'n Hele os vir 'n ou broodmes. Grond en die plaasnarratief sedert 1595
(2000)–Ampie Coetzee– Auteursrechtelijk beschermdGrond en die plaasnarratief sedert 1595
[pagina 55]
| |
4 ‘... om die beste te doen wat ons Afrikaners kan doen, en dis boer’
| |
[pagina 56]
| |
koloniale ruilhandel en die verkryging van grond is nie, het die besit van grond deur afstammelinge van die koloniseerders 'n sentrale realiteit geword. Dit is hierdie diskoers wat van belang is; nie die herevaluasie of herskryf van die afsonderlike tekste van die individuele medewerkers daaraan nie (hoofsaaklik Jochem van Bruggen, D.F. Malherbe en C.M. van den Heever). Hoe het die ‘volk’ gelyk wat gemaak is deur magte en breuke in die samelewing, deur die natuur, en deur die tekste van hulle organiese en tradisionele intellektueles? Hoe het dié tekste 'n gemeenskap met 'n ‘Idee’ geskep? C.M. van den Heever was een van die voorste skrywers van die plaasnarratief sedert die laat twintigerjare. Die titel van sy eerste novelle is eenvoudig en sprekend: Op die plaas (1927). Maar hy was ook kultuurleier, een van die stigters van die Afrikaanse Skrywerskring in 1934 en nasionale voorsitter daarvan tot sy dood in 1957, biografis van die volksfiguur J.B.M. Hertzog en verbonde aan sy volk: gebore in 'n konsentrasiekamp, grootgeword op 'n plaas. Hy het geglo in die rol wat die skrywer speel in 'n volk: ‘... ons moet ook onthou dat elke kunstenaar, hoe indiwidueel hy nou ook al aangelê is, wortel in 'n volk. Hy probeer leiding te gee, maar terselfdertyd beluister hy die volksdrang...’; en: ‘... 'n skrywer is meer as 'n som van indrukke; hy is die verwerker daarvan tot geestelike eenheid, en daarom is hy 'n leier’.Ga naar eind19 Daarby was hy mederedakteur van die driedelige Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner, waarin hy in die bydrae ‘Die Afrikaanse gedagte’ die belangrikheid van die ‘Idee’ in die lewe van 'n volk formuleer. Samevattend, en kompleks verwoord, stel hy dit so: Ons meen dat aangetoon is hoe groot die mag van 'n Idee in die lewe van 'n volk is, hoe gebeurtenisse uitinge daarvan is en daaromheen groepeer in die vorm van 'n historiese samehang, hoe dit hom na buite verwerklik deur 'n groep mense, in 'n noodlotsgemeenskap verbonde deur bloed, taal, gemeenskaplike ervaring en tradisies wat in een vaderland ontstaan het, en hoe die gees dwarsdeur tydelike verkynsels en uitingsvorme heen sy sentrale, dinamiese verloop het en steeds strewe na verwerkliking, voltooiing binne die tyd en ruimte, om so kultuurperiode na kultuurperiode te skep, historiese moment na historiese moment, tradisie na tradisie (C.M. van den Heever & P. de V. Pienaar, 1950:31).Die Hegeliaanse Idee skep werklikhede, bind mense aan mekaar, skep kultuur, maak geskiedenis. Dit het Van den Heever geglo en dit sou die | |
[pagina 57]
| |
meesterteks van sy skeppende werk gewees het, en hoewel daar nie by Van Bruggen en Malherbe dieselfde duidelik uitgespelde filosofieë is nie, is daar in hulle plaasnarratiewe dieselfde soort karakters en situasies as by dié van Van den Heever. Die taak is dus om agter dié Idee te kom, om vas te stel hoe die diskoers van die boer - die Boer - gemaak is. | |
Die boer - die BoerOp veld en rante het in 1920 verskyn, binne die ontwrigting teweeggebring deur ekonomiese en sosiale veranderings. Daar was die gevolge van die ontdekking van goud, die afloop van die Anglo-Boereoorlog, en uiteindelik die depressie van 1930. Maar miskien was die belangrikste feit in die geskiedenis van die Afrikaner dat die ontdekking van ryk minerale bronne aan die einde van die negentiende eeu 'n bestaansekonomie begin verander het in 'n kapitalistiese produksiewyse. Ou lewenspatrone is verbreek en mense is ingedwing in nuwe, vreemde, bedreigende ekonomiese, sosiale, en politieke omgewings. Die vinnige toename in industrialisasie en die ontstellende proletarisasie van swart en wit landelike persone het hierdie breuke in die samelewing vergroot. 'n Gedeelte van hierdie samevatting kom uit Dan O'Meara (1983:67). Sy beskrywing eindig met die woorde: Daar was 'n geleidelike disintegrasie van plattelandse gemeenskappe deur verstedeliking en die ontwikkeling van 'n arm wit proletariaat, die ‘armblankes’, wat, volgens die Carnegie-kommissie van destyds, bestaan het uit persone van Europese afkoms wat hoofsaaklik uit boerdery hulle bestaan gemaak het; en die grootste groepe daarvan was arm bywoners, huurlinge op plase, diegene wat stukkies plaas besit het waaruit geen bestaan gemaak kon word nie; arm nedersetters en ongeskoolde of swak geskoolde werkers buite die boerdery (J.F.W. Grosskopf, 1932:V). In hierdie tye waarin grondverlies 'n harde werklikheid geword het, waarin die boer besef ‘die grond van ons vadere verval in vreemde hande... en ons word opdrifsel... dit lyk vir my die grond verskuiwe onder ons en ons kan nie mooi kleinkry wat aan die gang is nie...’ (C.M. van den Heever, 1957:74) - in hierdie tye word die stemme vanuit die plaasnarratief 'n deurlopende diskoers. In die novelle ‘Bywoners’ in Van Bruggen se Op veld en rante word al | |
[pagina 58]
| |
die elemente vir 'n suksesvolle plaas gegee in die eerste paragraaf van die hoofstuk ‘Hulle Baas’: Andries Vry is die eienaar van een van die grootste plase in die distrik en het nie nodig om self in sy boerdery te werk nie. Hy is ook al taamlik bejaard daarvoor. Na die Anglo-Boere-oorlog was hy in staat om, in betreklik kort tyd, sy woning en werf van verwoesting se merke reg te dokter. Aan hulp het dit hom daarvoor nie ontbreek nie, want baie verarmde boere was maar te begerig om 'n sitplekkie te kry as bywoner in daardie dae, en Andries Vry is 'n eersteklas witman.En 'n entjie verder: Die dogter bring... haastig vir haar vader die koffie. 'n Stil, werksame boerenooi, wat nooit moeg sal word om vir haar ma te luister nie en die opstal van haar vader as haar wêreld liefhet. Dis tog te duidelik, dat die huisgesin gelukkig saamleef... O rustig is daardie lewe en innig vroom blink die eenvoudigheid!Direk na hierdie voorstelling van die idilliese kom daar 'n vreemdeling, 'n versukkelde mynwerker. Hy wil grond huur - want al wat Afrikaners kan doen, is om te boer. Hierdie stukkie narratief lewer die elemente, die uitinge, waaruit die verhaal van grond en die plaas in dié vroeë tyd in Suid-Afrika sal bestaan: grondbesit, besit van die wyse van produksie, arbeid, gemoedelikheid, familielewe, gedienstigheid aan die patriargale orde, werkers wat produseer, armoede. Ou tant Willa in Laat vrugte (C.M. van den Heever, 1958:34), bly as langslewende in volle besit van die plaas waarop sy lewensreg het ('n woord waaraan sy vashou ‘... met haar hele begrip, want dit is die waarborg dat die goed waarvoor sy en oorlede Sybrand so swaar gewerk het, nie deurgebring word nie’) tot irritasie van haar seun, die ywerige boer Sybrand, en haar skoonseun, die lamlendige Gert. Sy wat haar kinders wakker en genadeloos dophou, verteenwoordig die oer-grondbesitter. Sy is meedoënloos teenoor haar kinders, sodat hulle ‘oppassend’ sal wees op wat hulle geërwe het. Humorloos en onsentimenteel is sy, want: Vir mense wat stukke bosse moes plat kap, eindelose kraalmure moes stawel, klippale plant wat vir myle oor die bulte gaan en by die berge | |
[pagina 59]
| |
uitklim, was daar nie tyd vir bog, vir soetsappigheid nie. As mens nie kon vasvat, hou vir hou raakslaan nie, dan moes jy maar gerus eenkant toe staan, want dan deug jy nie meer nie, dan is jy net 'n oorlas vir ander... (C.M. van den Heever, 1958:35).Omdat daar gestry is vir die grond het dit besit geword, en moet dit van geslag tot geslag binne die familie bly. Dit gee identiteit en betekenis aan die geslag. Die tirannieke patriarg in Laat vrugte, oom Sybrand, se besitreg op grond raak verdring deur sy obsessie met besittings, met geld - net vir homself, nie vir die nageslag nie. Hy is nie bereid om die grond af te gee aan sy seun Henning nie; en daardeur oortree hy die natuurlike wet, wat dan sy ondergang sou beteken. Hy word egter deur die skrywer gered, deur 'n hartaanval wat hom afhanklik maak van sy tweede vrou. Dan is hy spyt oor sy gedrag, wat in wese daarop neerkom dat sy stryd teen die natuurlike verloop van erfreg en grondbesit verkeerd was. En skielik verskyn Henning: ‘Maar wat is dit? 'n Kar kom in die pad af. Sy blik is vasgesuig daaraan... Dis Henning’ (C.M. van den Heever, 1958:271). Henning kom in, breedgeskouerd, sterk gesig, met die oë van sy moeder, en met 'n vrolike seunskindjie op die arm. Die perfekte afstammeling. Hulle groet ferm, kyk mekaar begrypend in die oë, en dan ‘maak Henning oom Sybrand se afstand van die aardse besitting maklik, want in die aanraking van sy seun het hy die komende geslagte aangeraak, het hy gevoel dat, terwyl hy in vervulling van die ewige wette, sal moet vertrek, hy tog in die nageslagte, wat uit hom voorgekom het, sal herlewe soos die boom telkens weer verrys uit die jong stam’. Nou kan hy sterf, met dié belofte van ‘deurstromende lewe’ (C.M. van den Heever, 1958:272). Die manipulasie van oom Sybrand se einde was nodig; dit is deel van die didaktiese aard van die vroeë plaasroman. Oom Sybrand se gierigheid en outokrasie het handuit geruk. Die verlore seun móés terugkeer om die erfgrond in besit te neem. Want hulle wat nie grond besit nie, word agterlike bywoners, soos dié in ‘Bywoners’ en Ampie, of swerwers, nomade, wat geen vaste bestaan kan hê nie, soos Wynand in Somer. En wanneer daar indringers kom en die erfgrond word so bedreig dat die ‘deurstromende lewe’ nie kan voortgaan nie, vertel die verteller van die geeste wat in opstand sal kom: Die dodes van Boskloof wat onafgebroke hier gearbei het, wie se handewerk oral staan, wie se liggame vergroei was met die grond van die plaas, skuifel onsigbaar deur hierdie huis, hulle is op die plaas rond, | |
