Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 1 (1652-1875)
(1934)–Elizabeth Conradie– Auteursrecht onbekend'n Kultuur-historische studie
[pagina 47]
| |
Hoofstuk III. ‘Hoe zoet en lieflijk is 't, dat broeders in eendragtigheidt t' samenwoonen’.1. Die Kaapse koloniste in twee groepe verdeel.In die Kaapse gemeenskap was daar in die begin van die agtiende eeu twee sterk groepe, nl. die amptenare en die boere waarby kon gereken word 'n groepie vryburgers wat hul met ander bedrywe behalwe die landbou besig gehou het soos messelaars, timmerlui en herbergiers. Onder die regering van Simon van der Stel het die uitbreiding van die volksplanting so'n stoot vooruit gekry dat toe sy seun, Willem Adriaan, hom in 1699 opvolg, die stigting reeds tot 'n kolonie in die ware sin van die woord ontwikkel het. Maar dit was 'n kolonie van losse bestanddele waarin gedurig getwis en rusie gemaak word wat die taak van Willem Adriaan veel moeiliker as die van sy vader gemaak het. Hy het voor 'n probleem gestaan, wat Aristides die Regverdige en Salomon die Wyse moeilik sou opgelos het, en daarby het die beste hoedanighede van sy groot voorganger by hom ontbreek en die slegte, soos die driftigheid, heers- en hebsug, het hy in veel groter mate besit. Hy word die gemeenskappelike vyand, die louterende element wat telkens noodsaaklik skyn om die losse groepies, versprei oor die uitgestrektheid van Suid-Afrika, saam te smelt. Maar seker is dit, dat die Van der Stels en die amptenaregroep in ontwikkeling en beskawing hemelhoog bo hul beskuldigers gestaan het. Dis belangrik om te onthou, dat Johanna Jacoba Six, die eerste vrou van Simon, 'n suster | |
[pagina 48]
| |
van die beroemde burgemeester Jan Six, die vriend en patroon van Rembrandt was. Ons weet ook, dat hul 'n groot liefde vir musiek gehad het en vir die sang- en musiekonderwys van hul kinders aan die Kaap gesorg het.Ga naar voetnoot1) Daar is op groot skaal 'n begin gemaak met die pragtige oud-Hollandse boustyl wat onder Anton Anreith en Louis Thibault sy toppunt sou bereik.Ga naar voetnoot2) ‘Constantia’, ‘Vergelegen’, ‘Zandvliet’, ‘Elsenburg’ verrys, waar eeue lank slegs Hottentot strooise skuiling verskaf het aan die rondtrekkende ‘wilden’. Die sekretaris van die Weeskamer, Nicolaas van Dessin lê sy skitterende versameling handskrifte en boeke en historiese gedenkwaardighede aan, sy mede-amptenaar, die sekretaris de Grevenbroek, is besig aan 'n beskrywing van die Hottentotte in die internasionale taal en bring sy vry ure deur met die verfkwas en die doek.Ga naar voetnoot3) Willem Adriaan vervaardig sy almanak met allerlei belangrike vergelykende aantekeninge tussen Hollandse en Kaapse toestande, waaruit sowel sy kennis van die nuwe landsomstandighede wat die ervaring hom geleer het as sy fynproewerssmaak in groente en blomme blyk.Ga naar voetnoot4) Die predikant Petrus Kalden loop met planne in sy kop rond om 'n sierlike kerkgebou op te trek en 'n Hottentot-woordeboek op te stel. Ons kan dus al praat van letterkundige lewe, hoog beskaafde kringe, kultuurlewe in en om die Kasteel, wat aan uitbrei is na die platteland, na die groot boerderye van die amptenarehereboere. Daarteenoor staan die vryburgers, die pioniers wat met die graaf omgegaan het, in die harde praktyk van die Afrikaanse boereskool gestaan het. Hul gees is geskerp deur voortdurende stryd met die elemente, dit het hul selfstandig leer optree maar weens gebrek aan behoorlike skoolopleiding, aan die | |
[pagina 49]
| |
noodsaaklike ‘dressering’ was hul dikwels eiewys, wars van alle menging in hul sake, vol klagte teen diegene wat die plaaslike gesag moes uitvoer. Die skuld het by Here XVII self gelê wat die opvatting dat monopolie die grondslag van die handel is nooit wou prysgee nie. Van die eerste vryburgers af het daar al klagte ingekom teen die monopolie-stelsel en die het aangewas na mate die amptenare weens die groot afstand van Patria hoe langer hoe meer alle kontrole gaan ontduik het. Die beskuldiginge het gewoonlik in die eerste plek teen die hoër-amptenare gegaan maar ook teen diegene wat hul bygestaan het, wat in die geestelike behoeftes van die koloniste moes voorsien, die predikant, die sieketrooster, die meester of ‘dominie’. Die plek waar die onweerswolke die dikste saamgepak het was Stellenbosch en sy omstreke. Sedert 1683 was daar reeds 'n skoolmeester, Sybrand Mankadam, besig om nie soseer wetenskappelike kennis as die grondbeginsele van die Christelike godsdiens aan die kinders van vryburgers mee te deel. Hy moes die siekes besoek en elke Sondag voorlees want die aanstelling van 'n skoolmeester was ook die begin van die kerk. Die amptelike erkenning van kerkraadslede kom eers drie jaar later. In die jaar voor die koms van die Hugenote word daar die eerste kerkie in Suid-Afrika, waarvoor Simon en die Kaapse predikant ds. Johannes Overney soveel gearbei het, plegtig ingewy. As die nuwe goeverneur in 1699 aan die bewind van sake kom, is die Stellenbosse kerkorganisasie kompleet. Op kultureel gebied beteken dit dat naas die offisiele stukke, wat in die Kasteel opgestel word in die nuwe gemeente ook korrespondensie gevoer word, notule gehou word, en allerlei geskrifte tot stand kom. Die predikant, 'n ontwikkelde man, gewoonlik die enigste in die gemeente wat 'n degelike opvoeding in Holland geniet het, is die skrywer. Dit is 'n taak wat gedurende die grootste gedeelte van die 18de eeu in alle gemeentes byna uitsluitend deur hom vervul word. Van die eerste predikant van Stellenbos ds. Hercules van Loon, wat vier jaar na sy aanstelling op tragiese wyse 'n end aan sy lewe gemaak het, 1705, het ons net 'n paar briewe en die notule van slegs drie kerkraadsvergaderinge. Hierdie kerknotule, waarvan onge- | |
[pagina 50]
| |
lukkig net gedeeltes handelende oor die voorbereidings vir die nagmaalsviering leesbaar is, is 'n kosbare historiese dokument. Aangesien die notule van die Kaapse kerk vir 1695 tot 1718 verlore gegaan het, is die Stellenbosse die oudste wat bewaar gebly het.Ga naar voetnoot1) | |
2. Adam Tas, ‘de bekwaamste ter penne’.Die vryburger, hetsy Hollander of Fransman of Duitser van geboorte of afkoms het dit as sy werk beskou om te boer; die skryfwerk, leeswerk, handhawing en opbou van die geestesgoedere het hy aan 'n ander klas oorgelaat. Maar onder die Stellenbosse vryburgers was daar tenminste een wat die pen veel raker kon voer dan die amptenare en die geestelike leiers self. Die Dagregister van den Landbouwer Adam Tas, 'n dagboek op geen voorskrif van owerheidsweë maar uit eie gemoedsdrang ontstaan, is 'n pronkstuk onder die Hollandse geskrifte van die eerste helfte van die 18de eeu.Ga naar voetnoot2) Daar is 'n | |
[pagina 51]
| |
belangrike punt van verskil met die offisiële geskrifte en al die dagregisters en briewe tot dusver bespreek. Die het die klemtoon in die verbinding Hollands-Afrikaans steeds steeds op die eerste gedeelte gelê, hul is toegespits op die vaderland Holland, maar van nou af verskuif die klemtoon na die tweede gedeelte, na die nuwe vaderland Suid-Afrika, by Tas die landbouer sowel as by sy meesters wat hul ook op sy bedryf gaan toelê. In sy Dagboek lê iets van die warmte van die Afrikaanse son wat die stramheid en stroefheid losmaak, iets wat vreemd is aan die stugheid wat die newels van die Noorde bring, iets van die Kaapse druiwesap wat opwek en gemoedelik maak maar ook byt op die tong in die nasmaak. Hy het dit tog nooit vir publikasie bedoel nie en kritiseer en bespot iedereen maar daarop los. Adam Tas in 1668 in Amsterdam gebore, kom in 1697 as vryburger na die Kaap. Hy gaan inwoon op ‘Meerlust’ die plaas van sy oom Henning Husing, die rykste boer en aanvanklik 'n vriend van die Goewerneur, wat hom in 1700 die kontrak vir die lewering van alle vlees aan die Kompanjie versorg. Voorlopig hou die jong Tas hom besig met die sekretariswerk van sy oom, maar twee jaar na sy aankoms is hy Vaandrig van die Burger-infanterie. Geseën met 'n opgewekte, vrolike natuur, sal hy wel genoeg plesier gemaak het, en sy vyande vertel, dat hy hom ‘als een ledigganger met te lopen slenteren, en dagelijks bij de buurt kwade snaps te voeren’,Ga naar voetnoot1) gedra het. As dit waar is, kom daar verandering in sy vrolike lewentjie, toe hij in 1703 met die weduwee van die vryburger Hans Jurgen Grimpe trou en saam met die ‘ryke boerinne’ 'n pragtige plaas op die koop toe kry. ‘In deze graazige klaverweide kwam deze scheinheilige schoft, die met straatslypen en met een zo veel jaren gevoert luy leven niet veel bevoordeelt hadde, tot een gelukkigen, rustigen en zeer vermakelyken staat’,Ga naar voetnoot2) vertel Willem Adriaan. Maar die goewerneur steun dikwels op sy verbeelding vir sy | |
[pagina 52]
| |
