'n Hele os vir 'n ou broodmes. Grond en die plaasnarratief sedert 1595
(2000)–Ampie Coetzee– Auteursrechtelijk beschermdGrond en die plaasnarratief sedert 1595
[pagina 37]
| |||||||||
3 ‘Duytsman altyd kallom: icke Hottentots doot makom’Ga naar eind13
| |||||||||
[pagina 38]
| |||||||||
koloniale tyd waarin ons leef, word geteoretiseer oor die wyse waarop die stem van die ‘ander’ vasgelê kan word.Ga naar eind14 Die ironie is dat die ‘wit’ letterkundes in Suid-Afrika nie kon ontstaan het sonder daardie gekoloniseerde ‘ander’ nie; of: dit nie geproduseer kon word sonder om 'n ‘ander’ te skep nie. Daar sou, byvoorbeeld, geen plaasroman kon wees sonder 'n werker, 'n ‘ander’ nie; geen plaas kan sonder arbeiders bestaan nie. In watter mate is die ‘ons’ afhanklik van die bestaan van die ‘ander’? Maar as die ‘ander’ nog nie geken is nie, en ons moes ‘hulle’ geskep het ter wille van die bestaan van die ‘ons’; in watter mate is die ‘ons’ dan ook konstrukte? In wat vandag beskou word as ‘die Afrikaanse letterkunde’, veral in die plaasroman, is die ‘ander’ geskep deur die afstammelinge van die koloniste: ‘Ek het maar net saam met die baas gekom.’ Met die saamleef binne die baas-kneg-verhouding het die representasies van die indigeen in die letterkunde gekom. Daar het dit egter nie begin nie; omdat 'n begin nie met vers en kapittel vasgelê kan word nie, maar ook omdat die klassifikasie van die natuur - en daarbinne van die mens in die natuur, die indigeen, die ‘wilde’ - ‘wetenskaplik’ beoefen is vanaf die 17de tot die 19de eeu. En dit was die tyd van die kolonisasie van suidelike Afrika, en die tyd van die indringing van die teks as representasie. Deur die konstituering van die ‘wilde mens’ in tekste is konstrukte geskep waarvan daar selfs vandag nog oorblyfsels is. Die tekste van die Europeërs, wat ingedring het in 'n land wat nog nie gekaart en geïnskribeer was nie, was nie net die wapens van onteiening en vervreemding nie, maar het ‘hulle’ ook van hul stem ontneem. Is daar spore van daardie stemme in die beskrywings en narratiewe van die wegbereiders van kolonisasie? Hoe vind mens die reaksie van diegene wat hier gewoon het toe die nuuskierige, merkantiele, Christelike, Europese Renaissance-mens 'n permanente ontwrigting in hulle bestaan veroorsaak het? Foucault laat hom hieroor uit in The order of things. An archaeology of the human sciences (1970:x): ‘What I wished to do was to present, side by side, a definite number of elements: the knowledge of living beings, the knowledge of the laws of language, and the knowledge of economic facts, and to relate them to the philosophical discourse that was contemporary with them during a period extending from the seventeenth to the nineteenth century.’ | |||||||||
Eerste beskrywings van die indigeenAntropoloë het reeds vasgestel dat die eerste verslae oor Afrika die Hottentot/ Koi as die mees weersinwekkende verskynsel voorgestel het (Margaret T. | |||||||||
[pagina 39]
| |||||||||
Hodgen, 1964). Die indigeen waarmee die Europeër aanvanklik die meeste kontak gehad het, die Koikoi, word in verskeie tekste en by herhaling soos volg beskryf, indien 'n mens die beskrywings uit verskeie tekste sou saamvoeg (Vgl. Schapera & Farrington, 1933):Ga naar eind15 Hulle is bruin, ros van kleur, alhoewel die een bruiner as die ander is, klein en lelik - indien 'n mens die naam ‘mens’ aan sulke diere kan gee - met hare wat lyk of die son dit afgeskroei het. Hulle bloed is droog en warm. Die neuse is plat, die oë rond, die mond wyd en die voorkop laag. Hulle loop nakend met die stert van 'n klein diertjie om hulle skaamte te bedek. Hulle dra plankies onder die voete, en buiten stukkies gedroogde vleis en beentjies om die hals, dra hulle armringe van rooi koper, been en geslypte skulpe. Daar is verskeie merke op die lyf, en hulle stink altyd omdat hulle met diervet besmeer is, of een of ander soort olie, sodat hulle pikswart word. Dan lê hulle in die son sodat die kleur in hulle vel kan inbrand. Die vrouens kan van die mans onderskei word vanweë hulle lelikheid, en die vrouens is anders as vroue van ander rasse aangesien hulle lang, afhangende skaamlippe het.Dit behoort duidelik uit hierdie representasies te blyk dat die Europeër geen hoë agting vir die wilde mense gekoester het nie. Die kontak met hulle sou dus tot 'n minimum beperk gewees het, dus slegs tot handel en ruil deur tekens. Maar tog besit hulle vee en miskien ook waardevolle artikels. Daarom sal kommunikasie deur middel van taal uiteindelik moet geskied. Maar wat was die persepsie oor die taal van die Koikoi? Wanneer hulle praat, sê Grevenbroek, klink dit soos die geraas van kalkoenhane; mens hoor dus weinig anders as 'n gekloek en 'n gefluit. Hulle | |||||||||