[pagina 60]
| |
hulle wil dit bewaar vir hulle bloed, hulle wil kontinuïteit hê, hulle wil voortgaan in hulle nageslagte (C.M. van den Heever, 1958:246).Laat vrugte, en in 'n mindere of meerdere mate die meeste van die plaasnarratiewe van die twintiger- en dertigerjare, is deel van die dialoog oor die Idee. Dit begin by die verbondenheid tussen die mens en die grond: daar is 'n kosmiese band tussen die mens en die aarde. En as daardie band verbreek word, verteer dit die mens se innerlike, sê Van den Heever in 1935 in 'n artikel oor die Vlaamse plaasromanskrywer Stijn Streuvels.Ga naar eind20 Daarin konstateer hy ook, en dit moet gesien word in die historiese konteks van 1935, dat die grootste deel van ‘ons volk’ boere is wat daagliks kontak het met die grond, dit liefhet - ‘die grond wat hulle van die voorgeslagte geërwe het’. Die mens wat op die veld arbei, is deel daarvan en groei soos 'n boom al vaster aan sy omgewing - 'n bodemvaste kultuurdraer ‘uit wie se eenvoudige opvattings en oortuigings die volk se toekomstige kultuur soos uit klei gevorm moet word’.Ga naar eind21 Dié samevatting kom voor in Van den Heever se hoofstuk ‘Die Afrikaanse gedagte’ in Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner, waar die genealogie van verbondenheid met die bodem in die 17de eeu gevind word. Die ontstaan van die Afrikaner dus; en op grond daarvan sou 'n mens verder kon aanvoer dat grondbesit en Afrikaanse identiteit verbind was - met die aksent op die verlede tyd. Identiteit, indien mens binne postmoderne/poststrukturalistiese denke nog waarde kan heg aan so 'n absolute, het egter vele fasette. In die geval van oom Sybrand het grondbesit oorgegaan tot hebsug. Besit ter wille van besittings kom dikwels voor as noodsaak of begeerte in die plaasvertellings. Hy subverteer die verbeelde romantiek van die idilliese verhouding tot die grond: In hierdie soort natuur word jou kos nie vir jou aangedra nie. Jy moet pal staan, jy moet die grond soos 'n mol omdowwel, jy moet van vroeg tot laat wakker loop, tel, uitreken, regmoker, anders gaan dit met jou soos met baie boere wat van die stoep af wil boer, wat jukskeitjies sit en sny in die winterson of in die somerkoelte, en alewig kla as jy hulle op die dorp kry. Hulle het nooit iets nie, en is dan jaloers op die man wat vooruit boer (C.M. van den Heever, 1958:54).Vooruitboer beteken in die geval van oom Sybrand nie slegs suksesvol boer nie, maar om ook ‘iets’ te hê wat omgesit kan word in geld, as verteenwoordiger van waarde. Wanneer hy sy seun se pragperd aan 'n spekulant verkoop, wys sy handeling dat hy die besitter van alles op die plaas is. | |
[pagina 61]
| |
Henning besit vee, maar dis ook nie syne nie, hy boer ook, maar hy is eintlik 'n bywoner op sy pa se plaas. Wanneer oom Sybrand se tweede vrou hom oor sy besittings begin uitvra, kan hy dit nie verdra nie, want sy besittings gee hom 'n ‘heimlike plesier’ (C.M. van den Heever, 1958:231). Dit is syne alleen, waaroor hy kan beskik soos hy wil. Dit gee 'n gevoel van mag, gee hom sekuriteit, laat hom vas staan op die aarde. In die lig van sy optrede teenoor sy vrou, kinders en werkers is oom Sybrand beslis nie 'n aangename persoon nie. Hy is sekerlik een van die afstootlikste karakters in die portretalbum van die Afrikaanse letterkunde. Die skrywer doen moeite om hom en sy liefde vir besittings te koppel, op so 'n wyse dat besittings 'n definitiewe pejoratiewe konnotasie verkry. Dit word versterk wanneer oom Sybrand tot insig gedwing word deur sy siekte: Hy het die frisheid van die lewe laat verbygaan in sy drang om sy besittings op te stawel, in sy liefde vir sy ‘goed’. Hy het baie dinge verwaarloos; sy oorlede vrou het vir hom niks meer geword as 'n besitting nie; die avontuurlike van die liefde het doodgegaan in die matelose begeerte om meer en meer te hê (C.M. van den Heever, 1958:254).Dit beteken nie dat besittings noodwendig sleg is binne die konteks van die plaasvertelling nie. Een van die dinge wat Ampie leer op sy reis na bewuswording is dat hy iets beteken solank hy iets besit; en toe hy 'n diamant by die delwerye kry, voel hy ‘ineens sy waarde en sien sy eie pad...’. Nou kan hy ‘... staan as die verteenwoordiger van sy familie... op die drumpel van die besigheidspoort’. En Daiel vind vryheid in die arbeid wat hy op sy eie stukkie grond kan verrig, en ‘(N)oudat hy almeer besitting verower, het die mense respek vir hom...’ Hy het nou selfvertroue en hy kan trots wees (C.M. van den Heever, 1945:76, 77, 78). Dit lyk egter of besittings slegs vir die eenvoudiges van gees heilsaam is! ‘Net een ding het hy geleer. Solank as hy iets besit, beteken hy iets. - Kyk vir ou-Moosa se winkel, toe hy kon speel met die geld, was hulle baie vriendelik... En die ou bandiet het net met hom gesels solank as sy sigrets gehou het’ (Jochem van Bruggen, 1946:76, 282 en 286). Om grond te besit, was klaarblyklik vroeër nodig om te boer; en die teks oor grond en die plaas het vanuit daardie gegewe ontstaan. Maar wat sê hierdie tekste van die plaas en die boerdery self, van natuur en landskap? 'n Grondbesitter is egter nog nie 'n boer nie; grond is nog nie 'n plaas nie. Daar word gesê dat die skryf van die | |
[pagina 62]
| |
vroeë plaasroman 'n strewe is tot die openbaring van die plaas as bron van betekenis (Vgl. J.M. Coetzee, 1988:88). In dieselfde tyd as wat die meeste vroeë plaasromans in Afrikaans geskryf is (in die laat twintiger- en dertigerjare), besing W.E.G. Louw (N.P. van Wyk Louw, 1973:10) boer-wees: O om 'n boer te wees wat werk
met sy hande in die son
die liewe, lange dag; om saans
moeg terug te kom
van die lande, en te slaap
tot die rooidag deur die vensters breek,
en teen die tweede hanekraai, oor die ryp
die ploegstert vas te hou...
O om boer te wees en te werk
in God se sonskyn en reën;
om nooit te twyfel dat Hy weet
wat die beste is; om nog te glo,
as sy hart wil breek,
en voel dat hy, boer alleen,
met God kan praat, en dank
as laag-druipend daal die reën...
Hierdie eenvoudige gediggie vat die aard van die ambag van die boer vas in die verhoudings: boer tot natuur, tot arbeid, tot vertroue, tot God; en veral die band tussen die boer, God, en die natuur. Of tussen die boer aan die een kant, en God en natuur aan die ander kant; of tussen die boer, die natuur en 'n hoër mag. | |
Die natuurWat is ‘die natuur’ in terme van die plaasroman? Want die plaas, boer-wees, kan geen betekenis hê sonder dat die antagonis of protagonis geïdentifiseer word nie. Die vroeë plaasromans beskryf wind, reën, droogte, sonskyn, voëls, diere, geluide. 'n Mens sou kon klassifiseer hoeveel beskrywings daar van die reën in byvoorbeeld Die meulenaar is, wat die toon van daardie beskrywings is; hoeveel van droogte in byvoorbeeld Droogte. Wie beskryf, watter oog neem waar: 'n karakter, 'n outeur, 'n verteller? En wat is die verskil tussen natuur- en landskapbeskrywing? Wat is landskap? Dit sou egter 'n onbegonne taak wees, en dis twyfelagtig of daar enige betekenis van die | |
[pagina 63]
| |
natuur daaruit sou kom, want dit moet ook nog gekonstateer word tot watter mate beskrywing van die natuur, representasie van die natuur is. Om by die kern van hierdie kwessies uit te kom, word daar gekyk na vyf voorbeelde van natuurbeskrywing in die romans van die vroeë tydperk.
