Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 1 (1652-1875)
(1934)–Elizabeth Conradie– Auteursrecht onbekend'n Kultuur-historische studie
[pagina 1]
| |||||||
Hoofstuk I.
| |||||||
1. Die joernale 'n dagtekening in die lotgevalle van ons taal, lettere en hele kultuur.Die Nederlandse volk as 'n groot selfstandige onafhanklike eenheid het sy beslag onder Willem van Oranje gekry. Die Afrikaanse wag nog op 'n ‘vader des vaderlands’. Die moment van oorplanting van die Hollandse beskawing na Suid-Afrika in 1652 het uitgeloop op twee volke, elkeen met sy eie geskiedenis, sy eie tradisies, sy eie taal en literatuur maar so nou is die verwantskap dat die Afrikaanse digter Jan Celliers in die besef waar ons volk sy oorsprong het, by die vierhonderdjarige viering van die geboortedag van die groot Swyger uitgeroep het: O beeld van outyds grootse stryer
Oranjevors en Volksbevryer
Jou gees is altyd nog ons leier
Ons bly getrou!
| |||||||
[pagina 2]
| |||||||
Daardie gees word duidelik weerspieël in die geskrifte van litêrere en algemeen kulturele aard wat op die Afrikaanse bodem ontstaan het of hul nou al in die ouer of jonger vorm van die Hollandse taal gestel is. Ons geskiedenis begin byna in die middeleeue as ons Bartholomeus Diaz en Vasco da Gama as uitgangspunt neem en aan die begin van die tweede helfte van die Hollandse goue eeu as ons die ontstaan van ons tydperk met die eintlike neersetting dateer. Maar vreemd genoeg, deur 'n sameloop van allerlei omstandighede, waarin die staatkundige verwikkelinge seker die vernaamste rol speel, het ons tot dusver vry algemeen aangeneem, dat literatuur in Suid-Afrika eers in die derde kwart van die 19e eeu ontluik het met die opkoms van die Afrikaanse. En om aan te toon dat die nuwe taal en die nuwe letterkunde nie somar uit die hemel kom val het nie, het die taalkundiges alle spore van die ontstaan van Afrikaans, die letterkundiges alle stukkies en brokkies Afrikaans uit ou reisbeskrywings, dagboeke, samesprake en verse met voorbeeldige ywer nagegaan. Dit is bekende feite dat die eerste koloniste hoofsaaklik uit die Provinsie Holland gekom het en dat die Hollandse streeksprake wat hulle hier gebring het, duidelik terug te vind is in die Afrikaanse woordeskat en idioom; ook is dit bekend in watter dagboeke, reisbeskrywings en verse Afrikaanse vorme en sinswendinge die vroegste gebesig word,Ga naar voetnoot1) maar die dagregisters en joernale is opsigself al 'n dagtekening in die lotgevalle van ons taal, lettere en hele kultuur. Die Artyckel-Brief vir die dienare van die Generale Vereenigde Nederlantse g'octroyeerde Oost Indiese Compagnie, wat met klein wysiginge in 'n paar artikels in die jare 1601, 1634, 1658, 1672 en 1742 afgekondig is deur die Bewindhebbers, het 'n gebod bevat wat van groot betekenis is vir die nageslag wat sy beskawingsgeskiedenis, oudste verhalende prosa en eerste verskuns wil nagaan. Dit lui as volg: XCI. ‘Sal mede een iegelijck gebonden zijn alle Journalen, Kaerten, Schriften, ofte aenteeckeninge van | |||||||
[pagina 3]
| |||||||
Rheden, Stroomen, Havens, Kapen, Hemels-teeckenen, Kourssen, mitsgaders alle appendentie van de zeevaert op dese voyagie gemaeckt, geannoteert ghescreven, ofte verkregen, getrouwelijck over te geven in handen van den Gouverneur Generaal, oft de Bewinthebberen alhier, het zij datse daertoe versocht werden, ofte niet; op de verbeurte van drie maenden gagie, ende vordere correcti nae gelegentheyt.’Ga naar voetnoot1) Die joernale is dus op gesag gehou, is offisiële geskrifte, bronne vir die geskiedskrywer, maar daar kom onsterflike stukke in voor want die skrywers is mense van gelyke beweging as ons met al die roersele van die menslike hart gewees. Die ewig menslike wat daar uit die oudste registers nog presies so roerend spreek as of hul in ons eie tyd geskrywe is, die tragiese wat daar soms agter die eenvoudigste mededeling skuil, die fris humor uit 'n terloopse opmerking behoort onteenseglik tot die gebied van die letterkunde. Ons kan hul bestudeer om 'n getroue beeld van die gang van sake te kry, om die uitbreiding van die stigting na te gaan, vir die topografie, die hydrografie en die kartografie van Suid-Afrika maar ook om hulself en om diegene te leer ken wat hul gepen het. Maar al te dikwels was dit aanvanklik die ondernemingsgees van ‘kleine luyden’ van die ‘groote Compagnie’ wat aanleiding gegee het tot die interessantste leesstof in die Dagregister wat op die sekretarie gehou is.Ga naar voetnoot2) | |||||||
2. Die dagregister van Jan van Riebeeck.By sy vertrek uit Texel, 24 Desember 1651, het Jan van Riebeeck dadelik 'n aanvang met sy Dagverhaal gemaak en met sy aankoms aan Cabo de Bona Esperance, 6 April 1652, | |||||||
[pagina 4]
| |||||||
het die Hollandse taal 'n vaste nuwe bodem gekry. Oor die voortplanting van die Hollandse taal in die Suidhoek is alreeds gepraat in 'n Remonstransie, onderteken 26 Julie 1649 deur Leendert Jansz. en N. Proot, waarin aangetoon word, dat onder die voordeel en profyt wat die Oos-Indiese-Kompanjie sou kan trek deur 'n fort en 'n tuin aan die Kaap te maak, ook moet genoem word dat die inwoners ‘metter tijd de Nederlantse spraecke leeren, ende d'inwoonders van de baij Saldania en de binnentslants, door haer wel tot eenige handelingh cunnen gebracht worden.’Ga naar voetnoot1) Jan van Riebeeck, die optimis, die man van grootse planne, het g'n oomblik aan hierdie moontlikheid getwyfel nie in die lig van die ervaring wat hij in 1648 opgedoen het, toe die retoervloot drie weke aan die Kaap vertoef het om die goed van die verongelukte skip Haarlem aan boord te help versorg. Hy het in der tyd 'n bevestiging van hierdie nog enigsins twijfelagtige uitspraak van Jansz en Proot aan die bewindhebbers, Here XVII, gerig waarin sy eienaardige seventiende-eeuse vermenging van godsienssin en handelsgees van die ideële en die materiële en van egoisme en altruisme, van 'n ontwakende Renaissance, liefde tot eie taal, ons 'n insig gee in die geesteshouding van ons voorvaders in die algemeen en van ons eerste Dagboekskrywer in besonder. In 'n lang-asem sin, tipies vir die 17de eeuse offisiële styl, druk hy sy oortuiging as volg uit: ‘Wat aangaet 't geene Sr. Leendert Jansz. schrijft van dat d'Inwoonders ofte hunne kinderen onse Nederlantse tale souden cunnen leeren, is considerabel, ende niet min een goede saecke, maer ingevolge noch beter de voortplantinge onser gereformeerde Christelijcke religie daer denselven meede hope toe schijnt te hebben ende in welcke saecke een goet leeraer de beste dienst soude cunnen doen, als UEd: haer die oncosten gelieffden te getroosten, stont het selve oock te strecken tot meerder stichtinge van UEd: aldaer te leggen dienaeren, edoch wat UEd: indesen ofte meer andere saecken sullen gelieven te doen ofte ordonneren, hebben ons (in UEd: loffwaardige dienst op ons eerbiedigh versoeck aangenomen wordende) | |||||||
