Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 1 (1652-1875)
(1934)–Elizabeth Conradie– Auteursrecht onbekend'n Kultuur-historische studie
[pagina 30]
| |
Hoofstuk II.
| |
[pagina 31]
| |
gedaan beginnende 25 Augusti 1685 en eyndigende 26 January 1686.’Ga naar voetnoot1) Olof Bergh is deur die nuwe goewerneur as aanvoerder van die tog na die Namaquas (1682), die volk uit die Noorde wat by die Kasteel kopererts kom vertoon het, uitgekies, omdat hy as veeruiler reeds enige kennis van die binneland opgedoen het. Hy is in Gotenburg gebore in 1643 en was die jonger seun uit 'n Sweedse aristokratiese familie wat in diens van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie getree het op sy twee-en-twintigste jaar. Hy het eers in die Ooste gedien voor hy in 1676 na die Kaap verhuis en die stamvader van 'n bekende Afrikaanse familie word. Hier het hy die diepste vernedering ondervind, homself weer gerehabiliteer deur sy wilskrag en vasberadenheid en in eer herstel, gesterf in sy aangenome vaderland in die ouderdom van tagtig jaar, 1723. Bergh het aanvanklik as veeruiler op ruiltogte gegaan na die naburige sowel as na die verder afgeleë krale soos die van die Hessequas. In 1682, drie maande voor sy reis na die skimmige Vigiti Magna, het hy opdrag gekry om die skatte uit die gestrande Engelse skip Joanna, anderkant die teenwoordige Hermanus, in die buurt van Gansbaai, te gaan haal. Die hele romantiese verhaal van die Landtocht na de Caap das Aguilhas in den jare 1682 lê in die Dagregister opgesluit.Ga naar voetnoot2) Die leier het ‘'n Godes naam’ vertrek en na drie maande met baargeld tot die waarde van meer as ag-en-twintig-duisend gulden en rype ervaring teruggekom. Ses weke later, 30 Oktober, wend hy sy voetstappe noordwaarts en die Journael van de Landtocht gedaen bij d'Edele vaendrigh Oeloff Bergh in den jare 1682 kom tot stand. Dit is gehou deur | |
[pagina 32]
| |
‘de stuijrluijden Reijnier, Daniel en Rosierick Hermansz,’ almal manne van weinig ontwikkeling, ‘kleine luyden’. Hul styl is omslagtig, met 'n groot omhaal van woorde word min gesê maar 'n woord soos ‘ravier’ vir ‘rivier’ werp 'n blik op die gesproke taal van manne van hul stand, 'n uitspraak wat in dialektiese Afrikaans nog gehoor word. Daar is die gewone eentonigheid van telkens terugkerende opgawes van afstande en poolshoogtes maar die epiese ontbreek tog ook nie. Ons sien die toggangers aanstryk oor ‘ravieren’ en ‘berghen’, leef mee met die uitgestane ontberinge en angste om water en as hul sonder resultaat, met uitsondering van 'n mooi kaart, op 19 Desember by die Kasteel terugkeer, vind ons die oordeel van die Dagregister tog wel hard ‘dat 't werck niet met de vereyste debvoiren is behartigt.’ Tog is Olof Bergh tot lid van die Politieke Raad benoem in 1686, miskien as beloning vir sy tweede reis, wat hy ‘in 't jaer 1683 den 27 Augustij’ afgelê het met meer sukses volgens die Dagregister van de landtocht van de Caap de Goede Hoop, waren gedistineert naar de Tropikus Caprikornij, hoewel hul ook nie verder as Doornbosch-Rivier (nou Groenrivier) gekom het nie weens die groot droogte en onbegaanbare passe. Die joernaal is gehou deur Hendrik Claudius, afkomstig uit Breslau in Silesia, 'n vroeë pennis en tekenaar van groot betekenis.Ga naar voetnoot1) 'n Medikus uit Batavië het Claudius na die Kaap gestuur, om daar plante en kruie vir hom te versamel. Maar daar hy soveel blyk van bekwaamheid gegee het, het die kompanjie blykbaar sy dienste so hoog gewaardeer, dat hul hom daar gehou het. Dit is van hom, wat die Fransman Père Tachard wat op 'n reis van Siam in 1685 die Kaap aangedoen het, sy belangrikste inligtings kry. Die Jesuïetiese reisiger was getref deur die skoonheid en juistheid van die tekeninge van Claudius en druk 'n paar af in sy Voyage de Siam,Ga naar voetnoot2) van die wat hy present gekry het. Hy is geïmponeer deur die verskillende reise na die noorde en die ooste, wat Claudius hom getroos | |
[pagina 33]
| |