uit: droogte Die muggies dans al onder die aandson rond toe oom Sagrys met die stofgetrapte voetpaadjie langs die landmuur af stap in die rigting van sy een skaapkraal wat net onderkant 'n kaal rantjie geleë is. Waar die soetgras vanmelewe gekabbel het onder die streling van die ligste windjie, waar die aandblomme en watergras die lug saans met skemering wellustig-soet laat styg het uit die vleie, daar krimp die uitgedorde kweekrante nou langs klippe en stofhopies weg. Die skaapmis lê swaar gesaai oor die stofoortrekte vlakte, kortafgevrete graspolle steek soos jong miershope op uit die kaalte en 'n wemeling van spore in die fyngetrapte grond wys hoe die diere vrugteloos loop en soek het na die laaste krieseltjie kos. Al soos oom Sagrys met die vervalle landmuur langs stap, lê dooie, uitgeteerde lammers, sommige keelafgesny en moedeloos in die muurkoelte gesmyt (C.M. van den Heever, 1932:42). In die lig van die sakkende son word gesien: 'n rantjie, 'n stowwerige vlakte, droë graspolle, 'n vervalle muur, dooie skape - basies 'n landskap met dooie skape. Landskapbeskrywing, eerder as natuurbeskrywing, impliseer miskien iets meer spesifieks. J.M. Coetzee verduidelik in sy artikel oor die skilderagtige in die Suid-Afrikaanse landskap dat die woord in Engels in gebruik gekom het binne die assosiasie met skilderkuns - landskappe was skilderye van gedeeltes van 'n landstreek. ‘The word landscape, which we use today to designate both a specific terrain and the general character of that terrain, enters English in the sixteenth century as a term from the art of painting: landscapes were pictures of stretches of countryside’ (J.M. Coetzee, 1988:37). Hy wys dan verder daarop dat die ‘picturesque’ sedert die vroeë agtiende eeu gekoppel is aan landskapskildering. 'n Mens sou dus kon praat van die assosiasies: landskapbeskrywing, landskaptekening, landskapskildering - skilderagtig. Simon Schama konstateer in sy monumentale werk Landscape and memory dat die woord landschap uit I6de eeuse Nederlands 'n eenheid van menslike besetting beteken, sowel as 'n aangename onderwerp van beskrywing. | |
[pagina 64]
| |
‘The word itself tells us as much. It entered the English language... as a Dutch import at the end of the sixteenth century. And landschap... signified a unit of human occupation, indeed a jurisdiction, as much as anything that might be a pleasing object of depiction’ (Simon Schama, 1996:10). Die agtervoegsel -schap kan ook uit Ou-Hoogduits en Ou-Hoognoors verband hou met wyse, aard, vorm. 'n Mens kan dan daaruit miskien verdere assosiasies maak met ‘skep’ in die sin van ‘maak’: die wyse, aard, vorm waarin die landskap geskep word. Wanneer 'n waarnemer 'n stuk natuur sien, na-teken, onthou, dan skep hy/sy inderdaad daardie gedeelte van die natuur. En daardie skepping hoef nie skilderagtig te wees soos die geval is met die eerste beskrywing van dooie skape in die landskap nie. Die waarnemer, oom Sagrys, en die konteks bepaal die aard van die landskap: in hierdie geval droogte en dood. Hy onthou hoe dit voor die droogte was, en sy herinnering word ‘mooi’ beskryf: gekabbel, streling, wellustig-soet. Daar sou te ver afgedwaal word van die onderwerp van hierdie studie as 'n mens nou nog die ontstaan van die idee/konstruk van die natuur moet nagaan. Vgl. Neil Evernden, The Social Creation of Nature, genoem deur Simon Schama (1996:579, voetnoot 5). uit: die meulenaar
Weke en weke het verbygegaan. Die eerste winter-reëns het geval, en in die wingerd het die suringstoele al groen kolle aanmekaargespruit, gous- en geelblomme het weelderig opgeskiet, en in die tuin het opslag tot in die voetpaadjie langs die piesangbos begin kruip. En die herfskwas het die eikeblare geel geverwe soos hulle weemoedig bewe in flou windgesuis, en verfspatsels gemors op die wingerdblare wat witgeel lag in sonstreling of bloos met bloedrooi wange of treur met bruin gesigte oor vroeë verwelking - donker en lig oor heuwelplantasie en dryfgrondterreine, oneindige rykdom van sagte skoonheid naas brutaalste triomfe van kleurskepping (D.F. Malherbe, 1967:75).Die transformasie van die eerste winterreën in die wingerd, tuin en heuwelplantasie is bedoel as woordskildering: die herfskwas verf die eikeblare en mors 'n verfspatsel op die wingerdblare, en daar is 'n triomf van kleurskepping. Hierdie landskap word skilderagtig, positief, geskep deur die | |
[pagina 65]
| |
verteller, die outeur. Hy wil dat dit mooi moet lyk, as teenstelling tot die rampspoedige filloksera in die wingerd, wat die verlies van die plaas beteken. Of anders is dit 'n koestering van die natuur soos dit onthou word; want ook hier word met herinnering gewerk: ‘Uit die groen veld van my jeugland, uit herinnering se wei...’ lui die opdrag voor in die roman. Net soos in I is hier dan ook verlies.
uit: somer Wynand voel nou of daar meer krag in sy lede kom. Die koelte lê mild op die koring, die wind het gaan rus en die halme staan vorstelik, met effens geboë hoofde eerbiediglik en luister na die komende vrede en stilte van die aand. Die son sak anderkant die wilkerboom weg en verdwyn soos 'n vlam vuur in die kwynende gloed van 'n veraf veldbrand. Groots en teer kom die aand oor die koringlande, 'n laaste goudvonk van die verdwynende son tril uit die fynheid van are op, 'n geur van rypende lewe hang in die aandlug en laat die twee manne vir 'n oomblik staan, sprakeloos, asof woorde nou onnodig is en net 'n dieprustige vrede sal versteur, noudat die aand nader oor 'n wêreld wat in die son se hitte lê en bewe het, die aand wat streel en genees en kom soos 'n groot seën oor die land, wat gewag het in stille geloof en diepe wete (C.M. van den Heever, 1957:13). Die son wat sak, die rypwordende graan en die twee mans in die landskap word beskryf. Hierdie oomblik in die natuur gee nuwe krag aan die wandelaar, Wynand. Hy ervaar dit, maar die verteller skilder, en sien die diepere betekenis in die natuur: van rypwording en groei. Ook hier word die moment verheerlik; maar die konteks is een van afskeid en verlies.
uit: laat vrugte Hy kyk deur die raam, ver weg oor die plaas. Die herfsdag is uitgebrand; die hemel bo-oor die geel populiere is 'n wye verlatenheid, en daardeur trek troppe spreeus, met nou en dan 'n hoorbare, verlore stemgerug; hulle vlie pylsnel na die verte weg en verdwyn of hulle saam gesmelt het met die lug. Die dalende son lê 'n lang strook goue lig oor sy moeder se voorskoot; 'n deel van haar hand sink daarin met 'n afgeslyte trouring sag-flonkerend daaraan (C.M. van den Heever, 1958:161). Henning, oom Sybrand die tiran se seun, wat so pas weggejaag is van die plaas, en besorg en beskermend voel teenoor sy verwaarloosde moeder, kyk | |
[pagina 66]
| |
na die sonsondergang, en lees daarin sy droefheid. Woorde soos uitgebrand, verlatenheid, verlore, verdwyn en die koppeling van die sakkende son met die afgeslyte trouring is ingegee deur sy gemoedstoestand. Weer eens word die natuur gelees binne die konteks van afskeid.
uit: kringloop van die winde As hy vir Stienie so siek en neerslagtig in die huis vind, dan kry hy soms die gedagte dat alles beter sal word as dit net eers reën. Maar tevergeefs gaan hy, nat van die sweet, op die stoofwarm rantjie staan om sy oë oor die wye kring van die horison te laat gaan. Net rooi stowwerigheid sien hy in die verte en hoër 'n bleekblou hemel oor hom wat lyk of dit vol diep, fyn-wit barsies is as hy lank daarna staar. Sy klompie skape, wat nou 'n honderd tel, lyk maer en troosteloos soos hulle ineengekrimp soek-soek hier voor hom in die kaal kampie wei (C.M. van den Heever, 1945:62). Daiel soek rus vir die spanning in sy gemoed, in die hoop dat dit sal reën. Binne hierdie konteks sien hy die landskap, wat stowwerig is met 'n bleekblou hemel en honger skape. In die troostelose landskap vind hy geen hoop nie; slegs die besef van verlies. Verlies, afskeid en eindes bepaal in drie van die aangehaalde gedeeltes (I, IV en V) regstreeks die weemoedige waarneming/beskrywing van die natuur. Daarteenoor kontrasteer die middelste twee (II en III) ‘mooi’ en ‘skilderagtig’; maar hierdie oomblikke van verheerliking moet gedurig gelees word as teenstellend tot die uiteindelike verlies en afskeid in Die meulenaar en Somer, wat dan die verlies juis aksentueer. Die representasie van die natuur of landskap in hierdie gedeeltes word gemaak deur die narratiewe persepsie van die verteller/outeur/spesifieke karakter oor die natuur. Dit word as't ware van buite af op die natuur geïnskribeer.Ga naar eind22 Maar kom daar ooit iets uit die natuur na vore? Die Afrikaanse plaasroman vertel van talle kere waar die natuur 'n karakter se emosies of handeling beïnvloed, byvoorbeeld: Die moreson se gloed lig agter die hoë populiere deur, wat 'n dun goudrand om die takke kry, en oor die landskap kom 'n wydsheid en sonnigheid wat Henning vir 'n oomblik sy arms laat uitrek of hy die koue van die nag uit sy lede wil drywe, want die windlose more, met die populierpunte wat opreik na die blou ruimte, bring 'n warm weelde in sy bloed, 'n byna dierlike drang om die krag van die opgaande dag in sy jong lewe in te drink. Kragbewus gaan hy oor die | |