[pagina 40]
| |||||||||
spraak is belemmerd, soos dié van die mense in die Alpe wat van die hardheid van die sneeuwater kroppe kry. Hottentotte raas, hulle praat nie, want elke woord eindig met 'n klikgeluid. Die gevolg is dat hulle glad nie met ander rasse kan kommunikeer nie, en selfs na 'n lang tyd kon die Hollanders nie ordentlik met hulle praat nie; maar gelukkig leer hulle na 'n rukkie Nederlands aan. Hulle taal het miskien iets gemeen met Hebreeus. (Hierdie uitspraak van Grevenbroek hou verband met die feit dat Hebreeus beskou is as die taal van die eerste mense, en dat alle ander tale daarvan afkomstig is.) Daar was ook vroeë klassifiseerders van die Koikoi wat gekla het oor die valshede in die verslae oor die Kaap die Goeie Hoop. Kolbe praat van skrywers oor die Koikoi wat soveel van mekaar verskil en selde by die waarheid uitkom (Kolbe, 1719:25). Maar wanneer hy praat oor hulle taal, sê hy die volgende: Hulle taal is sekerlik 'n komposisie van die vreemdste geluide wat nog ooit deur enige mense geuiter is... sommige beskou dit as die skande van spraak; ander ontken dat dit spraak is, aangesien dit niks van klank of artikulasie besit wat aan die mens behoort nie...Die Koikoi het dus volgens die perspektief van die kolonis geen taal nie. Nie alleenlik sukkel hulle om die koloniseerder se taal te praat nie, wat alreeds van hulle barbare maak, maar die taal wat hulle met mekaar praat, maak hulle doofstom. Op grond van hulle taal word hulle aan die koloniste as doofstom voorgestel. ‘Wat die Boesmantaal betref, het die taalgeleerdes nog nie daarin geslaag om daarvan 'n skrif te maak of dit met enige ander taal in verband te bring nie. So moet die Boesmantaal as 'n geskenk van God aan die Boesman beskou word. In die taal word soveel verskillende klanke gehoor, dat die ses-en-twintig letters van ons a, b, c, daarvoor nie voldoende is om al die verskillende klanke na te boots nie. Wel het die Boesmantaal sy invloed hier en daar op Hotnot-, Koranne- en Kaffertaal laat gelde om die drie verskillende klik-klanke daar in te voer.’ (G.R. von Wielligh, 1922:106). As hulle spraak nie taal is nie, kon hulle stem slegs deur bemiddeling tot die tekste van die koloniste gekom het deur ander tale. Geen joernaal- of reisteksskrywer het ooit erken dat hy 'n taal of die tale van die indigeen goed kon verstaan nie (behalwe Jacobus Coetzee in J.M. Coetzee se | |||||||||
[pagina 41]
| |||||||||
‘Narrative’!). Ons moet dus aanvaar dat die persepsies van die indigeen waar dit gefragmenteerd gerapporteer word, vanuit gebrekkige Nederlands of Engels gekom het, soos die min woorde van Herry: ‘... hy wat gebroke Engels praat’. Dit was nie net die indruk van Nederlandse koloniste nie. Ook Columbus het so gedink oor die eerste indigeen wat hy teengekom het. Vgl. Tzvetan Todorov se kommentaar (1984:76): ‘The first, spontaneous reaction with regard to the stranger is to imagine him as inferior, since he is different from us: this is not even a man, or if he is one, an inferior barbarian; if he does not speak our language, it is because he speaks none at all, cannot speak, as Columbus still believed.’ En ook Shakespeare het dit besef. Vgl. Prospero se houding teenoor die slaaf Caliban in The tempest (Sutherland, 1952:43): | |||||||||
