van die Kompanjie moes gewys het. Maar sy private Latynse korrespondensie met die Engelse predikant, John Newton van Olney, in 1789 werp heelwat meer lig op sy gemoedslewe en op sy vriendekring. Op die publikasie van die korrespondensie het hy niks teë gehad nie maar alleen op voorwaarde dat sy naam, woonplek en stand sou verswyg word. Die Engelse digter William Cowper, 'n lidmaat van Newton se gemeente, het die vertaalwerk gedoen en so het ‘Christodulus’, die naam waarmee die briewe onderteken is, se merkwaardige outobiografiese korrespondensie die lig gesien onder die titel: Power of Grace, illustrated in six letters from a minister of the Reformed Church to the Rev. John Newton. Die briewe wat algemeen bekend geword het, bevat geen teologiese betoog of 'n uiteensetting van | |
[pagina 124]
| |
een of ander leerstelling nie, maar verskaf gewoon enige besonderhede uit sy lewensloop en die verhaal van sy bekering. John Newton was 'n skitterende lig onder die ‘Evangelists’ in Engeland en met hierdie rigting het Van Lier hart en siel gesimpatiseer. Hy vertel dat die godsdiens nie veel by hom in aanmerking gekom het toe hy nog die skool besoek het, nie maar toe hy siek word, het sy gewete hom verskriklik geplae. Na sy genesing het hy op die Universiteit maar weer die ou gang gegaan en behae geskep in die voer van allerlei skerpsinnige twisgesprekke en die lees van romans en verdigsels waarop hy verslinger was, met die gevolg dat hy aan die hele bestaan van God gaan twyfel het. Met sy ouers kom hy in botsing omdat dit nog steeds hul wens was dat hy hom op die studie van godgeleerdheid sou toelê waarvoor hy nou 'n afkeer gekry het. 'n Tweede siekbed is nog nie in staat om hom tot bekering te bring nie, maar dan kom die groot verdriet wat hom louter en verdiep, - die dood van sy verloofde oorstelp hom met droefheid, sodat hy begin te wanhoop of hy sy studie sou kan voortsit of ooit weer enige troos of rus vind. Uit die diepte van sy ellende smeek hy om verlossing, hy ondervind 'n vernuwing van gemoed en word 'n herbore skepsel. Dan volg die bewyse vir die egtheid van sy bekering en vir 'n verandering in sy lewenswyse. Een van sy eerste dade is om hom te gaan versoen met twee mense met wie hy in trotse wraaksug op nie al te vriendelike voet gelewe het nie en die vriendskap word weer aangeknoop. In die vervolg sou hy teen alle mense een en dieselfde ongeveinsde liefde koester, een en dieselfde gees van sagmoedigheid en weldadigheid, bewys. De belofte in sy Latynse briewe gemaak, het ‘Christodulus’ gehou. Hieruit vloei voort sy sendingwerksaamheid en sy verwantskapsgevoel, met die sending-vriende in Londen, waar tien jaar later die Londense Sendinggenootskap tot stand sou kom; en dit ses jaar voor die kolonie vir die eerste maal in Engelse hande oorgegaan het. In sy preke het hy dikwels gewaag van ‘het groot bevel’ in Markus 16:15, 16 en hom moedig uitgelaat oor die reg van elke mens, ‘hoe wild, hoe onkundig, hoe snood en misdadig ook,’ op die stem van die | |
[pagina 125]
| |
Evangelie. Hierdie preke wat verskillende drukke beleef het, is vir die eerste maal in 1796 uitgegee onder die titel: Een Verzameling van Eenvoudige Leerredenen aan die Gemeente van de Hoofdplaats van Kaap de Goede Hoop ter gedachtenis toegewijd door haar medeleeraar Helperus v. LierGa naar voetnoot1) drie jaar ná die dood van die skrywer. Ons lees in sy ‘Aan den Lezer,’ onderteken ‘Cabo de Goede Hoop den 10 Augustus 1792’, die begeerte van die geleerde prediker om hom aan te pas by sy onontwikkelde Kaapse gehoor: ‘Geleerdheid zou men hier vergeefs zoeken. Al konde ik zou ik echter niet durven geleerd prediken; ik predik, om verstaan te worden; en verre het grootste deel mijner toehoorders bestaat uit ongeleerde en eenvoudige lieden, die mij nauwelijks verstaan, wanneer ik meene mij ‘zeer klaar en duidelijk te hebben uitgedrukt.’ Van sy kant was daar aanpassing by sy gehoor, maar ook opheffing van hul peil van beskawing. Hy sien hoe dat die opvoeding van die jeug verwaarloos word deur gebrek aan onderwys en dit was veral deur sy toedoen dat in 1791 'n poging aangewend word om die Hollandse skoolwese te verbeter en 'n Franse en Latynse skool hier op te rig waar die leerlinge wat die lus en die bekwaamheid gehad het, hul kon bekwaam vir die studie aan die universiteite in Nederland. Daarby sou die kerk wat aan 'n jammerlike gebrek aan proponente ly, baat vind meen die leraar.Ga naar voetnoot2) Hy het ook alles in sy vermoë gedoen om die jong Afrikaner Jan Christoffel Berrangé in 1788 na Holland weg te help, waar hy aan die Leidse Universiteit in die teologie opgelei is om later op Swellendam en in Kaapstad diens te doen. Van die ander Afrikaners wat, dank sy die bemoediging van Van Lier, vir hoër onderwys na Europa vertrek het, kan genoem word: A.P. Kuys, die geneesheer P.J. Truter, doktors in die regte J.A. Truter, J.P. de Wet en M.A. Smuts. Die godsdienstige toestand in die buitedistrikte het die swaarste op sy hart geweeg en hy rig dan ook 'n ernstige | |
[pagina 126]
| |
versoek aan die Classis ‘om de veraf gelegen buiten distrikten in deze volksplanting met bekwaame leeraars te voorzien, die aldaar zo onontbeerlijk zijn, dat er, bij gebrek van dezelve welhaast in die oorden een geslachte zal gevonden worden, dat van de allernoodigste kennis van de eerste grondwaarheden ontbloot, in niets dan in den Christelijken naam onderscheiden zal zijn van de aangrenzende Heidenen.’Ga naar voetnoot1) Aan sy verzoek is gehoor gegee met die stigting van twee nuwe gemeentes, Graaff-Reinet in 1792 asook Swellendam. In sy eie gemeente het hy 'n hele omwenteling in die uitoefening van die leraarsamp veroorsaak. Vroeër predikante het die twee of drie uur godsdiensoefening op die Sabbat as hul hoofwerk beskou. Hy daarenteen het korter preke en gebede gegee, maar meer huisbesoek by gemeentelede, meer godsdienstige vergaderinge en veelvuldige aansporing tot liefdadigheid voorgestaan.Ga naar voetnoot2) Onder sy leiding is daar in 1788 in Kaapstad 'n bid- en werkvereniging gevorm bestaande uit sowat sestig lede wat hul ten doel gestel het om die kleurlinge en die slawe in praktiese Christendom te onderrig. Hierin het die Kaapse dames, waaronder sy suster Catharina Allegonda, hom getrou bygestaan. Die stigting van 'n sendingkapel (in 1804 in Langstraat geopen), van 'n weeshuis eweneens in Langstraat en 'n fonds waaruit ou vroue in behoeftige omstandighede toelae kan ontvang, is alles filantropiese werk van sy gemeentelede. Van Lier het self ruim bygedra, want, soos hy aan Newton skrywe, hy was goed bedeeld met aardse goedere, waardeur hy in staat was om ander te help, ook die kleurlinge, want toe al het Rousseau se kreet oor ‘le noble sauvage’ in die Suidhoek weerklank gevind. Die besoek van biskop Reichel in 1787 het hom aangespoor tot nog warmer liefde vir die verwaarloosde slawe en Hottentotte. Van die koms van die Morawiese sendelinge, Hendrik Marsveld van Zeist, Daniel Schouw van Amsterdam en Johan Christiaan Kuhnel van Hernnhut in 1792, om Schmidt se werk in die Caledon-distrik weer op te | |
[pagina 127]
| |