[pagina 5]
| |||||||
met alle mogelijcken vlijt ende naerstigheijt na te reguleren, waar toe willen hopen ende Godt almachtigh bidden, hij ons alsdan met voorsichtigheijt ende verstant soodanigh wil begenadigen dat bequaem mogen sijn Ued: saecken aldaer ten meesten dienste ende profijte van d'Ed. Comp.e uijt te voeren, ten sijnde UEd: in alles genoegen ende occasie mogen becomen, omme bij tijt ende wijle op ons verder advancement te dencken.’Ga naar voetnoot1) Dit is nie die taal van suiwer vroomheid nie, dit is die taal van die eeu wat hier gebesig word,Ga naar voetnoot2) dit is nie die gesproke taal nie, dit is die geykte vorm van die sewentiende eeuse stadhuistaal. In die tien jaar voor die Bewindhebbers oor die ‘verder advancement’ van die stigter van Hollands Suid-Afrika gedink het, het verskeie inwoners die ‘Nederlantse tale’ aangeleer en hul stempel van ander nasionaliteite en stamme daarop afgedruk en so goed of so sleg as dit gegaan het hul ondervindinge opgeteken wat by die fort geredigeer is voor 'n kopie na die verskillende kamers veral Zeeland en Amsterdam in Nederland kon gestuur word. Van die eerste dag wat die leier voet aan wal gesit het met sy klein klompie mense was daar stof genoeg vir die diepste literêre ontboeseming en het die romantiese in die aard van die kommandeur so iets nie uitgesluit nie, maar sy Dagboek moes volgens Art. XCl 'n amptelike verslag wees tot in die kleinste besonderhede om Here XVII 'n getroue beeld te gee van wat daar in die eerste avontuurlike jare van die stigting plaasvind. Die eerste kenmerkende verdienste van die Dagverhaal van Jan van RiebeeckGa naar voetnoot3) is dan ook die toon van egtheid | |||||||
[pagina 6]
| |||||||
en waarheid wat daaruit opklink. Sonder enige geleerdheidsvertoning of jag op styleffekte, kom daar gedeeltes in voor ‘die in hun eenvoud en waarheid-van-voorstelling van onverwoestbare schoonheid zijn.’Ga naar voetnoot1) Die berigte oor wind en weer wat telkens terugkeer, was van lewensbelang vir die reisigers in die gevaarlike tye van seilbote en onbekende kuste maar verhoog nou slegs die dorheid van die rapportstyl en die besondere, interessante berigte gaan ook dikwels mank aan 'n gebrekkige styl. In die verskeidenheid en rykdom van inligting is dit die suiwer anekdotiese en avontuurlike element wat die aantreklikste is, maar ook die minder boeiende gedeeltes het hul kultuurhistoriese waarde. Hoe gebrekkig ook al dikwels die styl, hoe vervelend ook al sommige altyd terugkerende mededelinge en opmerkings, die Dagverhaal is die belangrikste en boeiendste penneproduksie uit die Hollandse tyd vir wie hom rekenskap van ons verlede wil gee. Eers volg ons dag na dag die liggaamlike lye van die bemanning wat totaal verswak is deur die lang seereis waarop verskeie die hoof gebuig het onder al die moeite en verdriet, en nou worstel teen wind en weer aan die Kaap van Storms. Hul sterf weg by gebrek aan goeie voedsel, maar met 'n soort van fatalistiese deursettingsvermoë, bly die oorlewendes deurwerk aan die optrek van die fort en aan die beplanting van die grond. Dan volg teleurstelling op teleurstelling en agter die eenvoudigste opmerking lê soms 'n wêreld van tragiese geestelike lye. In een slag vernietig die elemente wat die menslike hand | |||||||
[pagina 7]
| |||||||
tot stand gebring het: ‘Het weder wat bedaard zijnde, bevonden alle onzen zwaren arbeid, in den nieuwen tuin gedaan, ten eenenmale ondergeloopen, en al ons gezaaide verdronken en bedorven, tot zeer groot verdriet om aan te zien, alzoo wij verscheide akkertjens met tarwe, garst, erwten, kool en andere land- en tuinvruchten bezaaid en beplant hadden, van welke sommige al zoo schoon stonden, dat een vermaak was om te aanschouwen.’ En as dit ware om die honger nog te verskerp en die waaghalse te straf en te terg, ‘zagen de herten en elanden omtrent even buiten kanonschot van ons fort in redelijke abondantie weiden en lopen, maar zijn zoo wild, dat men ze niet genaken kan, hetwelk ons zeer verdrietig valt.’ Eindelik breek die dag aan, wanneer met vreugde opgeteken word, dat die grootste gevaar vir verhonger gewyk is, want die eerste wortels, mooier en kosbaarder dan stafies rooi goud, so dik ‘als een pink’, het op die tafel van die kommandeur gepryk! Die biografieë van beroemde en berugte ‘wilden’ wat in die dagboek opgesluit lê, hoort tot die stukke wat blywende waarde het. In Herry en Eva en Sousoa onder andere is 'n paar figure geteken wat uit 'n grys verlede altyd weer jong en fris uit die Dagboek opstyg.Ga naar voetnoot1) Die stam waarmee hul die eerste in aanraking gekom het, het die naam Goringhaikonas gedra en die Hottentot naam van die kaptein word deur Van Riebeeck opgegee as Autoehamao. Dit was nogal 'n mondvol vir die Hollanders wat met spreekwoordelike nugterheid die stamnaam omgedoop het in Strandlopers of Watermens, ‘omdat van mosselen leven, die uijtte clippen halen ende eenige worteltjens uijt d' aerde, sonder vee altoos te hebben.’ Die aanvoerder het met die Engelse na Bantam meegegaan nog voor die aankoms van die neersetters van wie hy sy Engelse naam Herry ontvang het en by wie hy gebroke Engels geleer het en later | |||||||
[pagina 8]
| |||||||
'n paar woordjies Hollands van die matrose van die gestrande ‘Haarlem’. Gevolglik het Van Riebeeck ‘Herry, den Hottentoo die wat gebroken Engelsch spreekt’ as tolk gebruik maar dit moes bitter moeilik gegaan het om mekaar te verstaan, daar die kommandeur, die man wat in sy Dagboek die naam van 'n Engelse skip ‘Eagle’ met ‘Egel’ vertaal, en dan verbaas staan dat die wapen so veel op 'n arend lyk, se kennis van die vreemde taal ook heelwat te wense oorgelaat het. Gereelde ‘buikvullinge’ en arak en 'n pyp tabak maak die stramste tong los van wie kennis gemaak het met die Europese genietinge en hul kon onderhandel, maar Henry het klaarblyklik sy eie belange bo die van die vreemdelinge gestel met die gevolg dat hy gou aanleiding tot ontevredenheid gegee het. Eers moes daar ses moeilike maande van ontbering en teleurstelling verbygaan voor die Saldaniers (so genoem omdat die mening geheers het dat hul uit die buurt van Saldanhabaai kom) met vee opdaag en dan begin Herry sy streke uithaal ‘ende voor makelaerdij schijnt te pretenderen.’ Hy tree op as tolk en raadsman vir die kopers maar agter hul rug om ook vir die verkopers, anders sou die volkie wat hul aanvanklik so ‘zeer minnelijk en fraai bejegend (had) dat het wonder was’ nie later so oorlams kon gewees het nie. Hul moet getrakteer word en pers hoe langer hoe meer presente af, deur 'n listige verhaal op te hang dat die Engelse, aartsvyande van die nuwe vreemdelinge, sakke vol brood, hele kanne arak en wyn en handevol tabak kwistig uitgedeel het. Dit duur op hierdie manier maande, voor die Kompanjie 'n klein klompie skape en beeste besit, en dan op 'n Sondagmôre, 19 November 1653 terwyl die sieketrooster die gebruiklike godsdiensoefeninge hou en 'n spesiale dankgebed vir die geboorte van Van Riebeeck se seuntjie opstuur in die Fort, verdwyn Herry en sy hele stam soos 'n groot speld en voer al die kompanjie se beeste mee. Die beeswagtertjie ‘bij den staert van den Leeuwenberg vermoort lagh.’ Nou is Van Riebeeck tog rasend, maar al sy dreigemente en intimidasies, sy poginge onder korporaal Jan van Harwarden, om hul terug te kry, bly vrugteloos. Hy, wat die Saldaniërs in die begin ‘seer speculatyff ende vreemt om aan | |||||||