Die stem van die indigeenUit klein stukkies narratief van handelinge binne die kontaksone kan daar miskien tog iets gehoor word, waar 'n skrywer, beskrywer, representeerder, probeer om stem te gee aan die indigeen, sonder om met of oor hulle te praat. Binne sy eie teks, natuurlik. En dan sou 'n mens daardie teks as diskoers moet lees: nie net die inhoud daarvan nie, ook die konteks, ook die variasies daarvan. Een so 'n voorbeeld is die verhaal van Eykamma, soos vertel deur Olfert Dapper in 1668 (Schapera & Farrington, 1933). Die verhaaltjie is klaarblyklik 'n samestelling uit verskeie bronne, en Dapper was waarskynlik nooit self in die Kaap nie. Sy verhaal kom nie oral met die amptelike verslae ooreen nie, en die amptelike verslae kom ook nie onderling ooreen nie. 'n Noukeurige lees van die verskillende tekste voorsien ons van die saamgestelde verhaal van Eykamma, maar ook van die narratief van 'n teks (wat dan ook hierdie weergawe insluit): Een oggend in Junie 1659, nadat die oorlog reeds drie maande aan die gang was, is vyf Hottentotte (waarvan die genoemde Doman een was) ingehaal deur vyf van ons ruiters, toe hulle aan't vlug was met twee beeste wat hulle van 'n sekere vryburger gesteel het. 'n Kwaai skermutseling het ontstaan. Die Hottentotte, aangesien daar geen manier was om te ontvlug nie, en hulle geen genade verlang het nie, het hulleself dapper verdedig. Hulle het twee van die ruiters gewond: die een deur | |||||||||
[pagina 42]
| |||||||||
Na dat 't oorlog reets drie maenden geduurt hat, is in Zomermaent des jaers zestien hondert negen-en-vijftigh, op een morgenstont, wanneer vijf Hottentots (een der welke de voorzeide Doman was) doende waren om zekeren vrijman twee beesten afhandigh te maken, een felle schermutseling met vijf ruiters van d'onzen tegen deze vijf Hottentots, die in het vluchten met het vee achterhaelt wierden, aengevangen. Dan zij stelden zich als brave krijghs-luiden ter weer, naerdien zij geen middel zagen van wegh te kunnen vluchten nochte geen lijfs-gena begeerden; zulx zij twe ruiters quetsen, d'eene door den arm en onder de korte ribben, en dan anderen in 't rugge-been; doch bleven d'onzen hen dat niet schuldigh, maer schoten drie van de vijf onder de voet, en staken twee met hun eigen geweer, dat zij neerleiden, door 't lijf. Een der drie ter neergeschoten, Eykamma genaemt, die door den hals geraekt, en 't been aen stukken was, met een zwaren houw in den kop, wiert op een peert in 't Fort gebracht; maer Doman, met een anderen, ontsprongen den dans, door het overduiken eener revier van acht voeten breet, waer na het vluchten hun beste geweer en behoudenis was (Olfert Dapper in Schapera & Farrington, 1933:14). | |||||||||
[pagina 43]
| |||||||||
die arm en onder die kortrib, en die ander in die ruggraat. Ons landgenote het teruggeveg, drie van hulle met die geweer gewond en die ander twee met hulle eie wapens doodgesteek. Een van die drie wat geskiet is, 'n man met die naam Eykamma, is te perd na die Fort gebring, met 'n gat in sy nek, sy been vergruis en met 'n geweldige hou teen die kop. Doman en die ander een het ontsnap deur oor 'n rivier van agt voet breed te spring; ontvlugting was hulle beste wapen en hulle behoud. | |||||||||
[pagina 44]
| |||||||||
Byvoorbeeld: ‘Dapper's version of this episode, while substantially accurate, does not agree in every particular with the official records...’; ‘The paragraph is evidently based on van Riebeeck's despatch of July 29, 1659, to Batavia...’; ‘This statement was actually made not to Eykamma but to the Capemen when they came to sue for peace...’; ‘Once more Dapper is inaccurate...’ (Schapera & Farrington, 1933).Die redakteur van 'n versameling essays oor die vroeë Kaapse Koikoi, I. Schapera, kritiseer Dapper deurgaans vir sy onpresiesheid en vir sy afwykings van die oorspronklike verslae. Sover vasgestel kan word, is daar twee tekste waaruit Dapper sy storie aanmekaar kon sit: die een 'n dagboekinskrywing van Van Riebeeck, gedateer 19 Julie 1659, en die ander 'n brief wat Van Riebeeck gestuur het aan die Direkteure van die VOC in Holland, op 29 Julie 1659, waarin hy die insident rapporteer (en miskien ook van 'n dagboekinskrywing op 12 Augustus 1659).Ga naar eind16 Sonder 'n noukeurige taalkundige ontleding van die verskillende tekste kan basies vasgestel word dat hierdie twee tekste ten opsigte van die volgende inligting van Dapper se storie verskil:
