'n Hele os vir 'n ou broodmes. Grond en die plaasnarratief sedert 1595
(2000)–Ampie Coetzee– Auteursrechtelijk beschermdGrond en die plaasnarratief sedert 1595
[pagina 19]
| |||||||
2 ‘Midts conditie dat sy vee souden brenghen’
| |||||||
[pagina 20]
| |||||||
Die volledige titel is soos volg: Itinerario, Voyage ofte Schipvaert van Jan Huygen van Linschoten naer Oost ofte Portugaels Indien, inhoudende een corte beschryvinge der selver landen ende zeecusten, met aenwysighe van alle de voornaemde principale havens, revieren, hoeken ende plaetsen, tot noch toe vande Portugesen ontdect ende bekent; waer by gevoecht zijn niet alleen die conterfytsels vande habyten, drachten ende wesen, soo vande Portugesen aldaer residerende, als vande ingheboornen Indianen, ende heure tempels, afgoden, huysinge, met die voornaemste boomen, vruchten, kruyden, speceryen ende dierghelijcke materialen, als oock die manieren des selfden volckes, soo in hunnen godts-diensten, als in politie ende huijshoudinghe, maer oock een corte verhalinghe vande coophandelingen, hoe ende waer die ghedreven ende gevonden worden, met die ghedenckweerdichste ghesciedenissen, voorghevallen den tot zijnder residentie aldaer, alles beschreven ende by een vergadert door den selfden, seer nut, oorbaer, ende oock vermakelijcken voor alle curieuse ende liefhebbers van vremdigheden (p. 1).Hierdie teks, die ‘Reisgeskrif van die Navigatie van die Portugese’, was 'n samestelling, representasie, roteiro en reisgids waarin ‘Alles baie getrou en met groot ywer en korrektheid vergader is, en uit die Portugese en Spaanse in ons gemene Nederlandse taal vertaal en omgesit is’ [eie vertaling].Ga naar eind10 Die volgende vertel iets van 'n deel van Van Linschoten se seetog: vanaf 23 April 1589 tot hulle ná 'n groot gesukkel met die stormagtige see uiteindelik om die Kaap kon seil - vanaf Indië op roete na Portugal, Deel 3:80. Den 29 van Aprilis so passeerden wy de Cabo de bona Esperança met groote ende generale blijtscap, wesende 3. maenden en 3. daghen, dat wy van Cochijn t'seil ghegaen waren sonder oyt landt ofte sandt ghesien te hebben, dan alleenlijck seeckere teijckenen van de Cabo, welcke weynigh gheschiet, want die piloten doen altoos haer uyterste neersticheyt om de Cabo te sien ende 'tlandt te mercken, om alsoo voorseker te weten, dat zy de Cabo ghepasseert zijn, want moeten alsdan weder diminueren, en mochten soo haest naer Moçambique loopen als na Santa Helena, doch al waert, dat sy het aende zee ende 'twater lichtelijck komen mercken, soo ist haer nochtans noodich 'tlandt te sien, om alsoo haren cours te setten naer Santa Helena, ende moeten dat altoos houden aende slicker kant, want anders en waer haer niet moghelijk het selfde te moghen aen comen, als zij dese cours verloren, want soo zijt eens passeerden, en mogent niet weder om crygen, | |||||||
[pagina 21]
| |||||||
om datter altoos maer eenen windt waeyt, dat is: eenen zuydtoosten wind. De Cabo ghepasseert wesende kreghen terstondt voor de wind. As bevestiging van die betroubaarheid van die teks het die reisigers voorwerpe na Nederland teruggebring, 'n tasbare getuienis van die waarheid van Van Linschoten se beskrywings. Hierdie voorwerpe is versamel in dr. Bernardus Paludanus se ‘Naturalieën-kabinet’, sy ‘tesame vergaderde seldsaamhede, van kruie, vrugte, giwwe, gesteentes, marmer, korale, ens.’ en ‘hele sterte (van olifante), met die skoene waarop hulle loop, en vele ringe van hulle hare gemaak deur die Swartes...’ (Itinerario, Deel 3: 260, eie vertaling). Hierdie versamelings is genoem ‘cabinets de curiosité’ en het ook bestaan in ander dele van die Westerse wêreld in die 16de eeu, soos die versameling van prehistoriese argeologie van Ole Worm (1588-1654), die ‘maniere en gewoontes’ van Johann Boemus (1520), die kompendium van Sebastian Munster (1544) waarmee 'n leser deur die wêreld kon reis. In 1599 is die eerste dieretuin in Londen gevestig (Margaret T. Hodgen, 1964:114). Representasie geskied hier deur middel van ooreenkomstigheid, en die voorwerpe is tekens van die wêreld wat beskryf word: strategieë van outentisiteit, bemiddelaars, taal. Paludanus se natuurkabinet is ook getuie van die andersheid van die indigeen, van hulle kulturele andersheid; die teks is die representasie wat dan bemiddelend optree. Die voorwerpe word die besit van die uiteindelike koloniseerder, en die teks dui op 'n besitname van die nuwe land. Want die uiteindelike doel is om te besit: alles in die Europese droom van besit het berus op die getuienis, 'n getuienis beskou as 'n vorm van betekenisvolle en representatiewe waarneming (Stephen Greenblatt, 1992:122). In hulle pogings om die koninkryke wat hulle teëgekom het te begryp, het die Europeërs slegs taal gehad, 'n beperkende, feilbare maar geweldig magtige mimetiese apparaat; die mediëringsagent nie net van besitting nie, maar ook van eenvoudige kontak met die ander (Stephen Greenblatt, 1992:23). Die opstelle van dr. Olfertus Dapper (1668), Wilhelm ten Rhyne (1686) en J.G. Graevenbroek (1695) is sistematiese klassifikasies van die Koikoi waarin hulle voorkoms, taal, gewoontes en etniese verskille beskryf word; waarin hulle dus vir die Europese oog voorgestel word. In hierdie tekste, gebaseer op waarnemings van reisigers, op vertellings en op hoorsê-inligting, word die Koikoi vir die kolonis toegeëien. Maar dis nou nie meer 'n aanbieding van tekskompilasies en voorwerpe as bewys van die waargenomene nie, soos in die geval van Van Linschoten en Paludanus | |||||||