[pagina 9]
| |||||||
te sien’ gevind het, wat vol verbasing gekyk het, hoe hul die melk uit die leersakke ‘met een quastjen off cleyn swabbertjen, bijnae een spetie als van hemp gemaeckt wesende, opslobberden’, wat in meeslepende gevoelvolle styl beskrywe het, hoe die moeders hul suigelinge agter tussen die bene van die skape deursteek om soos Romulus en Remus aan die wolf van die klassieke mitologie, hul te versadig, slaan nou 'n ander toon aan in die Dagboek. Sy opgewektheid en optimisme styg tot toorn en grimmigheid as een teleurstelling na 'n ander sy goeie stemming kom vernietig en hy het self daaraan gedink om die hele spul te laat vang, as slawe na Indië te stuur en die vee buit te maak - ‘haer volck geefter ons dagelix oorsaeck genoegh toe, met stelen ende weghdragen van d' onsen haer goet.’ Maar as Herry in Junie 1655 weer by die Fort opdaag, word dit raadsaam geag om hom nie alleen weer in genade op te neem nie maar hom ook as tolk op 'n handelstog onder korporaal Willem Muller uit te stuur. In die Copie Daghregister van Muller hoor ons dat as die stukke koper en die provisie stilletjies van die pakosse verdwyn, het Herry met sy kierie geswaai en geskree ‘Goo Goo reght off hij seggen wilde: ick heb u hier niet van doen.’ Hy dwing die soldate om hom die handelsreis met die koper en tabak verder alleen te laat onderneem. Die tekens van sy diefstal word later so sprekend dat hy in Julie 1658 na Robben Eiland verban word en al die vee wat hy ten koste van die kompanjie vergaar het, buitgemaak. Die volgende jaar is hierdie aartsdief teruggebring na die vasteland om ander rowers te help vang maar toe hy daar nie in slaag nie weer teruggestuur na die ballingsoord waarvandaan hy in 'n roeibootjie ontsnap het. Na die vrede enigsins herstel was, het hy dit gewaag om af-en-toe weer by die fort aan te kom maar kort na die vertrek van die eerste kommandeur is hierdie natuurkind, verslaaf aan en verreneweer deur die betreklike seëninge van die Europese beskawing vir diegene wat daar nie teen bestand was nie, in die skaduwee van 'n vesting deur Europese hande opgetrek, begrawe. | |||||||
[pagina 10]
| |||||||
3. Vroeë rapporte van die ‘kleine luyden’. Pieter van Meerhoff ‘die wel ter penne is’.Deur iedere dag aantekeninge te maak of te laat maak, soms wel met moeite gedoen en volgehou, het daar onbewus onsterflike persoonlikhede onder al die los mededelings al gaandeweg gegroei. Daarvoor was die dagboekhouer gedeeltelik afhanklik van die rapporte van die ‘kleine luyden’ wat in die onafgebroke reeks dagregisters van 1651 tot 1795 opgeneem is. Daar lê 'n wêreld van geestelike lye, heimwee en verlange in 'n onbevange opmerking uit een van die eerste, nl. die van vier deserteurs, wat van 25 September tot 3 Oktober 1652 omtrent vier-en-twintig myl van die Kaap in oostelike rigting geswerwe het ‘op hoop om over land in het vaderland te komen.’ Hul joernaal was ‘met rood krijt geschreven.’ Die toggangers Willem Muller en Jan van Herwarden, wat in 1655 en 1658 respektiewelik hul berigte indien, het niks as sonde en ergernis van Herry en Krotoa gehad nie, die meid wat Van Riebeeck aangeneem en Eva laat doop het. Die jare tussen 1659 en 1664 word gekenskets deur talrike poginge om die mitiese stad Vigiti Magna te ontdek wat êrens in die Noorde moes lê.Ga naar voetnoot1) Eva bevestig die bestaan van magtige en beskaafde ryke wat op die ou kaarte vermeld word en waaroor ook die Strandlopers fantastiese verhale te vertel gehad het met die gevolg dat die ‘kleine luyden’ soos Graalridders daarop uittrek om die fabelagtige goue stad te vind. Die reise wat met hierdie doel onderneem word en waarvan die joernale in die Dagregister opgeneem is, en ons erkenning verdien, is in die volgende orde afgelê:
| |||||||
[pagina 11]
| |||||||
Daar word noukeurig reisaantekeninge gehou. Die word deur die sekretaris en sy assistente wat die klerkwerk kon doen en gewoonlik uit die soldate wat 'n goeie hand kon skrywe, gerekruteer is, op die fort geredigeer.Ga naar voetnoot2) Die dagboekhouer het dikwels moeite met die skryfkuns gehad, hoewel daar onder die ruwe manne af-en-toe iemand was wat alles behalwe onbeskaafd en ongeletterd was soos by nader beskouing blyk. Johannes Dorhagen het meegegaan op eersgenoemde reis omdat hy ‘de latynse tale’ goed geken het en hul, getrou aan die opvattinge van die Renaissance, gemeen het dat ieder mens hom met hierdie internasionale taal tog sou kan verstaanbaar maak waar hy hom ook al ter wêreld bevind! Die vernaamste joernaalhouer wat aan elkeen van die ses togte deelgeneem het, die onderchirurgyn Pieter van Meerhoff,Ga naar voetnoot3) 'n Deen van Kopenhagen, kon plasties en aanskouelik skryf, maar Hollands was sy moedertaal nie en gevolglik val hy dikwels deur die mat. Onder die mindere gode is hy 'n grootse figuur, iemand ‘die wel ter pen en oock eenighsints in de teyckenkunst ervaren’Ga naar voetnoot4) was. Hy trek met | |||||||
[pagina 12]
| |||||||
