Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 1 (1652-1875)
(1934)–Elizabeth Conradie– Auteursrecht onbekend'n Kultuur-historische studie
[pagina 87]
| |
Hoofstuk IV.
| |
[pagina 88]
| |
Maar dit duur tot die landtog van Mr. Hendrik Swellengrebel, afstammeling van die bekende togganger Hieronymus Couse, en seun van die voorganger van Rijk Tulbagh, goewerneur Hendrik Swellengrebel, voor 'n Afrikaanse joornaalhouer van betekenis uit taal- en letterkundige oogpunt, Pieter Cloete in 1776 aan die woord komt in 'n Journaal van eenen landtogt die den ondergeteekende met den Weledelen heer Mr. Hendk. Swellengrebel in den jare 1776 gedaan heeft.Ga naar voetnoot1) En dit in die tyd van die grootste korrupsie. Die laaste kwart van die agtiende eeu onder die opvolger van Rijk Tulbagh, goewerneur Van Plettenburg (1771-1785), is die begin van die end. Die geringe eerlikheid van die amptenare wat die besteling van die Kompanjie vir geen skande meer gehou het nie,Ga naar voetnoot2) het die doodsklok van die Edele Kompanjie help lui, waarmee die Dietse kultuur in Suid-Afrika enorme skade gedoen is. Daar is nou 'n duidelike verskil tussen die amptenare, inwoners van die stad, en die bewoners van die buitedistrikte, landbouers met minder opleiding en ontwikkeling maar wat gunstig afsteek wat eerlikheid betref, by die stedelinge.Ga naar voetnoot3) In die verafgeleë binneland het die mentaliteit en die toestand van die boere meer te wense oorgelaat soos begryplik is by 'n trekkende gemeenskap wat vandag nie weet waar hul môre hul hoof sou neerlê nie en gebuk gaan onder die monopolistiese stelsel van die Kompanjie. Maar ook daar het die vooraanstaande Kaapse boere plase gehad wat hul af en toe besoek het, wat nie anders as heilsaam op die trekkende gemeente kon gewerk het nie. Onder daardie groot landbouers neem | |
[pagina 89]
| |
die families Cloete en Van ReenenGa naar voetnoot1) die belangrikste plekke in. Jacob, die stamvader van Pieter Cloete het in die tyd van Van Riebeeck aan die Kaap gekom.Ga naar voetnoot2) Hy het vryburger geword en die eerste eiendomsreg wat in die boeke van die landmetergeneraal voorkom, het betrekking op hom. Sy grond het aan die Liesbeekrivier gelê en in 1659 het hy nog veertig akkers bygekry waar daarop skyn te wys dat hy 'n bekwame boer was. Na die dood van sy vrou wat hom drie kinders nagelaat het, was hy nog 'n keer terug na Europa, het gou weer teruggekom en geboer tot in 1693 wanneer hy op sy plaas vermoor is. Sy nakomelinge het plase in die distrik van Stellenbosch gekry, 'n paar het na Graaff-Reinet en tot in Namaqualand getrek maar die meeste het tog in die omgeving van Kaapstad gebly. Een van hulle, Hendrik, is in 1725 met Hester Anna Lourens getroud en het een van die grootste grondbesitters, die trotse eienaar van ‘Constantia’ geword wat hy vir die enorme som van ƒ 30,000. - van Jan Serrurier gekoop het.Ga naar voetnoot3) Daar het hy en sy seuns getrou die tradisie van Simon van der Stel voortgesit en wyn gemaak wat destyds met die beroemde Hongaarse Tokayer vergelyking kon deurstaan. Van sy elf kinders, waaronder ag seuns, het nie minder as vyf groot landbesitters en landbouers geword, twee het in die leër gedien en slegs die sesde kind Pieter Lourens het amptenaar geword, met watter gevolge sal later blyk. Die tweede kind, Pieter,Ga naar voetnoot4) gedoop 18 Julie 1756, as landmeter vermeld, het met Mr. Swellengrebel op reis gegaan en die families Cloete en Swellengrebel het jare lank | |
[pagina 90]
| |
kontak met mekaar gehou. Pieter en Mr. Hendrik was albei gebore Afrikaners maar die een was ingeburger, die ander 'n toeris, want die seun van die Kaapse Goewerneur na wie Swellendam genoem is, is met die vader mee na Nederland in 1751 waar hij sy opvoeding gekry het. Diep lê die fondament deur die Hollanders aan die Kaap gelê maar dit hang nie meer van die Hollanders af nie, ook nie van die enkele gebore Afrikaner wat hom teruggetrek het na sy tweede vaderland en van daaruit sy belangstelling steeds wakker gehou het, maar van die Afrikaner self of hy hom op Dietse fondament sou handhaaf.Ga naar voetnoot1) Daarom het die wetenskaplik beter onderlegde Mr. Swellengrebel m.i. vir ons minder betekenis dan Pieter Cloete. Swellengrebel het drie reise deur die Kaapkolonie onderneem in 1776 en '77, joernale en relase daarvan bygehou, die Duitse tekenaar Johannes Schumacher het pragtige sketse en akwarelle daarvan gemaak maar hy het ‘kanunnik en domdeken’ van Utrecht geword en sy plek het hom nie meer in Suid-Afrika geken nie.Ga naar voetnoot2) Jare lank het hy nog met die familie van sy reisgenoot vanuit sy buiteverblyf ‘Schoonoord’ by Doorn gekorrespondeer oor die ekonomiese en politieke toestand van die Kolonie, die vader van Pieter, | |