het met die doel om sy versameling aan te vul. Op 'n volgende reis in 1687, het die kommandeur hom 'n merkwaardige plante-versameling laat sien en toegelaat, om daarvan vir sy Second VoyageGa naar voetnoot1) te kopieër en Tachard praat van Claudius as 'n geleerde vir wie se kennis die Jesuïet eerbied gehad het. In die maand Julie, 1686 sien ons Olof Bergh weer in die rigting van Kaap Agulhas vertrek na die wrak van die Portugese skip, Nostra Signora de los MilagrosGa naar voetnoot2) wat die Kompanjie van die offisiere gekoop het. Aan boord was behalwe 'n groep Jesuïetepriesters, drie afgesante van die koning van Siam met geskenke bedoel vir die Koning van Portugal, Lodewyk IV van Frankryk en Karel II van Engeland, maar die het later in die tuin van die raadslid tereg gekom. Toe Bergh in 1687 op Stellenbosch besig is om 'n oog oor die optrek van die Raadhuis te hou, het daar al gerugte begin rondgaan dat daar uit die Portugese wrak gesteel is. Ds. Johannes Overney, die man wat so naarstig geywer het vir die bou van die eerste kerkie, het vergeefs van die kansel af versoek dat dit moet uit wees met al daardie ‘bekekkelen’. Bergh is gearresteer en in die Kasteel gebring. Na 'n maand, 5de Mei 1686, beken hy en die kosbaarhede, waaronder twee goue pierinkies en 'n fles met muskus, word in sy tuin opgegrawe. Die luitenant-raadslid word na Robben-Eiland verban, na die verskrikkingsoord vir swarte sowel as blanke misdadigers in Kompanjiestyd. Die volgende maand as 'n vyandelike Franse vloot Tafelbaai binneseil, word hy teruggebring na die vasteland, weer weggestuur na die vertrek van die vloot maar in September 1690 vrygeset op las van Here XVII. Die familie Bergh - hy was met 'n gebore Afrikaanse dame, Anna de Konink getroud - het na Ceylon vertrek met behoud van sy rang waar hul vyf jaar vertoef het tot die skindertonge 'n bietjie bedaar het en dan na die Kaap terug- | |
[pagina 34]
| |
keer (1695). Die verbolgenheid van die goewerneur was ook gesak, Bergh word as kaptein van die garnisoen aangestel en hy betrek 'n mooi huis op die Heerengracht (Adderley Street) langs die kerk. Hy word weer benoem tot lid van die Politieke Raad (1697), weer toevertrou met 'n ruiltog (1699) en in 1709 en 1710 met sitting op die Raad van Justisie, toe die seun van die goewerneur wat hom tereggestel het, Willem Adriaan, aan die bewind van sake was en in moeilikhede verkeer het. Op daardie tog ‘na de Sousequase en Gourisse Hottentots’ in die buurt van Caledon en langs die Gouritzrivier, die volgelinge van die toe reeds oorlede Sousoa, het Jan Hertogh die baastuinier meegegaan sogenaamd om plantkunde te bestudeer, 'n Adelbors van weinig opvoeding, ‘die insgelijck geseijt wort kennisse te hebben van allerhande in- en uijtlantsche gewassen, bijsonderlijck aengaende haere benaeminge en culture, en voort van 't geene van een ordinaris kruytkenner kan werden gerequireert.’Ga naar voetnoot1) | |
2. Die belangrikheid van onoffisiële sowel as van offisiële Kaapse briewe.Die aantekeninge is waarskynlik nie deur Bergh self gemaak nie maar van hom het ons 'n briefie onderweg geskrywe ‘Aan den WelEd. manhaften en seer Generusen Heer Wilhem Adrian van der Stel Raat Extraordinaris van India, Gouverneur aan de Caap de Goede Hoop Ende de Resorte van dien’, 'n interessante voorbeeld van die Hollands wat 'n Skandinawiër van geboorte na 'n byna veertigjarige dienstyd in 'n Nederlandse Kompanjie waarvan die helfte in Suid-Afrika deurgebring is, geskrywe het. Hy vertel van hul teenspoed met ‘onse ancker met assien’ wat hy nie weet ‘offt ons in Hottentots Hollandt ontfrent is off aan de Cuulen’ en van hul waens wat ‘in die drieft van 't Eerste Rivier bij 't hoofste van den Borgerraet Mons Henning Huijsen 't ongeluck hadden van twee assen te brecken van | |
[pagina 35]
| |