die troep van Jan Danckaert mee maar die Aenteyckeninge is deur die leier, 'n man wat die tug nie kon handhaaf nie, self gehou. By watergebrek begin die volk onwillig te word, twis die ganse dag en toe hul eindelik by die Olifantsrivier kom, het Danckaert sowat alle beheer oor hulle verloor. Daar word 'n kamp gemaak, waar die siekes moet agterbly, en as hul die volgende dag die reis voortsit en Danckaert verdwaal, is die aanvoerder verplig, om 'n angstige nag in die wildernis deur te maak, want niemand slaan die minste ag op sy vure en twintig musketskote nie. Die volgende môre vind hy hul rustig om die kampvuur sit, seker innerlik teleurgestel, dat die leeue so 'n porsie versmaad het. Vir die volgende ekspedisie moes dus iemand gevind word wat ontsag, desnoods vrees kon inboesem. Die keuse val op die boumeester Pieter Cruythoff maar onoffisieel was dit die joernaal houer, die Kopenhaagse ‘provisioneel onder-barbier’ wat die leiding gegee het. 'n Briefie van hom aan die Kommandeur opgestel, 31 Januarie 1661, die dag na hul vertrek, is 'n pragtige voorbeeld van die onbeholpe Hollands, wat die vreemdelinge in diens van die Kompanjie dikwels gebesig het. Daarin laat hy weet, ‘dat wie sein Got loff omtrent de 6 meil van 't fort af, wie U.E. weten dat ons ossen begenen heur wel te skicken, anders niet, dan wie bevelen sein Edelheyt met sein Eedelle frou ende kiender onder den Alderhoogsten bescherminge’. As ons hiermee vergelyk sy ‘Journaelse aenteyckeninge, gehouden bij den onderchirurgyn Pieter van Meerhoff, wegens dese laetse als 2e. persoon mede geweest’, is dit duidelik, dat die hand van die sekretaris, Hendrik lacus, die taal versorg en miskien die hele stuk in goeie 17de eeuse skryftaal omgewerk het. Die vaste formule, ‘nadat wy wat gerust hadden’, die subordinerende sinne, wat in die volkstaal weinig voorkom, die woordeskat, alles wys daarop dat daar korreksiewerk gedoen is. Tog is in sy joernale wat van beskrywende aard is, 'n sekere spontanëiteit bewaar gebly, 'n sin vir die grappige gepaard aan 'n sin vir die praktiese wat die reisigers oor die grootste moeilikhede van hierdie gevaarlike togte gehelp het, aan die dag gelê. Daar kom staaltjies van egte, natuurlike vrolikheid in voor en die bron van vermaak vir die ontdekker van die | |||||||
[pagina 13]
| |||||||
Namaqua is die reus koning Akembie, ‘veel grooter als Catibou, de grootste slaaff die aen Compies schuyr leydt.’Ga naar voetnoot1) Van Meerhoff gee die voorbeeld en leer die Namaqua die genot van 'n pyp tabak maar ‘den coninck in plaats van na hem te trecken blies van hem aff.’ As hy die kuns meester is, begin hy begerige oë op die ‘fijne lakense slaepmuts’ van die skrywer te slaan. Toe hy dit present kry, wil sy drie seuns ook elkeen een hê. Die praktiese Hollanders - miskien het 'n blik op die gestalte en die vuiste van die Koning hul vindingrykheid verskerp - weet daar gou raad op. ‘Wij maeckten datelijcq 3 a 4 stucx van de blaauwe cleetjens die wij hadden en hebben haer yder een gegeven, maar sij hadden machtigh sin in de roo mutsen; daer waeren eenige van ons volck die roode mutsen hadden, ick deed se haer geven en ick belooffde haer betalingh als wij aen de Caep quamen; de muts die de coningh van mijn creegh wees hij mijn dat hij se met coraelen rontsom woude behangen.’Ga naar voetnoot2) In vrede en vriendskap het hul uit mekaar gegaan. Akembie, volmaak gelukkig met sy rooi mus, bly agter in sy land en Van Meerhoff aanvaar die terugreis met wie weet hoeveel donker gedagtes oor Eva, die bondgenoot van Herry, met wie die ontdekker op 2 Junie 1664 plegtig getroud is, toe sy al twee kinders van blank vaders gehad het. Binnen enkele weke was daar weer 'n geselskap op die been na ‘den coningh’, sy seuns en ‘capiteyns’ waarop Van Meerhoff die werk van leier, chirurg en joernaalhouer gekombineer het. Hul trek weer by ‘Meerhoff's Casteel’, die ronde koppie bo-op Piekenierskloof (Greys-Pas) wat hy op die vorige reis na homself genoem het, verby, herstel die vrede onder die Namaqua en Akembie ontvang sy presente. Die dubbele beloning van die vier riksdalers en brandewyn wat elke ‘lantreyser’ by die tuiskoms gekry het, het hy dan ook dubbel verdien. Op die reis van Pieter Everaert wat oor 'n halfjaar gevolg het, het hy as sekunde meegegaan. Die ‘scribent Cornelis de Cretser’ het die joernaal gehou maar behalwe die verskrikkelike dors was daar nie veel om oor te skryf nie | |||||||
[pagina 14]
| |||||||
dan die ontmoeting met 'n olifant ‘in welcke tegemoetcominge een van onse comp.en, genaempt Pieter Roman, niet alleen van wierde achterhaelt, maer oock soo deerlijck gequest, dat hij ongeveer 2 uyren daarna is comen te overlijden.’Ga naar voetnoot1) Toe Pieter Cruijthoff sy tweede reis sou onderneem, het dit al 'n soort van tradisie geword dat Van Meerhoff sou saamgaan, maar die Journael is gehou deur Frederick de Smit, blykbaar nie die werk van 'n gebore Hollander nie, om te oordeel na die woordkeus en skryfwyse. Hy het las met die spelling van woorde soos ‘sonties’ (zoetjes) ‘soepien’ (soopjen) en ‘kabriesen’ (karbiesen) en skryf al die Afrikaanse samestelling ‘vogelstruysen’ wat 'n bewys is dat hierdie vorm naas die Hollandse toe reeds in gebruik was. Hul het 'n wa saam geneem en vir die eerste maal het daar waspore langs die Olifantsrivier gelê maar die het die agterdog van die ‘wilden’ opgewek. As hul by die plek terug kom, waar op die heenreis een en ander onder 'n hol klip weggesteek is, word alles terug gevind, behalwe die heerlike spek en gedroogde wildvlees, wat hul so lang gespaar en so na gesmag het. Verdrietig vermeld die joernaal, dat die ‘gegetten en geconsumeert’Ga naar voetnoot2) was deur wilde diere - of was dit deur die onversadigbare mensies van die vlaktes? Met skynbare gevoelloosheid vermeld die joernaalhouer die ontberinge van die lang weg: snags ly hul bittere kou, oordags vergaan hul van die hitte en die dors, veroorsaak deur die brakwater, sodat van 'n sekere Dirck Rootkop telkens vermeld word, dat hy ‘niet meer voort coste’, nieteenstaande of miskien as gevolg van die herhaalde aderlating deur die bekende chirurg Van Meerhoff. Die verskrikkinge van die tog het hul nie afgeskrik nie en binne 'n jaar was daar weer 'n geselskap op dieselfde wapad onder leiding van Jonas de la Guerre. Pieter van Meerhoff het die joernaal gehou en ons voel dadelik dat 'n joernalis ‘wel ter penne’ aan die woord is. Daar word beskrywe hoe hul na heel wat gevare en vermoeienis tot in die kloof van die Olifantsrivier kom, waar die kosbaarste besit, 'n pragtige | |||||||
[pagina 15]
| |||||||