[pagina 91]
| |
die Oud-Heemraad Hendrik, het hom oor die landboubedryf in die algemeen en die modelboerdery op ‘Constantia’ in besonder, ingelig, maar die ‘Swellengrebeliana,’Ga naar voetnoot1) die werk van 'n gebore Afrikaner wat in Nederland geleef het, is tog meer Nederlandse koloniale literatuur in teenstelling met die ‘eie goed’ wat Cloete voortgebring het. Albei het die lewe, sedes en gewoontes van die naturelle in hul relase beskryf, albei het ons 'n kyk op die koloniste en hul ekonomiese toestand gegee maar die deurtrekkende reisiger Swellengrebel is veel minder simpatiek teenoor die grensboere, dan die landgenoot wat hul aard en moeilikhede beter aangevoel het. Graag neem ons aan dat uiterlike versorging van die geheel, die spelling van eie name,Ga naar voetnoot2) noukeurigheid en volledigheid, in die voordeel van die joernaal van Swellengrebel pleit, die man wat beter as Cloete die geleentheid gehad het om rustig op ‘Schoonoord’ sy beskrywing saam te stel en daaraan nog bibliografiese aantekeninge toe te voeg. Maar die onopgesmuktheid van Cloete, sy Afrikaanse gees en enkele Afrikaanse woord het tog groter bekoring vir ons. Op 10 September 1776 vertrek hul van ‘Nooitgedagt’ 'n plaas van ‘den oud-heemraad mr. Hendrik Cloete’ in die distrik van Stellenbosch op 'n toer deur die land van Waveren, die Bokveld, langs die Breede Rivier deur Goudrivier en Brandvlei. By die Gamka of ‘Leeuwen Rivier’ wat nie verniet daardie naam gedra het nie, vind hul in die woorde van Cloete, wat sterk Afrikaans aandoen, ‘de dragt en gewoonlijke opschik eener Hottentottin, haar caros sterk bebloeid’ en die spoor van 'n leeu wat iets voortgesleep het. Later beleef hul 'n avontuur met 'n leeu wat realisties beskrywe word. Die Kafferkapitein Jeramba wat hul aan 'n klein syviertje ‘tabee’ toeroep, geniet die eeste aandag. Hy kry 'n presentjie en tabak en as 'n weergeskenk laat hy 'n ‘mandje’ melk waarin 'n jong Kaffer met 'n deurgesneë ‘callebas’ | |
[pagina 92]
| |
roer, voorsit waar die reisigers beleefdheidshalwe van drink ‘maar 't smaakte zeer slegt, want 't was halfdikke en zuure melk.’ Met Ruyter, die Hottentotkapitein aan die Boesmansrivier, amuseer die geselskap hul uitstekend. Onder sy volgelinge ‘was er een die Nederduytsch sprak’ en die het as tolk opgetree. Die reisigers het 'n ‘graaf’ meegebring waarmee hul die Hottentotte help bynes uithaal. Die ‘graaf’ sou hul wel graag besit het, maar die paar stukkies koper en krale en veral die grenadiersmus wat Ruyter gekry het ‘waarmede hij zeer in zijnen schik was,’ het hul tevrede gestel. Die basterd kaffers onder hul was ook uitstekend gehumeurd, laat selfs toe dat die reisigers hul die baard afskeer en die hare poeier en doen alles ‘met een lachend weesen.’ Uit alles merk ons hoe jeugdig die gemoed van die joernaalhouer nog was. Hy geniet volop van die fratse met die inboorlinge, het nie die skerp kritiese gees van Swellengrebel wat die groot onderskeid tussen Afrikaner en Hollander kenmerk, gehad nie. Swellengrebel praat van hul wegwysers, twee trekboere Prinsloo en Potgieter, as sorgelose, lughartige wesens, 'n veroordeling wat hy baseer op die feit dat toe vyf osse deur die leeus verslind is, hul tog nog vrolik kon wees, ‘ledigden een vaatje brandewijn, dat zij voor den grooten tocht hadden medegenomen, speelden over den dag met de kaart en dansten tot laat in de nacht zeer lustig.’Ga naar voetnoot1) Hieroor is hy blykbaar bedroef en geskok. Cloete daarenteen swyg oor hierdie begryplike insidentjie, is opgetoë oor die pragtige veepos van Jacob van Reenen in die distrik van Swellendam en die tuin, koringwatermeul, mooi huis ‘en zeer fyne koussen, van wol hunner schapen gebreyd’ wat hy op die plaas van Jacob Kock aan die Zeekoei Rivier sien. Hy is ook vol entoesiasme vir die skilderagtigheid van die heuwels langs die Sondagsrivier, ‘die zo regulier leggen, alsof het fortificatie- | |
[pagina 93]
| |