onsse swaergeladene waagens.’ Om die reis voort te sit, was hul genoodsaak ‘Mons Huijsen aan te sprecken om assistentie die ons een neuwe waagen met een neuwe ass by sette met conditie een dier gelijcke in de plaets te krigen van de E. Compen.’Ga naar voetnoot1) Hy was heeltemal ingeburger maar die landstaal het hom dwarsgesit. Die enkele bewaargeblewe ongeridigeerde brief uit die sewentiende eeu is belangrik vir ons kennis van die spreektaal maar ook die offisiële brief het sy betekenis vir die taal- en letterkundige - dit is 'n brok nasionale letterkunde van die hoogste belang.Ga naar voetnoot2) In hierdie tydperk van die Renaissance het die brief literêre betekenis gekry. Die briewe van P.C. Hooft behoort tot die belangrikste prosakuns uit ons tydperk. En later word dit selfs 'n letterkundige mode, om romans in briefvorm te skryf. As stukke, wat nie vir publikasie bedoel was nie, dra briewe 'n innig persoonlike kleur en is belangrike hulpmiddels, om die werk van afsonderlike skrywers beter te begryp. Die ‘Uitgaande Briewe’, aan die Kaap geskrywe, was wel bedoel vir bekendmaking, hoewel dan ook tot in 'n sekere mate alleen in 'n beperkte kring, nl. die van die Bewindhebbers en die van die Classis Amsterdam wat die predikante uitgestuur het. Hul hoort dus heeltemal tot dieselfde genre as die reisbeskrywings, alleen meer gekonsentreer op 'n bepaalde onderwerp en met verswyging van allerlei onbetekende besonderhede. Die eerste briewe sowel aan Here XVII as aan die Classis Amsterdam, is almal in 'n geykte vorm; van die omgewing en geestelike sfeer van die skrywer van wat hom innerlik ontroer, merk ons weinig. Plotseling word dit anders, met die koms van die Franse vlugtelinge in 1688. Die gemoedere is in beweging geset, en met elke retoervloot gaan daar briewe na Holland, wat die klagte van 'n bepaalde groep met klem en vuur uiteensit of met ingehoue | |
[pagina 36]
| |
woede weerlê. Die geykte vorm is daar nog, maar dan slegs aan die begin en slot, die stroefheid in die taal is weg. In die reisverhale is ook telkens 'n poging aangewend, om die eie saak so mooi as moontlik voor te stel, maar in die briewe kom die persoonlikheid van die skrywers of die kenmerke van die bepaalde groep, wat hul verteenwoordig, veel meer naar vore, omdat daar nou verskillende groepe teen mekaar gespits is. Die briewe uit die tyd van die Van der Stels veral kom ooreen met tydskrifartiekels van later geslagte en dra ongeveer dieselfde epiese cachet as die joernale. | |
3. Die joernaal van die landtog van Simon van der Stel.Die reise van Olof Bergh wat kaarte, tekeninge en interessante joernale opgelewer het, hoewel geen kopererts nie, het die deurslag gegee aan 'n grootse onderneming deur die goewerneur self. In April 1685 was die Hoë Kommissaris Hendrik Adriaan van Reede tot Drakenstein aan die Kaap en gelas Van der Stel, om self na die land van die Namaquas te trek, onderhandelinge met hul aan te knoop, die koperberge te soek en 'n rapport uit te bring oor die moontlikheid van eksploitasie van die erts. Van weinig betekenende togte met primitiewe hulpmiddele onderneem, sien ons die ekspedisies langsamerhand aan belang toeneem, en die uitrustinge gaandeweg beter word. Die skilderagtige sewentiende eeuse skryfwyse word in elke joernaal weerspieël.Ga naar voetnoot1) So groot soos b.v. die verskil in omvang was tussen die onderneming onder Willem Muller in 1655 met Herry en nege soldate en enige ruilmiddels en die groots opgesette landtog van die goewerneur dertig jaar later, met byna sewentig persone en meer as vier keer soveel trekosse, so groot is die verskil in kulturele betekenis tussen die Copie Daghregister van Muller en die Dagh Register/gehouden op de voiagie/gedaen naer de Amacqua(s/ | |
[pagina 37]
| |