‘beslagen hechte boerewagen’ uitmekaar gehaal word en aan die voet van die berg begrawe. Die werksaamheid het in die stilte van die nag gebeur in die hoop dat die bespiedende ogies van die berg- en vlaktebewoners hul nie sou gewaar nie, maar as hul eindelik in die versengende hitte van die somermaand Desember die Olifantsrivier weer bereik, is die wa verbrand, die provisie gesteel en die kruitkokers almal leeggestort. ‘Chrigeriquas ende Sonqua’ kom vertel dat Cochoqua die vernieling aangerig het en Cochoqua pak die skuld op ander Hottentotte. Van Meerhoff het voëls en plante op die reis gesien wat nuut was vir hom en ‘in 't marcheren is van ons twee camelen gesien welcke beesten noyt voor desen is vernomen, waerdoor wij presumeerden dat wy niet verre van de Revier Vigita Magna waren, wandt ick had voordesen wel hooren seggen van de Namacquas als dat daer omtrent de revier sulcke beesten zich onthiel.’Ga naar voetnoot1) Maar die goue skaal Vigita Magna het steeds buite die bereik van die graalridder gebly. Hy is 'n tragiese held onder die ou penniste, 'n laat-Warhold-figuurGa naar voetnoot2) in die drama van hewige botsing tussen Kristendom en Heidendom. Dit is die ewig-menslike van val en opstaan, van hoopvolle stryd tot die einde toe, wat ons so ontroer. Nêrens kon sy rustelose soekersgees bevrediging vind nie, nie in landreise nie, ook nie in die onnatuurlike huwelik wat hy op 2 Junie 1664 gesluit het, vier maande na sy veilige terugkeer by die fort waarmee die eerste periode van noordelike ontdekkingsreise eindig. Hul het in vaste aanraking gekom met Sousoa anderkant die Hottentots-hollandkloof en hom aangemoedig om ‘koebeesten’ na die Fort toe te bring. Een van die skilderagtigste toneeltjies in die Dagregister is die ‘vaderlike’ ontvangs wat hierdie hoof van die Chainouquas kry by geleentheid van so 'n besoek in 1660. Sousoa, ‘met sijn soons vrouw op een grooten os sittende ende geleijt wordende door een van de ruyterwachters, binnen 't fort gereden, daer sij door een van sijn volcq op de | |||||||
[pagina 16]
| |||||||
schouderen affgeholpen wierd,’ versoek om Van Riebeeck self te spreek want sy volk het vertel dat die Kommandeur hom, Sousoa, vir Vader en sy seun vir Broer aangeneem het! Die ‘seun’ trakteer daarop sy aangenome familie ‘dat se lustigh songen ende sprongen ende wonderlijcke aperijen aanrechteden.’Ga naar voetnoot1) Van Meerhoff het tot die volk van die Watergeuse behoort en daar was nog die moontlikheid dat die see hom tot kalmte en besinning sou bring. Naas die landjoernale van die ontdekkers en handelsreisigers na die naburige Hottentotte, het daar ook talrike skeepsjoernale ontstaan waaruit ons die ontdekking van die kuste graad vir graad, myl vir myl kan nagaan.Ga naar voetnoot2) In Julie 1667 het Van Meerhoff opdrag van Cornelius van Quelbergh gekry om na Mauritius en Madagascar te reis met die bedoeling om die Mozambique kus te verken en van alles aantekening te hou. Hoe sou hy ons opnuut van sy skrywerstalent, van sy opmerkingsgawe kon laat geniet het. Maar as sy skepie, die Westwout, op 27 Februarie 1668 Tafelbaai onverrigtersake weer binneseil, lê Pieter van Meerhoff en ag van sy manskappe by Artongilbaai vermoor. So groot sou Eva se verdriet nie gewees het nie. Vir haar was dit 'n verlossing uit die knellende bande van die beskawing en die Dagregister vermeld haar blye terugkeer in die boesem van haar eie swerwersvolkie. Die skeepsjoernale wat langs die Suid-Afrikaanse kuste gehou is, die werk van eenvoudige joernaliste wat aan die Kaap hul opdrag ontvang het, soos die van die skipper van die ‘Grundel’-tog van 30 Junie tot 13 September 1670, Gerrit Gerrits Ridder Muys en van die kaartmaker Sieuwert Jans Boom,Ga naar voetnoot3) staan in noukeurigheid en duidelikheid ver agter by die joernale van die groot seevaarders. Eentonig, vervelend is die massa détails omtrent peilinge, riviermonde, | |||||||
[pagina 17]
| |||||||
weersgesteldheid, kusbeloop wat aangegee word, maar 'n enkele keer kom daar tog 'n mooi beligte stukkie prosa in voor en dan maak dit die indruk van 'n oase in 'n woestyn van dorre opsommings. Aan wal kom hul in aanraking met ‘altemael kerels als boomen’Ga naar voetnoot1) met die gevolg dat dit dikwels noodlottig vir die manne van gewone gestalte afloop. Soos die ‘Westwout’ sonder Van Meerhoff, so het die ‘Grundel’ sonder Boom in Tafelbaai teruggeseil gekom. In sy skeepskis het die kladjoernaal gelê, ‘op verscheijde papiertjes zeer caswijs geschreven’ en ‘voor soveel d'selve leesbaer en verstaandel(ijk) syn geweest’Ga naar voetnoot2) is dit deur die sekretaris oorgeskrywe voor dit na Here XVII opgestuur is. Hul rampe sowel as hul voorspoed het die joernaalhouers aan die Voorsienigheid toegeskrywe. As die soekers na skipbreukelinge nie in hul sending slaag nie, heet dit in die taal van hul tyd ‘dat God almaghtigh d'E. Comp. met de frequentatie dier gewesten, niet jegenstaende soo wel moyelicke besendingh successive daer op aangeleyt, voor alsnogh niet heeft gelieven te favoriseren doch blijfft Zijne Majesteijt evenwel hertelick gedanckt, die dit schip en volck uyt soo veel rampen en gevaren geredt en nogh behouden hier wederom aangebragt heeft.’Ga naar voetnoot3) Die eenvoudige siele het berus in die wil van 'n Goddelike hand, het daaruit krag en sterkte geput; die wil wat hom met die fatum meet, was vir hul uit die bose. Hulle geskrifte is van allerlei kleur en nuansering - daar is Dagregisters met kort sakelike mededelings, in 'n gebrekkige styl opgestel en daar is uitvoerige stukke met allerlei uitweidings van topografiese en etnologiese belang, wat in meer versorgde styl gekrywe is of waaraan die sekretaris meer sorg bestee het. Nooit is dit die werk van auteurs nie, want die penniste ‘waren ruwe zeebonken, iets meer ontwikkeld dan de grote massa van hun kornuiten, maar overigens toch van gelijke beweging als zij.’Ga naar voetnoot4) Hul aantekeninge is volksboeke waarin | |||||||
[pagina 18]
| |||||||
die deursettingsvermoë, die taaie volharding, die godsvertroue, die waarheidsliefde van die volksgees weerspieël word; hul is so goed as anonimie vir ons, met uitsondering van die forse gestalte van Van Meerhoff wat, dank sy die liggaamlike krag die vermoeiende togte kon trotseer en dank sy sy vaardigheid met die pen, interessante joernale kon hou. Kuns is dit nie, maar die gekunstelde en die kunsmatige van die Renaissance wat in die sewentiende eeuse poësie veral soms so hinderlik kan wees, ontbreek dan ook totaal in hierdie prosa van die ‘kleine luyden’. | |||||||
4. Eerste verse aan die Kaap gemaak o.a. deur Arnout van Overbeke en Pieter de Neyn.Wie in die 17de eeu die skoonheid liefgehad het, of ook maar enige letterkundige neiginge gevoel het, het die poësie as uitingsmiddel bo die prosa verkies. In die jare van eksplorasie van die binneland en van die kuste, toe die opstellers van die land- en skeepsregisters onbewus die volksaard weerspieël maar die skrywers geen aanspraak maak op literêre verdienste nie, kom die eerste bewus-literêre skeppingsdaad. Vier jaar na die vertrek van die stigter is die eerste steen van die nuwe Kasteel deur sy opvolger gelê, 2 Januarie 1666, 'n dag van groot betekenis vir die klein kolonie. 'n Onbekende digter het 'n geleentheidsvers gemaak wat in die Dagregister opgeneem is en waarin hy die plegtigheid as volg besing:Ga naar voetnoot1) ‘Den eersten steen van 't nieuwe Casteel goede hope
heeft Wagenaer gelegt met hoop van goede Hope.