werken zijn’ en vir die ‘hol van druypsteen’ tussen ‘Hanglip en d'Anbrosiushoek’ wat hul op hul terugreis besoek. Daar het 'n hele nuwe wêreld vir die boereseun oopgegaan, met 'n bly, oop gemoed het hy kennis gemaak met die afgeleë deel van sy land en veilig op Nooitgedagt teruggekeer, die dag na Kersfees, 1776. Pieter is op 12 September 1779 met Catharina Christina Scheller getroud. Sy het hom oorleef en is in 1791 hertroud met Johannes Zorn, van Kempen. Ons reisigers het geen kinders nagelaat nie en sy geesteskind, die reisjoernaal, het op die Ryksargief in Nederland verseil geraak. Anders was dit gesteld met sy amptenaar-broer, Pieter Lourens wat in 1787 met Catharina Urania van Reenen in die huwelik getree het. Die het tien kinders gehad, waaronder ses seuns. Dit is tekenend dat daardie Oranjegesinde amptenaar sy seuns, Hendrik, die later Regter Cloete, skrywer van Five Lectures on the Dutch Farmers (1856) en Josias, later Sir Josias, na die eerste Engelse skool wat onder leiding van die Rev. Weaving hier in 1797 opgerig is, gestuur het.Ga naar voetnoot2) Die gevolge het nie uitgebly nie. Al het die vader sy twee seuns Hendrik en Josias in 1803 na Groningen en Leiden gestuur toe hy gemeen het dat die Kolonie lang onder die Bataafse Republiek sou bly, die kalf was reeds verdrink in die put van Weaving! Hul het hul albei uitstekend by die nuwe heersers aangepas. | |
2. Hendrik Jacob Wikar, ‘schrijver in 's e' compies hospitaal’.In die reisjoernaal van 'n Afrikaanse boerseun wat sy eienaam na die Afrikaanse uitspraak ‘Cloeten’ spel, het | |
[pagina 94]
| |
woorde soos ‘graaf’, ‘karos’, ‘bebloeid’ voorgekom wat vreemd moes geklink het in die ore van sy pas uit Nederland gearriveerde toggenoot. Nog sterker Afrikaans gekleur was die taal van Hendrik Jacob Wikar wat hom tipies Afrikaanse woorde en vorme soos ‘ongedierte’, ‘pensvel’, ‘legewaan’, ‘pampoen’, ‘gevernield’, ‘geslaan’ laat ontval het waardeur die taalgeleerdes hom aan die vergetelheid ontruk het.Ga naar voetnoot1) Wikar was eenmaal ‘schrijver in 's E. Compies Hospitaal’ aan die Kaap en vir die onbeholpeheid met die Nederlandse taalvorm waaroor hy hom geskaam het, is daar 'n grondige rede. Vir sy letterkundige verdienste kon hy die hoof hoog gehou het. Die ‘native of Sweden’Ga naar voetnoot2) is in Gottenburg die geboortestad van Olof Bergh gebore. Hy het na die Kaap uitgekom as soldaat in diens van die Kompanjie na hy 'n tydlang in Amsterdam gedien het. Hier is hy ‘als schrijver in 's E. Compies Hospitaal’ werksaam gewees. Op 4 April 1775 het hy weggeloop in 'n jaar toe nog 29 ander soldate ook gedros het. Aan die oproep op 4 Januarie 1776 om binne vier weke by die Kasteel te verskyn het hy hom bitter weinig gesteur en nie minder as vier jaar lang onder die Hottentotte rondgeswerwe in die omstreke van die Oranjerivier. By sy terugkeer het hy 'n geskrewe Berigt aan den Weleedelen Gestrengen heer Mr. Joachim van Plettenbergh.... van 't geene my ondergeteekende ontmoet is, wat ik gehoord ende gezien hebbe, zeedert dat ik langs de groote rivier op ende needer gesworven hebbe,Ga naar voetnoot3) oorgehandig op 18 September 1779 en angstig die straf van die deserteur afgewag. En wat hèt hy nie alles ‘gehoord ende gezien’ in die vier jaar nie! In alle nederigheid het hy hom verontskuldig ‘dat dit mijn verhaal zo eenvoudig en ongereguleerd geschreeven is,’ | |
[pagina 95]
| |
maar dit is een van die aantreklikste verhale op Afrikaanse bodem ontstaan, waarin die Afrikaanse gees kragtig spreek. Die aantreklikheid sit veral in die eenvoud van taal en styl, in die opregtheid en naïwiteit waarmee hy alles vertel tot sy eie wit-leuen aan die leier van 'n groepie Hottentotte by die Groot-Rivier dat hy 'n boer is wat 'n plaas kom soek. Hy sluit hom by hul aan, help ywerig mee om vlotte te maak en na 'n paar dae steek hy saam die rivier oor. Hul kom met ses verskillende stamme in aanraking wat almal langs en in die omtrekke van die Groot-Rivier woon en van die word nou die sedes en gewoontes duidelik onderskei en uiteen gesit, besonderhede gegee wat nêrens anders so interessant vermeld word nie. Ons hoor van grieselige gebruike soos ‘andersmaak’ ('n wrede manier waarop diere geoffer word) en van gifdrink, van kommunistiese begrippe van ‘opligtbroers’ wat mekaar in alles bystaan en niks mag weier nie, van melkdrinkers ‘wanschapelyk van vettigheyd’ wat die staat en rykdom van hul stam in die omvang van hul kolossale liggaam moet aandui, met die dubbele gevolg dat na die kuur die ‘boutvleys begint met barsies en rimpels te springen, zoals de buykvel van een jonge meyd, die zwanger gaat’ en die toordokter-oppasser ‘ook niet mager’ daaruit sien, soos Wikar dit met 'n raak beeld en ondeunde glimlag uitdruk. Onvervals en skilderagtig is sy taal en tekening van die lagwekkende manier waarop een stam 'n ander weet terug te hou van direkte handel met die rykste stam, die Namaquas. Hul dreig dat as die handelaars dit tog waag ‘zal haar kop als een voogelstruys eyerdop in vlakte worden’.... ‘en haar kop klapperdop zal in de vlakte gevonden worden.’ Fantasties is hul verskyning, gedos in 'n ‘afgeslagte voogelstruysvel’ waarmee hul die wild op listige manier weet te betek en so van die immerknaende hongerpyne verlos word. As hul geluk getref en hul oorversadig het aan 'n seekoei, val hul om van die slaap in 'n Olifantspad, 'n paar word doodgetrap, en ander ‘een stuk van de wangvlijs af!’ Maar so 'n feesparty kom maar selde voor. Gewoonlik staar die hongersnood hul in die gesig en dan eet hul van alles en nog wat behalwe die haas wat hul dood gooi waar | |