Land onder 't beleydt Die onbekende dagboek-houer - dit kon Hendrik Cladius die ‘barbier’ -botanis-tekenaar-joernalis gewees het - laat ons sien met watter prag en praal die stoet, bestaande uit ag-en-sestig persone, byna driehonderd draagosse, perde en esels, die koets van die goewerneur, waens, karre en ook 'n skuit, van die fort uitgelei is op 25 Augustus 1685 deur ses vryburgers tot aan die Olifantsriver en hoe hulle hul merkwaardige reis tot aan die Koperberg voortsit en tot 'n goeie end bring op 26 Januarie 1686. Simon van der Stel op Mauritius in 1639 gebore, was 'n man vol lewenslus en energie wat hy alles in diens van sy aangenome vaderland verbruik het. Hy het tot die kringe van die deftige sewentiende eeuse regentefamilies behoort en deur sy skitterende huwelik met Jacoba Six sy sosiale posisie nog versterk. Sy vader was Kommandeur Adriaan, sy moeder, Maimonica da Costa, was 'n Singalese en van haar het hy vermoedelik sy tikkie oosterse praalsug en heerssug geërwe maar daarby het hy ook gewoon vir sy tyd, as man van stand, sy pligte uitgevoer met heel wat grootheidsvertoon en sy rustyd op sy ou dag op Constantia geniet soos 'n edelman. Dit het in sy pragtige huis waar daar Rembrandts sou kon gehang het, want Six was die vriend en patroon van Rembrandt, te pas gekom dat alleen silwer skale in gebruik wasGa naar voetnoot1) en so hoort dit ook by sy persoonlikheid, by sy rang en stand, dat hy soos 'n vors op reis sou gaan. Droogsaaklik som die onbekende opsteller van die verhaal eers die aantal reisigers en hul hele toerusting op en ons sien hoe die trek langsaam voortgaan by Riebeeck-kasteel verby, die Bergrivier en die Vier-en-twintig riviere oor, tot waar | |
[pagina 38]
| |
die Sonqua-huisies staan. Dan word dit interessanter. Net vyf van die rowertjies kry hul te sien, wat nogal op die vlug slaan en terug gelok moes word met 'n pyp tabak. Dan weet hul te vertel, dat 'n eland deur een van hul giftige pyle getref is en na die word nou gesoek. In skilderagtige prosa teken die joernaalhouer hul maer, uitgehongerde uiterlik, peil hul innerlike gewaarwordings van angs by die eerste ontmoeting, van dankbaarheid en wederkerige gulhartigheid daarna. Met pyl, boog en assegaai staan hul voor hom, sonder 'n kledingstuk, vee of enige aardse besittinge. Soos Johannes in die woestyn, lewe hul van heuning, sprinkane en die wild, wat dit hul af en toe geluk om neer te trek en soos 'n ongepleisterde muur, bloot gestel aan weer en wind sien hul liggaampies daaruit, maar ‘alhoewel dit menschen van geen opvoeding zijn, hadden zij echter de beleeftheid’ om die goewerneur 'n weergeskenk vir sy geskenk te gee, vermeld die dagboekhouer. ‘Ondersoek alle dinge’ skyn die leuse van ons reisigers te gewees het. Watter soorte bome daar groei, watter vis in die riviere hou, watter seldsame diere op die vlaktes ronddwaal, alles interesseer hulle, maar dis tog altyd weer die Hottentotte en Boesmans, wat die meeste belangstelling inboesem. So trakteer die joernaalhouer sy lesers op 'n beskrywing van die wrede gewoonte van die Gregriquas, om 'n dier lewendig te vil, die ribbe van die rugstring af te breek, die een vir een uit die vlees te skil en dit alles terwyl die skaap nog leef, om sodoende die bloed te behou, wat hul dan opkook en ook opeet. Letterlik word hier huidjie en muidjie verslind, want tot die vel toe word gebraai in tye van hongersnood. Nog armer is die Sonquas, wat van blombolle, uientjies, skilpaaie, rupse en sprinkane moet lewe. As die kommandeur hul op rys en brood onthaal en hul 'n slukkie brandewyn boonop gee, is hul die wêreld te ryk, sing, dans en skree van plesier ‘als een party hokkelingen die eerst van stal komen’ - 'n goedgeslaagde beeld van die skrywer, waarmee hy hul dadelik tipeer. Op die geboortedag van Simon van der Stel, 14 Oktober, is die geselskap reeds onder die Namaquas. Die dag, wat later so luisterryk met pappegaaiskiet en feeste op Stellenbosch, die dorp deur hom gestig en na hom genoem, omgegaan het, sou ook | |
[pagina 39]
| |