Ampliatie.
Soo werden voort en voort de rijcken uitgespreyt
Soo werden al de swart', en geluwen gepreyt
Soo doet men uijtter aerd, een steene wal oprechten
daer 't donderend metael, seer weynigh can ophechten
Voor Hottentoos waren 't eerteijts aerde wallen
nu comt men hier met steen voor anderen oock brallen
dus maekt men dan een schricq, soowel d'Europiaen
als voor den Aes: Amer: en wilde Africaen
| |||||||
[pagina 19]
| |||||||
dus wordt beroemt gemaeckt, 't geheijlich christendom
die setels stellen in het woeste heijdendom
wij loven 't groot bestier, en zeggen met malkander
Augustus heerschappij, noch winnet Alexander,
noch Caesar's groot beleijt, zyn noijt daermee gewaerd
met leggen van een steen, op 't eijnde van de Aerd.
Tipies van die Renaissance verskuns is die woordspeling op ‘Casteel goede hope’ aan die begin en die klassieke sinspelinge aan die slot van hierdie historiese kuriosum. Nog dikwels sou die naam ‘Kaap de Goede Hoop’ die vernuf en vindingrykheid van die amptenare prikkel. In ‘De Rijmwercken van wijlen den Heer en meester Aernout van Overbeke’ 1678,Ga naar voetnoot1) is 'n puntdig opgeneem wat hy geskrywe het ‘In het stam-boeck van den Heer Aelbrecht van Breugel; commanderende aen Cabo de Boa Esperanza: Daer hij (een dagh voor mij gekomen) alles in 't wilt vondt; waer over sich dickwels aen mij beklaegde: den 23 April, Anno 1672.’ 't Hooft van het Hooft de Goede Hoop,
Vondt alle dingen over hoop:
En vroegh mij, wat voor raedt ick hem daer in kon geven?
Ick seij; mijn vriendt, 't is een vuyl nest:
Gedult te hebben, is hier best;
Wyl ghij gedwongen zijt, op Goede Hoop te leven.’
Arnout van Overbeke is in Den Haag gebore in 1632, en in Amsterdam oorlede 1674 na 'n kort, verwoeste lewe. Na hy sy eed as advokaat-fiskaal voor die hofvan Holland afgelê het, is hy in 1668 na Batavië gegaan. In 1672 het hy teruggekeer, het op daardie reis as hoogste amptenaar aanwesig opgetree as die bevelhebber van die retoervloot en die puntdig vir ‘'t Hooft van het Hooft de Goede Hoop’ gepen. Die vroeg-Renaissance ‘quicken’ van digters soos Roemer Visscher het met die bye hul angel sowel as hul soetheid gemeen. Die rymwerke met die Geestige en vermaeklijke Reijsbeschrijving van Mr. Aernout van Overbeek, naer Oost-Indiën | |||||||
[pagina 20]
| |||||||
uytgevaren voor Raet van Justitie, in den Jare 1668, wat agterin opgeneem is, is heeltemal in die gees van die tyd gekonsipieer. Van Overbeke was daar in die winter en wou nie op die veld slaap nie, ‘om een kudde Vogel-Struysen of eenige wilde Harten op te doen, want men heeft 'er Tijgers, en Beeren, Leeuwen wreed en stout,
Souden die setten op den romp van Nout,Ga naar voetnoot1)
Haer poot,
O Doodt,
Dat waer te grof,
Neen neen neen,
'k Wil niet heen,
't Nieuwtjen is bij mij al of.’Ga naar voetnoot2)
Sy veertiendaagse verblyf was vir hom lang genoeg en in die kort tydjie het hy nog hooglopende rusie gehad met die kommandeur wat hom tot allerlei geestige opmerkings prikkel. Aan die Kaap het hy geen ander monster gesien nie ‘als den Commandeur self’ aan wie ook die Hottentotjies maling het en sê ‘wat Capiteijn is dat! altijd Sieckum, id est siek, quaed, knorrig, lelijk en al wat niet en deugt, is al Sieckum, slechte Tabacq, sieckum Tabacq etc.’ Soos die ongeluk dit wou hê, moes Von Quaelbergen met dieselfde vloot terug wat aanleiding gee tot nog meer sarkastiese aanmerkings b.v. dat hoewel hul nie die ‘Caep-vogeltjes wit met zwarte spikkelen’ in hul strikke kon vang nie, hul tog altyd vars vlees op tafel gehad het ‘al hadden het de honden maer geweest van de Heer Quaelbergen, (die van de Caep was op ons Schip gekomen) die 's achtermiddags de tafel voor haer Ledekant gebruykten.’ Sewentig jaar later is daar weer gesinspeel op ‘'t Hooft de Goede Hoop’ maar dan heeltemal in 'n ander trant. In 1746 het daar in Amsterdam van Jan de Marre verskyn: Bespiegelingen over Gods wijsheid in 't bestier der Schep- | |||||||
[pagina 21]
| |||||||
selen, en Eerkroon voor de Caab de Goede Hoop,Ga naar voetnoot1) In die ‘privilegie’ wat voorafgaan, hoor ons dat die drukkers ook besig is aan 'n groot digwerk Jan de Marres Batavia, in zes Boeken vervat. Hy was dan ook 'n gevierde agtiende eeuse Nederlandse digter en sy Eerkroon, hoewel dit deur Suid-Afrikaanse aangeleenthede geïnspireer is, kan beswaarlik tot ons literatuur gereken word. Maer in die toewyding aan Mr. Pieter Rendorp, die Amsterdamse burgermeester nooi hy hom uit ‘om, als uw eedle Geest den boog der zorg ontspant, In haar Bespiegeling, U van 't vrije Nederland
Naar 't Hoofd van Goede Hoop te voeren.’
Aernout van Overbeke, 'n weinig soliede juris, kon ook diep ernstig wees soos blyk uit sy Gebedtlied om een geluckige Reyse te Water. Vir ons sewentiende eeuse voorouers was dit doodgewoon om vandag 'n spotskrif of 'n loflied ter ere van Bacchus op te stuur en môre 'n innig deurleefde gebed tot God te prewel. Op sy reis van 1672 het hy 'n redding uit die hand van vyande meegemaak en uit die diepte van sy hart gebid in die oortuiging dat, ‘Het grouwsaem Roovers Rot,
Dat in de diepe kuylen
Des Aertrijks weet te schuylen,
Is u bekent, ô Godt!’