vat, het hy met vreugde kennis geneem, maar was reeds te siek om hul in die nuwe land touwys te maak. Die teringlyer Christodulus skryf aan sy vriend Newton dat hy gekwel word met 'n geweldige hoes en swakheid van sy senugestel maar as hy berig ontvang van sy dood moet dit hom nie tot droefheid nie maar tot blydskap stem, omdat die dood in sy geval geen skade maar gewin is. Op 13 Julie 1792 het hy op die preekstoel flou geval en dit was hom 'n teken dat sy einde nie meer ver was nie. Hy het sy emeritaat met behoud van traktement ontvang en die kommissaris-generaal Nederburgh en Frijkenius het hom 'n pensioen toegeken.Ga naar voetnoot1) Dit was ‘een hartelijke begeerte, om aan mijne gemeente, ook na mijn overlijden, nuttig te zijn,’ soos hy in die voorrede verklaar wat hom die krag en moed gegee het om sy Eenvoudige Leerredenen persklaar te maak. Hy wou dat hierdie geskrif 'n blywende gedenkteken van sy liefde en besorgdheid oor sy gemeente sou wees, wat dit ook inderdaad geword het. Op 21 Maart 1793 is hy oorlede in teenwoordigheid van sy vrou, (sy was 'n Afrikaanse dame, mej. Maria Johanna van der Riet), hul vier kindertjies, sy suster Catharina wat by hulle aan huis gewoon het, en sy kollegas Serrurier en Fleck. Sy werke, die Eenvoudige Leerredenen sowel as die Nagelaten Leerredenen,Ga naar voetnoot2) het hom lang oorleef, ondanks hul langdradigheid en eentonigheid. Tog is die Leerredenen van belang vir ons kennis van die preekwyse teen die end van die agtiende eeu en van die styl van die stigtelike lektuur uit die tyd. Die eentonigheid van die styl van hierdie predikasieboek, die herhaling tot in die oneindige moet ook gedeeltelik verklaar word uit die begeerte van die prediker om binne die begripsvermoë van sy gehoor te bly. | |
3. Dagboek-houer, mistieke digteres, Catharina Allegonda van Lier.Dieselfde toon klink uit die prosa van sy suster, Catharina Allegonda, wat ondanks haar swak gesondheid tog meegekom | |
[pagina 128]
| |
het na die Kaap en by hom woonagtig was.Ga naar voetnoot1) Sy is gebore te Assen op 17 Maart 1768 en was dus pas agtien jaar oud toe sy in die Kaap voet aan wal sit. Soos haar broer het sy die sending 'n warm hart toegedra en was verloof aan die sendeling Johannes Jacobus Kicherer wat ná 1799 'n groot rol in die binneland van Suid-Afrika speel. Hul vriendekring het bestaan uit die Oranjegesinde, oor die algemeen mees ontwikkelde Kapenaars en sy het gou bekend geraak as die ‘eedle kunstvriendin’ in die suidelike halfrond.Ga naar voetnoot2) Ook sy was 'n teringlyer en reeds in die Kaapsche Stads Courant van 24 September 1801 kom die volgende kennisgewing voor: ‘Op Dingsdag den 13de October, zullen op het Kerk Plein aan het Huis, laatst bewoond door wylen de Jonge Jofvrouw C.A. van Lier, aan de meest-biedende Verkogt worden, een aansienlyke party Huisraad, Goud en Zilver, mitsgaders verscheide goede slaaven, waaronder een compleete snyder en een bekwaame Kok.’ Ná haar dood (1806) het verskyn: Dagboek, Gemeenzame Brieven en overdenkingen van L.C. Geschreven door wylend Juffrouw Catharina Allegonda van Lier, aan Cabo de Goede Hoop; en op haar verzoek, by haar leven gedaan, uitgegeven door Johannes Jocobus Kicherer, Predikant by de Hervormde Kerk en zendeling onder de Heidenen in Afrika.Ga naar voetnoot3) Catharina het ons hierin 'n beeld van haar gemoedstoestand, haar innerlike lewe gegee. Van haar aantekeninge aan die Kaap gehou is uittreksels gemaak en die, met 'n paar Gemeenzame Brieven en Eenzame overdenkingen, wat sy bestem het om uitgegee te word om so vir ander tot nut en seën te wees, het haar verloofde en hul vriend ds. G. Masman, leraar in Utrecht, persklaar gemaak. In die voorberig vertel die uitgewers dat sy op 22 September 1801 ‘in een leevendig geloof en met een vertrouwende verwagting der zaligheid’ oorlede is. Die | |
[pagina 129]
| |