[pagina 22]
| |||||||
nie. Daar word nou nie presentasies gemaak in die beskrywing van die wêrelde en handelinge van die indigeen nie. Die 17de eeuse tekste soos dié oor die Koikoi beklemtoon die noukeurigheid en die akkuraatheid van die beskrywings; en die feit dat twee daarvan in Latyn is, die taal van klassifikasie, wil bevestig dat 'n mens hier te doen het met wetenskaplike representasies as die bemiddeling tussen Europa en die ander wêrelde. Representasie het dus in die 17de eeu groter reikwydte as net die beskrywing van die ander. Dit het te doen met die verhouding tot kennis, tot orde, tot die wyse van ordening. Olfertus Dapper, Kaffrarie of Lant der Kaffers, Anders Hottentots genaemt, uit: ‘Noukeurige bescrijvinge der Afrikaensche gewesten van Egypten, Barbaryen, Libyen, Biledulgerid, Negroslant, Guinea, Ethiopien, Abyssinie’. Wilhelm ten Rhyne, Schediasma de Promontorio Bonae Spei; ejusve tractus incolis accurante, brevesque, notas addente. N.N. Graevenbroecki: Gentis Africanae circa Promontorium Capitis Bonae Spei Vulgo Hottentotten Nuncupatae. In sy beskouing van die wese van representasie in die 17de eeu, wys Michel Foucault (1985:xxiii) daarop dat daar 'n samehang was ten opsigte van representasie wat betref die teorie van taal, teorie oor die natuur, en teorie oor welvaart en waarde. Taal het tekenwaarde gekry, dit kon terselfdertyd be-teken en 'n wetenskap van tekens ontwikkel. Klassifikasie van die natuur word natuurgeskiedenis. 'n Teorie van geld en van waarde word daargestel: 'n wetenskap van tekens wat sorg vir verruiling of verhandeling gegrond op die gelykwaardigheid van noodsaak en begeerte (Michel Foucault, 1985:73). ‘I am concerned, in short, with a history of resemblance: on what conditions was Classical thought able to reflect relations of similarity or equivalence between things, relations that would provide a foundation and a justification for their words, their classifications, their systems of exchange’ (Michel Foucault, 1985:xxiv). Toe die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie in 1602 tot stand gekom het, het Nederlandse seevaarders reeds al die seë van die wêreld bevaar; en teen ongeveer 1612 is daar volgens berekening 180 groot handelskepe, met 8600 seeliede in hierdie bedryf ‘... wat die draers was van die roem en skatte van die Republiek’ (J.K.J. de Jonge, Deel I, s.j.: 55). 'n Nederlandse koopmanselite het reeds in 1590 ontstaan, en ses van die sestien goewerneurs-generaal van die VOC in die 17de eeu was merkantiliste van oorsprong | |||||||
[pagina 23]
| |||||||
(Jonathan Israel, 1995:307-327). Die l6de en 17de eeuse Nederlandse seevaarders wat om die suidpunt van Afrika moes vaar en wat die eerste kontak gemaak het met die bewoners daar, het dus die betekenis van geld geken; van merkantilisme waar geld die instrument vir die representasie van welvaart is. | |||||||
Die relatiewe waarde van tekens'n Ontleding van die beskrywing van enkele eerste ontmoetings sal 'n aanduiding gee van representasie en die waarde van tekens vir Europeër en indigeen by ruil-‘kontrakte’. In die Begin ende Voortgangh van de Vereenighde Nederlantsche Geoctroyeerde Oost-Indische Compagnie, waarskynlik Cornelis de Houtman se ‘eerste Skeepsvaart van die Hollandse Nasie na Oos-Indie’, word vertel van 'n landing by Mosselbaai op 5 Augustus 1595:Ga naar eind11 Die 5de. Teen die aand het ons met agt manne na die land gevaar om dit te besigtig. Terwyl die bemanning van die sloep aan land gegaan het, kom daar na die skuit (wat daarnaas aan wal lê) sewe swart manne wat op die spoor geloop het van die maats wat land toe is. Toe ons by die skuit kom, het ons hulle messe, linne, klokkies en spieëltjies gegee, sowel as wolklere; maar dit lyk of hulle hulle nie daarmee wil versier nie, want hulle gooi dit weg. Ons het ook wyn geskink, en gee hulle beskuit, waarvan hulle beide geniet het, aangesien hulle by wyse van tekens niks anders as vriendskap wys nie. Hulle wys verder dat hulle osse of skape sal bring, wat hulle - so beduie hulle - die volgende dag sal doen. | |||||||
[pagina 24]
| |||||||