feite, waar hy hom in sy Korte Deductie teen sy vyande verdedig of die Afrikaanse boerelewe teken as 'n luilekkerland, vloeiende van melk en heuning, waar ‘tien a twalef schottelen, gevult met pasteyen, taarten, kalkoenen, ganzen, hoenders enz. op tafel’Ga naar voetnoot1) staan. Reeds in 1704 het die oom van Tas, Henning Husing 'n boer uit Hamburg afkomstig, by die Bewindhebbers gekla maar dit was in Augustus 1705 met die opveiling van die wynpag dat die boere, uit die staanspoor uit tog geneig tot ontevredenheid en ondankbaarheid, tot openlike verset kom. Adam Tas, die sekretaris van Husing, ‘een sierlijk schrijver’ word deur die burgers wat in die huis van Husing vergader het, versoek om 'n klagbrief waarin die griewe van die boere uiteengesit word, op te stel. Die ‘Klachtschrift’, sy eerste pennevrug aan Here XVII, kan maklik vergelijk, wat die styl betref, met die beste offisiële stukke, wat op die Sekretarie klaargemaak was.Ga naar voetnoot2) Dit begin ook met die geykte vorm van 'n 17de eeuse offisiële stuk, maar al gou word die styl gemakliker en leniger, soos sy verontwaardiging styg en sy betoog klemmender word oor die onwettige grondbesit van die amptenare, die groot boerderye wat hul daarop aangelê het, en die konkurrensie met die vryburgers op elke gebied. Artikelsgewys word die punte opgestel en behandel. Van der Stel het, in die woorde van die skrywer, ‘alle negotie, welke den landbouw kan verschaffen, bestaande uit Koorn, Wyn en Vee, den Vryburger onttrokken,’ en hul hierdeur ‘de hartader, wy menen de gepermitteerde en vrye Negotie, afgesneden.’ Die boere moet dus ‘uit een mans hand azen’ en die sal hul nog ‘het land uit boenen.’Ga naar voetnoot3) Die artikels wat die beskuldiging van omkoopbaarheid en omkopery bevat, is nie in minder kragtige en minder skilderagtige taal gestel nie. Die Goewerneur gee geen land aan die | |
[pagina 53]
| |
boere nie of hul moet hom ‘eerst en alvorens.... rykelyk met geschenken.... begroeten’ met die gevolg dat Tas tot die konklusie kom dat Willem Adriaan ‘een geessel van deses lands inwooners’ is, sy beste vriende ‘schoften, die sigh met schelm- en diefstukken behelpen’ en hy Here XVII om verlossing moet smeek van 'n ‘onverdraeglyk juk’.Ga naar voetnoot1) Abraham Bogaert wat met die retoervloot aan die Kaap vertoef het en aan die kant van die boere later sy pen gebruik het in sy Historische Reizen (1711) en in sy Gedichten (1723), het die stuk op 4 April 1706 meegeneem na Holland. Later het Tas 'n veel lywiger amptelike stuk van oor die drie honderd bladsye opgestel, die Contra-Deductie wat uiters moeilik lees maar waarin ons tog hier en daar die ‘sierlijk schrijver’ herken.Ga naar voetnoot2) Maar dit is in sy Dagboek waar ons sy skrywerstalent die meeste bewonder. Vir die historikus is die ontdekking van fragmente van kopieë daarvan wat bewaar gebly het dank sy die versamelsug van Van Dessin, van onskatbare waarde gewees om die nuwe lig wat dit gewerp het op die bestuursmetodes van die Oos-Indiese Kompanjie en van Willem Adriaan uit boerestandpunt bekyk. Daarby is dit vir die kultuurhistorikus een van die beste bronne vir ons kennis van die Stellenbosse maatskappy en van die sosiale omgang in die omtrek waarin die Franse vlugtelinge 'n vername rol gespeel het. Vir die kunskritikus van ons vroeë Dietse skrywers is die Dagboek van nie minder betekenis as psigologiese dokument van die eerste rang, gestel in 'n losse, gespierde, kleurryke taal wat vergelyking kan deurstaan met die allerbeste wat in die begin van die 18de eeu in Holland op die gebied van die lettere gelewer is, wat spontaneïteit en natuurlikheid betref. In die eerste aantekening in ons besit, die gemaak op 13 Junie 1705, hoor ons dat onder die huishoudelike artikels | |
[pagina 54]
| |
soos kouse, ‘catjes’ tee en jenever wat 'n vriend vir Tas uit die Kaap van Husing se plaas meegebring het, is ook ‘'t boeck behelsende 't bedrijff van de gebroeders Cornelis en Jan de Wit en elf stuks boekzalen voor desen aan Mr. Starrenburg en naderhand aan Mr. van Putten geleent’, en ook ‘'t predikatie boek van de heer Balthazar Becker gezegender geheugenis’. Tas leen dus boeke uit aan die later berugte Stellenbosse landdros Starrenburg en aan een van die vroegste reisigers na die Warmbad. Mr. van Putten, die Pakhuismeester, lid van die Politieke Raad en van die Raad van Justisie, die opsteller van 'n Dagverhaal wegens de reis naar 't Warme Water’,Ga naar voetnoot1) 1710; hy lees die bundel Predicatieën (van 1694), een van die talryke teologiese werke van die vrysinnige predikant wat met De betooverde Wereld’Ga naar voetnoot2) dit gewaag het om die bestaan van 'n persoonlike duiwel in twyfel te trek. 'n Paar weke later stuur hy ‘een brieff aan mr. Starrenburg aan wien 't 14e uyttreksel stuckje, van W. Sewel hebbe gezonden’.Ga naar voetnoot3) Naas Balthazar Becker lees hy dus ook Willem Sewel, die bekende 17e eeuse taalgeleerde wat die Boekzaal van Europa, Maandelijksche Uittreksels of Boekzaal der Geleerde Wereld van Petrus Rabus voortgesit het.Ga naar voetnoot4) Hul is ver van die Europese beskawing af maar as boekevriende bly hul tog goed op die hoogte van wat in die vaderland verskyn. Aan die Kaap het daar nog geen koerante of tydskrifte bestaan nie, alles moes nog in Holland gedruk word, selfs 'n posdiens was tot 1795 nog onbekend. Die Bybel en die gesangboek van Willem Sluyters was sowat die enigste boeke in die boerehuisgesinne en tog teken Tas, die landbouer op 6 Julie 1705 weer aan dat hy die sieketrooster Mahieu betaal het ‘voor drie boeken, door mij up de vendu van den Hr. van loons boeken gekogt’. Dit is 'n tyd waarin alleen maar die ‘geleerdste praeceptors’ aan die Kaap by hul onderwys gebruik maak van werke soos | |
[pagina 55]
| |
Schets van d'Outrein, Oostrum over Heidelbergsche Cathegismus en tog lees Tas die werklike groot denkers van sy eeu. Die tweetalige Franse in sy omgewing het ook nog ‘Le Cathechisme d'instruire les enfants en la Chrestienté, fait en maniere de Dialogue, où le ministre interroge et L'Enfant répond’ en die vertaling daarvan Catechismus ofte Ondewijsinge in de Christelicke Leere, die in de nederlandsche Gereformeerde Kercken ende Scholen geleert wordt’ tot hul beskikking gehad.Ga naar voetnoot1) Maar met die Nuwe Testament in Frans sowel as in Nederlands, die Psalme in die Franse vertaling van Cl. Marot en Th. de Beze en in die Nederlandse van Petrus Dathenus het hul lees- en sangstof sowat begin en geëindig. Des te merkwaardiger Adam Tas se literêre smaak, sy liefde vir die boek, waarvan Van Dessin enkele met 'n ‘Ex libris Adam Tas’ in sy versameling vergaar en vir die nageslag bewaar het. Hoe graag Tas ook boeke ontvang, dit is die dinge wat hy in die daelikse lewe die nodigste het, wat hy die graagste ontvang van sy vriende en ook weer met genoeë aan hul uitleen. Behaag die geskenke hom, dan is hy daar opgetoë oor, beval hul hom nie, gee hy dit met 'n rojaal gebaar weg en kritiseer die gewers of die geskenk met allerlei geestige opmerkinge. So word die kneg Jacob na die Kaap gestuur en ry vandaar met 'n briefie na Groenkloof, die weiland van Oom Husing, ‘om de twaalff veersen dik met kalf voor Jantje vandaar te haalen’, ‘zynde dit een pillegift, die wel een dubbele dankzegginge waardig is’Ga naar voetnoot2) van Oom Husing. Volgens onheuglike tye het Europese kinders van peetooms en peettantes ‘pillegifte’, gewoonlik silwer voorwerpe in die vorm van bekers of speelgoed by die doop gekry. Maar Jantje was 'n Afrikaner en sy ‘pillegift’ dra 'n Afrikaanse stempel, wat dit tot vandag toe nog bewaar onder peetooms van sy nageslag. Maar as Tas van Oom Husing ‘een houwer en portepee’ present kry, kom die kieskeurigheid in kleretooi van die gewese Vaandrig | |
[pagina 56]
| |
weer bo. Hy bly tog maar die H. van die ou A.B.C.-boekie, die ‘Held met een Houwer op zij’ en taamlik ondankbaar flap hy dit daar uit ‘dan dat swaard gevalt my gantsch niet, 't gelijkt wel een Kaffers zijdgeweer’.Ga naar voetnoot1) Ander dinge wat hom nie beval nie, word Jacob mee vereer as hy hom in 'n goedgewige bui voel soos die ‘nieuwen hoed, zijnde een van de hoeden die my uyt het vaderland zijn toegezonden’.Ga naar voetnoot2) Hy is joviaal en gasvry, vind dit ook goed, dat sy vriende van sy landbougereedskap gebruik maak, selfs in sy afwesigheid. Ons sien die hele familie met hul kuiergas, die suster van Tas, na die huis van hul buurman Nel, stap waar Jantje, die later skoolmeesterGa naar voetnoot3) met groot oë die ‘agt kindertjes bij elkander’ aankyk.Ga naar voetnoot4) By hul terugkeer is die vryburger ‘Claes Vegtman de kreupele Vulkaan’ nog besig, om twee wingerdmesse op hul slypsteen skerp te maak. Claes word ingenooi en onder mekaar word enige glasies ‘binnen gelapt’. Op elke plaas, waar Tas kom om handtekeninge vir die klagbrief te kry, veral op ‘Welmoed’, die plaas van Van der Heiden, raak hul ‘wakker aan 't keuvelen en aan 't Beekeren, het smookkruyd wierde niet vergeten’.Ga naar voetnoot5) Maar dis op die dorpie self waar die meeste drank verswelg word, waar die skinderpraatjies die weligste tier. Die vroue drink ‘een teetje’, die mans konsumeer ‘met elkanderen eenige glaasjes wyn en eenigs pypjes met smookkruyd’, en so ‘onder 't smooken’ word meegedeel, watter oorlog daar onder die bure ontstaan het ten gevolge van 'n grief of 'n geskil. Op so'n geleentheid hoor hy en vertel lustig hoe die skoenmaker Jakobus van den Berge ‘met zijn boosaardig wijff geadsisteerd’, hul slagoffer, die vrou van Christiaan Martensz’, in de wandeling ‘Mostert's Marij genaamt’, toegetakel het. In Tas se beskrywing hiervan en van ander dergelike gevalle | |
[pagina 57]
| |