Die redakteur van die teks, Schapera, voeg 'n betekenisvolle voetnoot by: In die Joernaal is hierdie passasie nie duidelik nie, maar met die hulp van 'n beskrywing van die geveg, wat bestaan in 'n brief aan Batavia, gedateer 29 Julie 1659, kan mens die betekenis maklik verstaan. Doman, so word gesê, het 'n skoot in die rug gekry maar het nietemin met 'n haarbreedte ontsnap. Volgens die gevangene - 'n Kaapman wat Hollands redelik goed gepraat het [dit sou dan Eykamma wees, AC] - was die Hottentotte ontevrede dat die Europeërs besit van hulle grond geneem het, en Doman het die Hottentotte aangemoedig om die huise en die graan aan die brand te steek en om te probeer om die fort te oorweldig (Schapera & Farrington, 1933:101, eie vertaling).Schapera se ingryping, twee en 'n half eeue later, voeg nog 'n teks toe tot Dapper se collage; en hierdie verdere gepeuter daarmee sleep dit nou in die diskoers oor grond in. Binne die ander diskoers, dié van die teks, het ons dan hier in Dapper | |||||||||
[pagina 45]
| |||||||||
se verhaal 'n samevoeging van verskillende amptelike kennisgewings van 'n skermutseling wat plaasgevind het tussen die Hollanders en die Koikoi. 'n Narratief en 'n verslag. Die amptelike dagboek en die briewe is die verslae wat aan 'n owerheid voorgelê is; in hierdie geval Van Riebeeck se meesters: die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie. Vir hierdie soort verslae was daar spesifieke voorskrifte, 'n soort meesterteks só ontwerp dat dit die nodige inligting sal gee omtrent die indigeen en sy lewensomstandighede. ‘Om ervoor te zorgen dat die informatie adequaat was, werden er richtlijnen meegegeven voor zaken waar de journaalhouder op moest letten. Het pakket met richtlijnen dat voor die eerste expeditie onder leiding van Christian van Hoesum in februari 1659 werd opgesteld... leef vrijwel ongewijzigd in gebruik tot de expeditie van De la Guerre (1663-1664)...’ (Siegfried Huigen, 1966:28). Dit sal dan 'n rekord wees, so akkuraat moontlik opgestel binne ruimtelike nabyheid aan die indigeen en aan enige voorvalle. Herinnering en reportage tot 'n minimum gereduseer; sodat die amptelike verslag soos 'n klassifikasie sal wees; 'n klassifikasie van gebeurtenisse. Die oomblik van tekstualisering word dan die oomblik waarop die moment of voorval geskiedenis word. Maar in hierdie soort representasie van die ander en wat met hulle gebeur, moet die motivering vir die teks in ag geneem word. Vir wie is dit geskryf? Wie of wat beheer dit? Wat is die bepalende meesterteks? Dapper se verhaal is dan 'n representasie van 'n noodlottige voorval tussen die Koikoi en die Hollanders. Maar as 'n mens hierdie verhaal as deel van die diskoers rondom die teks lees: Wat het ons dan? Die woorde van 'n gewonde Koikoi, klaarblyklik in Nederlands; maar nog dié van 'n volk wat onverstaanbaar praat, van 'n hakkelaar; alles saamgebring van flentertjies tekste. Al wat konstant is, is ontevredenheid, grond, vee. Ongelyke kontrakte. En om die redes vir die onmin te outentiseer sou 'n mens ander soortgelyke narratiewe moet soek waarin die stem van die indigeen miskien deurslaan. Vaandrig Johannes Tobias Rhenius vertel in sy Dagregister gehou op die tog na die Namaqua Hottentots... van 1724 (E.E. Mossop, 1947:135-147) van 'n ontmoeting in Namakwaland, noord van Meerhoff se Kasteel (vandag ongeveer waar Piekenierskloofpas is) met vier Hottentotte, op 9 Oktober. Die gesprekke met hulle is insiggewend wat betref ruilhandel, beeste en die Koikoi se vrese. Een van die vier was voorheen, in 1721, 'n gids. Kon hy dus 'n Europese taal praat? | |||||||||
[pagina 46]
| |||||||||
Hulle vertel dat hulle op pad is na die ‘duijtse’ (Dietse, Hollanders) op Piketberg, en ook dat daar 'n siekte onder die Amacquas was (pokke). Hy en sy maats, om dit te ontsnap, het besluit om na die Hollanders te vlug. Rhenius trakteer hulle op arak, omdat hy wil weet of daar vee is, en of hulle hom na hulle krale toe sal lei. Hulle antwoord dat daar weinig vee is, en dit blyk dat hulle geen sin daarin het om hom na hulle krale te neem nie. Twee dae later, op hulle tog noorde toe, vra Rhenius weer waar hulle krale is; en hy belowe om hulle ordentlike geskenke te gee as hulle hom goeie aanwysings gee. Nadat hy hulle op arak, tabak en dagga getrakteer het, begin hulle gesels, en een van hulle, 'n Griekwa wat Hollands praat, wil hom alleen spreek. Hy