7 Augustus het hulle vroeg na die land gevaar, met die bedoeling om die inwoners in hulle wonings te gaan besoek, 23 weerbare manne. Nadat hulle vir 'n halfuur geloop het, het die inwoners hulle teëgekom, met ses skape, waarvoor ons hulle 'n stuk yster gee van omtrent 30 pond, en ook 'n bietjie geld. Toe hulle die stuk yster nie kon verdeel nie, raak hulle veglustig teenoor mekaar en maak onmiddellik rook, waardeur hulle hulle solidariteit te kenne wil gee. Toe gee hulle ons vier skape, en vertrek met die ander twee. Ons keer terug na die sloep met die vier. Toe hulle dit sien, volg hulle ons en roep dat hulle meer vee wil bring. Daaroor kom beide partye weer byeen, en maak gesamentlik vrede. Ons skink vir hulle Spaanse wyn, op voorwaarde dat hulle vee bring, waarvoor hulle weer yster sou kry. (Begin ende Voortgangh... 1646:6-7, eie vertaling).Die volgende twee passasies kom uit die joernaal van Frank van der Does, Augustus 1597, sy ‘kort verhaal van die navigasie of skeepsvaart gedoen oos van die Kaap van Goeie Hoop, of ook die hoof van goeie hoop genoem’ (J.K.J de Jonge, Deel II, s.j..) Dit verwys weer na 'n landing by Aguado de Sambras (Mosselbaai), op 5 Augustus: Ons het daarna met die wilde manne handel gedryf, wat vir yster van weinig waarde 'n groot horingbees gee, ook party skape, saam vir dieselfde prys. Vir 'n ou dissel of 'n ou broodmes kan jy 'n hele os koop. Hierdie osse of horingbeeste het groot bulte vet en vleis op hulle rug - baie vreemd om te aanskou. Die skape het meer vet aan hulle sterte en is vetter as 3, of selfs 4 van ons skape... En die tyd dat ons daar gelê het, het ons in vriendskap goeie verversings van water, osse en skape gekry, wat ons van hulle afgekoop het vir 'n lae prys - betaal met stukke ou yster (J.K.J de Jonge, s.j.: 300, eie vertaling).21 Augustus is daar weer onderhandelings: Op die 21ste is ons weer op dieselfde plek aan land gewees. Ons het toe 'n paar vars visse van die wildes daar gekoop, vir 'n aantal slegte korale. Aangesien ons honger was, het ons van die vis gebraai op 'n vuur wat ons van ons lont en kruit gemaak het. Terwyl die maats besig was met die braai en kook, het vyf van ons, sonder agterdog, 'n ent weg van die jag af gedwaal (ons had 3 roers, 'n halwe lans en 'n sabel by ons), toe ons deur die wildes wat die vis aan ons verkoop het, omsingel is, oor die 40 man sterk; en met spiese aangeval word. Verras, het ons onmiddellik op hulle begin skiet, die een van voor en die ander | |||||||
[pagina 25]
| |||||||
van agter, sodat een platgeskiet is, heeltemal dood. Die ander het gevlug. Sonder dat ons geweet het of enigeen van hulle gewond is, het ons teruggekeer na ons maats. Sonder om veel te eet het ons teruggevaar na die skepe, hoogs ontsteld oor wat met ons gebeur het (J.K.J de Jonge, s.j.: 304-305, eie vertaling).In al drie tekste word dialoog gevoer deur tekens en representasie. Stephen Greenblatt se ontleding van Columbus se dikwels byna katastrofiese interpretasies van tekens by sy ontmoetings op die eiland Trinidad in die 15de eeu, laat hom vra: ‘Hoe lees mens die tekens van die ander?... Hoe is dit moontlik vir een sisteem van representasie om kontak te bewerkstellig met 'n anderse sisteem?’ (Stephen Greenblatt, 1992:91, eie vertaling). Die eerste handeling in die eerste teks van die seevaarders is om as representasie van goedgesindheid geskenke aan die inwoners te gee: linne, klokkies, spieëltjies en wolklere. ‘Great as the difference was between themselves and the natives, almost all European voyagers believed that they could communicate across it through the giving of gifts and the display of representations’ (Greenblatt, 1992:13). Hierdie tekens is egter waardeloos vir die inwoners; hulle gooi dit weg. 'n Mens sou die aard van die geskenke op twee maniere kon interpreteer: enersyds as 'n bewys van die onvermoë van die aankomelinge om iets van 'n onbekende kultuur te begryp, maar ook miskien verkleinerend (klokkies en spieëltjies om hulle te vermaak, soos vir kinders); andersyds om iets van die indigeen se andersheid te verdoesel - klere vir diegene wat nie klere dra nie. Die leegheid van hierdie tekens word egter ingesien en vervang deur nuttige geskenke: wyn en beskuit! Die bewoners se tekenende reaksie hierop is vriendskaplik, en hulle beloof om die volgende dag vee te bring. Die rede vir geskenke word ná hierdie suksesvolle presentasie duidelik: om iets daarvoor te ontvang. Dit sou kon wees dat die inwoners alreeds voorheen deur vorige besoekers gekondisioneer is om vee te bring, maar dis ewe waarskynlik dat daar nou 'n soort kommunikasie plaasgevind het. Die geslaagde aanbieding van geskenke het dus betekenis vir die Nederlanders as die eerste stap in die vestiging van handelsbetrekkinge. Die representerende handeling van die inwoners wat die volgende dag openbaar word - die gebreekte geskenke en die aanvanklike vermyding van die besoekers - gee egter ander tekens: dat hulle die besoekers nie verstaan het nie, of hulle aanbiedinge verwerp het. Maar nuuskierigheid dwing hulle miskien terug en die eerste taalkommunikasie vind plaas met die yster wat aan hulle gewys word. | |||||||