[pagina 96]
| |
hul hom ook aantref. In 'n taal wat deur sy heldere eenvoud en kinderlike naïwiteit goed die sprokies atmosfeer vertolk, het Wikar hul rede vir hierdie vervolging van die knaagdier vertel nl.: ‘Dat Tzoekoab of God zoude in oude tijden (toen de menschen zo treurig waaren, daarover dat haare vrienden kwamen te sterven) een boodschap aan den haas gegeeven hebben, dat hij moeste den menschen boodschappen, dat ze over zulks niet hoefden treurig te zijn, dewijle zij en haare vrienden schoon zij nu kwamen te sterven, tog t'eeniger tijd weeder herleeven zouden gelijk de nieuwe maan. Den haas beloofde zulks te verrigten, maar had aanstonts den schelm in de mouw, gong bij de bosluijs, zeijde hem de boodschap averegts verkeerd, en verzogt hem, dat aan de mensen te vertellen; deeze bragt in, dat 't voor hem te vroeg was, hij had zijn kleij of voorkros nog niet aan, en zeijde dat den haas kon beeter loopen als hy, hij konde deeze boodschap zelfs schielijker verrigten. Waarop den haas zulks zelfs gedaan heeft, maar hij loog en zeijde aan de menschen: die dood is, zal dood blijven en niet herleeven, gelijk de nieuwe maan; en dat word van haar niet geloofd, maar dat ze te eeniger tijd weer zullen herleeven gelijk de nieuwe maan.’Ga naar voetnoot1) ‘Weer herleeven gelijk de nieuwe maan’ is die droom van alle ondermaanse. In hierdie verbasend interessante verhaal herleef Hendrik Jacob Wikar, die man wat doodsangste uitgestaan het vir gewonde leeus en aanstuiwende renosters en olifante, die swerweling wat dit eendag so ‘braaf’ koud vind, die ander so smoorheet dat hy om die beurt wou verkluim of verstik; die rustelose soeker wat die geluk nie onder die vreemde binnelandse stamme kon vind nie en op 'n goeie dag weer sy gesig Suidwaarts gekeer het na die Kasteel en die beskawing. As 'n beloning vir sy onverganklike ‘Berigt’ het dit die Raad van Polisie behaag om hom die deserteur 'n week later, 25 September 1779, ‘weederom als soldaat in dienst der E. Compie aan te neemen, en de daartoe staande gagie van | |
[pagina 97]
| |
ƒ 9. - ter maand, van dato deeser te laten Cours neemen,’ wat hy dan ook dubbel en dwars verdien het. Hy het 'n mooi belofte vir verbetering van sy taal en styl en dwaalweë afgelê maar die deur tog oopgehou ingeval die knellende bande van die sieldodende skrywerswerk in diens van die Kompanjie hom te magtig word en die ‘wonderlust’ weer van hom besit neem. Daarom sluit hy sy ‘Berigt’ af met die woorde ‘als ik van UweEede Gestre gunst’ mogte profiteeren om ter plaisiere en dienst van Uwelee Gestrenge eene andere reijse landwaards in te moogen doen, zoude ik 't moogelijk beeter maken.’Ga naar voetnoot1) | |
3. Energieke Afrikaanse boere-joernaalhouers, Jacob, Willem, Sebastiaan Valentyn en Dirk van Reenen.In 'n populêre boekie, Uit den Goeden ouden Tijd der Kaapkolonie deur 'n anonieme skrywer oor die land- en volkekunde van Suid-Afrika word melding gemaak van 'n smeekskrif ‘der kwijnende Burgers door hoogen nood geperst’ wat tydens die regering van goewerneur van Plettenberg die beskerming van Heere XVII teen hul goewerneur ingeroep hetGa naar voetnoot2) (1779). Hierdie smeekskrif is opgestel deur Jacobus van Reenen, die leier van die deputasie wat die griewe teen die amptenare gaan uiteensit het. Dit was die ou storie van Adam Tas en Willem Adriaan weer oor, alleen was die kloof tussen boer en vlottende kompanjiesdienaar vir wie die Willem Adriaan - Kalden skandaal dit onmoontlik gemaak het om hom hier te vestig en hy dus maar geraap en geskraap het waar dit kon om so gou as moontlik weer weg te kom, heel wat | |
[pagina 98]
| |