[pagina 67]
| |
land, die breë skouers en enigsins geboë hoof bo die bultlyn waaragter die son verrys met die oerkrag van alle lewe (C.M. van den Heever, 1958:31).En: Deur hul liggame, hul siele werk die natuur, werk dit in jaargetye, voel hulle die sagte ontwaking as die lente kom, die rypwording van die lewe op die lande, die huiwering van najaar deur die lug, en die skerpe koms van die winter wat alles verstol en die lewe laat slaap in rustige onwetendheid. So gaan hulle voort... (C.M. van den Heever, 1957:82-83).En: O, haar hart huiwer; sy is bang vir wat kom. Uit die volgroeide somerlewe, die vlammende kleurgeweld om haar, die swaar geur van vrugte in die boord, die deursonde struike en plante en die groot sonnehemel so wyd-stralend oor alles, kom die boodskap na haar gewonde hart: afskeid (C.M. van den Heever, 1957:143).Wanneer Gustav in Groei terugkeer na die plaas, en hy 'n man sien ploeg, besef hy dat hy weg was van die suiwere van die natuur; dan is dit of sy sintuie oopgaan tot die lewe, en daar kom in hom 'n drang na arbeid waar die natuur met sy vele vorme van lewe is: ... hy sien goue koringlande wat golf onder die stralende somerhemel, hy sien arbeiders met gespierde lywe die koring maai en dit in swaar gerwe bind, hy sien die dorsvloer en die sakke wat opgestawel staan. Hy sien ruisende mielielande, water wat glinster in kronkelende vore - die sonderlingste beelde van groei en lewe deurtintel sy verbeelding. Groot is die mens deur die arbeid wat hy verrig (C.M. van den Heever, 1933:164, 167).Ook - miskien veral? - die armes van gees voel dinge uit die natuur aan. Ampie vrees die donderweer, die mistieke mag daarvan; en hy voel aan dat iets gaan gebeur (ou-Jakop word doodgeslaan deur die weerlig) (Jochem van Bruggen, 1924:199 e.v.), en Ou-Datie sien die donker wolke ‘wat soos digte troppe trekkende skape oor die hemelwydte kom en kalm beweeg oor die maan... en dan word hy wonderlik bang, 'n intuïtiewe vrees vir die natuurmagte om hom’ (C.M. van den Heever, 1932:147). | |
[pagina 68]
| |
In Op die plaas geniet Freek die wilgerbome, die vinke wat kwetter, en ‘... uit die donker, nat grond, styg die geur van die groeiende voorjaar soos 'n sagte balsem in die stil morelig. Die vyelaning wys alreeds groen blare soos uitgespreide hande tussen die takke, en die hoë populiere is met mantels van sappige donkergroen blare omvou. Hoe is die wêreld dan vir hom so mooi! Van pure plesier vat hy 'n klip en gooi na 'n mossie...’ (C.M. van den Daar is nog talle voorbeelde van emosies wat vanuit die natuur kom tot die mens: | |
[pagina 69]
| |
Heever, 1931:16). En die lente kan hy aanvoel. ‘... as die aandwind deur die huis waai, voel hy die sug van lewe. Dit is in die hele natuur. Uit die goue sonskyn kruip dit aan, uit die gesang van die voëls en al die ander geluide op die plaas’ (C.M. van den Heever, 1931:16). Hy glo die lente sal hom van sy siekte genees, uit die wonderlike natuur kom genesing. Of die beskrywing van die natuur vanuit die individu se gemoedstoestand bepaal word, en of die natuur juis daardie gemoedstoestand bepaal, soos in die twee tipes beskrywings gegee, beteken net dat die waarnemer, die beskrywer, die teksmaker die tersaaklike konstrukte van die natuur maak. Behalwe miskien in die geval van ekologiese versteurings wat die mens veroorsaak, is die natuur onverskillig en onsensitief teenoor die mens. Hierdie voorbeelde, hierdie beskrywings van die mens se verhouding tot die natuur, het die natuur geskep as veral vriendelik, kleurvol, 'n ruimte van rus, vrede, stilte; teer, lewegewend, strelend, genesend. Maar dit is ook uitgebeeld as ongevoelig, lelik, moordend, verlate, geneig tot die aanbring van verlies; nie 'n trooster of 'n plek waar rus is nie. Dan weer kom daar uit die natuur warmte, krag, drange, ontwaking, die besef van rypwording; alhoewel die volheid van die somer ook die wete van afskeid kan bring. Die natuur is suiwer, is groei, lewe, inspireerder tot arbeid; maar ook vreesaanjaend en 'n onbekende mag. ‘... in the case of the novel or play, the expression will also involve a formulation of what I have to say. I am taking something, a vision, a sense of things, which was inchoate and only partly formed, and giving it a specific shape in this kind of case, we have difficulty in distinguishing sharply between medium and “message”.’ En: ‘My claim is that the idea of nature as an intrinsic source goes along with an expressive view of human life.’ (Charles Taylor, 1989:374.) Die tekste het hierdie voorstellings representasies van die natuur gemaak deur woordskilderings, naturalistiese beskrywings, retoriese middele, poëtiese klankkombinasies, ritmiese sinne, metafore, vergelykings, hiperbole, atmosfeerskeppings, interpretasies. Met ander woorde, deur literêre middele. Of die natuur as goed of sleg gesien word, dit word gekonsipieer en uitgedruk as letterkunde. Die idee dat die natuur 'n bron is vir al hierdie eienskappe kan alleen op 'n spesifieke wyse oorgedra, gepresenteer, word; en daardie presentasie word self skepper van die natuur. Waar die natuur so 'n sterk bron van emosies of handeling is, en waar dit ook lei tot teksskepping, hou dit verband met die Romantiek, 'n soeke na vrede ‘by die verborge wonder van die natuur’. | |
[pagina 70]
| |
Gustav in Groei (C.M. van den Heever, 1933:162). In sy bespreking van hierdie soeke van Gustav, sê J.M. Coetzee (1988:97): ‘Such moments of truth are of course the raison d'être of Romantic nature poetry... The art of such Romantic poetry, like Van den Heever's art, is one of rhetorically fortifying the moment of vision so that the message spoken through the subject will seem to come not from his untrustworthy civilized self but from the voice of nature speaking through him.’ ‘Siehe die ganze Natur, betrachte die grosse Analogie der Schöpfung. Alles fühlt sich und seines Gleichen, Leben wallet zu Leben.’ ‘Aanskou die hele natuur, betrag die groot analogie van die skepping. Alles voel sigself en sy gelyke, die lewe golf tot die lewe.’ [eie vertaling: Aangehaal deur Taylor (1989:369). Die filosofie wat natuur as bron gesien het, was 'n sentrale gedagte by die Romantiek van die agtiende eeu. Die name wat belangrik was in dié verband is Jean-Jacques Rousseau en Johann Gottfried Herder, en later Johann Wolfgang Goethe en Friedrich Hegel. Die natuur is die orde waarin ons geplaas is; vir Herder was die natuur die groot stroom van simpatie wat deur alles gevloei het. Die mens is bewus daarvan en kan dit tot uitdrukking bring. Die Engelse digter William Wordsworth het dit verwoord in sy ‘Lines Composed a few miles above Tintern Abbey, on revisiting the banks of the Wye during a tour. July 13, 1798’ (sien p. 71). Laasgenoemde gedig bestaan grootliks uit herinnerings van vroeër en beskrywing van die natuur: die water wat die spreker hoor, die landskap wat hy sien, boorde met onryp vrugte, rook tussen bome. Die wending lê daarin dat hy nou ouer is en nou anders na die natuur kyk, nie soos in die tye van gedagtelose denke van die jeug nie. Nou hoor hy uit die natuur ‘die stil droewige musiek van die mensheid’; nou is daar 'n teenwoordigheid van ‘verhewe gedagtes’, dit wat geleë is in sonsondergange, die see, die lig, die lug, en die gemoed van die mens. Dis 'n beweging en 'n gees wat deur alles stu. Daarom is hy lief vir die natuur en die taal van die sinne - die ‘anker van my suiwerste gedagtes, pleegsorg, die gids, bewaker van my hart, en siel van my hele morele wese’. Hierdie romantiek van die mens se verhouding tot die natuur as bron van denke en moraliteit het klassiek geword in Afrikaans in die vier sonnette van N.P. van Wyk Louw (1958:53-56), ‘Vier gebede by jaargetye in die Boland’, geskryf tussen Mei en Junie 1937, dus binne die tyd van die plaasro- | |
[pagina 71]
| |
Uit hierdie gedig van 159 reëls is dit noodsaaklik om vir doeleindes van vergelyking die volgende aan te haal: ... That time is past,
And all its aching joys are now no more,
And all its dizzy raptures. Not for this
Faint I, nor mourn nor murmur; other gifts
Have followed; for such loss, I would believe,
Abundant recompense. For I have learned
To look on nature, not as in the hour
Of thoughtless youth; but hearing oftentimes
The still, sad music of humanity,
Nor harsh nor grating, though of ample power
To chasten and subdue. And I have felt
A presence that disturbs me with the joy
Of elevated thoughts; a sense sublime
Of something far more deeply interfused
Whose dwelling is the light of setting suns,
And the round ocean and the living air,
And the blue sky, and in the mind of man:
A motion and a spirit, that impels
All thinking things, all objects of all thought
And rolls through all things...