Byvoegsel bevat, benewens enkele Brieven, ook 'n verhaal van haar sterwe, meegedeel deur ‘Juffrouw M.E.S.’Ga naar voetnoot1) By 'n vergelyking tussen die laaste gesprekke van haar broer wat een van die omstanders gemaak het en hierdie verhaal, word ons getref deur die sterk ooreenkoms tussen die sterfbedscènes. Albei was die mistieke tipe, sy miskien nog in groter mate as hy, en in ekstase en triomf het hul siele die wrakke van liggame verlaat. Haar hele Dagboek, die gemeenzame brieven en die eenzame overdenkingen is in die vroom sentimentele trant van die agtiende-eeuse epistolografie. Die briefvorm is tipies van die eeu, insgeslyks die matte lome prosa. 'n Beskrywing van 'n gebeurtenis aan die Kaap, van haar ontmoetinge of 'n voorval in haar daaglikse lewe, soek ons verniet in hierdie dagboek. Alles bly ewe vaag. So lees ons op byna iedere bladsy: ‘Bij het ontwaken viel er iets voor, waarover ik zeer misnoegd was,’ of: ‘Tegen den middag viel er iets voor, waar door, natuurlijkerwijze, mijn hart meer van het stof moest worden los gemaakt, en afzien van het schepsel, dat enkel ijdelheid is,’Ga naar voetnoot2) of: ‘Gister en van daag kwamen mij verscheidene gevallen voor, die mij overtuigden van de nietigheid en het veranderlijke van al het ondermaansche.’Ga naar voetnoot3) Wàt werklik gebeur het, kom ons nooit te hore nie; ons word alleen maar onthaal op ongemeen eentonige bespieëlinge van 'n vroom gemoed. Waar sy werklik in geestelike ekstase kom, word die prosa lewendiger en herinner aan dié van die middeleeuse mistieke vroue. So kon onderstaande paragraaf maklik deur Beatrijs van Thienen of selfs deur Zuster Hadewych geskrywe gewees het: ‘Tegen den avond mogt ik vuurig bidden: en ondervond, hier onder, de uitnemende liefde mijns Hemelschen Bruigoms. Hy kuste met de kussen zijns monds: ik zwoer Hem op nieuw hulde, en betuigde hartelijk alles wat aan Hem was, gansch begeerlijk te vinden.’Ga naar voetnoot4) | |
[pagina 130]
| |
Ook sy kla gedurig oor sonde en afvalligheid maar die kritikus wat meen dat ‘zij heeft veel gestreden en gebeden en niet altijd gewandeld in het licht’Ga naar voetnoot1) neem hierdie klagtes te letterlik op. Die selfbeskuldiging kan verklaar word uit haar swak gesondheid, haar mistieke aard en die sentimentele stroming van haar tyd wat as reaksie op die verstandswerk van die satire en die spotvers sy verskyning teen die end van die 18de eeu maak. Die daaglikse aantekeninge is oninteressant, die swaarmoedigheid en neerslagtigheid werk deprimerend op die leser, met die gevolg dat daar van die grenselose versmading van die lewe en veragting van alles wat menslik is, geen krag of ontroering meer uitgaan nie. 'n Resensent het al in 1806 van haar werk gepraat as ‘ongemeen eentonig en bevindelijk’Ga naar voetnoot2) en haar styl gekritiseer waar sy by voorkeur gebruik maak van afgesaagde, vir die tyd al verouderde uitdrukkinge soos ‘emmer des geloofs’ en ‘slinger des geloofs’. Gelukkig haal sy in haar Dagboek heelwat digreëls aan uit Van Lodenstein, Van Alphen, Van de Kasteele en vermoedelik ook van haarself, wat die eentonigheid van die prosa onderbreek. Baie verdienstelik is haar lied wat een van ons mees geliefde gesange geword het nl. die ag-en-twintigste.Ga naar voetnoot3) Daar spreek godsvertroue, berusting, diepte van geestelike lewe uit hierdie sang en dit verdien 'n waardige plek onder ons literêre voortbrengsels: ‘Moet ik steeds met onspoed strijden,
'k Ben te vreden in mijn lot;
'k Hebb' een' Helper in mijn lijden,
Moet ik dan met onspoed strijden,
'k Ben te vreden in mijn lot:
O! mijn redder is mijn God.’
Is de nood zo hoog gerezen,
Dat het nacht is, waar men ziet;
| |
[pagina 131]
| |
Echter heb ik niets te vreezen,
Schoon de nood is hoog gerezen,
Schoon het nacht is waar men ziet,
'k Weet wie 't gansch Heelal gebiedt.
In benaauwde en droeve dagen,
Vest ik 't oog op God alleen;
'k Ga bij Hem om uitkomst vraagen,
In benaauwd' en droeve dagen,
Vest ik 't oog op God alleen;
Hy kan helpen, anders geen.
'k Weet, Zijn woord is Ja en Amen,
Zijn beloften faalen niet;
Nimmer zal Hij hem beschaamen,
Daar zijn woord is Ja en Amen,
Die op zijn belofte ziet,
En tot Hem om hulpe vliedt.
Ja, in duizend bange stonden,
Heeft hij mij getroost, gered;
'k Hebb' God altoos trouw bevonden.
Ja, in duizend bange stonden,
Heeft Hij mij getroost, gered;
Acht geslagen op 't gebed.