dieper geword. Die verskil tussen Hollander en Afrikaner sowel wat geesteshouding as taal betref, was voltrek. Van nou af kon die steun van Holland dankbaar aanvaar word of moedswillig verwerp, maar Diets Suid-Afrika sou in vervolg sy heil of ondergang in sy eie hande hê al was hy hom daar nog nie van bewus nie. Tot heil het die energieke boere, gebore Afrikaners Jacob, Willem, Sebastiaan Valentyn en Dirk Gysbert van Reenen ruim bygedra. Die stamvader Jacob van Reenen (of Rheenen) het waarskynlik uit Duitsland in 1721 in Suid-Afrika aangekom. Sy afstammelinge het hul op die landbou gaan toelê en van die grootste landbesitters geword soos in die geval van die familie Cloete met wie hul deur geestelike en egtelike bande nou verbind was. Jacob die opsteller van die memorie teen goewerneur Van Plettenberg wat hom laat afvaardig het na Holland om die petisie van 1779 aan Here XVII voor te lê, Burgerraad en lid van die Weeskamer in Kaapstad, was een van die rykste burgers van die land, het eiendoms- en leningplase besit in die Kaapse distrik sowel as in die afgeleë dele van die Kolonie en deelgeneem aan jag- en verkenningstogte na die binnelande. Toe die skipbreukelinge van die Engelse skip die ‘Grosvenor’ moes opgespoor word, is die leiding van die ekspedisie na Kafferland aan hom toevertrou, Augustus 1790, en het hy die aantekeninge van die reis gehou wat in 'n Engelse bewerking verskyn het.Ga naar voetnoot1) Die broers Willem en Sebastiaan Valentyn, het in 1791 en 1793 onderskeidelik togte onderneem, Willem na die Groot Rivier en Sebastiaan Valentyn langs die Weskus na Walvisbaai. Van 17 September 1791 tot 20 Junie 1792 was Willem op reis maar die droë opsomming van riviere en berge wat hul oortrek en van renosters wat hul skiet, in sy | |
[pagina 99]
| |
kort JournaalGa naar voetnoot1) skyn daarop te wys dat die geselskap jagters òf nie veel beleef het nie òf dat die leier 'n slegte verteller was. Interessant is alleen maar die waarneming dat die Damaranasie hul slegs met stokke verdedig, ‘kirrie by ons genaamd’ soos die Afrikaanse skrywer verduidelik en waarmee ons dadelik in 'n Afrikaanse sfeer geplaas word. En tog is die joernaal beter bekend en het meer invloed uitgeoefen dan die van sy broers.Ga naar voetnoot2) Die reis van Sebastiaan Valentyn met die skip die ‘Meermin’ in geselskap van sy broer Dirk en die Franse see-offisier, François du Miny het uit 'n materiële oogpunt minder opgelewer maar lees vlotter en gemakkeliker. Hul het hul opdrag van die Commissaris-Generaals Nederburgh en Frykenius ontvang om 'n baai op te soek van waar hul oor land by 'n myn, aan Van Reenen bekend, sou uitkom. Volgens die JournaalGa naar voetnoot3) het hul 3 Januarie 1793 vertrek en was 10 April onverrigter sake weer tuis. Maar awonture het hul genoeg beleef met 'n Amerikaanse skipper, 'n Engelse stuurman en die Namaquas. 'n Vreeslike storm het opgesteek toe hul in die skuitjie op weg na die wal was, met hul hoede het hul die water uitgehoos en toe met lewensgevaar versigtig en ‘overstaadigt’ soos die Afrikaner skryf, wat die woord ‘langsaam’ nie meer gebruik het nie, onder die wal geroei. As hul eindelik meen op die spoor te wees van die burger wat hul sou kon help, weier die inboorlinge om 'n brief oor te dra en die ‘gantsche bende’ vertrek met mooi beloftes om terug te keer met draagosse en slagvee, daar hul ‘niets ver’ meegebring het nie. 'n Tipies Afrikaanse woord soos ‘spinnekop’, | |
[pagina 100]
| |
die gebruik van die dubbele negatiefGa naar voetnoot1), doen presies so kragtig Afrikaans aan soos die Berigt van Wikar. Hy het die woeste wêreld ingetrek, was ‘schrijver’ in diens van die Kompanjie, die Van Reenens het in Kaapstad op Rondebosch bly woon, was tog in die eerste plek vooruitstrewende boere met uitgebreide plase al ontmoet ons hul as jagters of toggenote met bekende reisigers na die verre binnelande. Albei het 'n Afrikaans-getinte taal geskryf, die gees van albei was ‘van vreemde smette vry.’ Met die eerste oorgawe van die Kaap, 1795, is die joernale en dagboeke wat in Hollands geskryf was met 'n Afrikaanse inslag, tydelik, met die tweede oorgawe vergoed stopgesit, wat die Artikelbrief van die Edele Kompanjie betref, want die het 'n historiese dokument geword. Maar die goeie voorbeeld sou nog jare deur die boere wat enige aanleg vir die skryfkuns gehad, gevolg word. Ons het in die ou joernale met gespanne aandag van wonderbaarlike ontkominge gelees in die dae toe die vlaktes nog gewemel het met wild en nog ‘wilder’ mense, ons het op vreemde etnografiese waarnemings gekom en ons het iets van die vrye gees van die Suid-Afrikaanse veld, wat hom nie al te veel oor die verlede en die dag van môre bekommer nie, geproe. Die grootste bydrae tot hierdie onderafdeling van die lettere is gelewer deur manne wat nie van geboorte Afrikaners was nie, maar hul werk behoort onteenseglik tot ons geestelike besit.Ga naar voetnoot2) Aan die eerste geslagte gebore Afrikaners het hul hul enigste skriftelike uitingsvorm oorgedra nl. die joernaal, die dagboek en die brief. Tydens die Bataafse Republiek (1803-1806) is daar weer 'n reis na die binneland tot by die oostelike grens onderneem, waaruit vername reisbeskrywings voortgevloei het, nl.: Reisen in sudlichen Africa in den Jahren 1803, 1804, 1805 und 1806, Von Hinrich Lichtenstein, vormaligen Chirurgien-Major beim Bataillon Hottentottischer leichter Infanterie in Hollandischen Diensten am Vorgebirge der guten Hoffnung, | |