vertel dat hulle nie op pad Piketberg toe was nie, maar deur die kraalvolk gestuur is na hulle, en: ... indien hulle ons gewaar, moet hulle wegkruip, eerste na die kraal toe kom en waarsku, wanneer hulle dan hul vee sou wegdryf tot in die hoë gebergtes, en dan met die oorlogsvolk sou kom om te sien of hulle ons in die nag kon aanval en doodmaak, en hulle meester van ons goed maak. Hy voeg daarby dat ons hulle vir twee jaar aanmekaar kaal gemaak het, en dat hulle nie meer bereid was om met die Kompanjie te ruil nie; en as hulle vee op is, dat hulle dan van die Hollanders sal kom haal. Ek het hom tot dusver geglo, maar ek gee streng bevele, laat die nagwag verdubbel, en ek versoek die vermelde Hottentotte om stil te bly, en beloof om hulle goeie geskenke te gee. Dié dag stuur ek nog vier van die Hottentotte by my na die naaste kraal met tabeties-goed (groetegeskenke), bestaande uit 5 span tabak, soveel pype, 'n bak met dagga, 'n kan met arak, en groot tabeties aan die kraalvolk, met die versoek dat hulle na ons toe kom om te ruil; dat ek hulle goeie betaling sal gee en allerhande mooi goed wat ek saamgebring het.Agt dae lank soek Rhenius vee om te ruil; maar nadat hy volgens sy verslag slegs 16 beeste, meestal in 'n swak toestand, kon kry omdat die mense geen beeste meer besit het nie, besluit hy om liewer op 'n ander plek te gaan soek. Toe hierdie poging ook nie suksesvol is nie ... en van hierdie volk met goedheid en goeie betaling niks verkry is nie, en aangesien ek op geen wyse die bevele van my Heer en Gebieders wil oortree nie, om enige vee met geweld van hierdie nasie af te neem, het ek geoordeel dat dit beter sou wees om onverrigtersake terug te keer, tot my groot leedwese. Terug te keer eerder as om gegewe bevele te verontagsaam en daarteen te sondig; ek het my daarin berus dat ek my plig in ag geneem het. | |||||||||
[pagina 47]
| |||||||||
Sy plig teenoor sy Meesters was 'n kontrak wat hy gerespekteer het. Maar die antwoorde wat hy telkens van die Koikoi gekry het op sy versoeke om beeste te ruil, het hy deurgaans betwyfel en bevestiging by ‘ons hottentots’ gevra. Sy wantroue teenoor hulle word gereflekteer in hulle wantroue teenoor die Hollanders. Wanneer sy ‘hottentots’ drie Amacquavroue wie se mans dood is aan pokke, na hom bring, vertel hulle dat die meeste van hulle vee gevang is deur die San, dat hulle totaal verarm is en glad nie met die Kompanjie kan handel dryf nie, en net min tabetiesgoed kan bring, dan betwyfel hy die inligting: ... ek vra een van ons hottentots, wat goed Hollands praat, of dit waar is. Hy bevestig dat hy dit wat die vrouens gesê het, so gevind het. Hy voeg by dat daar 'n jaar gelede 'n Boesman na die Amacquas gekom het en aan die mense gesê het dat die Hollanders aan die kom is, en dat hulle al hul vee sou wegneem. Volgens daardie gerug het hulle al hul beste osse sowel as al hul skape van tyd tot tyd geslag en geëet. Hulle het gesê dat dit beter was om alles te eet as dat dit die buit van 'n ander word. | |||||||||
Indringing, ontevredenheid, konflik, oorlogDie teks van die geskiedenis kan die indringing in die bestaanswyse van 'n volk saamvat; dié indringing wat tot 'n permanente breuk gelei het.Ga naar eind17 Dit het in hooftrekke soos volg verloop. Tussen 1652 en 1795 het die Koikoi groot stukke van hulle gewone weiveld en verblyfplek in die Wes-Kaap verloor as gevolg van die sistematiese kolonisering deur die Hollanders. Die Hollanders het, ten spyte van die Koikoi-oorloë, relatief min geweld tydens hierdie proses gebruik. Hulle het deur ruilhandel, handeldryf en onderhandeling meer verkry. Vanselfsprekend was die Koikoi ontsteld oor die permanente vestiging in hulle gebied. Van Riebeeck het die skiereiland beskou as wettige territorium nullius, wat deur vestiging Hollandse grondgebied sou word. Volgens die Hollanders het die Koikoi geen wetlike regte gehad nie aangesien hulle nie 'n regeringstelsel of 'n staatsvorm soos wat daar in Oos-Indië bestaan het, gehad het nie. Hulle het dus onmiddellik begin met die oprigting van geboue, en met die beoefening van landbou. In protes het die Koikoi hulle hutte in die onmiddellike omgewing van die Fort opgesit - in die gesigveld van die Europeërs, en Van Riebeeck se versoek/bevel aan hulle om te verskuif het spanning veroorsaak. Hy het op 5 Julie 1658 probeer om tot 'n verstandhouding met die Koikoi te kom om daarvolgens 'n ‘vaste vrede en nadere alliansie’ met hulle | |||||||||
