wat hy siet was Mr. Morris wat besig was met skrywe en verstoord opkyk.
‘Skrywe mar,’ seg Gerrit, ‘Ek wil net groet.’
‘Toen ek jonk was,’ seg Oom Jan, so kwaad as 'n slang, ‘kom 'n jong kerel ni somar in di kamer ni, mar nou gaat dit so: hoe armer hoe parmantiger.’
Gerrit had groot lus om 'n antwoord te ge, en as Oom Jan ni oud was ni, nog iets meer. Hy bedwing hom egter, en gaat sit by di bed van Oom Hendrik, wat niks anders doen ni as hoes. Tante Sannie geef hom di hand.
‘Mr. Verhoef kan mar bly,’ seg Morris, ‘ons het 'n getuige nodig.’
‘Ja bly mar Gerrit,’ seg tante.
Oom Jan kyk Gerrit nydig an. Mr. Morris had syn werk klaar en begin dit voor te lees. Dit was 'n koopbrief waarin Oom Jan beloof om £1600 kontant te betaal, mar dan moet Koningins Vley binne 'n maand afgelewer worde. Gerrit word warm van verontwaardiging toen hy dit hoor.
‘Laat Oom en tante nou mar teken,’ seg Morris ‘en alles is klaar.’
‘Wag 'n ogenblik'’ seg tante Sannie, terwyl sy opstaat en na Oom Jan gaat, ‘wag 'n ogenblik. Broer Jan as ons di koopbrief teken is ons dood arm en moet swerwe. Kan jy dit op jou gewete neem? Ek het lank mooi gepraat, mar nou doet ek dit ni langer ni, as jy voor my sterf en jy Pa ontmoet, seg hom dan hoe jy ons behandel het.’