by die Koperberg feestelik gevier word. Met die Namaquas is 'n vredesverbond gesluit, en Oedeson, die besitter van die Koperberg, sou hul self daarheen begelei. Met warme geneentheid vertel die skrywer, hoe daar ‘3 charges’, gevolg deur 'n kanonskot gevuur is, waarop de Namacquas met hul eenvoudige fluite die kommandeur met musiek kom vereer het, wat die woudgod Pan self sou ontroer het. Vir diegene wat 'n Hottentots-riel gesien dans het, vir alle liefhebbers van primitieve musiek en volksdanse, sal hierdie gedeelte uit die joernaal die interessantste wees. Uit lang hol riete weet elke speler 'n besondere toon te lok, en die gesamentlike geluid klink vir die joernaalhouer soos ‘een groote en swaare galm als bij 't geluid van een orgel’ - weer een van sy teekenende beelde. Onvergeetlik moes die indruk van die dans op die gehoor gewees het: ‘Zy stonden alle in 't rond, zynde wel 20 in getal, en in 't midden van hen een, hebbende in de hand een lang dun stokje. Deze zong voor en sloeg de maat, op 't welke zy allen net wisten te spelen. Zy sprongen allen in 't rond, hebbende de eene hand aan 't oor, en met de andere houden zy 't riet aan den mond. Rondom deze speellieden waren mannen en vrouwen, de welke op dit geluid danzen, vermeerderende het zelve met in de handen te klappen, 't welk alles zeer ordentlyk, naar dat zy wilde menschen zijn, toeging.’ Hierdie spel het die ganse dag geduur, telkens afgewissel deur eet- en drinkpartye. Moeg maar voldaan, keer hul na hul huisies terug, as die rooi son agter die Koperberge wegsink. Nou gaan die joernaalhouer oor tot meer saaklike mededelings. Die Namaqua kapiteins neem afskeid, maar Oedeson gaan self saam tot by de koperberge, waar hul van die erts smelt, en vind, dat dit werklik koper bevat. Stukkies erts word los gemaak om saam terug te neem, maar vir ontginning in die kompanjiestyd was die myne te veraf en geleë in 'n gebied, wat deur die woestynagtige grond en gebrek aan gaanbare paaie, alleen met die grootste moeite en onkoste te bereik was. Tog laat die joernaalhouer ons sien, hoe die geselskap die kus probeer bereik, tot 'n nuwe moeilikheid opduik - die gidse Oedeson en 'n paar ander kapiteins weier, om verder | |
[pagina 40]
| |
die pad te wys en probeer die geselskap met allerlei leuens op 'n dwaalspoor te help. Op 'n vraag, waarom hul skielik so onwillig geword het, kom die antwoord so tipies van die hele geslag, dat ons geneig voel om te glimlag as ons nie geweet het, dat hul die toon nie heeltemal sonder provokasie aangeslaan het nie. Hy lê hul in die mond, ‘dit de passagie na de zee niet te zijn, en dat hen 't hoofd zeer dede van meer te praeten, zoo dat zy, op 't geen hen gevraegd wierd, niet het minste meer wilden zeggen, en bleven dezen avond voorts t'eenemaal stom.’ As daar die volgende dag paniek ontstaan deur die gerug dat alle vee sou meegevoer word, laat die aanvoerder 'n ‘wagen burg’ slaan, die ou Germaanse gebruik, wat hier en in die boerelaers weer herleef het, en die twee veldstukkies word waterpas geplant, ‘voor 't welke zy met gansche troupen gingen neerzitten, toonende hier mede hunne onkunde van der zelver kracht, over welk planten echter de Capiteyn zeer verbaast wierden, wetende niet wat zulks beduyden wilde.’ Toe dit blyk hoegenaamd nie die bedoeling te wees nie om die vee buit te maak, word daar vriendelik melk en enige vee verruil en die geselskap uitgenooi, om daar te oornag. 'n Present van die goewerneur in die vorm van 'n fles arak het die ontstelde gemoedere eers tot rus gebring en daarna tot uitbundige vrolikheid laat oorgaan. Telkens word die geselskap aan een of ander doodsgevaar blootgestel waaraan hul ternouernood ontsnap. Van al die voorvalle deur die joernaalhouer so plasties-reël uitgebeeld, span die bekende een by Piketberg met die renoster, wat op die kommandeur se koets afgestorm het, tog die kroon. Tientalle male het hy dit self aan sy kinders, aan vriende, aan gaste en reisigers oorvertel met die nodige gebare; van geslag op geslag is dit mondeling oorgelewer en selfs in 'n tydperk, wanneer die prestasies van die Oos-Indiese Kompanjie, die Hollandse tyd, in die vergeetboek diggeslaan was, het die verhaal nooit sy bekoring verloor nie. So raak, so lewendig is die oorspronklike beskrywing deur 'n ooggetuie, ons joernaalhouer, daar sit so 'n spanning en klimaks in, dat die beste stuk prosa uit die hele Register tog wel aanhaling werd is: ‘Ondertusschen vertoonde zich aan ons een Rhinocer, van | |