[pagina 101]
| |
Doctor der Medicin und Philosophie, ordentlichen Professor der Naturgeschichte an der Universitat zu Berlin und Mitglied mehrerer Gekehrteb-Geselschaften,Ga naar voetnoot1) die beroemde werk van 'n Duitser; die Joernaal en verbaal eener landreijse in den jare 1803, door den gouverneur en generaal deezer Colonie J.W. Janssens door de binnenlanden van Zuijd Africa gedaanGa naar voetnoot2) opgestel deur 'n Hollander, die Aide-de-camp van Janssens, kaptein W.B.E. Paravicini di Capelli; Dagverhaal van eene reis naar de Kaap de Goede Hoop en in de Binnenlanden van Afrika door Jonkvr. Augusta Uitenhage de Mist, in 1802 en 1803,Ga naar voetnoot3) en ten slotte: Dag-Verhaal Eener Reize naar de binnenlanden van Africa beoosten de Kaap de Goede Hoop geleegen, in den Jaare 1803 gedaan door Z.E. den Gouverneur en Generaal en Chef J.W. Janssens verzeld door deszelfs Aide de Camp Capt. Paravicini de Capelli, den In Chirurgyn by het Escadron Ligte Dragonders Passet, den Heer Dirk G. van Reenen en deszelfs Zoon Daniel | |
[pagina 102]
| |
van Reenen. Gehouden en beschreeven door D.G. van Reenen.Ga naar voetnoot1) Dirk GysbertGa naar voetnoot2) is gedoop 28 Julie 1754. Hy het as vaandrig in diens van die Kompanjie getree en is op 28 Julie 1776 met Aletta Catharina Hurter getroud. Hij het die pragtige plaas ‘De Papenboom’ of ‘De Brouwerij’ by Nieuwland besit waar die Franse argitek Thibault vir hul 'n huis gebou het wat Anne Barnard die mooiste ‘mansion’ in die Kolonie gevind het.Ga naar voetnoot3) Die bierbrouwery wat hy van sy skoonvader S.W. Hurter oorgeneem het, het hom 'n goeie inkomste besorg daar hy die reg verkry het om bier aan al die herberge en taphuise van die stad te lewer. Op sy vernaamste plaas Rhenosterfontein aan die Breede Rivier, distrik Swellendam, het hy ras-perde geteel, met vee en Spaanse en Engelse wolskape geboer. Dit dien vermelding dat die broers Van Reenen die eerste Afrikaanse boere was wat Spaanse wolskape met Kaapse vetstert-skape gekruis het. Ook die wynbedryf het Dirk bevorder deur goeie wyn te maak en verbeterde Kaapse brandewyn te stook. Daarom lê dit voor die hand dat hy in 1804 onder die Bataafse Republiek tot lid van die ‘Kommissie ter verbetering van Veeteelt en Landbouw’ benoem word en in 1812 onder die Engelse regime van die gereorganiseerde ‘Board of Agriculture.’ Dirk Gysbert het die rang van Kaptein van die Burgerkavalerie beklee by die verdediging van die Kaap in 1795 en ook in 1806 het hy oor 'n Kompagnie Wynbergse kavalerie bevel gevoer toe die Hollandse gesag vir die Engelse vir die | |
[pagina 103]
| |
tweede maal moes wyk. Hy was 'n warm vaderlander en 'n magtige ondersteuner van die Patriot-beweging. Gevolglik het hy hom onder die Bataafse bewind volkome gelukkig gevoel in die vertroue wat Generaal Janssens in hom gestel het. Met sy seun Daniel het hy die tog na Kafferland meegemaak as gids en soos blyk uit sy joernaal 'n belangrike aandeel gehad in die onderhandelinge met die ontevrede boere en met Gaika en ander Kafferkapteins op die Oostelike grens. Die probleme van die Afrikaner het hy met ander oë dan die van sy toggenoot-skrywer, Paravicini di Capelli, aanskou en met 'n ander pen uiteengesit. 'n Vergelyking tussen die Journaal van Paravicini di Capelli, die in 1803 aangekome Hollandse amptenaar met sy on-hollandse naam, die man wat vreemd staan teenoor al die nuwe in Suid-Afrika, en die Dag-Verhaal van die ingeburgerde boer, wat in sy ouderlike huis op Rondebosch 'n suiwer Hollandse opvoeding gehad het, hoe gering dan ook in vergelyking met dié van die aide-de-camp van genl. Janssens, laat twee belangrike punte na vore kom. Ten eerste blyk dit dat nieteenstaande 'n gevoel van verwantskap die gees van die Hollander en dié van die Afrikaner wat in die sewentiende eeu identiek was, en in die loop van die agtiende eeu aanmerklik gaan verskil het, nou in die begin van die neëntiende eeu reeds onherstelbaar uit mekaar gegaan het; ten tweede blyk dat daar 'n kloof tussen die spreektaal van die Hollander en die Afrikaner gekom het wat hom tot in die geskrifte openbaar hoe die Afrikaner ook al tot die beste van sy vermoë suiwer Hollands probeer skrywe. Die Journaal van Di Capelli wemel van gallisismes wat aan die end van die agtiende eeu erg in die mode was, soos ‘jouisseerde’, ‘geavanceerd’, ‘gedistingueerdste’, ‘prouveerd’, ‘geretourneerd’, ‘preparatoire arrangementen;’ die Dag-Verhaal van Van Reenen is in eenvoudige gemaklike Hollands opgestel, 'n taal wat spore van Afrikaans dra (die geslagte sit hom dwars), maar tog veel digter by suiwer Hollands staan as dié van die reisverhaal van Wikar. Dit is in hul verhouding tot die kleurlinge en die sendelinge waarin die verskil die duidelikste spreek. In albei verhale | |