[pagina 48]
| |||||||||
te sluit. Die Kaapmans se woon- en weidingsgebied sou nou oos van die Sout- en Liesbeeckriviere wees en dan sou hulle hul beste weiveld en waterbronne moes opoffer. Onder Doman se aansporing het die Skiereilandse Koikoi hulle teen die Hollanders se begrensing verset, die Vryburgers se landerye verwoes en hulle vee gebuit. Die Eerste Hollander-Koikoi-oorlog het in 1659 uitgebreek en is in 1660 beëindig met die militêre onderwerping van die Koikoi van dié gebied. Hulle het egter nog die Hollanders se reg betwis, en in 1672 is kooptransaksies opgestel om ‘dispute en onenighede vir goed uit die weg te probeer ruim’. Maar die aankoop van grond in hierdie jaar was skynbaar 'n groot oorsaak vir die uitbreek van die Tweede Hollander-Koikoi-oorlog. Sewe jaar na die aankoms van die Europeërs is daar oorlog, en veertien jaar later weer. In albei gevalle is die oorsaak daarvan die besetting van grond, die besitname van grond, vee en weiding. Die representasie van wat grond beteken het, was vir Hollander en Koikoi nie heeltemal dieself nie; en hulle het ook nie saamgestem oor dit wat in kontrakte voorgestel is nie. Die Koikoi het dít teruggeneem wat hulle - volgens hulle persepsie deur onderhandelinge verloor het. Onbegrip van 'n kontrak het gelei die nihilering daarvan. Die handelinge van die indigeen is gewoonlik al stem wat ons gehoor het tensy ons geduldig in grys dokumente na representasies van hulle stem soek. Ons weet egter dat daardie dokumente nooit deur die ‘ander’ opgestel en opgespoor is nie. Soms kry 'n mens, onverwags, 'n eie stem. Soos dié brief van 'n 'Verdrukte Grikwa’ aan ‘Mynheer Schryver van die Korrant’ (G.S. Nienaber, 1971:47). Hy (sy?) het gehoor dat dié koerant 'n vriend van verdrukte mense is, daarom kan die Koikoi teenoor hom weeklaag omdat hulle geen grond meer in hulle eie land het nie: De plek waar de kaap staat en daar overal is onse voorvaaders zyn velt gewees, en daar het sulle vrede en in vryheid geweid, en als het niet om die kriste mens was, dan was wy ook van dag in die velt... | |||||||||
[pagina 49]
| |||||||||
Karel Schoeman, wat sedert 1993 met sy roman Hierdie lewe in die verlede gaan soek het na die stemme wat ons nie kon hoor nie, gee uit briewe, verslae, wette en gesprekke aan die Griekwas self 'n stem oor die indringing en onteiening van hulle grondgebied. Dit staan in die motivering vir sy versameling van dokumente van die Philippolis Kapteinskap. ‘The present book attempts to give a voice to the Griquas of the Captaincy which existed between the Orange and Riet Rivers during the period 1826-1861 and was governed from Philippolis successively by Kaptyn Adam Kok II’ (Karel Schoeman, 1996:vii). Dit begin met die ‘algemene wette’ oor die verkoop van plase, wat ‘geensins aan eenige Kolonis of burger of aan iemand anders as wettige onderdane van Kaptein Adam Kok of sy navolgers...’ verkoop mag word nie. Daar word spesifiek beveel, aangesien die Koloniste hulle dikwels onbehoorlik gedra en daardeur laat blyk dat hulle die land begeer, dat niemand 'n Kolonis mag toelaat om by hulle in te woon nie - tot behoud van volk en land. Die eerste klousule hiervan lui in die geheel so: Ander dokumente in hierdie versameling vertel van die briewe van Adam Kok II waarin daar geprotesteer word teen wit boere wat hulle vestig in Griekwagebied (Januarie 1829), 'n sekere Ockert van Schalkwyk wat hom gevestig het op 'n Griekwaplaas, die beeste daar verdryf en die wagters mishandel het (Februarie 1831). In woorde wat herinner aan die Koikoi se besware destyds teen Van Riebeeck, skryf Kok op 27 Junie 1834 aan kolonel John Bell, waarnemende Goewerneur van die Kaap. Hy kla oor die aanhoudende indringing van die koloniste in hulle land, wat met hulle groot troppe vee en skape die Griekwas se weiveld vernietig het. Hy vra dat die regering hom en sy mense sal erken as die wettige besitters van dié landstreek. Adam Kok III kla op 20 Oktober 1842 by die Landdros van Colesberg oor die Boere-opstandelinge wat onder J.G. Mocke die Griekwas se land wil inneem | |||||||||