[pagina 26]
| |||||||
Hulle het 'n naam daarvoor, en hulle dui aan dat hulle vee sal bring. Die konsep van ruil met die besoekers is dus deur die indigeen aanvaar; dit is die tweede fase van die onderhandelingsproses. Die Nederlanders verander egter hulle tekens en probeer om uit te vind waar die mense woon. Die reaksie daarop is negatief: geen kommunikasie nie, slegs stilte. 'n Mens sou kon interpreteer dat 'n tentatiewe eerste kontak hier geskep maar onmiddellik daarna verbreek is. Die besoekers lees dit egter nie so nie, want met 'n sekere mate van halsstarrigheid trek hulle die volgende dag land-in, met 23 weerbare manne (dus gereed vir gevaar), om die inwoners se blyplek te vind. Nou reageer die inwoners op die eerste "‘kontrak’: hulle bring vee. Daar word geruil, maar op ongelyke voet. ‘The European dream, endlessly reiterated in the literature of exploration, is of the grossly unequal gift of exchange: I give you a glass bead and you give me a pearl worth half your tribe’ (Greenblatt, 1992:110). Die inwoners begryp hierdie representasie van tekens vir verhandeling nie, en konflik dreig. Hulle maak vuur, maar die besoekers blus die vuur en neem vier van die skape. Die einde van die teks sou 'n mens kon lees as 'n oorwinning vir die besoekers: 'n vredeskontrak word gesluit (met die hulp van wyn as geskenk), mits hulle weer vee bring vir yster. Die derde fase van onderhandeling: 'n ruilkontrak. Maar is die kontrak werklik bemiddel, of afgedwing? Het hulle ‘te same vrede’ gemaak, of wou die inwoners hulle skape terugkry? Of wou hulle die Nederlanders dwing om net te ruil en nie hulle woonplekke in te dring nie, alhoewel hulle nie tevrede is met die ruilmiddels nie? Dit is hierdie soort stilte in ruiltransaksies waar die stem van die ander nie gehoor kan word nie omdat die representasie, die teks, in die beheer van die koloniseerder is. | |||||||
[pagina 27]
| |||||||
In een van die Van der Does-tekste word dikwels melding gemaak van die goedkoop prys waarvoor hulle osse en skape ‘afkoop’ van die bewoners: yster van weinig waarde, 'n ou broodmes, stukke ou yster. Greenblatt praat van hierdie soort ruilhandel as deel van die plesier van 'n profytlike transaksie, maar sy afleiding is dat hierdie wins deur die ruil van ‘trifles’ (snuisterye) tog miskien ongemak by die Europeër kon veroorsaak het, en dat dié ruiltransaksie op ongelyke voet soms tot tragiese gevolge kon gelei het. Alhoewel daar geen aanduiding is in Van der Does se vertelling dat hulle ongemaklik voel oor hulle uitruilings nie, is die gebeurtenis in die tweede aangehaalde stuk (van 21 Augustus) miskien juis as gevolg van 'n ongelyke ruiltransaksie. Omdat hulle voorheen iets vir niks gekry het, het hulle ook nie die oorsaak van die geweld wat in die tweede teks beskryf word, ingesien nie. Alhoewel hierdie ruilhandel met die indigeen waarskynlik vir die Europeër eenvoudig gelyk het, is die beoefening van ongelyke ruiltransaksies een van die historiese oorsake vir die uitbuiting van diegene wat nie die betekenis van ruil as handelsmiddel begryp nie. In die hoofstuk oor ruil in sy filosofiese teks oor taal, klassifikasie, die natuur, sê Michel Foucault onder andere die volgende: Ruilhandel is in werklikheid slegs moontlik indien elk van die twee partye die waarde erken van dít wat die ander besit. In een sin behoort hierdie uitruilbare dinge dus, saam met die bepaalde waarde daarvan, vooraf te bestaan in die hande van elke party sodat die dubbele oordrag en die dubbele aanwins finaal kan plaasvind (Michel Foucault, 1985:190, eie vertaling).Wat die indigeen nodig het om aan die lewe te bly, skape, osse ensovoorts, het geen waarde (handelswaarde) as dit nie prysgegee word nie; en wat nie noodsaak was vir die Europeër nie, stukke yster, ou messe, ensovoorts, het geen waarde as dit nie gebruik word om iets te verkry wat begeer word nie. Vir een ding om 'n ander te representeer by verruiling moet albei waarde besit. Die Europeër sien egter waarde in skape en osse, terwyl die indigeen geen waarde kan verkry uit yster en ou broodmesse nie. Geen werklike handel kan dus plaasvind nie, omdat handel slegs sake van gelyke waarde kan verruil - en dit het die 17de eeuse Nederlander geweet. Daarom moes hulle ook geweet het dat hulle die indigeen uitbuit. Daarteenoor het dit egter ook uit hierdie vroeë geskrifte duidelik geword dat noodsaak die drang tot handeldryf soms oorheers het. In Frank van der Does se ‘cort verhael’ word daar verskeie kere melding gemaak van siek matrose aan boord. Op 2 Augustus 1595 teken hy aan: | |||||||
[pagina 28]
| |||||||
Van daar af het ons voortgegaan om oral langs die kuste 'n vasmeerplek of baai te soek waar ons enige verversings vir die behoud van ons siekes kon bekom (J.K.J de Jonge, 1864:298, 303, eie vertaling).En op 3 September: Vanaf hierdie tyd is ons voortaan hoe langer hoe meer gedwing om verversingsplekke te soek, sodat die siekes se krankheid kon verminder [eie vertaling]. | |||||||