kom dikwels 'n growwe uitdrukking voor, maar hy bly tog altyd geestig, amusant. Marij word deur ‘'t wijf van den schoenflicker’ met 'n pik so mishandel, ‘dat er 't bloed bij neer liep; deselve viel door die slag ter aarden; toen quam de schoenmaker toeloopen en trapten dat nederleggende vrouweschepsel met de voeten op de borst, buijk, enz. Ondertusschen was des flickers wijff ook niet stil, maar roerde de vuijsten soo hard als zij konde, en ongetwijfeld zouden ze dat schepsel hebben dood geteijsterd’,Ga naar voetnoot1) as ds. Beck nie op die toneel afgekom het nie. Talrike verslae van dergelike voorvalle kan ons in die kriminele Prosesstukke van omstreeks die tyd naslaan, maar selden vind ons 'n voorval so skilderagtig afgebeeld. Veral ‘des flickers wijf’ is in Breugheliaanse kleure geteken. Waar Tas self of sy familie die voorwerp van skinderpraatjies is, stel hy hom met dreigemente tevrede. As die vrou van die ‘Noordsen landdrost Starrenburg’ oor die vrou van Tas 'n ‘dikhuijdige leugen’ vertel, nl. dat sy twee jaar gelede op Tas se bruilof nie genoeg vlees gehad het nie en die hele namiddagbesoek in die huis van Du Toit, met die verhaal vir sy suster bederwe, teken Tas op: ‘Men zal dese geweesene provisioneel grootsche land-drostinne by gelegenheid hierover eens spreeken’. As hy haar sien, ‘dan derven se haar smoelwerk niet open doen’. Ru geskets maar met een veeg van die kwas staan die ‘Land-drostinne’ vlak voor ons. Dis opmerklik, hoe Tas telkens nuwe, oorspronkelike, fris, hoewel soms ook ruwe volksuitdrukkinge besig, vir die begrip dronkenskap en braspartye hou, iedereen met 'n klein nuansering in betekenis. Nou is dit ‘gepeuselt en gebeekert’, dan ‘verschyde beekers wijn gestort’, ‘glaasje wijn binnen gegoten’, of die ontbyt word met wyn ‘gelarderd’. In luimige skerts vertel hy, hoe sy vriende en kennisse daaruit gesien het op so'n geleentheid en hoe hy self na huis ‘gerolt’ of ‘geslentert’ is. As hy die gewese landdros Robberts by 'n gasmaal tref, word die man vergelyk by ‘een ezel, die wywater geslobbert heeft’, en sy beweginge by ‘swerven als een swaluw met een | |
[pagina 58]
| |
wiek.’ Openhartig genoeg, verklap hy sy eie toestand na die vrolikheid: ‘ik ben eijndelijk vol en zoet met suster na huijs geslentert en zoo rechtstreeks thuijs gegaan off ik met een leijn getrocken wierde, maar toen ik thuys in stilstand geraakte bevond ik welhaast dat ik 't niet van hooren zeggen hadde, maar dat ik paaij Bachus zelfs hadde gesprooken.’Ga naar voetnoot1) So 'n beeld bly altyd by die leser hang omdat dit onverbeterlik gestel is. Nie alleen in Stellenbosch nie, maar ook in die Kaap het hy 'n groot vriendekring gehad, waar die geleentheid om die spotlus bot te vier, hom telkens voordoen. Op besoek by Oom Husing het hy die skepe in die Baai bekyk, waar die ex-Vaandrig vriendjies genoeg aangetref het. Saam het hul dan na die huis van 'n vryburger gegaan. Op dieselfde skertsende toon, in 'n styl wat aan die van die skryfsters van Sara Burgerhart herinner in die geestigheid, lenigheid en idiomatiese uitdrukkinge daarvan, teken hy sy Kaapse kennisse, veral die sieketrooster Lussing. Wolff en Deken het uit die volksmond opgeteken, by hom wel dit uit die hart self op, as hy Lussing 'n ‘krankebedroever die vol zoeten wijns was’ noem, en meen, dat 'n ander kennis, ‘wacker bezig met de wijnroemer om te laaten’ ‘voor een broeder van de natte gemeente mag worden te boek geslagen.’Ga naar voetnoot2) Vir die kerk het Tas nog enige eerbied, haar dienare, wat hul pligte volgens hom versuim, prikkel sy vernuftige gees tot allerlei fonkelende, geestige byname. mahieu en Lussing heet ‘krankebedroevers’, ds. Beck, ‘pater Bek, den preekmaker’ of gewoon ‘de preekmaker’, of ‘de paap,’ en as hy hoor, dat die ouderling De Greevenbroeck die eerste Kersnag (1705) op 'n paar kussings in die kerk deurgebring het, bestempel hy dit as ‘groote vroomheid en godsdienstigheijd van den ouden Lubbert; so men het niet liever eygenzinnigheijd mag noemen’. Van die dienaars van die kerk is dikwels gesê, dat hul nie vrede nie, maar die swaard bring. Gepas is daarom Tas sebeeldspraak aan | |
[pagina 59]
| |
die oorlogvoer ontleen, as hy met 'n enkele trek die twee dienare vlak voor ons laat staan op hul rondgang om die gemeente tot die nagmaal uit te nooi. Dit was 'n paar dae voor Kersfees: ‘Vroeg in den morgenstond is Mr. Greevenbroek al in de wapenen geweest, om met den preeker Bek om te ryden. Hy was ten vijf uuren al gelaarst en gespoort, dog die niet en quam was Bek, ondertusschen heeft Greevenbroek den geheelen voormiddag met zyn zwaard op zyde gegord, voor onze deur zitten, schilderen, zynde zijn paard gezadeld en getoomd aan een paal vast gebonden. Nadat we nu 't middagmaal hadden gehouden, is Greevenbroek te paard gesteegen en na den preeker gereeden, dat is een braaf ouderling die past op zyn predikant als een hond die schut genaamt word; 't is geen wonder dat de paap sulken ouderling pryst, hoewel hy er seer wijnig agting voor overig heeft, men vertelt mij dat Greevenbroek onverrigter zaaken met zyn paard is terug gekeert, zoodat hy mag reekenen deesen dag op verlooren schildwagt te hebben gestaan, nu heeft de paap met hem afgesprooken om morgen te rijden, zo Grevenbr: de paap nu in orde betalen wilde, moest hy sig morgen schuyl houden, ik ken er meer als een die de Coek op dusdanige wyse zoude bakken alleen maar om die van zig zelfs hooggevoelende Tempeliers, zulke kneepen te verleenen.’Ga naar voetnoot1) Dit is 'n penskets van die eerste rang, wat die ‘skilderye’ van De Grevenbroeck en die Latynse verse van die ‘hooggevoelende Tempeliers’ diep in die skaduwee stel. Die beeld van op-skildwagstaan word dwarsdeur volgehou - ook die volgende dag is Greevenbroek nie minder as drie uur voor die ‘paap’ eindelik opgedaag, al op sy pos ‘gelaarst en gespoord’. Dieselfde sin vir die komiese in sy tekening van die werklikheid, blyk uit 'n beskrywing van die eerste ‘kerkegeraasvergadering’, wat Tas as nuwe diaken bywoon.Ga naar voetnoot2) Hoewel daar meer as twee eeue tussen lê, lyk die siening in sy volle realiteit op die van die skrywer van Die Burgemeester van Slaplaagte in die se tekening van 'n Afrikaanse skoolraads- | |
[pagina 60]
| |
vergadering op 'n afgeleë dorpie. Plegtig word die vergadering geopen deur die predikant, die rekeninge nagekyk en dan word 'n begin gemaak met die behandeling van 'n bepaalde saak. Tas verklaar kortaf, ‘dattet myn bedunkens een schurfde zaak was’ en dat hy van mening was, ‘datse al lang aan een roestige spyker was opgehangen geweest’. In teenstelling met die kortafheid is die langdradige getuienis van Mahieu, die sieketrooster, ‘die op een hoogdroewige wys zeer veelsprekend of talmagtig begon te kallen, zodaanig dat ik van hem aan te hooren begon te zweeten’. Dan word daar heen en weer oor allerlei niksbeduidende sake gepraat, wat met die onderwerp niks te maak het nie, totdat die ‘paap’ besluit, om alle lede afsonderlik hul gevoelens af te vra. De Grevenbroeck hou 'n lang toespraak waarmee almal instem, sonder om te luister; die Landdros Starrenburg het weinig te sê, maar onder die diskussie gryp hy 'n stuk papier en 'n potlood en skrywe ‘een wyl so hard as hy konde’; Mulder ‘gaf de paap braave steeken’, en dit alles sonder dat daar tot 'n definitiewe besluit oorgegaan word. Na afloop drink almal 'n ‘roemer’ wyn (op die 13de, 'n paar dae voor die vergadering het ‘de preeker Bek 8 flessen wyn in een Caaba laaten haalen’ van die voorraad van Tas); klompies-klompies, praat-praat stap die lede huistoe. Tot dusver was sy toon hoogstens sarkasties oor die ‘spikspelder nieuwen land-drost Starrenburg’ en sy ‘geweesene provisioneel grootsche landdrostinne’, oor die ‘krankebedroever’ Mahieu wat sy huis gebou het ‘op zodanige langwerpige wijse getimmerd, als de man die 't laat timmeren, in al zijn zaaken tot spreeken in cluys Langwerpig is’,Ga naar voetnoot1) oor De Grevenbroeck ‘den ouden Lubbert’ wat op 'n harde kerkbank slaap en sy predikant soos 'n hondjie agterna loop maar as hy dit oor die Kaapse predikant Petrus Kalden of die goewerneur Willem Adriaan het, dan styg sy skerts tot gloeiende verontwaardiging. Soos ons praat van Karel die Groote of Willem die Swyger, praat Tas van ‘paap Calden, den gevynsden Tempelier’ en Willem | |
[pagina 61]
| |
Adriaan heet ‘Turk en Schurk’, 'n allitererende sinspeling op die Singalese afkoms van vaderkant van die goewerneur.Ga naar voetnoot1) Op die stort hy al die fiole van sy toorn uit en as hy oor die se verdrukking van die boere uitvaar, kom sy styl tot 'n uitbarsting, waarin die alliterasie, die ritmiese bewoënheid aan skeldprosa van 'n veel later tydperk herinner: ‘Die vervloekte Tijran heeft de Ingeseetenen zederd eenige jaaren op een ongehoorde manier gedrukt en geplukt, datze byna baloorig zijn geworden, nu soekt die onbeschaamde schandbrok de schuld van zijn hals af te schuijven en mannen van eeren op dusdanigen manier een smette aan te wryven’. Bybelsdramaties, uit die hart gepers, volg die versugting: ‘O Tyden! o zeden! dog de regtvaardige God mag men hoopen zal 't quaad eens op des bozen kop doen nederdaalen, en niet toelaten dat de Vroomen langer onderdrukt worden.’Ga naar voetnoot2) Hij spreek die vrome wens uit, wat sterk aan die van die vloekprofete onder die kindere Israels in die Ou-Testament laat dink, dat ‘de goede God den Tijran en onderdrukker der gemeente, met alle die hem aanhangen, in 't kort dit Land doen ruijmen, en 't bedreeven quaad op sijn vervloekte kop doen komen’. Want dan eers sal die ingesetene ‘'t hoofd met vreugde eens mogen opsteeken’.Ga naar voetnoot3) Die heftigheid, die kritiese gees van die skrywer, die satiriese toon van die Dagboek is almal kenmerkend van die agtiende eeuer wat hom hoe langer hoe meer loswikkel van die bande van gesag, hetsy op kerklike of op maatskaplike gebied of op albei. Tas se versugting is verhoor geword; die amptenare is geskors en teruggeroep. In die Korte-Deductie, waarskynlik van die hand van Willem Adriaan self, is die beskuldiginge weerlê waarop Tas, ‘de bekwaamste ter penne’Ga naar voetnoot4) onder die Boere 'n Contra-Deductie opgestel het (1712). Die Contra-Deductie bevat alle besonderhede oor die klagte van die vryburgers; tot in die kleinste puntjies word die met doku- | |