(William Wordsworth, uit: Thomas Hutchinson, 1946:206-207) man en die strewe en soeke na die betekenis van die natuur. In die konvensionele variasies tussen Italiaanse en Engelse sonnetvorme, wat die digter die patroon bied vir die strukturering van waarneming gevolg deur, of inteengestrengel met verdieping, beskryf hy die natuur, met toepassing op homself: dat die skoonheid van die natuur in hom geheilig sal word, dat dit hom tot volwassenheid vanuit sy ‘teerder jeug’ sal laat groei. Die verandering in die natuur lei tot die weemoed van verlies; maar daaruit kom ook die besef dat groei pyn is. En die onsigbare groeikrag van die reën bring die wete van die ‘stil geheimenis’ van groei. Eerste sneeu en blydskap word sinoniem, net soos die sneeu skoonheid bring, wat vreugde bring en volheid en die ‘stil vermoede’ dat die dood op dié wyse aanvaar kan word. Wordsworth se vreugde van verhewe gedagtes en 'n sublieme sin wat vanuit die natuur as bron kom, word weerkaats in 'n soorgelyke ervaring van die | |
[pagina 72]
| |
natuur by Van Wyk Louw. En hierdie stem van die natuur word slegs gehoor in die artikulasie daarvan deur die teks. Die filosofie van natuur as bron van skoonheid en vreugde was wesenlik vir die Romantiek, en kon ook aansluit by die Christelike geloof: God kan geïnterpreteer word vanuit wat in die natuur gesien word, waaruit ons dan stem kry. Dit word geïllustreer aan die einde van oom Sybrand se lewe, wanneer daar 'n keerpunt kom. Hy kyk na die veld: ‘dit is of sy siel en gedagtes uitgaan na daardie vredige velde, waarin hy een van die dae moet slaap’ (C.M. van den Heever, 1958:248), en hy besef dat dit nodig is dat geslagte kom en gaan (waarteen hy voorheen gerebelleer het), en dat ‘Net God bly, God in en deur wie alles bestaan, God wat meer is as alles...’. Daarby kan die mag van die natuur ook geïntegreer word binne die konstruk van 'n ‘nasionale kultuur’ (Charles Taylor, 1989:376), soos Herder dit geformuleer het rondom die konsep van die individu en ekspressiewe individuasie wat tot stand kan kom in verhouding tot die natuur. Met verwysing na uitings in die plaasroman kan hierdie konstruk van 'n ‘nasionale kultuur’, maar meer spesifiek 'n volk, afgelei word. Die dialoog daaroor kom in verskillende tekste verspreid voor binne die konteks van die vernietiging van die volk, en nooit sonder verwysing na die natuur nie, en dikwels met 'n verbintenis tussen volk en boere. Die eerste hoofstuk van die derde deel van die Ampie-reeks, met die titel ‘Die keerpunt’, begin soos volg: Die natuur was die laaste tyd hardvogtig en die klimaat harteloos. Die boerebedryf lê weer, soos dikwels in die verlede, onder hul banvloek; die platteland kreun van 'n kastyding wat kort-kort neersak, en ook die plaas van Kasper Booysen het deeglik deurgeloop. (Jochem van Bruggen, 1946:1.)En Booysen is swaarmoedig, want ‘ons land en volk lê onder die banvloek... ek voel dat ons ganse boerebevolking te gronde gaan’ (Jochem van Bruggen, 1946:4). Die vraag wat nou gevra moet word, is op watter wyse daardie ‘volk’, wat gekoppel word aan die ‘boerebevolking’, en wat nie kan uitsterwe as dit nie reeds bestaan het nie, geskep, geskrywe en geïnskribeer is in die tekste waarmee ons grootgeword het. Ou Tant Willa in Laat vrugte (C.M. van den Heever, 1959:35) het ons reeds vertel van die bosse wat die voorouers moes uitkap, die kraalmure wat gepak en die klippale wat geplant moes word - sonder bog en soetsappigheid. En oom Bêrend vertel verder aan sy seun: | |
[pagina 73]
| |
Ons geslag en die geslag voor ons het daagliks die brood van smart geëet. My kind, as jy weer oor die Drakensberge gaan, kyk bietjie net mooi watter wilskrag nodig was om met waens daar oor te gaan. En as jy eendag weer hier met die grootpad langs stap, sal jy by die koppie op links 'n paar grafte sien. Dit is Voortrekkervrouens en -kinders wat daar lê. Langs die pad moes die mans hulle afgee. Dit is nou maar ou takhare, soos baie van die slimmes hulle vandag noem. Nee, jong, hulle krag was God (C.M. van den Heever, 1933:161).Hulle het 'n taal ontwikkel, en 'n koerant gehad, Di Patriot, wat Afrikaans ‘uit die modder uitgehaal het’ (D.F. Malherbe, 1967:80). En daar word binne 'n ou Afrikaanse roman, Droogte, vertel van 'n onderwyser wat besig is om 'n ou Hoog-Hollandse boek, gedeeltelik 'n soort dagboek van 'n voorvader van die bewoners van Rooiwater, in Afrikaans oor te werk. 'n Voorvader wat vanuit 'n profetiese blik geskryf het: Ons voorgeslagte uit Holland, Frankryk en Duitsland, het vir ons 'n volk gestig, dis 'n nuwe volk en ek het so 'n voorgevoel dat hulle later 'n afsonderlike soort taal sal skrywe (C.M. van den Heever, 1932:122). | |
FamilieDie familie waarin daar 'n ‘hartlike omgangsgees’ heers, binne 'n liefdevolle huwelik, met 'n goedgesinde dog patriargale hoof, is die huislike toneel wat geskep word in die vroeë romans. ‘Die Afrikaner sou vir 'n lang tydperk 'n hartlike omgangsgees bewaar. “Oom”, “tannie”, “neef” en “niggie” is aanspreekvorme wat wys op daardie eenheid...’ (C.M. van den Heever, 1950:10). | |
[pagina 74]
| |
'n Mens hoef slegs weer te kyk na oom Andries Vry op sy stoep, aan die begin van Bywoners, een van die vroegste tonele (1920). Die genot van die moraliserende verteller is opvallend: ‘Siena! bring tog vir jou pa koffie! Maak gou-gou my kind, jou pa is moeg!’Dié model van gemeensaamheid en gemoedelikheid word voortgesit in tonele soos die volgende. Die familie sing stemmig saam voordat hulle gaan slaap: Toe ruis die stemme harmonies inmekaar deur die eetvertrekkie en mooi swel die musiek se plegtige klanke saam met die loflied. Stil sterf die gewyde lied deur die kamer... Almal is in 'n stemming en swyend gaan hulle sit toe die lied uit is.En: Eers in die huis is die somber stemming verdryf toe algar saam koffie drink, en iets innig bly, soos in die ou dae, weer die geselslus losmaak (Langs die Grootpad (oorspronklik 1928); Versamelde werke, Deel V, s.j.:57).Gemoedelikheid was die waarmerk vir 'n gelukkige gesin, want 'n gelukkige kerngesin is die kleinste eenheid binne die volkseenheid. Op die gevaartekens wat die gesin kan bedreig word ook gewys: die hardvogtige patriargale vader, die getwis oor erfgoed, botsings tussen vader en kinders; die stiefma wat spanning bring, die stiefma wat breuke in 'n familie veroorsaak, sodat vader en seun geskei raak. Hoe is die vrou en moeder in hierdie tekste ingeskryf? Het sy enige aandeel gehad aan die skepping van 'n volk? Die Afrikaanse boervrou, soos sy gekonstrueer is in hierdie vroeë plaasnarratiewe, wissel van die versukkelde bywonersvrou tot die onafhanklike, halsstarrige plaasbesitter; van die besorgde moeder tot die afsydige stiefma; met jonger stemme wat redeneer vir die bevryding van die vrou van manlike persepsies. | |
[pagina 75]
| |
[pagina 76]
| |
Ampie se moeder, die ma van tien kinders (waarvan vier al dood is), word gesien in haar ‘simpele onderworpenheid’ waar sy leef in arm bywonerongerief, wanorde en die geraas van kinders: ‘En dis vir haar 'n geluk dat sy simpel is in daardie omstandighede, want sy voel tevrede in die roue werklikheid om haar heen’ (Jochem van Bruggen, 1924:70-71). Nie arm nie, maar afgesloof, deur die jare 'n huisbediende geword, met vervalle liggaam, ronde skouers, 'n groot maag en plat borste, is die beskrywing van die voorkoms van tant Betta, oom Sybrand van Laat vrugte se vrou. Binnekort sal sy weggegooi word: ‘... Net in haar sagte grys oë is nog die verre weemoed van die vroue wat soos baie in haar omgewing rusteloos swoeg sonder dat behoorlike geriewe vir hulle aangebring word, sonder avontuur of afleiding’ (C.M. van den Heever, 1958:24-26). Sy het - soos die vrouens om haar - vergroeid geraak met die stilte; net daar om kinders in die lewe te bring en te werk. Haar grootste kwelling op daardie oomblik is die feit dat Sybrand sy seun onregverdig en wreed behandel. Ook in Langs die Grootpad (Versamelde werke, Deel V, s.j.:51) is Hansie se ma versorgend teenoor hom; maar eers wanneer sy sterwe kom haar krag na vore; ‘... En met diep ontroering kyk hy na die verborge krag wat uit die siek liggaam na buite glans, en dit is of die gelukkigheid wat in sy moeder groei, ook na hom sprei en hy voel die lig in hom opbrand...’. Daar is baie aandag gegee aan die beskrywing van Betta in hierdie roman; maar haar handeling is klein en onbelangrik - sy sterf ook net nadat die helfte van die verhaal vertel is - in terme van die groot gebeure van konflik, dood, verdrywing, verlies en versoening. Haar enigste ‘strukturele’ bydrae tot die teks is haar besorgdheid oor haar seun; en sy onbeholpe liefde vir haar. Haar sterwensoomblik is kort en roerend en dit raak Sybrand, alhoewel hy daarna weer trou. Later besef hy dat sy vrou slegs 'n besitting vir hom was, wat hy verwaarloos het. Betta is die gestereotipeerde ouer boervrou, simpatiek geteken, maar verslae; en selfs die besorgdheid vir die seun - wat ook in ander romans voorkom - kan geen invloed hê op Sybrand se hantering van sy kind nie. Waar 'n vrou sterk is, is haar handeling parallel met dié van die patriarg, soos tant Willa wat weier om haar ‘lewensreg’ op die plaas prys te gee vir haar kinders (Laat vrugte). Die jonger vrou word ryper en sien die huigelagtigheid van mense om haar helderder, weer deur lyding en eensaamheid, soos Johanna deur haar verlange en afsondering van Henning in Laat vrugte; maar sy handel nie: dit is uiteindelik Henning wat terugkeer. Daar is tekens van opstand | |