Tussenkoms en bemiddelingEen van die voorwaardes waarop die oktrooi vir die stigting van die VOC in 1602 aangevra is, en wat duidelik 'n koloniseringsdoelwit was, is die volgende: Om in Oos-Indië en deur die straat van Magellaan met prinse en potentate verbintenisse en kontrakte te kan maak, benewens daar ook enige forte en veilige plekke te bou, goewerneurs en volk daar te plaas... (J.K.J. de Jonge, 1864:277).Die bou van 'n fort aan die Kaap, op die roete na Indië, was een van die skakels in die ketting na welvaart. In die woorde van die ‘volksplanter’: ‘op hoop dat daaruit profyt vir ons Here Direkteure gehaal kan word’ (Jan Anthonisz. van Riebeeck, Deel I, 1952:395). Maar tydens die bou van die fort is die setlaars genoodsaak tot ruilhandel met Strandlopers en Saldanners, nie om handel te dryf nie, maar om aan die lewe te bly. Reeds op 25 Februarie 1652, in 'n brief geskryf aan boord die Diamant geanker in Tafelbaai, sê Jan van Teijlingen: ‘Tot dusver het die wildes ons slegs een koei en een skaap gebring, en ons sien ook (as gevolg van die onwilligheid van hierdie onredelike mense) geen aanduiding dat ons enige vee of ander verversings meer sal verkry nie’ (Jan Anthonisz. van Riebeeck, Deel I, 1952:21). Sy houding en afleiding oor die ‘wildes’ is ook verteenwoordigend van die Nederlanders se houding teenoor hulle; 'n representasie wat in Van Riebeeck se dagjoernaal bevestig word. Die Saldanners daag nooit op met beeste en skape nie, en die Strandlopers leef slegs van klipmossels en groente van die land. Hulle kan net hoop dat ‘die van Saldania’ met die koms van die somer sal opdaag en geneë sal wees om handel te dryf. Later kla die volk dat die stokvis wat hulle moet eet op is, en dat hulle slegs soggens gort en saans ertjies het (Jan Anthonisz. van Riebeeck, Deel I, 1952:61). | |||||||
[pagina 29]
| |||||||
Die wêreldwye patroon van die eerste kontak tussen seevaarders en inwoners van vreemde lande, van eerste representasies, word herhaal: van geskenke gee, gevolg deur uitruiling. Maar die indigene wat ontvang, is Strandlopers wat kom met maer liggame en leë buike en niks het om te ruil nie. Wanneer die Saldanners kom, word hulle vriendelik getrakteer op brood en wyn om hulle guns te wen. Hulle word ook die koper gewys wat geruil sal word, en hulle belowe om binnekort met baie vee te kom. Maar Van Riebeeck wag tevergeefs. Die ruilhandel wat uiteindelik wel plaasvind, word noukeurig gedokumenteer, en daar word aangedui waar dit vir die setlaars voordelig is. Maar dit geskied nooit sonder probleme nie, want dit word duidelik dat sommige Saldanners nie van hulle vee wil afstand doen nie, en daarom die prys verhoog. Ook dat Herry, die tolk en onderhandelaar, die veeverskaffers aanhits om meer koper te vra. Hy eis later ook 'n makelaarsloon - een plaatjie koper vir elke bees wat verhandel word! (‘sodat ons uit alle aksies van Herry merk dat hy ons eerder hinder as om 'n diens te lewer’ - Jan Anthonisz. van Riebeeck, Deel I, 1952:90). Die feit dat sekere Saldanners moeilik van hulle vee ontslae raak, het egter nie noodwendig met Herry te doen nie, maar moet eerder geïnterpreteer word vanuit die oogpunt van waarde met betrekking tot ruilhandel. Dit was skynbaar so dat vee vir die Koikoi ook waarde gehad het, en nie net 'n noodsaaklikheid was nie: Beeste en skape het 'n besonder belangrike rol gespeel in die Koikoi-samelewing en, by uitbreiding, in die Koikoi-geskiedenis. Die besit van lewende hawe was die hoofmaatstaf waardeur die Koikoi onderskei was van jagters, en ryk Koikoi-stamme van armes. Binne elke stam was lewende hawe belangrik op feitlik elke gebied van die lewe: die ekonomiese, estetiese, politieke, en sosiale (Richard Elphick, 1977:57).Hulle het klaarblyklik ook geweet van yster en koper, en van die funksie daarvan as ruilmiddele (Richard Elphick, 1977:62-65) maar of daar al 'n waarde-konsep daaraan geheg is in terme van aantal vee vir 'n sekere hoeveelheid koper of yster, kan 'n mens nie weet nie. Die yster of koper het wel waarde gehad in die vervaardiging van implemente soos spiespunte, en van juwele; maar klaarblyklik nie representatiewe waarde nie, in die sin van representasie van welvaart soos byvoorbeeld beeste en skape. Dit kom dus weer neer op die ongelykheid van waarde binne die ruiltransaksie, wat dan die handel gekompliseer het, aangesien daar geen standaarde gestel of kontraktuele bepalings vasgestel is wat die waarde van ruilmiddels kon bepaal nie. 'n Mens sou dus in hierdie verband kon praat van 'n breuk in representasie. | |||||||
[pagina 30]
| |||||||