[pagina 62]
| |
mente en bewysstukke gestaaf, wat die boek van die grootste belang vir die geskiedskrywer maak, ‘but a drearier volume to wade through unless one is making the history of the time a special study, can hardly be imagined’.Ga naar voetnoot1) Tog kom daar af en toe weer geestige vondse in voor, raak opmerkinge, waaruit ons dit as die pennevrug van Tas herken. Willem Adriaan word ‘een oosterse Potentaat’ genoem, 'n uitdrukking, wat sy afkoms van gemengde bloed, sy praalsug op ‘Vergelegen’ aan die dag gelê, sy heerssug as goewerneur dadelik vertolk. Die boere word in die ‘akelige gat’, ‘'t donker gewulf’ of ‘'t ergste gat, alwaar nooit iemand ongeschavoteert is uitgekomen’, in die kasteel gegooi, en van die feit, dat Willem Adriaan ook die Fiskaal Independent (so genoem omdat sy amp juis ingestel was om kontrole op die amptenare uit te oefen) in sy mag gekry het, sê die Contra-Deductie in statige verhewenheid van styl: ‘Dit is in die waarheid de fontein van al onze rampen geweest.’ In 1711 by die verskyning van die Contra-Deductie het die boerevriend, Abraham Bogaert, volgens agtiende eeuse mode, 'n inleidende vers vir hul boek geskrywe nl. Op de Contradeductie der Kaapsche Voortplantelingen, uitgegeven door Jakob van der Heiden, en Adam Tas.Ga naar voetnoot2) Dit weerspieël die tradisionele opvatting oor die karakter en die geskrifte van die betrokke persone; die Deductie heet ‘Een valsch geschrift, verminkt in al zijn deelen’, die Klachtschrift en die Contra-deductie ‘tintelen aan 's hemels gulde zaal met eenen gloet, die nimmer zal verdwijnen’. Willem Adriaan ‘braakt zyn gal een Vryman in 't gezicht, Waar van het schuim zijn Meesters vliegt in d'oogen’. Daar teenoor staan Tas en Van der heiden, ‘Twee mannen die den kelk van wrangheit dronken’, en hul broers, die Kaapse boere, ‘waar aan men ook den drukwyn had geschonken’. Na sy vrylating uit die ‘donker gat’ waar ons skrywer pen, ink en papier geweier is, dertien maande en sewentien dae lank tot die uitslag van Here XVII kom dat die boere gehandhaaf word, het Tas op sy plaas ‘Libertas’ tot sy dood in 1722 geboer. Volgens oorlewering was dit 'n geestigheidjie, | |
[pagina 63]
| |
tipies van ons dagboekskrywer, om sy plaas met daardie naam te verdoop. Teen die end van sy lewe was hy een van die Heemraadslede vir Stellenbosch en Drakenstein en by die jaarlikse opname van die besittinge van die koloniste een van die gekommitteerdes vir die Kompanjie. Herhaalde male het hy om sy Dagboek en geskrifte gevra, maar tot dusver is die vraag nog onbeantwoord of Van der Stel by sy vertrek van Tas se geskrifte meegeneem het en of die Kommissie, aangestel deur die Politieke Raad in 1710, die Dagboek saam met ander ‘quaataardige geschriften’ uit die lessenaar vernietig het. Al moet die handskrif as verniel of verloor beskou word uit die fragmentariese kopieë en offisiële stukke van de bekwaamste ter penne’, konkludeer 'n later kritikus tereg: ‘Zijn pennevruchten, het Klachtschrift, de Contra-Deductie, het Dagregister, met vele nog onuitgegeven stukken, waarvan enige, zoals het tweede klachtschrift, zeer interessant zijn, vormen een literariese nalatenschap, die hem de eereplaats geeft onder de Z.Afrikaanse schrijvers van vroegere tijden. Het Dagboek, alleen als letterkundige produkt beschouwd, kan heel goed met de meest gevierde werken van dat slag uit zijn Tijd een vergelijking doorstaan. Tas beschikt over een lenige, natuurlike stijl, die hij naar willekeur kan smeden, die al zijn gemoedsaandoeningen, van luimige scherts tot gloeiende toorn, even gemakkelik vertolkt.’Ga naar voetnoot1) Maar Tas was uit 'n ander stand, het 'n ander opvoeding as sy teenstanders gehad wie se val hy help bewerk het tot die redding van die Boere op daardie tydstip maar uiteindelik tot skade van die Dietse kultuur in Suid-Afrika.Ga naar voetnoot2) Die fout | |
[pagina 64]
| |
van die hoër kringe in watter land ter wêreld ook al, is altyd dat hul op die minderbevoorregtes neersien, hul verdruk en vertrap. Die opsteller van die Korte-Deductie, 'n boek ‘waarin deszelfs opstelder veeleer de snater van een viswyf, dan de pen van een zedig weerlegger gebruikt’ volgens die oudste resensent, en ‘scheldt op zijn tegenstanders in een weergaloos grove taal’ volgens een van die jongste kritisie,Ga naar voetnoot1) beskou sy ondergeskiktes op een voet met sy swyne op ‘Vergelegen’. En as die eenmaal die hef in hande het, loop die tradisie, die geestesgoedere, die groot houvaste van 'n volk, die grootste gevaar van verminking en eventuele ondergang as die gevare van buite te dreigend word. Beter as Tas self, kon die manne met wie hy die draak steek soos De Grevenbroek en Petrus Kalden daardie geestesgoedere gehandhaaf het omdat die waardering daarvan, die studie, dieper by hul gesit het al kon hul hom nie in die uiterlikhede van styl en kernagtige ekspressie ewenaar nie. Grevenbroeck was toe reeds etlike jare vryburger en verstandig genoeg om hom afsydig van die rusies te hou; Kalden was daarin betrokke en het daarin ondergaan tot skade van die nageslag. | |
3. J.G. de Grevenbroeck, sekretaris, kunstenaar en latinis.Johannes Gulielmus de Grevenbroek is omstreeks die jaar 1644 gebore.Ga naar voetnoot2) Die voorreg van die gefortuneerde manne van die Renaissanse en die ideaal van alle sewentiende eeuse kunstenaars om 'n reis na Italië te maak, het hom in 1673 | |
[pagina 65]
| |
te beurt geval en hy was self tot in Madrid. Hy was soos P.C. Hooft vir die handel bestem, was as klerk werksaam in die Rotterdamse Kamer van die Kompanjie, maar die opbloei van kuns en lettere in die land waar die Renaissanse haar vroegste verskyning gemaak het, het nie by hom onopgemerk verbygegaan nie. Na die verste Suidhoek het hy die liefde vir die skoonheid, vir die skilderkuns en vir die klassieke meegebring toe hy in 1684 in die Kaap aankom en tot Sekretaris van die Politieke Raad benoem word. Kort daarop is hy met die Kommissaris Ryklof van Goens na Indië. Ons wêreldreisiger het eers in 1686 sy dienspligte weer opgeneem en in sy pragtige handskrif die Kaapse offisiële geskrifte opgestel tot 1694, wanneer hy op eie versoek ontslag kry en hom as vryburger op Stellenbosch gaan vestig. Daar was hy saam met Tas in die kerkdiens, het die hom bespot om sy vroomheid en terloops van sy skilderstalent melding gemaak maar tog nie al te heftig teen hom te keer gegaan nie, waaruit ons moet opmaak dat hy soos die sewentiende eeuse wêreldburger hom buite die politieke rusies gehou het. Tas het sy klagbrief by al sy vriende rondgebring vir hul handtekening, hul 'n ‘predicatie voorgeleesen, daarse alle amen op seiden’ maar die naam van De Grevenbroeck kom nie op die Klachtschrift voor nie. Dit was bekend dat De Grevenbroeck 'n Latynse studie oor die Hottentotte geskrywe en ook 'n Latyn-Hottentot-Hollandse woordelys opgestel het waarvan Peter Kolb in sy Caput Bonae Spei HodierumGa naar voetnoot1) (1719) en François Valentijn in sy Beschrijvinge van de Kaap de Goede HoopeGa naar voetnoot2) (1726) 'n dankbare gebruik gemaak het. Maar Kolb was verre van erkentlik genoeg vir wat hy aan Grevenbroeck te danke gehad het. Die abbé De la Caille wat van 1751 tot 1753 aan die Kaap was, het hom hieroor betig in sy Journal historique du Voyage fait au Cap de Bonne-Espérance,Ga naar voetnoot3) en verklaar dat hy uit die mond van niemand minder as van van Dessin, die verwoede versamelaar, | |
[pagina 66]
| |
self, gehoor het dat die papiere van die geleerde Grevenbroeck in hande van Kolb geval het wat hom klakkeloos gaan oorskrywe het. Dieselfde verhaal word deur Otto Fredrik Mentzel wat agt jaar aan die Kaap was, van 1732-1740, in sy Vollständige Beschreibung des Vorgebirges der Guten Hoffnung vertel.Ga naar voetnoot1) Ook hy pak uit teen die plagiaat van Kolb, die sterrekundige wat meer in die wynfles gekyk het dan na die sterre en die geluk getref het om die aantekeninge van 'n wetenskaplike man in hande te kry om hom daarmee voor die oog van die hele wêreld te rehabiliteer, al het hy lelik omgespring in sy behandeling van die geleende materiaal. De Grevenbroeck self in die Descriptio EpistolarisGa naar voetnoot2) (1695) laat heelwat te wense oor wat indeling en die metode van behandeling van sy stof betref, sy Latyn is boekagtig, die konstruksie van sy sinne ingewikkeld en dikwels duister, sy voorliefde vir sinonieme verbysterend. Maar dat hy 'n man van groot geleerdheid was, die Renaissansis wat sy Virgilius, Horatius, Lucretius, Plautus, Cato, Plinius en Varro op sy tien vingers geken het, ly geen twyfel nie. Internasionaal is hy in sy belangstelling vir die Hottentotte en die taalmedium wat hy gebruik, nasionaal in sy liefde vir die Kaap. Die Renaissanse het die loswikkeling van die persoonlikheid uit die massa, die vryheid van denke gebring, en De Grevenbroeck was 'n persoonlikheid, iemand wat nagedink en iets gehad het om te sê. Kultuurhistories is die werk van die grootste betekenis vir die lig wat dit werp op die Kaapse gemeenskap teen die end van die 17de eeu. Die titel van die brief - elegans et accurata Gentis Africanae circa Promontorium capitis Bonae Spei vulgo Hottentotten nuncupatae - is misleidend, daar ons behalwe die verhandeling oor die Hottentotte deurgaans te doen het met 'n aanval op die koloniste wat misbruik maak van hul heer- | |