[pagina 50]
| |||||||||
en hulle vlag by Allemansdrif hys. Dis dieselfde Mocke wat op 25 Oktober 1842 in 'n gesprek met sekere toonaangewende Griekwas sê dat die onuithoudbare onderdrukking van die Britse regering die Boere uit die Kolonie laat emigreer om 'n nuwe land te soek en in besit te neem om daar hulle eie regering te vestig. In die land van die Griekwas! In latere onderhandelings (Desember 1842) oor dié kwessie met die Engelse, verklaar Hendrik Hendriks, sekretaris van Kok: Dit was die Engelse wat die Hottentot vrygemaak het. Dit was nie totdat Engeland haar hand op die land gesit het dat daar enige rusplek vir die Griekwas was nie. En nooit, nooit sal daar sekuriteit vir die Griekwas en die swart nasies van Afrika wees nie totdat Engeland aanhou om haar hand oor die hele land te hou.Gesprekke en klagtes word aanhoudend aangehoor oor Boere wat in opstand is teen die Griekwa-owerhede, teen die Goewerment van die Kolonie, en teen dié Boere wat die Griekwas se fonteine in besit neem: 5 Junie 1844, 25 Desember 1944, 13 Januarie 1845 en verder. Tot Adam Kok III kla op 30 Desember 1848 oor die verkoop van 'n plaas aan die Boere in sy Griekwagebied. Uiteindelik, in 'n verslag van sir Andries Stockenström gedateer 15 Mei 1849, kom daar 'n botsing tussen Hendrik Hendriks en goewerneur sir Harry Smith, waarin Smith uitvaar teen Kok as 'n ‘black fellow’. Hy sweer dat hy die Kaptein aan 'n balk sal ophang; hy is die Goewerneur en het die reputasie dat hy die hele Indië en Kaffirland onder sy voet gebring het. Na hierdie uitbarsting is almal uit die plek van samekoms gejaag (die voorval is bevestig in die woorde van Adam Kok in 'n brief aan dr. J. Philip). Hendriks se reaksie op die gebeure wys dat sy siening oor onderhandeling met die Engelse sedert Desember 1842 verander het: Ons sal nooit daaraan dink om ons te verset teen Britse outoriteit nie, maar ons sal ver in die binneland in emigreer, soos die Boere gedoen het, en beskawing en die Woord van God agter ons laat. Wie sal dan antwoord vir die barbarisme en bloedvergieting wat sal volg?Sonder herhaling van die besonderhede kan daar ook nog verwys word na Kok se uiteindelike klag teen sir Harry Smith oor sy hantering van die saak, naamlik dat van die plase wat betwis is uiteindelik deur hom aan die Boere gegee is as gebaar van versoening. Ter wille hiervan, sê Kok, is eiendom ter waarde van £100 000 tot £200 000 van die arm, swak Griekwas geneem deur die ryk en magtige Britse regering.Ga naar eind18 | |||||||||
[pagina 51]
| |||||||||
Uit reisverslae, ‘wetenskaplike’ klassifikasies en die opdiep van dokumente; uit die rekonstruksie van stukkies monoloog en dialoog uit die verlede; uit die verslae van Hondius, Dapper, Kolbe, Rhenius, Schoeman en ander kan die stemme, en die betekenis van die optrede, van die indigeen, die gekoloniseerdes, die ‘ander’ gehaal word. Maar dit bly nog monologies, want die stemme waarna ons soek, het juis gekom as gevolg van aksie en interaksie met die besoekers, die setlaars, die koloniseerders. Die herwinningstaak is miskien veel meer ingewikkeld indien die stem van dié een wat in beheer is van die teks saam met diegene waaroor hy/sy praat, gehoor kan word. In die literêre prosateks, waar die outeur wat struktureer, en die verteller wat vertel, en die fokalisasies van die karakters uiteindelik dialogies saamverkeer, kan daar moontlik meer kennis bekom word oor die verhaal van grond. Oor grondbesit, grondtoewysing, ruil, handel, rasseverhoudings, onreg, indringing, kontrakte - en hoe dit alles die politieke bestaan van 'n land raak. Volgens G.R. von Wielligh is sy Jakob Platjie 'n poging ... om sterke karakters same te vat, wat die lewe van drie Afrikaanse inboorlingrasse weerspieël. Naamlik die volke wat amper aan die uitsterwe is, en wat onder die goeie of slegte invloede van beskawing, in karakter verander... Mog hierdie werkie aan die nageslag oorhandig 'n idee hoe die inboorlinge gedink en wat hule gedoen en gelaat het (G.R. von Wielligh, Voorrede).Dié boek, wat volgens G.J. Gerwel (1983:76) steeds ‘as die tradisionele