Stephen Greenblatt (1992:139) wy 'n hele hoofstuk aan hierdie middelfiguur, wat hy noem die ‘Gobetween:... who passes from one representational form to another, who mediates between systems, who inhabits the inbetween... the figure of the interpreter, the translator, the go-between’. Ruilmiddele, noodsaak, die strewe na welvaart en die representasies wat daarmee gepaardgaan, word verder gekompliseer deur die tussenkoms van die bemiddelaar - 'n ander aspek van representasie. In hierdie geval was dit die tolk, Herry: ‘Hy wat gebrooke Engels praat’ (Jan Anthonisz. van Riebeeck, Deel I, 1952:43). Hy staan hier aan die begin van kolonisasie in wese binne 'n versweë kontraktuele verhouding tussen die kolonis en die indigeen. Dit is die ver-taler, die interpreteerder, die tussen-ganger wat verantwoordelik gaan wees vir die sirkulasie van handelsvoorwerpe, maar ook vir die sirkulasie van kennis oor mekaar binne die kontaksone. Maar wat is die beeld wat geskep word van Herry en sy mense? Hoe representeer Van Riebeeck se teks hulle? Want uit die houdings wat in sy teks weerspieël word, sal sy optrede teenoor hulle gelees kan word; en dan, by implikasie, of deur te luister na die stiltes, hulle optrede teenoor hom en sy mense. 'n Vroeë inskrywing in die dagjoernaal (7 April 1652), terwyl die Nederlanders nog aan boord was, lui: ‘Kry vanaand ook 2 wildes aan boord, waaronder een wat Engels praat, van wie ons die buik fluks vul met eet en drink...’. Die sleutelwoorde hier, ‘kry’, ‘wildes’, ‘buik’, ‘fluks vul’, dui aan dat die twee persone nie genooi is nie, maar opgedaag het, ingedring het, dat hulle honger was, en gou gevoer is. 'n Saaklike mededeling, maar nie sonder die pejoratiewe nie: soos dit duidelik uitgespel word op 29 April, wannneer Van Riebeeck skryf dat hulle niks van enige ander inwoners sien nie, net Strandlopers ‘wat niks anders as maer liggame en hongerige buike saambring’. Hulle is duidelik nie welkom nie. Verder (19 Junie 1652) dat ‘hierdie Strandlopers’ daagliks onder begunstiging of beskerming by hulle kom woon het (Jan Anthonisz. van Riebeeck, Deel I, 1952:24, 33, 43). Dít is Herry se mense, en klaarblyklik is hy een van die ‘plakkers’ rondom die fort; maar omdat hy gebroke Engels kan praat, word hy op een of ander manier die tolk. Hoe het dit gebeur? Is hy ooit aangestel? Hoe stel die teks hom voor? Dit is interessant om na te gaan hoe hy getipeer word wanneer hy sy verskyning maak:
| |||||||
[pagina 31]
| |||||||
Daar word lank ná hierdie ontmoeting vir die eerste keer gepraat van Herry (10 Oktober). Maar dadelik begin die kwalifikasies rondom hom verander. Wanneer hy begin vra om beloning vir sy bemiddeling, word hy soos volg beskryf: ‘Herry die Hottentot (wat gebroke Engels praat en hom aanmatig om, strydig met ons opinie, te beweer dat dit deur sy toedoen is dat die Saldanners met ons begin onderhandel, en dat niks sonder hom sou kon gebeur nie)’ (Jan Anthonisz. van Riebeeck, Deel I, 1952:76). Dan sê Van Riebeeck ook dat hulle liewer sonder hom sou wil handel dryf; maar hulle weet nog nie wat sy verhouding met die Saldanners is nie. Hy matig homself aan as middelman. Is dit omdat daar geen aanduiding van die setlaars is oor wat sy rol eintlik is nie, of omdat hy verwag om iets van hulle te ontvang aangesien hulle hom al vantevore voorsien het van kos en drank? En sou Herry weet dat hulle hom nie as middelman vertrou nie? Die teks spreek duidelik hierdie wantroue uit. Hy word wel later genoem ‘onse aangenome tolk...’; maar hy verhinder hulle handelstransaksies, in so 'n mate dat die aanname kom dat hy hulle ondermyn ‘in plaas van diens te lewer’ (Jan Anthonisz. van Riebeeck, Deel I, 1952:90). Hulle het hom egter nooit aangestel nie, slegs gebruik, omdat hy daar was en 'n bietjie Engels magtig was. Hy was dus nooit in hulle diens nie, maar tog word aanvaar dat hy 'n diens moet verrig. Hier is 'n duidelike geval van 'n breuk in representasie: hy is nooit aangestel om hulle te verteenwoordig nie, en hulle het hom nooit as die verteenwoordiger van die Saldanners gesien nie. En die Saldanners het hom waarskynlik ook nie as hulle verteenwoordiger gesien nie! In sy bespreking van die middelganger praat Greenblatt van so 'n persoon as tegelykertyd 'n figuur op die kantlyn en in die sentrum: die prototipiese tussenganger (Stephen Greenblatt, 1992:142). Hier is miskien 'n figuur wat altyd marginaal gebly het, by die Nederlanders en by die Saldanners; 'n figuur wat nooit representatief geword het nie. Miskien was sy gebrekkige beheersing van die taal van onderhandeling gedeeltelik daarvoor verantwoordelik (maar hoe goed het die Nederlanders Engels gepraat?). Uiteindelik het hy die verteenwoordiger geword van die verraaier. Maar wie sou hy verraai as hy geen verbintenis, geen verstandhouding, geen kontrak met enigiemand gehad het nie? Tensy hy doodgewoon 'n skelm was, of subversief; en waar die voornemende koloniste gestreef het na die skepping van orde, hulle orde, het hy ondermyn. Hy verkry 'n ander representatiewe betekenis: repre- | |||||||