[pagina 41]
| |
een ongelooflyke groote, die met een groote furie en quaadheid regt midden op onzen trein aanquam, daar hy langs liep tot agter toe, alwaar de Heer Commandeur met zijn kales stont, op welke hy recht toezettende, hebbende de Heer Commandeur quaalyk zoo veel tyds, om uit de kales te komen, springende daar evenwel uit met een donderbus in de hand, leide alzoo op den zelven, die geen zes treden van hem af was, aan, en meende vuur te geven; doch de donderbus weigerde, springende de aggerste rust op de voorste; doch het woedende dier, 't welk wy anders geen staat maakten, of het zou de Heer Commandeur, in ons byzyn verslonden hebben, liep hem raakende aan het lijf, voorby; en wy geloofden, dat het zelve van de schoot quam, die een van de Ed. Heer zyn wildschutten hem gaf; daarop liep het zelve voorts met een groote snelheid van ons. Verscheide anderen, die te paard waren gezeten, wisten het zelve al mede met te ontvlugten, verlaatende hunne paarden met een groote schrik, waar van zy op verscheide plaatzen zich bezeert hadden.’ Renosterstories is in elke Afrikaanse reisverhaal te lees, maar seker nêrens so eenvoudig spannend, so sonder mooimakery of vergroting of effekbejag vertel nie. Trouens in al die 17de eeuse dagregisters word ons getref deur die waarheidssin van die skrywers. Baie selde word uit hul verbeelding gegryp, en die klein stukkie fantasie van Van Meerhoff in 1661 oor ‘een levendigh monster vernomen met 3 hooffden, gelijcq drie kattenhoofden en hadt drie lange staerten in 't water uytcomende niet wetende wat het voor een gedierte is geweest’, kom so selde voor, dat dit juis daardeur in die oog spring. Die joernaal van Simon van der Stel is een brok werklikheid en 'n bewys dat die waarheid soms fantastieser dan die fantasie is. | |
4. Die Hugenote en Frans in Suid-Afrika.Vreemdelinge soos Pieter van Merhoff die Deen van Kopenhagen, Olof Berg en Hendrik Claudius, die Swede uit Gotenburg, Wreede die taalkundige en Hottentot-woordeboek- | |
[pagina 42]
| |
skrywerGa naar voetnoot1) 'n bietjie later die versamelaar van boeke en handskrifte Joachim von Dessin, albei van Duitse geboorteGa naar voetnoot2), het hul stempel op die Hollandse kultuur in Suid-Afrika afgedruk. Hul was rasegte Germane. Maar die Hollandse aard met sy sin vir waarheid en realiteit, met sy nugtere kalmte en deursettingsvermoë sou in Suid-Afrika in die sewentiende eeu al aanmerklik gewysig word deur die toevloei van 'n groot aantal Franse, 'n Romaanse volk met meer beweeglikheid en verbeeldingskrag maar met minder standvastigheid as die stoere eerste koloniste. Die Oos-Indiese Kompanjie was 'n handelsonderneming met 'n uitgebreide amptenaredom en kolonisasie het buite hul doel gelê. Maar die Kaap met sy aanwassende getal vryburgers het 'n uitsondering geword, sonder dat Here XVII egter sy beginsels van monopolie in die handel wou prysgee. Die goewerneur self, 'n uitstekende boer en 'n geweldige konkurrent later, toe sy plaas ‘Constantia’, ‘de schoonste en grootste van alle Kaapsze Vrylieden’ was, het gekla, dat die vryburgers nie veel verstand van wynbou en olyweteelt gehad het nie. Die koms van die ‘Voorschoten’, ‘Oosterlandt’, ‘Zuid-Beveland’ e.a. in 1688 met Franse vlugtelinge, wat die gevestigde boerebevolking kom versterk het, sou nie alleen hierin verandering bring nie, maar ook in die aard van die nuwe nasie.Ga naar voetnoot3) | |
[pagina 43]
| |