[pagina 77]
| |
teen die sienings van mans oor die rol van die vrou, soos by Maria in Langs die grootpad; ‘Die vrou het net soveel reg om haar lewe onafhanklik te maak soos die man; sy het net soveel verstand, en miskien nog meer in sommige gevalle. Baie mans het mos die idee dat 'n vrou niks werd is nie en gedurig in die huis moet sit...’ (Versamelde werke, Deel V, s.j.: 139)maar dit bly by korswil en selfs die ‘bevryde’ Hansie spot met die feit dat vroue miskien gaan stemreg kry. Sonder om verder op spesifieke voorbeelde te wys sou mens kon opsom deur te sê dat die moeder-seun-verhouding vanaf die Ampies tot by C.M. van den Heever se romans sterk beklemtoon word (moeder-kind-verhoudings word selde geteken, soms slegs vlugtig genoem). Daarbenewens is die vrou hoofsaaklik huisvrou, en gewoonlik ongelukkig; maar aan die vorming van 'n volksideologie het sy weinig deel gehad. Dit was die patriarg wat gepraat het, die ‘norse vader’, die baas wat nie toelaat dat ander op sy kop trap nie, wat sy seun mishandel en hom wegjaag van die plaas. Maar tog uiteindelik troos vind in die wete dat sy seun die ‘voortsetter van 'n geslag van wilskragtige mense’ sal wees, en geregverdig kan sterwe in die belofte van ‘deurstromende lewe’.Ga naar eind23 Grondbesit, die natuur, die gesin, die vrou, die patriarg, en die groeiende konstruk rondom ‘volk’ en ‘boerevolk’ is tot dusver al geïdentifiseer as uitings wat die plaasgrond-diskoers konstitueer. Daar moet nou nog gekyk word na die realisering van arbeid, ras en klas binne die konteks van die plaas. | |
ArbeidWat H.P. van Coller (1987:39) oor die beskrywing van die plaas, as plaas, ten opsigte van Laat vrugte sê, is opvallend ter sake by alle plaasromans: ‘In Laat vrugte word die plaas nooit volledig beskryf nie en kan die leser slegs deur voorkennis 'n tipiese skaap- en saaiplaas (re)konstrueer.’ 'n Mens sou natuurlik kon vra hoe 'n Suid-Afrikaanse plaas beskryf word sonder om die verhaal te vertel van die mens se verhouding tot grond, tot die natuur, tot karakters op die plaas, tot die ekonomie en tot arbeid. Daar word baie aandag gegee aan die representasie van arbeid deur die verteller/outeur. Die hand van die teksskepper is duidelik in die gepoëtiseerde voorstelling van arbeid; en, soos in die geval van die natuurbeskrywing, het poëties beskryf die tekenwaarde van ‘mooi’. Trouens, in sommige | |
[pagina 78]
| |
gevalle is die beskrywing so ‘mooi’ dat dit slegs betekenaar geword het. Soos byvoorbeeld die volgende voorstelling van hawer sny - 'n geliefkoosde onderwerp vir die plaasromanskrywer - waar die eerste sin feitlik slegs alliterasie en assonansie is, net om die stemming te kry: 'n Ry van arbeid, wat uitbuig en opduik oor sy lewendige kronkellengte langs die kartellyn van die oes en daar galop bo die goue gelykte uit van die hawervlak. Stemmig nog, want die bloed het die slaapstywe spiere nog nie deurstroom nie, maar gaandeweg onreëlmatiger in sy buiging, dring die ry vorentoe met merkbare toenemende ywer, vasgevat deur die begeestering van gesamentlike aksie in die platsny-voor... (Van Bruggen, 1930:18).Die digter het ook die oes van koring en hawer besing: Twaalf jaar oud, toe gee my pa
die sekel in my hand:
‘Dié somer sal jy kromstaan, seun,
jou sweet laat op die land.
Vroeg het ek jou die slag geleer,
die wegbuk en die swaai,
kniestamp en die band deurdruk
met een snelstywe draai.
Ek sal nie meer die snyers lei,
soos water word my bloed, en lou;
maar as jy oor die akker stap
dan sal jou regterhand onthou:
Hier in die hele Sneeubergkom
en Richmond se kontrei
het nooit 'n ander man sy vak
voor my blink sekel oopgesny’...
Van ver af tou die snyers aan
met konka en met daskaros -
Bloukrans, Bethesda, Graaff-Reinet
en Katberg se groen besembos...
‘Oestyd’ van G.A. Watermeyer uit die bundel met die veelseggende titel Sekel en simbaal, 1957:11. En die beskrywing van die karakter Velbaadjie se wingerdspit in Die meulenaar eindig poëties met: ‘Spierwerk en handigheid egalig verdeel in verenigde stoeiing met die oorgroeide bodem’ (D.F. Malherbe, 1967:146). 'n Loflied tot koringsny is die lang beskrywings daarvan in Somer van Van den Heever: van bladsy 24 tot 29 word sonder onderbreking vertel van die snyers in die land; en van bladsy 51 tot 62 is die hoofhandeling ook die snyery, alhoewel ander dinge gebeur, maar wat ook daarmee verband hou.Ga naar eind24 Binne die ruimte van arbeid op die land word ander handelings van die mense, sowel as natuurgebeurtenisse, beskryf wat betekenisvol is vir die lotsbestemming van die bewoners van die plaas. Nadat die eerste sarsie koring gesny is, word die gerwe gebind, en Linda kyk na die swerwer-snyer, Wynand se bewegings: | |
[pagina 79]
| |
Sy sien die sterk, bruin arms wat die koring regskud, die vinnige hande wat knoop en loslaat, die knie wat druk op die gerf, en dit is vir haar of sy nou vir die eerste keer merk hoe mooi hierdie werk van gerwe-bind is, hoe pragtig die koringland lyk, met die regopstaande gerwe daarop en verderweg: die trekkende wolkskaduwees oor die see van halms (C.M. van den Heever, 1957:32).Die skoonheid van arbeid word uitgewys in die poëtiserings van die werk in die natuur, byvoorbeeld: ‘Girt! girt! vreet die sekels voort, swaar skoene trap duike in die stoppelgrond en gaan aan terwyl die hopies afgesnyde koring agterbly en blink begin glans in die vreugdestrale van die son, wat vorstelik verrys het en die koringare laat skitter, 'n lang veld van goue lewe wat rimpelend wag op die vernietiging van die sekel’ (C.M. van den Heever, 1957:26-27). Ook binne hierdie arbeid kom die komiese verligting van die gesuggereerde parallelle rol van die ‘volk’, die bruin werkers, waar daar ook 'n liefdesverhouding aan die ontwikkel is. En direk na die afsny van die koring kom 'n verskriklike haelstorm: ‘Soos 'n leër wit vernielers spring hulle op die koringland toe, op die rypende are’ (C.M. van den Heever, 1957:36), wat kan lei tot verlies as gevolg van skuld van 'n deel van die erfgrond. Arbeid teenoor die bedreiging van arbeid - die ironisering van arbeid deur die mag van die natuur. Die wedywering in 'n volgende snysessie, waar Hannes hom vir Wynand vererg uit jaloesie oor Linda, loop uit op die manifestasie van Hannes se woede, wat later die oorsaak is van die verbranding van die groot mied en dus van groot skade. Die einde van die snyery bring ook die vertrek van Wynand: verlies vir Linda, en die bevestiging van die ewige kringloop van aankoms en vertrek. Alles so gestruktureer dat dit gekoppel is aan arbeid. 'n Soortgelyke parallelisme word gemaak in Langs die grootpad, waar twee dikwels herhaalde soorte arbeid in die plaasroman naas mekaar gegee word; waaruit Hansie se gevoel vir sy liefde vir die plaas, die bome, die koringland - alles sy vriende - bevestig word. Eers word skaapskeertyd beskryf: ‘Hulle gaan met klikkende skêre in riwwe oor die sye van die diere en druk met groot, gespierde swart hande op die diere se kaalgeskeerde vel, dat die rooi onder die wit uitvlek’ (C.M. van den Heever, 1928:76). Dan is daar die koringsny, en let weer op die poëtiese ritme: ‘Vak na vak verdwyn die geel strooi met die swaarbelaaide are voor die blitsende sekels. Dit is kromstaan akker-op en -af, totdat die rug naderhand lam is en die polste pyn’ (C.M. van den Heever, 1928:77). Dan vertel Hansie se pa hom van sy stiefma se seun wat plaas toe kom. Sy koms lei tot 'n botsing tussen hom en Hansie, en Hansie moet die plaas verlaat. | |
[pagina 80]
| |
Ook in 'n terugkeer na die plaas word arbeid die bevrydende terugkeer na die wortels in die natuur. Deur Gustav se verlies en mislukking in die stad dwing die verteller in Groei hom terug na sy sterwende vader op die plaas. Daar vind hy weer vrede in arbeid: Daar kom 'n drang in hom op na arbeid. Rondom hom is die natuur met sy duisendvoudige vorme van lewe. Die aarde gaan nou arbei en nuwe lewe skep, die lig-draende son sal die lewe oproep uit die grond. Die blomme sal wieg in die wind, die vrugte sal kom en weeg aan die bome. Arbeid wat blydskap skep. En sy eie krag het na sy teleurstelling weggevloei. Hy het nie gegroei, gewortel in eie aarde nie, maar hy was soos 'n sieklike geënte boom wat geen vrug voortbring nie (C.M. van den Heever, 1933:164). J.M. Coetzee (1988:111) sê: ‘The link between ecstatic experience and labour, that is to say, between the feeling of spatial unboundedness and farming, is maintained throughout the last pages of the book.’Sy siel gaan op in die natuur en hy word een met die groeiende natuur; hy verbeel hom golwende koringlande onder die son, en arbeiders wat koring maai, die dorsvloer en vol sakke koring, ruisende mielielande. Voorspoed en geluk. Die arm, skaam eenling Daiel vind vreugde in sy arbeid omdat hy daardeur iets verdien wat weggebêre kan word vir 'n beter lewe; en arbeid bring in hom sekerheid en deursettingsvermoë.Ga naar eind25 Daar is ook 'n ander kant van arbeid wat in hierdie narratiewe vertel word, die verhouding tot loon, geld: ‘Teen die deurskynende rooi van die komende dag gaan twee figure met 'n span osse, donker geteken teen die groeiende lig, en hulle arbei en droom van loon vir hulle arbeid, hulle siele gevul met 'n huiwerende eerbied vir die Onsegbare’ (C.M. van den Heever, 1933:168). So eindig Groei, poëties met 'n verheerliking van die droom van arbeid. In die estetisering van arbeid en loon lê daar 'n les: arbeid is mooi en edel. Die verteller kan egter ook direk didakties te werk gaan. In Ampie lig hy ons in dat arbeid morele agteruitgang kan teengaan en selfrespek aan die ‘verslegtende blankedom’ kan teruggee (Jochem van Bruggen, 1924:59). ‘Die mense moet opgevoed word...’ want sonder arbeid, sonder werk, ‘verwerk’ die mens se verstand planne soos spekulasie, ontug, drankverkoop - euwels (Jochem van Bruggen, 1924:115). Met arbeid kan die dreigende verlies van die grond teengegaan word: jy kan jou plaas weer ‘los- | |