[pagina 32]
| |||||||
sentasie van die ewig gemarginaliseerde en die ewige opstandeling teen vreemde gesag. Dan sou Herry die Hottentot miskien vandag meer erkenning verdien as 'n eerste historiese figuur in die stryd teen kolonisasie. | |||||||
Kontraktuele ooreenkomsteIn 'n gesprek met Herry oor ruilhandel lig Van Riebeeck hom op 16 Desember 1652 soos volg in: ... almal wat met ons wil handel dryf, aanvaar ons as vriende, sonder onderskeid van Visman, Waterman, of Saldannaman. Ons het gekom met koper en tabak om dit vir beeste te ruil, en nie om enigiemand skade te berokken of enige kwaad aan te doen nie... en vir eers moet ondersoek word watter profyt... vir die Edele Kompanjie daaruit te haal is (Jan Anthonisz. van Riebeeck, Deel I, 1952:101-102).'n Mens sou die elemente van 'n verstandhouding hierin kon lees: handel bepaal vriendskappe, handel bestaan uit die ruil van koper en tabak vir beeste; en die eerste prioriteit is die profyt wat die VOC daaruit maak. Die VOC is die verteenwoordiger van handel, en dit sal uiteindelik handel en geld as representasie van welvaart wees wat toekomstige verhoudings met die indigeen sal bepaal, nie hulle kultuur of hulle materiële noodsaak nie. Van Riebeeck se eerste brief aan die Goewerneur-Generaal en Raad van Indië (geskryf 13 Mei 1652) verwoord sy droom: as 'n honderd ‘laboreuse Sjinese’ gestuur word, kan botter, melk en kaas verkry word en bome en tuine aangeplant word. Verder sal dit ‘nie ondienstig’ wees vir die Kompanjie as enkele persone uit Indië of die Vaderland ‘onder sekere voorwaardes (by U Edele onse here direkteure te beraam) hierheen gelisensieer en toegelaat word om onder gehoorsaamheid van die Kompanjie hier hulle verblyf te kies’. Dit sal ‘tot groot diens en gerief van die Edele Kompanjie’ wees, en tot groot voordeel strek.Ga naar eind12 Twee sake is hier van belang. Die vooruitsig op produksie: die begin van 'n politieke ekonomie. Voorwaardes, bepalings en lisensies: die begin van kontraktuele ooreenkomste. Hierdie ideaal word verwesenlik, en op 21 Februarie 1657 word nege amptenare van die VOC op hulle eie versoek die geleentheid gebied om as vryliede hulle bestaan te maak. Aan hierdie nuwe status was egter streng voorwaardes verbind, waarvan die belangrikste was dat die Vryburgers in 1658 verbied is om verder vee van die inheemse bevolking te ruil (Henry C. Bredenkamp, 1982:71). Verskeie maatreëls is getref waaruit die Kompanjie voordeel sou trek: ‘Die vryliede moes al hulle vee van die Kompanjie koop | |||||||
[pagina 33]
| |||||||
en hulle kon dit net weer aan die Kompanjie verkoop. Een-tiende van die aanteel moes as weibelasting aan die owerheid betaal word’ (G.C. de Wet, 1981:3 e.v.). Die Vryburgers was nie met hierdie kontrak tevrede nie en die geskiedenis van hulle verset is gedokumenteer in die geskiedenis, en gedramatiseer in die letterkunde (Cameron & Spies, 1991:62 e.v., en die versdrama Vergelegen van D.J. Opperman, 1956). Die ruilverbod het ook die Koikoi aan die Kaap geraak. Vanaf 1677 kon hulle slegs met toestemming vee ruil, en 'n deel van die geruilde vee moes as ‘skatplig’ aan die Kompanjie geskenk word: in ruil daarvoor sou hulle met geskenke beloon word (Henry C. Bredenkamp, 1982:68). Die koloniste se eerste representasies van hulleself, voordat hulle tot ruil en handel oorgegaan het, was deur geskenke. Toe is die waarde daarvan nie ingesien nie. Hoe het hulle waarde nóú bepaal, en hoe sou die Koikoi daarop gereageer het? Dit is 'n vraag wat postkoloniale studies behoort te vra. Hoe kan ons die representasies van die ander rekonstrueer uit die tekste van die koloniseerders? Dit het Tzvetan Todorov in 1984 al gevra ten opsigte van die reise van Columbus: Kan ons raai as ons Columbus se notas lees, hoe die Indiane van hulle kant af die Spanjaarde gesien het? Kwalik. Hier is alle inligting weereens ongeldig gemaak deur die feit dat Columbus vooraf alles besluit het... (1984:41, eie vertaling).Die afleidings wat tot dusver gemaak is oor kontak, verhoudings en konfrontasies is gebaseer op die tekste tot ons beskikking; die representasies wat die besoekers deur hulle tekste nagelaat het. Wanneer Van Riebeeck aan Herry sê dat almal wat met hulle wil handel dryf hulle vriende is, is dit 'n verklaring van voorneme wat kontraktueel betekenis sou kon hê indien die genoemde groeperings daartoe instem. Herry se reaksie daarop kom van Van Riebeeck, en word deur hom gerapporteer: ‘Dit lyk asof dit hom behaag’ (Jan Anthonisz. van Riebeeck, Deel I, 1952:102). En kort voordat hy dit sê, kwalifiseer hy dat Herry ‘wis ons te beduie’. Herry het dus nie direk, in woorde, gereageer nie. Het Herry werklik verstaan, veral as Van Riebeeck vir hom in Engels (ook gebroke Engels?) verduidelik het? Hoe moet die navorser daardie stem hoor? Gevolgtrekkings gebaseer op die koloniseerders se representasie van die ander kan veral uitwys hoe hulle konstrukte van die ander gevorm het. Een van die bekendste voorbeelde daarvan vind mens in Edward Said se Orientalism (1991) met die subtitel ‘Western Conceptions of the Orient’, en dié veelseggende motto uit die werk van Karl Marx: ‘Hulle kan hulleself | |||||||