[pagina 67]
| |
sende posisie oor die Hottentotte -, 'n uitvoerige verhaal kry van die lotgevalle van die jong Guillaume Chenut en die stranding van die ‘Stavenisse’ (1686), soos vertel deur die paar oorgeblewene wat by die Kasteel aangestrompel gekom het en hul verslag by hom as sekretaris afgestamel het,Ga naar voetnoot1) en ten slotte 'n verheerliking van die skoonheid en die vrugbaarheid van die Kaap. Hy maak 'n uitsondering van manne van opvoeding en geleerdheid soos Van Reede, Van Goens, Van Beveren, Van Rhee, Heinz en Paets maar gaan so ver om te sê dat hy in een dag in Europa meer bewyse van godsvrug en eerlikheid en deug gesien het dan in al die jare in Suid-Afrika.Ga naar voetnoot2) Met die ‘kleine lui’ soos die stakkers van die Stavenisse, het hy die grootste meely, vir die vooruitstrewende, naarstige boer 'n diep bewonderingGa naar voetnoot3) en op die klimaat, die berge en die blomme sing hy 'n ware lofsang.Ga naar voetnoot4) As hy digterlik ontroer is deur die natuurskoon van sy aangenome vaderland, druk hy dit op sewentiende eeuse manier uit, wat vir ons ore op oordrywing klink, maar as hy in sy eie taal die rampe van sy landgenote opteken en die tot 'n samenhangende geheel smee soos in die Relaas van Adriaan Jansz. Kind van Maaslandssluys geweesen Bootsman op de gestrande fluyt Stavenesse, (1687), is alle onnatuurlikheid verdwyn en lees die offisiële geskrif soos 'n meeslepende roman. Die Dagregister is in die loop van die jare dikwels slordig gehou, maar toe hy daarvoor verantwoordelik was, is daar breedvoerige | |
[pagina 68]
| |
verslae gemaak van die belangrikste voorvalle, die stof so boeiend meegedeel dat die leser soms die illusie kry dat die sekretaris 'n bietjie by fantaseer. Vreeslik is die verhale van skipbreuk en ellende op see en land van die paar oorgeblewenes wat byna drie jaar lang in die wildernis omgeswerwe het voor De Grevenbroeck die verhaal van die skipper, Willem Knijf, op die Kasteel kon opsteken.Ga naar voetnoot1) Dan skryf hy gemakkelik, vlot, onderhoudend; hy leef hom heeltemal in die avonture van die skipbreukelinge in, en gloei van trots op die prestasies van sy landgenote wat die ‘ongestadige golven van fortuyn en see’ getrotseer het in 'n eie gemaakte boot. Met liefdevolle noukeurigheid vermeld hy dat hul 'n saag gemaak het ‘uyt de beugel van een luyk’, dat 'n gedeelte van die skag hul tot aambeeld gedien het en dat hul van die res spykers en boute gemaak het. Sonder kaart of kompas het die vernuftige seevaarders ingeskeep op die Natalse kus na dit hulle presies 'n jaar geneem het om die vaartuigie inmekaar te timmer en seil binne veertien dae, op 1 Maart 1687, Tafelbaai binne - niks minder as 'n wonder in die oë van die Sekretaris sowel as van iedereen wat bekend is met die Suidoos-kus. Dit lê voor die hand dat die skrywer van die Descriptio Epistolaris die meeste vrae gestel het oor die inboorlinge wat beskrywe word as ‘minsaem, meewaardig, starck en vernuftigh’, en in besit van waarsêers wat ‘haar ook vermeeten goed en kwaad, weeder, wind, regen, hagel, donder en sonne te konnen maken’. Nog meer het Adriaan Jansz. Kind wat met sesen-veertig man die reis oor land onderneem het en drie jaar later met 'n paar oorgeblewenes deur die galjoot ‘De Noord’ opgetel is, hom te vertel gehad. In die gewone manier van doen hou die joernaalhouer onder elke datum die daaglikse loop van sake by, wat dikwels storend werk, daar die leser self die oortollige meedelings moet uitskakel, en hy so gevaar loop, om die vernaamste punte in die massa onbelangrike details uit die oog te verloor. Maar die opgetekende relaas is self ongepagineer en maak die indruk van 'n verhaal in een lang deurlopende paragraaf saamgepers. Ons lees met gespanne | |
[pagina 69]
| |
aandag hoe die geselskap van Adriaan Kind uitgedun word - 'n paar verdrink in die riviere, 'n paar bly uitgeput langs die weg agter, nog 'n paar laat hul lewe of 'n liggamsdeel in 'n handgeveg met die inboorlinge, tot hul by 'n vriendlike stam, die Magoose, uitkom. Meer dan 'n jaar later, 21 Maart 1687, waag vier-en-twintig van hul dit weer verder en word van ‘sak en pak en al haar levensmiddelen beroovd’. Dit genoodsaak hul, om ‘by haar oude baasen wederom in te keeren’, wat die ramp voorspel het en tog weer die waaghalse opnuut minsaam onthaal. Nou buk hul vir die noodlot, lê hul daarby neer om hul lewe onder die Kaffers te eindig, ‘en sloeg ieder de hand an de ploeg’. Op Nuwejaarsdag 1688, wanneer iedereen in Holland en aan die Kaap feestelik die nuwe jaar begroet, word dit Adriaan Jansz. Kind en Jan Pietersz. te magtig, en die twee gaan terug na die skipper en die stuurlui, wat by die wrak agtergebly het. Groot was hul teleurstelling, om na 'n sewentiendaagse trek van vermoeienis en ontbering, in die Baai van Natal te verneem, dat die skipper al ‘voor jaar en dag’ met 'n eie getimmerde boot weggevaar het. Dan maar weer terug, om die maats by die Magoose te haal, om ook so'n plan ten uitvoer te bring. So swerf hul op en af langs die kus, tot ‘De Noord’ eindelik op 4 Januarie 1689 'n paar van hul bespied en enige half-verwilderde manne in beestevelle gehul, na die Kaap vervoer. Wat De grevenbroeck die meeste geïnteresseer het in die ‘Relaas’ van Kind, daaraan wy hy natuurlik die meeste aandag, nl. die sedes en gewoontes van die vreemde inlandse volke, met wie die skipbreukelinge op hul swerftogte in aanraking gekom het. Die wreedheid van die towenaars en waarsêers prikkel des te meer sy verbeelding, daar hy in skerp kontras daarmee voel die sterk geneentheid wat die inboorlingouers vir hul kinders koester, ‘also sy haar kinderen of iemand van de hare om geen ding ter wereld soude willen afstaan’. Onderling leef hul vriendskappelik, groet by die minste ontmoeting, verneem na die gesondheid en ‘ofse geen nieuwe danszen of liedjes geleerd hebben’, teken die kunsliefhebber met genoeë op, en kom later in sy Descriptio weer op die | |
[pagina 70]
| |
musiek-instrumente en die musikante onder die inboorlinge terug.Ga naar voetnoot1) De Grevenbroeck is self nooit getroud gewees nie - daar is ten minste geen verwysing na kind of kraai nie, en in sy testament is sy nalatenskap aan kennisse en vriende in Holland en aan die Kaap bemaak. Daarom doen hierdie verwyling by die intieme huislike lewe van die Ama-Xhosa enigsins aandoenlik aan. Sy drukke werkkring het hom in die geleentheid gestel om sowel eerstehandse kennis van die inboorlinge te neem as die eerste te wees wat die eenvoudige, dikwels verwarde land- en seejoernale deurlees, korrigeer vir opsending na Here XVII en daaruit aantekeninge vir sy eie gebruik maak. Aan die skipbreukelinge van die ‘Stavenisse’ en diegene wat uitgestuur was met ‘De Noord’ om hul te soek of die ondersoek van die Ooskus voortgesit het, het hy baie te danke. In die dagregister van ‘De Noord’: ‘Voyage gedaan in den jaare 1688 den 19 October met het galjoot de Noord bestaande in 19 persoonen en gedistineerd om te gaan van de Bhaij de la Goa leggende op de Z. Br. van 2. Br. van 26 gr.Ga naar voetnoot2) tree die reus Monte Calaco, ‘3voeten langer’ dan 'n volwassen man en met ‘een soo vervaarlyk gesigt dat men er wel voor geloopen souden hebben’, op die voorgrond, tot die onsekere vermaak van die ondersoekers. Monte Calaco lê siek aan die koors. Sy heelmeesters het sy hele lyf ‘overal doorsneden en gekurven als een visch’. In sy bygeloof dring hy aan, dat die reisigers sy pols moet aanraak, en as hy later herstel, skryf hy dit uitsluitend aan die aanraking toe. Nou word hul getrakteer op wilde vrugte en groente, ‘waterlemoenen, pompoenen, ananassen en pattatos die seer goed zyn’ maar hul teleurstelling sou toe eers begin. Van alle Suid-Afrikaanse skeepsjoernale bevat hierdie een die meeste geestigheid en lewensblyheid en is die idiomatiese uitdrukkinge in al hul kernagtige eenvoud 'n lus in vergelyking met die ingewikkelde Latynse spreuke in die Descriptio. Ons lag oor hul teenspoed omdat die nie onoorkomelik geblyk het nie. In die stortreent probeer die bemanning van ‘De Noord’ hout kap om 'n vuurtjie te maak waarby hul hul klere kan droog en 'n ketel | |
[pagina 71]
| |
rys kook. Die swart vriendjies help ywerig mee met die gevolg dat die ketel skoonveld raak. Die diewe word agterna gesit maar die gestewelde en gespoorde sewentiende eeuer het geen kans op die Afrikaanse renbaan nie en is genoodsaak om die aand ‘droog broot met water 't geen ons niet ontbrak’ te eet. Die volgende môre word daar ondersoek ingestel na die ‘geschaakte’ ketel maar nou vind die opperhoof dit nouliks die moeite werd om met hul te praat, moet kwansuis 'n tolk hê en weet van niks. Dit is duidelik ‘dat onsen haring daar gantsch niet braaden’ want dit was so goed asof hul ‘tegens den oven gaapten...... also het hier al dievje en dievjes maat was’, en hul moes onverrigtersake terugkeer. Heerlik spottend praat die joernaalhouer van ‘syn koninklyke majesteit, staande van syn koninklyke setel op, dat een groot bloq was 't geen in de eerste 30 jaren niet gekapt was’ om hom teen die beskuldiging van diefstal te verdedig. As hul terug by die skuit kom, ‘viel de Koe op de regter zyde’ - hul ontdek 'n stapel heuningkoeke, pak die op en smaak die genoeë om te sien hoe die besitter aangestorm kom maar ‘siende als dat het nesje geroovd was, soo sag hy soo vriendelyk als een oirwurm’. Die gesol met eie liggelowigheid, die opgewekte toon, die skoolseun-agtige manier van uitbetaling en bo alles die ‘volkstümliche’ van die ekspressie maak die gedeelte oor Monte Calico 'n klein juweeltjie van humoristiese volksprosa wat gunstig afsteek by die geleerde, dikwels hoogdrawende Latynse prosa van die Descriptio. Baie selde het De Grevenbroeck dergelike opgewekte vertellinge onder oë gehad of uit die mond van die swerwers opgeteken; gewoonlik grens die verhale aan tragedie. In die begin van 1689 het ‘De Noord’ op weg van baai Natal vergaan. Die tragiese Verhaal van Theunis Gerbrandtszn van der Schelling geweesen stuurman op 't gestrande galjot de Noord. Nopende desselfs jongste togt en hoe 't is komen te verongelukken is o.a. op die Sekretarie genoteer en deur De Grevenbroeck in sy pragtige, duidelike, artistieke skrif onderteken.Ga naar voetnoot1) Weer was die skipbreukelinge aan die genade | |