Ander omstandighede, ander stemminge; ander stemminge ander digterlike uitinge en so is dit 'n geheel andere man dan die bespotter van Van Quaelbergen wat onderweg dig: ‘Ach Godt! bewaer ons dan voor Noot,
'k Ben maer een hand-breedt van de Doodt;
Eén plank die tusschen beyden leyt:
Maekt maer alleen het onderscheyt
Dat ik niet mede werd' getelt
Bij die de doot heeft neergevelt.
| |||||||
[pagina 22]
| |||||||
Breng ons aen het gewenschte Landt;
Op dat wij mogen naderhandt
Verkondigen, wie dat was de Heer,
Die ons geleijde, heen en weer:
Een schilt der Vroomen op wiens last
Lucht, Hemel, Zee en Aerde past.’Ga naar voetnoot1)
Dieselfde tweeslagtige gees, tipies van die eeu, word geopenbaar in die kuns van Mr. Pieter de Neyn, een van die eerste amptenare aan die Kaap met digterlike neiginge wat van Februarie 1672 tot Oktober 1674 as fiskaal hier gedien het. Hy stam uit 'n familie van regsgeleerdes - sy vader was in 1670 pensionaris van Alkmaar en later raadsheer aan die hof van Holland, die Hollandse regbank. Volgens sy eie getuienis in ‘Op mijn geboortedach’, een van sy ‘Mengeldigten’ in 1681 uitgegee, in 'n bundel getitel Vroolijke Uuren bestaande uit verscheide soorten van Mengel-digten, waarin allerlei biografiese besonderhede in luimige trant meegedeel word, weet ons dat sy geboortedag op ‘24 Junii, sijnde St. Jansdagh’ geval het, in die jaar 1643 te 's-Gravenhage, volgens die Leidse studente-album.Ga naar voetnoot2) Uit dieselfde gedig kom ons te weet dat hy opgelei is deur die beroemde predikant en rektor van die Latynse skool, Arnoldus Montanus. Na sy voorbereidende onderwys word hy student te Leiden waar die vrolike studentelewentjie hom goed beval het; ‘Geen hokkeling in 't velt en kost ooit luchter springen,
Geen losgebonden hond en toont ooit grooter vreucht,
Geen vrij gemaakte slaaf en had ooit meer geneucht,
Als ik, wanneer ik eerst mijn vrijheid had vernomen,
En ik mijn selven sagh in Leiden als Student.’
Maar dit was oorlogstyd, ‘de Brit, die loerde vast op onser Kooplui schepen.’ Sy vaderlandsliefde ontwaak en hy | |||||||
[pagina 23]
| |||||||
dien 'n tydlang as vrywillige, tot die vyand gedwing word tot die vrede van Breda, en hy weer ‘na de boeken toe’ kon terug gaan. Toe is hy nie weer terug na Leiden, maar na Duisbergh aan die Ryn, 'n nuwe beroemde skool waar hy sy studies in die Regte voortsit. Te lang het hy daar nie gebly nie en het sy professor na Groningen gevolg. Ook daar het die studie nie te goed gevlot nie, tot hy op 'n vakansie tuis smoor verlief word en die dame om haar hand vra. Maar, ‘den Heer moest Doctor sijn, en dan van trouwen spreken,’ is die antwoord. Hy trek na Harderwyk, kry sy Doktorsbrief.... en ook eèn ‘nihil’ na 'n ander op al sy aansoeke by die vroeër geliefde en ander dames, tot hy op sy drie en twintigste jaar sê: ‘Nu ben ik eindelyk eens buiten al die kueren’. Sy vader wou hê, dat hy hom as advokaat moes vestig, maar Pieter het nie sonder gevolg die werke van sy ou meester Montanus verslind, 'n man wat vertroud was met die seewese en bevriend met die grootste Hollandse admiraal, De Ruyter. Vermoedelik was dit die publikasie van 1650, ‘De wonderen van 't Oosten’ van Montanus wat die sterkste prikkel op hom uitgeoefen het, om in diens van die Oos-Indiese Kompanie te tree. Op 11 September 1671 vertrek die ontwikkelde jong regsgeleerde met die skip ‘Gouda’ na die Kaap, om die dienste van fiskaal in die nuwe stigting op hom te neem, onder die goewerneur IJsbrand Goske. Op die gevaarlike lang reis het hy Gedachten op het gesighte van het Zuider-kruis gedig, 'n vers van treffende skoonheid. Hy gaan gebuk onder die besef, ‘hoe wij gestaag in kruisingh leven’; ydele hoop was dit van hom om te dink, dat hy sy kruis kon agterlaat; die is ons opgelê. In die slotvers kom die toepassing. Geen wydlopige bespieëlinge hier nie, maar 'n stille berusting en gewilligheid, om die kruis op hom te neem, omdat dit opgelê is deur die Gekruisigde self: | |||||||
[pagina 24]
| |||||||
Gedachten op het gesighte van het
ZUIDER-KRUIS,
Een gesternte aan den Hemel, dat alleen besuiden de
Linie AEquinoctiaal kan gesien werden.
Hoe wij gestaag in kruisingh leven,
Van d'een in d'ander ons begeven,
En volgen 't quaad van voet op voet,
Dat leer ik nu in overvloet.
Ik dacht mijn Kruis dat was ten ende
So dra ik mij naar 't Oosten wende;
Maar vind waar dat ick vaar of ga,
Het een Kruis volght het ander na.
Het Noorden had ik pas besijen,
Ik dagt niet meer om 't oude lijen,
Mijn oude Kruis geheel verdween,
So als mijn weer een nieu verscheen.
Den Hemel quam 't mij selver wijsen,
So dra sijn sterren quamen rijsen,
En wees, als met de vinger aan
Dat onder 't Kruis wij altijt staan.
Het Kruis dan Heer, van alle dagen,
Ons opgelegt, laat ons dat dragen
Geduldig, met een vroom gemoet,
Stantvastig jegens tegenspoet:
Maar 't Kruis van uwen Soon gedragen,
Sijn smaat, sijn striemen en sijn slagen,
Sijn vlees, sijn bloed, sijn doodsche pijn,
Laat ons die meed' deelachtig sijn.
In 't Schip Gouda Zeilende op 2 graden bezuiden
de linie AEquinoctiaal, den 18, Decemb. Anno 1671.Ga naar voetnoot1)
Hierdie vers, in 'n ernstige bui ontstaan, val onder die ‘Leersame ende Morale Rijmen’ van die ‘Vrolijke Uuren.’ Onder die ‘Ieringen’, byna almal verstandswerk, is dit 'n juweeltjie van diep en suiwer gevoel, op weg na Suid-Afrika gedig, op die mooiste suidelike sterrebeeld. Maar dit het meer in sy aard gelê om ‘slemp-digten’ te maak waarvan vier met sekerheid kan gesê word dat hul nie alleen hier geïnspireer is nie maar ook hier vervaardig is. | |||||||
[pagina 25]
| |||||||
Al vier is geleentheidsverse ter ere van verjaardae van Kaappse jong dames nl.: Aan de deughtrijke ende lieftallige Van die bundel verse het hij self gesê, ‘de Rijmtjes of Versjes aangaende, verdienen eer medelijden, als beschermingh, vermits geen gal, wegens haar eenvoudigheid, daaruit te trekken is.’Ga naar voetnoot5) In die Kaapse geleentheidsverse neem sy verbeelding dan ook geen hoë vlug nie. Tog is die raak woordspelings op die name van die jariges, ‘lieffelijke Cupidootjes’, tipies van die Renaissance digters en herinner aan die kunsvaardigheid en soms ook gekunsteldheid van woordspelings in die werke van Huygens en Hooft waarin die naam van die jubelaris uitgebuit word. Die klassieke invloed laat hom | |||||||
[pagina 26]
| |||||||
orals geld, maar alles is by De Neyn veel eenvoudiger dan in die poësie van die groot 17de eeuwers. Grisella Mostaart word geluk en voorspoed toegewens: Aan de deughtrijke ende lieftallige Aan cabo de boa esperance.