[pagina 81]
| |
boer’ (D.F. Malherbe, 1967:27). Selfs die swaksinnige Faans sal ‘solank daar krag sit in sy litte... werk’ en sy geldjies spaar om die plaas te red (bl. 30). Vergelyk weer J.M. Coetzee (1988:85, 105) hieroor: Luiheid is nie-arbeid, en dus verwerplik. Die didaktiese verteller leer weer. Kasper Booysen sien met weersin neer op die laksheid van sy bywoner; Sitman is 'n mislukking omdat hy eerder sit as werk; stoepsitters moet met die karwats gestraf word: ‘Waar het jy gesien dat mens jou kos kan verdien as jy in die more net kyk hoe jou kaffer die skape uit die kraal ja en in die aand kastig kraal toe stap en kyk of hy hulle ingeja het.’Ga naar eind26 Die volk ly onder hierdie stoepsitters: luiheid kan ook die ondergang van die volk meebring. Die belangrikheid van arbeid in hierdie narratiewe kan nie onderskat word nie. Dit was die adel van die arbeid, maar dit was nie net ter wille van arbeid nie; arbeid was ook utilitêr, nodig, soos aangetoon is, en uiteindelik, hopelik, ook die poort tot welvaart.Ga naar eind27 Laat hom verstaan dat werk die enigste wet is wat God oor die sondaar gestel het, en leeglê die woekertyd van Satan is. Bou op hierdie fondament verstandig vorentoe in weerwil van dwase vroomheid se slawerny-geroep, wat die regte aard van die Kaffer nooit sal begryp nie (Jochem van Bruggen, 1930:33). | |
RasDie swart ‘ander’ word vir die eerste keer as 'n konstante teenwoordigheid in die Afrikaanse letterkunde geskep binne die konteks van arbeid - en spesifiek in die plaasnarratief. Hierdie teenwoordigheid is reeds noukeurig nagevors in G.J. Gerwel se Literatuur en apartheid.Ga naar eind28 Van die plaasroman het hy Die meulenaar, Op die plaas en Somer binne dié verband gelees. Dié bespreking sal dus nie herhaal wat daar bevind is nie, maar aanvullend probeer wees; veral waar die plaas 'n uiting word binne die diskoers van grond én ‘volksbewussyn’. Verhoudings met swart plaaswerkers wissel van die gruwelikste rassisme tot vertrouensverhoudings. Rassisme soos die volgende uit ‘Bywoners’. Die werkers het klaar die oes ingesamel; nou is daar geleentheid vir | |
[pagina 82]
| |
ontspanning: hulle hou 'n ‘slemparty’ en Sitman, die nikswerd, luiaard, bywoner, is besig om te verduidelik wat gebeur: ‘Ek sal jou vertel, nig Driena!’ sê Sitman op 'n lewendige toon, ‘Sê nou ek is 'n Kaffer - ek meen vir 'n voorbeeld - of nee, sê nou jy is 'n Kaffer - dit kom beter, nou gaan jy heen en maak soveel kafferbier as waar jy voor kans sien om te maak en dan nooi jy al die ander Kaffers...’ (Jochem van Bruggen, 1930:38-39.)En in Op die plaas, verduidelik tant Trienie, boervrou, van 'n ander buitensporigheid: ‘Ja... hy moes dorp toe net om vir die kamsketels te gaan meel maal. Die goed wil hulle mos in die laaste tyd doodvreet. Vanmelewe het hulle net 'n beker meel op 'n dag gekry. Nee, nou is dit 'n skaap in die maand boonop en dan moet jy nog vir die lot meide en kleingoed ook sorg. Ek het vir Martiens gesê hy moet die spul laat loop, sodat ons eenlopende volk kan kry. Die klomp eet mense rot en kaal en hulle is te lui om te werk; hulle wil net by die strooise lê...’ (C.M. van den Heever, 1931:90).Dis natuurlik karakters wat praat, en nie noodwendig die stem van die storieverteller nie. Mens sou kon redeneer dat indien daar 'n korrektief van een of ander aard in die teks voorkom wat hierdie diskriminerende kommentaar teenwerk, sou die sienings nét dié van individuele persone wees. Veral aangesien ons deurgaans in hierdie vroeë plaasromans met didaktiese vertellers te doen het, wat die volk wou opvoed. In die geval van die voorbeeld uit ‘Bywoners’ is die karakter wat praat so 'n swak verteenwoordiger van die mens dat jy jou kwalik aan hom sou steur. Die geluide van die drinkparty en die vrees van die witmense wat dit aanhoor word egter daarna beskryf, en vanuit hierdie geluide klink die ‘grafgehoe’ van 'n uil op. Die uiteindelike persepsie is dan dat die werkers gevaarlik kan wees. In Op die plaas is daar wel 'n soort dialogiese verhouding: aan die een kant word ‘hulle’ uitgeskel, maar aan die ander kant is daar voorvalle waar Freek, die hoofkarakter, binne 'n soms skertsende vertrouensverhouding verkeer met Gert, die werker. En teen die einde, wanneer Freek siek is, help Gert hom; Gert, wat Gerwel (1983:159) ‘sy ruwe alter-ego’ noem: Die Boesman help hom sodat hy weer op sy bed kan aan gaan lê. | |
[pagina 83]
| |
Daar is ongelukkig nie baie sulke voorbeelde van deernis in die vroeë plaasromans nie. Juis daardie tekste was, net soos die konstrukte van die vroeë reis- en dagboekskrywers, die representasies van die indigeen geskep net waarmee 'n volk grootgemaak is. Die werker word deurgaans gestereotipeer: as ‘Jollie Hotnot’, ‘jolige oesspan’ wat aankom met kitaar, ramkie, mondfluitjies; dié met die pittige gesegdes (‘Hoor bietjie so 'n windmakerbossie-Hotnot’); hulle wat vanweë hulle aard lag ‘vir die verspotte wat gepaard gaan met die gewelddadige’; hulle wat ons nog nie aan verstaan nie, want hulle is nog groot kinders.Ga naar eind29 Dit beteken nie dat die werker uitgesluit word uit die handeling en strukturering van die teks nie. Hulle word dikwels betrek binne verhoudings wat parallel loop met dié van die wit mense, veral liefdesverhoudings, soos dié in Die meulenaar en Somer. Gerwel (1983:135-136) praat van ‘gesilhoeëtteerde’ verhoudings, en sê: 'n Sentrale kenmerk van hierdie skadufigure, dié agterryers wat ‘maar net saam met die baas gekom het’, is dat hulle in hul nabootsing van die handelingspatrone van die ‘base’, tekort skiet in die uitlewing daarvan.En uiteindelik is hulle maar net bediendes, wat gewaarsku, vermaan, verskreeu word; teenoor wie mens streng moet optree (‘“Teenoor die bediendes moet jy straf maar regverdig wees, want sodra hulle jou toegéwendheid sien, raak hulle oorlams een lui en dan word hulle vir die land net 'n vloek,” sê die boervrou-in-murg-en-been, tant Willa’). Die bediendes kan bekla, beoordeel en mee baklei word; maar ook gesentimentaliseer word (‘Die kaffers en die bruinvolk gaan nie dood van die honger nie; basie. Hulle eet saam. Hulle gee vir mekaar kos.’). Maar hulle bly bediendes, ‘hulle’, die subalternes. Die opinies en handelinge kom uit: C.M. van den Heever, 1958:5, 7, 35, 205. C.M. van den Heever, 1931:35; C.M. van den Heever, 1945:45; en 1933:110. Laasgenoemde voorbeeld bevat iets van Jean-Jacques Rousseau se Social Contract, soos aangehaal deur Charles Taylor (1989:361): | |
[pagina 84]
| |
KlasDie hovaardige houding teenoor ander as werkers was nie net beperk tot swart mense nie: daar wat ook binne die ruimte van die plaas, grondbesit en arbeid 'n skerp hiërargisering. In ‘Bywoners’ (Jochem van Bruggen, 1930:25), byvoorbeeld, strek die hiërargie van die swart arbeiders (‘... die grootste moeilikheid waarmee 'n boer te kampe het’) na die swak bywoner (die sitter, Sitman, so lui ‘... dat 'n mens met Sitman geen kleinhuisie kan dek nie’, p. 18), na die beter bywoner (Gouws, wat egter nie kan uithou nie) na die kranige boer (Willemse, wie se seun belangstel in Vry se dogter en ‘Oom Andries voel die nuwe lewe in sy ou hart stroom’, p. 72). Die toppunt van die hiërargie is Andries Vry, die plaaseienaar - bevry deur besitter te wees van die wyse van produksie. Die swart werker is nog laer as die swak wit bywoner; daarom die vernedering wanneer wit boere, van hulle plase gedryf deur droogte, langs die spoor moet werk, en die volgende gebeur met hulle: 'n Trein vol Kaffers kom verby, langsaam loop die lokomotief oor die plek waar gewerk word. Die swart gesigte steek tong uit vir die blanke werkers en een gooi met 'n stuk en droë brood vir oom Soois in sy rooigebrande nek. Magteloos vlam sy oë, en terwyl die trein die grynslaggende gesig van die Kaffer wegruk, sluk-sluk die vroeër plaasbesitter na sy woorde: ‘Swarte nerf, dis jou geluk...’ (C.M. van den Heever, 1932:204).Alhoewel sulke voorvalle - waar die wit man ‘onder’ is, nêrens anders in hierdie plaastekste geskep word nie, verkry dit hier die vlak van 'n morele stelling. Dis as gevolg van droogte dat hierdie manne langs die spoor moet werk, en droogte is sleg. Die situasie waarin hulle hulle nou bevind, om op neergesien te word deur swart manne, is die laagste waartoe die boer gereduseer kan word. Dis nie eties of moreel nie. Klas word dan ook nie verder gemeet aan wit-swart-verhoudings nie. Dit bly apart: wit tussen wit. Daar is die laagste die ‘agterlike familie... (die) baie swak tipe bywoner’, soos dié waaruit tant Annie, die stiefma in Langs die grootpad, kom. En wanneer hulle binne 'n besittersklas beland, veroorsaak hulle spanning (C.M. van den Heever, 1928:80 e.v.). Die bywoner moet sy plek ken, selfs die goeie bywoner, soos Buks in Laat vrugte, wat begrawe kan word in die familiekerkhof, maar ‘... die graf word 'n hele end weg van die ander gemaak, naby die hoek van die kerkhof, omdat Buks nie tot die familie behoort nie en omdat hy maar net 'n bywoner is’ (C.M. van den Heever, 1958:207). | |