[pagina 72]
| |
van die swartes oorgelaat, mishandel, beroof, ‘moedernaakt uytgeschud’ in die woorde van die amanuensis. Een na 'n ander het hul kragteloos langs die weg bly lê totdat net twee oorgebly het. Die ontmoet twee landgenote van die ‘Stavenisse’ in dieselfde benarde omstandighede, ‘heel en dal uytgeteerd en door de Houteniquas tot op 't hemd toe uytgeschud’ en 27 Maart 1690 kom die vier lewende lyke die Kasteel binnegeval en word 'n nuwe bron van informasie vir die etnografiese autoriteit aan die Kaap. Vier jaar later het hy hom teruggetrek uit die diens van die Kompanjie om hom op die landbou toe te lê en die verwerking van sy aantekeninge en indrukke oor die Afrikaanse stamme rustig uit te werk in die Latynse taal. So lank soos hy in diens van die Kompanjie was het hy die saak net so getrou gedien soos hy later as ouderling die Stellenbosse predikant bygestaan het. Toe die troebele onder Willem Adriaan hul hoogtepunt bereik het, was die sestigjarige 'n welaf boer en verstandig genoeg om hom nie op sy ou dag in die ongeluk te stort nie deur al te uitgesproke kant te gaan kies. Wat ontwikkeling en beskawing betref, het hy tot die kring van die Goewerneur behoort, maar die idealis, die man ‘with a turn for letters’ kon hom moeilik met enige raap- en skraapmetode vereenselvig. Hy het homself graag 'n vriend van die Muse, 'n boekevriend, 'n student genoem en 'n vyand van die rumoerige gedrang van die massa, van die beslommernis van die daaglikse sleur, 'n liefhebber van stilte en vrede. Hy was moeg gereis en in die land wat hy as sy tweede vaderland aangeneem het, het hy geluk en rus gevind en gesmeek dat by sy dood hierdie stukkie aarde nie al te swaar op sy beendere mag weeg nie.Ga naar voetnoot1) In sy sewentigste jaar, 1714, het hy sy testament gemaak en as grafskrif die eenvoudige woorde uitgekies: ‘Hic exspectat resurrectionem J.C. de Grevenbroek C.F.’. Sy sterfjaar en sy graf wat op versoek nie in 'n kerk of 'n kerkhof, maar by die huis waar hy sterf, moes wees, is nie bekend nie maar in sy werk het hy 'n blywende monument nagelaat vir 'n nageslag | |
[pagina 73]
| |
wat die klassieke skandelik gaan verwaarloos het. Net soos die taal van die skeepsdokter Wilhelm ten Rhyne in sy Schediasma de Promontorio Bonae SpeiGa naar voetnoot1) (1686) wat in 1673 sowat 'n maand aan die Kaap vertoef het, is die van De Grevenbroeck tipies van die sewentiende eeuse klassisie in die ingewikkelde konstruksie van die sinne, die bombastiese manier waarop die eenvoudigste meedeling soms gemaak word, die naïewe woordelike navolging van die klassieke welsprekendheid. Maar wie hom in ons Hollandse verlede weer wil terugvind moet hom die moeite getroos en sy beloning sal groot wees. De Grevenbroek is die grootste en onderhoudenste Kaapse Latinis gewees, hoog ontwikkelde, kunssinnige renaissansis. | |
4. Petrus Kalden, 'n banneling-leraar, man van ontwikkeling en beskawing.Ook die Kaapse predikant Petrus Kalden was man van sy tyd in sy liefde vir die Latynse taal as medium van ekspressie. Dit is ds. François Valentyn in sy Oud en Nieuw Oost Indien (1726), dieselfde reisiger wat van die krankebesoeker Koopman (- Adam Tas sou gesê het ‘krankebedroever’ -) vertel het dat hy ‘sterk koopmanschapte en naderhand uit nederigheid een rok met gouden knoopen droeg’, wat ons oor Petrus Kalden inlig. Die tradisie en ons geskiedskrywers wil dat hierdie geestigheid van Valentyn ook toepaslik was op sy veel ouer kollega Kalden wat hy op dié se plaas Zandvliet in die Stellenbosch-distrik in 1705 'n besoek gebring het. Hy het daar glad anders oor gedink. Daar het hy verbaas gestaan oor die pragtige boerdery, maar wat hom tot nog groter verbasing gestem het, was die Hottentot deur Kalden so goed in die Bybel onderrig dat hy in 'n teologiese dispuut sy man kon staan. Die leermeester het die beskermeling na Holland geneem toe hy in 1708 teruggeroep is, hom daar te Vianen in 1709 | |
[pagina 74]
| |
laat doop met die naam Fredrik Adolf en niemand minder as ‘den Graave van der Lip over hem als Gevader stont!’ Maar in die bekeerling het die ou Adam te diep gewortel en ons Hottentot-skrifgeleerde is in sy vaderland as verbannene op Robbeneiland oorlede. Ook sy baas, Petrus Kalden, het sy dae as 'n soort van balling in Nederland en in Oos-Indië geslyt, want sy hart was aan die Kaap, op die plaas wat nou 'n bedevaartsplek, ‘Kramat’, vir die Kaapse Maleiers is. Sheik Jozef, 'n heilige Mohammedaanse banneling, lê begrawe in ‘Kramat’ se sand - waar die oorspronklike eienaar van ‘Zandvliet’ se laaste rusplaas is, is onbekend. In sy aangenome vaderland is dit nie. Petrus Kalden, seun van Lodewyk Kalden, gewese schepen te Wezel is gebore te Wezel.Ga naar voetnoot1) Sy broer Lodewyk het Ontvanger van die State van Utrecht en burgemeester van die Vaart geword. Hy stam dus uit ongeveer dieselfde kring as die van die grandezza van die 17de eeuse literatuur, P.C. Hooft, wie se vader schepen, lid van de vroedskap en meermal burgemeester van Amsterdam was. Van die vroegste tye het die regters wat op die volksvergaderinge verskyn, die naam van schepenen gedra. Karel die Groote het die scabini of schepenen verplig om die vergaderinge by te woon en op die handhawing van die reg toe te sien, en onder Lodewyk die Vrome is hul uit elke distrik deur die volk self gekies. Die regterlike instellinge is later aanmerklik gewysig, maar die titel van schepenen het bly lewe en is toe gegee aan die regterlike besture van onafhanklike gemeentes. Die schepenbanken is eers teen die end van die 18de eeu in Frankryk en Nederland opgehef, en tot hede heet die wethouers van 'n gemeente in België schepenen. Die familie Kalden was dus gewend om te regeer. Petrus het predikant geword. En die | |
[pagina 75]
| |
sewentiende-eeuse predikant wou met die een voet op die kansel en die ander op die stadhuis staan, en wie deur die Classis Amsterdam as evangeliedienaar in diens van die Oos-Indiese Kompanjie uitgestuur word, het boënop die rang van onderkoopman gehad. Wie dus bots met die Kompanjie, bots ook met hierdie dienare, die predikante. Dit is die eeu van die Geoktrooieerde Kompanjie, die stigting van die groot staatsman Oldenbarnevelt aan wie Nederland soveel van haar politieke mag en koloniale ryk te danke het, die eeu van die Dordtse Sinode wat hom op die skavot gebring het, in 'n tydperk toe kerk en staat nie geskeie was nie en die kerkleraars geweet het om hul te ontworstel aan die wette van Prins Willem van 1576 waarin 'n volkome onderwerping van die kerk aan die staat neergelê is. In die lig van hierdie hoogs eienaardige sewentiende-eeuse vermenging van godsdienssin, politieke hartstog en handelsgees moet ons Petrus Kalden en sy lotgevalle aan die Kaap beskou. In 1695 kom die predikant-staatsman-koopman per ‘Nigtevegt’ op 90 gulden per maand vir die Kamer Amsterdam na die Kaap waar hy behalwe gereelde dienste in die Kasteel waarneem, (want 'n kerkgebou was daar nog nie voor 1704 nie) viermaal per jaar die sakramente op Stellenbosch moes gaan uitdeel. Die Caab, soos dit genoem is, (van die stad was daar nog geen sprake nie) was teen die end van die 17de eeu nog baie klein, maar 'n jaar na sy koms is darem 'n Burgerwag ingestel om snags wag te hou. Tussen die hoofstrate, Heerengracht en Keizersgracht, nou omgedoop in Adderley- en Darlingstraat respektiewelik, het 'n grag geloop en voor elke rietdakhuis 'n tuintjie gepryk. Stellenbosch was nog kleiner, maar enige jaren al in besit van 'n eie kerkgebou. Toe die Franse daar gevestig was, word Drakenstein en Franshoek beskou as deel van die Stellenbosse gemeente en om die Franse tevrede te stel moes hul predikant, Pierre Simond, beurtelings in die Stellenbosse kerk en in 'n huis van die Drakensteinse boere preek. Maar dit was 'n nie-te-benye taak om onder hierdie gemeente te arbei of oor hul te heers wat volgens die goewerneur, Simon van der Stel, se uitspraak van 1691 ‘de kinderen Israels | |
[pagina 76]
| |