[pagina 34]
| |||||||
nie voorstel nie: hulle moet voorgestel word.’ Hierdie gevolgtrekkings ignoreer miskien soms die werklike ervarings wat wel in die tekste gegee is (byvoorbeeld die noodsaak van voedsel, wat voorheen uitgewys is) en plaas die konstrukte voorop. In sy De Weg naar Monomotapa wys Siegfried Huigen (1996:56) daarop: In die algemeen kan gesê word dat die gehegtheid aan die grondstruktuur van die representasie van suidelike Afrika nie afbreuk doen aan die belangrike rol wat die ervaring speel in die beeldvorming oor die binneland nie.Verdere navorsing kan miskien in 'n mate die konstrukskeppendes kwytskeld van neerhalende persepsies; maar dit gee nog nie stem aan dié wat geen tekste gehad het nie. Deur die nagaan van ruiltransaksies kan sekere afleidings gemaak word uit die handelinge van diegene wat moontlik aan die kortste ent van verruilings getrek het. Terwyl ruilhandel reeds 'n soort kontraktuele verhouding veronderstel, is dit moontlik om uit kontrakte waar taal of tekens ter sake is, slegs deur middel van representatiewe tekens die reaksies van die ander duideliker te lees. Om dan vas te stel of daar konsensus bereik word; waar konsensus iets soos 'n gelykheid van representasie kan voorstel. 'n Voorbeeld van 'n vroeë kontrak en die reaksies daarop vind mens in Simon van der Stel se ‘Reis naar de Koperberg’, 1685-1686 (E.C. Godée Molsbergen, 1916:175). Om met die Amacquas handel te dryf, maak hulle die volgende ‘stipulasie, en hierdie voorwaarde’ (op 14 Oktober 1685): Dat ons vir ewig en altyd met mekaar in 'n goeie en heilsame vrede sal lewe. Dat hulle (Amacquas) onder mekaar geen oorlog meer sal voer, en indien daar by iemand oortree word, dat dan die Edele Kompanjie, wat gelykmatig sal oordeel, verantwoordelik gehou sal word om te assisteer, en die behulpsame hand aan te bied. | |||||||
[pagina 35]
| |||||||
Wat hier van belang is, is nie soseer die aannames wat die Kompanjie maak nie, maar of die Amacquas werklik daarmee saamgestem het. Daar is geen aanduiding dat dit 'n gesamentlike besluit was nie. Die enigste afleiding wat mens kan maak ten opsigte van die regsgeldigheid van hierdie besluit van die Kompanjie dat die Amacquas met hulle in vrede moet leef, en niks vyandigs doen nie, is die handelinge daarna. Op 8 November word aangeteken dat die Amacqua-kapteins onwillig is om verder saam te trek en die pad aan te dui. Hulle weier ook om te praat, en daar word gerapporteer dat hulle sê: ‘... dat die kop seer word van te veel praat’, en reageer op niks wat gevra word nie ‘... en bly daardie aand verder te enemale stom’ (E.C. Godée Molsbergen, 1916:185). As hulle tevrede was met die kontrak, sou hulle sekerlik nie so opgetree het nie. Wat mens daaruit kan lees, is die stilte van die kapteins as voorstelling van onvergenoegdheid. In die Resolusies van die Politieke Raad (1651-1669), by Woensdag 21 Februarie 1657 word aangekondig ‘... om hier onder voordelige kondisies vryliede te plant, en daarom mag enigeen wat hom aanbied vir vryheid daarby ook enige landsperseel kies van eie keuse...’ (bls. 208-215). Dan word die landstreke gekarteer wat die vryliede kan beset. Daar is geen aankondiging van enige ruiltransaksies of kontrakte met die Koikoi wat hier woon nie. Op 19 April en 5 Mei 1672 word kontrakte gesluit met die Koikoi-kapteins, Schagger en Kuiper, vir die aankoop van grond. Die kontrakte is in Nederlandse regstaal opgestel en vir aanvaarding aan die kapteins voorgelê. Hulle het egter geen kennis van kontrakte gehad, het nie die Nederlandse regstaal begryp nie, en ook geen geskrewe tekste aangebied as bewys van konsensus nie; en ‘hoeveel die koopprys in beide gevalle... sou wees, het dit nóg vir Schagger nóg vir Kuiper geskeel of hul ruilmiddele ter waarde van die bedrag ontvang het’ (Henry C. Bredenkamp, 1982:64). Hulle was dus skynbaar tevrede. Van die ruil van 'n stuk yster en 'n bietje geld as waardetekens vir ses skape, en 'n vis vir slegte korale, tot die verhandeling van grond vir waarde wat die Koikoi nie kon waardeer nie, het die koloniste eensydige kontrakte gesluit. Hoewel hierdie ruiltransaksies vir ons vandag na gruwelike ongelykhede lyk, en tot aggressie, stilte en onbegrip gelei het, gaan dit in die eerste plek nie om die waarde van verhandeling nie. Dit gaan om representasie: die representasies wat die merkantiele Europese handelaars deur hulle tekens gemaak het, en die wyses waarop die indigeen daardie tekens geïnterpreteer het. Verskillende representasies het nie by mekaar uitgekom nie; 'n feit wat vir die geskiedenis van die hede steeds geldig is. | |||||||
[pagina 36]
| |||||||