beginbaken in die Afrikaners se literêre boekstawing van konsepsies oor gekleurdes staan’, verklaar gedurig sy fokalisasie. Die stem van die verteller, die alwetende verteller, die ‘kommentariërende skrywer’ (volgens Gerwel) verdring sy narratief, sodat dit ook monologies raak; en die stem van die karakters is gelyk aan die stem van die skrywer. Nietemin, die toewysing van grond word in die monde van die karakters gelê. Dit klink egter meer gemoedelik as tragies. In die eerste voorbeeld praat Platjie, 'n kind van twaalf jaar: ‘Ek kan darem die ding nie klein kry nie, dat ons ou Hotnots so swakkies was om somar te sê dè! aan die witmense, hier is ons land, vat dit maar! Nou is hulle baas en ons is klaas.’ | |||||||||
[pagina 52]
| |||||||||
Later kla Iedries ook: ‘Op 'n goeie dag,’ so gaan Iedries aan, ‘vat die Hollanders regtig die Kaap vir hulle, en dit nogal sonder om die Hotnots te vra of hulle daarmee gedien was! Eenmaal uit hulle grondbesit gepypkan, was die vastrap van die Hotnot poot uitgeslaan. Die enigste plan was maar om tru te staan en inlands te trek.’Selfs die steel van Platjie weg van sy ouers, kwansuis as verruiling - wat eintlik slawerny is - het geen noemenswaardige gevolge nie. Die transformasie van historiese gegewens tot literêre teks is daarmee vergelykbaar - in die hande van Karel Schoeman word die gebeurtenisse van die verlede die ontroerende versinnebeelding vir die geskiedenis van die hede. Die dokumente in Griqua Records vertel van die klagtes van Adam Kok II oor 'n wit boer wat van Griekwa-grond besit geneem het waarop daar 'n fontein was en die grond begin bewerk (12 Oktober 1829); en op 13 Januarie 1845 skryf Adam Kok III oor die emigrante-Boere wat weer begin het om fonteine wat aan sy mense behoort, in beslag te neem, en kla hy oor die baie skade wat aangerig is deur hulle kommando's. Op 30 Desember 1848 protesteer Adam Kok II oor die feit dat Boere die plaas Zuurfontein wil koop. Hulle wil glo 'n kerk bou, maar ‘Ek en my Raad weet goed, as die grond verkoop word aan die Boere, sal hulle nie net 'n kerk bou nie, maar 'n dorp; hulle sal aansoek doen by die Regering vir 'n Landdros, en hulle eise sal nie eindig nie tot die Griekwas op een of ander manier ontneem is van die beste deel van hulle land’ (Karel Schoeman, 1996:21, 77, 118-119). In Die uur van die engel, die roman oor Danie Steenkamp, Danie Versies, Mal Danie, die hakkelaar wat die engel in 1838 gesien het, word Danie se wêreld gekenmerk deur enorme diskontinuïteite: oorlog, rebellie, die wegneem van die grond van die Griekwas. As gevolg van sy getuienisse teen die Boere is hy deur hulle gemarginaliseer en beskuldig. Alhoewel hy nie oor grond en geweld en oorlog gepraat het nie, en net oor die barmhartigheid van God, het die Boere hom genoem 'n skeurmaker wat onrus en ontevredenheid onder die Basters veroorsaak het, die Hotnotsgod en die Basterprofeet. Uiteindelik was dit slegs hulle, die gemarginaliseerdes, die Basters, wat na sy woorde geluister het. Die enigste stem wat uiteindelik duidelik in die roman gehoor word, was dié van sy suster wat sy vervolgers in die openbaar aangespreek het. Teen die einde van die roman noem sy | |||||||||
[pagina 53]
| |||||||||
haarself: ‘Mal Danie Versies se suster, 'n ou vrou aan die einde van haar lewe’; en dit sê sy ook vir die gebeurtenisse van ons hede: Hulle het van die fonteine besit geneem en die skaap en die mense verjaag, hulle het die grond oorgeneem en plaas aan plaas gevoeg, hul opstalle het hulle gebou, hul skure en krale, hul dorpe het hulle daar uitgelê en hul kerke gebou, hul kerkrade het hul verkies en hul predikante om heerskappy oor almal te voer. Maar dit was nie reg nie, en dit sê ek weer hier aan die einde van my lewe teenoor dié wat die huise en die kerke gebou het, wat in die voorgestoelte sit en as ryk en vroom manne vereer word: dat dit onreg was, dat daar onreg gepleeg is, en dat dit nie vergeet mag word nie; en dat die Here God dit sien en wraak sal neem en Sy mense wreek. Ik heb zijne bergen gesteld tot een verwoesting, alzoo zegt de Heere der heirscharen, en zijne erven voor de draken der woestenij; zullen zij bouwen, zoo zal Ik afbreken (Schoeman, 1995:377). |
|