Pluckt mirth en Thijm, en Maaghde Palmen,
Krijght Snaar-gespel, singht blijde galmen,
En springht, en lacht, en vreughden baart,
Die niet van 't minnen is ontaart.
Den Hemel met sijn minne Goodtjes,
De lieffelijke Cupidootjes,
Vol van gejuich en Melodij,
Vierd med' dit soete jaargetij.
Het jaargetij van sulck een schoone,
Als in den Hemel selfs kan wonen,
Grisella Mostaarts liefste Saat,
Waar in sijn troost en lust bestaat.
Een maagd verciert met deughd en seden,
Volmaackt van Ziel, van lijf van leden,
Het doelwit vande jonge jeucht,
Der jongelingen hoop en vreucht:
De Bruilofs-God, maackt 't sijn al vaardigh,
Bereit sijn tafels overaardigh,
Vult kruicken vol van Ambrosijn
En alderhande Hemel Wijn.
Hoopt haast sijn toortsen aan te steeken,
Nu twaalf jaaren sijn verstreecken,
Dat gy noch schooner als Heleen,
Ons als een morgenstar verscheen.
Hy roept van boven tot u Vader,
U dochters bruilofs-dach komt naader,
Bereit het welig ledikant,
Vat alle vreughden by de hant.
Haalt UE. Vrienden by malkander,
Klap t'samen d'handen in malkander,
En viert dus een verbintenis
dat vande Gôon gesegent is,
| |||||||
[pagina 27]
| |||||||
Soo sal het Mostaart-zaat dan groeien,
Tot eer en welstandt weligh bloeien,
En geven jaar op jaar een loot,
Met blijdtschap indes moeders schoot.
Aan Cabo de Boa Esperance
desen 19 Septemb. 1673.Ga naar voetnoot1)
Met Maria van Rosendaal wil hy ‘wat gaan wandelen in een lieven Rosendaal,’ maar hy klae, dat sy dan geneig is om uit te roep: ‘wegh, wegh loop heen’. Daarom wens hy haar toe ‘een Thuyn-man die sijn stukken wel verstaat’. In die lied van Christina Diemer rym hy maar daarop los oor die ‘soete lonken’ van die elfjarige, wat ‘'t koutste hart alreed' doet vonken.’ Die tweede verjaarsdagwens aan Grisella Mostaart gee ons 'n kyk op die ‘maniere van huishouden’ aan die Kaap, twintig jaar na die stigting. Op 13-jarige leeftijd is Grisella ‘niet meer in kinderschoolen’, en moet nou leer naai, en kook, en stryk en styf, want ‘dat is al werkje voor de wijven’. Een na 'n ander word die geregte opgenoem, wat die Kaapse tonge streel en aan Grisella voorgeskryf, hoe sy hul moet voorberei, vis, ‘frikkedillen en saucijsen’, wors in die pekel gelê, en veral wat die tuinman kan aanbied, wortels ‘als arremen dick’ (by Van Riebeeck was dit nog ‘als een pink’) en ander groente: ‘Somtijds ook soo wat steekzala,
Een Rammelas, wat Pruimen, Peren,
Of Vettekous, 't banquetje na.’
Na ruim drie jaar was die banketjies, die vrolike ure aan die Kaap vir hom afgeloop. Die fiskaal is na Batavië bevorder waarvandaan hy as 'n gebroke man, met 'n verwoeste gesondheid gou na Holland teruggekeer het. Bose tonge het sy siekte aan ‘Bacchus ende Venus’ toegeskrywe, hyself | |||||||
[pagina 28]
| |||||||
aan die Indiese klimaat - ‘kan op mijn manne waarheid ende ter goeder trouwen, verklaren, een vijand van beijde geweest te zijn, niet dat wil ontkennen, dat bij gelegentheid soude altemet een goed glas wijn met een vriend gedronken hebben’.Ga naar voetnoot1) Dat daar miskien waarheid in die beskuldiginge van sy vyande gesit het, blyk uit die feit dat hy op die retoervloot afgesit is ‘om sijn gedeboucheert leven.’Ga naar voetnoot2) Watter diagnose ook al reg was, die van sy teenstanders ‘vrouwlui en het drinken van arak’ of sy eie ‘barbery of landziekte’, die Kaapse geleentheidsverse van Pieter de Neyn doen hom geen oneer aan nie hoewel hul net op die kantjie af is. Veel van die Mengeldichten is onkies maar ook Huygens en Hooft, fynvoelende kunstenaars, was dikwels onstigtelik om maar te swyg van werklik onkiese digters soos Foqcuenbroch en so onkies as sy ampgenoot Aernout van Overbeke was De Neyn nooit. Soos die van sy groot tydgenote, wemel die minnedigte op elke bladsy van Cupid, ‘tweede ziel’, Rosemontjen en ‘slaaf’, heeltemal in die trant van die Renaissance-digters. In die ‘slemp-digten’, waaronder die Afrikaanse val, word vriende en kennisse en familielede toegesing, en in die Leersame ende morale Rijmen word daar wyse lesse uitgedeel in die vorm van ‘Sinne-Beelden’ of korte of lange berymde waarhede, alles in die gees van Cats. Dat die Vrolijke Uuren veel gelees is, blyk uit die feit dat dit 'n tweede druk in 1697 beleef het as 'n vervolg op sy Lusthof der HuwelijkenGa naar voetnoot3) en in 1730 nogmaals afsonderlik gedruk is. Ook die Lusthof het in die smaak geval. Hoewel dit hoofsaaklik 'n kompilasie uit ander reisbeskrywinge is, | |||||||
[pagina 29]
| |||||||
bevat dit tog in sowat 'n dosyn bladsye oor die Kaap allerlei besonderhede wat ons nêrens anders vind nieGa naar voetnoot1) soos b.v. 'n plastiese en aanskouelike uiteensetting van die afskuwelike gewoonte van die Hottentotte om hul ter dood veroordeeldes met stokke dood te slaan. Lewendig vertel hy ook van die aanval op die vyf vryburgers, seekoeijagters, deur Goenjemans waarvan alleen Mostaart ‘wiens broeder doenmaels regeerend Burgermeester was’ ontsnap. Daar word strafpartye uitgestuur onder Jeronymus Cruse in Julie 1673 en April 1674Ga naar voetnoot2) en die beeste van die moordenaars weggevoer, 'n opdrag wat die korporaal verskeie male uitgevoer het. Met 'n Oosterse vergelyking veraanskouelik De Neyn die aankoms van die troppe-troppe buitgemaakte ‘koebeesten’, ‘gelijkende in 't verschiet een ontmoetingh van Jacob ende Esau met alle haare runderen ende schapen of wel een Turksche Kachel of Caravanè.’ Die eerste doelwit van die Edele Kompanjie was die handel maar heeltemal sonder digterlike gevoel was haar Kaapse amptenare sekerlik nie.Ga naar voetnoot3) |
|