[pagina 85]
| |
Die didaktiese verteller wys die weg uit hierdie situasie van armoede en bywonerskap: opvoeding. Selfs Ampie kan geleer word (‘Die mense moet opgevoed word, en die kerk is doen reeds baie in daardie rigting; en almal moet geleer word’ - Jochem van Bruggen, 1924:115) en die hoogste sport kan bereik word, soos Dr. Beer in Groei, wat as arm bywonerseun begin net. Sy huwelikslewe is egter ongelukkig, omdat sy vrou, ook uit 'n ‘laer klas’, nie met waardigheid kon aanpas by sy status nie. Haar strewe ‘om iets te wees’ is vals; en Gustav besef dat die werklike onderskeid tussen mense nie aan die besit van geld gemeet kan word nie: ‘Ja, die werklike onderskeid lê net in fynheid van smaak, van kultuur. Dis die enigste toets’ (C.M. van den Heever, 1933:111). Tot persepsies van 'n klassestryd binne 'n geïndustrialiseerde samelewing kom hierdie plaasnarratiewe egter nie: op enkele uitsonderings na - soos Groei - is die siening van klas nog pre-kapitalisties. Grondbesit, die plaas, die dreigende verlies van die plaas as gevolg van natuurrampe en ekonomiese toestande, die konstruk van die gesin as 'n gemoedelike eenheid binne 'n patriargie, met 'n onderdanige vrou en moeder, is in hierdie plaasnarratiewe geskep. Daarbinne bestaan die rol van arbeid, die adel daarvan vanuit 'n Calvinistiese werketiek, waarin rasseverhoudings spesifiek bestaan en getipeer word, en waar verwysings na klas verdere uitings binne die verhale is. Die konstruksies hier gemaak, word saamgevat in die reeds vermelde ‘Die Afrikaanse Gedagte’ van C.M. van den Heever. Hy was ook die mees produktiewe skrywer van die plaasnarratief. Daar is die beeld van die geromantiseerde boer geskep. Maar hy het ook die teendeel gesien, alhoewel hy in die geskiedenis van sy hede nog nie daardie ander werklikheid van die Afrikaner kon skep nie. Die plaasnarratief het ontstaan vanuit verlies: die dreigende verlies van die plaas deur die natuur, die ekonomie, industrialisasie, en ook in die woorde van een van Van den Heever se karakters, 'n boer: ‘Suid-Afrika is nie 'n land vir 'n boer nie. Ons het nou vir goed die les geleer. Dit is droogte, sprinkane, depressie... die Vader weet nog wat alles’ (C.M. van den Heever, 1933:102).Wat het dit alles aan die Boer gedoen? | |
Opvoeding, onderwysOnder die voogdyskap van Kasper Booysen - om hom te bemoei met Ampie se wilde natuur - word Ampie geleer om mens te word, selfs sy katkisasie aan te pak. Sy pa stel hom die doel voor oë: ‘En jy moet elke aand jou vrae- | |
[pagina 86]
| |
boek leer; want jy is nog maar baie dom en dis kaffersleg as 'n mens ongeleer bly’ (Jochem van Bruggen, 1924:90). En Booysen onderrig sy vrou in antwoord op die vraag: hoekom is daar slegte wit mense? (Jochem van Bruggen, 1924:113.) Die verteller in ‘Bywoners’ verduidelik hoe mens die bywoners se aard kan bepaal deur te kyk na hulle opstalle: onverskillig, tevrede, ambisieus (Jochem van Bruggen, 1930:18). Booysen word was voog vervang nadat Ampie getroud is, en vir hom ‘wat nimmer simpatieke omgang met sy natuurlike vader gehad het nie’ word sy skoonpa nou die vader van sy hart, en hy leer van hom die rigtingbepalende rol van die Voorsienigheid (Jochem van Bruggen, 1946:69). Alhoewel hy op 'n hoër intellektuele vlak beweeg, het Hansie in Langs die grootpad (C.M. van den Heever, 1928:176, 178) ook die gereelde verheffende omgang van prof. Bievelaar nodig. Die lewe word vir hom meer aanvaarbaar, en daar ontwikkel 'n begeerte om ander op te voed: ‘Sy hele familie, die hele omgewing op die platteland et lewe te veel in onkunde en groei maklik soos plante in die natuur. Is dit nie sy plig om terug te gaan na daardie omgewing en lig te bring aan die ander wat net soos hy gely het nie?’ Gustav die joernalis, die intellektueel, in Groei (C.M. van den Heever, 1933:8, 39, 47) dink na oor die wankelrige bestaan van die boere, hy skryf en dink na oor die ‘oorgang in die Afrikaner se uiterlike en innerlike lewe’, en hy redeneer - inligtinggewend - oor die rol van predikante in die nuwe tyd. En in Droogte (C.M. van den Heever, 1932:176, 212, 213, 216) dink 'n ander intellektueel, die onderwyser, na oor sy lewe en dié van die mense hier op die platteland. Aan die einde van dieselfde boek gee oom Soois die interpretasie van daardie teks: ‘Binne hom en sy broers was 'n groter droogte as hier op die vlaktes was, hulle was leeg sonder dat die landsreën van die goedheid van God hulle binnekant ryk gemaak het’; en hy gedenk Bybelwoorde wat hy nooit ‘opgevang’ het nie. J.C. Kannemeyer sê oor die verteller in die Ampie-trilogie van Van Bruggen: Die sosiale didaktiek vorm... skering en inslag van die trilogie en bepaal die bou, dat keuse van die karakters en die milieus waarin hulle optree. Die gevolg is dat die geheel in 'n reeks tablo's verval wat almal op sigself aantreklik is, maar wat nie altyd inskakel by die ontwikkeling in die werk nie en die eenheid skaad. Daarby kom die verteller dikwels in sekere tonele te staan tussen homself en sy lesers en lig hy hulle in deur die gebruik aan verklarende adjektiewe, verskaf hy direkte informasie, verklaar hy 'n beeld opsigtelik en tree hy van tyd tot tyd direk na vore om oor die maatskaplike omstandighede te praat (J.C. Kannemeyer, 1984:190). | |
[pagina 87]
| |
Dit en nog meer gebeur in die enkele gevalle wat genoem is; die rede daarvoor is dat die skrywers van die plaasroman van hierdie tyd hulleself gesien het as opvoeders, alhoewel hulle dit nie altyd so uitgespel het nie. Opvoeders, maar miskien veral leiers op soek na, aan die bou aan, die identiteit van 'n volk. C.M. van den Heever het vanaf 1933 tot ongeveer 1951 gedurig geskryf oor hierdie kwessies in populêre tydskrifte en koerante.Ga naar eind30 Daaruit kom dan ‘Die Afrikaanse Gedagte’. Van Bruggen (1924:112) laat Kasper Booysen oor Ampie sê dat hy 'n ‘witman’ is, 'n ‘afrikanerkind’ en ‘Ons moet van Ampie 'n mens maak’. Daarom word hy ingelyf in 'n meer verfynde lewe, opvoeding en verantwoordelikheid as vader in 'n gesin. Net so, maar op 'n ander vlak, word Hansie ingelyf in Langs die grootpad. En mens sou ander voorbeelde kon noem. Die belangrike is egter dat die vroeë skrywers van die plaasroman - Van Bruggen, Malherbe, Van den Heever - nie net karakters ingelyf het nie; maar ook lesers. Daarom het die didaktiese vertelmodus hulle nie veel bekommernis besorg nie. 'n Mens sou egter nog verder kon redeneer. Die benamings soos Vry en Sitman, die skielike ontdekking van diamante, die natuur wat dikwels ingeroep word, beroertes en hartaanvalle om karakters tot insig te bring of te verwyder, die skerp afgebakende grense tussen mooi en lelik, arbeid en nie-arbeid, dit alles hou verband met 'n byna allegoriese vertelwyse. Letterkunde wat kommentaar lewer, is nie ver verwyder van die allegoriese nie; en die allegorie - wat nie noodwendig suiwer hoef te wees nie - is 'n sosiale en geestelike noodsaak. Angus Fletcher (1964:8 en 23) beweer: Binne die diskoers oor die plaas is daar uitings geïdentifiseer soos die natuur, arbeid, die familie ensovoorts. Dit sou mens kon tipeer as ‘inhoudelike’ uitings, betekendes. Nou kom daar egter as uiting by die aard van dié narratiewe, die vertel-self, die betekenaar, by. En dit is die neiging tot die allegoriese; en sonder die wyse van formulering van die betekenaar sou die narratief as spesifieke literêre vorm nie 'n effektiewe uiting binne hierdie diskursiewe formasie kon gewees het nie. | |
[pagina 88]
| |
‘We can now understand the reason for the equivocal meaning of the term discourse... in the most general, and vaguest way, it denoted a group of verbal performances; and by discourse... I meant that which was produced... by the groups of signs. But I also meant a group of acts of formulation, a series of sentences or propositions. Lastly... discourse is constituted by a group of sequences of signs, in so far as they are statements, that is, in so far as they can be assigned particular modalities of existence’ (Michel Foucault, 1972:107). |
|