Hulle was manne wat vir 'n vryheidsideaal heelwat feil gehad het, van 'n bietjie meer ontwikkeling as die Hollandse vryburgers maar in hul kern niks anders as landbouers nie, geen geleerdes, geen aristokrate met titels en wapens nie soos soms met misplaaste familietrots voorgestel word. Nugter beskou, niks anders as vreemde bywoners op die plaas van die Rykman wat hul goedgunstiglik ontvang het en na wie se oë hul moes kyk. Dit is ewig-menslik dat hul na ‘droefheid en ellende’ in die vaderland, hierdie toestand dankbaar aanvaar het maar as die ergste ongemakke gely is, nie altyd van ondankbaarheid teenoor hul weldaders vry te pleit is nie. Dit is ook algemeenmenslik dat die saamhorigheidsgevoel in die vreemde versterk word en dit lê voor die hand dat die groep hom vir die behoud van taal en tradisie aan sy eie predikant en eie ‘meester’, die elemente wat die sorg dra vir die geestelike goedere van 'n volk, sou wou vasklamp. In 1690 was die aantal Hugenote sowat honderd-en-vyftig, versprei tussen die ander koloniste in die distrikte van die Kaap en Stellenbosch, en veral langs die Bergrivier en die Drakenstein, maar van die aansienlike getal is dit alleen die verdienstelike predikant Pierre Simond, wat troos soek in die skryfkuns en hom aan 'n nuwe bewerking van die Psalme wy onder sy drukke werksaamhede. Hierop het die Franse kerke in Europa met belangstelling gewag en as hy in 1701 sy ontslag vra, om na Europa terug te keer, is dit om hierdie werk aan die Waalse Sinode voor te lê. Hy het ‘une force morale, et aussi une force intellectuelle’ hier verteenwoordig.Ga naar voetnoot1) Van ander geskrifte in hul eie taal het daar bitter weinig spore oorgebly, 'n paar jaargange Kerkraadsnotule, 'n enkele briefie of kwitansie en daarmee is dit uit. Baie van hulle het | |
[pagina 44]
| |
in Suid-Afrika aangekom met 'n kennis van Hollands, daar hul reeds 'n tyd lang in Holland vertoef het. Maar hul het behalwe hul eie predikant, ook 'n eie ‘meester’, Paul Roux van Orange, gehad as ‘voorleser’, wat in November 1688 al in diens getree het in die Drakenstein en die pos beklee het tot sy dood, 7 Februarie 1723. Gesteun hierdeur, het die Franse hul aanvanklik verset teen versmelting met die res, en die ingesetenes van hul kant, reeds dertig jaar ingeburger, het agterdog gekoester vir die nuwelinge, wat boonop nog bevoorreg word met landbougereedskap, 'n neersetting in die vrugbaarste gedeelte van die Hollandse kolonie en hul eie taal wil behou. Wrywing was onvermydelik. In November 1689 vaardig die Hugenote-neersetting 'n deputasie met Simond as leier af, om by die Goewerneur en Raad aansoek te doen vir eie kerklike gemeente en 'n eie kerkraad. Uit die Resolutien blyk dat die Goewerneur gedurende die debat ongeduldig en onbillik gepraat het van ‘enige franse gewaande vlugtelingen, dewelke onder schyn van den geloovsdwang hares konings t'ontgaan, haar na dat 's sig liet aansien, uyt Vrankrijk elders heen en voornamelijk na Holland hadden begeeven, ten einde om onder den dekmantel als yveraars ledemaaten en voorstanders van 't Protestantsche geloov een Leuij en vadsig leven te leiden’. Nou wil hul 'n eie kerklike gemeente hê, later seker ‘hun eigen Magistraat, Opperhoof en Prince van den Landde te kiesen en hun also de gehoorsamheid die-se an d'E.Comp. schuldig zyn waren t'onthrekken.’ Die deputasie word met 'n skrobbering huistoe gestuur en gewaarsku, om nie weer sulke impertinente aansoeke te doen nie. Here XVII het milder opgetree. In Desember 1690 kom die antwoord, dat die Drakensteiners 'n eie kerklike gemeente kon kry, op voorwaarde, dat die ‘kerkenraad’ sover as moontlik tweetalig moes wees. Die Stellenbosse en Drakensteinse ‘meesters’ moes die Hollandse en Franse kinders saam onderrig, en daar moes veral op gelet word, dat ‘die kinderen van fransche ouders gebooren voor alle de Nederduytsche tale te doen leeren, lesen en verstaen, om door dat middel onse natie te meer te werden ingelijft.’ Hul volg dus die gedragslyn van geleidelike verhollandsing maar sou tien jaar later van | |
[pagina 45]
| |