[pagina 104]
| |
word teen die begin 'n beskrywing gegee van 'n besoek aan Baviaanskloof (Genadendal), waarin die vreemdeling-standpunt van die verhaal lynreg teenoor die Afrikaner-standpunt van die ander staan. Di Capelli was gedrenk in die leer van ‘vryheid, gelykheid en broederskap,’ en in dié van Rousseau, terwyl Van Reenen, ook 'n oortuigde aanhanger van die Bataafse Republiek, tog die onverskilligheid van die agtiendeeeuse kerk teenoor die sending wat die Hernhutter-sendeling, George Schmidt, in die Baviaanskloof nie kon duld nie, nog nie heeltemal ontgroei het nie. Neerbuigend, uit die hoogte teenoor die boere, beskermend teenoor die Hottentotte, kom die gevolgtrekking van die vreemdeling aan die slot van die beskrywing van hul ontvangs op Genadendal:Ga naar voetnoot1) ‘De boeren zagen misschien liever dat de Hottentotten hun meer dienstbaar en ondergeschikt waaren, en considereeren niet, dat zij oorsprongkelijke vrije inwoonders van het land zijn; voornanientlijk schijnt zeekere Jan Zwart in dit district woonachtig, hun een kwaad hart toe te dragen. Den staat dezer fondatie zoude met eenige te doene inrigtingen zeer nuttig voor de Colonie kunnen worden en het lot der Hottentotten merkelijk gelukkiger worden.’ Nugter en prakties, uit ervaring gebore, nie altyd simpatiek teenoor die kleurlinge nie, is die mening van Van Reenen oor die instituut waaroor Di Capelli so verruk skrywe. Die Hottentot-kinderkoor van vyfhonderd bekeerlinge, wat die goewerneur en geselskap toesing, dra nie sy ongemengde goedkeuring weg nie. Hulle sing geestelike liedere ‘met een aandoenlijk stem en veel devotie’ maar hulle sou ‘veel meer nut aan ons land hadde toegebragt met het toepassen en voortteelen van vee.’ Die Afrikaner voel hier intuïtief aan dat 'n botsing van twee onverenigbare lewensbeskouings soos gehuldig deur Boer en Philippyn respektiewelik, onvermydelik is: hy sien hoe digter die geselskap by die oostelike grens kom, hoe groter die verwoesting op die plase aangerig deur die inboorlinge, en sy hart bloei vir sy landgenote. | |
[pagina 105]
| |
Albei skrywers is goeie opmerkers en bewonderaars van die natuur, maar die bewondering kom op verskillende maniere tot uiting. Di Capelli het orals oog vir die natuurskoon vir die ‘romantique legging’ van Kaaimansgat, die heuwelagtige streek waar hy dikwels moet te voet gaan ‘tot soulagement der paarden’ en om alles ‘met zeer veel vermaak’Ga naar voetnoot1) beter te kan aanskou. Ons kry die gevoel dat hy die landskapskildering invleg as versiering sonder om die verband met die ontwikkeling van die menslike drama wat daar om hom afspeel, vas te hou. Van Reenen sien die omgewing met ander oë: alleen maar die verwoeste plase van sy landgenote, die siektes onder hul vee, die gebrek aan water in die somertyd, die onherbergsaamheid van die streek kan sy aandag blywend boei. Maar waar die ou reisbeskrywers dikwels melding gemaak het van die wondere van Gods skepping, van Sy beskermende en reddende liefde betoon aan die swakke hulpelose skepsels, of gekla het dat Hy hul nie wou ‘favorisseren’, praat die Afrikaanse aanhanger van die Bataafse Republiek nie van ‘God’ nie, maar van die ‘Natuur’ as die allesoorheersende mag. Aan die slot van die beskrywing van 'n wonderbaarlike redding deur Boesmans laat Van Reenen nadenkend daarop volg: ‘Wij zagen de uitwerking der Natuur op het schitterendste wijze in deze wilden uitblinken, daar zij hun eigen leven waagden en bijna verbeurden om dit van eenen anderen te redden.’ Aan die skoonheid van berge en bosse en riviere is hy reeds gewend, maar byna kinderlik is sy vreugdevolle bewondering vir die skilderagtige van hul stoet, met die gids voorop, wat met kronkels en draaie ry. ‘Een aangenaam gezigt’ vind hy ‘de gehele Caravanne met schapen, paarden en runderen en al hetgeen bij ons was te zien doorwaaden, en behouden overkomen.’ Die grootsheid van die Afrikaanse donderbui, die onverskrokkenheid van die generaal, wat haar verwoestende aard nie ken nie, is vir hom huiweringwekkend. Janssens is | |
[pagina 106]
| |