Zoude ik dan mijn God niet eeren?
Ja, mijn ziele, loof den Heer!
Zoud' ik niet zijn gunst begeeren,
Zoud' ik niet mijn redder eeren?
Ja, mijn ziele, loof den Heer!
Die U uithielp keer op keer.
'k Wil dan niet meer klagen, zorgen,
Maar voldoen aan Gods gebod;
Vreezen voor geen' dag van morgen,
Bangen onrust, klagten, zorgen,
En voldoen aan Gods gebod,
Hem beveelen weg en lot.
In Gesang 28 is die sesde koeplet, wat trouwens die swakste in die gedig is, weggelaat, en die sewende sterk gewysig. In al die ander kom ook klein wysiginge voor, dikwels geen verbeteringe nie. Hoe ongunstig die Dagboek ook al beoordeel mag word, - gesang 28 het historiese sowel as literêre be- | |
[pagina 132]
| |
tekenis. 'n Lied wat waardig gekeur is, om deur die Christelike gemeente in openbare samekomste gesing te word, geniet daardeur 'n groot onderskeiding. 'n Kerklike Gesangboek moet die hoogste en diepste, die heiligste en innigste, wat die hart van die mens kan ontroer, uitdruk. Hierdie lied van Catharina bevredig uit godsdienstige sowel as letterkundige oogpunt, wat nie van alle gesangverse gesê kan word nie. - Dit het in donker dae die moed van vele verlewendig, die verslae harte opgebeur en 'n verafrikaanste vorm kan dit nie meer ons eie maak as wat dit reeds is nie. In die agtiende eeu het 'n groot aantal bundels stigtelike poësie in Nederland verskyn, maar min daarvan blink uit deur skoonheid van vorm of diepte van gedagte. Dit is die werk van eenvoudige siele wat worstel om vrede, of hul vrolik en bemoedig voel deur die omgang met Christus en daardeur ook ander tot stigting word. Tot die skare het Catharina behoort en tog 'n vers gelewer wat uitmunt bo die middelmatige produksie van haar tyd. Ons Psalme, Het Boek der Psalmen uit drie berijmingen, in het jaar 1773 gekozen, met de noodige daarin gemaakte veranderingen is op 5 April 1775 in Suid-Afrika ingevoer, byna terselfder tyd as in Holland. Anders was dit met die gesange. Toe die Evangeliese Gezangen bijeen verzameld en in orde gebragt in de Jaren 1803, 1804 en 1805, op 1 Junie 1807 in die Hervormde Kerk in Nederland ingevoer is, was die oorlog tussen Engeland en die Bataafse Republiek aan die gang. In Suid-Afrika is daar besluit om die Gesange in Engeland te laat oordruk, en eers op die tweede Sondag van Januarie 1814 kon hul in Suid-Afrika in gebruik geneem word.Ga naar voetnoot1) Catharina se gesang het dus ook ‘steeds met onspoed’ te kampe gehad. Ds. G. Masman, dieselfde wat Kicherer bygestaan het in die uitgawe van haar Dagboek, was gekommitteer vanweë die Utrechtse sinode na die kommissie onder voorsitterskap van Ahasverus van den Berg,Ga naar voetnoot2) bestaande uit verteenwoordigers uit al die Nederlandse Provinsiale Sinodes | |
[pagina 133]
| |
wat die gesange byeen gebring het. Op die manier het haar lied in aanmerking gekom vir 'n plek in die Gesangboek van ons Kerk en vir die vergetelheid bewaar gebly. Die plek van Catharina onder die digters van die Gesangboek word in die ontwikkelingsgang van die Dietse letterkunde as volg aangedui: ‘Vijf dichteressen hebben aan den bundel hare bijdragen geleverd, en twee van deze zelfs goede bijdragen, namelijk Catharina Allegonda van Lier, die jong aan de Kaap gestorven, niet meer heeft beleefd, dat van haar gesang 28: “Moet gij steeds met onspoed strijden, Christen, treur niet om uw lot,” in den gezangbundel werd opgenomen, en Johanna Elizabeth van de Velde, geb. Helmcke.’Ga naar voetnoot1) Haar naam ken haas niemand nie, die taalvorm waarin sy haar diep religieuse gevoel gegiet het, dra nie meer die goedkeuring van 'n jong geslag weg nie maar haar lied troos en bemoedig al byna anderhalf eeu die volk wat sy haar eie gemaak het. Nie alleen die name nie maar ook die verse van die satiriese digters, hoe verdienstelik ook al die Dietsgesindheid van Campagne, het met hul in die graf gedaal. |
|