taktiek verander. In 1701 tree Here XVII ineens kras op en verbied die openbare gebruik van Frans in die kerk en op skool. In 'n uitgaande brief aan die Amsterdamse Kamer, 20 Maart 1702, word met instemming geantwoord, ‘dat door het gebruijk van de Nederlandse taal in de kerk en schoole aldaar, de franse spraak onder de inwoonderen van die gemeinte in ongewoonte komen, en vervolgens metter tijd soo doende gemortificeert werde; dat ookte bekwamer sal konnen geschieden, door dien aldaar geen franse schoolen zyn.’ Maar twee-derde van die Drakensteinse gemeente kon nog nie 'n preek in Hollands volg nie en gevolglik word verskillende petisies na die Goewerneur opgestuur, om vergunning te kry, dat ds. Beck van Stellenbosch - Pierre Simond is intussen weg en Drakenstein het onder die jurisdiksie van Stellenbosch geval - sou toegelaat word, om in hul moedertaal te preek. Dit kon die Bewindhebbers ‘niet goetvinden te consenteeren’, maar laat die saak in hande van die Goewerneur, ‘om hierinne te doen en laeten, soo als UE. ten meeste dienst van de Comp. sullen oordelen te behooren.’ Die Goewerneur, Willem Adriaan van der Stel, het geoordeel, dat vir g'n handelsman ter wêreld die gebruik van twee tale in sy saak nog ooit 'n voordeel was nie (en hy was in die posisie, om die gevoelskant van die saak te verontagsaam) en dat dit nooit uitgesluit was nie dat die vlugtelinge by hul landgenote sou aansluit in geval dat 'n vyandelike Franse vloot Tafelbaai binneseil. Die petiesies hou aan, maar as in 1709 die predikant en kerkraad opdrag kry, dat in vervolg alle briewe en nominasies van kerkraadslede in die Hollandse taal moet ingedien word, is die eerste ongelyke taalstryd op Afrikaanse bodem afgeloop. In 1718 hoor ons nog, dat die Franse godsdiensoefening na afloop van die Hollandse sou begin, ‘al waar het ook voor een of twee menschen’; in 1719 kry die Franse skoolmeester Francois Louis Migoult, wat eers huisonderwys in die Drakenstein gegee het, permissie, om 'n skool in Kaapstad te open, ‘om de jeugt in de Nederduytsche en franse taalen mitsgaders in de christelyke Religie te instruëeren’; in 1730 kry Paul Roux se seun, Jeremias, dieselfde reg, maar 'n | |
[pagina 46]
| |
moontlike tweetalige land was van die aanvang uitgesluit. Die vertrek van Pierre Simond het die proses van uitsterwe van die vreemde taal verhaas. Daar was niemand, om hom op te volg nie. Van Francois Louis Migoult, die drietalige skoolmeester, wat as soldaat in 1713 aangekom het en in diens getree het as huisonderwyser, vermeld die Inventarissen van die Weeskamer 1724, dat sy boekery en papiere bestaan het uit ‘wat pampieren zijnde teekenings en cyferings, strekkende tot myn broodtwinning, een party boeken, duyts en Frans daar onder een Nieuw Testament met d'handt geschreeven’. Wat sy kennis en skryfkuns betref, in vergelyking met die van sy kollegas, was hy dus 'n moontlike leier, maar hy was te verslaaf aan die drank en die kaartspel, om iets anders as 'n publieke skandaal in die Drakenstein te word en dit was buitendien reeds te laat. ‘L'extinction du francais.... a été complet.’ In aanmerking geneem, dat die Franse 'n klein minderheid van nie meer as 'n sesde van die boerebevolking en 'n agste van die hele bevolking uitgemaak het nie, dat hul feitlik as berooides in diens van die Kompanjie gekom het, en vir alles van hul heer en meesters afhanklik was, dat sommige daarby reeds 'n kennis van Hollands in Holland self opgedoen het, dat in 'n kommersiële ooreenkoms geen plek vir die gevoelskant van die saak is nie, kan ons die onderdrukking van die taal motiveer. Heeltemaal onvermydelik lyk dit uit die staanspoor uit, dat die Franse sou opgelos word in die boerebevolking en dat hul taal volkome sou uitsterf, sodat alleen 'n paar plaasname, 'n paar familiename, 'n enkel woord in Afrikaans, sonder om veel spore van invloed op die ontstaan van Afrikaans na te laat, die herinnering daaraan bewaar dat daar eenmaal 'n Romaanse groep aan die Kaap gekom het. Hoewel die Franse vlugtelinge 'n steen in die muur van ons kultuurgeskiedenis gemessel het, die boustyl beïnvloed het, het die tradisie gedeeltelik uit godsdienstige oorweging, gedeeltelik deur van buite aangekweekte sentiment met die onbewuste bedoeling om ons van die Dietse lande af weg te oriënteer, hul betekenis gaan oordryf ten koste van die eerste en belangrikste neersetters, die Germaanse. |
|