‘door het Goddelijk gezigt der zo subiet op de ijselijke donderslagen volgende bliksemstraalen zodanig getroffen, dat hij een geruimen tijd lang in een zwaare reegen in bleef stil staan, om dit aan te zien, zonder in de wagen, die met een goede tent bedekt was, te willen komen schuilen.’ Die allermooiste klank is vir hom nie die donder nie, maar dié van die ‘waldhoorn’ waarop die goewerneur blaas tot die berge tot viermaal die eggo repeteer. Magteloos staan hy om hierdie ‘buitengemeen frappant effect’ te beskrywe. Ons ontmoet allerlei bekende figure in die Dagverhaal, veel raker geteken as in die offisiële stuk van Di Capelli: Daar is in die eerste plek die generaal self, ‘die altoos bij deze moeijelijke weg de voorste man en de eerste op de hoogste bergen was, lachte dikwils, onder het zugten en klagen dat verscheide onzer deden.’ Daar is die Engelse oud-kapitein Callander, ‘die hier eenigen tijd als een Philosoph geleefd had’. Daar is Coenraad Buys, wat sy vlug uit die kolonie na Kafferland toeskrywe aan die vervolging van die vorige goewerment.Ga naar voetnoot1) Die bewoners van Swellendam maak ewig rusie, die leraar Von Manger sit in die moeilikheid met 'n groot kerkskuld wat ingevorder moet word voor hy na Holland kan vertrek. Hulpvaardig, begrypend tree die joernaalhouer op as bemiddelaar tussen die rusiemakende partye. Onderhoudend word daar vertel van Frederik Werner, die Graaff-Reinetse burger, wat die goewerneur ‘mede met eenige klijne stukjes Canon wilde begroeten’ en alleen daarin slaag om homself en sy kleinseun te beseer, deurdat die kruithoring bars. Alles word ewe gemoedelik, ewe simpatiek beskrywe in 'n eenvoudige, helder styl wat goed by die anekdotiese pas. Van die inboorlinge langs die Visrivier wat met 'n enkele penstreep as lewende wesens voor ons staan, kan genoem word die Hottentot-tolk, Platje, wat ‘zeer goed Hollandsch, ook kaffers en zijn moedertaal’ praat, en die slaaf van Janssens, Tronie, wat agter 'n gekweste seekoei aan die | |
[pagina 107]
| |
Groot-Rivier probeer deurswem en sy lewe daar sou gelaat het, was dit nie vir die reddende hande van 'n paar bewoners van die vlakte, die Boesmans nie. Skilderagtig geteken, met 'n prentjie uit die inboorlinglewe, is die toneeltjie waarin die Kafferopperhoof Gaika met sy moeder ‘een corpulente vrouw,’ twee vroue van Gaika, ‘en nog een paar andere vrouwen - de vrouwen zaten op de kar’ - by die goewerneur aangesit kom en soos kinders mooi broodjies bak oor hul vernielsug botgevier op die plase. Die Dag-Verhaal is die werk van 'n man wat oor die landsomstandighede nagedink het en 'n oplossing soek, wat met sy volk meegeleef het, wat by die medelye 'n helder verstand besit het en met praktiese raad aangedui het hoe daar verbetering in die gaos op die grense gebring kon word. Sy wetenskaplike sin, sy gevoel vir orde, juistheid en presiesheid blyk uit die noukeurige opgawes in die teks van alle huise wat afgebrand is en skade aangerig sowel as uit die samestelling van 'n register aan die slot, iets wat selde aangetref word, ook by die beste skrywers van sy tyd. Sy vrou was intussen gestorwe en op 16 September 1804 is hy hertroud met Johanna Catharina Cruijewagen, die weduwee van Jacob Pieter Deneijs. Daniel wat mee op reis was, het sy vader die voorbeeld gegee want hy is reeds op die 2de Oktober 1803 met Cornelia Arnoldina Deneijs, die dogter van sy toekomstige stiefmoeder, in die huwelik getree. Maar finansiëel het dit met Dirk Gysbert en sy broers wat hul nog minder goed as hy by die nuwe heersers kon aanpas, afdraend gegaan onder die Engelse bewind. Die groot perdetelers het die Engelse smaak vir wedrenne met die gewone nasleep van dinees en bals opgedoen wat op die duur 'n element tot verengelsing en vermindering van vlyt en inkome geblyk het.Ga naar voetnoot1) Generaal Craig het in 1796 van hom gepraat as 'n ‘gematigde’ man, Lord Charles Somerset het hom in 1826 vleiend genoem ‘one of the worthiest and most respectable inhabitants of the Colony’ maar by sy | |
[pagina 108]
| |
dood op 74-jarige leeftyd twee jaar later (1828) op die plaas van sy seun Daniel in die distrik Swellendam, het hy, die skatryke vooruitstrewende Afrikaanse grondbesitter, 'n insolvente boedel nagelaat. As die Dietse beskawing hom stoflik en maatskaplik wou handhaaf, het dit teen die jaar 1828 toe Engels in die geregshowe ingevoer en Hollands heeltemal teruggedring word, vir die boerebevolking tyd geword, om buitekant die grense 'n nuwe tuiste te soek. In die stad was die toestand 'n tydlang nog rooskleurig maar die ou geslag van Kaapse families, die ‘aristokratiese’ boerestand wat soveel bygedra het tot die ontdekking van die binneland, die bevordering van die landbou en die instandhouding van die Hollandse gees aan die Kaap, was aan verdwyn en die jonger geslag met ander begrippe vervul. Ons het 'n fin de siècle, in alle betekenisse van die woord, bereik. |
|