slagten, dewelke door Gods hand in de woestyne gespysd na de uije potten van Egipten verlangden’. Die jaar voor die koms van Kalden, verhuis Pierre Simond na Drakenstein en daarom moes die Kaapse predikant weer viermaal per jaar die Stellenbosse gemeente besoek en op ander Sondae moes die sieketrooster maar weer sy preke voorlees. Op voorwendsel dat hy sy psalmvertaling Les Veilées africaines ou les Psaumes de David mis en vers françaisGa naar voetnoot1) in Nederland voor die sinode van die Waalse Kerke, 1703, wou gaan voorlê - Kalden gee 'n ander uitleg aan die haastige vertrek van die Franse dominee - is Pierre Simond terug; ds. Henricus Beck kom sy plek in die Drakenstein in 1702 inneem en ds. Hercules van Loon word die eerste leraar op Stellenbosch. Intussen het ds. Kalden van die nuwe goewerneur Willem Adriaan 'n stuk land gekry na 'n vyfjarige Evangeliebediening, op Zandvliet 'n plaas aangelê en met koring en skape begin boer, wat hom jaarliks groot somme geld opgebring het, maar ook aanleiding gegee het tot die afguns van sy minderbevoorregte medekoloniste. Soos hy in sy verweerskrif later tereg antwoord, was hy nie die enigste sieleherder wat met werklike viervoetige skape te doen gehad het nie, want Pierre Simond het twee plase gehad, Hercules van loon en Henricus Beck het land besit en ook in Holland, Gelderland en Overysel was dit nie strydig of 'n rede om misnoeë aan die burgers te veroorsaak, om tegelyk predikant en boer te wees nie. Hy had immers ook die rang van onderkoopman. Dat die Kerk hierdeur nie noodwendig gely het nie, is my vaste oortuiging. As Kalden outokraties was, sy gemeente het 'n heerser en desnoods 'n diktator nodig gehad; dat hy sy dienspligte vir sy boerdery verwaarloos het, is lasterpraatjies. Ons sewentiende-eeuse voorouers aan die Kaap het ander begrippe gehad oor die manier waarop die Sabbat deurgebring word - op vaste ure 'n preek, 'n diens wanneer die kinders op gesette tye ten doop gehou kon word, katkesasie | |
[pagina 77]
| |
vir die jongmense en daarna praat die Kaapse Dagregister van visvangs in die namiddag om in die daaglikse brood te voorsien. In 'n tyd toe die kerk hom nog bitter weinig oor die toestand van die Hottentotte bekommer het, het Kalden daar veel voor gevoel om ook aan hulle die Evangelie, en dit nogal in hul eie taal te bring. Hul sedes en gewoontes het hy deur en deur geken en in sy Afgeperste Verweering (1713)Ga naar voetnoot1) korrigeer hy allerlei foute in die reisverhaal van Abraham Bogaert, bv. as sou hulle koeie slag vir hul Godheid, of die maan aanbid, want die Hottentotte bring aan geen godheid enige offerhande nie. Dit is die Renaissanse-man se belangstelling in taalstudie wat hier ontwaak is. Kalden was 'n goeie klassikus, die verweerskrif sit vol toepaslike Latynse spreuke en aanhalings en hy het die Hottentotse taal in soverre beheers, dank sy die hulp van sy skrander beskermeling op Zandvliet, dat as sy versoekskrif tot Here XVII in 1706 gerig om hom enige tyd vir uitsluitende taalstudie te kan afsonder, toegestaan was, hy die taal waarskynlik volkome magtig sou geword het en ons kennis daarvan verryk het soos hy Latyn magtig was en 'n bydrae tot ons Kaapse Latynse geskrifte gelewer het. Die belangstelling in die eie taal sowel as in dié van vreemde volke is 'n uiting van die Renaissanse. Onder die twaalf ‘liefhebbers’ wat in 1660 onder Jan Dankaert 'n landtog na Monomotapa onderneem het, was reeds die ‘student uyt bruynswycker landt geboortich’, Georg Fredericus Wreede, wat ons eerste Hottentot-woordelys, 'n voorbeeld vir J.W. de Grevenbroeck, sou kompileer. Wreede se ‘vocabulair off compendium soo hy 't noemt behelsende de Nederduytse en Hottentoose taele (die hy voor eerst met Griexe letters exprimeert op 't pampier te brengen)’ is in 1663 deur die kommandeur en Raad na Here XVII gestuur waarop die volgende jaar berig ontvang word dat dit ter perse gegaan het, die kompilator sou beloon word met honderd riksdalers en bevorder tot assistent of sergeant ‘niet tegenstaande wy het daer voor houden dat het voor de Comp.e veel | |
[pagina 78]
| |
dienstiger sal wesen dat d' inwoonders aldaer onse dan wy hare tale leren en waertoe het by ulieden moeten werden aangeleyt.’ Wreede speel 'n hele rol as Opperhoof, afgesette Opperhoof, weer-in-eer-herstelde Opperhoof van Mauritius waar hy in 1672 in 'n selfgemaakte boot op 'n verkenningstog skipbreuk ly en verdrink.Ga naar voetnoot1) Die hele plan van Kalden om 'n Hottentotwoordeboek te maak verongeluk. In 1704 is die Kaapse kerkgebou klaar, ds. Kalden wy dit in en by die deur in die noordweste, na die kant van die Siekehuis, kom te staan van sy Latynse verse wat deur François Valentyn vermeld en vertaal word.Ga naar voetnoot2) Die kerk ‘een zeer fraai gebouw’ is onder die regering van Willem Adriaan voltooi ‘meest op het sterk aanhouden van de Heer Petrus Kalden’ wat ook gesorg het dat daar gereeld 'n diens in die Siekehuis gehou word.Ga naar voetnoot3) Hoe 'n toevlugsoord, land en so 'n Siekehuis, in 'n tyd van die verwoestende skeurbuik moes gewees het, kan ons aflei uit Willem Ysbrantz. Bontekoe se vermaaklike, tragi-komiese Avonturelycke Reyse van 1625 waarin die siekes uit hul kooie hul skipper toeroep: ‘Waren wy aan landt wy waren ghesondt’ en ‘aan landt wesende kroopen sy by malcander in 't gras en seyden: wy gevoelen alreets beterschap’.Ga naar voetnoot4) Die Kaapse Siekehuis en Kerk is onafskeidelik aan mekaar verbonde. Volgens die oortuiging van Kalden is dit die kerk wat tot troos van die siekes en vermoeides strek. Hy laat sy voorwerp self spreek terwyl dit uitkyk op die Siekehuis: Aegrotis solamen ego fessique solamen
Fonsque salutiferos suppeditans fluvios.
Si modo Caelestes rivos affictus adibit,
Non tantum incolumis, sed satiatus erit.
| |
[pagina 79]
| |
Die vertaling van Valentyn lui as volg: Ik ben tot troost van al de zieken, en vermoeide;
De Bron des Heils, zoo g'u maar tot dit Hemelsch Bad,
Verlegen over uw bedryven heenen spoeide;
Gy waart behouden door 't bezitten van dien schat.’
Die Siekehuis is in die jaar 1699 begin, dus ook onder die regering van Willem Adriaan, na die aankoms van Kalden, wanneer die kommissaris van die Raad van Indië, Daniël Heinsius hier was, en daar 'n Latynse vers voor gemaak het wat voor die voordeur gepryk het. Hierdeur het Kalden heel waarskynlik op die idee gekom om Latijnse verse vir die kerk te skrywe. In die vertaling van Valentyn, kondig Heinsius op die voordeur aan: ‘Dit huis, voor zieken opgericht, verquickt de swakken,
O Africa! schrik voor den Nederlandschen naam,
Geschikt om volkeren hartvogtig neer te hakken,
En om gehoorzaamheid te hegten aan haar Faam.’
Op die suidoostelike deur van die kerk was hierdie Latynse vers van die leraar te sien: Mystica Sponsa Poli, quae sancta palatia lustras,
Menteque divina sollicitas Dominum.
Accipe quae placidae hic panduntur faedera vitae,
Oblatumque bonum suscipe corde pio.
Spectator, quicunque venis, transisque viator,
Atria, crede, notant, quae sit ad patria via.’
Petrus Kalden.
Valentyn vertaal dit as volg: ‘O Geestelyke Bruid! die de heilige paleizen
Bezoekt, en met veel ernst den heer bid om gena;
Ontfang de Panden des Verbonds, u hier te wyzen.
En neemt ze met een hert vol yver vroeg en spa.
Beschouwer, wie gy zyt, gewoon voorby te gaan,
Hier ziet gy klaar de weg ten hemel voor u staan.’
Dit moes 'n groot feesdag in die Kaap gewees het toe ds. Kalden vir die eerste maal die ‘zeer net gemaakte’ trap bestyg, en vanaf die ‘zeer nette agtkantige predikstoel, op | |
[pagina 80]
| |
een swarte ebbenhoute dikke fraei geslingerde enkele styl, 4 of 5 voeten hoog, en 5 duimen over 't kruis dik, welke stoel op yder hoek met 8 swarte fraai geslingerde pilasters, op welke een mooye kap rust, verciert; behalven dat de stoel, en de kap overal met ebbenhoute lysten omzet is’ sy inwydingspreek lewer, daar gelees word uit die Statebybel wat rus ‘op een koperen lessenaar, zoo fraai, als ik 'er al zeer weinig gezien heb’. En ds. Valentyn, die wêreldreisiger, het heel wat kerke en preekstoele in sy dae gesien. 'n Dag der dae in ou Kaapstad, 6 Januarie 1704, vir die gemeente en veral vir die leraar. Die skoliere is nie alleen Woensdags ordentlik in die leer van die Catechismus onderrig nie, ‘maar ook nu en dan Sondags na die Predicatie door D. Kalden gecatechizeert’,Ga naar voetnoot1) en tog is die leraar deur 'n groot deel van die bevolking beskuldig dat hy sy pligte nie nagekom het nie. Die Stellenbossers en Drakensteiners het Kalden tot raserny gebring. Sy konkurrente op die Kaapse mark, landgenote uit 'n ander stand, Franse vlugtelinge, 'n enkele boer van Duitse afkoms span saam om hom tot val te bring. Adam Tas in sy Dagboek praat gedurig van ‘paap Calden, den gevynsden Tempelier,’ ‘de geveinsde tempelman,’ ‘de geveinsde paap’. Maar ons moet in die oog hou dat Tas bedroewend weinig eerbied vir alle kerkdienare en hul vergaderinge gehad het, wat hy bestempel as ‘kerkengeraasvergaderingen’ van die ‘van zigzelfs hooggevoelende Tempeliers’.Ga naar voetnoot2) Maar sy moeilikhede sou ten toppunt styg toen die voormalige Bernardyner monnik, vroeër in die abdy Boneffe (België), 'n onrustige en twissieke man, Engelbertus Fran- | |
[pagina 81]
| |
ciscus le Boucq, in 1706 uit Nederland waar hy na sy oorgang tot die Protestantisme tot predikant bevorder was, in die Kaap aankom. Hy versoek om op Stellenbosch geplaas te word, maar word deur die Bewindhebbers tot predikant van Drakenstein benoem, en ds. Beck oorgeplaas na Stellenbosch as opvolger van Hercules van Loon wat om onbekende redes vier jaar ná sy aanstelling sy hand aan sy eie lewe geslaan het en uit wie se mooi boekery Tas nog enige eksemplare aangekoop het. Op 2 April 1706 het Kalden om 'n medearbeider gevra in die ‘grote oest en wyngaart waarin ik my afslove’.Ga naar voetnoot1) Tas het gemeen dat hy hom meer letterlik as figuurlik in die wingerd en op die saailande afsloof, maar dit daar gelate. Een ding is seker, in sy nuwe medearbeider het hy meer gekry as hy voor ingestaan het. Le Boucq was Kalden se bose engel. Aangekom in die Drakenstein lewer Le Boucq sy papiere in op 'n kerkraadsvergadering, maar toe blyk dat daar nòg kerk, nòg pastorie, nòg skool, nòg ‘duits’ voorleser, nòg selfs 'n begraafplaats was, is hy in 'n drifbui daar weg met die belofte om terug te kom as alles in orde was! Goedgunstiglik het hy aangebied om viermaal per jaar die sakramente te kom uitdeel. Vir die res hou hy hom onledig met die kant te kies van die Burgers in die beroeringe teen Willem Adriaan van der Stel, waarin Kalden, die predikant-staatsmankoopman, ook meegesleep word daar hy, wat rang en stand betref, op gelyke voet met die goewerneur beweeg. Die hoofbeskuldiginge teen Kalden geslinger was dat hy sy gemeente verwaarloos, hom meer besig hou met sy landgoed as met sy kansel en dat hy hom skuldig gemaak het aan onsedelike gedrag. Die afloop van die geskille is bekend - Kalden wen die proses aan die Kaap teen sy kollega Le Boucq, maar Abraham Bogaert neem die klagskrif van die Burgers, opgestel deur Tas, ‘een sierlyk schryver’, mee, Willem Adriaan, Kalden en die hoë amptenare word geskors en teruggeroep by missive van 28 Oktober 1706. Pateties is die poging wat Kalden aanwend om toegelaat te word om, soos die oud-goewerneur Simon, sy laaste dae, | |
[pagina 82]
| |
of ten minste nog enige jare in sy aangenome vaderland te slyt. In sy brief aan die Classis Amsterdam, 26 April 1707, verklaar hy plegtig ‘voor god voor wiens gedugte vierschaar ik verschijnen moet’ dat die laster van sy vyande hom die kroon van die hoof geneem het, beroep hom op twee testimonia van die Kaapse KerkraadGa naar voetnoot1) wat van hom getuig as ‘yverig int verkondigen van zijn Goddelijck Woord, een aanzetter van de jeugt tot de Catechisatie naarstig in de studie, ja tot krenkingh van sijn gesonthijt toe’, en beloof om hom aan sy lieflingstudie, Hottentots, te wy ‘om ook die blinde menschen dienst te doen, dat noyt onderstaan is’, as die Classis net maar vergunning wil verleen dat hy hom op Zandvliet terugtrek ‘om op mijn land een jaar of twee te mogen uitrusten van mijn alhier seer moylijke en sware bediening’.Ga naar voetnoot2) Sou dit alles geveinsdheid wees? Niks het gebaat nie. Zandvliet moes verkoop word, maar nie voor Le Boucq, wat ‘wijdloopige Schrifturen’ na Holland gestuur het waarin hy klae oor die volgens hom verkeerde toeloop van sake op die kerkraadsvergaderinge, oor die katkesasie, oor die skool, oor die proses wat hy met Kalden verloor het, oor alles en nog wat, deur Willem Adriaan na Batavië gedeporteer is, sonder traktement waar hy nog jare later op sy Kaapse wyse kwaad bloed geset het. Op 23 April 1708 sien Kalden op die retoervloot Tafelberg verdwyn in die verte, met Zandvliet en alles wat daar agter lê, om hom voor die Classis te gaan verantwoord. Dat hy hom op afdoende wyse ‘gesuivert’ het, blyk uit twee briewe van die Classis, een aan sy aartsvyand Le Boucq en een aan die Kaapse kerkraad. Aan eersgenoemde kom die teregwysing ‘uwe generale beschuldigingen tegen D.D. Kalden en Beck gaan we voorby, als ongegront en weinig met de liefde en geest van eendragt en sagtmoedigheid overeenkomende. Temeer dewijl D. Kalden sig voor ons, tegen die beschuldigingen, tot genoegen verdeedigd heeft’.Ga naar voetnoot3) In die brief aan die Kerkraad | |
[pagina 83]
| |
4 Jan. 1709Ga naar voetnoot1) word die ‘onbezonnen drift’ van Le Boucq betreur, met vreugde melding gemaak van die proses teen hom waarin ‘D. Kalden bij de Hooge Regeering aen de Caep getriumpheert heeft’, en die hoop uitgespreek dat sy opvolger ds. D'Ailley die gemoedere sal tot bedaring bring want - en hier word die teks aangehaal wat tot hede ten dae die grootste waarheid vir ons bevat, - ‘hoe zoet en lieflijk is 't, dat broeders in eendragtigheidt t'samenwoonen’. In 1710 word Kalden bevestig as predikant te Thamen aan die Amstel.Ga naar voetnoot2) Daar skrywe hy sy Afgeperste verweering en nodige verantwoording tegens twee nu onlangs uytgekomene Laster-Schriften: Tot zijne billijke Verdediging opgestelt door Petrus Kalden, eertijts Predikant aan de Caap de Goede Hoop, en nu tot Thamen (1713).Ga naar voetnoot3) Hy verweer hom teen twee ‘lasterschriften’, die naamlose Regte en waare oorspronk en gevolg der Caabse onlusten en die sewende hoofstuk van die reisverhaal van Abraham Bogaert, Historische reizen door d' oostersche deelen van Asia. Hy beweer dat die attestasies teen hom vervals was, dat die opstellers in die war blyk met hul datums, want in sy Contra-attestasies bewys hy dat hy op die dae gepreek het wanneer sekere ouers die eed aflê, dat hy op Zandvliet was en hul kind nie kon gedoop het nie. Teen die beskuldiging van onsedelike gedrag verdedig hy hom afdoende. Hy wys op foute in Bogaert se beskrywing van die Kaap, waaruit hy konkludeer wie onjuis is in die kleine, ook die grote sal gaan verdraai. Die kenmerkende slot van sy verweerskrif lui as volg: ‘Vorder vertroost den Verweerder sig, dat hy niet alleen is, die van die Burgeren dus is mishandelt. De Heer Simonds Predikant tot Drakensteyn onder de Fransen, | |
[pagina 84]
| |
wierd het daar soo bang gemaakt, alle hoon en smaatheden aangedaan, voor de Vierschaar aan de Caac gesleept, en met lastertaal beladen dat hem ook eyndelyk heeft doen besluyten, om die plaats te verlaten na 't Vaderland te keren en is nu geagt Predikant in Ryssel; 't hooft van die belhamels en vervolgens was Jacobus de Savoye die salve, die nu wonagtig aan de Caab en daar Litmaat, zijn oude gewoonte weder tegen den Verweerder opvolgt, om Predikanten te belasteren. Dus handelt men met den Predikant Bek, bescheyden aan Stellenbosch, diemen met alle lastertaal in schrijven doorhaalt, alle hoon en smaatheyd aandoet, zijn kerk laat ledig staan, van 't Avondmaal afblijft ja waar door men zijn kinderen niet wil laten doopen. Soo is den Secretaris en krankbesoeker Jan Mahieu van eenige van Stellenbosch mishandelt, die zijn muur met gewelt hebben omvergeworpen, zijn Vrouw ten uytersten swanger met de armen ten huyse uyt gesleept, en andere baldadigheden en geweldenaryen meer: En men kan naulyks de brieven nu overgekomen lesen sonder tranen, hoe dat men sonder paal of maat brood dronken uytspat tegen een yder, die haar maar in den weg is. God bid ik, wil haar vergeven de hoonen en smaadheden mij en andere Predikanten aangedaan, en sal ik met een zuyver geweten, getroost in mijn God mijn ziel in lijdsaamheyd tragten te besitten.’ In Nederland het hy hom soos 'n balling bly voel. Na die jare onder die Afrikaanse son kon Kalden dit nie in sy land van grys newels meer uithou nie en in 1717 dien hy 'n versoek in om as predikant in diens van die O.I. Kompanjie na Indië te gaan, wat hom deur die Haagse Besoigne en die presidiale Kamer toegestaan is. Hy neem in Mei 1720 afskeid van sy gemeente, seil nogmaals tot aan die Kaap, sien nogmaals Zandvliet in die verte verdwyn, maar nou terwyl die skipper ooswaarts hou, waar hy na 'n veilige aankoms op 2 Maart 1721 bevestig word. Op Java was hy tydelik sonder vaste bediening, in 1722 na Ceylon gestuur en in 1723 te Pointe de Gale geplaas. Hy word na Columbo beroep waar hy tien jaar lank, van 1726 tot 1737 leiding gee in die Ceylonse kringe na sy benoeming as Rektor van die Seminarie aldaar. In 1737 kry hy op sy versoek eervol ontslag en repatrieer die volgende jaar om nogmaals, en nou | |
[pagina 85]
| |
vir die laaste maal, Suid-Afrika, sy tweede vaderland, die land wat hy as jong teoloog-staatsman-koopman so hartstogtelik lief gehad het, agter hom te sien verdwyn. Hy het 'n Nederlandse grafskrif gemaak vir die goewerneur van Ceylon, J.A. Rumpf wat 11 Junie 1723 oorlede is: In dit nare graft lyd bedolven 't geringste deel van den doorlugtigen Rumpf. Van hom, die inwyer van ons oudste kerk in Kaapstad, ‘die om volkeren te regeeren, en nootdruftigen te redden, gebooren was’, is bekend nòg graf, nòg grafsteen, nòg grafskrif. Hoe ‘soet en lieflik’, hoe anders kon die loop van ons kultuur- en kerkgeskiedenis gewees het as, broers van dieselfde volk, of liewer, van dieselfde kerkgenootskap geweet het om in liefde saam te woon. Vir my is die herroeping van Kalden en die hoë amptenare-hereboere deur toedoen van die vryburgers 'n ramp in ons geskiedenis. Toegegee dat hulle dikwels outokrate en selfs onderdrukkers was, die dae kom en die jare nader wanneer die stigting in vreemde hande sou oorgaan en dit juis die Kaldens en die Van der Stels,sou gewees het wat die Dietse geestesgoedere sou kon gehandhaaf het teen die Angelsaksiese. Want soos die oud-goewerneur Simon, sou hulle nie hier slegs geraap en geskraap het nie, maar hul tuiste gemaak het; waar jou skat is sal jou hart ook wees, | |
[pagina 86]
| |
waar jou plaas, jou huis is sal jou tuis ook wees. As ons 'n sterk Hollandse aristokrasie of hoër burgerstand aan die Kaap kon opgebou het, as aan die wense van die vlottende hoër-amptenaredom op hierdie tydstip gehoor gegee is en hul hier 'n tuiste in die agtiende eeu gevind het, sou die neëntiende ‘eeu van onreg’ anders verloop het op kultuurgebied. En hiermee eindig die verdediging vir die hereboere, die oorspronklike besitters van ons ‘Zandvliets’ en ons ‘Vergelegens’ met die monumente van oud-Hollandse boukuns, bevattende boekerye en skilderye, oud-Hollandse meubels, silwer en vaatwerk, later ‘ontdek’ deur en nou in besit van vreemde heersers omdat ons sonder die puik van die Hollandse maatskappy aan die Kaap noodwendig te swak moes gewees het om hul te handhaaf teen 'n wêreldkultuur. Die geskiedenis het dit anders gewil. |
|